Skip to content
Question paper

Music Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2012 Question Paper

Grade 11 Music Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2012, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: MusicGrade 11201217 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2012 MUSIEK V1 VAN: NAAM: PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 MUSIEK V1 (NOVEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A moet in potlood beantwoord word in die spasies wat voorsien word. 3. AFDELING B moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 4. Nommer die vrae volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Die laaste bladsy van hierdie vraestel bestaan uit manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Dit mag deur die kandidaat verwyder word.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) MUSIEK V1 3 AFDELING A: MUSIEKTEORIE Beantwoord VRAAG 1, 2, 3, 4.1 OF 4.2 en dan VRAAG 5.1 OF 5.2. VRAAG 1 Bestudeer die Hunting Song uit Album for the young, gekomponeer deur Robert Schumann en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Downloaded from hlayiso.com 4 MUSIEK V1 (NOVEMBER 2012) 1.1 Transponeer die gegewe fragment hieronder ʼn majeur 3de hoër. Voeg die nuwe toonsoortteken by. Antwoord: (4) 1.2 Herskryf die note in die blok genommer A in maat 7 in die alt-sleutel. Antwoord: (2) 1.3 Noem die intervalle by B in maat 8 en C in maat 12. Antwoord: B C (2) 1.4 Skryf die omkering van die interval by G in maat 21, en noem die omgekeerde interval volgens distansie en tipe. Interval: (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) MUSIEK V1 5 1.5 Noem die tipes drieklanke en die omkerings by D in maat 15, E in maat 18 en F in maat 21 bv. Vergrote drieklank in eerste omkering. D E F (6) 1.6 Voeg die tydmaattekens by (a), (b), (c) en (d) van die volgende melodieë. Antwoord: (4) [20]
Downloaded from hlayiso.com 6 MUSIEK V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 2 Bestudeer die onderstaande vierstemmige fragment en volg die instruksies. 2.1 Noem die toonsoort van die fragment. Antwoord: (1) 2.2 Wat is die betekenis van die Italiaanse terme „allegro‟? Antwoord: (1) 2.3 Verander die sopraan-lyn deur nie-harmoniese note by (a) en (b) op die partituur by te voeg. Antwoord: (2) 2.4 Noem die nie-harmoniese note wat jy by (a) en (b) gebruik het. Antwoord: (a) (b) (2) 2.5 Met watter kadens sluit die fragment? Antwoord: (1) 2.6 Besyfer die drie akkoorde in the laaste maat bv. IV, B/D, I ens. op die musiekpartituur. (3) [10]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) MUSIEK V1 7 VRAAG 3 3.1 Skryf die relatiewe harmoniese mineur toonleer (slegs stygend) van Ab majeur, in eenvoudige vierslagmaat, met die toonsoortteken. Antwoord: (5) 3.2 Identifiseer die volgende toonleer/modus. Antwoord: (1) 3.3 Skryf die C blues-toonleer sonder toonsoortteken. Antwoord: (4) [10]
Downloaded from hlayiso.com 8 MUSIEK V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 4 Kies EEN van die gegewe openingsmotiewe om ʼn 8-maat melodie in AB-vorm te voltooi. Sluit dinamika- en artikulasietekens by. Noem die instrument waarvoor jy hierdie melodie skryf 4.1 Instrument: [8] OF 4.2 Instrument: [8]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) MUSIEK V1 9 VRAAG 5 Beantwoord óf VRAAG 5.1 óf VRAAG 5.2. 5.1 Harmoniseer die volgende melodie, gebruik ten minste EEN deurgangsnoot of wisselnoot en ʼn volmaakte kadens aan die einde. [12] OF 5.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel uit Pebble Hill en volg die instruksies.
Downloaded from hlayiso.com 10 MUSIEK V1 (NOVEMBER 2012) 5.2.1 Noem die akkoord-simbole by (a) tot (e) bv. D/F# Antwoord: (a) (b) (c) (d) (e) (5) 5.2.2 Voltooi die partituur deur SEWE gepaste akkoorde van jou keuse in te vul. Gebruik meestal gepunteerde halfnote. (7) [12] TOTAAL AFDELING A: 60
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) MUSIEK V1 11 AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS Beantwoord die vrae in die afdeling in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word. VRAAG 6: BAROKMUSIEK – ORATORIUM 6.1 Kies VIER stellings/woorde wat relevant is tot die Hallelujah-koor. Skryf slegs die letters van die relevante stellings neer bv. 6.1 B, C ens. A Kragtig B Klavierinleiding C Vloeiende melodie in die laer registers herhaal word D Hoë geaksentueerde akkoorde wat deur dalende voortsnellende passasies beantwoord word. E Teks uit die boek Openbaring F Klimaks van orkestrale trillers G Skielike veranderinge tussen monofoniese-, polifoniese- en homofoniese teksture. H Hoë “tikkende” ostinato figuur I Drie afdelings J Woorde en frases word herhaal (4) 6.2 Verduidelik hoe die tekstuur en dinamika behandel word in die koor „For unto us a Child is born’. (4) 6.3 Beskryf EEN van die volgende werke met betrekking tot struktuur, vorm en orkestrasie. 6.3.1 Vivaldi: Primavera, The Four Seasons 6.3.2 Bach: Orkes- Suite no. 3 in D majeur 6.3.3 Bach: Prelude en Fuga in c mineur, uit Das Wohltemperirte Clavier, 1ste Boek 6.3.4 Corelli: Trio sonata in a minor, op.3, no.10 6.3.5 Bach: Cantata 140, Wachet auf (4) [12]
Downloaded from hlayiso.com 12 MUSIEK V1 (NOVEMBER 2012) VRAAG 7: KLASSIEKE MUSIEK 7.1 Skryf ʼn kort paragraaf oor Beethoven se Sonata in c mineur, op.13, 3de beweging (Pathetique). (6) 7.2 Noem SES eienskappe van EEN van die volgende werke van jou keuse. 7.2.1 Haydn: Trompet Concerto in Eb majeur: 3de beweging, Allegro 7.2.2 Haydn: Simfonie no.94 in G majeur, “Surprise”, Eerste Beweging 7.2.3 Mozart: Eine Kleine Nachtmusik: 3de beweging, Minuet 7.2.4 Mozart: Don Giovanni: die duet Lá ci darem la mano en aria di Catalogo (6) [12] VRAAG 8: ORKESMUSIEK 8.1 Kies EEN van die volgende definisies. Gee die naam van die orkes vir die definisie van jou keuse. Skryf slegs die naam van die orkes langsaan die vraagnommer in jou antwoordeboek. 8.1.1 ʼn Orkes wat bestaan uit houtblaasinstrumente of die kollektiewe terme vir die houtblaasinstrumente van ʼn orkes 8.1.2 Word ook ʼn verhoogorkes genoem met tussen 12 en 25 spelers 8.1.3 ʼn Klein groep van 3 tot 8 spelers 8.1.4 Bestaan gewoonlik uit groot groepe houtblasers, koperblasers en perkussie [2]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) MUSIEK V1 13 \\ VRAAG 9: POPULỆRE MUSIEK Beantwoord die vraag oor EEN van die populêre musiekkunstenaars (9.1 – 9.5) wat jy bestudeer het. Benommer jou antwoord volgens die vraag gebaseer op die kunstenaar wat jy bestudeer het. 9.1 Rock and Roll: Elvis Presley 9.1.1 Verduidelik sy invloed op Amerikaanse kultuur asook die van die hele wêreld. (1) 9.1.2 Beskryf sy optredes op die verhoog. (2) 9.1.3 Hy het liedjies van verskillende genres gesing. Noem ten minste TWEE genres waarvan hy sulke liedjies gesing het. (2) 9.1.4 Noem EEN van sy albums of liedjies. (1) [6] OF 9.2 First British Invasion: Die Beatles 9.2.1 Die hoogs oorspronklike styl van die Beatles en uit ʼn verskeidenheid ander style ontwikkel. Noem TWEE van hierdie style. (2) 9.2.2 Watter Indiese strykinstrument is in die musiek van die Beatles gehoor? (1) 9.2.3 Beskryf die gebruik van akkoorde en melodie. (2) 9.2.4 Noem EEN album of liedjie. (1) [6] OF 9.3 Euro Pop: ABBA 9.3.1 Beskryf hoe hul aanvanklike roem begin het. (1) 9.3.2 Hoe kan ABBA se musiek die beste beskryf word? (1) 9.3.3 Waarom word vergrote drieklanke in die welbekende ABBA-lied Mamma Mia gebruik? (1) 9.3.4 Waarom het ABBA hul laaste optrede in Amerika gekanselleer? (2) 9.3.5 Noem EEN album of liedjie; moenie die een wat alreeds in VRAAG 9.3.3 genoem word gebruik nie. (1) [6]
Downloaded from hlayiso.com 14 MUSIEK V1 (NOVEMBER 2012) OF 9.4 Volksmusiek: Bob Dylan 9.4.1 Wat was sy bydrae tot popmusiek? (2) 9.4.2 Wat het aanvanklik die voorstelling van sy liedjies gestimuleer? (1) 9.4.3 Bob Dylan het in ʼn verskeidenheid genres gewerk. Noem enige TWEE van hierdie genres. (2) 9.4.4 Noem EEN album of liedjie. (1) [6] OF 9.5 Disco: Donna Summer 9.5.1 Beskryf die styl van haar liedjies. (1) 9.5.2 Hoekom is haar musiek nie deur ouers goedgekeur nie? (1) 9.5.3 Noem TWEE musiekvertonings waarin sy deelgeneem het terwyl sy in Duitsland was. (2) 9.5.4 Wat het gemaak dat sy haar vroeë disko-opnames veroordeel het? (1) 9.5.5 Noem EEN album. (1) [6] VRAAG 10: SUID-AFRIKAANSE KOMPONISTE Jy het een van die volgende Suid-Afrikaanse komponiste bestudeer.  Arnold van Wyk  Pieter-Louis van Dijk  B.B. Myataza Skryf ʼn paragraaf oor die Suid-Afrikaanse komponis wat jy bestudeer het. Sluit biografiese inligting en stylkenmerke in. Noem TWEE verteenwoordigende werke wat die komponis geskryf het [9]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) MUSIEK V1 15 VRAAG 11: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS IN POPULÊRE MUSIEK Beantwoord die vraag oor EEN van die Suid-Afrikaanse kunstenaars (VRAAG 11.1 – 11.5) wat jy bestudeer het. Nommer jou antwoord volgens die vraag (kunstenaar) wat jy gekies het. 11.1 Brenda Fassie 11.1.1 Beskryf haar stem. (2) 11.1.2 Noem die liedjie wat in 1983 as ʼn “12 inch maxi” deur CCP Record Company vrygestel is. (1) 11.1.3 Met watter bekende regisseur het sy in die laat 1980‟s saamgespan? (1) 11.1.4 Wanneer het sy gesterf? (1) [5] OF 11.2 Savuka/Juluka (Johny Clegg) 11.2.1 Beskryf die styl wat hy in sy liedjies gebruik. (2) 11.2.2 Met wie het hy die eerste multikulturele musiekgroep gevorm? (1) 11.2.3 Noem hul eerste album. (1) 11.2.4 Hoekom het Juluka ontbind? (1) [5] OF 11.3 Mango Groove 11.3.1 Beskryf hul musiekstyl. (2) 11.3.2 Watter TWEE instrumente het hulle geweldig gewild gemaak en wie het dit gespeel? (2) 11.3.2 Uit hoeveel lede bestaan hierdie groep? (1) [5] OF 11.4 Abdullah Ibrahim 11.4.1 Beskryf sy musiekstyl. (2) 11.4.2 In watter jaar het hy as ʼn professionele musikant begin optree? (1)
Downloaded from hlayiso.com 16 MUSIEK V1 (NOVEMBER 2012) 11.4.3 Watter instrument speel hy hoofsaaklik wanneer hy as ʼn solis optree? (1) 11.4.4 Met wie het hy ʼn opname gemaak toe hy terugkeer na Suid-Afrika in die 1970‟s? (1) [5] OF 11.5 Louis Mhlanga 11.5.1 Wanneer het sy loopbaan begin? (1) 11.5.2 Watter instrument het hom bekend gemaak? (1) 11.5.3 Watter groep het hy in 2001 gestig? (1) 11.5.4 Watter rol het hy gespeel in Zimbabwiese Musieketnologie Trust? (2) [5] VRAAG 12: SUID-AFRIKAANSE TRADISIONELE MUSIEK ʼn Kulturele dag is deur die Departement van Kuns en Kultuur in jou distrik georganiseer en alle leerlinge is genooi om musiek uit hulle eie kulture op te voer. Leerders van die Sotho- en Indiese kultuur vorm deel van die optredes. Skryf die stylkenmerke/eienskappe van OF Sotho OF Indiese Klassieke Musiek. [10] VRAAG 13: MUSIEKINDUSTRIE EN MUSIEKREGTE 13.1 Waarvoor staan die afkorting SAMRO? (1) 13.2 Wat is die implikasies van tantieme? (3) [4] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTTAAL: 120
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) MUSIEK V1 17 ROFWERK

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Music

View all