Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LEWENSWETENSKAPPE V2
2022
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 349.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC June Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Die komponente van 'n DNS/DNA-molekuul wat die kode verskaf vir
proteïensintese is die …
A suikers.
B fosfate.
C waterstofbindings.
D stikstofbasisse.
1.1.2 Gedurende watter fase van meiose begin spoeldrade vorm?
A Profase
B Metafase
C Anafase
D Telofase
1.1.3 'n Individu het Down-sindroom. In die kariotipe is daar 'n abnormale
getal chromosome by chromosoompaar …
A 13.
B 18.
C 21.
D 23.
1.1.4 'n Individu wat 'n identiese alleel van beide ouers ontvang, word
as … beskryf.
A homologies
B dominant
C homosigoties
D heterosigoties
1.1.5 'n Plantspesie het 'n diploïede chromosoomgetal van 12.
Watter EEN van die volgende is die haploïede chromosoomgetal vir
hierdie spesie?
A 24
B 12
C 6
D 36
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/2022
SS/NSS
1.1.6 Oorerwing deur veelvuldige (meervoudige) allele in genetika verwys
na …
A twee allele wat twee eienskappe beïnvloed.
B meer as twee allele wat een eienskap beïnvloed.
C een alleel wat meer as een eienskap beïnvloed.
D meer as twee allele wat twee eienskappe beïnvloed.
1.1.7 Watter EEN van die volgende is 'n voortplantingisolerings-
meganisme?
A Teling/Broei op dieselfde tyd van die jaar
B Steriele nakomelinge
C Plantaanpassing by dieselfde bestuiwers
D Verbeterde bevrugting
1.1.8 Normale menslike ovums het …
A 22 outosome en 'n X-chromosoom.
B 23 outosome en 'n X-chromosoom.
C 22 outosome en 'n Y-chromosoom.
D 23 outosome en 'n Y-chromosoom.
1.1.9 Watter EEN van die volgende vind by mitose maar NIE by meiose
plaas nie?
A Twee selle word aan die einde van die verdeling gevorm
B Oorkruising vind plaas
C Homoloë chromosome rangskik op die ewenaar
D Sentriole vorm by die pole van die sel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/2022
SS/NSS
1.1.10 Die grafiek hieronder toon die persentasie ooreenkoms tussen
menslike (Hu)-DNS/DNA en die DNS/DNA van sommige Afrika-
aap-spesies.
120
Persentasie ooreenkoms met
98 96
100 94
80 72
60
menslike DNS/DNA
40
20
0
Sjimpansee Langarmaap Resus-aap Nagapie
(Ch) ('Gibbon') (Rm) ('Galago')
(Gi) (Ga)
Tipe Afrika-aap
Watter EEN van die volgende filogenetiese stambome
verteenwoordig die inligting in die grafiek die beste?
A B
Hu Ch Gi Ga Hu Ga Rm Gi Ch
Rm
Gemeenskaplike voorouer
Gemeenskaplike voorouer
C D
Ga Rm Ch Hu Gi Gi Rm Ch Hu
Ga
Gemeenskaplike voorouer Gemeenskaplike voorouer
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/2022
SS/NSS
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Verdeling van die sitoplasma van 'n sel gedurende meiose
1.2.2 Die suikermolekuul teenwoordig in 'n RNS/RNA-nukleotied
1.2.3 Die posisie van 'n geen op 'n chromosoom
1.2.4 Die proses waartydens 'n DNS/DNA-molekuul 'n presiese kopie van
homself maak
1.2.5 Ongedifferensieerde selle wat gestimuleer kan word om in enige tipe
liggaamsel te ontwikkel
1.2.6 Mendel se beginsel wat verklaar dat 'n organisme twee faktore
bevat/het wat skei sodat elke gameet slegs een van hierdie faktore
bevat
1.2.7 Die evolusieteorie wat verwys na lang tydperke waar spesies nie
verander nie, afgewissel deur kort tydperke waar vinnige
verandering plaasvind
1.2.8 'n Ineengestrengelde netwerk van DNS/DNA en proteïen wat in die
nukleus (selkern) voorkom
1.2.9 Die natuurlike vorm van die DNS/DNA-molekuul
1.2.10 Die fase in die selsiklus waartydens selgroei plaasvind (10 x 1) (10)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 'n Groep soortgelyke organismes A: Bevolking
wat op 'n bepaalde tyd op 'n B: Spesie
bepaalde plek voorkom met die
vermoë om te kan kruisteel
1.3.2 Die manipulering van biologiese A: Biogeografie
prosesse om menslike behoeftes B: Biotegnologie
te bevredig
1.3.3 Het die struktuur van die A: Francis Crick
DNS/DNA-molekuul ontdek B: James Watson
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/2022
SS/NSS
1.4 By tamatieplante is lang (hoë) stingels (T) dominant oor kort stingels (t) en
rooi vrugte (R) is dominant oor geel vrugte (r).
'n Boer kruis 'n homosigotiese lang (hoë), geel tamatieplant met 'n plant wat
heterosigoties vir beide eienskappe is.
1.4.1 Noem hierdie tipe genetiese kruising. (1)
1.4.2 Gee die genotipe van 'n homosigotiese lang (hoë), geel
tamatieplant. (2)
1.4.3 Maak 'n lys van die genotipes van AL die moontlike gamete vir 'n
plant wat heterosigoties vir beide eienskappe is. (4)
(7)
1.5 Hemofilie is 'n geslagsgekoppelde resessiewe eienskap (Xh).
Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van hemofilie in 'n
familie.
P Q
R S T
U
1.5.1 Noem wat die vierkante in 'n stamboomdiagram verteenwoordig. (1)
1.5.2 Gee die getal:
(a) Generasies wat in hierdie stamboomdiagram verteenwoordig
word (1)
(b) Nakomelinge van individue P en Q (1)
1.5.3 Gee:
(a) Slegs die LETTERS van vrouens met hemofilie (2)
(b) Die genotipe van individu R (2)
(7)
TOTAAL AFDELING A: [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig een sel in 'n fase van meiose.
C
A
B
2.1.1 Identifiseer die fase van meiose. (1)
2.1.2 Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.1. (2)
2.1.3 Identifiseer struktuur:
(a) A (1)
(b) B (1)
2.1.4 Beskryf die rol van deel B in die beweging van chromosome tydens
meiose. (2)
2.1.5 Teken 'n benoemde diagram van struktuur C soos dit in die finale
fase van hierdie meiotiese deling sal voorkom. Toon die korrekte
ingekleurde gedeeltes. (4)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/2022
SS/NSS
2.2 Die diagram hieronder verteenwoordig die proses van proteïensintese in
'n sel.
W X
Y
Z UACGUAAGCCCUGUCCUU
ribosoom
2.2.1 Noem die proses wat plaasvind by:
(a) W (1)
(b) Y (1)
2.2.2 Identifiseer:
(a) Organel X (1)
(b) Molekuul Z (1)
2.2.3 Noem TWEE plekke in 'n sel waar DNS/DNA aangetref word
behalwe in die nukleus (selkern). (2)
2.2.4 Beskryf die proses by W. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/2022
SS/NSS
Die tabel hieronder toon sommige oRNS/tRNA-antikodons met hulle
ooreenstemmende aminosure.
oRNS/tRNA-ANTIKODON AMINOSUUR
CAG Valien
GAA Leusien
AUG Tirosien
GGA Prolien
UCG Serien
CAU Valien
2.2.5 Noem die:
(a) DNS/DNA-basisdrietal wat vir serien kodeer (1)
(b) Eerste TWEE aminosure waarvoor daar deur molekuul Z in
die diagram gekodeer word (die molekuul word van links na
regs gelees) (2)
2.2.6 Wat word die verandering in die volgorde van stikstofbasisse in
'n DNS/DNA-molekuul genoem? (1)
2.2.7 Die kodon CUU (laaste kodon) op molekuul Z het na CCU
verander.
Verduidelik die effek wat dit op hierdie spesifieke proteïenmolekuul
sal hê. (3)
(20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/2022
SS/NSS
2.3 'n Familie wou die biologiese vader van 'n seun identifiseer. Die moeder van
die seun is bekend. Bloedgroepe en DNS/DNA-profiele van die moeder, die
seun en twee mans is gebruik om vaderskap vas te stel.
Die data hieronder toon die resultate van die twee prosedures.
BLOEDGROEPE
Moeder Seun Man 1 Man 2
O B AB B
DNS/DNA-PROFIELE
Moeder Seun Man 1 Man 2
2.3.1 Verduidelik waarom vaderskap van die seun nie vasgestel kon
word deur slegs bloedgroepe te gebruik nie. (5)
2.3.2 Wie is die biologiese vader van die seun volgens die
DNS/DNA-profiele? (1)
2.3.3 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.2. (3)
2.3.4 Noem EEN ander gebruik van DNS/DNA-profielsamestelling. (1)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/2022
SS/NSS
2.4 Die diagram hieronder toon die oorerwing van blomkleur by leeubekkieplante.
Die twee allele wat blomkleur beheer is rooi (R) en wit (W).
gekruis
met
Rooi Wit
Pienk
2.4.1 Noem die tipe dominansie wat deur die leeubekkieplante getoon
word. (1)
2.4.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.1. (2)
2.4.3 'n Tuinier kruis twee leeubekkieplante wat pienk blomme het.
Gebruik 'n genetiese kruising om die verhouding van die verwagte
fenotipes in die nageslag aan te dui. (6)
(9)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 3
3.1 Diagramme A en B toon die ventrale (onder-) aansig van die skedels van
twee organismes. Die diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE.
A B
foramen magnum
3.1.1 Watter diagram verteenwoordig die skedel van 'n tweevoetige
organisme? (1)
3.1.2 Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.1. (2)
3.1.3 Tabuleer TWEE waarneembare verskille tussen die bokake in
diagramme A en B wat tendense in menslike evolusie
verteenwoordig. (5)
3.1.4 Verduidelik die betekenis van die vorm van die ruggraat wat met
die skedel in diagram B geassosieer word. (2)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/2022
SS/NSS
3.2 Die onkruiddoder glifosaat word gebruik om onkruid in mielielande te beheer.
Die onkruiddoder maak die onkruid dood, maar dit kan ook die mielieplante
doodmaak. Daar is gevind dat sommige onkruid weerstand teen
glifosaatbehandeling ontwikkel het.
Wetenskaplikes het 'n ondersoek gedoen om die ontwikkeling van
glifosaatweerstand by die onkruid vas te stel. Die onkruid is elke jaar vanaf
2009 tot 2016 met dieselfde konsentrasie glifosaat behandel en die
persentasie glifosaat-weerstandige onkruid in die mielieland is jaarliks
aangeteken.
Die resultate word in die tabel hieronder getoon.
JAAR GLIFOSAAT-WEERSTANDIGE
ONKRUID (%)
2009 10
2010 20
2011 32
2012 42
2013 53
2014 58
2015 65
2016 65
3.2.1 Beskryf die verandering in glifosaat-weerstandigheid gedurende
die tydperk van die ondersoek (3)
3.2.2 Bereken die persentasie vermeerdering in glifosaat-weerstandige
onkruid van 2010 tot 2015. Toon AL jou berekeninge. (3)
3.2.3 Wetenskaplikes het die geen vir glifosaat-weerstandigheid uit die
onkruid geïsoleer en dit gebruik om die mielieplante geneties te
manipuleer.
Verduidelik die ekonomiese voordeel daarvan om mielieplante
weerstandig teen glifosaat te maak. (3)
3.2.4 Trek 'n staafgrafiek om die resultate van die eerste vier jaar van die
ondersoek te toon. (6)
(15)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 15 DBE/2022
SS/NSS
3.3 'n Bevolking akkedisse op 'n eiland, Eiland A, was baie goed aangepas om
hoofsaaklik insekte te eet. Wetenskaplikes het vyf volwasse pare van hierdie
akkedisspesie na 'n naburige eiland, Eiland B, verskuif. Hier het hulle
voortgeplant en 'n nuwe bevolking gevorm. Eiland B het 'n groot hoeveelheid
plante met taai veselagtige blare en minder insekte. Blootstelling aan hierdie
nuwe omgewing het moontlik tot gevolg gehad dat die akkedisse evolusie
ondergaan het.
Ses-en-dertig jaar later het wetenskaplikes na Eiland B teruggekeer om
verdere ondersoeke op die akkedisbevolking daar te doen. Hulle het
waargeneem dat die kaakgrootte van die akkedisse toegeneem het.
Wetenskaplikes het ook die maaginhoud van die akkedisse ontleed en gevind
dat dit hoofsaaklik plantaardig was. Hulle het ook bevestig dat die twee
bevolkings steeds aan dieselfde spesie behoort het.
3.3.1 Beskryf hoe die wetenskaplikes kon bevestig dat daar 'n
verandering in die kaakgrootte van die akkedisse van Eiland A en
die akkedisse van Eiland B was. (3)
3.3.2 Verduidelik hoe die groter kake van die akkedisse op Eiland B
struktureel geskik was om taai veselagtige blare te eet. (3)
3.3.3 Hoe het die wetenskaplikes vasgestel dat die twee bevolkings
akkedisse op albei eilande steeds aan dieselfde spesie behoort? (2)
3.3.4 Verduidelik die moontlike effek wat die evolusie van die akkedisse
op biodiversiteit het. (2)
3.3.5 Gebruik Darwin se teorie van natuurlike seleksie om die evolusie
van akkedisse met groter kake te verduidelik. (7)
(17)
3.4 Die 'Uit Afrika'-hipotese is een verduideliking van die evolusie van die
moderne mens.
3.4.1 Gee die 'Uit Afrika'-hipotese. (2)
3.4.2 Noem die familie waaraan die moderne mens behoort. (1)
3.4.3 Watter genetiese bewyse word gebruik om die 'Uit Afrika'-hipotese
te ondersteun? (1)
3.4.4 Beskryf hoe fossielbewyse gebruik word om die 'Uit Afrika'-
hipotese te ondersteun. (4)
(8)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Eng)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum