Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)
NOVEMBER 2018
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 3 gegewensblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 576.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC November Exam 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
die ANTWOORDEBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.
9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.
1.1 Traagheid is die neiging van 'n voorwerp om …
A sy massa te behou.
B in 'n toestand van nie-uniforme beweging voort te gaan.
C in rus of in die toestand van uniforme beweging te bly.
D sy snelheid te behou wanneer 'n nie-nul netto krag daarop inwerk. (2)
1.2 'n Persoon staan op 'n badkamerskaal wat aan 'n hysbak se vloer vasgemaak
is, soos in die diagram hieronder getoon.
hysbakkabel
hysbak
skaal
Die lesing op die skaal is die grootste wanneer die hysbak teen 'n ...
A konstante spoed opwaarts beweeg.
B konstante spoed afwaarts beweeg.
C toenemende spoed opwaarts beweeg.
D toenemende spoed afwaarts beweeg. (2)
1.3 'n Voorwerp word vertikaal opwaarts geprojekteer. Ignoreer lugweerstand.
Soos wat die voorwerp styg, is sy snelheid …
A en versnelling beide opwaarts gerig.
B en sy versnelling beide afwaarts gerig.
C opwaarts gerig, maar sy versnelling is afwaarts gerig.
D afwaarts gerig, maar sy versnelling is opwaarts gerig. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 4 DBE/November 2018
NSS
1.4 Bal P en bal Q, met dieselfde massa, word op 'n betonvloer laat val.
Beide balle tref die betonvloer teen dieselfde spoed, v. Bal P bons terug met
dieselfde vertikale spoed, v, maar bal Q bons terug met 'n spoed ½v.
Verwys na die diagram hieronder. Ignoreer lugweerstand.
P Q
v ½v
betonvloer
Watter EEN van die volgende stellings oor die botsing van ELKE bal met die
betonvloer is KORREK?
A Kinetiese energie bly behoue vir beide balle P en Q.
B Die verandering in momentum van bal P is groter is dié van bal Q.
C Die kontaktyd met die vloer is dieselfde vir beide balle P en Q.
D Momentum word behou vir die botsing van bal P, maar nie vir dit van
bal Q nie. (2)
1.5 Indien die netto arbeid wat op 'n bewegende voorwerp verrig word, POSITIEF
is, kan ons aflei dat die kinetiese energie van die voorwerp …
A nul is.
B toegeneem het.
C afgeneem het.
D nie verander het nie. (2)
1.6 Die spektrum wat deur 'n bewegende asteroïde gelewer is, soos vanaf die
Aarde waargeneem, dui aan dat die lig na die blou kant van die spektrum
geskuif het.
Watter EEN van die volgende frekwensiekombinasies van die waargenome lig
en die afstand tussen die asteroïde en die Aarde is KORREK?
FREKWENSIE VAN AFSTAND TUSSEN
WAARGENOME LIG ASTEROÏDE EN AARDE
A Toegeneem Neem af
B Toegeneem Neem toe
C Afgeneem Neem af
D Afgeneem Neem toe (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 5 DBE/November 2018
NSS
1.7 Drie gelaaide sfere X, Y en Z, gesteun deur geïsoleerde garedraadjies wat
ewe lank is, hang vanaf 'n balk, soos in die diagram hieronder getoon.
Sfeer X is negatief gelaai.
Sfeer X trek sfeer Y aan, maar stoot sfeer Z af.
-
Y X Z
Watter EEN van die volgende afleidings is KORREK?
A Sfeer Y is positief gelaai en sfeer Z is negatief gelaai.
B Sfeer Y is positief gelaai en sfeer Z is positief gelaai.
C Sfeer Y is negatief gelaai en sfeer Z is negatief gelaai.
D Sfeer Y is negatief gelaai en sfeer Z is positief gelaai. (2)
1.8 In die stroombaandiagramme hieronder is die selle en resistors identies.
Die selle het weglaatbare interne weerstande.
X Y
Die drywing wat in resistor X verkwis word, is P. Die drywing wat in resistor Y
verkwis word, is …
A ¼P.
B ½P.
C 2P.
D 4P. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 6 DBE/November 2018
NSS
1.9 Watter EEN van die volgende aksies sal NIE 'n verhoging in die
geïnduseerde emk in 'n spoel veroorsaak as die spoel in 'n eenvormige
magneetveld geroteer word NIE?
A Roteer die spoel vinniger
B Vergroot die sterkte van die magneetveld
C Vermeerder die aantal windinge op die spoel
D Vervang die spoel met 'n spoel wat 'n laer weerstand het (2)
1.10 'n Leerder skryf die volgende stellings oor die emissiespektrum van lig in 'n
notaboek neer:
(i) 'n Emissiespektrum word gevorm wanneer sekere frekwensies van
elektromagnetiese straling deur 'n koue gas beweeg.
(ii) Die lyne in die emissiespektrum van 'n atoom het dieselfde frekwensie
as die ooreenstemmende lyne in die atoom se absorpsiespektrum.
(iii) 'n Emissiespektrum word gevorm wanneer die atoom oorgange vanaf
'n hoë-energietoestand na 'n laer energietoestand maak.
Watter EEN van die volgende kombinasies van die stellings hierbo is
KORREK?
A Slegs (i)
B Slegs (ii)
C Slegs (ii) en (iii)
D Slegs (i) en (iii) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 7 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Blok, met 'n massa van 8 kg, word op 'n ruwe horisontale oppervlak geplaas.
Die 8 kg-blok wat deur middel van 'n ligte, onrekbare toutjie oor 'n ligte, wrywinglose
katrol beweeg, is aan 'n 2 kg-blok verbind en begin vanaf punt A gly, soos hieronder
getoon.
8 kg 15°
A B C
2 kg
2.1 Stel Newton se Tweede Wet in woorde. (2)
2.2 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) vir die
8 kg-blok. (4)
2.3 Wanneer die 8 kg-blok punt B bereik, is die hoek tussen die toutjie en die
horisontaal 15° en die versnelling van die stelsel is 1,32 m·s-2.
2.3.1 Gee 'n rede waarom die stelsel NIE in ewewig is NIE. (1)
2.3.2 Gebruik die 2 kg-massa om die spanning in die toutjie te bereken. (3)
2.3.3 Bereken die kinetiese wrywingskrag tussen die 8 kg-blok en die
horisontale oppervlak. (4)
2.4 Soos die 8 kg-blok vanaf B na C beweeg, is die kinetiese wrywingskrag
tussen die 8 kg-blok en die horisontale oppervlak nie konstant nie.
Gee 'n rede vir hierdie stelling. (1)
Die horisontale oppervlak waarop die 8 kg-blok beweeg, word vervang deur 'n ander
horisontale oppervlak wat van 'n ander materiaal gemaak is.
2.5 Sal die kinetiese wrywingskrag, in VRAAG 2.3.3 hierbo bereken, verander?
Kies uit: JA of NEE. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 8 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Deelnemers aan 'n kompetisie moet probeer om 'n bal vertikaal opwaarts verby punt T,
wat op 'n hoë, vertikale paal gemerk is, te gooi. Punt T is 3,7 m bo die grond. Punt T
kan die hoogste punt tydens die beweging van die bal wees, of nie.
Een deelnemer gooi die bal vertikaal opwaarts teen 'n snelheid van 7,5 ms-1 vanaf 'n
punt wat 1,6 m bo die grond is, soos in die diagram hieronder getoon. Ignoreer die
effekte van lugweerstand.
T
7,5 ms-1
3,7 m
1,6 m
grond
3.1 In watter rigting is die netto krag wat op die bal inwerk, terwyl dit na punt T
beweeg?
Kies uit: OPWAARTS of AFWAARTS. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
3.2 Bereken die tyd wat dit die bal neem om sy hoogste punt te bereik. (3)
3.3 Bepaal, deur middel van 'n berekening, of die bal verby punt T sal beweeg,
of nie. (6)
3.4 Teken 'n snelheid-tyd-grafiek vir die beweging van die bal vanaf die oomblik
dat dit opwaarts gegooi word totdat dit sy hoogste punt bereik.
Dui die volgende op die grafiek aan:
Die beginsnelheid en eindsnelheid
Tyd geneem om die hoogste punt te bereik (2)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 9 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Meisie op rolskaatse is aanvanklik in rus op 'n gladde horisontale sypaadjie.
Die meisie gooi 'n pakkie, met 'n massa van 8 kg, horisontaal na regs teen 'n spoed
van 4 ms-1. Onmiddellik nadat die pakkie gegooi is, beweeg die meisie-rolskaats-
kombinasie teen 'n spoed van 0,6 ms-1. Ignoreer die effekte van wrywing en rotasie.
4 m∙s-1
4.1 Definieer die term momentum in woorde. (2)
4.2 Sal die meisie-rolskaats-kombinasie NA REGS of NA LINKS beweeg nadat
die pakkie gegooi is?
NOEM die wet in fisika wat gebruik kan word om jou keuse van rigting te
verduidelik. (2)
Die totale massa van die rolskaatse is 2 kg.
4.3 Bereken die massa van die meisie. (5)
4.4 Bereken die grootte van die impuls wat die meisie-rolskaats-kombinasie
ondervind terwyl die pakkie gegooi word. (3)
4.5 Sonder enige verdere berekening, skryf die verandering in momentum neer
wat deur die pakkie ondervind word terwyl dit gegooi word. (2)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 10 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder, nie volgens skaal geteken nie, toon 'n voertuig met 'n massa
van 1 500 kg, wat vanuit rus by punt A aan die onderpunt van 'n ruwe helling begin.
Punt B is 200 m vertikaal bokant die horisontaal.
B
1 500 kg 200 m
A
Die totale arbeid verrig deur krag F wat die voertuig binne 90 s vanaf punt A na punt B
beweeg, is 4,80 x 106 J.
5.1 Definieer die term nie-konserwatiewe krag. (2)
5.2 Is krag F 'n konserwatiewe krag? Kies uit: JA of NEE. (1)
5.3 Bereken die gemiddelde drywing wat deur krag F gelewer word. (3)
Die spoed van die voertuig wanneer dit punt B bereik, is 25 m∙s-1.
5.4 Stel die arbeid-energie-stelling in woorde. (2)
5.5 Gebruik energiebeginsels om die totale arbeid wat deur die wrywingskragte
op die voertuig verrig word, te bereken. (5)
[13]
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die alarm van 'n voertuig wat langs 'n reguit horisontale pad geparkeer is, gaan af en
stel klank met 'n golflengte van 0,34 m vry. 'n Patrolliemotor beweeg teen 'n konstante
spoed op dieselfde pad. Die bestuurder van die patrolliemotor hoor 'n klank met
'n frekwensie van 50 Hz laer as die klank wat deur die alarm vrygestel word. Neem die
spoed van klank in lug as 340 m∙s-1.
6.1 Stel die Doppler-effek in woorde. (2)
6.2 Is die patrolliemotor besig om NA of WEG VAN die geparkeerde voertuig
te ry? Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
6.3 Bereken die frekwensie van die klank wat deur die alarm vrygestel word. (3)
6.4 Die patrolliemotor beweeg 'n afstand van x meter in 10 sekondes.
Bereken die afstand x. (6)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 11 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Drie klein identiese metaalsfere, P, S en T, op geïsoleerde staanders, is aanvanklik
neutraal. Hulle word dan gelaai om ladings van onderskeidelik -15 x 10-9 C, Q en
+2 x 10-9 C te dra, soos hieronder getoon.
-15 x 10-9 C P Q S + 2 x 10-9 C T
Die gelaaide sfere word na mekaar gebring, sodat al drie sfere op dieselfde tyd aan
mekaar raak, en word dan van mekaar geskei. Die lading op elke sfeer, na die
skeiding, is -3 x 10-9 C.
7.1 Bepaal die waarde van lading Q. (2)
7.2 Teken die elektrieseveld-patroon wat met die gelaaide sfere, S en T,
geassosieer word nadat hulle van mekaar geskei en na hul oorspronklike
posisies teruggeneem is. (3)
Die sfere, elk met die nuwe lading van -3 x 10-9 C, word nou by punte op die x-as en
die y-as geplaas, soos in die diagram hieronder getoon, met sfeer P op die oorsprong.
y
S
0,1 m
T
P 0,3 m x
7.3 Stel Coulomb se wet in woorde. (2)
Bereken die grootte van die:
7.4 Netto elektrostatiese krag wat op sfeer P inwerk (5)
7.5 Netto elektriese veld by die oorsprong as gevolg van ladings S en T (3)
7.6 EEN van die gelaaide sfere, P en T, het 'n baie klein toename in massa
ondervind nadat dit aanvanklik gelaai is.
7.6.1 Watter sfeer, P of T, het hierdie baie klein toename in massa
ondervind? (1)
7.6.2 Bereken die toename in massa van die sfeer in VRAAG 7.6.1. (3)
[19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 12 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die battery in die stroombaandiagram hieronder het 'n emk van 12 V en 'n interne
weerstand van 0,5 Ω. Resistor R het 'n onbekende weerstand.
12 V
0,5 Ω
V
A
S
22ΩΩ ∙ ∙
R
8.1 Wat is die betekenis van die volgende stelling?
Die emk van die battery is 12 V. (2)
Die lesing op die ammeter is 2 A wanneer skakelaar S OOP is.
8.2 Bereken die:
8.2.1 Lesing op die voltmeter (3)
8.2.2 Weerstand van resistor R (2)
Skakelaar S word nou GESLUIT.
8.3 Hoe sal hierdie verandering die lesing op die voltmeter beïnvloed? Kies uit:
TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.
Verduidelik die antwoord. (4)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 13 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Leerders doen 'n eksperiment om die emk (ε) en die interne weerstand (r) van 'n
battery te bepaal deur die stroombaan hieronder te gebruik.
A
ε
∙∙
r ∙ S
R
Die leerders gebruik hul opgetekende lesings van stroom en weerstand, saam met die
ε
vergelyking R = – r, om die grafiek hieronder te verkry.
I
1
Grafiek van weerstand teenoor
stroom
15
●
10 ●
Weerstand (Ω)
●
●
5
●
●
0
0,5 1,0 1,5 2,0
1
-1
stroom (A )
-5
9.1 Watter veranderlike moet tydens die eksperiment konstant gehou word? (1)
9.2 Verwys na die grafiek.
9.2.1 Skryf die waarde van die interne weerstand van die sel neer. (2)
9.2.2 Bereken die emk van die battery. (3)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 14 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
10.1 In die vereenvoudigde WS-generator hieronder word die spoel kloksgewys
geroteer.
10.1.1 In watter rigting vloei die geïnduseerde stroom in die spoel?
Kies uit: X na Y of Y na X. (1)
10.1.2 Op watter beginsel of wet is die werking van die generator
gebaseer? (1)
10.1.3 Noem die energie-omskakeling wat plaasvind terwyl die generator
in werking is. (2)
10.2 Die spanninguitset vir 'n WS-generator word hieronder getoon.
340
spanning (volt)
0
tyd (s)
-340
10.2.1 Skryf die maksimum (piek-) uitsetspanning van die generator neer. (1)
'n Stoof word aan die generator hierbo gekoppel en lewer 'n gemiddelde
drywing van 1 600 W.
10.2.2 Bereken die wgk-spanning wat aan die stoof gelewer word. (3)
10.2.3 Bereken die weerstand van die stoof. (3)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 15 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die drumpelfrekwensies van sesium- en kaliummetale word in die tabel hieronder
gegee.
METAAL DRUMPELFREKWENSIE
Sesium 5,07 x 1014 Hz
Kalium 5,55 x 1014 Hz
11.1 Definieer die term arbeidsfunksie in woorde. (2)
11.2 Watter EEN van die twee metale in die tabel het die hoogste arbeidsfunksie?
Gee 'n rede vir die antwoord deur na die inligting in die tabel te verwys. (2)
Die vereenvoudigde diagramme hieronder toon twee stroombane, A en B, wat
fotoselle bevat. Die fotosel in stroombaan A bevat 'n sesium-metaalplaat, terwyl die
fotosel in stroombaan B 'n kalium-metaalplaat bevat.
ultraviolet lig
ultraviolet lig
sesium-metaalplaat kalium-metaalplaat
A A
Stroombaan A Stroombaan B
Ultraviolet lig met dieselfde intensiteit en golflengte van 5,5 x 10 -7 m val in op die
metaalplaat in ELK van die fotoselle en die ammeter in stroombaan A registreer
'n stroom.
11.3 Deur middel van 'n berekening, bepaal of die ammeter in stroombaan B ook
'n stroom sal registreer. (3)
11.4 Bereken die maksimum kinetiese energie van 'n vrygestelde elektron in
stroombaan A. (5)
11.5 Hoe sal die maksimum kinetiese energie van die vrygestelde elektron, in
VRAAG 11.4 bereken, verander wanneer die intensiteit van die invallende lig
toeneem?
Kies uit: TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. (1)
[13]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 1 DBE/November 2018
NSS
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
G 6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Radius of Earth
RE 6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of Earth
ME 5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
k 9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2018
NSS
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f vi a t Δx v i Δt 21 at 2 or/of Δy v i Δt 21 at 2
v vf v vf
v f v i 2ax or/of v f v i 2ay
2 2 2 2
Δx i Δt or/of Δy i Δt
2 2
FORCE/KRAG
Fnet ma p mv
fs max = μsN fk = μkN
Fnet t p
w mg
p mv f – mvi
m1m 2 m1m 2 M M
F=G 2 or/of F=G g =G or/of g =G 2
d r2 d2 r
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W Fx cos U mgh or/of EP mgh
Wnet K or/of Wnet Ek
1 1
K mv2 or/of Ek mv2
2 2
K K f K i or/of Ek Ekf Eki
W
Wnc K U or/of Wnc Ek Ep P
t
Pave = Fvave / Pgemid = Fvgemid
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
vf T
f
v vL v vL hc
fL fs or/of fL fb E hf or/of E
v vs v vb
E = W0 + Ek(max/maks ) or/of E = W0 + K max/maks where/waar
1 1
E hf and/en W0 hf0 and/en E k (max/ maks ) = 2
mvmax/ maks or/of K max/ maks =
2
mvmax/ maks
2 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2018
NSS
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ1Q 2 kQ
F E
r2 r2
W F
V E
q q
Q Q
n= or/of n=
e qe
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
emf ( ε ) = I(R + r)
V
R
I emk ( ε ) = I(R + r)
Rs R1 R2 ...
1 1 1 q It
.. .
Rp R1 R 2
W = Vq W
P
Δt
W = VI t
P = VI
W = I2R t
P = I2R
V 2 Δt
W= V2
R P
R
ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
Pave Vrms Irms / Pgemiddeld Vwgk I wgk
Imax I maks
Irms / I wgk
2 2 Pave Irms
2
R / Pgemiddeld I 2wgkR
Vmax Vmaks
Vrms / Vwgk 2
Vrms
2
Vwgk
2 2 Pave / Pgemiddeld
R R
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Western Cape Mock 2018 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Eng)

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2018 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper