Downloaded from hlayiso.com
PUNTETOTAAL
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II
EKSAMENNOMMER
Tyd: 3 uur 150 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
• 28 bladsye wat 3 bladsye aan die einde vir ekstra berekeninge of rofwerk insluit.
• 4 vrae
2. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Antwoord op hierdie vraestel.
5. Daar word sterk aanbeveel dat alle berekeningbesonderhede getoon word.
6. Goedgekeurde nieprogrammeerbare sakrekenaars mag in alle vrae gebruik word.
7. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
8. Kaarte en diagramme word nie noodwendig op skaal geteken nie, tensy anders
vermeld.
Vraag 1 2 3 4 Totaal
Nasiener Mod Nasiener Mod Nasiener Mod Nasiener Mod Nasiener Mod
Punt
Handtekening
Totaal 52 45 20 33 150
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 




_hlayiso.com_--d9cdf8d4-04c2-4f91-b1cc-f22544f3d24d/v1-1061ba61373d296ec0a4/card.webp)






View all





Mathematical Literacy Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afr)
IEB Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 28 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Mathematical Literacy · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 28
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 28
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 2 van 28
VRAAG 1
Quickety Wash-kitswassery het 'n spesiale aanbieding op die was en stryk van wasgoed.
Volgens hierdie spesiale aanbieding vra hulle R10 diensgeld en dan R21 per kg (of 'n
gedeelte daarvan) vir wasgoed wat ingegee is om gewas en gestryk te word.
1.1 Bepaal die vergelyking wat die spesiale aanbieding van Quickety Wash
verteenwoordig. Laat "C" die koste voorstel en "k" die getal kilogram wasgoed wat 'n
klant ingee.
(3)
1.2 Gebruik die vergelyking wat jy in Vraag 1.1 bepaal het en teken 'n grafiek wat die
spesiale aanbieding van Quickety Wash tot 'n maksimum van 10 kg wasgoed die
beste verteenwoordig.
(10)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 3 van 28
1.3 Gebruik jou grafiek om die koste te bepaal om 5,5 kilogram wasgoed te laat was en
stryk. Skryf die waarde in rand op die reël hieronder en dui met die letter "A" op jou
grafiek aan waar jy hierdie waarde afgelees het.
Waarde:
(2)
1.4 Leah wil uitvind of dit goedkoper is om haar wasgoed by die huis te was of om dit
na die Quickety Wash-kitswassery te neem. Sy het gemiddeld 6 kg wasgoed per
week.
Die meeste hoëdoeltreffendheid-wasmasjiene gebruik slegs 15 tot 30 gallon (56,8 ℓ tot
113,6 ℓ) water per bondel.
[Bron: <www.home-water-works.org>]
1.4.1 Leah kyk op haar wasmasjien en dit sê dat haar masjien 45 gallon water per
bondel gebruik. Gebruik die omskakelingstabel hieronder en bepaal hoeveel
liter dit is. Rond jou antwoord af tot die naaste liter.
1 ml = 0,000264172 gallon
(3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 4 van 28
1.4.2 Die tabel hieronder dui die tariewe vir water aan waar Leah woon. In die
tabel word die % verhoging vir 0–6 kiloliter aangedui as 15,9%. Toon deur
middel berekeninge of hierdie waarde verkeerd of reg is.
RESIDENSIËLE WATERTARIEWE – GEBIEDE MET METERS
Kiloliter per
2017/2018-tarief 2018/2019-tarief
verbinding per % verhoging
(R/kl) (R/kl)
maand
0 < kl ≤ 6 R7,14 15,9% R8,28
6 < kl ≤ 10 R7,58 15,9% R8,79
10 < kl ≤ 15 R13,17 13,9% R15,00
15 < kl ≤ 20 R19,63 11,2% R21,83
20 < kl ≤ 30 R26,96 11,2% R29,98
30 < kl ≤ 40 R29,22 13,7% R33,22
40 < kl ≤ 50 R37,11 14,3% R42,42
50 < kl R38,72 16,7% R45,19
(5)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 5 van 28
1.4.3 Gebruik die 2018/2019-tarief in die tabel om te toon dat Leah minder as R5
per week vir water sal betaal indien sy haar wasgoed by die huis was. Haar
wasmasjien het die kapasiteit om 2 kg wasgoed per bondel te was.
(4)
1.4.4 Nadat Leah die koste van die water bereken het, besef sy dat sy R129 moet
bytel vir wasmiddels en elektrisiteit. Bepaal die totale koste per week vir
Leah om haar wasgoed by die huis te was.
(2)
1.4.5 Indien die besluit op die koste gegrond word, dui aan of dit vir Leah
goedkoper is om haar wasgoed by die huis te was of om dit na die
kitswassery te neem. Gee 'n rede vir jou antwoord.
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 6 van 28
1.5 Leah wil 'n wasgoeddraad in haar tuin oprig wat bestaan uit twee pale wat 'n T-
struktuur aan weerskante vorm met tou wat tussen die twee T's gespan word.
Die draad moet lyk soos in die foto hieronder:
Leah sal dieselfde pale vir albei dele van die T-struktuur gebruik en wil hê die regop
pale moet 1,8 m bokant die grond uitsteek. Die regop pale moet 30 cm langer as dit
wees om die pale in die grond vas te sement. Die dwarspale aan die bokant moet
1,2 m lank wees.
1.5.1 Bereken die totale lengte metaalpaal (in meter) wat Leah vir haar
wasgoeddraad sal benodig.
(6)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 7 van 28
1.5.2 Die metaalpale wat Leah graag wil gebruik, word net in lengtes van 4 m
verkoop. Bepaal hoeveel oorskietmetaalpaal Leah sal hê.
(2)
1.6 Leah wil die wasgoeddraad bedraad soos in die foto hieronder getoon word:
1.6.1 Leah moet bereken hoe ver uitmekaar die eweredig gespasieerde gate in
die dwarspaal geboor moet word. Sy moet 8 gate maak en die eerste en
laaste gat moet 2,5 cm van die rand van die dwarspaal wees.
Bepaal deur berekening hoe ver die gate uitmekaar moet wees. Gee jou
antwoord in cm en rond jou antwoord af tot een desimale plek.
(6)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 8 van 28
1.6.2 Deur die wasgoeddraad soos in die foto hierbo te bedraad, sal Leah net een
aaneenlopende stuk tou moet gebruik. Bepaal deur berekening die lengte
van die tou wat sy sal benodig. Rond jou antwoord op tot die naaste meter
om voorsiening te maak vir die knoop wat sy aan weerskante sal maak.
(7)
[52]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 9 van 28
VRAAG 2
Die Mej. Suid-Afrika is 'n nasionale skoonheidskompetisie
wat jaarliks vir Suid-Afrikaanse vroue plaasvind. Die wenner
kan dan internasionaal in die Mej. Wêreld- en Mej. Heelal-
kompetisie meeding. Die 2018-kompetisie was die 60ste Mej.
Suid-Afrika-kompetisie.
Daar was 28 deelnemers. Die lys hieronder toon die top 12-
finaliste en die plek wat hulle in die kompetisie behaal het.
Naam Ouderdom Provinsie Finale posisie
Akile Khoza 23 Mpumalanga (MP) Top 12
Anzelle van Staden 24 Gauteng (GP) Top 12
Bryoni Govender 21 Gauteng (GP) Top 12
Daniëlle de Jager 20 Gauteng (GP) Top 12
Karishma Ramdev 23 KwaZulu-Natal (KZN) Top 5
Margo Fargo 25 Vrystaat (VS) Top 12
Noxolo Ndebele 24 KwaZulu-Natal (KZN) Top 5
Tamarin Bensch 25 Gauteng (GP) Top 12
Tamaryn Green 23 Wes-Kaap (WK) Wenner (1ste)
Tharina Botes 21 Gauteng (GP) Top 12
Thulisa Keyi 26 Oos-Kaap (OK) Eerste prinses (2de)
Thokozile Mbatha 26 Noord-Kaap (NK) Top 5
2.1 Gebruik die inligting in die tabel hierbo om die volgende vrae te beantwoord:
2.1.1 Bereken die variasiewydte van die ouderdomme van die deelnemers in die
top 12.
(2)
2.1.2 Bereken die gemiddelde ouderdom van die top 12-deelnemers.
(3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 10 van 28
2.1.3 Bepaal die modale ouderdom van die top 12-deelnemers.
(2)
2.1.4 Bepaal die mediaanouderdom van die top 12-deelnemers.
(2)
2.1.5 Gebruik die inligting in die tabel en verduidelik waarom jy nie kan sê wie die
derde posisie in die kompetisie beklee het nie.
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 11 van 28
2.1.6 Teken 'n geskikte grafiek om die getal deelnemers volgens provinsie voor te
stel.
(8)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 12 van 28
2.2 Elkeen van die finaliste het 'n kontantprys en geborgde pryse
ontvang.
• Die top 12 het elk 'n kontantprys van R25 000 en geborgde
pryse ter waarde van R180 000 ontvang.
• Die eerste prinses het 'n kontantprys van R250 000 en
geborgde pryse ter waarde van R348 760 ontvang.
• Mej. Suid-Afrika 2018 het 'n totale pryspakket van
R3 miljoen ontvang. Dit het R1 miljoen kontant en 'n Nissan
Qashqai-motor ter waarde van R445 500 ingesluit.
2.2.1 Bepaal die verhouding, in sy eenvoudigste vorm, van die kontantprysgeld
wat ontvang is vir top 12 : eerste prinses : wenner.
(3)
2.2.2 Bereken hoeveel die geborgde pryse (die kontant en die motor uitgesluit) vir
die wenner beloop het.
(4)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 13 van 28
2.2.3 Toon dat die persentasie toename in kontantprysgeld van 'n top 12-
deelnemer tot dié van 'n wenner 3 900% is.
Jy kan die volgende formule gebruik:
verskil
=
Persentasie toename × 100%
oorspronklik
(3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 14 van 28
2.3 Mej. Suid-Afrika 2018, Tamaryn Green, het om die Mej. Heelal-titel meegeding en
Suid-Afrika se naam hooggehou deur die eersteprinses-titel in te palm. Die
kompetisie is in Bangkok, Thailand, gehou.
Die tabel hieronder toon die vlugopsies wat sy gehad het toe sy na Thailand toe
gereis het.
2.3.1 Ethiopian Airlines vertrek van Johannesburg (JNB) en land in Addis Abeba
(ADD) voor hulle Bangkok (BKK) toe vlieg. Die vlugtyd van JNB na ADD is
1
5 uur 15 minute en van ADD na BKK is 9 uur.
3
Indien Mej. Suid-Afrika besluit het om te reis deur van Ethiopian Airlines
gebruik te maak, toon hoe die totale reistyd wat as 18 uur en 5 minute gegee
word, bereken is.
(5)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 15 van 28
2.3.2 Suid-Afrika is in die Greenwichtyd+2-tydsone en Thailand is voor Suid-Afrika
in die Greenwichtyd-tydsone. Gebruik die inligting hierbo en jou berekeninge
om te bepaal in watter tydsone Thailand val. (Greenwich Mean Time (GMT)
= Greenwichtyd)
(6)
2.3.3 Mej. Suid-Afrika moes teen 14:00 by die Royal Paragon Hall in Bangkok
registreer wat 27,9 km van die lughawe is. Sy het 'n halfuur geneem om haar
bagasie te kry en 'n taxi te haal. Die taxi het teen 'n gemiddelde spoed van
50 km/h gery. Toon deur middel van berekeninge dat sy betyds daar was
indien sy met Ethiopian Airlines gevlieg het.
(5)
[45]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 16 van 28
VRAAG 3
3.1 Netflix is 'n gewilde stroomdiens wat intekenare toelaat om na
TV-programme, rolprente en dokumentêre programme te kyk.
Gebruik die infografika hieronder om die vrae wat volg te beantwoord:
[Bron: <www.buzzfeed.com>]
3.1.1 In 2017 het Netflix 117,58 miljoen intekenare gehad. Bereken hoeveel tyd
elke intekenaar per dag gekyk het indien ons aanneem dat elke intekenaar
dieselfde hoeveelheid tyd per dag gekyk het. Skryf jou antwoord in die
formaat ure : minute : sekondes, afgerond tot die naaste 10 sekondes.
(4)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 17 van 28
3.1.2 Die infografika sê "140 miljoen uur per dag gekyk = 1 biljoen uur per week".
Gebruik 'n berekening om hierdie stelling as waar te bewys.
(4)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 18 van 28
3.2 Die twee grafieke hieronder weerspieël Netflix se inkomste, per kwartaal (Q), vir
2015 en 2016 in biljoene Amerikaanse dollar.
Die twee grafieke verteenwoordig dieselfde inligting.
Grafiek A:
14
12
10
8
6
4
2
0
2015 2016
Q1 Q2 Q3 Q4
Grafiek B:
2
1.9
1.8
1.7
1.6
1.5
1.4
1.3
1.2
2015 2016
Q1 Q2 Q3 Q4
[Aangepas en vertaal uit: <www.dsim.in>]
3.2.1 Noem twee elemente wat óf ontbreek óf verkeerd is op die grafieke.
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 19 van 28
3.2.2 Noem die een element op Grafiek B wat verander is wat dit so anders as
Grafiek A laat lyk ten spyte daarvan dat die grafieke dieselfde inligting toon.
(2)
3.2.3 'n Netflix-werknemer wil vir sy base wys hoe goed die maatskappy doen,
terwyl die baas van Netflix sy werknemers harder wil laat werk. Dui aan
watter grafiek elkeen van die twee mense sal gebruik en verduidelik jou
keuse.
(4)
3.2.4 Die inkomste vir die tweede kwartaal (Q2) van 2015 was $1,481 biljoen. Dit
het in die jaar daarna met 42,47% toegeneem. Bereken wat die inkomste vir
die tweede kwartaal van 2016 was.
(4)
[20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 20 van 28
VRAAG 4
4.1 Televisiestelle (TV's) word dikwels van Japan af ingevoer. Voor hulle in 'n boks
geplaas word om hulle te vervoer, draai die vervaardigers die TV's in beskermende
verpakking toe wat die TV's se onreëlmatige vorm 'n reghoekige prisma maak.
'n TV met 'n skerm van 42 duim het die afmetings 55 cm by 93 cm.
Teken in die spasie hieronder 'n reghoek om die TV voor te stel en gebruik 'n skaal
van 1 : 12. Rond jou skaalmetings af tot een desimale plek. Sluit die skaal- (liniaal-)
metings op jou diagram in.
(5)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 21 van 28
4.2 Die TV's word in bokse geplaas en
in verskepingshouers gepak voor
hulle uitgevoer word. Die bokse
waarin die TV's verpak word, het die
afmetings 97 cm × 10 cm × 59 cm.
Die verskepingshouers het die
afmetings 6 m × 2,4 m × 2,6 m.
Hoogte
'n Werknemer bereken hoeveel TV's
in een houer sal pas.
Sy berekeninge word hieronder getoon:
Volume van houer =6 × 2,4 × 2,6
= 37,44 m3
Volume van elke TV-boks = 0,97 × 0,59 × 0,1
= 0,05723 m3
Getal TV's in houer = Volume van houer ÷ Volume van boks
= 37,44 ÷ 0,05723
= 654,2
≈ 654 TV's
Neo, 'n Wiskundige Geletterdheid-leerder, besef dat die werknemer 'n algemene
fout gemaak het met die berekening van die getal bokse wat kan inpas.
4.2.1 Verduidelik in woorde wat die fout is.
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 22 van 28
4.2.2 Neo beweer dat 576 TV's in hierdie houer kan inpas indien die bokse op die
volgende manier gepak word soos in die diagram hieronder geïllustreer.
Toon deur middel van berekeninge of hy reg is of nie.
Verskepingshouer
Let wel: Die diagram is nie op skaal geteken nie en toon slegs 'n paar van
die bokse sodat jy kan sien hoe hulle gepak word.
(7)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 23 van 28
4.3 4.3.1 Vir gehaltebeheerdoeleindes word houers A, B en C ewekansig nagegaan vir
defektiewe TV's. Indien een uit elke 60 TV's defektief is en die
waarskynlikheid om 'n defektiewe TV in enigeen van die houers te kry ewe
groot is, bepaal die waarskynlikheid om 'n defektiewe TV in houer A te kies.
(3)
4.3.2 Al die TV's in houer B is nagegaan en geen defektiewe TV's is gevind nie.
Indien houer A nou nagegaan word, sal die waarskynlikheid om 'n
defektiewe TV in houer C te kry toeneem, afneem of dieselfde bly?
Regverdig jou antwoord met 'n berekening.
(3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 24 van 28
4.4 Afgesien daarvan om te betaal om die TV's na Suid-Afrika te vervoer, moet die verskaffer
ook invoerbelasting betaal soos deur SAID (Suid-Afrikaanse Inkomstediens) bepaal. Dit
word bereken deur 18,74% van die kosprys te bepaal. 576 TV's word in een
verskepingshouer verskeep en elke TV kos ¥28 930 (Japannese jen, JPY).
[Bron: <www.customsdutyfree.com>]
4.4.1 Bereken hoeveel die invoerbelasting in Suid-Afrikaanse rand (ZAR) vir een
verskepingshouer sal wees indien die volgende waar is:
1 ZAR = 7,82 JPY
(6)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 25 van 28
4.4.2 Bereken wat elke TV in ZAR sal kos indien jy die invoerbelasting per TV
moet insluit.
(4)
4.4.3 Bepaal die prys wat BTW (15%) insluit op die bedrag wat jy in Vraag 4.4.2
bereken het.
(3)
[33]
Totaal: 150 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 26 van 28
ADDISIONELE SPASIE (ALLE vrae)
ONTHOU OM DUIDELIK BY DIE VRAAG AAN TE DUI DAT JY DIE ADDISIONELE
SPASIE GEBRUIK HET OM TE VERSEKER DAT ALLE ANTWOORDE NAGESIEN
WORD.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 27 van 28
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: WISKUNDIGE GELETTERDHEID: VRAESTEL II Bladsy 28 van 28
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Mathematical Literacy notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Mathematical Literacy questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Mathematical Literacy quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Mathematical Literacy past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Mathematical Literacy and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afr)
_hlayiso.com_--d9cdf8d4-04c2-4f91-b1cc-f22544f3d24d/v1-1061ba61373d296ec0a4/card.webp)
Question paperIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper
Related documents

MemorandumIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

Question paperIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

Question paperIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

Question paperIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 2 2016 Question Paper

Question paperIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 2 2016 Question Paper
More from Grade 12 Mathematical Literacy

MemorandumIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

MemorandumIEB
Mathematical Literacy Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo

Question paperIEB