Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2012
FISIESE WETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*PHSCA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2012 papers %20(English)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--0c084a64-a915-451d-b115-ecf0fdc0bc4b/v1-41654da62adc48cdd343/card.webp)





View all





Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP
Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 541.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2012
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
2 FISIESE WETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou volle NAAM en VAN (en/of Eksamennommer indien nodig) in die
betrokke spasies op die ANTWOORDBLAD en ANTWOORDEBOEK.
2. Beantwoord ALLE vrae.
3. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: 25 Punte
AFDELING B: 125 Punte
4. Beantwoord AFDELING A op die aangehegte ANTWOORDBLAD en
AFDELING B in die ANTWOORDEBOEK.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word.
7. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
8. Gegewensbladsye is vir jou gebruik aangeheg.
9. Waar motiverings, besprekings, ens. gevra word, wees kort.
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
Beantwoord hierdie afdeling op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
VRAAG 1: EENWOORDITEMS
Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.1 – 1.5) op die ANTWOORDBLAD.
1.1 ʼn Sisteem waar beide wrywing en lugweerstand afwesig is. (1)
1.2 Die produk van die netto-krag en konstante snelheid waarteen ʼn voorwerp
beweeg. (1)
1.3 Die toestel in ʼn motor wat die motorbattery laai en die elektriese stelsel
dryf wanneer die enjin loop. (1)
1.4 Golwe wat uit fase ontmoet produseer hierdie verskynsel. (1)
1.5 Die elektromagnetiese golwe wat gebruik word in fluoressent
beligtingsbuise en in die fluoressent-penne. (1)
[5]
Downloaded from hlayiso.com
4 FISIESE WETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke
vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en maak ʼn kruisie
(X) in die blokkie (A – D) langs die vraagnommer (2.1 – 2.10) op die
ANTWOORDBLAD.
2.1 Norma slaan ʼn krieketbal van die grond af reguit in die lug op. Die
volgende grafiek van snelheid teenoor tyd is geteken. Opwaarts is as
positief geneem. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vraag wat volg:
39,2
v (m·s-1)
0 4 8
t (s)
-39,2
Watter van die volgende grafieke stel die ooreenstemmende posisie
teenoor tydgrafiek van die grafiek hierbo voor?
A. B. 39,2
4 8 0 4
y (m)
0
y (m) t (s) 8
-39,2 t (s)
-9,8
C. D.
78,4 78,4
39,2
0
y (m)
0
y (m)
4 8 t (s) 4 8 t (s)
(2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V1 5
2.2 Die produk van die massa en die tempo van verandering in snelheid van ʼn
voorwerp staan bekend as …
A. impuls.
B. momentum.
C. netto-krag.
D. verandering in momentum. (2)
BESTUDEER DIE DIAGRAM HIERONDER EN BEANTWOORD VRAE 2.3 EN 2.4
2.3 “A” in die diagram is ʼn denkbeeldige lyn wat alle aangrensende punte wat
in fase in ʼn golf is, verbind en staan bekend as ʼn …
A. golfie.
B. golfkruin.
C. golfbron.
D. golffront. (2)
2.4 “B” in die diagram is die …
A. golflengte.
B. golfkruin.
C. sekondêre golfie.
D. golfspoed. (2)
Downloaded from hlayiso.com
6 FISIESE WETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
BESTUDEER DIE ONDERSTAANDE DIAGRAM EN BEANTWOORD VRAE 2.5 EN 2.6
2.5 Wat impliseer die diagram rakende die beweging van die trein?
A. Die trein staan stil.
B. Die trein beweeg na Bibo.
C. Die trein beweeg na Bonita.
D. Die trein beweeg weg vanaf Bibo. (2)
2.6 Die frekwensie en toonhoogte van die klank deur Bonita gehoor in
vergelyking met wat deur Bibo gehoor word, is …
A. kleiner klankfrekwensie en ʼn laer toonhoogte.
B. kleiner klankfrekwensie en ʼn hoër toonhoogte.
C. groter klankfrekwensie en ʼn hoër toonhoogte.
D. groter klankfrekwensie en ʼn laer toonhoogte. (2)
2.7 Drie puntladings lê langs dieselfde reguit lyn soos in die diagram getoon.
Die grootte van die netto elektriese veld by q2 is …
A. 1 400 N.C-1
B. 4 x 102 N.C-1
C. 1,8 x 103 N.C-1
D. 3,2 x 103 N.C-1 (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V1 7
2.8 Die toestel, wanneer dit aan ʼn resistor gekoppel word, wat kan optree as ʼn
tydskakelaar (time delay) in ʼn elektroniese toestel is …
A. las.
B. diode.
C. diëlektrikum.
D. kapasitor. (2)
2.9 Die elektriese stroombaan van ʼn flitslig bestaan uit drie selle, ʼn skakelaar
en ʼn klein gloeilamp. Die elektriese flitslig is ontwerp om ʼn D-tipe sel te
gebruik, maar die enigste selle wat beskikbaar is vir gebruik is, is AA-tipe
selle.
Die spesifikasies van hierdie soort selle word in die tabel hieronder getoon.
Toestel Stroom vanuit elke sel
emk vir
Seltipe waarvoor dit wanneer dit verbind word aan
elke sel
ontwerp is die apparaat
D 1,5 V Flits 300 mA
AA 1,5 V TV-afstandbeheer 30 mA
Wat kan moontlik gebeur met die helderheid van die flitslig se gloeilamp
wanneer die D-tipe selle vervang word deur AA-tipe selle in die geslote
flitslig-stroombaan?
Wat moontlik kan gebeur
A. Die gloeilamp is dowwer.
B. Die gloeilamp sal nie brand nie.
C. Die helderheid bly dieselfde.
D. Die gloeilampie is helderder. (2)
2.10 In ʼn steenkool-aangedrewe kragstasie word stoom gebruik om die
turbine-lemme te draai. Die soort energie-omsetting wat hier van
toepassing is, is …
A. meganiese energie na elektriese energie.
B. chemiese energie na elektriese energie.
C. elektriese energie na chemiese energie.
D. meganiese energie om na chemiese energie. (2)
[20]
TOTAAL AFDELING A: 25
Downloaded from hlayiso.com
8 FISIESE WETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
AFDELING B
INSTRUKSIES:
1. Begin elke vraag op ʼn nuwe bladsy.
2. Laat een reël tussen onderafdelings oop, bv. tussen VRAE 3.1 en 3.2.
3. Die FORMULES en VERVANGINGS moet in ALLE berekeninge getoon
word.
4. Rond jou antwoorde tot TWEE desimale plekke af.
5. Beantwoord hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 3
Die onderstaande grafiek is nie volgens skaal geteken nie en dit toon die
beweging van ʼn bofbal wat vertikaal opwaarts gegooi word van ʼn balkon wat ʼn
entjie van die grond af is. Dit neem 0,4 s om die hoogste punt te bereik, voordat
dit terugval grond toe. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Hoe hoog is die balkon bokant die grond? (1)
3.2 Bepaal die grootte van die tyd t2 sonder die gebruik van die
bewegingsvergelykings. Motiveer jou antwoord. (2)
3.3 Bereken die beginsnelheid van die bal. (3)
3.4 Bereken die maksimum hoogte wat die bal bokant die grond bereik. (4)
3.5 Bereken die eindsnelheid van die bal wanneer dit die grond bereik. (4)
3.6 Bereken die tyd, t3, wat die bal in die lug was. (3)
3.7 Teken ʼn ooreenstemmende versnelling teenoor tyd grafiek vir die
beweging van die bal. (2)
[19]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V1 9
VRAAG 4
Ongie en Georgie stel ondersoek in na die effek wat eksterne kragte het op die
som van die kinetiese energie en gravitasie potensiële energie van ʼn
voorwerp. Hulle voer twee ondersoeke uit:
ONDERSOEK EEN
Hulle rol die bal op ʼn hoogs gepoleerde vloer (gladde oppervlak) tussen die twee
posisies gemerk A en B.
ONDERSOEK TWEE
Hulle rol die bal op ʼn mat (growwe oppervlak) tussen die twee posisies gemerk A
en B.
4.1 Verskaf ʼn enkele term vir die vetgedrukte frase in die stelling hierbo. (1)
4.2 4.2.1 Vergelyk die spoed van die bal in posisies A en B in
ONDERSOEK EEN. Motiveer jou antwoord. (2)
4.2.2 Vergelyk die spoed van die bal in posisies A en B in
ONDERSOEK TWEE. Motiveer jou antwoord. (2)
4.3 Met behulp van die antwoorde gegee in VRAAG 4.2.1 en 4.2.2, watter
gevolgtrekking kan gemaak word van beide ondersoeke? (4)
4.4 Noem en stel die beginsel van fisika dat Ongie en Georgie ondersoek het. (2)
[11]
Downloaded from hlayiso.com
10 FISIESE WETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 5
ʼn 400 kg motor sit vas aan die onderkant van die oprit, wat ʼn hoek van 15°
met die horisontaal maak. Wanneer dit langs die oprit opgetrek word,
ondervind die motor ʼn wrywingskrag van 1400 N en beweeg teen ʼn
konstante spoed van 2 m•s-1.
5.1 Teken ʼn vryliggaamdiagram van al die kragte wat op die motor inwerk
terwyl dit teen die oprit opgetrek word. (4)
5.2 Wat is die netto-arbeid op die motor verrig wanneer dit die bopunt van die
helling bereik? Gebruik die arbeid-energie-stelling om jou antwoord te
staaf. (2)
5.3 Bereken die grootte van die krag wat toegepas word om die motor teen
die oprit op te trek. (4)
5.4 Bereken die drywing van die toegepaste krag wat die motor teen die
helling teen ʼn konstante spoed van 2 m•s-1 optrek. (3)
5.5 As die afstand deur die motor afgelê vanaf die onderkant na die bopunt
van die oprit 6 m is, bereken die hoogte (h) van die oprit. (2)
ʼn Bergklimmer en ʼn stapper, met gelyke massas, begin albei op presies
dieselfde tyd aan die voet van die berg. Die stapper neem ʼn langer, maar
makliker staproete teen die berg op en is die eerste om die bokant te bereik. Die
klimmer kom later by die bokant aan.
5.6 Verduidelik, deur van relevante vergelykings gebruik te maak …
5.6.1 watter een (klimmer of stapper) die meeste arbeid teen
swaartekrag verrig het om die bokant van die berg te bereik. (2)
5.6.2 watter een meer drywing het. (2)
[19]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V1 11
VRAAG 6
ʼn Voëlkyker, wat op ʼn rots sit, hoor die skril geroep van ʼn valk met ʼn frekwensie
van 700 Hz. Die klank deur die valk voortgebring het ʼn frekwensie van 900 Hz.
Die spoed van klank op hierdie dag is 343 m•s-1.
6.1 Beweeg die valk weg van of nader aan die voëlkyker? (1)
6.2 Noem die verskynsel wat deur die voëlkyker waargeneem word. (1)
6.3 Bereken hoe vinnig die valk beweeg. (4)
Leerders van Dudes Sekondêre Skool het die volgende data versamel om ʼn
hipotese te toets. Hulle het radar gebruik, met die hulp van die polisie, op die
pad tussen Aliwal-Noord en Cookhouse.
Frekwensie gehoor deur ʼn Snelheid van die klankbron
luisteraar (Hz) (m•s-1)
500 0
580 15
660 30
740 45
820 60
Leerders se hipotese:
Hoe vinniger ʼn klankbron na ʼn stilstaande luisteraar beweeg, hoe laer is
die frekwensie van die klank wat ʼn stilstaande luisteraar hoor.
6.4 6.4.1 Gee TWEE veranderlikes wat konstant gehou word vir hierdie
ondersoek. (2)
6.4.2 Dui die onafhanklike en afhanklike veranderlikes op die grafiek
aan deur hulle op die regte as te plot.
(Dit is nie nodig om die punte te plot of die grafiek te teken nie) (2)
6.4.3 Moet die leerders hulle hipotese verwerp of aanvaar?
Motiveer jou antwoord. (1)
[11]
Downloaded from hlayiso.com
12 FISIESE WETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 7
Die diagramme hieronder toon die diffraksie-patrone vir ʼn geel lig (met ʼn
golflengte van 582 nm) en ʼn blou lig (met ʼn golflengte van 460 nm) wat
beurtelings deur dieselfde spleet geskyn word. Bestudeer die diagramme
noukeurig en beantwoord die vrae wat volg.
DIFFRAKSIE-PATROON A
DIFFRAKSIE-PATROON B
7.1 Definieer Huygens se beginsel. (2)
7.2 Watter diffraksiepatroon verteenwoordig die geel lig? A of B
Motiveer jou antwoord. (3)
7.3 Bereken die posisie van die eerste donker band vir die blou lig as die
wydte van die spleet 5 x 10 -6 m is. (3)
7.4 As die breedte van die spleet kleiner as 5 x 10-6 m gemaak word, hoe sal
die diffraksie-patrone hierbo geraak word? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
[10]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V1 13
VRAAG 8
Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg:
Navorsing waarsku voortdurend oor die gevaar van sonlig op die vel en oë.
Dokters reageer verstandig deur oogbeskerming en sonskerm aan te beveel
buite in die sonlig. Vreemd genoeg, noem sommige lampvervaardigers dat
lampe wat sonlig dupliseer goed is vir visie en vir die gesondheid van die oog.
Wie is reg?
Uit ʼn wetenskaplike oogpunt: lig bestaan uit elektromagnetiese deeltjies wat in
golwe beweeg. Hierdie golwe wissel van die langste golflengte na die kortste
golflengte om die elektromagnetiese spektrum te vorm. Die volgende golwe, nie
in volgorde nie, vorm deel van die spektrum: sigbare lig, gammastrale,
ultraviolet, mikrogolwe, X-strale, radiogolwe, infrarooi.
{www.mdsupport.org/library/hazard.html}
8.1 Verduidelik hoe sonskerm werk en gee TWEE redes hoekom dit belangrik
is om sonskerm te dra terwyl jy buite is. (3)
8.2 Watter tipe elektromagnetiese golwe het die kortste golflengte van al die
elektromagnetiese straling? (1)
8.3 Verduidelik kortliks waarom ʼn X-straal tegnikus (radiografis) by die Dora
Nginza-hospitaal deur lood beskerm moet word wanneer X-strale geneem
word van ʼn jong meisie se arm om te bepaal of die arm gebreek is, terwyl
ʼn tegnikus wat vir Umhlobo Wenene-radiostasie werk nie beskerm moet
word terwyl hy tegniese probleme by die radiostasie regstel nie. (2)
8.4 FM-uitsendings word oorgedra op ʼn frekwensie van 100 MHz. Bereken
die golflengte daarvan. (3)
[9]
VRAAG 9
Drie puntladings q1 = +5 nC, q2 = -3 nC en q (met ʼn onbekende grootte) is as
volg gerangskik:
9.1 Stel Coulomb se wet van elektrostatika in woorde. (2)
9.2 Teken die elektriese veldpatroon tussen q1 en q2 as q uit die sisteem
verwyder word. (2)
9.3 Indien die netto elektrostatiese krag op q 12 x 10-4N na regs is, bereken
die grootte van q. (6)
[10]
Downloaded from hlayiso.com
14 FISIESE WETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 10
ʼn Voltmeter word aan twee parallelle plate gekoppel wat deel vorm van ʼn
kapasitor, soos in die diagram getoon.
10.1 Teken die elektriese veldpatroon tussen die plate van ʼn kapasitor. (3)
10.2 Elke plaat van die kapasitor hierbo het die afmetings van 20 cm en 3 m.
Die kapasitor stoor ʼn lading van 3 μC wanneer ʼn 1,5 V flitslig-battery ʼn
potensiaalverskil tussen die plate bied.
10.2.1 Bereken die kapasitansie. (3)
10.2.2 Bereken die plaatskeiding (die afstand „d‟ tussen die plate). (3)
[9]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V1 15
VRAAG 11
In die diagram is ʼn battery met emk van 24 V en interne weerstand r in ʼn
stroombaan verbind soos getoon.
11.1 Toon deur middel van berekening dat die effektiewe weerstand van die
eksterne stroombaan 3,2 Ω is. (2)
11.2 Wanneer skakelaar S gesluit is, is die lesing op die ammeter 6 A. Bereken
die:
11.2.1 lesing op V2 (4)
11.2.2 interne weerstand van die battery. (3)
[9]
VRAAG 12
ʼn Elektriese voedselverwerker is gekoppel aan ʼn 172 V WS-kragpunt en die
voedselverwerker het ʼn weerstand van 20 Ω.
Bereken:
12.1 Die piek-spanning van die voedselverwerker (3)
12.2 Die piek stroom van die voedselverwerker (3)
12.3 Die gemiddelde drywing (3)
[9]
Downloaded from hlayiso.com
16 FISIESE WETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 13
Agrippa, Nancy en Absalom stel die onderstaande apparaat op deur gebruik te
maak van kaliummetaal, ʼn ammeter, ʼn battery, geleidingsdrade en ʼn ligbron.
Hulle verdonker die kamer en skyn die ultra-violet lig op die katode van
kaliummetaal
Hulle het begin deur gebruik te maak van ʼn 40 W-gloeilamp, gevolg deur
100 W- en 200 W-gloeilampe
Elektrone is in elke geval uit die kaliummetaal oppervlak vrygestel
13.1 Noem die verskynsel wat hulle hier ondersoek. (1)
13.2 Watter eienskap van die lig verander hulle wanneer 40 W-, 100 W- en
200 W-gloeilampe gebruik word? (1)
13.3 Watter effek sal die verandering van die gloeilampe, soos reeds genoem,
het op die ammeterlesing?
Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY.
Explain. (2)
ʼn Foton van ultraviolet lig met ʼn golflengte van 60 nm bots met ʼn elektron in die
kaliummetaal en stel die elektron vry. Die kinetiese energie waarmee die elektron
die metaal verlaat is 2,8 x 10-18 J.
13.4 Bereken die drumpelfrekwensie van kaliummetaal. (4)
13.5 Daar is skole in die afgeleë gebiede van die provinsie van die Oos-Kaap
wat nie Eskom-opgewekte elektrisiteit het nie. Hoe kan daardie skole
elektrisiteit opwek deur die gebruik van die deeltjieaard van lig? (1)
[9]
TOTAAL AFDELING B: 125
GROOTTOTAAL: 150
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V1 17
DATA / GEGEWENS
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS / TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
SYMBOL/
NAME/NAAM VALUE/WAARDE
SIMBOOL
Acceleration due to gravity
Swaartekragversnelling
g 9,8 m·s-2
Speed of light in a vacuum
Spoed van lig in ʼn vakuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Planck's constant
Planck se konstante
h 6,63 x 10-34 J·s
Coulomb's constant
Coulomb se konstante
k 9,0 x 109 N·m2·C-2
Charge on electron
Lading op elektron
e -1,6 x 10-19 C
Electron mass
Elektronmassa
me 9,11 x 10-31 kg
Permittivity of free space
Permittiwiteit van vry ruimte 0 8,85 x 10-12 F·m-1
TABLE 2: FORMULAE / TABEL 2: FORMULES
MOTION / BEWEGING
vf vi a t x vi t 1
2
a t 2 or/of y vi t 1
2
a t2
vf vi vf vi
vf 2 vi2 2a x or/of v f 2 vi
2
2a y x t or/of y t
2 2
FORCE/KRAG
Fnet ma p mv
Fnet t p
w mg
p mv f mv i
WORK, ENERGY AND POWER / ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W F x cos U mgh or/of E P mgh
1 1 Wnet K or/of Wnet Ek
K mv 2 or/of E k mv 2
2 2 K K f Ei or/of Ek Ekf Eki
W
P P Fv
t
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
18 FISIESE WETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
WAVES, SOUND AND LIGHT / GOLWE, KLANK EN LIG
1
v f T
f
E hf
v vL v vL
fL fs or/of fL fb c
v vs v vb E h
E W0 Ek
m where/waar
sin
a
1
E hf and / en W0 hf0 and / en Ek mv 2
2
ELECTROSTATICS / ELEKTROSTATIKA
kQ 1Q 2 kQ
F E
r2 r2
V F
E E
d q
kQ 1Q 2 W
U V=
r q
Q ε A
C= C= 0
V d
ELECTRIC CIRCUITS / ELEKTRIESE STROOMBANE
V emf ( ε ) = I(R + r)
R
I emk ( ε ) = I(R + r)
Rs R1 R2 ...
1 1 1 q=I t
...
Rp R1 R 2
W = Vq W
P
t
W = VI t
P VI
W = I²R t
P = I²R
2
V t V2
W P
R R
ALTERNATING CURRENT / WISSELSTROOM
I max I maks Paverage = VrmsIrms / Pgemiddeld = VwgkIwgk
I rms / I wgk
2 2 Paverage = I2rmsR / Pgemiddeld = I2rmsR
Vmax Vmak s 2
Vrms 2
Vrms
Vrms / Vw gk Paverage = / Pgemiddeld =
2 2 R R
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) FISIESE WETENSKAPPE V1 19
FISIESE WETENSKAPPE: V1
PHYSICAL SCIENCES: P1
ANSWER SHEET
ANTWOORDBLAD
NAAM:
NAME: _____________________________________________
AFDELING A
SECTION A
VRAAG 1: EENWOORD-ITEMS
QUESTION 1: ONE WORD ITEMS
1.1 ___________________________________ (1)
1.2 ___________________________________ (1)
1.3 ___________________________________ (1)
1.4 ___________________________________ (1)
1.5 ___________________________________ (1)
[5]
VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
QUESTION 2: MULTIPLE CHOICE QUESTIONS
2.1 A B C D
2.2 A B C D
2.3 A B C D
2.4 A B C D
2.5 A B C D
2.6 A B C D
2.7 A B C D
2.8 A B C D
2.9 A B C D
2.10 A B C D
(10x2) [20]
TOTAAL AFDELING A: 25
TOTAL SECTION A: 25
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject
%20(English)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--0c084a64-a915-451d-b115-ecf0fdc0bc4b/v1-41654da62adc48cdd343/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2012 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Mpumalanga June 2025 QP

Memorandum