Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 gegewensblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 


%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052/v1-a152cbabd59bdb3c6c42/card.webp)


View all





Physical Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 470.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op die
ANTWOORDEBOEK neer.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
9. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs
die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 E. Nov
1.1 Verskeie kragte werk op 'n bewegende voorwerp in.
Watter EEN van die volgende stellings is KORREK wanneer hierdie kragte in
ewewig is?
A Die snelheid van die voorwerp neem toe.
B Die voorwerp beweeg teen 'n konstante snelheid.
C Die kinetiese energie van die voorwerp verminder.
D Die voorwerp het 'n nie-nul-versnelling. (2)
1.2 'n Klip wat vertikaal afwaarts vanaf die bopunt van 'n gebou gegooi is, neem
t sekondes om die grond te tref. Beskou die versnelling-tyd-grafiek hieronder
vir die beweging van die klip.
Die effekte van lugweerstand word geïgnoreer.
Versnelling (m∙s-2)
9,8
0
t Tyd (s)
Wat stel die gearseerde gebied tussen 0 en t sekondes, soos in die grafiek
getoon, voor?
A Die finale snelheid van die klip
B Die verandering in posisie van die klip
C Die konstante snelheid van die klip
D Die verandering in snelheid van die klip (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.3 'n Bal wat horisontaal beweeg, het konstante momentum p en kinetiese
energie K. Die bal bots met 'n muur en hop horisontaal terug.
1
Onmiddellik ná die botsing het die bal momentum 2 p.
Die massa van die bal bly konstant.
p
muur
1
p
2
Watter EEN van die volgende is die kinetiese energie van die bal onmiddellik
ná die botsing?
1
A K
4
1
B K
2
C 2K
D 4K (2)
1.4 'n Krag F werk in op 'n boks terwyl die boks vanuit rus langs 'n ruwe helling af
beweeg teen 'n konstante versnelling. Die krag is parallel aan die skuinsvlak,
soos in die diagram hieronder getoon.
F
Kies die opsie wat die volgende stelling KORREK voltooi.
Die arbeid verrig deur die gravitasiekrag is … die arbeid verrig deur die
wrywingskrag en die arbeid verrig deur F.
A gelyk aan die som van
B minder as die som van
C groter as die som van
D gelyk aan die verskil tussen (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.5 'n Bal wat vertikaal afwaarts vanaf punt A val, tref die grond met snelheid v,
hop en bereik 'n maksimum hoogte by punt B, soos in die diagram hieronder
getoon.
A
B
grond
Watter EEN van die kombinasies hieronder is KORREK vir die rigting van die
impuls op die bal wanneer dit die grond tref, en die grootte van die snelheid
waarmee die bal die grond verlaat?
RIGTING VAN DIE GROOTTE VAN DIE SNELHEID WAARMEE
IMPULS OP DIE BAL DIE BAL DIE GROND VERLAAT
A Opwaarts Groter as v
B Afwaarts Groter as v
C Opwaarts Kleiner as v
D Afwaarts Kleiner as v (2)
1.6 Die absorpsiespektrum van 'n element wat 'n bewegende ster omring, word op
Aarde waargeneem en daar word gevind dat dit rooiverskuiwing ondergaan.
Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK vir die beweging van
die ster en die frekwensie van die waargenome lig op Aarde?
BEWEGING VAN STER FREKWENSIE VAN WAARGENOME
LIG OP AARDE
A Weg van die Aarde Afgeneem
B Na die Aarde Afgeneem
C Weg van die Aarde Toegeneem
D Na die Aarde Toegeneem (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.7 Twee klein identiese sfere, elk met massa m en lading +Q, word in 'n vertikale
silinder geplaas. Die sfere bly bewegingloos wanneer hulle middelpunte
r meter van mekaar af is, soos in die diagram hieronder getoon. Ignoreer ALLE
wrywingseffekte.
+Q
q
m
r silinder
+Q
m
Watter EEN van die volgende uitdrukkings kan gebruik word om die afstand r
KORREK te bereken?
2
kQ
A √
mg
kmg
B √ 2
Q
2
Q
C √
kmg
mg
D √ 2
kQ (2)
1.8 Die kilowatt-uur (kWh) is 'n eenheid van …
A drywing.
B elektriese stroom.
C elektriese energie.
D potensiaalverskil. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.9 Die diagram hieronder toon 'n vereenvoudigde elektriese motor. Die rotasie van
die spoel word vanaf die battery waargeneem.
N S
Watter EEN van die volgende stellings is KORREK terwyl die motor in werking
is?
Die spoel en die …
A sleepringe roteer antikloksgewys.
B sleepringe roteer kloksgewys.
C kommutator roteer kloksgewys.
D kommutator roteer antikloksgewys. (2)
1.10 Watter van die volgende stellings is WAAR vir die foto-elektriese effek?
Die foto-elektriese effek toon dat:
(i) Lig 'n golfgeaardheid het
(ii) Lig 'n deeltjiegeaardheid het
(iii) Ligenergie gekwantiseerd is
A Slegs (i)
B Slegs (ii)
C Slegs (i) en (iii)
D Slegs (ii) en (iii) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
In 'n eksperiment is 'n krat met 'n massa van 8,5 kg, wat in rus op 'n ruwe, horisontale
tafel is, verbind aan 'n massa-haak deur middel van 'n ligte, onrekbare toutjie wat oor 'n
wrywinglose katrol gaan, soos in die diagram hieronder getoon. Massastukke word by
die massa-haak gevoeg en die versnelling van die krat word gemeet. Die eksperiment
word verskeie kere herhaal deur verskillende massas by te voeg om die hangende
massa elke keer te vergroot.
Ignoreer die effekte van lugweerstand.
8,5 kg
Massahaak
met
massastukke
Die uitslae wat verkry is, is gebruik om die sketsgrafiek hieronder te teken.
Versnelling van krat
Y
(m·s-2)
0 4,2 7,4
Hangende massa (kg)
2.1 Definieer die term statiese wrywing. (2)
2.2 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamsdiagram) en toon AL die
HORISONTALE kragte wat op die krat inwerk NET VOORDAT dit begin
beweeg. (2)
2.3 Bereken die:
2.3.1 Statiese wrywingskoëffisiënt (µs) (4)
2.3.2 Grootte van die versnelling deur Y op die grafiek verteenwoordig,
indien die kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen die krat en die tafel
0,40 is (5)
2.4 'n 5 kg-blok word nou binne-in die krat gesit en die eksperiment word herhaal.
Hoe sal dit die maksimum statiese wrywingskrag wat nou deur die krat
ondervind word, beïnvloed? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY
DIESELFDE. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Bal A word vertikaal opwaarts teen 12 m·s-1 vanaf die bopunt van 'n gebou gegooi.
Twee sekondes nadat bal A opwaarts gegooi is, word bal B vertikaal afwaarts teen
5,4 m·s-1 vanaf die bopunt van dieselfde gebou gegooi. Beide balle, A en B, tref die
grond by tyd t sekondes.
Ignoreer die effekte van lugweerstand.
Die posisie-tyd-sketsgrafieke vir beide balle word hieronder getoon.
Y A
Z
Posisie (m)
B
m)
0
t Tyd (s)
3.1 Gebruik SLEGS BEWEGINGSVERGELYKINGS en bereken die waarde van
ELK van die volgende, soos in die grafieke getoon:
3.1.1 t (5)
3.1.2 Z (3)
3.1.3 Y (4)
3.2 Op dieselfde assestelsel, skets die snelheid-tyd-grafieke vir bal A en bal B
terwyl hulle in vryval is. Benoem die grafieke A en B vir bal A en bal B
onderskeidelik.
Toon die volgende duidelik op die grafieke:
• Die aanvanklike snelheid van elke bal
• Die tyd wanneer elke bal gegooi word
• Die tyd wanneer die balle die grond tref (4)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Twee trollies, A en B, met massas van 1,5 kg en 2 kg onderskeidelik, word in 'n
stilstaande posisie op 'n reguit, horisontale, wrywinglose baan, met 'n saamgeperste
veer tussen hulle, gehou. Die trollies word losgelaat en die veer neem t sekondes om
na sy natuurlike lengte terug te keer. Die veer val dan op die grond.
Trollie A beweeg na links, terwyl trollie B na regs beweeg en dan teen 'n wrywinglose
skuinsvlak op beweeg om 'n maksimum vertikale hoogte van 1,5 m te bereik, soos in die
diagram hieronder getoon.
Voordat veer losgelaat word Nadat veer losgelaat is
B
A B
1,5 kg 2 kg A B 1,5 m
Saamgeperste veer Veer teen natuurlike lengte
Ignoreer die rotasie-effekte van die wiele.
4.1 Skryf die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde neer. (2)
4.2 Bereken die spoed van trollie B aan die onderkant van die skuinsvlak. (4)
4.3 Vir die t sekondes wat die veer neem om na sy natuurlike lengte terug te keer:
4.3.1 Bereken die verandering in momentum van trollie B (3)
4.3.2 Skryf die verandering in die momentum van trollie A neer (1)
4.4 Bereken die spoed van trollie A ná t sekondes. (2)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Konstante krag F word toegepas teen 'n hoek van 30° tot die horisontaal op 'n krat
met 'n massa van 6 kg, wat aanvanklik in rus is, soos in die diagram hieronder getoon.
'n Konstante wrywingskrag van 10 N werk in op die krat soos dit by punt A vanuit rus
oor 'n horisontale oppervlak na punt B beweeg. Die afstand tussen punt A en punt B is
1,5 m. Die spoed van die krat by punt B is 2 m·s-1.
F
30°
6 kg 1,5 m
A B
5.1 Definieer die term arbeid verrig deur 'n krag. (2)
5.2 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamsdiagram) en toon AL die
kragte wat op die krat inwerk terwyl dit beweeg. (4)
5.3 Gebruik SLEGS ENERGIEBEGINSELS om die grootte van krag F te bereken. (4)
5.4 'n 2 kg-voorwerp word in die krat geplaas. Watter uitwerking sal dit op die arbeid
hê wat deur dieselfde krag F verrig word wanneer die krat weer vanaf punt A
na punt B beweeg word? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY
DIESELFDE. (2)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Stilstaande luisteraar wat langs die pad staan, teken die golflengte aan van die klank
vrygestel deur die sirene van 'n polisiemotor wat teen 'n konstante snelheid beweeg.
In die golflengte-tyd-grafiek hieronder, NIE volgens skaal geteken NIE, is λL die
golflengte van die klank wat deur die luisteraar aangeteken is en λS is die golflengte van
die klank wat deur die sirene vrygestel word.
Neem die spoed van klank in lug as 343 m·s-1.
Golflengte (m)
0,40 λL
0,38 λS
Tyd (s)
6.1 Noem die verskynsel wat verduidelik hoekom die golflengtes getoon in die
grafiek, verskil. (1)
6.2 Beweeg die motor NA of WEG VAN die luisteraar? Gee 'n rede vir die
antwoord. (2)
6.3 Bereken die:
6.3.1 Frekwensie van die klank deur die sirene vrygestel (3)
6.3.2 Grootte van die snelheid van die motor (6)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
P is 'n +2 nC-puntlading. X is 'n punt 6 cm vanaf lading P, soos in die diagram hieronder
getoon.
+2 nC
P X
6 cm
7.1 Bereken die grootte van die elektriese veld by X. (3)
Puntlading S, met 'n lading van −2 nC, word 4 cm regs van lading P geplaas, soos in
die diagram hieronder getoon.
+2 nC −2 nC
P S
4 cm
7.2 Teken die resulterende elektrieseveldpatroon as gevolg van ladings P en S. (3)
7.3 'n Derde puntlading T word 2 cm regs van lading S geplaas, soos in die diagram
hieronder getoon. Puntlading T ondervind 'n netto elektrostatiese krag van
2,5 x 10-4 N na links.
+2 nC −2 nC
P S T
4 cm 2 cm
7.3.1 Stel Coulomb se wet in woorde. (2)
7.3.2 Wat is die polariteit van lading T? Kies uit POSITIEF of NEGATIEF. (1)
7.3.3 Bereken die grootte van lading T. (5)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
L1 en L2 is twee gloeilampe met die volgende aanslae ('ratings'):
L1: 36 W ; 20 V en L2: 48 W ; 32 V
Die twee gloeilampe is verbind soos in die stroombaandiagram hieronder getoon. Die
battery het 'n interne weerstand van 0,6 Ω, terwyl die verbindingsdrade en die ammeters
weglaatbare weerstand het. R1 en R2 is resistors.
ε
r
0,6 Ω
A1
4 Ω R2
A2 L2
R1 L1
8.1 Definieer die term drywing. (2)
8.2 Indien al twee gloeilampe werk soos AANGESLAAN ('rated'), bereken die:
8.2.1 Lesing op ammeter A2 (3)
8.2.2 Lesing op ammeter A1 (3)
8.2.3 Weerstand van resistor R1 (4)
8.2.4 Emk van die battery (4)
8.3 Gloeilamp L1 brand na 'n ruk uit. Aanvaar dat die weerstand van gloeilamp L2
konstant bly.
Sal gloeilamp L2 aanhou brand nadat gloeilamp L1 uitgebrand het? Kies uit JA
of NEE. Ondersteun jou antwoord met 'n geskikte berekening. (5)
[21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die grafiek hieronder toon hoe die geïnduseerde stroom in 'n generator met tyd
verander.
Geïnduseerde stroom (A)
1,2
0
0,01 0,02 0,03 0,04
Tyd (s)
9.1 Noem die soort generator. Kies uit WS of GS. (1)
9.2 Noem die energie-omskakeling wat in hierdie generator plaasvind terwyl dit in
werking is. (2)
9.3 Gee 'n rede hoekom hierdie generator NIE geskik is vir die transmissie van
elektrisiteit oor lang afstande NIE. (1)
9.4 Bereken die frekwensie waarteen die spoel in die generator roteer. (2)
9.5 Definieer die term wortelgemiddeldekwadraat-(wgk)-stroom. (2)
9.6 Bereken die wortelgemiddeldekwadraat-stroom wat deur die generator gelewer
word. (3)
9.7 Die grafiek hieronder toon hoe die geïnduseerde stroom met tyd verander
nadat 'n verandering aan die werking van die generator gemaak is.
Geïnduseerde stroom (A)
0,6
0
0,01 0,02 0,03 0,04 Tyd (s)
Beskryf volledig die verandering wat gemaak is. (2)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
10.1 Definieer die term foto-elektriese effek. (2)
10.2 Rooi lig, blou lig en groen lig word gelyktydig op 'n kaliumplaat geskyn, soos in
die diagram hieronder getoon. Elke kleur lig bestaan uit 'n enkel frekwensie.
Twee maksimum kinetiese energieë van die vrygestelde elektrone is moontlik,
naamlik 6,96 x 10-20 J en 2,65 x 10-20 J. Elke vrygestelde elektron het slegs een
van hierdie maksimum kinetiese energieë.
Rooi lig, groen lig en blou lig
Kaliumplaat
10.2.1 Watter kleur lig is verantwoordelik vir die vrystel van elektrone met
'n maksimum kinetiese energie gelyk aan 2,65 x 10-20 J? (1)
10.2.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 10.2.1. (2)
10.2.3 Die elektrone met 'n maksimum kinetiese energie van
2,65 x 10-20 J word vrygestel deur lig wat 'n frekwensie van
5,85 x 1014 Hz het.
Bereken die frekwensie van die lig wat elektrone met 'n maksimum
kinetiese energie van 6,96 x 10-20 J vrygestel het. (5)
10.2.4 Die intensiteit van die rooi lig word verhoog, terwyl die intensiteite
van die blou lig en groen lig dieselfde bly.
Watter effek sal hierdie verandering op die tempo hê waarteen
elektrone vrygestel word? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY
DIESELFDE. (2)
10.3 Sommige van die atome van 'n warm gas, wat uit 'n enkele element bestaan,
is in 'n opgewekte toestand. Die spektrum gevorm deur die warm gas word op
'n skerm in 'n donker kamer waargeneem. Die spektrum bestaan uit spesifieke
gekleurde lyne op 'n swart agtergrond.
10.3.1 Noem die soort spektrum gevorm. (1)
10.3.2 Verduidelik die teenwoordigheid van die gekleurde lyne in die
spektrum. (2)
[15]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Fisiese Wetenskappe/V1 1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
G 6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstante
Radius of the Earth
RE 6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
ME 5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
k 9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
vf = vi + a∆t ∆x = vi∆t + ½a∆t2 or/of ∆y = vi∆t + ½a∆t2
v + vf vi + vf
v 2f = v i2 + 2a∆x or/of v 2f = v i2 + 2a∆y Δx = i Δt or/of Δy = Δt
2 2
FORCE/KRAG
Fnet = ma p = mv
fs
max
= μsN fk = μ k N
Fnet∆t = ∆p
w = mg
∆p = mvf - mvi
m1m 2 m1m 2 M M
F= G or/of F = G g = G or/of g= G 2
d2 r2 d2 r
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W = F∆xcos θ U = mgh or/of Ep = mgh
Wnet = ∆K or/of W net = ∆Ek
K = ½mv2 or/of Ek = ½mv2
∆K = Kf - Ki or/of ∆K = Ekf – Eki
W
Wnc = ∆K + ∆U or/of Wnc = ∆Ek + ∆Ep P =
Δt
Pave = Fvave / Pgemid = Fvgemid
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
v = fλ T =
f
v vL v vL hc
fL = fs / fL = fb E = hf or/of E =
v vs v vb λ
E = W 0 + Ek(max) or/of E = W 0 + Kmax where/waar
2 2
E = hf and/en W 0 = hf0 and/en Ek(max) = ½ mv max or/of Kmax = ½ mv max
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ1Q 2 kQ
F = E =
r2 r2
W F
V= E=
q q
Q Q
n= or/of n=
e qe
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
emf ( ε ) = I(R + r)
V
R=
I
emk ( ε ) = I(R + r)
Rs = R1 + R2 + ...
1
=
1
+
1
+ ...
q = IΔt
R p R1 R 2
W = Vq W
P=
Δt
W = VIΔt
P = VI
W = I2RΔt
P = I2R
V Δt
2
W= V2
R P=
R
ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
Pave = Vrms Irms / Pgemid = Vwgk I wgk
I max I maks
I rms = / I wgk =
2 2 Pgemid = I 2wgk R
Pave = Irms
2
R /
Vmax Vmaks
Vrms = / Vwgk = 2
Vrms
2
Vwgk
2 2 Pave = / Pgemid =
R R
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 KZN Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Mpumalanga Prelim 2024 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 North West Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052/v1-a152cbabd59bdb3c6c42/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 KZN June 2024 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Western Cape Prelim 2024 Memo
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper