Skip to content

Life Orientation Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paperLife OrientationGrade 12202316 pages

Grade 12 Life Orientation question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2023

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LEWENSORIËNTERING ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK SEPTEMBER 2023 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. *LIFOA* Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 2 DBE/September 2023 NSS – Algemene Assesseringstaak INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings, naamlik AFDELING A, AFDELING B en AFDELING C. 2. Die vrae in AFDELING A en AFDELING B is verpligtend. 3. Beantwoord enige TWEE vrae in AFDELING C. 4. Lees AL die vrae aandagtig deur. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 3 DBE/September 2023 NSS – Algemene Assesseringstaak AFDELING A (VERPLIGTEND) Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 'n Studiestrategie wat jou kan help om doeltreffend te studeer, kan insluit om … A binne 'n verkorte tydperk te studeer. B die toepaslike studiemateriaal te hê. C oor 'n langer tydperk te studeer. D uitgebreide voorbereidingstyd te gebruik. 1.1.2 Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV/'LRA'), 1995 (Wet 66 van 1995) maak voorsiening vir die ontslag van werkers gebaseer op … A die beleid om ongelykhede reg te stel. B die wet op regstellende aksie. C bewyse van ongelyke geslagsrolle. D 'n werker se algehele funksionering. 1.1.3 'n Voorbeeld van verduistering kan wees om … A die maatskappy se bronne vir persoonlike gewin te gebruik. B 'n kontrak toe te staan sonder om prosedures te volg. C betaling te ontvang om iemand toe te laat om te steel. D vergoeding by 'n gekontrakteerde diensverskaffer te eis. 1.1.4 Om 'n kwessie in 'n eksamenvraestel te bespreek, beteken om … A die belangrikheid van iets te bepaal. B te wys hoe verskillende dele in mekaar pas. C jou redeneringsvermoëns te demonstreer. D die presiese betekenis van konsepte te gee. 1.1.5 Die regering het 'n plig om vryheid van spraak tot 'n sekere mate te beperk … A om burgers teen hofsake te beskerm. B vir redes ten opsigte van openbare beginsels. C om 'n godsdienstige praktyk te bevorder. D om openbare uitsending te bestuur. (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 4 DBE/September 2023 NSS – Algemene Assesseringstaak 1.2 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Gemeenskaplike oortuigings, gebruike, aktiwiteite, tradisies, waardes, gelowe en idees wat algemeen tot 'n spesifieke groep of samelewing is (1) 1.2.2 'n Sterk gevoel van geskik wees om 'n spesifieke loopbaan, werk, professie of beroep te volg (1) 1.2.3 Die gebruik van tegnologie om iemand doelbewus te teister of te intimideer deur dreigende boodskappe te stuur (1) 1.3 Beantwoord die volgende vrae deur die antwoord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK te skryf. Skryf jou antwoorde in volsinne. 1.3.1 Noem TWEE voordele daarvan om stres op 'n gepaste manier te bestuur, wat die gehalte van jou lewe kan verbeter. (2 x 1) (2) 1.3.2 Verduidelik die term nasiebou. (1 x 2) (2) 1.3.3 Bespreek EEN voordeel van vluglees as 'n leesvaardigheid. (1 x 2) (2) 1.4 Lees die bron hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Skryf jou antwoorde in volsinne. AANPASSING BY GROEI EN VERANDERING IN 'N GEGLOBALISEERDE WÊRELD Jongmense vandag leef in 'n dinamiese en geglobaliseerde¹ wêreld waar verandering onvermydelik is. Daarom moet hulle hulself voorberei op 'n inklusiewe, globale² en volhoubare³ wêreld van werk. Woordelys: ¹geglobaliseerde: idees, kennis, inligting, goedere en dienste wat regoor die wêreld gedeel word ²globale: wêreldwye/internasionale ³volhoubare: om oor 'n tydperk voort te bestaan [Aangepas uit www.qs-gen.com. Toegang op 03/01/2023 verkry.] 1.4.1 Verduidelik wat dit beteken om in sosiale omstandighede by veranderinge aan te pas. (1 x 2) (2) 1.4.2 Bespreek EEN voordeel vir jou loopbaanontwikkeling om in 'n geglobaliseerde wêreld te leef. (1 x 2) (2) 1.4.3 Stel EEN manier voor waarop jy jouself kan voorberei om suksesvol by globale veranderinge in die wêreld van werk aan te pas. Motiveer jou antwoord. (1 x 2) (2) TOTAAL AFDELING A: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 5 DBE/September 2023 NSS – Algemene Assesseringstaak AFDELING B (VERPLIGTEND) Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Skryf jou antwoorde in volsinne. VRAAG 2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. LANGTERMYNDEELNAME AAN FISIESE AKTIWITEITE VOORKOMING VAN LEEFSTYLSIEKTES Daar is bewys dat een van die grootste gesondheidsuitdagings wêreldwyd is om fisies onaktief te wees, wat tot leefstylsiektes lei. Ten spyte van die feite oor die voordele daarvan om fisies aktief te wees, is 'n onaktiewe leefstyl en die negatiewe gevolge daarvan wêreldwyd steeds kommerwekkend. Navorsing het getoon dat jou energievlakke verhoog kan word deur fisies aktief te wees. Dit kan ook help met die voorkoming van leefstylsiektes en verhoed dat mense hulle tot skadelike middele wend wanneer hulle die uitdagings van die lewe in die gesig staar. Onlangse navorsing in Suid-Afrika het ook bevind dat daar verskeie faktore is wat mense se deelname aan fisiese aktiwiteite beïnvloed. Dit sluit intrapersoonlike, interpersoonlike, omgewings- en sosiale faktore in. Om tot 'n aksieplan verbind te wees, kan help om te verseker dat jy jou gesondheid verbeter; om 'n behoorlike plan van aksie te hê, is egter belangrik. [Aangepas uit www.openpublichealthjournal.com. Toegang op 02/01/2023 verkry.] 2.1 Definieer die term leefstylsiektes. (1 x 2) (2) 2.2 Beskryf EEN manier hoe om deel te wees van 'n fiksheidsgroep jou kan motiveer om toegewyd aan fisiese aktiwiteite deel te neem. (1 x 2) (2) 2.3 Verduidelik EEN omgewingsfaktor wat jou kan ontmoedig om aan fisiese aktiwiteite deel te neem. (1 x 2) (2) 2.4 Bespreek hoe langtermyndeelname aan fisiese aktiwiteite jou energievlakke kan verhoog. (2 x 2) (4) 2.5 Hoe kan jy, deur fisies aktief te wees, verhoed dat jy jou tot skadelike middele wend wanneer jy die uitdagings van die lewe in die gesig staar? (2 x 2) (4) 2.6 Assesseer die belangrikheid van behoorlike beplanning wanneer jy jou verbind tot 'n aksieplan om jou gesondheid te verbeter. Dui ook in ELKE antwoord aan hoe dit die kanse kan verhoog om jou plan suksesvol uit te voer. (2 x 3) (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 6 DBE/September 2023 NSS – Algemene Assesseringstaak VRAAG 3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKAANSE JEUG: TEKORT AAN VEREISTE VAARDIGHEDE WERWINGSTENDENSE Die meeste Suid-Afrikaanse naskoolse jeug sukkel steeds om geskikte werk te kry, hoofsaaklik as gevolg van 'n tekort aan die vereiste vaardighede en hulle onvermoë om tred te hou met die nuutste werwingstendense in die arbeidsmark. Werwingstendense verander met verloop van tyd. Die verwagtinge van maatskappye, menslikehulpbronwerwers en kandidate verander voortdurend, wat beteken dat 'n mens dienooreenkomstig by hierdie veranderinge moet aanpas. Die algemeenste bekommernis wat werkgewers oor jong werksoekers het, is dat hulle moontlik nie besef nie dat hulle hoofsaaklik self hulle kanse om werk te kry, belemmer. Werkgewers is ook van mening dat die meeste jongmense wat werk kry, meer bereidwillig moet wees om hulle vaardighede in die werk te verbeter. Nog 'n kommerwekkende kwessie is dat jong werksoekers nie tred hou met die werwingstendense wat deur werwers gebruik word nie. Jong werksoekers moet ook die belangrikheid daarvan besef om 'n persoonlike handelsmerk te hê, dit wil sê 'n persoonlike en unieke manier waarop hulle hulself in die hedendaagse wêreld van werk kan bemark. [Aangepas uit https://job-hunt.org. Toegang op 07/01/2023 verkry.] 3.1 Definieer die term werwingstendense. (1 x 2) (2) 3.2 Beskryf EEN manier waarop jong werksoekers hulle kanse kan belemmer om vir 'n onderhoud oorweeg te word. (1 x 2) (2) 3.3 Waarom is dit belangrik dat jong werkers hulle vaardighede in 'n werk voortdurend verbeter? (1 x 2) (2) 3.4 Bespreek TWEE maniere waarop jy, as 'n jong werksoeker, kan verseker dat jy met die nuutste werwingstendense tred hou. (2 x 2) (4) 3.5 Hoe kan jy, deur 'n persoonlike handelsmerk te hê, jou kanse verbeter om 'n werk te kry? (2 x 2) (4) 3.6 Assesseer TWEE voordele van die nuutste tendense in tegnologie wat vir werwingsprosesse gebruik word. Dui ook in ELKE antwoord die voordeel vir jou as werksoeker aan. (2 x 3) (6) [20] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 7 DBE/September 2023 NSS – Algemene Assesseringstaak AFDELING C Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. Jou antwoorde moet uit paragrawe bestaan. Punte sal SLEGS toegeken word vir antwoorde wat in volsinne geskryf is. VRAAG 4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MENSLIKE FAKTORE WAT SIEKTES VEROORSAAK STEREOTIPERING AS 'N SOSIALE FAKTOR Stereotipering¹ as 'n sosiale faktor kan tot die sosiale klassifikasie van andere lei, wat een van die redes is vir die 'hulle'- en 'ons'-ingesteldheid wat sommige mense mag hê. Om mense op hierdie manier te behandel, kan uiteindelik 'n negatiewe impak op die geestesgesondheid van sulke slagoffers hê. Woordelys: ¹Stereotipering: sluit dikwels in om mense te veroordeel, gebaseer op verskeie faktore, sonder om hulle individuele eienskappe en kenmerke in ag te neem [Aangepas uit www.simplypsychology.org. Toegang op 04/01/2023 verkry.] Skryf paragrawe oor menslike faktore wat siektes veroorsaak: sosiale faktore. Gebruik die volgende as 'n riglyn:  Noem kortliks VIER moontlike sosiale faktore wat tot stereotipering kan lei. (4 x 1) (4)  Analiseer TWEE negatiewe gevolge van 'n sosiale faktor, soos stereotipering, op die geestesgesondheid van slagoffers van stereotipering. (2 x 4) (8)  Bespreek krities hoe 'n persoon kan bepaal of hy/sy andere dalk onopsetlik stereotipeer. (2 x 4) (8) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 8 DBE/September 2023 NSS – Algemene Assesseringstaak VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ENTREPRENEURSKAP 'N INNOVERENDE STRATEGIE OM WERKLOOSHEID TEEN TE WERK Innovering en passie is die hart van entrepreneurskap. Dit is belangrik vir entrepreneurs of opkomende entrepreneurs om te verstaan waarom dit belangrik is om innoverend en passievol te wees en hoe dit vir 'n besigheid tot voordeel kan wees. Potensiële entrepreneurs moet ook die denkwyse van 'n entrepreneur aanleer. [Aangepas uit www.igi-global.com. Toegang op 22/03/2023 verkry.] Skryf paragrawe oor entrepreneurskap. Gebruik die volgende as 'n riglyn:  Noem kortliks VIER redes waarom entrepreneurs innoverend moet wees. (4 x 1) (4)  Analiseer TWEE maniere waarop jy die denkwyse van 'n entrepreneur kan aanleer. (2 x 4) (8)  Bespreek krities hoe 'n jong entrepreneur se passie ander jongmense in sy/haar gemeenskap kan beïnvloed om entrepreneurs te word. (2 x 4) (8) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 9 DBE/September 2023 NSS – Algemene Assesseringstaak VRAAG 6 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERANTWOORDELIKHEID VAN GEMEENSKAPPE OM 'N VEILIGE EN GESONDE LEEFWYSE TE VERSEKER SUID-AFRIKA SE WATERSTELSELS IN KRISIS Dit lyk asof waterstelsels oor die hele land nie doeltreffend in stand gehou word nie, wat tot die swak gehalte van water in die meeste gemeenskappe lei. Daar is ook bevind dat die gedrag van gemeenskappe een van die bydraende faktore is wat tot waterbesoedeling lei. Dit lyk ook asof ingrypingsprogramme, met die doel om 'n veilige en gesonde leefwyse te bevorder, ook nie volhoubaar is nie. Die meeste gemeenskappe poog nou om die plaaslike regering in 'n petisie/versoekskrif¹ te vra vir hulle dringende optrede ten opsigte van die waterkrisis. Woordelys: ¹petisie/versoekskrif: 'n formele, geskrewe versoek, geteken deur baie mense, aan diegene in magsposisies met eise rakende 'n spesifieke saak [Aangepas uit http://jamiat.org.za. Toegang op 09/01/2023 verkry.] Skryf paragrawe oor die verantwoordelikheid van gemeenskappe om 'n veilige en gesonde leefwyse te verseker. Gebruik die volgende as 'n riglyn:  Noem kortliks VIER voordele van aanlyn petisies/versoekskrifte aan plaaslike regerings vir dringende optrede ten opsigte van die waterkrisis in gemeenskappe. (4 x 1) (4)  Analiseer TWEE maniere waarop gemeenskappe saam met plaaslike regering kan werk om waterbronne te help beskerm. (2 x 4) (8)  Bespreek krities TWEE maniere hoe om die volhoubaarheid te verseker van ingrypingsprogramme wat die doel het om 'n veilige en gesonde leefwyse te bevorder. (2 x 4) (8) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Life Orientation

View all