Skip to content

Mathematical Literacy Grade 11 Eastern Cape November 2025 QP

Question paperMathematical LiteracyGrade 11202516 pages

Grade 11 Mathematical Literacy question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November Exam 2025

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2025 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 PUNTE: 100 TYD: 2 uur *Iwgel2* Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en ʼn addendum met 3 bylae. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 WISKUNDIGE GETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Gebruik die BYLAE in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord: x BYLAE A vir VRAAG 2.1 x BYLAE B vir VRAAG 2.2 x BYLAE C vir VRAAG 4.3 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy anders aangedui. 6. Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui. 7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders aangedui. 8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing. 9. Toon ALLE berekeninge duidelik. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) WISKUNDIGE GETTERDHEID V2 3 VRAAG 1 1.1 Andrea bak troukoeke. Die gewildste koek wat sy bak is ʼn wortelkoek met roomkaasversiersel. Bestudeer die resep hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BESTANDDELE ™ 350 g bruismeel ™ 325 g donker sagte bruinsuiker ™ 1½ teelepels fyn seesout ™ 2 teelepels kaneel ™ 200 ml olyfolie ™ 1 teelepel vanielje-ekstrak ™ 4 groot eiers ™ 250 g gerasperde, geskilde wortels ™ 75 g gekapte pekanneute ™ 4 eetlepels melk VIR ROOMKAASVERSIERSEL ™ 10 onse roomkaas ™ 1¼ koppies (140 g) gepoeierde suiker ™ ¾ koppies (80 ml) koue dikroom ™ ½ koppie gesoute botter METODE 1. Voorverhit die oond tot 356 ℉. 2. Smeer die bodem en kante van twee ronde koekpanne met ʼn dubbele laag vetvaste papier. 3. Meng die meel, sout, suiker, kaneel, gekapte pekanneute en gerasperde wortels in ʼn groot bak. 4. Klop die eiers, olyfolie, vanielje-ekstrak en melk in ʼn groot beker en voeg by meelmengsel. Meng goed. 5. Deel die koekbeslag tussen die voorbereide koekpanne. Bak vir 35–45 minute totdat die toetspen skoon uitkom. 6. Laat die koeklae in die panne afkoel vir 15 minute. Draai dan die koeklae versigtig om op die afkoelrakke. ROOMKAASVERSIERSEL 1. Wanneer die koeklae heeltemal afgekoel het, meng die roomkaas en botter in ʼn voedselmenger vir 1 en ʼn half minute. 2. Voeg gepoeierde suiker by totdat versiersel romerig is. Klop die koue dikroom in die mengsel vir 3 minute totdat die versiersel lig en donsig is. 3. Bedek die koek met die versiersel – dit sal tot 15 minute neem. BAKOMSKAKELING 1 koppie = 250 ml 1 eetlepel = 15 ml 1 teelepel = 5 ml [Aangepas uit https://www.inspiredtaste.net] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 WISKUNDIGE GETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2025) 1.1.1 Bereken die tyd (in minute) om die koek met die roomkaasversiersel te bedek. (2) 1.1.2 Bepaal die hoeveelheid roomkaas wat benodig word vir hierdie resep in kilogram. LET WEL: 1 kg = 35,274 onse (2) 1.1.3 Herlei die sout in hierdie resep na milliliter. (2) 1.1.4 Andrea se oond is nie in grade Fahrenheit gekalibreer nie. Bepaal die temperatuur, in ℃, waarna Andrea haar oond moet stel. ૞ Jy mag die volgende formule gebruik: ℃ = × (℉ - 32⁰) (2) ૢ 1.2 Andrea gebruik die maatbeker hieronder om haar bestanddele te meet. [Aangepas uit www.googleimages.com/measuringcups] 1.2.1 Definieer die term kapasiteit. (2) 1.2.2 Vandaar, bepaal die kapasiteit van die maatbeker. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) WISKUNDIGE GETTERDHEID V2 5 1.3 Andrea bak haar koeke in ronde panne, elk met ʼn deursnee soos hieronder in die diagram aangedui: [Aangepas uit www.googleimages.com] 1.3.1 Bereken die omtrek van pan Y in vierkante duim (dm2). Jy mag die volgende formule gebruik: Omtrek van ʼn sirkel = π × deursnee, waar π = 3,142 (2) 1.3.2 Skryf die deursnee van pan Z tot die deursnee van pan X as ʼn vereenvoudigde verhouding neer. (2) 1.4 Die kaart hieronder toon die afstand tussen Andrea se huis in Humansdorp en Jeffreysbaai waar sy ʼn koek vir ʼn troue moet gaan aflewer. [Aangepas uit www.googlemaps.com] Gebruik die kaart hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 1.4.1 Identifiseer die kliniek op die kaart. (2) 1.4.2 In watter algemene rigting sal Andrea na Jeffreysbaai reis? (2) 1.4.3 Herlei Andrea se reisafstand na meter. (2) 1.4.4 Bepaal die tyd wat Andrea in Jeffreysbaai gaan aankom, indien sy haar huis om 10:15 verlaat. (2) [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 WISKUNDIGE GETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 2 2.1 Pelgrimsrus is ʼn klein museumdorpie in die Ehlanzeni distrik in Mpumalanga, Suid- Afrika. Dit het ongeveer 1 721 inwoners en beset ʼn oppervlakte van 25,40 km2. Die kaart van Pelgrimsrus en omliggende gebiede word in BYLAE A getoon. Gebruik BYLAE A om die volgende vrae te beantwoord. 2.1.1 Identifiseer die toeriste-aantreklikheid wat in blok D5 gevind word. (2) 2.1.2 Bereken die waarskynlikheid om ʼn spoorweg op hierdie gedeelte van die kaart te vind. (2) 2.1.3 Meet die afstand tussen die Store Museum en die Stadsaal in sentimeter. (2) 2.1.4 Vandaar, bereken die werklike afstand (in kilometer) tussen die Store Museum en die Stadsaal deur van die lynskaal gebruik te maak. (5) 2.1.5 Bepaal die aantal mense per vierkante kilometer (km2) wat in Pelgrimsrus woonagtig is. (2) 2.2 Siphokazi, wie in Lydenburg woon, het die kaart van Mpumalanga en omliggende gebiede gevind soos in BYLAE B getoon. Gebruik BYLAE B om die volgende vrae te beantwoord. 2.2.1 Noem EEN buurland wat aan Mpumalanga grens. (2) 2.2.2 Identifiseer die aantal nasionale paaie wat op die kaart gevind word. (2) 2.2.3 Die werklike afstand tussen Lydenburg en Standerton is 276 km en meet 8,3 cm op die kaart. Vandaar, bepaal die skaal van hierdie kaart. (3) 2.2.4 Siphokazi beweer dat indien sy ʼn gemiddelde spoed van 80 km/h reis en haar huis om 12:45 verlaat, sal sy in Standerton teen 16:05 aankom, sonder enige stilhouplekke. Verifieer, met die nodige berekeninge, of haar bewering GELDIG is. ‫܌ܖ܉ܜܛ܎ۯ‬ Jy mag die volgende formule gebruik: Spoed = ‫܌ܡ܂‬ (7) [27] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) WISKUNDIGE GETTERDHEID V2 7 VRAAG 3 3.1 Wilmien besluit om ingevoerde koffiebone in herseëlbare houers te verkoop om fondse in te samel vir haar broer wat fisies gestremd is en ʼn rolstoel nodig het. Die diagram hieronder toon twee soorte houers waarvan Wilmien kan kies. Die houers sal met petroleum-gebaseerde plastiek oorgetrek word. REGHOEKIGE HOUER SILINDRIESE HOUER die volgende formules mag gebruik word: Volume van ʼn silindriese prisma: π × radius2 × hoogte, waar π = 3,142 Volume van ʼn reghoekige prisma = lengte × breedte × hoogte Totale buite-oppervlakte van ʼn reghoekige prisma: 2 (l × w) + 2 (l × h) + 2 (w × h) 3.1.1 Bereken die volume van die silindriese houer in kubieke sentimeter (cm3). (3) 3.1.2 Bereken die totale buite-oppervlakte van die reghoekige houer wat met die petroleum-gebaseerde plastiek oorgetrek moet word. Gee jou antwoord afgerond tot die naaste duisend vierkante millimeter (mm2). (6) 3.1.3 Die petroleum-gebaseerde plastiek wat Wilmien wil gebruik om die houers oor te trek, word teen R27,55/m2 verkoop. Bereken die koste om 50 van die reghoekige houers met hierdie plastiek oor te trek. LET WEL: Die petroleum-gebaseerde plastiek kan slegs in volle vierkante meter (m2) gekoop word. (4) 3.1.4 Wilmien besef dat sy nie die houers tot die maksimum kapasiteit kan vul nie. In plaas daarvan, vul sy die houers met koffiebone tot ʼn hoogte wat 7% minder as die hoogte van die houer is. Toon dat die hoogte van die koffiebone in die silindriese houer 11,2 cm is. (3) 3.1.5 ʼn Verkoopsverteenwoordiger adviseer Wilmien dat die volume van die mees ekonomiese houer nie meer as 1 200 cm3 moet wees nie. Wilmien beweer dus dat die reghoekige houer die mees ekonomiese houer sal wees. Verifieer, met die nodige berekeninge, of Wilmien se bewering GELDIG is. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 WISKUNDIGE GETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2025) 3.1.6 Verskaf EEN rede waarom Wilmien die houers met petroleum-gebaseerde plastiek wil oortrek. (2) [23] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) WISKUNDIGE GETTERDHEID V2 9 VRAAG 4 4.1 Die uitlegplan van die winkelsentrum waar Wilmien haar ingevoerde koffiebone gaan verkoop word hieronder getoon. Wilmien sal slegs aan die winkels wat genommer is, verkoop. [Aangepas uit https://www.za.pinterest.com/pin/400257485606100702/] Gebruik die uitlegplan hierbo om die volgende vrae te beantwoord. 4.1.1 Bepaal die waarskynlikheid, as ʼn persentasie, dat Wilmien haar koffiebone aan ʼn winkel met ʼn onewe nommer sal verkoop. (3) 4.1.2 Wilmien het om 08:30 by die sentrum aangekom om haar aflewerings te doen en het om 10:15 klaargemaak. Wilmien beweer dat sy teen ʼn gemiddelde spoed van 1,4 myl per uur geloop het en dat sy dus ʼn reisafstand binne die winkelsentrum van meer as 4 km afgelê het. Verifieer, met die nodige berekeninge, of Wilmien se bewering GELDIG is. LET WEL: 1 myl = 1,60934 km Jy mag die volgende formule gebruik: Afstand = Spoed × Tyd (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 WISKUNDIGE GETTERDHEID V2 (EC/NOVEMBER 2025) 4.2 Die Pizza Den is ʼn nuwe onderneming binne die winkelsentrum wat heerlike pizzas maak. ʼn Prent van die gesnyde pizza en die verpakkingsboks word in die diagram hieronder getoon. Die pizza het ʼn deursnee van 42 cm. [Aangepas uit www.googleimages.com/pizzaboxdimensions] 4.2.1 Bepaal die oppervlakte van die pizzaboks, afgerond tot die naaste tien vierkante sentimeter (cm2). Jy mag die volgende formule gebruik: Oppervlakte van ʼn vierkant = sy × sy (3) 4.2.2 Bepaal die waarde van D. (3) 4.2.3 Bereken die oppervlakte van een sny pizza indien dit in agt gelyke snye gesny word, soos aangedui in die prent hierbo. Jy mag die volgende formule gebruik: Oppervlakte van ʼn sirkel = π × radius2, waar π = 3,142 (4) 4.3 Die tafel wat binne Die Pizza Den gebruik word en waar kliënte hulle kos kan geniet, word in BYLAE C getoon. Die tafels het PVC tafellappe op met ʼn oorhang van 35 cm rondom die tafel. Gebruik BYLAE C om die volgende vrae te beantwoord. 4.3.1 Bereken die radius van die PVC tafellap wat gebruik word om die tafels te bedek. (3) 4.3.2 Bereken die hoogte van die steunpaal (in cm) indien die totale hoogte van die tafel 78 cm is. (3) [26] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 11 Mathematical Literacy

View all