Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)
2018
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 gegewensblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 507.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/2018
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
die ANTWOORDEBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit 11 VRAE. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is
5. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
9. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/2018
SSE
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 Die netto (resultante) krag wat op 'n voorwerp inwerk, is gelyk aan die … van
die voorwerp in die rigting van die netto krag.
A verandering in momentum
B verandering in kinetiese energie
C tempo van verandering van momentum
D tempo van verandering van kinetiese energie (2)
1.2 'n Fisiese hoeveelheid, wat beskryf word as 'n maatstaaf van die weerstand
van 'n liggaam teen 'n verandering in beweging, word … genoem.
A traagheid
B krag
C versnelling
D gewig (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 4 DBE/2018
SSE
1.3 Die diagram hieronder toon 'n gedeelte van die pad van 'n klip wat vertikaal
opwaarts geprojekteer is.
• II
I•
• III
• IV
By watter EEN van die posisies wat op die diagram aangedui word, sal die
grootte van die klip se momentum die GROOTSTE wees? Ignoreer
lugweerstand.
A I
B II
C III
D IV (2)
1.4 Twee motors, P en Q, wat in 'n reguitlyn beweeg, het dieselfde momentum.
Die kinetiese energie van Q is groter as die kinetiese energie van P.
Watter EEN van die volgende stellings ten opsigte van die motors is
KORREK?
A Q het 'n kleiner massa as P.
B Q het dieselfde massa as P.
C Q beweeg stadiger as P.
D Q beweeg teen dieselfde spoed as P. (2)
1.5 Die netto arbeid wat op 'n voorwerp verrig word om sy spoed vanaf rus na v
te verhoog, is W. Hoeveel netto arbeid moet op dieselfde voorwerp verrig
word om sy spoed vanaf v na 2v te verhoog?
A W
B 2W
C 3W
D 4W (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 5 DBE/2018
SSE
1.6 Watter EEN van die volgende is NIE 'n toepassing van die Doppler-effek nie?
A 'n Ligmeter
B 'n Bloedvloeimeter
C Vasstel van 'n fetus se hartklop deur ultraklank te gebruik
D Meet die spoed van 'n aankomende motor deur radar te gebruik (2)
1.7 Twee klein identiese metaalsfere, op geïsoleerde staanders, dra ladings van -q
en +3q respektiewelik,
Wanneer die middelpunte van die sfere 'n afstand d van mekaar is, oefen die
sfere 'n elektrostatiese krag met grootte F op mekaar uit.
d
-q +3q
Die sfere word toegelaat om aan mekaar te raak en dan na dieselfde
posisies as voorheen teruggebring.
Die grootte van die elektrostatiese krag wat die sfere nou op mekaar uitoefen,
ten opsigte van F, is:
4
A F
3
1
B F
3
1
C F
2
D 3F (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 6 DBE/2018
SSE
1.8 In die stroombaan hieronder het die battery 'n emk (ε) en interne weerstand r.
Met skakelaar S oop, word lesings op die ammeter en die voltmeter
geregistreer.
emk(ε)
r
A
V
S
R • •
R
Skakelaar S word nou gesluit. Hoe verander die lesings op die ammeter en
die voltmeter?
AMMETERLESING VOLTMETERLESING
A Neem toe Bly dieselfde
B Neem toe Neem af
C Neem af Bly dieselfde
D Neem af Neem af (2)
1.9 'n Leerder noem die volgende as faktore wat die grootte van die
geïnduseerde stroom in 'n WS-generator beïnvloed:
(i) Die aantal draaie (windings) van die spoel
(ii) Die sterkte van die magneetveld
(iii) Die rotasiespoed van die spoel
Watter EEN van die kombinasies hieronder is KORREK?
A Slegs (i) en (ii)
B Slegs (i) en (iii)
C Slegs (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iii) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 7 DBE/2018
SSE
1.10 Die grafiek hieronder is verkry vanaf 'n eksperiment oor die foto-elektriese
effek.
Ek(maks)
1
λ
Watter EEN van die volgende verteenwoordig die gradiënt van die grafiek?
A hc
B h
C E k(maks)
λ
D W0 (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 8 DBE/2018
SSE
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Blok P, met onbekende massa, word op 'n ruwe horisontale oppervlak geplaas. Dit
word verbind aan 'n tweede blok, met massa 3 kg, deur 'n ligte onrekbare toutjie wat
oor 'n ligte, wrywinglose katrol beweeg, soos hieronder getoon.
P •
3 kg
0,5 m
3 kg
grond
Die massastelsel word aanvanklik in rus gehou met die 3 kg-blok, 0,5 m bokant die
grond. Wanneer die stelsel vrygelaat word, beweeg die 3 kg-blok vertikaal afwaarts en
tref die grond na 3 s. Ignoreer die effekte van lugweerstand.
2.1 Definieer die term versnelling in woorde. (2)
Bereken die grootte van die:
2.2 Versnelling van die 3 kg-blok deur bewegingsvergelykings te gebruik (3)
2.3 Spanning in die toutjie (3)
Die grootte van die kinetiese wrywingskrag wat deur blok P ondervind word, is 27 N.
2.4 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram/vrye liggaamdiagram vir blok P. (4)
2.5 Bereken die massa van blok P. (3)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 9 DBE/2018
SSE
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
In die diagram hieronder is punt A aan die bokant van 'n gebou. Punt B is presies
halfpad tussen punt A en die grond. Ignoreer lugweerstand.
●A
●B
grond
3.1 Definieer die term vryval. (2)
'n Bal met massa 0,4 kg word vanaf punt A laat val. Dit gaan verby punt B na 1 s.
3.2 Bereken die hoogte van punt A bo die grond. (3)
Wanneer die bal die grond tref, is dit vir 0,2 s in kontak met die grond en bons dan
vertikaal opwaarts om 'n maksimum hoogte by punt B te bereik.
3.3 Bereken die grootte van die snelheid van die bal wanneer dit die grond tref. (3)
3.4 Bereken die grootte van die gemiddelde netto krag wat op die bal uitgeoefen
word terwyl dit in kontak met die grond is. (6)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 10 DBE/2018
SSE
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Trollie, met massa 1,5 kg, word in rus gehou by punt A aan die bopunt van 'n
wrywinglose baan. Wanneer die 1,5 kg-trollie losgelaat word, beweeg dit die baan af.
Dit gaan verby punt P aan die onderpunt van die helling en bots met 'n stilstaande
2 kg-trollie by punt B. Verwys na die diagram hieronder. Ignoreer lugweerstand en
rotasie-effekte.
1,5 kg
A
2,0 m
1,5 kg 2 kg
P B
4.1 Gebruik die beginsel van behoud van meganiese energie om die spoed van
die 1,5 kg-trollie by punt P te bereken. (4)
Wanneer die twee trollies bots, sit hulle vas aan mekaar en hou aan om teen 'n
konstante snelheid te beweeg.
4.2 Die behoud van liniêre momentum word deur die onvolledige stelling
hieronder gegee.
In 'n … sisteem bly die … liniêre momentum behoue.
Skryf die hele sin oor en vul die ontbrekende woorde of frases in. (2)
4.3 Bereken die spoed van die gekombineerde trollies onmiddellik na die botsing. (4)
4.4 Bereken die afstand wat die gekombineerde trollies in 3 s na die botsing
beweeg het. (3)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 11 DBE/2018
SSE
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Vrag met massa 75 kg is aanvanklik in rus op die grond. Dit word dan deur middel
van 'n ligte onrekbare tou vertikaal opwaarts teen 'n konstante versnelling van
0,65 m⋅s-2 getrek. Verwys na die diagram hieronder. Ignoreer lugweerstand, rotasie-
effekte en die massa van die tou.
75 kg 0,65 m⋅s-2
12 m
grond
5.1 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram/vrye liggaamdiagram vir die vrag
terwyl dit opwaarts beweeg. (2)
5.2 Noem die nie-konserwatiewe krag wat op die vrag inwerk. (1)
5.3 Bereken die arbeid verrig deur die gravitasiekrag op die vrag as die vrag
'n hoogte van 12 m bereik het. (3)
5.4 Stel die arbeid-energie-stelling in woorde. (2)
5.5 Gebruik die arbeid-energie-stelling om die spoed van die vrag wanneer dit op
'n hoogte van 12 m is, te bereken. (5)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 12 DBE/2018
SSE
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Klankbron, wat teen 'n konstante spoed van 240 m∙s-1 na 'n detektor beweeg, stel
klank met 'n konstante frekwensie vry. Die detektor teken 'n frekwensie van 5 100 Hz
aan.
Neem die spoed van klank in lug as 340 m∙s-1.
6.1 Stel die Doppler-effek. (2)
6.2 Bereken die golflengte van die klank wat deur die bron vrygestel word. (7)
Sommige van die klankgolwe word vanaf die detektor na die aankomende bron
weerkaats.
6.3 Sal die frekwensie van die weerkaatste klankgolf, wat deur die klankbron
waargeneem word, GELYK AAN, GROTER AS of KLEINER AS 5 100 Hz
wees? (1)
[10]
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Deeltjie, P, met 'n lading van + 5 x 10-6 C is 1,0 m op 'n reguitlyn vanaf deeltjie V,
met 'n lading van +7 x 10-6 C geleë. Verwys na die diagram hieronder.
+ 5 x 10-6 C 1,0 m + 7 x 10-6 C
• • •
P Q V
x
'n Derde gelaaide deeltjie, Q, by 'n punt x meter weg van P af, soos hierbo getoon,
ondervind 'n netto elektrostatiese krag van nul newton.
7.1 Hoe vergelyk die elektrostatiese kragte wat Q ondervind as gevolg van die
ladings op P en V respektiewelik, met mekaar? (2)
7.2 Stel Coulomb se wet in woorde. (2)
7.3 Bereken die afstand x. (5)
[9]
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Klein metaalsfeer Y dra 'n lading van + 6 x 10-6 C.
8.1 Teken die elektrieseveld-patroon wat met sfeer Y geassosieer word. (2)
8.2 Indien 8 x 1013 elektrone nou na sfeer Y oorgeplaas word, bereken die
elektriese veld by 'n punt 0,5 m vanaf die sfeer. (7)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 13 DBE/2018
SSE
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
9.1 In die stroombaandiagram hieronder het die battery 'n onbekende emk (ε) en
'n interne weerstand (r) van 0,8 Ω.
ε
r = 0,8 Ω
V1 A1
6Ω 4Ω
•
S
V2 •
A2 0,6 A
5,8 Ω
9.1.1 Stel Ohm se wet in woorde. (2)
Die lesing op ammeter A 2 is 0,6 A wanneer skakelaar S gesluit is.
Bereken die:
9.1.2 Lesing op voltmeter V 1 (3)
9.1.3 Stroom deur die 6 Ω-resistor (2)
9.1.4 Lesing op voltmeter V 2 (2)
9.1.5 Emk (ε) van die battery (3)
9.1.6 Energie verkwis as hitte binne-in die battery indien die stroom vir
15 s in die stroombaan vloei (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 14 DBE/2018
SSE
9.2 'n Vereenvoudigde stroombaandiagram vir die ruitveër van 'n motor bestaan
uit 'n verstelbare resistor en 'n veërmotor wat aan 'n 12 volt-battery verbind is.
● ●
S
Veërmotor
Wanneer skakelaar S gesluit is, is die potensiaalverskil oor die verstelbare
resistor 2,8 V en die stroom daardeur is 0,7 A.
9.2.1 Bereken die weerstand van die verstelbare resistor. (2)
Die weerstand van die verstelbare resistor word nou verlaag.
9.2.2 Noem of die spoed waarteen die ruitveër draai sal TOENEEM,
AFNEEM of DIESELFDE BLY.
Gee 'n rede vir die antwoord. (3)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 15 DBE/2018
SSE
VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
10.1 Die diagram hieronder is 'n vereenvoudigde voorstelling van 'n GS-motor.
Die stroom in die spoel is in die rigting XY.
10.1.1 Noem die komponent wat verseker dat die spoel aanhoudend in
EEN RIGTING roteer. (1)
10.1.2 In watter rigting sal die spoel roteer? Skryf slegs KLOKSGEWYS of
ANTIKLOKSGEWYS. (2)
10.1.3 Skryf die energieomskakeling neer wat plaasvind terwyl die motor
in werking is. (2)
10.2 'n WS-generator, wat 'n maksimum spanning van 320 V produseer, is aan 'n
verwarmer met 'n weerstand van 35 Ω verbind.
10.2.1 Skryf die struktuurverskil tussen 'n WS-generator en 'n
GS-generator neer. (1)
Bereken die:
10.2.2 Wortelgemiddeldekwadraat(wgk)-waarde van die spanning (3)
10.2.3 Wortelgemiddeldekwadraat(wgk)-waarde van die stroom in die
verwarmer (4)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 16 DBE/2018
SSE
VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Groep studente ondersoek die verhouding tussen die werksfunksie van verskillende
metale en die maksimum kinetiese energie van die vrygestelde elektrone wanneer die
metale met lig van 'n geskikte frekwensie bestraal word.
11.1 Definieer die term werksfunksie. (2)
Ultraviolet strale, met 'n golflengte van 2 x 10-8 m, word tydens die ondersoek toegelaat
om op verskillende metaalplate te val. Die ooreenkomstige maksimum kinetiese
energieë van die vrygestelde elektrone word gemeet.
Die data wat verkry is, word in die tabel hieronder getoon.
METAALPLAAT GEBRUIK MAKSIMUM KINETIESE ENERGIE (E k(maks) )
(x 10-18 J)
Lood 9,28
Kalium 9,58
Silwer 9,19
11.2 Skryf die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek neer. (1)
11.3 Skryf EEN beheerveranderlike vir hierdie ondersoek neer. (1)
11.4 Gebruik die inligting in die tabel, en sonder enige berekening, identifiseer die
metaal met die grootste werksfunksie.
Verduidelik die antwoord. (3)
11.5 Gebruik inligting in die tabel om die werksfunksie van kalium te bereken. (4)
11.6 Stel hoe 'n toename in die intensiteit van die ultraviolet lig die maksimum
kinetiese energie van die foto-elektrone beïnvloed. Kies uit: VERHOOG,
VERLAAG, BLY DIESELFDE.
Verduidelik die antwoord. (3)
[14]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe /V1 1 DBE/2018
SSE
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
G 6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Speed of light in vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in vakuum
Planck's constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
k 9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Mass of the Earth
M 5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Radius of the Earth
RE 6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/2018
SSE
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f = vi + a ∆t Δx = v i Δt + 21 a∆t 2 or/of Δy = v i Δt + 21 a∆t 2
v + vf v + vf
2 2 2 2
v f = v i + 2a∆x or/of v f = v i + 2a∆y Δx = i Δt or/of Δy = i Δt
2 2
FORCE/KRAG
Fnet = ma p = mv
f s max = μ sN fk = μk N
Fnet Δt = Δp
w = mg
Δp = mv f - mv i
m1m 2 m1m 2 M M
F=G or/of F=G g =G or/of g =G 2
d2 r2 d2 r
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W = FΔx cos θ U = mgh or/of EP = mgh
Wnet = ∆K or/of Wnet = ∆Ek
1 1
K= mv 2 or/of Ek = mv 2
2 2
∆K = K f − K i or/of ∆Ek = Ekf − Eki
W
Wnc = ∆K + ∆U or/of Wnc = ∆Ek + ∆Ep P=
∆t
Pave = Fv ave
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
v=fλ T=
f
v ± vL v ± vL c
fL = fs or/of fL = fb E = hf or/of E= h
v ± vs v ± vb λ
E = Wo + E k (max/maks) where/waar
1 2
E = hf and/en W0 = hf0 and/en E k (max/ maks ) = mv max/ maks
2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe /V1 3 DBE/2018
SCE
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ 1Q 2 kQ
F= E=
r2 r2
F W
E= V=
q q
Q Q
n= or/of n =
e qe
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
emf ( ε ) = I(R + r)
V
R=
I emk ( ε ) = I(R + r)
R s = R1 + R 2 + ...
1 1 1 q = I ∆t
= + + ...
R p R1 R 2
W = Vq W
P=
Δt
W = VI ∆ t
P = VI
W = I2R ∆ t
2
P = I2R
V Δt
W= V2
R P=
R
ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
Paverage = Vrms I rms / Pgemiddeld = Vwgk I wgk
I max I
I rms = / I wgk = maks
2 2 2
Paverage = I rms R / Pgemiddeld = I 2wgk R
Vmax Vmaks
Vrms = / Vwgk = 2
Vrms
2
Vwgk
2 2 Paverage = / Pgemiddeld =
R R
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Western Cape Mock 2018 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2018 Memo
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper