Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
FISIESE WETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*PHSCA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye insluitend ʼn 2-bladsy gegewensblad.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP
Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 374.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasies op jou
ANTWOORDEBOEK.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Jy mag ʼn nieprogrameerbare sakrekenaar gebruik.
4. Jy mag toepaslike wiskundige apparaat gebruik.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelstel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
7. Die formules en subtitusies moet in ALLE berekeninge gewys word.
8. Gee kort verduidelikings, motiverings, ensovoorts, waar nodig.
9. Rond jou finale numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke.
10. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
11. Alle diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) FISIESE WETENSKAPPE V1 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier moontlike opsie word by die volgende vrae voorsien. Elke vraag het slegs EEN
korrekte antwoord. Kies die beste antwoord en skryf SLEGS die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.11 E.
1.1 ʼn Motor ry OOSWAARTS teen ʼn konstante snelheid. Die netto krag op die
motor is ...
A ooswaarts.
B weswaarts.
C nul.
D suidwaarts. (2)
1.2 ʼn Persoon op planeet A met ʼn radius R ondervind ʼn gravitasiekrag F. Indien
die persoon op planeet B is met radius 5R, is die gravitasiekrag wat hy
ondervind:
A ଵ
F
ଶହ
B ଵ
F
ହ
C 5F
D 25 F (2)
1.3 Drie massas m, 2 m en 3 m word gelyktydig vanaf dieselfde hoogte in die
vakuum laat val. Die versnellings van die massa is a1, a2 en a3
onderskeidelik. Watter EEN van die volgende opsies hieronder aangaande
hulle versnellings is korrek?
A a1 ൏ a 2 ൏ a3
B a1 a 2 ൏ a3
C a1 ൏ a 2 a3
D a1 = a 2 = a 3 (2)
1.4 Die kinetiese energie van ʼn voorwerp met ʼn massa m, snelheid v en
momentum p is Ek. Watter EEN van die volgende sal die kinetiese energie
verteenwoordig van dieselfde voorwerp indien sy momentum verander na 2p?
A 4Ek
B 2Ek
C ¼ Ek
D ½ Ek (2)
1.5 ʼn Blok gly oor ʼn ruwe horisontale oppervlak. Die arbeid verrig deur wrywing
verander slegs die:
A Kinetiese energie
B Potensiële energie
C Interne energie
D Kinetiese en interne energie (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.6 Die Doppler-effek word in medisyne gebruik om …
A kanker op te spoor.
B die lengte van ʼn aar te bepaal.
C die hartklop van ʼn fetus te monitor.
D die groeitempo van ʼn fetus te monitor. (2)
1.7 Twee klein, identiese, teenoorgestelde gelaaide sfere hang van ligte,
onrekbare toue en word in vaste posisies gehou om te verhoed dat hulle aan
mekaar raak. Verwys na die diagram hieronder.
+ 2Q -Q
Watter EEN van die volgende stellings beskryf die gedrag van die sfere die
beste wanneer hulle losgelaat word?
A Hulle beweeg na mekaar toe, raak aan mekaar momenteel en skei dan.
B Hulle beweeg na mekaar toe, raak aan mekaar en bly in kontak met
mekaar.
C Hulle sal in hulle oorspronklike posisies bly en dan momenteel vibreer.
D Hulle beweeg momenteel weg van mekaar af en daarna na mekaar toe. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) FISIESE WETENSKAPPE V1 5
1.8 Die grafieke van stroom teenoor potensiaalverskil word vir vier verskillende
weerstande P, Q, S en T verkry soos hieronder getoon.
P
Stroom (A)
Q
S
T
Potensiaalverskil (V)
Die resistor met die grootste weerstand is ...
A P.
B Q.
C S.
D T. (2)
1.9 ʼn Elektriese toestel wat elektriese energie gebruik om meganiese energie te
produseer, word ʼn ... genoem.
A dinamo
B alternator
C elektriese motor
D generator (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.10 In die diagram hieronder verteenwoordig A, B en C die oorgang wat deur ʼn
elektron in ʼn atoom gemaak word.
ENERGIEVLAK 3
ENERGIEVLAK 2
Energie
ENERGIEVLAK 1
A B C
Watter oorgang(e) verteenwoordig die absorpsie van energie?
A Slegs A
B Slegs B
C Slegs A en C
D Slegs B en C (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) FISIESE WETENSKAPPE V1 7
VRAAG 2 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
2.1 ʼn Speelgoed-vragmotor met massa 5,2 kg trek ʼn sleepwa met massa 2 kg. Die
sleepwa word aan die vragmotor geheg met ʼn massalose, onrekbare tou wat ʼn
hoek van 25° met die horisontaal maak, soos in die diagram hieronder getoon.
Die trekkrag op die vragmotor is 46,5 N. Die vragmotor ondervind ʼn kinetiese
wryingskrag van12 N. Die sleepwa ondervind ʼn kinetiese wryingskrag van
5,1 N.
Speelgoed-vragmotor
Sleepwa
46,5 N
25° 5,2
2 kg
2.1.1 Teken ʼn vry-liggaamdiagram met byskrifte om al die kragte te toon
wat op die VRAGMOTOR inwerk. (5)
2.1.2 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde. (2)
2.1.3 Bereken die spanning in die tou. (5 +1)
2.2 Die massa en die radius van die planeet Mars is ongeveer 6,39 x 1023 kg en
3,39 x 106 m onderskeidelik. Bereken die gravitasie-versnelling op die
oppervlak van Mars. (3)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 3 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
Die posisie-tyd grafiek van ʼn bal wat vertikaal afwaarts vanaf die bopunt van ʼn 48 m
hoë gebou gegooi word, word hieronder getoon. Die grafiek is nie volgens skaal
geteken nie. Die bal bons van die grond af en bereik ʼn hoogte van 8 m.
Ignoreer die effek van lugweerstand.
48
Posisie (m)
8
0
2,8 tyd (s)
3.1 Bereken die spoed waarteen die bal:
3.1.1 Afwaarts gegooi word (4)
3.1.2 Die grond tref (3)
3.1.3 Vanaf die grond bons (3)
3.2 Teken die snelheid-tyd grafiek (nie volgens skaal nie) vir die hele beweging van
die bal.
Dui die volgende op jou grafiek aan:
(i) Beginsnelheid waarteen die bal gegooi word
(ii) Snelheid waarteen die bal die grond tref
(iii) Tyd wat dit neem om hierdie snelheid te bereik
(iv) Die snelheid waarteen die bal vanaf die grond bons (4)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) FISIESE WETENSKAPPE V1 9
VRAAG 4 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
ʼn 1 100 kg vragmotor trek ʼn 800 kg sleepwa met ʼn massalose tou teen ʼn konstante
snelheid van 45 km.h-1 na regs soos in die diagram hieronder getoon.
Die tou breek en die sleepwa hou aan na regs beweeg teen ʼn konstante snelheid van
9,06 m.s-1. Ignoreer alle affekte van weerstand.
1 100 kg
800 kg
4.1 Bereken die spoed van vragmotor nadat die tou gebreek het. (4)
4.2 Die vragmotor bots teen ʼn muur en kom tot rus in 0,2 sekondes.
4.2.1 Definieer die term impuls. (2)
4.2.2 Bereken die gemiddelde netto krag wat die muur op die vragmotor
uitoefen. (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 5 (Begin op ʼn NUWE bladsy)
ʼn Warmlugballon met massa 245 kg, styg vanaf die grond af op, op ʼn winderige dag.
Die wind waai in die rigting soos in die diagram getoon en het ʼn krag van
1 870 N. Die warm lug in die ballon verskaf ʼn opwaartse krag van 3 000 N wat
veroorsaak dat die ballon tot het ʼn hoogte van 12 m vertikaal styg met ʼn beginsnelheid
van 15 m.s-1.
WIND
50°
5.1 Teken ʼn vryeliggaamdiagram met byskrifte om al die kragte wat op die ballon
inwerk te toon. (3)
5.2 Bereken die:
5.2.1 Arbeid verrig deur die gravitasiekrag (3)
5.2.2 Netto arbeid verrig op die ballon (4)
5.3 Stel die arbeid-energie stelling in woorde. (2)
5.4 Gebruik die arbeid-energie stelling en bereken die snelheid van die ballon
nadat dit 12 m gestyg het. (3)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) FISIESE WETENSKAPPE V1 11
VRAAG 6 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
6.1 In die diagram hieronder is ʼn polisiemotor met sy sirene aan, stilstande tussen
twee stilstaande waarnemers.
WAARNEMER 1 WAARNEMER 2
Bewegingsrigting
6.1.1 Hoe sal die frekwensie wat deur waarnemer 1 waargeneem word,
vergelyk met die frekwensie wat deur waarnemer 2 waargeneem
word terwyl die motor nie beweeg nie?
Kies slegs: GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN.
Gee ʼn rede vir die antwoord. (2)
6.1.2 Die polisiemotor begin in die rigting van die pyl in die diagram te
beweeg. Hoe sal die frekwensie wat deur waarnemer 1 waargeneem
word, vergelyk met die frekwensie wat deur waarnemer 2 waargeneem
word?
Kies slegs, GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN. (1)
6.1.3 Teken ʼn diagram om jou antwoord in VRAAG 6.1.2 te ondersteun. (3)
6.1.4 NOEM die verskynsel beskryf in VRAAG 6.1.1 en VRAAG 6.1.2 hierbo. (1)
Waarnemer 1 registreer ʼn frekwensie van 1 730 Hz soos die motor hom met
ʼn konstante snelheid van 25 m.s-1 nader.
Neem die spoed van klank in lug as 340 m.s-1.
6.1.5 Bereken die frekwensie van die sirene. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
6.2 Die spektrale lyne in die diagram hieronder verteenwoordig die
waterstofspektrum op verskillende sterre. Watter van die sterre beweeg die
vinnigste weg van die Verwysingsster af? Verduidelik jou antwoord.
(2)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) FISIESE WETENSKAPPE V1 13
VRAAG 7 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
In die FIGUUR 1 hieronder word twee identiese puntladings ʼn afstand X van mekaar
af geplaas en oefen ʼn krag van 1 920 N op mekaar uit.
X (m)
● ●
+Q1 FIGUUR 1 +Q2
In FIGUUR 2 word die ladings ʼn verdere 6 m van mekaar geplaas. Die krag wat die
een lading op die ander uitoefen is 120 N.
(X + 6) m
●
+Q1
●
+Q2
FIGUUR 2
(2)
7.1 Stel Coulomb se Wet in woorde.
7.2 Bereken die:
7.2.1 Afstand X in meter. (5)
7.2.2 Grootte van die ladings. (4)
7.3 Die ladings word teruggeplaas op hulle oorspronklike posisies soos in
FIGUUR 1. ʼn Elektron word by punt P geplaas, ʼn afstand van 0,2 m regs van
lading Q2.
X (m)
● ● 0,2 m P
+Q1 +Q2
Bereken die netto:
7.3.1 Elektriese veld by punt P as gevolg van die twee ladings (5)
7.3.2 Krag ondervind deur die elektron by punt P as gevolg van die twee
ladings (3)
[19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 8 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
8.1 ʼn Groep leerders doen eksperimente om die emk (Ԑ) en die interne weerstand
(r) van ʼn battery te bepaal. Hulle bou die stroombaan gemerk A en B hieronder
en noteer die lesings. DIESELFDE BATTERY en DIESELFDE RESISTORS
word vir elke eksperiment gebruik.
STROOMBAAN A STROOMBAAN B
V
V
S
r
s
r
A
A
R1 R1
R2
R2
Eksperiment Vlas (V) Istroombaan (A)
1 20,58 1,71
2 14,4 4,8
8.1.1 Watter eksperiment word deur stroombaan A verteenwoordig? (1)
Bereken die:
8.1.2 Interne weerstand van die battery (4)
8.1.3 Emk van die battery (2)
8.1.4 Weerstand van ellke resistor (4)
8.1.5 Resistor R2 word nou ontkoppel in stroombaan A. Hoe sal hierdie
verandering die elektriese energie wat per sekonde deur die battery
oorgedra word, beïnvloed? Skryf neer TOENEEM, AFNEEM of BLY
DIESELFDE. Verduidelik jou antwoord. (3)
8.2 Die koste van elektrisiteit by ʼn sekere munisipaliteit is R1,20 per kWh. ʼn
Bakkery gebruik ʼn elektriese oond met ʼn element met weerstand 52 Ω. Die
stroom wat deur die element vloei is 16 A. Bereken hoeveel elektrisiteit die
bakkery per dag betaal indien die elektriese oond daagliks vir 6 ure gebruik
word. (4)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) FISIESE WETENSKAPPE V1 15
VRAAG 9 (Begin op ʼn NUWE bladsy.)
9.1 Die vereenvoudigde diagram hieronder stel ʼn generator voor wat in die rigting
gedraai word soos in die diagram getoon.
9.1.1 Noem die energie-omskakeling wat in hierdie generator plaasvind. (2)
9.1.2 Die generator word kloksgewys gedraai soos in die diagram getoon.
In watter rigting sal die stroom in gedeelte PQ van die toestel vloei?
Skryf slegs P na Q of Q na P. (1)
9.2 Die diagram hieronder toon ʼn vereenvoudigde weergawe van ʼn gedeelte van
ʼn huishoudelike bedradingsstroombaan.
Die spanningstoevoer in ʼn sekere huis is 230 V. ʼn Gloeilamp met ʼn
weerstand van 12 Ω en ʼn ketel met ʼn weerstand van 24 Ω word oor ʼn sekere
tydperk gebruik soos in die diagram getoon.
230 V
A
24 Ω
12 Ω
Bereken die:
9.2.1 Piek (maksimum) spanning van die huislike toevoer (3)
9.2.2 Gemiddelde drywing wat gebruik word indien die twee gloeilampies
en die ketel gelyktydig gebruik word (5)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 10 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Verskillende frekwensies lig word op ʼn natriummetaalplaat geskyn en die maksimum
kinetiese energie van die vrygestelde elektrone word elke keer bepaal. ʼn Grafiek van
maksimum kinetiese energie teenoor frekwensie vir die metaal word hieronder getoon.
3,83
Ek x (10-19 J) fo f
f (Hz)
-3,51
10.1 Definieer die term werksfunksie van ʼn metaal. (2)
10.2 Skryf die waarde van die werksfunksie van natrium metaal neer. (1)
10.3 Dieselfde ligfotone skyn op sinkmetaal. Hoe sal die gradiënt van die grafiek
vir sinkmetaal vergelyk met die gradiënt van die grafiek van die natrium
metaal? Skryf slegs MINDER AS, GROTER AS of GELYK AAN.
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
10.4 Bereken die:
10.4.1 Frekwensie fo aangedui op die grafiek (3)
10.4.2 Golflengte van die invallende fotone wat ooreenstem met die
frekwensie f wat op die grafiek hierbo aangedui is (5)
[13]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) FISIESE WETENSKAPPE V1 17
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
SYMBOL/
NAME/NAAM VALUE/WAARDE
SIMBOOL
Acceleration due to gravity / Swaartekragversnelling g 9,8 m•s-2
Universal gravitational constant /
Universelegravitasiekonstant
G 6,67 × 10-11 N•m2.kg-2
Speed of light in a vacuum / Spoed van lig in ʼn vakuum c 3,0 × 108 m•s-1
Planck's constant / Planck se konstante h 6,63 × 10-34 J•s
Coulomb's constant / Coulomb se konstante k 9,0 × 109 N•m2•C-2
Charge on electron / Lading op elektron e -1,6 × 10-19 C
Electron mass / Elektronmassa me 9,11 × 10-31 kg
Mass of earth / Massa op aarde M 5,98 × 1024 kg
Radius of earth / Radius van aarde RE 6,38 × 103 km
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
vf vi a 't Δx v i Δt 21 a't 2 or/of Δy v i Δt 21 a't 2
2 2 2 2 § vi v f · § vi v f ·
vf v i 2a'x or/of v f v i 2a'y Δx ¨ ¸ Δt or/of Δy ¨ ¸ Δt
© 2 ¹ © 2 ¹
FORCE/KRAG
Fnet ma p mv
fsmax = μsN fk = μkN
Fnet 't 'p
w mg
'p mv f mv i
Gm1 m2 M
F 2 g = G d2
d
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W F'x cos T U mgh or/of EP mgh
Wnet 'K or/of Wnet 'Ek
1 1
K mv 2 or/of Ek mv 2
2 2 'K K f Ki or/of 'Ek Ekf Eki
W
Wnc 'K 'U or/of Wnc 'Ek 'Ep P
't
Pav Fv
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 FISIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
v fO T
f
v r vL v r vL c
fL f s fL fb E hf or/of E h
v r vs v r vb O
E Wo E k where/waar
1 1
E hf and/en W0 hf0 and/en Ek mv2 or/of Kmax 2
mvmax
2 2
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ 1Q 2 kQ
F E
r2 r2
V F
E E
d q
W Q
V n=
q qe
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
emf ( ε ) = I(R + r)
V
R
I
emk ( ε ) = I(R + r)
Rs R1 R 2 ...
1 1 1 q I 't
...
Rp R1 R 2
W = Vq W
P
Δt
W = VI ' t
P = VI
W= I2R ' t
P = I2R
2
W= V Δt P
V2
R R
ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
Paverage Vrms I rms / Pgemiddeld Vwgk I wgk
I max Im aks
I rms / I wgk
2 2
Paverage 2
I rms R Pgemiddeld I 2wgk R
/
Vmax Vmaks
Vrms / Vwgk 2
2
Vwgk
2 2 Vrm Pgemiddeld
Pav erage s /
R R
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Western Cape Mock 2018 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2018 Memo
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper