NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en ʼn addendum met 4 bylaes.
Skip to contentAll 2023 papers 



%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a/v1-5701240b47614d0b0a9c/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c/v1-f00b3bdb13e7db00d870/card.webp)
View all





Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 793.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.
2. Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:
• BYLAE A vir VRAAG 1.3
• BYLAE B vir VRAAG 3.1
• BYLAE C vir VRAAG 4.1
• BYLAE D vir VRAAG 5.1
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
5. Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.
6. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
aangedui.
7. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
8. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
9. Toon ALLE berekeninge duidelik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 3
VRAAG 1
1.1 In die Krugerwildtuin is leeus te sien in ʼn gebied vanaf die Orpen-hek, tot by die
Satara-kamp en die Olifantskamp. Die direkte afstand tussen Olifantskamp en
Satara-kamp is 45 km, en die direkte afstand tussen Olifantskamp en die Orpen-hek
is 60 km. Die totale omtrek van die gebied is 144,69 km.
OLIFANTSKAMP
Gebied waarin die
leeus gesien kan
word.
Satara-kamp
Orpen-hek
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.
1.1.1 Definieer die term omtrek in die bogenoemde konteks. (2)
1.1.2 Bereken die direkte afstand tussen Satara-kamp en die Orpen-hek. (2)
1.1.3 Skryf in vereenvoudigde verhoudingsvorm, 60 km tot 45 km. (2)
1.1.4 Herlei 144,69 km na mm. (2)
1.1.5 Skryf SLEGS die letter (A–C) langs die vraagnommer (1.1.5) van die
korrekte formule neer om die grootte van die gebied waar leeus gesien kan
word, te bereken.
A Oppervlakte = lengte × wydte
B Oppervlakte = π × (radius)2
C Oppervlakte = ½ × basis × hoogte (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.2 Aphiwe het gesien dat die Omo-outomatiese waspoeierwasmiddel by twee winkels
op promosie is.
PROMOSIE WINKEL A PROMOSIE WINKEL B
3 KG WASPOEIER 2 KG WASPOEIER
Prys = R129,99 Prys = R84,99
[Bron: www.clicks.com]
LET WEL:
• Promosie beskikbaar vanaf 28 Februarie 2023 tot 30 April 2023.
• 3 kg waspoeier sal 30 vragte in ʼn wasmasjien was.
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
1.2.1 Bepaal die totale aantal dae wat hierdie promosie beskikbaar is. (2)
1.2.2 (a) Bereken die koste per vrag vir die 3 kg waspoeier. (2)
(b) Skryf die prys per kg vir die 2 kg sak neer. (2)
1.2.3 Bepaal hoeveel vragte met 4 kg waspoeier gewas kan word as dit in
dieselfde verhouding as die 3 kg sak is. (2)
3
1.2.4 Aphiwe het van ʼn 2 kg sak by die huis oor. Skryf neer hoeveel gram in
4
die sak oorbly. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 5
1.3 Eldrid en sy seun besluit om van hul tuisdorp Vanrhynsdorp in Suid-Afrika na
Keetmanshoop in Namibië vir ʼn jag-ekspedisie te reis.
Op BYLAE A is ʼn strookkaart wat hul roete aandui.
Gebruik BYLAE A om die vrae wat volg, te beantwoord.
1.3.1 Wat dui die afstande regs van die N7 aan teenoor die afstande aan die
linkerkant? (2)
1.3.2 Skryf die afstand van Kaapstad na Keetmanshoop in meter. (2)
1.3.3 Bereken die afstand wat Eldrid en sy seun moet aflê om Keetmanshoop te
bereik as dit 2 km van hul huis na die hoofpad is. (3)
1.3.4 Skryf die padnommer neer waarop hulle gaan ry wanneer hulle in Namibië
is. (2)
1.3.5 Hoeveel dorpe sal Eldrid en sy seun verbygaan terwyl hulle deur Suid-
Afrika reis? (2)
[31]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 2
2.1 Terrence bou modelle van meubels. Hy het ʼn stoel op die internet opgemerk wat hy
graag wil bou. Hy het besluit om ʼn skaal van 1 : 15 te gebruik. Hieronder is ʼn foto
van die stoel met ʼn paar van die werklike afmetings wat getoon word.
LET WEL: Afmetings van stoel
Hoogte = (H) Wydte = (W) Diepte = (D)
1,2 m 0,6 m
H = 1,2 m
D=
W = 0,6 m
Skaal 1 : 15
[Aangepas deur https://www.xoticbrands.net]
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
2.1.1 Definieer die betekenis van die skaal 1 : 15. (2)
2.1.2 Bereken die diepte van die stoel as dit 37,5 % van die hoogte van die stoel
is. (2)
2.1.3 Gebruik die skaal om te bepaal hoe groot Terrence die hoogte en die breedte
van die stoel op die plan in cm moet teken. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 7
2.2 Geurige koekies seep (‘soapbars’) word in bokse verpak om na winkels te stuur.
Hieronder is ʼn foto van die seepkissie en die diagram met afmetings van ʼn koekie
seep.
Prentjie van ʼn seepkissie Diagram van ʼn koekie seep (90 g)
Wydte = 56 mm
koekie seep
Bokant W = 5,5 cm
L = 8,35 cm
Hoogte = 84 mm
mmm koekie seep
H = 1,4 cm
Sykant
cmCCMcm
Bepaal die maksimum hoeveelheid koekies seep wat in die seepkissie sal pas. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.3 Hieronder is 'n kaart van Nieu-Seeland. Die Jones-egpaar van Auckland beplan ʼn reis
deur Nieu-Seeland.
0 150 300 450
kilometers
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.
2.3.1 Gee EEN voordeel vir die gebruik van ʼn staafskaal. (2)
2.3.2 Die afstand op die kaart tussen Auckland en Queenstown gemeet is 79 mm.
Bereken (tot die naaste km) die werklike afstand tussen Queenstown en
Auckland. (5)
2.3.3 Skryf neer in watter algemene rigting Queenstown van Auckland is. (2)
2.3.4 Gee EEN moontlike rede waarom daar gesê word dat as jy per motor van
Queenstown na Auckland wil reis, die roete ʼn veerboot of ʼn boot sal insluit. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 9
VRAAG 3
3.1 Juffrou J. Nolan bak brownies met die bestanddele en inligting wat op BYLAE B
gegee word. Sy wil 16:45 klaar met die gebak wees. Sy kan slegs een baksel
brownies op ʼn slag bak. Terwyl ʼn baksel in die oond is, berei sy die volgende baksel
voor en plaas dit in die oond sodra die vorige baksel uitgehaal word.
Gebruik die inligting op BYLAE B om die vrae hieronder te beantwoord.
3.1.1 Juffrou Nolan wil graag 80 brownies bak. Bepaal die aantal baksels wat sy
moet bak. (2)
3.1.2 Bereken hoe laat sy moet begin om die eerste baksel brownies voor te berei
om betyds met die gebak klaar te wees. (6)
3.1.3 Herlei die baktemperatuur na grade Celsius (°C), afgerond tot die naaste 10
grade.
Jy mag die formule gebruik: ℃ = (℉−32) ÷ 1,8 (3)
3.1.4 Juffrou Nolan het net 21 blokke botter. Verifieer of die botter wat sy het vir
2
80 brownies voldoende is. (8)
3.2 Juffrou Nolan gebruik ʼn vierkantige bakpan met afmetings van 8 duim by 8 duim.
Sy sny die brownies in die bakpan in 16 ewe groot blokke.
LET WEL: 1 duim = 2,54 cm
Jy mag die formule gebruik: Oppervlak van vierkant = sy × sy
3.2.1 Bereken die boonste oppervlakte van een van die vierkantige blokkies
brownies in cm2. (6)
3.2.2 Slegs 80% van die 80 brownies is verkoop. Skryf die getal wat oorgebly het ((4)(
neer. ((4)
3.2.3 Skryf, in vereenvoudigde verhoudingsvorm, die verhouding aantal brownies
verkoop tot aantal brownies wat oorbly. (3)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 4
4.1 Benjamin en Jody se gunsteling motorsport is Formule Een-wedrenne. Die volgende
Formule Een Grand Prix wat hulle wil bywoon, vind in Italië plaas.
BYLAE C wys die renbaan vir Autodrom Nazionale Monza-baan in Italië waar die
Formule Een-wedren sal plaasvind.
Gebruik BYLAE C om die vrae wat hieronder volg, te beantwoord.
4.1.1 Bereken die afstand wat na 35 voltooide rondtes afgelê is. (3)
4.1.2 Die kaartjieverskaffer het aangedui dat hoofpawiljoen sitpleknommers
18, 21 en 4 beskikbaar is. Benjamin en Jody besluit om kaartjies vir die hoof-
pawiljoen 4 te koop.
Verskaf EEN moontlike rede vir hul keuse. (2)
4.1.3 Skryf neer watter hoofpawiljoen noordoos van die beginlyn geleë is. (2)
4.2 Lewis Hamilton, ʼn Formule Een-renjaer, het gedurende 2020 ʼn nuwe rondterekord
in die Autodrom Nazionale Monza-baan in Italië opgestel. Sy rekordtyd rondtetyd
(in minute en sekondes) was 1 min : 18, 887 sek.
In die 2022 Grand Prix was Max Verstappen se gemiddelde rondtetyd 1 min:27 sek.
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
4.2.1 Bepaal die verskil in tyd tussen Lewis Hamilton en Max Verstappen. Rond
jou antwoord tot die naaste sekonde af. (3)
4.2.2 Bereken tot die naaste meter per sekonde die gemiddelde spoed wat Lewis
Hamilton behaal het in die een rondte waar hy die rekord opgestel het.
Jy mag die volgende formule gebruik:
Afstand = Spoed × Tyd (5)
4.3 Die volgende riglyne hou verband met die reëls rakende die gewig van die Formule
Een-renmotor:
• Die renmotor weeg 2002,14 pond, insluitend die bestuurder en brandstof.
• Lewis Hamilton, die bestuurder van die Mercedes-renmotor, weeg 73 kg
• Sy lengte is 1 740 mm
• Die brandstof in ʼn renmotor weeg 110 kg
LET WEL: 1 kg = 2,205 pond
Gewig in kg
LMI =
( Hoogte in m)2
4.3.1 Bepaal Lewis Hamilton se liggaamsmassa-indeks (LMI). Rond jou antwoord
af na TWEE desimale plekke. (4)
4.3.2 Jody sê die gemiddelde gewig van die Mercedes-renmotor is 790 kg terwyl
Benjamin sê dat die gemiddelde gewig 750 kg is. Verifieer, deur alle
berekeninge aan te toon of die stellings geldig is. (6)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 11
VRAAG 5
5.1 Die Lewenswetenskap-onderwyser doen navorsing oor bye. Hy fokus hoofsaaklik op
die drie soorte heuningbye, naamlik die werkerheuningby, koninginheuningby en die
hommelheuningby. As deel van sy navorsing bou hy skaalmodelle van die
heuningbye.
Op BYLAE D is ʼn prentjie van die modelle wat hy bou.
[Bron: https://www.pinterest.com.honeybees]
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
5.1.1 ʼn Koninginby is ongeveer 2 cm in lengte. Die lengte van die onderwyser se
model is 23 duim.
(a) Toon aan dat die model wat die onderwyser gebou het 29 keer groter
as die werklike by is.
LET WEL: 0,5 duim = 12,7 mm (5)
(b) Skryf die verhoudingskaal vir hierdie vergroting neer. (2)
5.1.2 ʼn Heuningby vlieg teen ʼn gemiddelde spoed van 24 km/h en sy vlerke klap
200 keer per sekonde wat hul kenmerkende gons veroorsaak. Wys deur middel
van berekeninge dat die by se vlerke 300 000 keer sal klap as die by
10-kilometer vlieg. (5)
5.2 Landskapsghoeroes wys die boonste aansig van ʼn botaniese tuin in die vorm van ʼn
trapesium. Daar is ʼn sirkelvormige watertenk met ʼn deursnee van 1,5 m in die tuin.
12 m
4m
1,5 m
6m
[Aangepas uit New Era Exam guide]
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.
5.2.1 Bereken die omtrek van die botaniese tuin. (2)
5.2.2 Bepaal die oppervlakte wat deur die groentetuin opgeneem word, uitgesonderd
die watertenk oppervlakte. Jy mag die volgende formules gebruik:
𝟏
Oppervlak van driehoek = 𝟐 × basis × hoogte;
Oppervlak van reghoek = lengte × wydte
Oppervlak van sirkel = 𝝅 × (radius )2 ; waar 𝝅 = 3,142 (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
5.2.3 Die volume van die watertenk is 8,84 cm3. Bereken die hoogte van die
sirkelvormige watertenk afgerond tot die naaste m. (5)
Jy mag die volgende formule gebruik:
Volume van watertenk = 𝝅 × (radius )2 × hoogte; waar 𝝅 = 3,142
5.3 By ʼn funksie is ʼn heliumballon met die nommer van die sitplek aan elke stoel geheg.
Daar was 60 rooi ballonne, 240 wit ballonne en 360 pienk ballonne.
Binne 10% van die pienk ballonne was ʼn stuk papier in die vorm van ʼn hart. Elke
leerder aan wie se stoel ʼn pienk ballon geheg was, het ʼn gratis roos ontvang.
LET WEL: ʼn Heliumballon is ʼn ballon wat met helium gevul is en in die lug opstyg
as dit nie gehou word nie.
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.
5.3.1 Die volgende boomdiagram is geteken om die inligting te vereenvoudig.
Rooi (60)
(A)
ballonne Wit (240)
(B)
hart
Pienk
(360) (C)
Geen hart
(a) Bepaal die aantal ballonne by elk van die volgende letters; A, B en C. (5)
(b) Skryf die waarskynlikheid neer om lukraak ʼn ballon te kies en wat ʼn
hartvormpapier in het. (2)
5.3.2 Bepaal in vereenvoudigde breukformaat, die waarskynlikheid om ʼn gratis roos
te ontvang. (3)
[37]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a/v1-5701240b47614d0b0a9c/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c/v1-f00b3bdb13e7db00d870/card.webp)
Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Limpopo Mock 2025 Memo

Errata