Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paperMathematical LiteracyGrade 12202116 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 WISKUNDE GELETTERDHEID V1 PUNTE: 150 TIME: 3 uur *MLITA1* Hierdie vraestel bestaan 13 bladsye, ʼn antwoordblad en ʼn addendum met 4 bylae.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. 2.1 Gebruik BYLAAG A vir VRAAG 1.4 BYLAAG B vir VRAAG 2.3 BYLAAG C vir VRAAG 5.2 BYLAAG D vir VRAAG 5.2 2.2 Skryf jou NAAM en GRAAD in die ruimte voorsien op die ANTWOORDBLAD VIR VRAAG 3.8 (GRAFIEK). Handig jou ANTWOORDBLAD met jou ANTWOORDEBOEK in. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui. 5. Rond ALLE finale antwoorde af volgens die gegewe konteks af, tensy anders aangedui. 6. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing. 7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 8. Toon ALLE berekeninge duidelik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3 VRAAG 1 1.1 James het ʼn dubbelbed op bêrekoop teen R4 800 gekoop. Hy betaal ʼn deposito van R1 200 en kies om elke maand paaiemente van R400 te betaal om die balans/saldo van R4 800 op R3 600 klaar te betaal. bêrekoop [Aangepas uit www.russels.co.za] 1.1.1 Druk die deposito uit as ʼn persentasie van die bêrekoop aankoopprys. (2) 1.1.2 Bepaal die aantal maande om die saldo te voltooi. (3) 1.1.3 Bereken die balansbedrag nadat James die deposito en sewe paaiemente betaal het. (2) 1.2 Morgan het ʼn aanlyn-klerewinkel begin. Die PRENT VAN T-HEMP onderstaande t-hemp is ontwerp in samewerking met die Saartjie Baartman-sentrum vir vroue en kinders, om mense van die mishandeling van vroue en kinders bewus te maak. Hieronder is die kostestrukture vir hierdie t-hemp. x Prys van t-hemp van verskaffer – R60,00 x Drukwerk en etikette – R45,00 x Verpakking – R5,00 x Verkoopprys van een (1) t-hemp – R176,00 [Bron: www.clothingcloset.com] 1.2.1 Skryf die kosprys neer wat Morgan moet betaal om die t-hemp vir verkope gereed te maak. (2) 1.2.2 Bereken die wins wat sy op een (1) t-hemp sal maak. (2) 1.2.3 Voltooi die inkomsteformule vir Morgan hieronder: Inkomste (rand) = ... waar n die aantal t-hemde verkoop is. (2) 1.2.4 As ʼn spesiale aanbieding tydens vrouemaand hou sy ʼn promosie op Facebook met ʼn 15% afslag. Bereken die kontantafslag. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 4 1.3 Mary het ʼn skinkbord van 60 eiers teen R110 gekoop. Sy verkoop die helfte van die eiers teen ʼn prys van R65 en die oorblywende eiers teen ʼn prys van R60. 1.3.1 Bereken die kosprys van ʼn dosyn eiers. (2) 1.3.2 Bereken die gemiddelde wins per eier gemaak uit die verkoop van die 60 eiers. (3) 1.4 Die bevolking van Suid-Afrika in 1996; 2001 en 2011 word in TABEL 1 in BYLAE A aangedui. Gebruik BYLAE A om die vrae wat volg te beantwoord. 1.4.1 Skryf die totale bevolking van Suid-Afrika in 2001 in woorde neer. (2) 1.4.2 Bepaal die toename in die totale bevolking van Suid-Afrika vanaf 1996 tot 2011. (2) 1.4.3 Skryf die verskil in bevolking tussen die KZN en NK provinsies in 1996 neer. (3) 1.4.4 Skryf die provinsie neer waarvan die totale bevolking in die 2001-sensus in vergeleke met die 1996-sensus afgeneem het. (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5 VRAAG 2 2.1 Op 1 Januarie 2019 belê Amoti en Dan in ʼn skoolkantienbesigheid. Hulle het ʼn totaal van R16 000 in die verhouding 5 : 3 onderskeidelik, belê. Op 31 Desember 2020 het Amoti en Dan ʼn wins van R2 880 gedeel wat in dieselfde verhouding as hul beleggings is. Vir dieselfde tydperk het Mary verkies om R10 000 in ADC Bank te belê wat haar jaarliks ʼn rentekoers van 8,5% aangebied het. Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg te beantwoord. 2.1.1 Bereken die bedrag wat Dan in die skoolkantienbesigheid belê het. (2) 2.1.2 Bepaal Dan se aandeel van die wins op sy belegging na twee jaar. (2) 2.1.3 Bereken die totale rente wat Mary in 2 jaar verdien het, en vergelyk dit met Amoti se deel van hul wins, om te verifieer wie die beter belegging gehad het. (6) 2.2 Mnr. Amoti het sy elektrisiteitsrekening bestudeer en gesien dat hy 690 kWh energie vir die vorige maand gebruik het. TABEL 2 hieronder toon die elektrisiteitstariewe vir woonstelle / huise in 'n plaaslike munisipaliteit waar mnr. Amoti woon. TABEL 2: ELEKTRISITEITSTARIEWE VIR WOONSTELLE / HUISE Residensiele Voorafbetaal opsie Voorgestelde c/kWh [BTW ingesluit] Blok 1 (൑ 550 kWh) 124,49c Blok 2 (൐ 550 kWh) 141,43c Diensheffing (R/maand – BTW ingesluit) R147,74 Kapasiteitsheffing (R/maand – BTW ingesluit) R435,24 BTW (Belasting op Toegevoegde Waarde = 15%) [Aangepas uit electricity-tariffs 2018-2019-Johannesburg] Gebruik die inligting in TABEL 2 hierbo om die vrae wat volg te beantwoord. 2.2.1 Skryf die maandelikse diensfooi (in rand) neer wat vir ʼn woonstel of huis betaal moet word. (2) 2.2.2 Bereken die elektrisiteitsrekening (in rand) vir mnr. Amoti vir die vorige maand. (5) 2.2.3 Bereken die BTW-bedrag wat ingesluit is by die elektrisiteitsrekening wat betaal word vir ʼn huishoudelike gebruik van 690 kWh energie. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 6 2.3 Die GMT Missions Shelter is ʼn organisasie sonder winsbejag wat skuiling, kos, klere en skoolopleiding aan verlate en behoeftige kinders bied. Die tesourier van die organisasie het ʼn finansiële verslag voorgelê aan al sy belanghebbendes vir die boekjaar 2020/2021 soos in BYLAE B aangedui. Gebruik die bostaande inligting en BYLAE B om die vrae wat volg te beantwoord. 2.3.1 Bepaal die tydperk van die finansiële verslag, in maande. (2) 2.3.2 Verifieer, met alle berekeninge, of die organisasie GMT Missions Shelter ʼn oorskot/surplus of ʼn tekort toon. (6) 2.3.3 Bereken die gemiddelde maandelikse bedrag wat vir bankkoste betaal is. (3) [31] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7 VRAAG 3 Mynbou speel 'n belangrike rol in die ekonomie van ons land. Die onderstaande inligting toon aan hoe die mynbedryf in 2019 presteer het. TABEL 3: DIE MYNBEDRYF IN 2019 Metale en Direkte Werknemers Tantieme Produksie Totale Minerale werknemers verdienste betaal (in tonne) verkope (in miljard (in rand) miljard rand) Mangaan 10 846 3,5 R802 miljoen 16,4 miljoen 47,6 Chroom 19 693 6,1 N/A 17,5 miljoen 22,8 Diamant 15 728 4,7 R362 miljoen 7,2 miljoen 13,3 Ystererts 19 092 6,6 R2,1 miljard 70,5 miljoen 71,4 Goud 95 130 24,3 R288,0 miljoen 101,3 72,6 Platinum 164 513 52,1 R1,12 miljard 262,9 124,6 Steenkool 92 230 27,9 R2,1 miljard 258,9 miljoen 139,3 TOTAAL … … … … … [Aangepas uit mineralscouncil.com] Gebruik die bostaande inligting in TABEL 3 om die vrae wat volg te beantwoord. 3.1 Identifiseer die tipe ‘metale en minerale’ wat die laagste bedrag tantieme betaal het. (2) 3.2 Bepaal die mediaanwaarde vir die totale verkope. (3) 3.3 Gebruik berekeninge om vas te stel of die interkwartielomvang vir die totale verkope van metale en minerale minder as 101 miljard rand is. (5) 3.4 Bepaal die gemiddelde aantal direkte werknemers in die mynboubedryf. Gee jou finale antwoord tot die naaste duisend. (4) 3.5 Skryf die modale waarde vir ‘tantieme betaal’ neer. Gee jou antwoord in getalformaat / figure sonder woorde. (2) 3.6 Druk die goudbedrag wat op tantieme betaal is uit as ʼn persentasie van die totale bedrag wat op tantieme betaal is. (3) 3.7 Bereken die waarskynlikheid (uitgedruk as ʼn persentasie) om lukraak ʼn soort ‘metale en minerale’ te kies wat in 2019 minder as 19 500 direkte werknemers gehad het. (3) 3.8 Teken op ANTWOORDBLAD 1 ʼn gebreekte lyngrafiek wat die totale verkope vir alle bogenoemde metale en minerale nywerhede toon. (4) 3.9 Bepaal die verskil in ton tussen die ‘Produksie’ van ystererts en goud vir die jaar 2019. (3) [29] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 8 VRAAG 4 4.1 Sipho werk by Shining Cars motorwassery en het die volgende loonopsies: Hy ontvang R20 vir elke motor wat hy was, OF R200 per dag plus R10 per motor wat hy was. Die vergelykings wat die opsies voorstel, is: Opsie 1: Loon (R) = R20 × n (n = aantal motors gewas) Opsie 2: Loon (R) = R200 + R10 × n (n = aantal motors gewas) Gebruik die inligting hierbo en die grafiek om die vrae wat volg te beantwoord. 4.1.1 Skryf die grafiek neer wat opsie 1 en opsie 2 aandui. Gebruik letters A en B. (2) 4.1.2 Verduidelik die betekenis van gelykbreekpunt in hierdie konteks. (2) 4.1.3 Sipho het loonopsie 2 gekies. Hy het op die eerste dag 12 motors gewas. Verifieer, toon alle berekeninge of gebruik die grafiek dat indien hy opsie 1 sou kies, hy R80 minder vir die dag sou verdien het. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9 4.2 Die gemiddelde inflasiekoers vir Suid-Afrika vir die periode 2016 tot 2020 word in die onderstaande grafiek aangedui. SUID-AFRIKA SE GEMIDDELDE TARIEF VAN INFLASIE VAN 2016 TOT 2020 [Bron: Statista.com /370515/Inflation rate in South Africa] Gebruik die bostaande inligting op die grafiek om die vrae wat volg te beantwoord. 4.2.1 Verduidelik waarom dit na die gemiddelde inflasiekoers verwys word. (2) 4.2.2 Verduidelik kortliks die veranderinge in die inflasiekoers en die impak wat dit op die pryse van goedere van 2016 tot 2019 gehad het. (4) 4.2.3 Die prys van ʼn etenstafel was R5 356 in 2018. Gebruik die inflasiekoerse hierbo getoon om die verskil in die prys in 2017 en 2019 te bereken. Jy kan die formule gebruik: Nuwe prys = Ou prys × (100% + Inflasiekoers%) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 10 4.3 Die volgende grafiek toon die verbruikersprysinflasie (VPI) van Suid-Afrika, Nigerië en Botswana vir die tydperk Januarie 2020 tot Maart 2021. [Aangepas uit www.knoema.com] Bestudeer die grafiek hierbo en beantwoord die vrae wat volg. 4.3.1 Identifiseer die land met die hoogste verbruikersprysinflasie (VPI) gedurende die tydperk wat in die grafiek aangedui word. (2) 4.3.2 Skryf die maand en jaar neer toe die VPI van Suid-Afrika en Botswana die naaste aan mekaar was. (2) 4.3.3 Beskryf die neiging van: (a) Nigerië (vanaf April 2020 tot Maart 2021) (2) (b) Suid-Afrika (vanaf Maart 2020 tot Julie 2020) (3) [32] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 11 VRAAG 5 5.1 TABEL 5 hieronder toon die belastingkoerse wat individue in Suid-Afrika betaalbaar is vir die belastingjaar 2020/2021. TABEL 5: BELASTINGKOERSE VIR INDIVIDUE – 1 MAART 2020 TOT 28 FEBRUARIE 2021 Koerse met betrekking tot individue 2021 belastingjaar (1 Maart 2020 – 28 Februarie 2021) Belasbare Inkomste Belastingkoers (R). (R) 1 – 205 900 18% van belasbare inkomste 205 901 – 321 600 37 062 + 26% van belasbare inkomste bo 205 900 321 601 – 445 100 67 144 + 31% van belasbare inkomste bo 321 600 445 101 – 584 200 105 429 + 36% van belasbare inkomste bo 445 100 584 201 – 744 800 155 505 + 39% van belasbare inkomste bo 584 200 744 801 – 1 577 300 218 139 + 41% van belasbare inkomste bo 744 800 1 577 301 en meer 559 464 + 45% van belasbare inkomste bo 1 577 300 Oudersdomkategorie Korting Belastingdrempel * Onder ouderdom 65 R14 958 R83 100 * Ouderdom 65 tot onder 75 R8 199 R128 650 * Ouderdom 75 en ouer R2 736 R143 850 [Bron: https//www.sars.gov.za] Gebruik die inligting in TABEL 5 hierbo om die vrae wat volg te beantwoord. 5.1.1 Mnr. Buti, ʼn 55-jarige verkoopsman, het ʼn bruto inkomste van R27 678 per maand gedurende die belastingjaar 2020/2021 verdien. ʼn Maandelikse aftrekking van 7,5% is op sy salaris gemaak en in sy pensioenfonds betaal. Toon aan die hand van berekeninge dat mnr. Buti se maandelikse belasting R4 037,38 was. Jy kan die formule gebruik: Belasbare Inkomste = Jaarlikse Bruto Inkomste – Jaarlikse Pensioen (8) 5.1.2 Mnr. Buti is ʼn lid van 'n vakbond en het ʼn spaarpolis by ʼn versekeringsmaatskappy. Benewens sy maandelikse belasting van R4 037,38, betaal hy die volgende: x Lidmaatskapgeld van die unie: R106 per maand x Spaarpolispremie: R585,64 per maand Bereken dus mnr. Buti se maandelikse netto inkomste. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 12 5.2 ʼn Graad 12-klas vir Wiskundige geletterdheid is geleer hoe om LMI (Liggaamsmassa- indeks), groeikaarte en gewigstatuskaart gebaseer op LMI in ʼn datahanteringsles, te gebruik. Mary en Jolly is vriende en het die volgende inligting oor hulself versamel. NAAM OUDERDOM LMI LENGTE (cm) MASSA (kg) Mary 16 29 161 cm 75 Jolly 18 30 155 cm 72 Gebruik die bostaande inligting, Groeidiagram in BYLAE C en gewigstatus TABEL 6 in BYLAE D om die vrae wat volg te beantwoord. 5.2.1 Mary en Jolly het hul gewigstatus geïnterpreteer deur gebruik te maak van hul gegewens, groeikaarte en TABEL 6 vir gewigstatus en het die volgende menings gehad: x Mary: Albei loop die risiko van oorgewig x Jolly: Albei is oorgewig Verifieer, deur verduidelikings te gee, wie se interpretasie korrek is. (5) 5.2.2 Gebruik die groeikaart om te skat hoeveel LMI-punte Mary nodig het om haar LMI te verlaag om tot die 85ste persentiel te kom, as sy van plan is om haar teiken teen haar 19de verjaardag te bereik. (4) 5.3 Bestudeer die onderstaande tabel wat die aantal volwasse individue van 20 jaar en ouer toon wat in 2016 ʼn tersiêre kwalifikasie behaal het volgens tipe kwalifikasie en bevolkingsgroep. Tipe Swart Kleurling Indiese/ Wit Totaal kwalifikasie Afrikaan Asiaat Sertifikate/Diplomas 449 218 54 756 37 931 215 200 757 105 Grade 613 820 75 336 91 125 569 114 1 349 395 TOTAL 1 063 038 130 092 129 056 784 314 … [Aangepas uit www.statssa.gov.za] 5.3.1 Bereken die totale aantal volwassenes wat tersiêre kwalifikasies behaal het. (2) 5.3.2 Verduidelik die betekenis van die term ‘waarskynlikheid’. (2) 5.3.3 Bepaal die waarskynlikheid (as desimaal) om lukraak ʼn swart Afrikaan met ʼn graad uit al die individue met 'n graad te kies. (3) [28] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 13 ANTWOORDBLAD 1 (VRAAG 3.8) NAAM: ……………………………………. GRAAD 12 …… Totale Verkope van Metale en Minerale (in miljarde rande) 150 140 130 120 110 100 90 Rand (in Miljarde) 80 70 60 50 40 30 20 10 0 Chroom Diamant Goud Mangaan Ystererts Platinum Steenkool Metale en Minerale Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all