Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)
2023
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 gegewensblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 905.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/2023
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
die ANTWOORDEBOEK neer.
2. Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 E.
1.1 Watter EEN van die volgende hoeveelhede is die geneigdheid van 'n
voorwerp om teenstand te bied teen die verandering in sy toestand van
beweging?
A Traagheid
B Impuls
C Momentum
D Versnelling (2)
1.2 'n Bal word vanuit rus vanaf 'n hoogte bokant 'n sementvloer laat val. Die bal
tref die grond en hop vertikaal op en af op dieselfde plek op die vloer.
Die snelheid-tyd-grafiek vir die hoppende bal word hieronder getoon, met
punte P, Q, R en S wat verskillende tye tydens die beweging verteenwoordig.
Ignoreer die effekte van lugweerstand.
Snelheid (m∙s-1)
R
0
P Q S Tyd (s)
Teen watter tyd bereik die bal sy maksimum hoogte na die eerste opwaartse
hop?
A P
B Q
C R
D S (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 4 DBE/2023
SS/NSS
1.3 Twee blokke, P en Q, met massas m1 en m2 onderskeidelik, word in rus
gehou op 'n wrywinglose horisontale vloer met 'n saamgeperste veer tussen
hulle, soos hieronder getoon.
P Q
m1 m2
Wanneer die blokke vrygelaat word en die veer grond toe val, beweeg blok Q
na regs met snelheid v.
Watter EEN van die volgende verteenwoordig die momentum van
blok P nadat die blokke vrygelaat is?
A m1v na regs
B m2v na regs
C m1v na links
D m2v na links (2)
1.4 Die grootte van die gravitasiekrag wat sfere X en Y op mekaar uitoefen, is F.
Die massa van sfeer X word nou verdubbel terwyl die massa van sfeer Y en
die afstand tussen die middelpunte van die sfere dieselfde bly.
Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK vir die grootte van die
kragte wat die sfere nou op mekaar uitoefen?
KRAG WAT X OP Y KRAG WAT Y OP X
UITOEFEN UITOEFEN
A F F
B F 2F
C 2F F
D 2F 2F (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 5 DBE/2023
SS/NSS
1.5 'n Warmlugballon beweeg teen KONSTANTE SNELHEID vertikaal afwaarts.
Aanvaar dat die massa van die warmlugballon konstant bly.
Watter EEN van die volgende fisiese hoeveelhede geassosieer met die
warmlugballon, verander tydens die beweging?
A Gewig
B Momentum
C Kinetiese energie
D Potensiële energie (2)
1.6 'n Leerder wat langs 'n pad staan, teken die frekwensie aan van klankgolwe
wat deur die sirene van 'n ambulans voortgebring word. Die ambulans
beweeg teen 'n konstante snelheid op 'n reguit horisontale pad.
Die frekwensie-tyd-grafiek vir die waargenome klank word hieronder getoon.
Waargenome frekwensie
(Hz)
0
Tyd (s)
Watter EEN van die volgende stellings oor die beweging van die ambulans is
KORREK?
Die ambulans ...
A kom nader aan die leerder en gaan dan verby die leerder.
B beweeg weg van die leerder af, draai dan om en kom nader aan die
leerder.
C kom nader aan die leerder, draai dan om en beweeg weg van die
leerder af.
D beweeg weg van die leerder af en kom dan tot stilstand. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 6 DBE/2023
SS/NSS
1.7 Twee identiese gelaaide sfere, X en Y, dra onderskeidelik ladings van +2q
en −6q.
Sfeer X ondervind 'n elektrostatiese krag F na regs wanneer die afstand
tussen hulle middelpunte r is.
X Y
+2q −6q
r
Die sfere word in kontak gebring en word dan na hulle oorspronklike posisies
teruggeneem.
Watter EEN van die volgende verteenwoordig die grootte van die
elektrostatiese krag wat sfeer X nou ondervind?
A F
B F
C 4F
D 12 F (2)
1.8 In die stroombaandiagram hieronder is R1, R2 en R3 identiese resistors. Die
battery het weglaatbare interne weerstand.
R1
R2
R3
Die drywing wat deur R1 verbruik word, is P.
Watter EEN van die volgende is die drywing wat deur R2 verbruik word?
A P
B P
C 2P
D 4P (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 7 DBE/2023
SS/NSS
1.9 Die vereenvoudigde diagram hieronder stel 'n GS-motor voor.
N S
+ -
Die diagramme hieronder toon sommige veranderings wat aan die motor
hierbo gemaak is.
(i) (ii)
S N N S
+ - - +
(iii)
S N
- +
Watter van die veranderings aan die motor hierbo sal die oorspronklike rigting
van rotasie van die spoel verander?
A Slegs (i) en (ii)
B Slegs (i) en (iii)
C Slegs (ii) en (iii)
D Slegs (iii) (2)
1.10 'n Atoom het 'n grondtoestand-energie van x. Wanneer die atoom na 'n hoër
energietoestand y beweeg, word 'n lynspektrum waargeneem.
Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK vir die
ENERGIEVERANDERING van die atoom en die SOORT LYNSPEKTRUM
wat tydens die oorgang waargeneem word?
ENERGIEVERANDERING SOORT LYNSPEKTRUM
A y–x Emissie
B x–y Emissie
C x–y Absorpsie
D y–x Absorpsie (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 8 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Blok A met 'n massa van m word verbind aan blok B, met 'n massa van 7,5 kg, deur 'n
ligte onrekbare tou wat oor 'n wrywingslose katrol beweeg. Blok B word aanvanklik op
'n hoogte van 1,5 m bokant die grond gehou, terwyl blok A aanvanklik in rus op die
grond is, soos in die diagram hieronder getoon.
plafon
B
7,5 kg
A 1,5 m
m
grond
Wanneer blok B vrygelaat word, beweeg dit vertikaal afwaarts en tref die grond met 'n
snelheid van 3,41 m·s-1.
Ignoreer die effekte van wrywing.
2.1 Toon, deur middel van 'n berekening, dat die grootte van die versnelling van
blok B 3,88 m·s-2 was terwyl die blok vertikaal afwaarts beweeg het. (3)
2.2 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) en toon AL
die kragte wat op blok B inwerk, onmiddellik nadat dit vrygelaat is. (2)
2.3 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde. (2)
2.4 Bereken die waarde van m deur Newton se Tweede Wet op ELKE BLOK toe
te pas terwyl hulle in beweging is. (5)
2.5 Bereken die maksimum hoogte bokant die grond wat deur blok A bereik is. (5)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 9 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Bal A word vanuit rus laat val vanaf die bopunt van 'n gebou wat 15,2 m hoog is.
Nadat bal A 3,2 m geval het, word 'n tweede bal B vertikaal opwaarts vanaf die grond
geprojekteer. Na 'n tyd tref die twee balle die grond op DIESELFDE tydstip.
Ignoreer die effekte van lugweerstand.
A
3,2 m
15,2 m
B
3.1 Definieer die term vryval. (2)
3.2 Bereken die:
3.2.1 Tyd wat dit bal A neem om die grond te tref (3)
3.2.2 Grootte van die snelheid waarteen bal B vanaf die grond
geprojekteer is (5)
3.3 Op dieselfde assestelsel, teken posisie-tyd-grafieke vir die beweging van
beide bal A en bal B vanaf die oomblik dat bal A laat val is totdat dit die grond
bereik.
Neem die grond as die nulposisie.
Benoem die grafieke A en B.
Dui die volgende duidelik op die grafieke aan:
Die begintyd van elke bal
Die aanvanklike posisie van elke bal
Die tyd wanneer die balle die grond tref (5)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 10 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Trollie A met 'n massa van 7,2 kg beweeg na regs teen 0,4 m∙s-1 in 'n reguitlyn op 'n
horisontale vloer. Dit bots teen 'n stilstaande trollie B met 'n massa van 5,3 kg.
Na die botsing haak die trollies aan mekaar vas en beweeg na regs, soos in die
diagram hieronder getoon.
Ignoreer enige effekte van wrywing.
Voor botsing Na botsing
0,4 m∙s-1
A B A B
7,2 kg 5,3 kg
4.1 Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde. (2)
4.2 Bereken die grootte van die:
4.2.1 Snelheid van die trollies onmiddellik na die botsing (3)
4.2.2 Gemiddelde netto krag wat trollie A tydens die botsing op trollie B
uitoefen, indien die botsingstyd 0,02 s is (3)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 11 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Elektriese motor trek 'n 20 kg-krat vanuit rus by punt A teen 'n skuinsvlak op deur
middel van 'n ligte onrekbare tou. Die skuinsvlak maak 'n hoek van 18° met die
horisontaal. B, C en D is punte op die skuinsvlak en die afstand tussen punte A en C is
15,6 m, soos in die diagram hieronder getoon.
D
C
B
18°
A
Die motor oefen 'n konstante krag van 96,8 N parallel aan die skuinsvlak op die tou uit.
'n Konstante wrywingskrag van 13,5 N werk op die krat in terwyl dit op die skuinsvlak
beweeg.
5.1 Definieer 'n nie-konserwatiewe krag. (2)
5.2 Gebruik ENERGIEBEGINSELS en bereken die spoed van die krat wanneer
dit punt C bereik. (5)
5.3 Bereken die minimum gemiddelde drywing wat die motor verbruik om die krat
vanaf punt A na punt C te trek. (3)
Wanneer die krat punt C bereik, breek die tou. Die krat hou aan om teen die skuinsvlak
op te beweeg, kom tot stilstand by punt D, en gly dan afwaarts teen die vlak verby
punt B.
5.4 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) vir die krat
soos wat dit afwaarts teen die vlak verby punt B gly. (3)
5.5 Teken 'n snelheid-tyd-grafiek vir die hele beweging van die krat vanaf punt A
totdat dit weer verby punt B op sy afwaartse beweging teen die skuinsvlak
gaan. (4)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 12 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
6.1 'n Motor beweeg teen 'n konstante snelheid van 22 m∙s-1 op 'n reguit
horisontale pad NA 'n stilstaande toestel toe, wat klankgolwe beide kan
vrystel en waarneem.
Die toestel stel klankgolwe teen 'n frekwensie van 24 000 Hz vry. Hierdie
klankgolwe word weg van die motor weerkaats en die weerkaatste golwe
word dan deur die toestel waargeneem, soos in die diagram hieronder
getoon.
22 m∙s-1
Vrygestelde golwe
TOESTEL
Weerkaatste golwe
6.1.1 Stel die Doppler-effek in woorde. (2)
6.1.2 Indien die spoed van klank in lug 340 m·s-1 is, bereken die
frekwensie van die weerkaatste klankgolwe wat deur die toestel
waargeneem word. (6)
6.2 Die spektraallyne wat vir 'n verafgeleë ster waargeneem word, toon dat die
ster vanaf die Aarde wegbeweeg. Verduidelik, deur na frekwensie te verwys,
hoe 'n mens kan aflei dat die ster vanaf die Aarde wegbeweeg. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 13 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Twee puntladings, X en Y, word 0,03 m weg van mekaar gehou, soos in die diagram
hieronder getoon. Die lading van X is -7,2 x 10-9 C, terwyl die lading van
Y +7,2 x 10-9 C is.
-7,2 x 10-9 C +7,2 x 10-9 C
X Y
0,03 m
7.1 Stel Coulomb se wet in woorde. (2)
7.2 Teken die netto elektriese veldpatroon as gevolg van die twee puntladings. (3)
7.3 Bereken die grootte van die elektrostatiese krag wat Y op X uitoefen. (3)
'n Derde puntlading, Z, met 'n onbekende positiewe lading, word 0,01 m links van
puntlading X geplaas op die lyn wat puntladings X en Y verbind, soos in die diagram
hieronder getoon.
-7,2 x 10-9 C +7,2 x 10-9 C
Z X Y
0,01 m 0,03 m
7.4 Teken 'n benoemde vektordiagram om die rigtings van die elektriese velde by
die punt waar X geplaas is, te toon. (2)
7.5 Die grootte van die resulterende elektriese veld by die punt waar X
geplaas is, is 4,91 x 105 N∙C-1.
Bereken die grootte van lading Z. (5)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 14 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Battery met 'n onbekende emk (ɛ) en onbekende interne weerstand (r) word aan
drie resistors, 'n hoë-weerstand-voltmeter, twee skakelaars en twee ammeters met
weglaatbare weerstand verbind, soos hieronder getoon.
ɛ
r A2
S2
Ω
V
1,5 A A1
S1
Ω 5Ω
8.1 Stel Ohm se wet in woorde. (2)
Skakelaar S1 en skakelaar S2 is beide GESLUIT. Die lesing op ammeter A1 is 1,5 A.
8.2 Bereken die:
8.2.1 Lesing op die voltmeter (3)
8.2.2 Lesing op ammeter A2 (4)
8.2.3 Drywing verbruik in die Ω-resistor (3)
Skakelaar S1 word nou OOPGEMAAK, terwyl skakelaar S2 GESLUIT bly. Die lesing op
ammeter A2 is nou 3,64 A.
8.3 Bereken die emk van die battery. (5)
Skakelaar S2 word nou OOPGEMAAK, terwyl skakelaar S1 GESLUIT word.
8.4 Hoe verander die voltmeterlesing? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY
DIESELFDE.
Verduidelik die antwoord. (4)
[21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 15 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
9.1 Die vereenvoudigde skets hieronder verteenwoordig 'n WS-generator met die
spoel aanvanklik horisontaal tussen die pole van 'n magneet. X en Y is twee
punte op die spoel, terwyl A een van die pole van die magneet is.
Y
A
X
Wanneer die spoel van die generator kloksgewys tussen die twee pole van
die magneet roteer, is die rigting van die geïnduseerde stroom van X na Y,
soos hierbo getoon.
9.1.1 Is A die NOORDPOOL of die SUIDPOOL van die magneet? (1)
9.1.2 Die spoel word nou deur 180° roteer.
Sal die rigting van die stroom vanaf X na Y of vanaf Y na X wees? (1)
9.1.3 Skets 'n emk-tyd-grafiek vir TWEE volledige omwentelinge van die
spoel wat by die posisie van die spoel begin, soos in die diagram
hierbo getoon. (3)
9.2 'n Elektriese toestel is aan 'n WS-generator verbind. Die wgk-potensiaalverskil
oor die toestel is 200 V en die maksimum stroom wat deur die toestel vloei,
is 6 A.
Bereken die:
9.2.1 Weerstand van die toestel (4)
9.2.2 Energie verbruik deur die toestel in twee ure (4)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 16 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
In 'n foto-elektriese ondersoek is lig van verskillende frekwensies op elk van twee
metale, A en B, geskyn. Die grafiek van maksimum kinetiese energie van die
vrygestelde elektrone van metaal A en die frekwensie van die invallende fotone word
hieronder getoon.
Punt X op die grafiek verteenwoordig 'n onbekende maksimum kinetiese energie.
Metaal A
Maksimum kinetiese X
energie (J)
0 5 12,54
Frekwensie (x 1014 Hz)
HzHz)Hz)
10.1 Skryf die numeriese waarde van die helling van die grafiek neer. (1)
10.2 Definieer die term werkfunksie. (2)
10.3 Bereken die:
10.3.1 Werkfunksie van metaal A (3)
10.3.2 Waarde van X op die grafiek getoon (4)
10.4 Hoe sal ELK van die volgende beïnvloed word wanneer lig met 'n frekwensie
van 12,54 x 1014 Hz, maar met 'n hoër intensiteit, gebruik word?
Kies uit TOENEEM, AFNEEM of GEEN EFFEK NIE.
10.4.1 Die waarde van X (1)
10.4.2 Die aantal fotoelektrone wat per eenheidstyd vrygestel word (1)
Metaal B het 'n groter werkfunksie as metaal A.
10.5 Teken die grafiek hierbo in jou ANTWOORDEBOEK oor. (Moet NIE waardes
op die asse insluit NIE.) Benoem hierdie grafiek A.
Op DIESELFDE assestelsel, skets die grafiek vir metaal B. Benoem hierdie
grafiek B. (2)
[14]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 1 DBE/2023
SS/NSS
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
G 6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Radius of the Earth
RE 6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
ME 5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
k 9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/2023
SS/NSS
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f vi a t Δx v i Δt 21 at 2 or/of Δy v i Δt 21 at 2
v vf v vf
v f v i 2ax or/of v f v i 2ay
2 2 2 2
Δx i Δt or/of Δy i Δt
2 2
FORCE/KRAG
Fnet ma p mv
fs max = μsN fk = μkN
Fnet Δt = Δp
w mg
Δp = mv f - mvi
m1m 2 m1m 2 M M
F=G or/of F=G gG or/of gG 2
d2 r2 d2 r
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W = FΔx cos U mgh or/of EP mgh
Wnet K or/of Wnet Ek
1 1
K mv2 or/of Ek mv2
2 2
K K f K i or/of Ek Ekf Eki
W
Wnc K U or/of Wnc Ek Ep P
t
Pave = Fvave / Pgemid = Fvgemid
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
vf T
f
v vL v vL hc
fL fs or/of fL fb E hf or/of E
v vs v vb
E = W0 + Ek(max) or E = W0 + K max where
1 1
E hf and W0 hf0 and Ek (max) 2
mvmax or K max mvmax
2
2 2
E = W0 + Ek(maks) of E = W0 + K maks waar
1 1
E hf en W0 hf0 en Ek (maks ) = 2
mvmaks 2
of K maks = mvmaks
2 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/2023
SS/NSS
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ1Q 2 kQ
F E
r2 r2
W F
V E
q q
Q Q
n= or/of n=
e qe
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
V emf ( ε ) = I(R + r)
R
I emk ( ε ) = I(R + r)
Rs R1 R2 ...
1 1 1 q It
.. .
Rp R1 R 2
W = Vq W
P
Δt
W = VI t
P = VI
W = I2R t
P = I2R
V 2 Δt
W= V2
R P
R
ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
Pave Vrms Irms / Pgemiddeld Vwgk I wgk
Imax I maks
Irms / I wgk
2 2
Pave Irms
2
R / Pgemiddeld I 2wgkR
Vmax Vmaks
Vrms / Vwgk 2
Vrms
2
Vwgk
2 2 Pave / Pgemiddeld
R R
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Eng)

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 12 P1 Free State Mock 2023 QP & Memo
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper