Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2012
FISIESE WETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*PHSCA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, 4 gegewensbladsye en ʼn antwoordblad.
Skip to contentAll 2012 papers %20(English)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--3dab9d57-5de4-490a-97e3-0f084f65f7e2/v1-31d892ee09c2834487dd/card.webp)




%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202012%20Memo_hlayiso.com_--230c1a41-a0da-4842-92a1-abb8df5e31ac/v1-f1e856db06a20fdceb5e/card.webp)
View all





Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP
Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2012
Questions in this paper
- Question 1Organic Compounds and Macromolecules5 marks
- Question 2Organic Compounds and Macromolecules16 marks
- Question 3Organic Compounds and Macromolecules8 marks
- Question 4Organic Compounds and Macromolecules12 marks
- Question 5Organic Compounds and Macromolecules21 marks
- Question 6Rate and Extent of Reactions20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou volle NAAM en VAN (en/of Eksamennommer indien nodig) in die
betrokke spasies op die ANTWOORDBLAD en ANTWOORDEBOEK.
2. Beantwoord ALLE vrae.
3. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: 25 punte
AFDELING B: 125 punte
4. Beantwoord AFDELING A op die aangehegte ANTWOORDBLAD en
AFDELING B in die ANTWOORDEBOEK.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word.
7. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
8. Gegewensbladsye en ʼn Periodieketabel is vir jou gebruik aangeheg.
9. Waar motiverings, besprekings, ens. gevra word, wees kort.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
Beantwoord hierdie afdeling op die aangehegde ANTWOORDBLAD.
VRAAG 1: EENWOORDITEMS
Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.1 – 1.5) op die ANTWOORDBLAD.
1.1 Isomere wat dieselfde bindingsorde, maar ʼn verskillende rangskikking van
atome in die ruimte het. (1)
1.2 Botsings wat tot die vorming van produkte in ʼn chemiese reaksie lei. (1)
1.3 Die stof wat tydens ʼn redoksreaksie elektrone bykry. (1)
1.4 Die naam van die waterige stof wat as ʼn produk van die chloro-alkali
industrie gevorm word. (1)
1.5 Die industriële proses waartydens ammoniak vervaardig word. (1)
[5]
VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke
vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en maak ʼn kruisie (X)
in die blokkie (A – D) langs die vraagnommer (2.1 – 2.10) op die
ANTWOORDBLAD.
2.1 Die volgende ewewigskonstante-uitdrukking word vir ʼn hipotetiese reaksie
gegee:
[Y2Z]4[XZ2]3
Kc = [X3Y8][Z2]5
Vir watter EEN van die volgende reaksies is die bostaande uitdrukking van
Kc korrek?
A X3Y8 (g) + 5Z2(g) ⇌ 4Y2Z(g) + 3XZ2 (g)
B 4Y2Z (g) + 3XZ2 (g) ⇌ X3Y8 (g) + 5Z2 (g)
C 2X3Y8 (g) + 7Z2 (g) ⇌ 6XZ2 (g) + 8Y2Z (g)
D X3Y8 (g) + 5Z2 (g) ⇌ 3Y2Z (g) + 4XZ2 (g) (2)
2.2 ʼn Student stel ʼn elektrolitiese sel soos volg op:
Cd│Cd2+║Sn2+│Sn
Watter EEN van die volgende stellings is korrek?
A Cd is die katode
B Sn is die positiewe elektrode
C Elektrone vloei vanaf Sn na Cd
D Cd word gereduseer (2)
Downloaded from hlayiso.com
4 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2012)
2.3 ʼn Koperstaaf word in sinksulfaat-oplossing geplaas. Watter van die
volgende sal waargeneem word?
A Die koperstaaf se kleur verander na silwer
B Die sinksulfaat-oplossing word blou
C Die koperstaaf word weggevreet
D Geen waarneming word gesien nie (2)
2.4 In die chemiese vergelyking:H2 (g) + Cℓ2 (g) → 2HCℓ (g), is Cℓ2 die ...
A oksideermiddel omdat dit geoksideer word.
B oksideermiddel omdat dit gereduseer word.
C reduseermiddel omdat dit geoksideer word.
D reduseermiddel omdat dit gereduseer word. (2)
2.5 Beskou die organiese verbinding wat volg:
H
H C H
H H
H C C C H
H H
H C H
H
Die IUPAC-naam van hierdie verbinding is ...
A 1,1- dimetielpropaan.
B pentaan.
C 2- metielbutaan.
D 3,3- dimetielpropaan. (2)
2.6 Watter een van die volgende verbindings verteenwoordig ʼn alkaan?
A C5H8
B C5H12
C C5H10
D C5H7 (2)
2.7 Watter organiese verbinding kan ʼn addisie-reaksie ondergaan?
A CH4
B CH3CH3
C C2H2
D CHCℓ3 (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V2 5
2.8 Die homoloëreeks met die algemene formule CnH2n-2 is die …
A alkyne.
B alkene.
C alkohole.
D alkane. (2)
2.9 ʼn Sak kunsmis het die volgende nommers wat daarop verskyn: 3:2:5 (26).
Die persentasie-samestelling van stikstof in die kunsmissak is ...
A 7,8%.
B 3%.
C 30%.
D 11,5%. (2)
2.10 Chloor is een van die hoofprodukte van die chloro-alkali industrie. Watter
een van die volgende is NIE ʼn industriële gebruik van chloor nie?
A Om bleikmiddels te vervaardig
B Om ontsmettingsmiddels te vervaardig
C Om ammoniak te vervaardig
D Om plastiek soos PVC te vervaardig (2)
[20]
TOTAAL AFDELING A: 25
Downloaded from hlayiso.com
6 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2012)
AFDELING B
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
2. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
3. Laat ʼn lyn tussen twee onderafdelings oop, byvoorbeeld, tussen VRAE 3.1
en 3.2.
4. Die formules en vervangings moet in ALLE berekeninge getoon word.
5. Rond jou antwoorde tot TWEE desimale plekke af.
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
3. Etanol reageer met suurstof om etanoësuur en water te vervaardig.
3.1 Teken die strukturele formule vir etanoësuur. (2)
3.2 Noem die homoloëreeks waaraan etanoësuur behoort. (1)
3.1 Gebruik MOLEKULÊRE FORMULES om ʼn gebalanseerde vergelyking vir
die bostaande reaksie te skryf. (3)
3.4 Noem die natuurlike proses waartydens etanol (in bier en wyn) vanaf
vrugte en ander plantmateriale verkry word. (2)
[8]
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
4.1 2- chloorbutaan reageer met natriumhidroksied om Produk A,
natriumchloried en water te vorm.
4.1.1 Teken die strukturele formule en gee die naam vir die stof wat deur
Produk A verteenwoordig word. (3)
4.1.2 Watter soort chemiese reaksie word hier verteenwoordig? (2)
4.1.3 Teken die struktuurformule vir 2-chloorbutaan. (2)
4.2 Die esters vorm ʼn groep welriekende verbindings.
4.2.1 Teken die funksionelegroep vir die esters. (2)
4.2.2 Noem die TWEE algemene stowwe wat benodig word om ʼn ester
te vorm. (2)
4.2.3 Watter reuk kan met butielbutanoaat verbind word? (1)
[12]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V2 7
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
Die tabel onderaan toon die kookpunte vir sommige alkane, wat deel vorm van
die koolwaterstowwe wat in ruolie gevind word, aan.
Alkaan Molekulêre formule Kookpunt (°C)
Metaan CH4 -162
Etaan C2H6 -89
Propaan C3H8 -42
Butaan C4H10 0
5.1 Wat verstaan jy met die term: koolwaterstowwe? (2)
5.2 Is die stowwe in die tabel versadigde of onversadigde koolwaterstowwe?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3)
5.3 Die eerste drie stowwe is almal gasse teen kamertemperatuur.
Is butaan ʼn vastestof, vloeistof of gas teen kamertemperatuur? (1)
5.4 Wat is die funksionelegroep van die alkane? (1)
5.5 Gebruik die tabel om die algemene formule vir die alkane af te lei. (2)
5.6 Beskryf die neiging met die kookpunt wat vanaf die data verkry word. (2)
5.7 Verduidelik waarom hierdie neiging in hierdie soort molekuul voorkom. (4)
5.8 Teken die strukturele formule vir die isomeer van butaan. (2)
5.9 Gee die IUPAC naam vir die verbinding wat in VRAAG 5.8 geteken was. (2)
5.10 Die kookpunt vir die isomeer van butaan is laer as die van butaan, tog het
hulle dieselfde molekulêre formule. Gee ʼn verduideliking vir die verskil in
kookpunt. (2)
[21]
Downloaded from hlayiso.com
8 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
6. ʼn Groep leerlinge besluit om ʼn ondersoek in verband met reaksietempo te
doen. Hulle voeg dieselfde hoeveelheid soutsuuroplossing (HCℓ), teen ʼn
konsentrasie van 1 mol∙dm-3, by twee aparte proefbuise. In elk van hierdie
proefbuise voeg hulle onderskeidelik 1 g sinkkorreltjies en 1 g sinkpoeier
op dieselfde tydstip.
6.1 Gee ʼn ondersoekvraag vir die ondersoek wat hierbo verteenwoordig word. (2)
6.2 Noem EEN manier hoe die leerlinge die reaksietempo van hierdie reaksie
kan meet. (2)
6.3 In watter proefbuis (A of B) sal die vorming van H2 (g) teen ʼn vinniger
tempo plaasvind? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3)
6.4 Op watter manier sal die tempo waarteen H2 (g), wat in proefbuis A gevorm
word, geaffekteer word as meer HCℓ-oplossing van dieselfde konsentrasie
by die proefbuis gevoeg word?
Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE as jou antwoord. (2)
6.5 Behalwe om meer sink of ʼn katalisator by te voeg, noem EEN ander
manier hoe die tempo van vorming van H2 (g) in beide proefbuise verhoog
kan word. (2)
6.6 Met betrekking tot jou antwoord in VRAAG 6.5, gebruik die botsingsteorie
om te verduidelik hoe die reaksietempo verhoog word. (2)
6.7 Behalwe H2 (g), watter ander produk sal vorm as gevolg van hierdie
reaksie? Skryf slegs die FORMULE van hierdie produk as jou antwoord. (1)
6.8 Skryf ʼn gebalanseerde chemiese vergelyking vir die reaksie tussen sink en
soutsuur. (3)
6.9 Vir die bostaande reaksie, neem aan dat ∆H<0 kJ∙mol-1 en die
aktiveringsenergie 350 kJ∙mol-1 is. Is die reaksie endotermies of
eksotermies? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V2 9
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
7.1 Beskou die grafiek van reaksietempo teenoor tyd vir die volgende
hipotetiese reaksie hieronder:
2 AX (g) ⇌ A2 (g) + X2 (g) (∆H > 0)
7.1.1 Watter reaksie (voorwaarts of terugwaarts) word deur grafiek A en
B onderskeidelik verteenwoordig? (2)
7.1.2 Gee ʼn verduideliking vir jou antwoord in VRAAG 7.1.1 hierbo. (3)
7.1.3 Wat word deur die gedeelte van die grafiek tussen 5 en 10 minute
verteenwoordig? (2)
7.1.4 Teen ʼn tyd van 10 minute word ʼn verandering in die
ewewigsisteem voortgebring. Watter verandering (DRUK,
TEMPERATUUR of KONSENTRASIE) is voortgebring? (2)
7.1.5 Verduidelik die effek van die verandering, wat in VRAAG 7.1.4
genoem word, op die ewewigsisteem. (3)
7.1.6 Gebruik Le Chatelier se beginsel om die effek wat ʼn verlaging in
temperatuur op die ewewigsisteem sal het te verduidelik. (3)
7.2 Die volgende reaksie bereik ewewig in ʼn geslote houer teen ʼn vaste
temperatuur T:
2 SO3 (g) ⇌ 2 SO2 (g) + O2 (g)
Teen ewewig was die volgende ontdek:
[SO3] = 0,04 mol∙dm-3
[SO2] = 0,5 mol∙dm-3
die massa van O2 = 19,2 g
Kc = 31,25
Bereken die volume van die houer. (8)
[23]
Downloaded from hlayiso.com
10 FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
8.1 Die volgende sel word in ʼn laboratorium deur ʼn groep leerlinge opgestel:
8.1.1 Watter soort sel word hier verteenwoordig? (1)
8.1.2 Gee die selnotasie vir hierdie sel. (3)
8.1.3 Watter elektrode (Zn of Ag) is die anode by hierdie sel? (1)
8.1.4 Watter soort reaksie vind by die anode plaas:
oksidasie OF reduksie? (1)
8.1.5 Skryf die halfreaksie wat by die anode voorkom. (2)
8.1.6 Skryf die halfreaksie wat by die katode voorkom. (2)
8.1.7 Gebruik jou antwoorde by VRAE 8.1.5 en 8.1.6 om die netto
selreaksie aan te toon. (4)
8.1.8 Bereken die emk van die sel. (4)
8.2 Definieer die volgende terme:
8.2.1 Elektroplatering (2)
8.2.2 Elektroraffinering (2)
[22]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V2 11
VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
9.1 Die gewone lood-suur battery, wat gebruik word om voertuie se motors aan
die gang te sit, bestaan uit ʼn aantal galvaniese selle, wat elk ʼn emk van
omtrent 2 V het, en in serie met mekaar gekoppel is sodat hulle spanning
(voltage) optellend is. Die meeste voertuie se batterye bevat ses sulke
selle en gee omtrent 12 V, maar 6 V, 24 V en 32 V batterye is ook
beskikbaar.
9.1.1 Is die lood-suur battery ʼn voorbeeld van ʼn primêre of sekondêre
sel? Verduidelik. (2)
9.1.2 Watter soort energieomsetting vind in hierdie sel plaas terwyl dit
ontlaai? (2)
9.1.3 98% van ʼn lood-suur battery kan herwin word. Noem DRIE
komponente van die battery wat herwin kan word en verduidelik, in
jou eie woorde, hoe dit herwin word. (6)
9.2 Baie boere is in die proses om terug te gaan na organiese boermetodes
deur gebruik te maak van organiese kunsmis. Een rede hiervoor is die feit
dat anorganiese kunsmis, wat wateroplosbaar moet wees, ʼn negatiewe
impak op die omgewing kan het. Een van hierdie impakte is eutrofikasie,
wat voorkom wanneer te veel anorganiese kunsmis net voor hewige reën
aangewend word.
9.2.1 Wat is organiese kunsmis? (2)
9.2.2 Verduidelik in detail hoe eutrofikasie plaasvind. (5)
9.2.3 Ammoniumsulfaat is ʼn belangrike stikstofbevattende kunsmis wat
in water oplosbaar is. Gee die formule vir ammoniumsulfaat. (2)
[19]
TOTAAL AFDELING B: 125
GROOTTOTAAL: 150
Downloaded from hlayiso.com
1 PHYSICAL SCIENCES P2/FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2012)
NATIONAL SENIOR CERTIFICATE
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAAM/NAME SIMBOOL/SYMBOL WAARDE/VALUE
Standard pressure
p 1,013 x 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
Vm 22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume teen STD
Standard temperature
Tθ 273 K
Standaardtemperatuur
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) PHYSICAL SCIENCES P2/ FISIESE WETENSKAPPE V2 2
TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE/TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
SLEUTEL/KEY Atoomgetal
1 Atomic number 2
2,1 H He
1 29 4
3 4 Elektronegatiwiteit Simbool 5 6 7 8 9 10
1,0 Li 1,5 Be Electronegativity 1,9 Cu Symbol 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne
7 9 63,5 11 12 14 16 19 20
11 12 13 14 15 16 17 18
0,9 Na 1,2 Mg Benaderde relatiewe atoommassa 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar
23 24 Approximate relative atomic mass 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2
Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn
133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209
87 88 89
0,7 Fr 0,9 Ra Ac
226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
Downloaded from hlayiso.com
3 PHYSICAL SCIENCES P2/FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2012)
TABEL 4A: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE
TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
Halfreaksies / Half-reactions (V)
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81
+
H2O2 + 2H +2e ⇌ 2H2O +1,77
2+
⇌
+
MnO 4 + 8H + 5e Mn + 4H2O + 1,51
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
2
Cr2O 7 +
+ 14H + 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33
+
O2(g) + 4H + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
+ 2+
MnO2+ 4H + 2e ⇌ Mn + 2H2O + 1,23
Pt2+ + 2e ⇌ Pt + 1,20
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
+
NO 3 + 4H + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Toenemende reduserende vermoë/Increasing reducing ability
2+
Hg + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80
Toenemende oksiderende vermoë/Increasing oxidising ability
+
NO 3 + 2H + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
3+ 2+
Fe +e ⇌ Fe + 0,77
O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52
+
SO2 + 4H + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34
2
⇌
+
SO 4 + 4H + 2e SO2(g) + 2H2O + 0,17
2+ +
Cu +e ⇌ Cu + 0,16
Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15
+
S + 2H + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,06
Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13
2+
Sn + 2e ⇌ Sn 0,14
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28
Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40
3+ 2+
Cr +e ⇌ Cr 0,41
Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74
2+
Zn + 2e ⇌ Zn 0,76
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91
Mn2+ + 2e ⇌ Mn 1,18
Aℓ 3+
+ 3e ⇌ Aℓ 1,66
Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36
Na+ + e ⇌ Na 2,71
Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87
2+
Sr + 2e ⇌ Sr 2,89
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
Cs+ + e- ⇌ Cs - 2,92
K+ + e ⇌ K 2,93
+
Li + e ⇌ Li 3,05
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) PHYSICAL SCIENCES P2/FISIESE WETENSKAPPE V2 4
TABEL 4B: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE
TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
Halfreaksies/Half-reactions
(V)
+
Li + e ⇌ Li 3,05
+
K +e ⇌ K 2,93
+
Cs + e ⇌ Cs 2,92
2+
Ba + 2e ⇌ Ba 2,90
2+
Sr + 2e ⇌ Sr 2,89
2+
Ca + 2e ⇌ Ca 2,87
+
Na + e ⇌ Na 2,71
2+
Mg + 2e ⇌ Mg 2,36
3+
Aℓ + 3e ⇌ Aℓ 1,66
2+
Mn + 2e ⇌ Mn 1,18
2+
Cr + 2e ⇌ Cr 0,91
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
2+
Zn + 2e ⇌ Zn 0,76
3+
Cr + 3e ⇌ Cr 0,74
Toenemende oksiderende vermoë/Increasing oxidising ability Toenemende reduserende vermoë/Increasing reducing ability
2+
Fe + 2e ⇌ Fe 0,44
3+ 2+
Cr + e ⇌ Cr 0,41
2+
Cd + 2e ⇌ Cd 0,40
2+
Co + 2e ⇌ Co 0,28
2+
Ni + 2e ⇌ Ni 0,27
2+
Sn + 2e ⇌ Sn 0,14
2+
Pb + 2e ⇌ Pb 0,13
3+
Fe + 3e ⇌ Fe 0,06
+
2H + 2e ⇌ H2(g) 0,00
+
S + 2H + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
4+ 2+
Sn + 2e ⇌ Sn + 0,15
2+ +
Cu + e ⇌ Cu + 0,16
2
⇌
+
SO 4 + 4H + 2e SO2(g) + 2H2O + 0,17
2+
Cu + 2e ⇌ Cu + 0,34
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
+
SO2 + 4H + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45
+
Cu + e ⇌ Cu + 0,52
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
+
O2(g) + 2H + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
3+ 2+
Fe + e ⇌ Fe + 0,77
+
NO 3 + 2H + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
+
Ag + e ⇌ Ag + 0,80
2+
Hg + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
+
NO 3 + 4H + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
2+
Pt + 2 e ⇌ Pt + 1,20
+ 2+
MnO2+ 4H + 2e ⇌ Mn + 2H2O + 1,23
+
O2(g) + 4H + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
2 3+
⇌
+
Cr2O 7 + 14H + 6e 2Cr + 7H2O + 1,33
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
2+
⇌
+
MnO 4 + 8H + 5e Mn + 4H2O + 1,51
+
H2O2 + 2H +2 e ⇌ 2H2O +1,77
3+ 2+
Co + e ⇌ Co + 1,81
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Downloaded from hlayiso.com
5 PHYSICAL SCIENCES P2/FISIESE WETENSKAPPE V2 (SEPTEMBER 2012)
PHYSICAL SCIENCES – PAPER 2
FISIESE WETENSKAPPE – VRAESTEL 2
ANSWER SHEET / ANTWOORDBLAD
NAME AND SURNAME:
NAAM EN VAN:
SECTION A/AFDELING A
QUESTION 1: ONE WORD-ITEMS/VRAAG 1: EENWOORD-ITEMS
1.1 (1)
1.2 (1)
1.3 (1)
1.4 (1)
1.5 (1)
[5]
QUESTION 2: MULTIPLE CHOICE QUESTIONS/
VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
2.1 A B C D
2.2 A B C D
2.3 A B C D
2.4 A B C D
2.5 A B C D
2.6 A B C D
2.7 A B C D
2.8 A B C D
2.9 A B C D
2.10 A B C D (10x2) [20]
TOTAL SECTION A/TOTAAL AFDELING A: 25
Study this subject
Recommended for this subject
%20(English)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--3dab9d57-5de4-490a-97e3-0f084f65f7e2/v1-31d892ee09c2834487dd/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2012 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202012%20Memo_hlayiso.com_--230c1a41-a0da-4842-92a1-abb8df5e31ac/v1-f1e856db06a20fdceb5e/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2012 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper