Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paperMathematical LiteracyGrade 12202314 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 WISKUNDIGE GELETTERHEID V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend 1 bylaag.
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Gebruik die BYLAAG om VRAAG 3.1 te beantwoord. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui. 5. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders vermeld. 6. Dui maateenhede aan, waar van toepassing. 7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 8. Toon ALLE bewerkings duidelik aan. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3 VRAAG 1 1.1 Olwethu wil ʼn bankrekening oopmaak en besluit om navorsing by verskeie banke te doen. TABEL 1 hieronder toon die bankfooie van verskeie dienste gelewer aan jongmense by vier van Suid-Afrika se grootste banke. TABEL 1: BANKFOOIE VIR DIENSTE GELEWER VAN VIER BANKE BANK A BANK B BANK C BANK D Maandelikse R10,00 R26,00 R9,99 Gratis Fooi Eerste R1 250 gratis, daarna Onttrekking R1,90 per R100 Gratis R1,85 per R7,00 (OTM) R100, of gedeelte daarvan Onttrekking by bank- R1,60 Gratis R2,00 R2,00 toonbank Eerste R3 000 Onttrekking Eerste R3 000 gratis, daarna R1,85 per by Gratis gratis, daarna R0,95 R100 betaalpunt R1,00 per R100 per R100 Debietorder Gratis Gratis Gratis Gratis Bankstaat Gratis R1,50 R1,20 R1,00 1.1.1 Skryf die goedkoopste bank gebaseer op die maandelikse fooi neer. (2) 1.1.2 Watter onttrekkingsmetode is die duurste een vir ʼn kliënt wat R1 200 by Bank A wil onttrek? (2) 1.1.3 Bereken hoeveel bankkoste sal wees indien Olwethu Bank C kies en R1 600 by die bank se OTM onttrek. (3) 1.1.4 Kies die korrekte persentasie hieronder. Die waarskynlikheid om ʼn bank te kies met ʼn toonbank-onttrekkingskoste wat minder as R2,00 is: A 25% B 50% C 100% (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.2 TABEL 2 hieronder toon die halfjaarlikse bevolking wat vir Suid-Afrika in 2022 voorspel word. TABEL 2: HALFJAARLIKSE BEVOLKINGSKATTING VAN BEVOLKINGS- GROEP EN GESLAG VAN 2022 BEVOLKINGS MANLIK VROULIK OUDERDOMSGROEP Swart Afrikaan 23 985 479 25 085 330 Kleurling 2 601 932 2 737 987 Indiaan/Asiaat 794 882 --------- Wit 2 242 589 2 396 679 Totaal 29 624 882 30 980 110 [Aangepas uit Statista] Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg, te beantwoord. 1.2.1 Bereken die getal vroulike Indiane/Asiate. (2) 1.2.2 Skryf die getal Kleurlingmans in woorde neer. (2) 1.2.3 Bereken die persentasie van die vroulike bevolking wat deur Swart Afrikane verteenwoordig word. (3) 1.2.4 Is die bevolking data numeries of kategories? (2) 1.3 ʼn Klerewinkel hou ʼn jaarlikse uitverkoping op alle items in die winkel. Daarbenewens kry ʼn kliënt ʼn verdere 50% afslag op die goedkoopste item gekoop. Me. Botha kies ʼn kosmetiese sak vir R249,95 en ʼn paar sandale vir R135,95 op uitverkoping. Uitverkopings- Uitverkopings- prys prys R249,95 R135,95 R249,95 Bereken die totale bedrag wat me. Botha vir haar aankope betaal. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5 1.4 Die getal aktiewe sosiale netwerk gebruikers word in die onderstaande grafiek gegee. MAANDELIKSE AKTIEWE SOSIALE MEDIA GEBRUIKERS 2500 2 000 2000 Getal in miljoene 1 500 1500 1 309 1 051 1000 800 700 500 330 300 200 0 Soorte sosiale media platvorme [Aangepas uit Statista] Gebruik die bostaande grafiek om die vrae wat volg, te beantwoord. 1.4.1 Watter sosiale media platvorm word die meeste per maand gebruik? (2) 1.4.2 Noem die tipe grafiek wat hierbo gebruik word om die maandelikse soorte sosiale media platvorms te illustreer. (2) 1.4.3 Bereken die verskil tussen die derde mees populêre en die minste populêre sosiale media platvorm. (3) 1.4.4 Noem die sosiale media platvorm wat vier keer meer maandelikse gebruikers as die minste gebruikte platvorm het. (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 2 2.1 Beurtkrag is op die oomblik ʼn werklikheid in Suid-Afrika. Mnr. Rudolph besluit om ʼn kragopwekker te koop sodat sy gesin dit gedurende beurtkrag kan gebruik. Hieronder gegee is ʼn advertensie van ʼn kragopwekker wat hy beoog om te koop. Ryobi 7,5 KVA-4-slag-sleutelbegin- petrolkragopwekker NOU R13 499 WAS R13 999 Bespaar R 500 Die maatskappy wat hierdie kragopwekker verkoop bied die volgende betalingsopsies aan soos in TABEL 3 geïllustreer. TABLE 3: BETALINGSOPSIES VIR RYOBI-KRAGOPWEKKER OPSIE 1 Kontantbetaling Huurkoopooreenkoms: 18% deposito en 16,25% p.j. OPSIE 2 rente op die balans gehef. Hierdie balans moet in gelyke paaiemente oor 12 maande af betaal word. Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 2.1.1 Bereken die persentasie afslag wat op die Ryobi 7,5 KVA-kragopwekker aangebied word. (3) 2.1.2 Mnr. Rudolph verklaar dat hy R1 000 per maand begroot het om die kragopwekker te koop en Betalingsopsie 2 te gebruik. Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of die R1 000 genoeg sal wees vir die maandelikse paaiement. (7) 2.1.3 Mnr. en me. Rudolph oorweeg dit om kontant vir die kragopwekker te betaal en om die paaiement in die verhouding 5 : 3 onderskeidelik, te verdeel. Hoeveel sal me. Rudolph volgens die paaiement moet bydra? (3) 2.2 Die kragopwekker gebruik Brandstof 93 of Brandstof 95. TABEL 4 hieronder toon die brandstofpryse in Suid-Afrika vir Januarie 2023. TABEL 4: SUID-AFRIKAANSE BRANDSTOFPRYS VIR JANUARIE 2023 BINNELANDS KUSGEBIEDE Brandstof 93 R21,10 R20,45 Brandstof 95 R21,40 R20,75 [Aangepas uit http://aa.co.za – fuel pricing] Gebruik die bostaande inligting in TABEL 4 om die vrae wat volg, te beantwoord. 2.2.1 Bereken die verskil tussen die binnelandse en kusgebiede se Brandstof 95 prys. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7 2.2.2 Brandstof 95 het met R2,06 per liter in Januarie 2023 verminder. Bereken die binnelands koste van brandstof 95 in Desember 2022. (2) 2.2.3 Bereken die totale koste van brandstof wat die kragopwekker in ʼn 31-dae-(maand) periode sal gebruik as die kragopwekker: • 2,2 liters brandstof 93, per uur verbruik • Word twee keer per dag vir 2,5 uur sessies gebruik • Die kuskoers gebruik word (4) 2.3 Tans is daar ʼn groot watertekort in die Nelson Mandela-baai (NMB) distrik. Damme loop leeg en daarom is verantwoordelike watergebruik baie belangrik. TABEL 5 hieronder toon die Nelson Mandela Baai se tariewe vir normale verbruik sowel as tariewe wat toegepas word tydens watertekort. TABEL 5: NMB WATERTARIEWE 2021/2022 Tariewe gedurende Tariewe vir normale Getal kiloliters gebruik watertekort water beskikbaarheid per dag Rand/kℓ Rand/kℓ (BTW ingesluit) (BTW ingesluit) Stap 1 0 tot op 0,3 kℓ R20,81 R19,10 Stap 2 Meer as 0,3 kℓ tot op 0,5 kℓ R31,80 R20,72 Stap 3 Meer as 0,5 kℓ tot op 0,8 kℓ R63,60 R28,96 Stap 4 Meer as 0,8 kℓ tot op 1,0 kℓ R106,00 R49,99 Stap 5 Meer as 1,0 kℓ tot op 1,6 kℓ R159,00 R91,43 Stap 6 Meer as 1,6 kℓ R318,00 R121,90 BTW – Belasting op toegevoegde waarde [Aangepas uit NMB munisipaliteit se tariefboek] Gebruik die inligting in TABEL 5 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 2.3.1 Skryf neer die maksimum getal kℓ water wat ʼn kliënt per dag in Stap 1 kan gebruik. (2) 2.3.2 Bereken die bedrag BTW betaal, per kiloliter in Stap 3 vir normale water beskikbaarheid. (3) 2.3.3 Mnr. Rudolph beweer dat as hulle 0,73 kℓ water per dag gedurende die water- tekort gebruik, sal hy minder as R30 per dag, BTW ingesluit, vir sy water betaal. Is mnr. Rudolph se bewering geldig? Toon ALLE berekeninge in jou antwoord. (7) 2.3.4 Gee ʼn moontlike rede waarom die Rudolph gesin waarskynlik meer water gedurende Desember 2023 sal gebruik. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 3 3.1 Die toestand van die land se ekonomie word maandeliks deur verskeie opnames gemonitor. Die resultate word gebruik om te bepaal hoe besighede in die huidige stand van die ekonomie doen. TABEL 6 op die BYLAAG, gee ʼn opsomming van kleinhandelverkope vir verskillende kleinhandelaars, vir die periode April 2022 tot September 2022. Gebruik die inligting in TABEL 6, op die BYLAAG, om die vrae wat volg, te beantwoord. 3.1.1 Bereken die totale verkope vir hardeware, verf en glas in August 2022. (2) 3.1.2 Watter tipe kleinhandelaar het die grootste verhoging in verkope gedurende April en Mei getoon? (2) 3.1.3 Bereken, afgerond tot die naaste miljoen, die waarde van A as die gemiddelde verkope vir die maand van Junie 2022, 14 275, 86 miljoen was. (5) 3.1.4 Bereken die mediaan getal verkope van kos, drankies en tabak in gespesialiseerde winkels. (4) 3.1.5 Skryf neer die verkope van algemene handelaars van April tot die verkope van Kosmetiekware en mediese goedere van Augustus, as ʼn eenheidsverhouding, tot TWEE desimale plekke afgerond. (2) 3.1.6 Bepaal die persentasieverandering van die handelstotale verkope tussen April en September. Jy mag die formule gebruik: Verskil in maandelikse verkope Persentasieverandering = × 100% Oorspronklike maandelikse verkope (4) 3.1.7 Bereken die waarskynlikheid, as ʼn desimale breuk, om lukraak kleinhandel- verkope minder as R4 400 miljoen te kies. Rond jou antwoord tot DRIE desimale plekke af. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9 3.2 Suid-Afrikaners doen al hoe meer hul inkopies aanlyn. ʼn Opname was gedoen waar mense moes aandui of hulle met hul inkopies aanlyn tevrede was. Hieronder gegee is die resultate van die opname. RESULTATE VAN DIE OPNAME TEN OPSIGTE VAN TEVREDENHEID MET INKOPIES AANLYN VOLGENS GESLAG, RAS EN PROVINSIE [Aangepas uit marklives.com] Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg, te beantwoord. 3.2.1 Watter ouderdomsgroep is die minste tevrede met hul aanlyn-inkopies ervaring? (2) 3.2.2 Skryf die persentasie van tevrede vroulike kopers, as ʼn vereenvoudigde gewone breuk neer. (2) 3.2.3 Bereken die interkwartiel-omvang van die provinsiale tevredenheid. Jy mag die volgende formule gebruik: IKO = K3 – K1 (5) [31] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 4 4.1 Me. Mxoli is op die komitee wat in beheer is om die matriekafskeid te beplan. Die komitee oorweeg twee verskillende plekke vir die matriekafskeid. Die koste van hierdie twee plekke word in die grafiek hieronder gegee. Plek 1 – Vra ʼn vasgestelde huurfooi van R8 000 en ʼn addisionele fooi van R80,00 per persoon. Plek 2 – Vra ʼn fooi van R180,00 per persoon. KOSTE VIR DIE HUUR VAN PLEKKE VIR MATRIEK- AFSKEID 24000 22000 GRAFIEK B 20000 18000 GRAFIEK A Bedrag in Rand (R) 16000 X 14000 12000 10000 8000 6000 4000 2000 0 0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100 110 120 Aantal gaste Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg, te beantwoord. 4.1.1 Benoem die grafiek wat Plek 2 verteenwoordig. Skryf slegs die letter A of B in jou antwoord. (2) 4.1.2 Verskaf ʼn vergelyking om die koste van Plek 1 te bereken. (2) 4.1.3 Verduidelik wat by die punt gemerk X op die grafiek plaasvind. (2) 4.1.4 Die komitee het uiteindelik besluit om Plek 2 te gebruik. Verifieer, deur ALLE berekenings te toon, dat met 180 gaste wat gaan bywoon, hulle R10 000 minder sou betaal as hulle gekies het om Plek 1 te gebruik. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 11 4.2 Die onderstaande grafiek toon die verwantskap tussen die hoogte en massa van ʼn krieketspan. C B Gewigstatus LMI Ondergewig Minder as 18,5 gewig in kg LMI = Normale gewig 18,5–24,9 (hoogte in m)2 Oorgewig 25–29,9 Vetsugtig Meer as 30 Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg, te beantwoord. 4.2.1 Waarvoor staan LMI? (2) 4.2.2 Wat noem ʼn mens ʼn punt wat ver van ander punte op ʼn stel data lê, soos by punt C hierbo waargeneem? (2) 4.2.3 Benoem die tipe grafiek wat hierbo gebruik word. (2) 4.2.4 Skryf die gewig van ʼn spanmaat wat 120 cm lank is neer. (2) 4.2.5 Lewer kommentaar oor die gewigstatus van die persoon B hierbo gemerk. (5) 4.2.6 Wat is die waarskynlikheid om ʼn persoon te kies wat onder 120 kg en korter as 1,5 m is? Gee jou antwoord as ʼn persentasie, tot EEN desimale plek afgerond. (3) [28] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 5 5.1 Me. Xego, 58 jaar oud, verdien ʼn bruto salaris van R46 523,16 per maand. Sy dra 7,5% van haar bruto salaris tot ʼn pensioenfonds by, en betaal ʼn bedrag van R1 600 per maand aan ʼn nie-winsgewende organisasie. Beide hierdie bydraes is nie-belasbaar. TABEL 7 hieronder toon die belastingkoers wat individuele in Suid-Afrika aanspreeklik is om vir die 2022/2023 belastingjaar moet betaal. TABEL 7: BELASTINGKOERS VIR INDIVIDUELE – 1 MAART 2022 TOT 28 FEBRUARIE 2023 KOERS MET BETREKKING TOT INDIVIDUE Belasbare inkomste (R) Belastingkoers (R) 1 – 226 000 18% van belasbare inkomste 226 001 – 353 100 40 680 + 26% van belasbare inkomste bo 226 000 353 101 – 488 700 73 726 + 31% van belasbare inkomste bo 353 100 488 701 – 641 400 115 762 + 36% van belasbare inkomste bo 488 700 641 401 – 817 600 170 734 + 39% van belasbare inkomste bo 641 400 817 601 – 1 731 600 239 452 + 41% van belasbare inkomste bo 817 600 1 731 601 en bo 614 192 + 45% van belasbare inkomste bo 1 731 600 Ouderdom kategorie Kortings Belastingdrempel * Onder ouderdom 65 R16 425 R91 250 * Ouderdom 65 tot onder 75 R9 000 R141 250 * Ouderdom 75 en ouer R2 997 R157 900 [Bron: https//www.sars.gov.za] Gebruik die inligting in TABEL 7 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 5.1.1 Skryf die volle naam van die organisasie wat verantwoordelik is vir die invordering van belasting in Suid-Afrika neer. (2) 5.1.2 Verduidelik wat die belastingdrempel bedrag na verwys. (2) 5.1.3 Bereken me. Xego se jaarlikse belasbare inkomste. (4) 5.1.4 Me. Xego se vriend verdien ʼn jaarlikse belasbare inkomste van R502 185,60. Sy beweer dat sy meer as een kwart (¼) van haar jaarlikse belasbare inkomste aan belasting elke jaar betaal. Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of haar stelling waar is of nie. (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 13 5.2 Me. Xego het navorsing gedoen oor vereistes om na Nieu-Seeland te verhuis. Sy benodig ʼn vaardigheidsverhuisingsvisum, wat NZ$4 880 kos en haar man wat graag sy eie besigheid wil oopmaak, benodig ʼn entrepreneur-inwoner-visum, wat NZ$6 860 kos. ʼn Entrepreneur word vereis om ten minste ʼn kapitale bedrag van NZ$500 000 te belê om vir hierdie visum te kwalifiseer. Die onderstaande tabel toon die wisselkoerse van die 3 lande op 23 Februarie 2023. TABEL 8: WISSELKOERSE OP 23 FEBRUARIE 2023 VS dollar $1 18,28 ZAR Britse pond ₤1 22,04 ZAR Nieu-Seeland dollar NZ$ 0,088205 1 ZAR [Aangepas uit www.immigrationnewzealand] Gebruik die inligting in TABEL 8 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 5.2.1 Bepaal die wisselkoers van die Nieu-Seeland dollar (NZ$) in terme van die Suid- Afrikaanse Rand (ZAR) op 23 Februarie 2023, in die vorm NZ$. (3) 5.2.2 Bereken die totale koste van die visums (tot die naaste R100) wat me. Xego en haar man sal moet betaal, as hulle besluit om te immigreer. (4) 5.2.3 Mnr. Xego se broer woon in Amerika en het aangebied om vir hom die kapitaal bedrag te leen, teen ʼn rentekoers van 8,75% jaarliks saamgestel oor twee jaar. Bereken hoeveel Nieu-Seeland dollars mnr. Xego na twee jaar aan sy broer sal moet terugbetaal. (4) [26] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/SEPTEMBER 2023) BYLAAG: VRAAG 3.1 TABEL 6 hieronder gee ʼn opsomming van verkope van verskeie handelaars vir die periode April 2022 tot September 2022. TABEL 6: KLEINHANDELVERKOPE TEEN HUIDIGE PRYSE BY VERSKEIE KLEINHANDELAARS (R MILJOEN) APRIL MEI 2022 JUNIE JULIE AUG SEPT TIPE HANDELAAR 2022 2022 2022 2022 2022 Algemene handelaar 42 716 47 459 47 609 43 677 48 319 49 220 Kos, drankies en tabak in gespesialiseerde 8 978 8 462 8 298 9 050 8 542 8 607 winkels Apteek en mediese goedere, 8 073 7 517 A 8 038 7 987 7 211 kosmetiekware en toiletware Linne, klere, skoene, en leergoedere 16 994 16 903 15 055 15 255 14 135 14 013 Huishoudelike meubels, toestelle en toerusting 4 242 4 291 4 219 4 419 4 374 4 121 Hardeware, verf en glas 7 536 8 943 8 235 8 864 ------ 8 959 Alle ander handelaars 9 963 9 866 9 331 9 036 9 114 8 982 TOTAAL 98 502 103 440 ----- 98 339 101 447 101 113 [Aangepas uit statssa] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all