Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LEWENSWETENSKAPPE V1
2015
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5/v1-499a43c2f8a8d4c117a2/card.webp)




View all





Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 498.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC June Exam 2015
Questions in this paper
- Question 1.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)20 marks
- Question 1.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)9 marks
- Question 1.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
- Question 1.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 1.5MEIOSIS11 marks
- Question 2.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
Show all 14 questions
- Question 2.2HUMAN REPRODUCTION16 marks
- Question 2.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)11 marks
- Question 2.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS9 marks
- Question 3.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)14 marks
- Question 3.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)4 marks
- Question 3.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS9 marks
- Question 3.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS13 marks
- Question 3.5HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 2 DBE/2015
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
swart ink.
7. Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 3 DBE/2015
SSE
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Watter EEN van die volgende faktore sal voedselsekerheid laat
afneem?
A Aanplant van meer vrugtebome
B Toename in biodiversiteit
C Toename in uitheemse plante
D Beheerde gebruik van bemesting
1.1.2 Watter gas wat by afvalterreine vrygestel word kan vir
huishoudelike doeleindes gebruik word?
A Koolstofdioksied
B Suurstof
C Koolstofmonoksied
D Metaan
1.1.3 Die gehoorsenuwee vervoer impulse na die ...
A serebrum en medulla oblongata.
B serebrum en serebellum.
C serebellum en medulla oblongata.
D serebrum en corpus callosum.
1.1.4 Watter EEN van die volgende is 'n kenmerk van uitwendige
bevrugting?
A Kopulasie vind plaas.
B 'n Groot hoeveelheid eiers word geproduseer.
C Die embrio word in die vroulike liggaam beskerm.
D Sperm word in die vroulike liggaam vrygestel.
1.1.5 Tydens 'n 400 meter-resies sal die outonome senuweestelsel van
'n atleet die ... laat afneem.
A hartklop
B bloedvloei na die ingewande
C bloedvloei na die spiere
D asemhalingstempo
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 4 DBE/2015
SSE
VRAAG 1.1.6 en 1.1.7 verwys na die diagramme hieronder wat verskillende fases van
meiose illustreer.
1.1.6 Die korrekte volgorde van die diagramme hierbo is ...
A 1, 2, 3, 4, 5.
B 3, 5, 1, 4, 2.
C 1, 3, 4, 2, 5.
D 3, 1, 5, 2, 4.
1.1.7 In watter EEN van die fases hierbo sal ewekansige/toevallige
rangskikking van chromosome op die ewenaar plaasvind?
A 3
B 1
C 5
D 4
1.1.8 'n Ekstraksie van 'n klier van 'n volwasse aap is in die bloedstroom
van 'n jong apie ingespuit. Dit het veroorsaak dat die jong apie
abnormaal lank geword het. Uit watter klier is die ekstraksie
geneem?
A Hipotalamus
B Bynier/Adrenale klier
C Hipofise/Pituïtêre klier
D Pankreas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 5 DBE/2015
SSE
1.1.9 Wanneer 'n persoon deur 'n kwaai hond gejaag word, sal ...
A insulien- en glukagonvlakke afneem.
B adrenalien- en tiroksienvlakke toeneem.
C FSH- en tiroksienvlakke toeneem.
D adrenalien- en insulienvlakke afneem.
1.1.10 Watter EEN van die volgende sal 'n gevolg wees indien 'n persoon
'n groot volume water gedrink het?
HERABSORPSIE
HOEVEELHEID VAN WATER VOLUME URINE
ADH AFGESKEI VANUIT DIE GEPRODUSEER
NIERBUISIE
A Afname Afname Toename
B Afname Toename Afname
C Toename Afname Toename
D Toename Toename Afname
(10 x 2) (20)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.9) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die verskeidenheid plant- en dierespesies op die Aarde
1.2.2 Die membraan wat klankvibrasies na die binne-oor gelei
1.2.3 Die voortplantingstrategie waar die ontwikkeling van die kleintjie in
die uterus van die ma plaasvind
1.2.4 Die voortplantingsbuis by mans wat die testis met die uretra
verbind
1.2.5 Die voortplantingstrategie waartydens eiers gelê word
1.2.6 Verdeling van die sitoplasma tydens seldeling
1.2.7 Die toegang, vir alle mense te alle tye, tot genoeg, veilige en
voedsame kos
1.2.8 Die deel van die oor wat die druk aan albei kante van die
timpaniese membraan dieselfde hou
1.2.9 'n Defektiewe toestand in die oog waar 'n persoon naby voorwerpe
duidelik kan sien terwyl voorwerpe wat ver is, dof is (9 x 1) (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 6 DBE/2015
SSE
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Gestimuleer deur veranderinge A: Makulae
in die posisie van die kop B: Kristae
1.3.2 Vind tydens akkommodasie vir A: Suspensoriese ligamente verslap
afstandsvisie plaas B: Lens word minder konveks
1.3.3 Vind in dowwe lig in die iris A: Siliêre spiere ontspan
plaas B: Radiale-/Lengtespiere trek saam
1.3.4 'n Jong voëltjie is hulpeloos A: Prekosiële ontwikkeling
direk nadat dit uitgebroei het B: Altrisiële ontwikkeling
(4 x 2) (8)
1.4 Bestudeer die diagram hieronder van 'n lengtesnee deur 'n menslike oog.
A
B F
E
C
D
1.4.1 Benoem deel A, B en E. (3)
1.4.2 Gee slegs die LETTER van die deel wat:
(a) Die delikate inwendige strukture beskerm (1)
(b) Impulse na die serebrum vervoer (1)
(c) Melkerig of dof word soos 'n mens ouer word en lei tot 'n
afname in visie (1)
(d) Saamtrek of verslap wanneer die afstand van 'n voorwerp
vanaf die oog verander (1)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 7 DBE/2015
SSE
1.5 Bestudeer die diagram hieronder wat 'n fase van meiose toon.
A
B
C
1.5.1 Identifiseer:
(a) Gedeelte A (1)
(b) Deel B (1)
(c) Deel C (1)
(d) Fase van meiose (1)
(e) Proses wat tydens hierdie fase van meiose plaasvind (1)
1.5.2 Voorspel wat sou gebeur indien die proses soos geïdentifiseer in
VRAAG 1.5.1(e) hierbo NIE plaasgevind het NIE. (1)
(6)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 8 DBE/2015
SSE
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die diagram hieronder van 'n snit deur die menslike rugmurg en die
neurone wat by 'n refleksboog betrokke is.
2.1.1 Definieer 'n refleksaksie. (2)
2.1.2 Identifiseer neuron A, B en C. (3)
2.1.3 Skryf slegs die LETTER neer van die neuron (A of C) wat
waarskynlik beskadig is indien 'n persoon:
(a) Die prikkel/stimulus kan voel, maar nie daarop kan reageer nie (1)
(b) In staat is om te loop, maar geen prikkel/stimulus kan
waarneem nie (1)
2.1.4 Noem die belangrikheid van 'n refleksaksie by mense. (1)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 9 DBE/2015
SSE
2.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OEFENING EN SPERMTELLING
Navorsing is gedoen om die invloed wat lewenstyl op die spermtelling van
jong mans het, te bepaal. Tydens hierdie studie het 189 jong manstudente
van 'n universiteit in New York vraelyste in verband met hulle fisiese
aktiwiteite, dieet, spanning en ander faktore wat hulle lewenstyl beïnvloed,
voltooi. Elke manstudent het toe 'n semenmonster gegee.
Die resultate het getoon dat die manstudente wat meer as 15 uur 'n week
geoefen het, se spermtelling 73 persent hoër was as dié wat minder as 5 uur
'n week geoefen het.
'n Tweede ondersoek het getoon dat mans wat meer as 20 uur 'n week TV
kyk in plaas daarvan om te oefen, se spermtelling 44 persent laer was as die
mans wat min of geen TV gekyk het nie.
'n Persoon wat oefen, skei meer antioksidant-ensieme af wat kan voorkom
dat 'n natuurlike proses, bekend as oksidatiewe spanning, selmembrane in
die liggaam beskadig. Hierdie skade kan die vorming van nuwe sperms
versteur. Wanneer iemand TV kyk of sit, word die skrotum teen die liggaam
vasgedruk wat die omgewing van die testis warmer maak en die vorming van
nuwe sperms moontlik kan voorkom.
[Aangepas uit National Geographic News, Februarie 2013]
2.2.1 Noem die spesifieke meiotiese proses wat vir die vorming van
spermselle verantwoordelik is. (1)
2.2.2 Verduidelik waarom 'n hoë temperatuur in die omgewing van die
testis die vorming van nuwe sperms kan voorkom. (2)
2.2.3 Gee 'n algemene gevolgtrekking wat uit die resultate van die eerste
ondersoek gemaak kan word. (2)
2.2.4 Noem EEN manier waarop die betroubaarheid van hierdie studie
verhoog kan word. (1)
2.2.5 Teken 'n benoemde diagram om die bou van 'n spermsel aan te
toon. (4)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 10 DBE/2015
SSE
2.3 Studies het getoon dat, wanneer die alkoholinhoud van die bloed
0,1 mg/100 ml oorskry, 'n persoon stadiger motoriese koördinasie toon, asook
swak oordeelsvermoë en gehoor het.
'n Ondersoek is uitgevoer om die invloed van die alkoholinhoud van bloed op
reaksietyd te bepaal. Die reaksietyd is getoets deur die tyd wat dit 'n
motorfietsryer geneem het om te rem, te meet.
Die resultate word in die tabel hieronder getoon.
ALKOHOLINHOUD VAN DIE REAKSIETYD OM TE REM
BLOED (mg/100 ml) (s)
0 0,572
0,15 0,585
0,25 0,610
[Aangepas uit www-nrd.nhtsa.dot.gov]
2.3.1 Bereken hoeveel langer (in sekondes) dit die motorfietsryer
geneem het om te rem toe daar 0,25 mg/100 ml alkohol in sy bloed
was in vergelyking met toe daar geen alkohol in sy bloed was nie. (2)
2.3.2 Beskryf die algemene verwantskap tussen die alkoholinhoud van
die bloed en die reaksietyd om te rem. (2)
2.3.3 Verduidelik waarom swak oordeelsvermoë van 'n motoris tot 'n
ongeluk kan lei. (2)
2.3.4 Identifiseer die deel van die brein wat deur alkohol beïnvloed word
en tot die volgende lei:
(a) Gehoor word beïnvloed (1)
(b) Verlies van oordeelsvermoë (1)
(c) Motoriese koördinasie word beïnvloed (1)
2.3.5 Verduidelik die doel daarvan om die remreaksie van die
motorfietsryer te meet toe die alkoholinhoud van die bloed
0 mg/100 ml was. (2)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 11 DBE/2015
SSE
2.4 Lerato het 'n ondersoek uitgevoer om die invloed wat oefening op
veltemperatuur het, te bepaal.
Sy het 100 leerders in haar skool gevra om aan die ondersoek deel te neem.
Die steekproef het uit 100 meisies van dieselfde ouderdom bestaan.
Die ondersoek is soos volg uitgevoer:
• Die leerders is in twee groepe van 50 elk (Groep A en B) ingedeel.
• Die veltemperatuur van al die deelnemers is gemeet.
• Groep A is gevra om vir 10 minute om die sportveld te hardloop.
• Groep B is gevra om vir 10 minute op die banke langs die sportveld te
bly sit.
Na 10 minute is al die deelnemers se veltemperatuur gemeet en die
gemiddeld is vir elke groep (A en B) bereken.
2.4.1 Vir hierdie ondersoek, identifiseer die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
2.4.2 Noem TWEE stappe wat Lerato tydens die beplanningstadium van
die ondersoek in ag geneem het. (2)
2.4.3 Wat is die verwagte resultate vir die deelnemers in groep A? (1)
2.4.4 Noem EEN faktor wat Lerato tydens die ondersoek konstant gehou
het. (1)
2.4.5 Watter van die twee groepe (A of B) sal meer sweet vrystel? (1)
2.4.6 Verduidelik waarom sweetproduksie by die groep wat in
VRAAG 2.4.5. geïdentifiseer is, sal toeneem. (4)
(11)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 12 DBE/2015
SSE
VRAAG 3
3.1 Die tabel hieronder toon die konsentrasie van absissiensuur en gibberelliene
in ontkiemende sade oor 'n tydperk van 10 dae aan.
HORMOONKONSENTRASIE IN ONTKIEMENDE
TYD
SADE (ARBITRÊRE EENHEDE)
(DAE)
ABSISSIENSUUR GIBBERELLIENE
0 20 0
2 8 1
4 4 4
6 3 7
8 2 10
10 1 12
[Aangepas uit Biology Cambridge, 2013]
3.1.1 Teken 'n lyngrafiek om die veranderinge in die konsentrasie van
absissiensuur oor die tydperk van die ondersoek aan te dui. (6)
3.1.2 Noem wat met die konsentrasie van elk van die volgende hormone oor
die tydperk van die ondersoek gebeur het:
(a) Absissiensuur (1)
(b) Gibberelliene (1)
(8)
3.2 Verduidelik die groeireaksie van 'n plant wanneer die stingel blootgestel word
aan lig wat slegs van een kant af kom. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 13 DBE/2015
SSE
3.3 Bestudeer die vloeidiagram hieronder wat die reaksie van 'n endokriene klier
op verandering in die hoeveelheid glukose wat in bloed voorkom, toon.
Glukosevlak
Te HOOG Te LAAG
Waargeneem deur 'n
endokriene klier
Hormoon 1 Hormoon 2
Reaksie Reaksie
3.3.1 Definieer die term endokriene klier. (2)
3.3.2 Identifiseer:
(a) Hormoon 1 (1)
(b) Hormoon 2 (1)
3.3.3 Noem die klier wat hormoon 1 en hormoon 2 vrystel. (1)
3.3.4 Verduidelik die gevolge vir 'n persoon indien die klier wat in
VRAAG 3.3.3 genoem is, nie daarin slaag om hormoon 1 vry te
stel nie. (4)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 14 DBE/2015
SSE
3.4 Energie in Suid-Afrika word hoofsaaklik deur steenkoolkragstasies opgewek.
Die sirkelgrafiek hieronder toon die energieverbruik deur verskillende sektore
in 'n Suid-Afrikaanse stad in 2007.
Energieverbruik deur verskillende sektore in 'n stad
Ander
6%
Residensieel
X%
Vervoer Industrieel
45% 17%
Kommersieel
14%
[Aangepas uit Energy scenarios for CT to – 2050, 2011]
3.4.1 Bepaal die waarde van X. Toon ALLE berekeninge. (2)
3.4.2 Watter sektor in hierdie stad verbruik die meeste energie? (1)
3.4.3 Die energieverbruik in die residensiële gebiede in hierdie stad het
in 2009 met 3% gestyg. Gee TWEE moontlike redes vir hierdie
styging. (2)
3.4.4 Verduidelik die impak van die verhoogde verbruik van energie,
wat deur steenkoolkragstasies opgewek word, op klimaats-
veranderinge. (4)
3.4.5 Suid-Afrika, soos baie ander lande, het 'n verklaring onderteken
om sy CO 2 -vrystellings oor 'n tydperk te verminder.
Verduidelik TWEE strategieë wat die Suid-Afrikaanse regering kan
implementeer om hierdie verlaging in CO 2 -vrystellings te bereik. (4)
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 15 DBE/2015
SSE
3.5 Waterhiasint is 'n indringer- uitheemse spesie. Dit groei en dryf in damme en
mere. Dit is 'n snelgroeiende spesie wat die hele dam of meer kan indring,
bedek en oorvat.
3.5.1 Wat word bedoel met indringer- uitheemse spesie? (2)
3.5.2 Verduidelik TWEE maniere hoe uitheemse plante, soos die
waterhiasint, die balans in ekosisteme kan versteur. (4)
(6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf die interaksie en die invloed van hormone op die gebeure tydens die
menstruele siklus.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme, diagramme of tabelle nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Eng)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5/v1-499a43c2f8a8d4c117a2/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum