Downloaded from hlayiso.com
LEWENSORIËNTERING
EKSAMENRIGLYNE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all/Gr%2012%20Teacher_s%20Guide%20(moderated)--edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861/v1-fce5bfae6ca1b85fe904/card.webp)

/Life%20Orientation%20Survival%20Kit--d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70/v1-9d4138c4a1086bc15399/card.webp)



Life Orientation Grade 12 Life Orientation 2021 QP (Afr)
Grade 12 Life Orientation question paper from the Life Orientation 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Life Orientation · Grade 12 · Life Orientation · 2021. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Orientation
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Life Orientation
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 354.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Life Orientation 2021
- Other filesQuestion paper · EngQuestion paper · Afr
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 2 DBE/2021
Eksamenriglyne
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. ASSESSERING IN GRAAD 12 4
2.1 Formaat van eksterne Algemene Assesseringstaak (AAT) 4
2.2 Uiteensetting van die eksamen 5
2.3 Kognitiewe vlakke 6
2.4 Taksonomie van denkvaardighede 7
3. DIEPTE/OMVANG VAN INHOUD 8
4. PUNTETOEKENNING 9
5. INHOUDS- EN KONTEKSRIGLYNE 10
6. HULPBRONNE 11
7. NASIENRIGLYNE 11
8. SLOT 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 3 DBE/2021
Eksamenriglyne
1. INLEIDING
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Lewensoriëntering beskryf die aard en
doel van die vak Lewensoriëntering. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig
en assessering van die vak in graad 12.
Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:
Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Lewensoriëntering geassesseer gaan word.
Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.
Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die skoolgebaseerde assessering (SGA) nie.
Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:
Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
(KABV): Lewensoriëntering
Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
Kurrikulumstelling, Graad R–12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 4 DBE/2021
Eksamenriglyne
2. ASSESSERING IN GRAAD 12
2.1 Formaat van die eksterne Algemene Assesseringstaak (AAT)
Die eksterne Algemene Assesseringstaak sal bestaan uit 'n 100 punt-vraestel van ten minste
2½ uur.
Alle onderwerpe en subonderwerpe in die graad 12-KABV sal geassesseer word, wat 10% van
die inhoud vir graad 10 en 11 kan insluit. Die inhoud vir graad 10 en 11 sal ook as basiese
onderliggende kennis beskou word.
Die eksamen sal volledig aandag gee aan die inhoud, kennis en vaardighede wat in Kwartaal 1
tot 4 in graad 12 gedek is.
Verskeie soorte vrae sal ingesluit word en dit sal hoofsaaklik fokus op die toepassing van
kennis op 'n geïntegreerde wyse.
Die vraestel kan ook inhoud insluit wat op Liggaamlike Opvoeding betrekking het.
Hierdie vraestel word in DRIE afdelings ingedeel:
o AFDELING A en B is VERPLIGTEND.
o AFDELING A bestaan uit drie of meer verskillende soorte vrae wat kort antwoorde en
verduidelikings vereis.
o AFDELING B bestaan uit twee 20 punt-vrae waarop leerders direkte antwoorde moet
verskaf.
o AFDELING C bestaan uit drie 20 punt-vrae waarvan leerders TWEE vrae moet
beantwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 5 DBE/2021
Eksamenriglyne
2.2 Uiteensetting van die eksamen
Die uiteensetting hieronder sal by die opstel van die Lewensoriëntering-vraestelle gevolg word.
AFDELING A: 20 PUNTE AFDELING B: 40 PUNTE AFDELING C: 40 PUNTE
Al die vrae is Al die vrae is Leerders sal TWEE
VERPLIGTEND. VERPLIGTEND. 20 punt-vrae uit
DRIE beantwoord.
'n Kort bron kan gebruik Leerders sal TWEE 20 punt- Vrae sal hoofsaaklik op die
word om sommige van die vrae beantwoord. Kort oop- toepassing van kennis en
vrae in konteks te plaas. einde-vrae kan wees: vaardighede fokus.
Die vrae moet 'n kombinasie o Scenario-gebaseerd 'n Kort teks/diagram/data/
van DRIE of meer tipes vrae o Brongebaseerd grafieke/strokiesprente kan
uit die lys hieronder insluit: o Gevallestudie as 'n stimulus verskaf word.
o Meervoudigekeuse-vrae o Strokiesprent Daar sal van leerders
o Eenwoord-antwoorde o Illustrasie verwag word om die
(maak 'n lys, noem, o Grafiek volgende te doen:
verskaf, gee) o Verduidelik/ondersoek/
o Definisies Vrae moet kennis- analiseer/evalueer/
o Kort verduidelikings gebaseerd wees uit inligting bespreek 'n onderwerp
(waarom, hoe, beskryf, wat leerders uit die krities
verduidelik, bespreek) Lewensoriëntering-inhoud in o Neem besluite en gee
Vrae moet begrip en feitelike die VOO-band verkry het. raad
kennis toets. Leerders moet kennis en o Maak aanbevelings
Antwoorde moet kort en vaardighede wat uit die o Maak gevolgtrekkings
direk wees. Lewensoriëntering-inhoud o Los probleme op
Puntetoekenning vir die vrae verwerf is, toon, aanbied en Leerders moet antwoorde
moet van 1–2 punte strek. toepas. verskaf deur die uitgebreide
Puntetoekenning vir vrae in skryf van beskrywende
hierdie afdeling kan van paragrawe of kort opstelle.
2–4 punte in totaal per vraag Puntetoekenning vir subvrae
strek. in hierdie afdeling kan van
4–8 punte in totaal per vraag
strek.
LET WEL: Indien daar van leerders verwag word om 'n kort opstel te skryf, moet die struktuur
van die opstel 'n inleiding, uitbreiding/liggaam en slot insluit, gebaseer op die
spesifieke sleutelkonsepte in die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 6 DBE/2021
Eksamenriglyne
2.3 Kognitiewe vlakke
Die voorgestelde gewigswaarde van die kognitiewe vlakke vir die vraestel is soos volg:
GEWIGSWAARDE KOGNITIEWE VLAK BLOOM SE TAKSONOMIE
Laer orde Vlak 1 & 2
30%
Middel-orde Vlak 3 & 4
40%
Hoër orde Vlak 5 & 6
30%
MOEILIKHEIDSGRAAD VAN VRAE
In Bloom se taksonomie kan dieselfde aksie-/werkwoord, bv. 'verduidelik', 'beskryf', 'vergelyk',
afwisselend in verskillende kognitiewe vlakke gebruik word.
Die samestelling van die vraag sal aandui of dit 'n laer-, middel- of hoërorde-vraag is.
Verder moet daarop gelet word dat die moeilikheidgraad van 'n vraag binne elke kognitiewe
vlak kan wissel van maklik na gemiddeld na moeilik omdat dit die denkprosesse wat vereis
word, weerspieël.
o Byvoorbeeld, alhoewel 'noem' op die laagste vlak van Bloom se taksonomie is, kan dit 'n
dieper begrip en toepassing van kennis vir 'n spesifieke vraag vereis en nie slegs die
herroep van kennis nie.
o Dieselfde kan op 'evalueer' van toepassing wees, wat op die hoogste vlak van Bloom se
taksonomie is, waar die vereiste denkproses minder ingewikkeld vir een spesifieke vraag
kan wees, maar meer ingewikkeld vir die volgende vraag.
LET WEL: Verwys na vorige eksamenvraestelle en nasienriglyne vir voorbeelde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 7 DBE/2021
Eksamenriglyne
2.4 Taksonomie van denkvaardighede
Die tabel hieronder verskaf die ses kategorieë in Bloom se taksonomie, die kognitiewe vereistes
wat vereis word en voorbeelde van die aksie-/werkwoorde wat daarmee verband hou.
VLAKKE VAN KOGNITIEWE VEREISTES
Kategorie Definisie *Aksiewoorde
Vermoë om inligting, feite, Vertel, resiteer, lys, memoriseer, kies,
Kennis begrippe en basiese konsepte onthou, definieer, vind, gee, pas,
Vlak 1 wat voorheen geleer is, te herroep, herhaal, noem, uiteensit
Laer orde
onthou
Toon 'n basiese begrip van feite Gee voorbeelde, verduidelik, som op,
en idees toon, definieer, beskryf, bespreek,
Begrip
Verduidelik of herformuleer in identifiseer, interpreteer, lei af,
Vlak 2
ander woorde; gee beskrywers vergelyk, kontrasteer, demonstreer,
klassifiseer, omskryf
Gebruik inligting in 'n nuwe of Demonstreer, pas toe, gebruik, lei,
Toepassing ander situasie/manier deur teken, rangskik, illustreer, spoor op,
Middel-orde
Vlak 3 kennis wat in een situasie geleer konstrueer, los op, beplan
is, op 'n ander toe te pas
Ondersoek en verdeel inligting in Ondersoek, klassifiseer, kategoriseer,
Analise dele en verstaan hoe dele met vergelyk, los op, verbind, vors na,
Vlak 4 die geheel verband hou kontrasteer, onderskei, lewer verslag
Verstaan motiewe of oorsake oor, sorteer, debatteer
Beoordeel die waarde van iets Beoordeel, evalueer, gee mening of
met betrekking tot kriteria en standpunt, prioritiseer, beveel aan,
motiveer die oordeel kritiseer, bespreek, vergelyk, verdedig,
Evaluering
Lewer en verdedig menings deur assesseer, bekragtig, verklaar, besluit,
Vlak 5
uitsprake te maak oor inligting, skat, voorspel, gradeer, kies,
Hoër orde
geldigheid van idees of die ondersteun, regverdig, argumenteer,
kwaliteit van iets som op, waarom dink jy
Hervorm individuele dele om 'n Ontwerp; skep; beplan; beveel aan;
nuwe geheel te vorm maak 'n hipotese; konstrueer; voorspel,
Skepping/
herrangskik dele; verbeel; genereer;
Sintese
stel saam; verbeter; voorspel;
Vlak 6
formuleer; hersien/herskryf; ondersoek;
ontwikkel
* Sommige van die aksiewoorde is omruilbaar afhangend van die aard van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 8 DBE/2021
Eksamenriglyne
3. DIEPTE/OMVANG VAN DIE INHOUD
Die diepte van die inhoud verwys na die mate waartoe daar op 'n onderwerp gefokus is en dit
ondersoek word. Dit help om die diepte van die leerproses te bevorder namate leerders hul kennis
van die inhoud ontwikkel. Dit help ook om die toepaslike inhoud aan die leerder se werklike
lewenservarings te verbind.
Die volgende VOORBEELDE kan as 'n riglyn gebruik word wanneer die diepte van die inhoud
behandel word:
*Definisie van konsepte Oorsake Gevolge
Impak Effek/Invloed Waarde
Belangrikheid Doel Redes
Faktore Oplossings Praktiese strategieë
Resultaat/Uitkomste Motief Bewyse
Voordele Voorspel Onderskei
Vergelyk Aksies Gevolgtrekking
Afkeur Projekteer Funksies
Verskil Prioriteite Keuses
Adviseer Intervensies Goedkeur
Ooreenkomste Konneksie tussen Besluite
VOORBEELDE:
Klasbesprekings oor 'n onderwerp en subonderwerp, soos 'Menslike faktore wat slegte
gesondheid veroorsaak: bydraende faktore: ongesonde seksuele gedrag', sou byvoorbeeld
insluit:
1. Die definisie van elke sleutelkonsep, bv. slegte gesondheid, onveilige seksuele
gedrag
2. Bespreek redes waarom hierdie tipe gedrag steeds onder die jeug voorkom.
3. Assesseer die negatiewe gevolge van ongesonde seksuele gedrag op die lewe
van 'n jong persoon.
*LET WEL:
Konseptuele leer word beskou as die basiese kennis wat leerders benodig om 'n dieper begrip
en kennis van die vakinhoud te bevorder sodat hulle beter in staat kan wees om dit wat hulle
geleer het, oor te dra en op nuwe situasies toe te pas.
Onderwysers moet na die eksamenvraestelle en nasienriglyne vir 2017–2020 verwys vir
meer voorbeelde en leiding EN hierdie vraestelle en nasienriglyne gebruik as 'n
onderrig-instrument om inhoud meer effektief te onderrig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 9 DBE/2021
Eksamenriglyne
4. PUNTETOEKENNING
Dit is belangrik om die puntetoekenning tussen hakies te bestudeer voordat 'n vraag
beantwoord word, om te bepaal hoe punte toegepas sal word.
Die puntetoekenning is ook 'n aanduiding van die formaat, diepte/omvang en lengte van die
antwoord wat vereis word:
UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
Die eerste getal is die
beperkende getal wat die
vereiste aantal feite/stellings/
opinies aandui.
(2 x 1) of (3 x 2)
(1 x 2) of (2 x 3) Die tweede getal dui die
PUNT aan ten opsigte van die
DIEPTE/OMVANG van die
antwoord wat vereis word.
Hierdie puntetoekenning
dui TWEE instruksies
binne een vraag aan.
(1 + 2)
Hierdie puntetoekenning dui aan:
(2 x 3) ste punt
1 feit/stelling/opinie ()
de punt
2 motivering ()
de punt
3 resultaat/uitkoms ()
Hierdie puntetoekenning kan die volgende
aandui: dit wil sê, vir ELK van die antwoorde
.
1ste punt feit/stelling/opinie ()
2de punt uitbreiding/verduideliking ()
3de punt motivering ()
4de punt resultaat/uitkoms ()
wanneer krities bespreek word.
(1 x 4)
OF * Voorbeeld: Evalueer/Bespreek krities die
implikasies van gratis hoër onderwys vir alle
Evalueer, wat die positiewe en negatiewe moet
insluit: voornemende studente. (2 x 4)
1ste punt vir die 1ste feit/stelling/opinie () * LET WEL: Leerders MOET ook geleer
word hoe om 'n vraag op te breek/
2de punt motivering ()
analiseer sodat hulle die vrae verstaan en
3de punt vir die 2de feit/stelling/opinie () doeltreffend kan beantwoord.
4de punt motivering ()
.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 10 DBE/2021
Eksamenriglyne
5. Inhouds- en konteksriglyne
Die oorsig van onderwerpe hieronder word in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
(KABV) verskaf om onderwysers te help om leerders voor te berei op die fundamentele kennis
en konsepte wat nodig is vir die graad 12 Algemene Assesseringstaak. Verwys ook na die
Jaarlikse Onderrigplan (JOP) vir ALLE onderwerpe, subonderwerpe en inhoud wat per kwartaal
behandel moet word.
ONDERWERP GRAAD 12
1. Selfontwikkeling Lewensvaardighede wat nodig is om aan te pas by verandering as
in die deel van deurlopende gesonde leefstylkeuses
samelewing Streshantering
Konflikoplossing
Menslike faktore wat slegte gesondheid veroorsaak
Plan van aksie vir lewenslange deelname aan 'n fisiese aktiwiteit
2. Sosiale en Omgewings en dienste wat veiligheid en 'n gesonde leefwyse
omgewings- bevorder
verantwoordelik- Verantwoordelikhede op verskillende regeringsvlakke
heid 'n Persoonlike missiestelling vir die lewe
3. Demokrasie en Verantwoordelike burgerskap
menseregte Die rol van die media in 'n demokratiese samelewing
Ideologieë, religieë en wêreldsienings met betrekking tot
ontspanning en fisiese aktiwiteit oor kulture en geslagte heen
4. Loopbane en Verbintenis tot 'n besluit wat geneem is: vind gepaste betrekking-/
loopbaan- werk- of studiegeleenthede in verskeie bronne
keuses Redes vir en die impak van werkloosheid en innoverende
oplossings om werkloosheid teen te werk
Kernelemente van 'n werkskontrak
Verfyning van die portefeulje vir planne vir die lewe na skool
5. Studie- Nabetragting van eie studie- en eksamenskryfvaardighede
vaardighede Belangrikheid van skoolgebaseerde assessering/die verwerwing
van die NSS
Strategieë om te volg om sukses in graad 12 te verseker
6. Liggaamlike Bereiking van eie persoonlike fiksheids- en gesondheidsdoelwitte
Opvoeding Langtermynverbintenis aan tradisionele en/of uitheemse sport of
speelgrond en/of samelewing en/of inheemse speletjies vir
ontspanning en rekreasie
Veiligheidskwessies
*LET WEL: Liggaamlike Opvoeding kan vir 'n halfuur per week
of een uur tweeweekliks aangebied word, afhangend van die
rooster van die skool en dit sal in graad 12 formeel in Kwartaal 1
en 2 geassesseer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 11 DBE/2021
Eksamenriglyne
6. HULPBRONNE
Die eerste en belangrikste hulpbron wat vir die beplanning en onderrig van die
Lewensoriëntering-inhoud gebruik moet word, is die KABV-dokument saam met die
gewysigde Jaarlikse Onderrigplan vir graad 12 en die Program van Assessering.
Handboeke: Onderwyser word aangemoedig om die handboeke wat deur die DBE
goedgekeur is en wat aan die vereistes van die KABV vir Lewensoriëntering (2011)
voldoen, te gebruik.
As gevolg van die doelwitte en die aard van Lewensoriëntering is dit belangrik om daarop
te let dat 'n handboek slegs EEN van baie hulpbronne is wat gebruik moet word wanneer
die vakinhoud in die klaskamer bemiddel word.
Daarom moet onderwysers kontemporêre, lewensgetroue kwessies by die
Lewensoriëntering-inhoud inwerk, deur die gebruik van die internet, die jongste koerant-
en tydskrifartikels en ander relevante hulpbronne in die onderrig van die vak.
7. NASIENRIGLYNE
Die nasiener moet die vraestel versigtig deurlees en sleutelinstruksies in vrae
onderstreep/omkring voordat nagesien word.
Volg die nasienriglyne streng en gee krediet aan leerders wat goed beredeneerde en
gemotiveerde antwoorde en standpunte wat die spesifieke vraag beantwoord, verskaf, en
wat skakel met moontlike antwoorde in die nasienriglyne.
Wanneer punte in AFDELING B en C toegeken word, moet leerders in volsinne antwoord.
In die 3 of 4 punt-vrae moet en kan leerders 4, 3, 2 en 1 of 0 punt(e) verdien, afhangend
van die graad van antwoorde wat gegee is.
In alle antwoorde wat die leerders gee, moet onderskeid getref word tussen uitstekende,
goeie, bevredigende en swak antwoorde.
'n Regmerkie () moet geplaas word langs die feit waarvoor dit toegeken word om globale
nasien te voorkom.
'n Regmerkie () is gelyk aan een punt.
Die puntetotaal vir onderafdelings moet aan die regterkant van die antwoordblad aangedui
word.
Die puntetotaal vir elke afdeling moet aan die linkerkant van die antwoordblad aangedui
en omkring word.
Die totale punt vir elke afdeling moet oorgedra word na die einde van die leerder se skrif
en bymekaargetel word, bv.:
A 18
B 30
C 30
Totaal = 78
Die finale punt vir die vraestel moet oorgedra word na die voorblad.
Die onderwysers wat verantwoordelik is vir nasien of moderering van skrifte, moet elke
skrif wat hy/sy nagesien het, onderteken en dateer aangesien die nasiener en moderator
aanspreeklik is vir navrae in verband met die uitkoms van punte wat toegeken is.
Voorbeeld van punte wat na die voorblad oorgedra is:
Naam van leerder: John Doe
78
100
Die nasien van die Finale Eksamen van die NSS-Lewensoriëntering-AAT moet by 'n
gesentraliseerde nasiensentrum gedoen word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 12 DBE/2021
Eksamenriglyne
8. SLOT
Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.
Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Orientation Grade 12 Life Orientation 2021 QP (Eng)

Question paper
Life Orientation Grade 12 NSC November 2021 QP (Eng)

Question paper
Life Orientation Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Life Orientation Grade 12 Life Orientation 2024 QP

Question paper
Life Orientation Grade 12 Life Orientation 2024 QP

Question paper
Life Orientation Grade 12 Life Orientation 2020 QP
More from Grade 12 Life Orientation
/Gr%2012%20Teacher_s%20Guide%20(moderated)--edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861/v1-fce5bfae6ca1b85fe904/card.webp)
Study guide
Gr 12 Teacher s Guide (moderated)

Annual teaching plan
Gr 12 LO ATP 2023 24
/Life%20Orientation%20Survival%20Kit--d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70/v1-9d4138c4a1086bc15399/card.webp)
Study guide
Life Orientation Survival Kit

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper