Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
FISIESE WETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye, insluitende 4 datablaaie.
Skip to contentAll 2017 papers 

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9/v1-7e367ba3a3803e7feead/card.webp)


View all





Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP
Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1Organic Compounds and Macromolecules20 marks
- Question 2Organic Compounds and Macromolecules18 marks
- Question 3Organic Compounds and Macromolecules12 marks
- Question 4Organic Compounds and Macromolecules12 marks
- Question 5Rate and Extent of Reactions14 marks
- Question 6Chemical Equilibrium17 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasies op jou
ANTWOORDEBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in jou
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelstel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige apparaat gebruik.
8. Jy word aangeraai om die aangehegde GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
9. Toon ALLE formules en substitusie in ALLE bewerkings.
10. Rond jou finale numeriese antwoord af tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke.
11. Gee kort verduidelikings, motiverings, ensovoorts, waar nodig.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) FISIESE WETENSKAPPE V2 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier moontlike keuses word voorsien by die volgende vrae. Elke vraag het slegs
EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.11 E.
1.1 Watter EEN van die volgende stellings is WAAR ten opsigte van
koolwaterstowwe?
Koolwaterstowwe bevat altyd ...
A slegs enkelbindings.
B slegs koolstof- en waterstofatome.
C slegs koolstof-, waterstof- en suurstofatome.
D slegs dubbel- of trippelbindings tussen koolstofatome. (2)
1.2 ʼn Groep organiese verbindings met dieselfde algemene formule word ʼn ...
genoem.
A polimeer
B makromolekule
C funksionele groep
D homoloë reeks (2)
1.3 Die vloeidiagram hieronder toon die omsetting van verbindings met ʼn
algemene formule CnH2n na ander verbindings.
Anorganiese reaktant X
CnH2n Alkohole
Katalisator Y
CnH2n + 2
Watter EEN van die volgende gee die KORREKTE formule van die
katalisator Y en die anorganiese reaktant X?
Formule van katalisator Y Formule van anorganiese reaktant X
A Pd H2O
B Pd Verdunde KOH
C H2SO4 H2O
D H2SO4 Verdunde KOH (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
1.4 Watter EEN van die volgende reaksies is NIE deel van die vervaardiging
van swawelsuur (H2SO4) in die kontakproses NIE?
A S + O2 SO2
B 2SO2 + O2 2SO3
C SO3 + H2O H2SO4
D SO3 + H2SO4 H2S2O7 (2)
1.5 Koolsuur (HNO3) ioniseer volgens die vergelyking:
HNO3(ℓ) + H2O(ℓ) ⇌ NO3 (aq) + H3O+(aq)
Watter EEN van die volgende is ʼn KORREKTE gekonjugeerde suur-
basispaar?
A HNO3 en H2O
B NO3 en H3O+
C HNO3 en NO3
D NO3 en H2O (2)
1.6 Wanneer ʼn chemiese reaksie ewewig bereik is die ...
A konsentrasies van die reaktante en produkte dieselfde.
B konsentrasie van die produkte altyd hoër as dié van die reaktante.
C tempo van die voorwaartse reaksie gelyk aan die tempo van die
terugwaartse reaksie.
D tempo van die voorwaartse reaksie hoër as die tempo van die
terugwaartse reaksie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) FISIESE WETENSKAPPE V2 5
1.7 Die reaksie tussen stikstofdioksied en koolstofmonoksied word
verteenwoordig deur die vergelyking hieronder:
NO2(g) + CO(g) ⇌ NO(g) + CO2(g)
Die potensiële energiediagram vir die reaksie word hieronder getoon.
Met verwysing na die energieë verteenwoordig deur P, Q en R is die
aktiveringsenergie vir die terugwaartse reaksie:
A R–P
B Q+R
C R–Q
D P–Q (2)
1.8 Natriumhidroksiedkorrels (NaOH) word by water gevoeg en die
volgende ewewig word bereik:
NaOH(s) + H2O(g) ⇌ Na+(aq) + OH-(aq)
Die pH van die oplossing is 8,5.
Wanneer ʼn paar druppels van ʼn gekonsentreerde natriumchloried
(NaCℓ) oplossing by die ewewigsmengsel gevoeg word, sal die pH van
die ewewigsmengsel ...
A gelyk aan 7 wees.
B laer as 8,5 wees.
C hoër as 8,5 wees.
D onveranderd by 8,5 bly. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
1.9 Die volgende redoks-pare word in ʼn galvaniese sel gebruik.
Sn4+/Sn2+ en Ag+/Ag
Watter stof is die STERKSTE reduseermiddel? Verwys na die Standaard
Reduksiepotensiale Tabelle.
A Sn4+
B Sn2+
C Ag+
D Ag (2)
1.10 Die elektrochemiese sel hieronder word gebruik vir die elektrolise van ʼn
gekonsentreerde oplossing natriumchloried (NaCℓ).
P Q
Beskou die volgende stellings ten opsigte van die sel:
I Natrium (Na) word by elektrode Q gevorm.
II Die chloried-ioon is die oksideermiddel.
III Die oplossing is alkalies wanneer die reaksie voltooi is.
Watter van die bogenoemde stellings is WAAR?
A Slegs I
B Slegs II
C Slegs III
D Slegs I en III (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) FISIESE WETENSKAPPE V2 7
VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die letters A–F in die tabel hieronder verteenwoordig ses organiese verbindings.
O
Heksaan ǁ
A B
CH3 – C – CH2 – CH2 – CH3
C C3H6O2 D Propanoësuur
H CH2CH3 Br H H
E H C CH C CH3 F C C
H CH2CH3 H H n
Gebruik die inligting in die tabel om VRAAG 2.1 tot 2.5 te beantwoord.
2.1 Skryf die LETTER neer van ʼn verbinding wat die volgende voorstel:
2.1.1 ʼn Ketoon (1)
lar ʼn Groot molekuul saamgestel uit kleiner monomeer eenhede wat
2.1.2
A
(1)
kovalent aan mekaar ʼn herhalende patroon verbind is
2.2 Skryf neer die IUPAC naam vir:
2.2.1 Verbinding B (2)
2.2.2 Verbinding E (3)
2.3 Verbinding C word berei deur die reaksie van metanol met ʼn
karboksielsuur in die teenwoordigheid van gekonsentreerde swawelsuur.
Skryf neer die:
2.3.1 Naam van die homoloë reeks waaraan verbinding C behoort (1)
2.3.2 STRUKTUURFORMULE van die karboksielsuur wat gebruik is (2)
2.3.3 STRUKTUURFORMULE van verbinding C (2)
2.4 Verbinding D is een van die STRUKTURÊLE ISOMERE van verbinding C.
2.4.1 Definieer die term strukturele isomeer. (2)
2.4.2 Skryf die IUPAC naam neer van ʼn STRUKTUUR ISOMEER van
verbinding C, behalwe verbinding D. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.5 Verbinding A ondergaan ʼn krakingsproses waardeur korter ketting
koolwaterstowwe X en Y volgens die vergelyking geproduseer word:
Hoë Druk
Heksaan Y + X
Hoë Temperatuur
2.5.1 Klassifiseer die krakingsproses as KATALITIES of TERMIES. (1)
“Korter ketting” koolwaterstof X is ʼn monomeer van verbinding F wat in die
tabel getoon is.
2.5.2 Skryf neer die MOLEKULÊRE FORMULE van verbinding Y. (1)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) FISIESE WETENSKAPPE V2 9
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die vloeidiagram hieronder toon verskeie organiese reaksies.
D
propan-2-ol alkeen
C
A HBr
haloalkaan
3.1 Is propan-2-ol ʼn PRIMÊRE, SEKONDÊRE of TERSIÊRE alkohol? (1)
3.2 NOEM die tipe reaksie verteenwoordig deur:
3.2.1 A (1)
3.2.2 B (1)
3.2.3 C (1)
3.3 Skryf die STRUKTUURFORMULE van die haloalkaan neer. (2)
3.4 Gebruik STRUKTUURFORMULES om ʼn gebalanseerde vergelyking vir
reaksie C neer te skryf. (5)
3.5 Reaksies B vind plaas in die teenwoordigheid van ʼn sterk basis.
Is die basis wat in reaksie B gebruik word, VERDUN of GEKONSENTREERD? (1)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
4.1 Dampdruk waardes vir verbindings E en F word op die tabel hieronder getoon.
Die waardes is verkry by dieselfde temperatuur van 20 °C deur gelyke
volumes van die verbindings E en F te gebruik.
VERBINDING DAMPDRUK (in kPa by 20 °C)
E Ethanoësuur 0,5
F Propan-1-ol 2
4.1.1 Definieer die term dampdruk. (2)
4.1.2 Behalwe die twee beheerde veranderlikes wat hierbo onderstreep is,
skryf neer nog ʼn beheerde veranderlike vir hierdie ondersoek. (1)
4.1.3 Gee ʼn rede waarom waterstofbindings in verbinding E sterker is as in
verbinding F. (1)
4.2 Leerders doen ʼn ondersoek na die faktore wat die kookpunte van verbindings
A tot D in die onderstaande tabel getoon word, beïnvloed.
Die resultate van die ondersoek word in die tabel getoon.
VERBINDING AANTAL METIELKETTINGS KOOKPUNT
(VERTAKKINGS) IN ISOMEER (°C)
A CH3CH2CH2CH2CH2CH3 68
CH3CHCH2CH2CH3
B 60
CH3
CH3
C CH3CCH2CH3 50
CH3
CH3
D CH3CHCHCH3 57,9
CH3
4.2.1 Verduidelik die neiging van die kookpunte van A na C. (3)
Die kookpunte van verbindings C en D word vergelyk.
4.2.2 Skryf die onafhanklike veranderlike vir hierdie vergelyking neer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) FISIESE WETENSKAPPE V2 11
Verbinding A benodig presies 96 dm3 suurstof by STD om volledige verbranding te
ondergaan volgens die reaksie in die onderstaande vergelyking voorgestel:
2C6H14 + 19O2 12CO2 + 14H2O ΔH = - 4163 kJ/mol C6H14
4.2.3 Bereken die netto energie deur die reaksie vrygestel. (4)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Leerders ondersoek die faktore wat die tempo van ʼn reaksie beïnvloed.
In eksperiment 1: Een mol sinkkorrels reageer met OORMAAT verdunde
soutsuur by 25 °C in ʼn oop fles.
Zn(s) + 2HCℓ ZnCℓ 2(s) + H2(g) ΔH < 0
5.1 Watter verandering kan aan elk van die volgende gemaak word om die
tempo van die produksie van waterstofgas te verhoog?
5.1.1 Sinkkorrels (1)
5.1.2 Temperatuur (1)
5.2 ʼn Sketsgrafiek van die verandering is massa van die inhoud van die fles
teenoor tyd word hieronder getoon.
Grafiek van massa van sink teenoor tyd
Massa van fles en inhoud (g)
0 t1 t2 t3
tyd (minute)
5.2.1 Wat dui die horisontale gedeelte na t3 omtrent die reaksie aan? (1)
5.2.2 By watter tyd (t1, t2 of t3) is die reaksietempo die HOOGSTE?
Gee ʼn rede deur na die grafiek te verwys. (2)
5.3 Nog twee eksperimente (eksperiment 2 en 3) word uitgevoer deur slegs een
toestand in eksperiment 1 te verander.
In eksperiment 2 word die sinkkorrels in eksperiment 1 vervang met een
mol magnesium lint.
In eksperiment 3 word die sinkkorrels in eksperiment 1 met een mol koper-
vylsels vervang.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) FISIESE WETENSKAPPE V2 13
5.3.1 Teken die grafiek in VRAAG 5.2 oor en benoem dit as Zn.
Op dieselfde assestelsel, skets ʼn grafiek wat verkry kan word vir
eksperiment 2 en benoem dit Mg. (2)
5.3.2 Verwys na die relatiewe sterktes van die oksideermiddels van die
tabel van reduksie potensiale om te verduidelik waarom koper nie
met soutsuur reageer nie. (2)
5.4 ʼn Vierde eksperiment (eksperiment 4) word uitgevoer deur slegs een
toestand in eksperiment 2 te verander.
Twee energie-verspreidingskurwes vir die reaksie in eksperiment 2 en 4
word in die grafiek hieronder getoon.
Aantal molekules
eksperiment 2
eksperiment 4
EK
5.4.1 Watter verandering is gemaak aan die reaksie voorwaardes in
eksperiment 2 om die resultate van eksperiment 4 te verkry? (1)
5.4.2 Gebruik die botsingsteorie om te verduidelik hoe die verandering
genoem in VRAAG 5.4.1 die reaksietempo beïnvloed. (4)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die volgende omkeerbare reaksie vind in ʼn geslote houer plaas:
3X2(g) + 2A(s) ⇌ 2AX3(g)
6.1 Definieer die term omkeerbare reaksie. (2)
6.2 Die reaksie bereik ewewig by ʼn temperatuur by 300 K.
Hoe sal ELK van die volgende veranderinge die hoeveelheid X2 beïnvloed?
Kies uit VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE.
6.2.1 Verwyder AX3 soos dit vorm. (1)
6.2.2 Verminder druk deur die volume te vergroot. (1)
Die grafiek hieronder toon hoe die ewewigskonstante, Kc, verander met die
temperatuur van die reaksie.
Grafiek van ewewigskonstante teenoor temperatuur
1
Ewewigskonstant, Kc
10-2
10-4
10-6
200 400 600 800
Temperatuur (K)
6.3 Verwys na die grafiek en skryf die Kc waarde by 300 K neer. (1)
6.4 0,46 mol X2 en oormaat A word aanvanklik in ʼn geseëlde houer geplaas en
ewewig word by 300 K bereik.
Die konsentrasie van AX3 by ewewig is 0,1 mol.dm-3.
Bereken die volume van die houer. (8)
6.5 Watter effek het die toename in temperatuur op die hoeveelheid AX3 by
ewewig? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.
Gebruik Le Chatelier se beginsel en inligting vanaf die grafiek om die antwoord
te verduidelik. (4)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) FISIESE WETENSKAPPE V2 15
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
7.1 ʼn Sout reageer met water volgens die gebalanseerde netto reaksie:
CO32 (aq) + H2O(ℓ) ⇌ HCO3 (aq) + OH (aq) Kb = 2,13 x 10-4 by 25 °C
7.1.1 Skryf neer ʼn term vir die reaksie van ʼn sout met water. (1)
7.1.2 Is die karbonaat-ioon (CO32 ) ʼn STERK of SWAK basis? Ondersteun
jou antwoord deur na die gegewe Kb waarde ter verwys. (2)
7.1.3 Tree die twee stowwe (H2O en HCO3 ) as SURE of BASISSE in die
reaksie op?
Gee ʼn rede. (2)
7.2 Tydens ʼn titrasie word presies 40 cm3 van ʼn sterk diprotiese suur (H2X) van
onbekende konsentrasie geneutraliseer deur ʼn natriumhidroksied oplossing
(NaOH) met ʼn konsentrasie van 0,1 mol.dm-3.
Die reaksie word verteenwoordig deur die gebalanseerde vergelyking
hieronder getoon.
H2X(aq) + 2NaOH(aq) Na2X(aq) + 2H2O(ℓ)
Apparaat X hieronder word gebruik om die aanvanklike en finale volume van
natriumhidroksied tydens die titrasie aan te toon.
0
Aanvanklike volume NaOH(aq)
20
Finale volume NaOH (aq)
40
Apparaat X
7.2.1 Skryf neer die NAAM van apparaat X. (1)
7.2.2 Skryf die volume natriumhidroksied wat in die titrasie gebruik is in cm3
neer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
7.2.3 Bereken die aantal mol natriumhidroksied wat tydens die titrasie
reageer het. (3)
7.2.4 Bereken die pH van die diprotiese suur H2X, voordat dit in die titrasie
gebruik is. (5)
7.2.5 Is die oplossing by die eindpunt SUUR, ALKALIES of NEUTRAAL?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) FISIESE WETENSKAPPE V2 17
VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Galvaniese sel word opgestel volgens die reaksie voorgestel deur die
volgende vergelyking. Die reaksie vind onder standaard omstandighede plaas.
3Ag+ + Ti ⇌ 3Ag + Ti+3
Silwernitraat (AgNO3) en Titaannitraat (Ti(NO3)3) oplossings word as
elektroliete gebruik.
V
Q
Ag Ti
8.1 Definieer die term elektroliet. (2)
8.2 Aan watter terminaal van die voltmeter is die Ag elektrode gekoppel?
Skryf neer slegs POSITIEF of NEGATIEF. Gee ʼn rede. (2)
8.3 Vir hierdie galvaniese sel, skryf neer die:
8.3.1 Aanvanklike konsentrasie van die elektroliete (1)
8.3.2 Selnotasie (3)
8.4 Die aanvanklike lesing op die voltmeter is 2,43 volt.
Bereken die standaard reduksiepotensiaal van die Ti-elektrode. (4)
8.5 ʼn Nuwe sel word onder standaard toestande opgestel deur die Ag+/Ag
halfsel met ʼn Mg2+/Mg halfsel te vervang.
Skryf ʼn gebalanseerde vergelyking vir die algehele (netto) selreaksie neer
in die nuwe sel. (3)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die elektrolitiese sel, P, hieronder word gebruik om ʼn monster ONSUIWER koper
te suiwer vir die gebruik in elektriese drade. ʼn Koper(II)chloried oplossing, CuCl2,
word as ʼn elektroliet gebruik. Elektrode B bevat 95,7% Cu by massa.
Kragbron
A B
Cu(s) 95,7% Cu(s)
CuCℓ2 (aq)
SEL P
9.1 Is elektrode A, die POSITIEWE of NEGATIEWE elektrode? (1)
9.2 Gee ʼn rede waarom die koper gesuiwer moet word voordat dit in elektriese
drade gebruik word. (1)
9.3 Sal die massa van elektrode B TOENEEM of AFNEEM wanneer die sel in
werking is?
Skryf neer die relatiewe half-reaksie om jou antwoord te ondersteun. (3)
9.4 Nadat al die koper gesuiwer is, word daar gevind dat 2 mol elektrone is
vanaf die anode na die katode oorgedra.
Bereken die massa van die ONSUIWER kopermonster. (5)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) FISIESE WETENSKAPPE V2 19
VRAAG 10 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die vloeidiagram hieronder toon die prosesse betrokke in die industriële
vervaardiging van kunsmis Y.
Haber-proses Verbinding X
Kunsmis Y
+ O2 + O2 + H2O
Verbinding X Gas A + H2O NO2 SUUR Q
Stap 1 Stap 2 Stap 3
Proses B
Verbinding X is ʼn produk van die Haber-proses.
10.1 Skryf neer die:
10.1.1 Naam van verbinding X (1)
10.1.2 Naam van proses B wat deur Stappe 1 tot 3 verteenwoordig word (1)
10.1.3 Formule van Gas A (1)
10.1.4 Formule van SUUR Q en die ander produk in Stap 3 (2)
10.1.5 Gebalanseerde vergelyking vir die reaksie van verbinding X en
SUUR Q (3)
10.2 Om NPK-kunsmis te vervaardig, word 39,6 kg suiwer ammoniumsulfaat,
(NH4)2SO4, met fosfate en kaliumsoute gemeng. ʼn Sak kunsmis word verkry
en word soos volg gemerk:
7:3:5 (36)
m kg
10.2.1 Wat dui die nommer 36 op die sak aan? (1)
10.2.2 Skryf neer EEN negatiewe impak wat eutrofikasie op die omgewing
het. (1)
10.2.2 Bereken die massa (m) van die inhoud van die sak in kg.
(AANVAAR DAT DIE ENIGSTE BRON VAN STIKSTOF
AMMONIUMSULFAAT IS.) (5)
[15]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
NATIONAL SENIOR CERTIFICATE
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAAM/NAME SIMBOOL/SYMBOL WAARDE/VALUE
Standard pressure
p 1,013 x 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
Vm 22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume teen STD
Standard temperature
Tθ 273 K
Standaardtemperatuur
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Avogadro’s constant
NA 6,02 x 1023 mol-1
Avogadro se konstante
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
m n m
n = M or/of c = V or/of c = MV pH= -log[H3O+]
Kw = [H3O+][OH-] = 1x10-14
N ca Va na at /by 298K
n= N or/of =
A
cb Vb nb
V
n= V
o
Eθcell = Eθcathode – Eθanode / Eθsel = Eθkatode – Eθanode
Eθcell = Eθreduction – Eθoxidation / Eθsel = Eθreduksie – Eθoksidasie
Eθcell = Eθoxidising agent – Eθreducing agent / Eθsel = Eθoksideermiddel – Eθreduseermiddel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) FISIESE WETENSKAPPE V2 21
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) Atomic Number (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
KEY/ SLEUTEL
1 Atoomgetal 2
2,1 H He
1 4
3 4 29 5 6 7 8 9 10
Eletronegativity Symbol
1,0 Li 1,5 Be Cu 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne
7 9 Electronegatiwiteit 1,9 Simbool 11 12 14 16 19 20
11 12 63,5 13 14 15 16 17 18
Na Mg Aℓ Si P S Cℓ Ar
0,9 23 1,2 24 Approximate relative atomic mass 1,5 27 1,8 28 2,1 31 2,5 32 3,0 35,5 40
Benaderde relatiewe atoommassa
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe Co
1,8 1,8Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru Rh
2,2 Pd
2,2 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn
133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209
87 88 89
0,7 Fr 0,9 Ra Ac
Downloaded from hlayiso.com
226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4A: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies Eθ (V)
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
⇌ Co2+
3+
Co +e + 1,81
H2O2 + 2H+ +2e ⇌ 2H2O +1,77
MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
2
⇌
3+
Cr2O 7 + 14H+ + 6e 2Cr + 7H2O + 1,33
O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
Pt2+ + 2e ⇌ Pt + 1,20
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Hg(ℓ)
⇌
2+ + 0,85
Hg + 2e
Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë
Ag+ + e ⇌
Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë
Ag + 0,80
NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
⇌
3+ 2+
Fe +e Fe + 0,77
O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52
SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
⇌
2+ Cu + 0,34
Cu + 2e
2
SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
Cu2+ + e ⇌ Cu+ + 0,16
⇌
4+ 2+
Sn + 2e Sn + 0,15
S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,06
Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13
Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28
Cd 2+
+ 2e
⇌ Cd 0,40
Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41
Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr 3+
+ 3e
⇌ Cr 0,74
Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91
Mn 2+
+ 2e
⇌ Mn 1,18
Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66
Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36
Na+ + e ⇌ Na 2,71
Ca 2+
+ 2e
⇌ Ca 2,87
Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
Cs+ + e- ⇌ Cs - 2,92
K +e +
⇌ K 2,93
Li+ + e ⇌ Li 3,05
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) FISIESE WETENSKAPPE V2 23
TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4B: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies Eθ (V)
Li+ + e ⇌ Li 3,05
K +e +
⇌ K 2,93
Cs+ + e ⇌ Cs 2,92
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89
Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87
Na+ + e ⇌ Na 2,71
Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36
Aℓ + 3e
3+
⇌ Aℓ 1,66
Mn2+ + 2e ⇌ Mn 1,18
Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76
Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë
Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74
Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr + e3+
⇌ Cr 2+
0,41
Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40
Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14
2+
Pb + 2e
⇌ Pb 0,13
Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,06
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15
⇌ Cu+
2+
Cu + e + 0,16
2
SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
⇌
2+
Cu + 2e Cu + 0,34
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
⇌
+
SO2 + 4H + 4e S + 2H2O + 0,45
Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77
NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
⇌
+
Ag + e Ag + 0,80
Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
⇌
2+
Pt + 2 e Pt + 1,20
MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
2
Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
⇌
2+
MnO 4 + 8H+ + 5e Mn + 4H2O + 1,51
H2O2 + 2H+ +2 e ⇌ 2H2O +1,77
⇌
3+ 2+
Co + e Co + 1,81
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

Errata
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 Errata
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9/v1-7e367ba3a3803e7feead/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 KwaZulu Natal November 2017 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper