Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 4 gegewensblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)

%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e563c7f-5d30-46c2-a50f-2942505df8e3/v1-c8add7667fd054150e1b/card.webp)


View all





Physical Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 804.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
- Question 1Organic Compounds and Macromolecules14 marks
- Question 2Organic Compounds and Macromolecules18 marks
- Question 3Organic Compounds and Macromolecules11 marks
- Question 4Organic Compounds and Macromolecules22 marks
- Question 5Rate and Extent of Reactions17 marks
- Question 6Chemical Equilibrium40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op die
ANTWOORDEBOEK neer.
2. Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
8. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
9. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
10. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs
die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 E. Nov
1.1 Watter EEN van die volgende verbindings het waterstofbindings tussen die
molekule?
A CH3CH2CHO
B CH3COOCH3
C CH3CH2CH2OH
D CH3COCH3 (2)
1.2 Watter EEN van die volgende is 'n KORREKTE ALGEMENE FORMULE vir die
karboksielsure?
A CnH2n+1O2
B CnH2nO2n
C CnH2nO2
D CnHnO2 (2)
1.3 Bestudeer die reaksies hieronder.
H2SO4
Reaksie 1: CH3CH2CHOHCH3 Verbinding P (hoofproduk) + H2O
gekons.
hidrogenering
Reaksie 2: Verbinding P Verbinding Q
Watter EEN van die volgende kombinasies is die KORREKTE IUPAC-name
van verbindings P en Q?
VERBINDING P VERBINDING Q
A But-1-een Butaan
B But-2-een Butaan
C But-1-een Butan-2-ol
D But-2-een Butan-2-ol (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.4 Die potensiële-energiediagram hieronder is vir die volgende hipotetiese
chemiese reaksie:
X + Y ⇌ Z
Potensiële energie
Reaksieverloop
Watter EEN van die volgende kombinasies van waardes vir die reaksiewarmte
en die aktiveringsenergieë kan vir hierdie reaksie verkry word?
∆H(voorwaarts) EA(voorwaarts) EA(terugwaarts)
(kJ·mol–1) (kJ·mol–1) (kJ·mol–1)
A -400 300 100
B -200 300 100
C +400 100 300
D -200 100 300 (2)
1.5 Aanvanklik word 'n gelyke hoeveelheid mol waterstofgas, H2(g), en jodiumgas,
I2(g), in 'n geslote houer gemeng. Die reaksie bereik ewewig by 'n konstante
temperatuur volgens die gebalanseerde reaksie.
H2(g) + I2(g) ⇌ 2HI(g)
Watter EEN van die volgende is ALTYD WAAR by ewewig?
A [H2] = [I2]
B [HI] = [I2]
C [HI] = 2[H2]
D [H2] = [I2] = [HI] (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.6 Oorweeg die volgende reaksie by ewewig:
2SO2(g) + O2(g) ⇌ 2SO3(g) ΔH = −188 kJ·mol–1
Watter EEN van die veranderinge aan die reaksietoestande hieronder sal die
opbrengs van SO3(g) verhoog?
A Die byvoeging van O2(g)
B Die byvoeging van 'n katalisator
C 'n Verhoging in temperatuur
D 'n Toename in die volume van die houer by 'n konstante temperatuur (2)
1.7 Die tabel hieronder toon die ionisasiekonstantes, Ka, vir twee sure by 25 °C.
SUUR Ka
Butanoësuur 1,5 x 10-5
Etanoësuur 1,8 x 10-5
Beskou die volgende stellings vir hierdie twee sure wanneer hulle gelyke
konsentrasie by 25 °C het:
(i) Beide is swak sure.
(ii) Butanoësuur is 'n sterker suur as etanoësuur.
(iii) Die butanoësuuroplossing het 'n laer konsentrasie van hidroniumioon,
H3O+(aq), as die etanoësuuroplossing.
Watter van die stellings hierbo is WAAR?
A Slegs (i) en (ii)
B Slegs (i) en (iii)
C Slegs (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iii) (2)
1.8 Watter EEN van die volgende pare sure en basisse, wat almal dieselfde
konsentrasie het, reageer om die hoogste pH by die ekwivalensiepunt in 'n
titrasie by 25 °C te gee?
A HCℓ en NH3
B HCℓ en NaOH
C HNO3 en KOH
D CH3COOH en NaOH (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.9 'n Standaard galvaniese sel word opgestel, soos hieronder getoon.
V
Cd Ag
Cd2+(aq) Ag+(aq)
Watter EEN van die volgende kombinasies van die metaal wat as katode
gebruik word en die elektronvloeirigting is KORREK?
METAAL AS KATODE ELEKTRONVLOEIRIGTING
GEBRUIK
A Cd Cd na Ag
B Ag Cd na Ag
C Cd Ag na Cd
D Ag Ag na Cd (2)
1.10 'n Elektrolitiese sel word opgestel om 'n ysterstaaf met nikkel te elektroplateer,
soos in die diagram hieronder getoon.
Beskou die volgende stellings:
(i) Die ysterstaaf is die negatiewe elektrode.
(ii) Die metaalione in die oplossing ondergaan reduksie.
(iii) Die anode is suiwer nikkel.
Watter van die stellings hierbo is WAAR?
A Slegs (i) en (ii)
B Slegs (i) en (iii)
C Slegs (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iii) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die letters A tot H in die tabel hieronder verteenwoordig organiese verbindings.
H
H C H
H C H
H H H O
H Br H H
A H C C C C H B
H C C C C C H
H H H
H Br H H
H C H
H
C Butanoon D C4H10O
E CH3C(CH3)2CCCH3 F CH3COO(CH2)2CH3
G C4H8O2 H CH3C(CH3)2CH2CH3
2.1 Skryf die LETTER neer wat ELK van die volgende verteenwoordig:
2.1.1 'n Alkohol (1)
2.1.2 'n Verbinding met 'n formielgroep (1)
2.1.3 'n Onversadigde verbinding (1)
2.2 Skryf die IUPAC-naam neer van verbinding:
2.2.1 B (3)
2.2.2 E (3)
2.3 Twee verskillende verbindings in die tabel hierbo is funksionele isomere.
2.3.1 Definieer die term funksionele isomeer. (2)
2.3.2 Skryf die LETTERS neer wat hierdie funksionele isomere
verteenwoordig. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.4 Verbinding F word gevorm wanneer 'n karboksielsuur met 'n ander organiese
verbinding, X, in die teenwoordigheid van 'n katalisator reageer.
Skryf neer die:
2.4.1 NAAM of FORMULE van die katalisator (1)
2.4.2 Tipe reaksie (1)
2.4.3 STRUKTUURFORMULE van verbinding F (2)
2.4.4 IUPAC-naam van verbinding X (2)
[18]
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die dampdrukke van verskillende organiese verbindings word by 20 °C bepaal.
Die dampdrukke van verbindings A, B en C word NIE in die tabel getoon NIE.
MOLÊRE
DAMPDRUK (kPa)
VERBINDING IUPAC-NAAM MASSA
BY 20 °C
(g·mol-1)
A Pentaan 72
B 2-metielbutaan 72
C 2,2-dimetielpropaan 72
D Propanoësuur 74 0,32
E Butanaal 72 12,2
3.1 Definieer die term dampdruk. (2)
3.2 Die dampdruk van verbindings A, B en C word in willekeurige volgorde
hieronder gegee.
79 kPa 146 kPa 58 kPa
3.2.1 Skryf die dampdruk van verbinding C neer. (1)
3.2.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2.1 volledig. (3)
3.3 Verbindings D en E word vergelyk.
3.3.1 Watter verbinding het die laagste kookpunt? (1)
3.3.2 Verduidelik die verskil tussen die dampdrukke van verbindings D en
E volledig. (4)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Bestudeer die vloeidiagram hieronder.
Reaksie I is 'n KRAKINGSREAKSIE wat twee organiese verbindings, W en T, as die
ENIGSTE produkte vorm.
Organiese verbinding U
Reaksie I
Organiese Organiese Organiese
Reaksie V
verbinding W + verbinding T verbinding S
C4H8
Reaksie II Reaksie IV
Reaksie III Organiese verbinding R
CH3CH2CH2CH2Br
Eliminasie
4.1 Definieer die term krakingsreaksie. (2)
4.2 Is die produk in reaksie II 'n PRIMÊRE, SEKONDÊRE of TERSIÊRE
haloalkaan? Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
4.3 Skryf neer die:
4.3.1 STRUKTUURFORMULE van verbinding W (3)
4.3.2 MOLEKULÊRE formule van verbinding U (1)
4.4 Vir reaksie II, skryf neer:
4.4.1 Die NAAM of FORMULE van die anorganiese reaktans (1)
4.4.2 Die tipe reaksie (Kies uit SUBSTITUSIE, ADDISIE of ELIMINASIE.) (1)
4.4.3 EEN reaksietoestand (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Die vloeidiagram op bladsy 9 is hieronder vir maklike verwysing oorgeteken.
Organiese verbinding U
Reaksie I
Organiese Organiese Organiese
Reaksie V
verbinding W + verbinding T verbinding S
C4H8
Reaksie II Reaksie IV
Reaksie III Organiese verbinding R
CH3CH2CH2CH2Br
Eliminasie
4.5 Skryf die TIPE eliminasie in reaksie III neer. (1)
4.6 Verbindings R en T is posisie-isomere.
Die anorganiese reagense wat hieronder getoon word, is beskikbaar vir
reaksies IV en V.
Br2 H2SO4(gekons.) NaOH(gekons.) HBr H2
Skryf neer:
4.6.1 Die gebalanseerde vergelyking vir reaksie IV, met gebruik van
STRUKTUURFORMULES en die korrekte anorganiese reagens
hierbo getoon (5)
4.6.2 Die gebalanseerde vergelyking vir reaksie V, met gebruik van
STRUKTUURFORMULES en die korrekte reagens hierbo getoon (3)
4.6.3 Die IUPAC-naam van verbinding T (2)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
5.1 Die reaksie tussen suiwer aluminium, Aℓ(s), en OORMAAT soutsuur, HCℓ(aq),
word gebruik om die faktore te ondersoek wat die reaksietempo beïnvloed.
Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is:
2Aℓ(s) + 6HCℓ(aq) → 2AℓCℓ3(aq) + 3H2(g)
5.1.1 Definieer die term reaksietempo. (2)
EKSPERIMENT I
In hierdie eksperiment reageer 1 mol∙dm-3 HCℓ-oplossing met 'n 0,5 g Aℓ-strook
van 'n aluminiumrol by kamertemperatuur.
Die grafiek van volume H2(g) teenoor tyd vir hierdie eksperiment, nie volgens
skaal geteken nie, word hieronder getoon.
Volume H2 (dm3)
0 5 Tyd (minute)
5.1.2 Vir die tydinterval t = 0 tot t = 5 minute is die gemiddelde
reaksietempo vir die vorming van H2(g), 0,033 dm3·min-1.
Bereken die massa Aℓ teenwoordig in die houer by t = 5 minute.
Neem die molêre gasvolume as 24,5 dm3·mol-1. (6)
Neem aan dat die konsentrasie van die HCℓ(aq) vir die duur van die reaksie
konstant bly.
5.1.3 Gebruik die botsingsteorie om die verandering in die reaksietempo
van t = 0 tot t = 5 minute te verduidelik. (4)
EKSPERIMENT II
Eksperiment I word herhaal deur 'n 2 mol∙dm-3 HCℓ-oplossing te gebruik.
5.1.4 Teken die grafiek hierbo in jou ANTWOORDEBOEK oor (GEEN
numeriese waardes hoef getoon te word NIE) en benoem die
kurwe A. Op dieselfde assestelsel, teken die kurwe wat verkry sal
word vir Eksperiment II. Benoem dit as kurwe B. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
EKSPERIMENT III
Eksperiment I word herhaal deur 0,5 g suiwer verpoeierde Aℓ te gebruik.
5.1.5 Hoe sal die volume H2(g) wat geproduseer is in Eksperiment III
vergelyk met dié in Eksperiment I? Kies uit GROTER AS, KLEINER
AS of GELYK AAN. (1)
5.2 Kurwe X is die Maxwell Boltzmann-verspreidingskuwe vir 'n reaksie onder 'n
stel reaksietoestande. 'n Verandering is aan een van die reaksietoestande
gemaak om kurwe Y te verkry.
Kurwe X
Hoeveelheid deeltjies
Kurwe Y
Kinetiese energie
5.2.1 Watter verandering is gemaak om kurwe Y te verkry? (1)
5.2.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 5.2.1. (1)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
6.1 Die reaksie van koolstofmonoksiedgas, CO(g), met suurstofgas, O2(g), word
ondersoek. Die reaksie bereik ewewig in 'n geslote houer by konstante
temperatuur T °C, volgens die gebalanseerde vergelyking:
2CO(g) + O2(g) ⇌ 2CO2(g) ΔH < 0
Veranderinge aan die ewewigstoestande word by verskillende tye gemaak. Die
grafiek toon die resultate verkry. X, Y en Z verteenwoordig die gasse in die
reaksie hierbo.
X
Konsentrasie (mol∙dm-3)
Y
Z
0 t1 t2 t3 Tyd (minute)
6.1.1 Definieer die term chemiese ewewig. (2)
Gebruik die grafiek om die vrae hieronder te beantwoord.
6.1.2 By t1 word suurstof, O2(g), by die houer gevoeg. Skryf die letter neer
wat O2(g) verteenwoordig. Kies uit X, Y of Z. (1)
6.1.3 By t2 word die druk aangepas deur die volume van die houer te
verander. Is die druk VERHOOG of VERLAAG? (1)
6.1.4 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 6.1.3. (1)
6.1.5 Skryf die NAAM of FORMULE neer van die gas wat deur die letter Z
verteenwoordig word. (1)
6.1.6 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 6.1.5. (1)
6.1.7 Watter verandering in temperatuur word by t3 gemaak? Kies tussen
VERHOOG of VERLAAG. (1)
6.1.8 Gebruik Le Chatelier se beginsel om die antwoord op VRAAG 6.1.7
te verduidelik. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
6.2 Koolstofmonoksiedgas, CO(g), reageer met waterdamp, H2O(g), by T °C. Die
reaksie bereik chemiese ewewig volgens die gebalanseerde vergelyking:
CO(g) + H2O(g) ⇌ CO2(g) + H2(g)
Aanvanklik is 0,6 mol CO(g), 0,6 mol H2O(g), 0,1 mol koolstofdioksiedgas,
CO2(g), en 0,1 mol waterstofgas, H2(g), in 'n 2 dm3-fles gemeng en verseël.
Indien die ewewigskonstante, Kc, vir hierdie reaksie by T °C 4 is, bereken die
massa CO(g) wat by ewewig in die fles teenwoordig is. (9)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Gehidrateerde kaliumkarbonaat, K2CO3·xH2O, is 'n SWAK BASIS. 'n Oplossing word
voorberei deur van hierdie vaste stof in water op te los.
7.1 Definieer die term swak basis. (2)
2-
7.2 Skryf die formule van die gekonjugeerde suur van die karbonaatioon, CO3 (aq),
neer. (1)
'n Soutsuuroplossing, HCℓ(aq), met 'n konsentrasie van 0,1 mol·dm-3, word met die
voorbereide kaliumkarbonaatoplossing, K2CO3(aq), met 'n onbekende konsentrasie
getitreer.
Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is:
K2CO3(aq) + 2HCℓ(aq) → 2KCℓ(aq) + CO2(g) + H2O(ℓ)
Die resultate van die titrasie word hieronder gegee.
VOLUME K2CO3(aq) IN BURET VOLUME
HCℓ(aq) OORSPONKLIKE FINALE K2CO3(aq)
GEBRUIK BURETLESING BURETLESING GEBRUIK
(cm3) (cm3) (cm3) (cm3)
Lopie 1 25 6,5 p 20,05
Lopie 2 25 q 48,3 20,15
7.3 Bepaal die waarde van:
7.3.1 p (1)
7.3.2 q (1)
7.4 METIELORANJE word as indikator gebruik. Verduidelik waarom metieloranje
die geskikste indikator vir hierdie titrasie is deur na die pH by die ekwivalensie-
punt te verwys. (2)
7.5 Bereken die konsentrasie van die K2CO3-oplossing. (5)
Die K2CO3-oplossing hierbo wat in die titrasie gebruik is, is voorberei deur 6,525 g van
die gehidrateerde kaliumkarbonaat, K2CO3·xH2O, in 600 cm3 water op te los.
7.6 Bereken die waarde van x in die formule K2CO3·xH2O. (5)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
8.1 Verdunde soutsuur, HCℓ(aq), reageer met magnesium, Mg(s), by 25 °C volgens
die volgende gebalanseerde vergelyking:
Mg(s) + 2HCℓ(aq) → MgCℓ2(aq) + H2(g)
8.1.1 Gebruik oksidasiegetalle vir ELK van die reaktanse en verduidelik
waarom hierdie reaksie 'n redoksreaksie is. (2)
8.1.2 Skryf die FORMULE van die oksideermiddel in hierdie reaksie neer. (1)
Daar word waargeneem dat verdunde soutsuur nie by 25 °C met koper, Cu(s),
reageer nie.
8.1.3 Verduidelik hierdie waarneming deur na die relatiewe sterktes van
die reduseermiddels te verwys. (2)
8.1.4 Sal verdunde salpetersuur, HNO3(aq), by 25 °C met koper, Cu(s),
reageer? Kies uit JA of NEE.
Verduidelik die antwoord in terme van die relatiewe sterktes van die
oksideermiddels. (3)
8.2 'n Galvaniese sel word deur die volgende selnotasie voorgestel:
Pb(s) | Pb2+(aq) || Fe3+(aq), Fe2+(aq) | Pt(s)
8.2.1 Skryf die gebalanseerde netto ioniese vergelyking vir hierdie sel
neer. (3)
'n Sterker reduseermiddel word nou met dieselfde oksideermiddel, onder
dieselfde toestande, gebruik.
8.2.2 Hoe sal dit die aanvanklike emk van die sel beïnvloed? Kies uit
TOENEEM, AFNEEM of GEEN EFFEK NIE. (1)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 17 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
9.1 'n Silwerstrook word by 25 °C by 'n 1 mol·dm-3-oplossing van Pb(NO3)2 gevoeg.
Pb(NO3)2(aq) Silwerstrook
Beskou die reaksie hieronder.
2Ag(s) + Pb2+(aq) → 2Ag+(s) + Pb(s)
Deur middel van 'n berekening, bepaal of hierdie reaksie SPONTAAN is of NIE
SPONTAAN is nie. (5)
9.2 Die vereenvoudigde diagram hieronder stel 'n elektrolitiese sel voor. Die
elektrodes is van koolstof gemaak.
Elektrode Q
Gekonsentreerde NaCℓ(aq)
9.2.1 Definieer 'n elektroliet. (2)
9.2.2 Skryf die OORHEERSENDE oksidasiehalfreaksie neer wat in
hierdie sel plaasvind. (2)
9.2.3 Skryf die NAME of FORMULES neer van die produkte wat by
elektrode Q gevorm word. (2)
9.2.4 Verduidelik die antwoord op VRAAG 9.2.3 deur na die relatiewe
sterktes van die betrokke oksideermiddels te verwys. (2)
[13]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Fisiese Wetenskappe/V2 1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Standard pressure
Standaarddruk p 1,013 x 105 Pa
Molar gas volume at STP
Vm 22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume by STD
Standard temperature
T 273 K
Standaardtemperatuur
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Avogadro's constant
NA 6,02 x 1023 mol-1
Avogadro-konstante
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
m N
n= n=
M NA
n m V
c= or/of c= n=
V MV Vm
ca Va a n
= pH = -log[H3O+]
c V
b b n b
Kw = [H3O+][OH-] = 1 x 10-14 at/by 298 K
Eθcell = Eθcathode - Eθanode /Eθsel = Eθkatode - Eθanode
or/of
Eθcell = Eθreduction - Eθoxidation /Eθsel = Eθreduksie - Eθoksidasie
or/of
Eθcell = Eθoxidising agent - Eθreducing agent /Eθsel = Eθoksideermiddel - Eθreduseermiddel
Q Q where n is the number of electrons/
I= n= waar n die aantal elektrone is
∆t qe
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS
TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
Atomic number
1 KEY/SLEUTEL Atoomgetal 2
2,1 H He
1 29 4
3 4 Electronegativity Symbol 5 6 7 8 9 10
1,0 1,5 1,9 Cu 2,0 2,5 3,0 3,5 4,0
Li Be Elektronegatiwiteit
63,5
Simbool B C N O F Ne
7 9 11 12 14 16 19 20
11 12 13 14 15 16 17 18
0,9 Na 1,2 Mg Approximate relative atomic mass 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar
23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn
133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209
87 88 89
0,7 Fr 0,9 Ra Ac 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
226
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4A: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies EΘ (V)
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81
H2O2 + 2H+ +2e ⇌ 2H2O +1,77
MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
2
Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33
O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
Increasing strength of reducing agents/Toenemende sterkte van reduseermiddels
Pt2+ + 2e
Increasing strength of oxidising agents/Toenemende sterkte van oksideermiddels
⇌ Pt + 1,20
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80
NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77
O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52
SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34
2
SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
Cu2+ + e ⇌ Cu+ + 0,16
Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15
S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,06
Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13
Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28
Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40
Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41
Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74
Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91
Mn2+ + 2e ⇌ Mn 1,18
Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66
Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36
Na+ + e ⇌ Na 2,71
Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87
Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
Cs+ + e- ⇌ Cs 2,92
K+ + e ⇌ K 2,93
Li+ + e ⇌ Li 3,05
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4B: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies EΘ (V)
Li+ + e ⇌ Li 3,05
K+ + e ⇌ K 2,93
Cs+ + e ⇌ Cs 2,92
Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90
Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89
Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87
Na+ + e ⇌ Na 2,71
Mg2+ + 2e 2,36
Increasing strength of reducing agents/Toenemende sterkte van reduseermiddels
⇌ Mg
Increasing strength of oxidising agents/Toenemende sterkte van oksideermiddels
Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66
Mn2+ + 2e ⇌ Mn 1,18
Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76
Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74
Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44
Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41
Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40
Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28
Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27
Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14
Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13
Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,06
2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00
S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14
Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15
Cu2+ + e ⇌ Cu+ + 0,16
2
SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45
Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68
Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77
NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80
Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
Pt2+ + 2 e ⇌ Pt + 1,20
MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23
O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
2
Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51
H2O2 + 2H+ +2 e ⇌ 2H2O +1,77
Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Afr)

Errata
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Errata
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e563c7f-5d30-46c2-a50f-2942505df8e3/v1-c8add7667fd054150e1b/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 Free State Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 KZN Prelim 2024 Question Paper
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper