Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n Antwoordblad van 2 bladsye (i–ii), en 'n
Datablad van 2 bladsye (i–ii). Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Lees die vrae noukeurig deur.
4. Gebruik die data en formules waar ook al nodig.
5. Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy.
6. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.
7. Toon jou bewerkings in alle berekeninge.
8. Dit is nie nodig om bewerkings in te sluit in die berekeninge nie, maar gepaste
eenhede moet in die antwoord getoon word.
9. Antwoorde moet uitgedruk word in desimale formaat en nie as egte breuke gelaat
word nie.
10. Waar van toepassing, skryf antwoorde tot TWEE desimale plekke.
11. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 




_hlayiso.com_--02ee4df7-1da4-4d41-a14b-a0b2b2d781f5/v1-591f24580dfb16122386/card.webp)






View all


_hlayiso.com_--02eb6021-d358-4621-adb1-711aa366a16c/v1-4e4bef49752be5087d73/card.webp)


Physical Sciences Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Physical Sciences · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 16
- File size
- 420.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 2 van 16
VRAAG 1 MEERVOUDIGE KEUSEVRAE
Antwoord die vrae op die meervoudige keusevrae antwoordblad op die
binnekant van die voorblad van die Antwoordboek. Maak 'n kruisie (X) in die
blokkie wat ooreenstem met die letter wat jy as die korrekte antwoord
beskou.
1.1 Watter ry toon 'n fisiese hoeveelheid en 'n korrekte eenheid?
Fisiese hoeveelheid Eenheid
A Krag kg.m.s-1
B Effektiwiteit J
C Momentum N.s-1
D Werk N.m
1.2 Die grafiek toon hoe die snelheid van 'n voorwerp met tyd verander.
snelheid
0 tyd
Watter een van die volgende grafieke toon hoe die versnelling van die
voorwerp met tyd verander, korrek aan?
A B
C D
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 3 van 16
1.3 'n Voorwerp wat aanvanklik in rus is, beweeg 'n afstand d in 'n tyd t teen 'n
konstante versnelling. Hoeveel tyd het dit die voorwerp geneem om 16 d
vanuit rus teen dieselfde versnelling te beweeg?
A 2t
B 4t
C 8t
D 16 t
1.4 Twee blokke met gewig 7 N en 3 N, is aan twee toue, X en Y, verbind soos
hieronder getoon.
X
7N
Y
3N
Die blokke hang vertikaal in rus. Die massas van die toue is weglaatbaar.
Wat is die spanning in tou X en in tou Y?
Spanning in X Spanning in Y
A 10 N 10 N
B 10 N 3N
C 7N 4N
D 7N 7N
1.5 Die massa van 'n vuurpyl-aangedrewe motor is ongeveer gelyk aan die
massa van die brandstof in sy tenk. Die vuurpyl word ontbrand en die motor
word in 'n reguit lyn deur 'n konstante krag aangedryf. Die effek van
lugweerstand is verwaarloosbaar.
Tydens 'n toetsrit word brandstof teen 'n konstante tempo verbruik.
Watter stelling is 'n korrekte beskrywing van die versnelling van die motor
tydens die toetsrit?
A Die versnelling van die motor neem af soos die brandstof verbruik
word
B Die versnelling van die motor bly konstant soos die brandstof
verbruik word
C Die versnelling van die motor neem toe soos die brandstof verbruik
word
D Die versnelling van die motor is nul en die motor beweeg teen 'n
konstante snelheid
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 4 van 16
1.6 Twee waentjies met verkillende massas m en M, is verbind aan mekaar en
in rus.
M m
'n Klein ontploffing veroorsaak dat die waentjies uitmekaar beweeg. Na die
ontploffing beweeg die wa, met massa m, met 'n snelheid v.
M v
m
Die verandering in momentum van massa M is
A – mv
B mv
C – Mv
D Mv
1.7 Twee bokse X en Y het dieselfde massa. Boks X word opgelig deur 'n
vertikale hoogte h, deur 'n krag met grootte F.
Boks Y word teen 'n helling opgetrek deur 'n krag met dieselfde grootte om
dieselfde vertikale hoogte te bereik, soos aangetoon.
h h
F
F
Boks X Boks Y
Watter stelling is korrek?
Verandering in gravitasie Hoeveelheid werk gedoen
potensiële energie van die bokse deur F
A Is dieselfde vir boks X en boks Y Is dieselfde op X en Y
B Is dieselfde vir boks X en boks Y Is meer vir boks Y as vir boks X
C Is minder vir boks Y as vir boks X Is minder vir boks Y as vir boks X
D Is meer vir boks Y as vir boks X Is meer vir boks Y as vir boks X
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 5 van 16
1.8 Die massa van 'n planeet is twee maal soveel as die van die Aarde. Sy
radius is helfte die radius van die Aarde. Die gravitasieveld by die oppervlak
van die Aarde is g. Die gravitasieveld by die oppervlak van die planeet is
A g
B 2g
C 4g
D 8g
1.9 'n Battery met verwaarloosbare interne weerstand is verbind aan 'n
veranderbare resistor X en 'n vaste resistor Y soos getoon in die
stroombaandiagram. Die potensiaalverskil oor die veranderbare resistor X is
Vx en oor resistor Y is Vy.
X Y
Vx Vy
As die weerstand van resistor X verhoog word, wat sal gebeur met Vx en Vy?
Vx Vy
A Afneem Toeneem
B Afneem Bly dieselfde
C Toeneem Afneem
D Toeneem Bly dieselfde
1.10 'n Geleidende vierkantige spoel word geplaas in 'n uniforme magnetiese
veld. Die rigting van die magnetiese veld is in die bladsy in. Daar is 'n
kloksgewyse stroom in die spoel.
Watter pyl dui die korrekte rigting aan van die krag wat uitgeoefen word op
die kant van die spoel?
× × × × ×
Magnetiese
veld in die
× × × × ×
B bladsy in
× × × × ×
A C
× × × × ×
× × × × ×
× Stroom- × × ×
rigting D [20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 6 van 16
VRAAG 2 WEDREN
2.1 Tsholofelo hardloop Noord op 'n reguit baan. 'n Snelheid vs tyd-grafiek van
die beweging word hieronder getoon.
12
v (m.s-1)
0
0 10 25 t (s)
2.1.1 Definieer snelheid. (2)
2.1.2 Bepaal Tsholofelo se oombliklike snelheid by 25 s. (2)
2.1.3 Bereken die grootte van Tsholofelo se gemiddelde snelheid vir 25 s. (6)
2.1.4 Definieer versnelling. (2)
2.1.5 Bereken die grootte van Tsholofelo se versnelling vir die eerste
10 s van sy wedloop. (3)
2.2 Helen en Matthew ry op hulle bromponies (scooters). Matthew is in rus
wanneer Helen hom verbygaan met 'n konstante spoed van 0,37 m⋅s-1
terwyl sy in 'n reguit lyn beweeg. Na 1,8 s besluit Matthew om Helen te jaag
en haar te probeer vang. Matthew versnel teen 0,91 m⋅s-2. Hoeveel tyd het
Helen vanaf die oomblik wat sy by Matthew verbygegaan het, totdat
Matthew reg langs haar is? (7)
[22]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 7 van 16
VRAAG 3 BEWEGING
3.1 Die posisie vs tyd grafiek vir voorwerpe A en B wat in dieselfde rigting in 'n
reguit lyn beweeg, word hieronder getoon.
25
B
20
posisie 15
A
( )
10
5
0 tyd (s)
0 1 2 3 4 5 6
3.1.1 Op die oomblik, t = 1 s, is die spoed van voorwerp A groter as, of
kleiner as die spoed van voorwerp B? Gebruik die grafiek om jou
antwoord te verduidelik. (3)
3.1.2 Bereik voorwerp A en voorwerp B ooit dieselfde spoed? Indien wel,
by ongeveer watter tyd is die spoed van beide dieselfde? (2)
3.1.3 Watter voorwerp het die groter verplasing oor die 6 s? (2)
3.2 'n Helikopter vlieg vertikaal opwaarts teen 'n konstante spoed van 2 m⋅s–1
wanneer 'n waaghals by 'n oop deur uittree. Die waaghals land op 'n
trampolien 4,32 s later.
3.2.1 Bereken die hoogte van die helikopter bokant die trampolien toe die
waaghals gespring het. (4)
3.2.2 Bereken die snelheid van die waaghals wanneer hy die trampolien
bereik. (5)
Wanneer die waaghals op die trampolien land, sak die trampolien 1,5 m
voordat die waaghals terug in die lug op geprojekteer word.
[Beeld beskikbaar by: <https://boards.fireden.net/sci/thread/8833741>]
3.2.3 Teken 'n benoemde vrye-liggaamsdiagram van die waaghals
wanneer die trampolien op sy laagste is. Die relatiewe groottes van
die kragte moet duidelik wees. (3)
3.2.4 By die heel laagste punt, wanneer die afsakking van die trampolien
die grootste is, is die waaghals se versnelling opwaarts, afwaarts of
nul? Verduidelik jou antwoord. (2)
[21]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 8 van 16
VRAAG 4 GLIP-EN-GLY EN VUURPYLE
4.1 'n Kind met 'n massa van 48 kg is op 'n water-glip-en-gly. Die kind gly teen
'n steil helling af en beweeg dan verder met 'n kleiner helling opwaarts, wat
'n hoek θ met die horisontaal maak. Die kinetiese wrywingskoëffisiënt
is 0,12.
B
A
θ
Die kind gly verby punt A met 'n spoed van 15 m⋅s–1. Die kind bereik net-net
punt B.
4.1.1 Teken 'n benoemde vrye-liggaamsdiagram wat al die kragte toon wat
op die kind inwerk terwyl hy gly van A na B. (3)
Die komponent van die kind se gewig langs die helling af is 52,52 N.
4.1.2 Bereken die waarde van θ. (3)
4.1.3 Bereken die wrywingskrag wat op die kind inwerk. (4)
4.1.4 Stel Newton se tweede wet van beweging. (2)
4.1.5 Bereken die versnelling van die kind. (4)
Wanneer die kind punt B bereik, gly hy onmiddellik terug langs die helling af
in die rigting van punt A.
4.1.6 Verduidelik of die grootte van die kind se versnelling van A tot B
dieselfde, groter of kleiner is as die grootte van die kind se
versnelling van B tot A. (3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 9 van 16
4.2 'n Vuurpyl in die diep ruimte beweeg na die kant toe, met sy enjins af, van A
na B, soos getoon in die diagram.
[Beeld van: <http://www.clker.com/clipart-black-and-white-rocket-fire.html>]
Wanneer die vuurpyl punt B bereik, vuur die vuurpyl sy enjins vir 2 s terwyl
die vuurpyl na 'n punt C beweeg. By punt C word die enjins afgeskakel.
Op die diagram op die Antwoordblad, teken
4.2.1 punt C en die pad wat die vuurpyl volg van B tot C. (2)
4.2.2 die pad wat die vuurpyl van C af verder volg. (2)
[23]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 10 van 16
VRAAG 5 MODEL-MOTORS EN WAENS
5.1 'n Student doen 'n ondersoek om vas te stel of die aanvanklike snelheid van
'n model-motor die tyd bepaal vir die motor om te stop wanneer dit 'n
konstante resulterende krag ervaar. Die student reël vir model-motors om te
begin met verskillende snelhede (v). Die motor rem dan en die student meet
die tyd geneem vir die motor om te stop (∆ t) en tabuleer die uitslae.
5.1.1 Stel die onafhanklike veranderlike in die ondersoek. (2)
Die uitslae wat die student gekry het, word in die tabel aangeteken.
v (m⋅s-1) ∆ t (s)
8 4,8
13 8,2
18 10,7
24 14,8
30 17,8
34 21,0
5.1.2 Plot 'n grafiek van tyd geneem om te stop, ∆ t (op die y-as) vs
aanvanklike snelheid, v (op die x-as) op die grafiekpapier op die
Antwoordblad verskaf. (6)
5.1.3 Bereken die gradiënt van jou grafiek. Toon die waardes wat jy
gebruik het op jou grafiek en sluit die gepaste eenheid in by jou
antwoord. (5)
5.1.4 Herrangskik die vergelyking Fnet ∆ t = m∆v om ∆ t te skryf in terme
van v vir die eksperiment wat beskryf is. (1)
Die resulterende krag wat die motor ervaar het, is konstant gehou by –140
N vir elke snelheid.
5.1.5 Gebruik nou jou antwoorde op Vraag 5.1.3 en Vraag 5.1.4 om die
massa van die model-motor te bereken. (3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 11 van 16
5.2 'n Wa met 'n massa van 60 kg beweeg teen 'n spoed van 7,5 m⋅s–1 by die
onderpunt van 'n ruwe helling wat 'n hoek van 25° met die horisontaal
maak. Die wa kom tot rus nadat dit teen die helling opbeweeg het tot by 'n
vertikale hoogte van 2,8 m.
2,8 m
7,5 m⋅s–1
25°
5.2.1 Definieer kinetiese energie. (2)
5.2.2 Bereken die kinetiese energie van die wa aan die onderkant van die
helling. (3)
5.2.3 Bereken die toename in gravitasie potensiële energie van die wa by
die hoogste punt. (3)
5.2.4 Bereken die werk gedoen teen die wrywingskrag as die wa teen die
helling opbeweeg. (2)
5.2.5 Bereken nou die grootte van die wrywingskrag wat op die wa inwerk
soos dit teen die helling opbeweeg. (4)
[31]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 12 van 16
VRAAG 6 VELDE
6.1 In 'n demonstrasie oor elektrostatika word 'n lading van + 30 nC gegee aan
'n klein metaalballetjie vas aan 'n geïsoleerde stafie.
6.1.1 Teken 'n diagram om die elektriese veld om 'n + 30 nC lading te
toon. (2)
Die + 30 nC lading word nou direk bokant 'n soortgelyke balletjie gehou, wat
'n lading van – 100 nC en 'n massa van 1,5 g het, wat op 'n geïsoleerde
tafel lê. Die boonste balletjie word nader aan die onderste balletjie gebring
sodat dit opgetel kan word.
6.1.2 Stel Coulomb se Wet. (2)
6.1.3 Bereken die afstand h waar die 1,5 g bal net-net deur die
elektrostatiese krag van die tafel af gelig word. (6)
6.2 Gelaaide deeltjies van – 2 μC en + 6 μC word 5 cm van mekaar geplaas,
soos in die diagram getoon.
6.2.1 Bereken die grootte van die elektriese veld as gevolg van die + 6 μC
lading by punt P. (4)
6.2.2 Bereken nou die netto elektriese veld by punt P. (5)
[19]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 13 van 16
VRAAG 7 ELEKTRIESE STROOMBANE
7.1 In die stroombaan hieronder voorgestel, het die battery 'n emk van 15 V en
'n onbekende interne weerstand. Voltmeter V1 is oor die battery verbind en
voltmeter V2 is oor 'n oop skakelaar S verbind. Die weerstand van die
ammeter is verwaarloosbaar.
V1
15 V, r
A 6Ω 12 Ω
1Ω
𝑆𝑆
V2
Die skakelaar S is oop.
7.1.1 Definieer potensiaalverskil. (2)
7.1.2 Bepaal die lesing op voltmeter V1. (2)
7.1.3 Bepaal die lesing op voltmeter V2. (2)
Die skakelaar S is nou gesluit. Die lesing op voltmeter V1 val na 10,5 V.
7.1.4 Gebruik 'n geskikte vergelyking om te verduidelik waarom die lesing
op V1 val. (3)
7.1.5 Bereken die effektiewe weerstand van die resistors in parallel. (3)
7.1.6 Bereken die lesing op die ammeter. (3)
7.1.7 Bereken die interne weerstand van die battery. (3)
7.2 'n Elektrisiën moet 'n gloeilamp vervang wat 'n 220 V toevoer het.
Ongelukkig is die enigste ander werkende gloeilamp in voorraad
50 V, 100 W gegradeer.
7.2.1 Bereken die weerstand van die 50 V, 100 W gloeilamp. (3)
7.2.2 Bereken die stroom wat deur die werkende gloeilamp behoort te vloei. (3)
Die elektrisiën gebruik die 50 V, 100 W gloeilamp en verbind 'n weerstand
in serie met die gloeilamp om te verseker dat die gloeilamp by die korrekte
gradering funksioneer wanneer dit verbind aan die 220 V toevoer.
7.2.3 Wat moet die weerstand van die resistor wees wat die elektrisiën in
serie met die gloeilamp verbind? (3)
[27]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 14 van 16
VRAAG 8 ELEKTRODINAMIKA
8.1 'n Uniforme magnetiese veld wys opwaarts saam met die vlak van die
papier soos in die diagram getoon. 'n Draad is loodreg op die papier.
Wanneer die draad 'n stroom dra, is die magnetiese veld by punt X zero.
B veld
X Y
draad
bladsy
8.1.1 Stel die rigting van die stroom in die draad (in die bladsy in of uit die
bladsy uit). (2)
Punt Y is twee keer so ver van die draad as punt X. Die magnetiese veld
as gevolg van 'n stroom in 'n draad is omgekeerd eweredig aan die afstand
vanaf die draad.
8.1.2 Beskryf die netto magnetiese veld by punt Y. Wees spesifiek oor die
rigting en grootte relatief tot die uniforme B veld. (4)
8.2 Noem twee praktiese voorbeelde van die gebruik van elektromagnetiese (2)
induksie.
8.3 Die diagram hieronder stel 'n solenoïed voor, met 'n stroom van 2 A in die
rigting soos aangedui.
solenoïed
I
8.3.1 Op die diagram op die Antwoordblad, skets die magnetiese veld
geassosieer met die solenoïed en dui aan watter kant die noordpool
is. (3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 15 van 16
'n Klein spoel, in rus, verbind aan 'n sensitiewe voltmeter, is naby die
stilstaande solenoïed soos getoon.
klein spoel
solenoïed
V
I
8.3.2 Stel Faraday se wet van elektromagnetiese induksie. (2)
8.3.3 Verduidelik waarom die voltmeter 'n nul-lesing het. (2)
8.3.4 Stel drie verskillende maniere waarop 'n emk in die klein spoel
geïnduseer kan word. (6)
[21]
BLAAI ASSEBLIEF OM VIR VRAAG 9
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 16 van 16
VRAAG 9 FOTONE EN ELEKTRONE
Die langste golflengte wat sal veroorsaak dat elektrone vrygestel word van 'n
natrium-metaaloppervlak wanneer lig op die metaal geskyn word, is 583 nm.
9.1 Definieer drumpelfrekwensie. (2)
9.2 Bereken die drumpelfrekwensie vir die natrium-metaal. (3)
9.3 Bereken nou die werksfunksie van die natrium-metaal. (3)
'n Lae intensiteit lig met golflengte van 450 nm val in op die natrium.
9.4 Bereken die kinetiese energie van die vrygestelde elektrone. (4)
'n Hoër intensiteit lig, ook met 'n golflengte van 450 nm, vervang die lae intensiteit lig.
9.5 Wat sal die effek van die hoër intensiteit lig wees op
9.5.1 die kinetiese energie van die vrygestelde elektrone? (2)
9.5.2 die aantal vrygestelde elektrone? (2)
[16]
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Physical Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Physical Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Physical Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Physical Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Physical Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)
_hlayiso.com_--02ee4df7-1da4-4d41-a14b-a0b2b2d781f5/v1-591f24580dfb16122386/card.webp)
Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper
Related documents

Data sheetIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Data Sheet

MemorandumIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2016 Question Paper

Data sheetIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Data Sheet

MemorandumIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo
More from Grade 12 Physical Sciences

Data sheetIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2018 Data Sheet

Data sheetIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2018 Data Sheet

MemorandumIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo
_hlayiso.com_--02eb6021-d358-4621-adb1-711aa366a16c/v1-4e4bef49752be5087d73/card.webp)
Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

MemorandumIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

Data sheetIEB