Skip to content

Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP

Question paperTechnical SciencesGrade 12202516 pages

Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape June Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2025 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *JTSCA1* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Skryf jou VOLLE NAAM en VAN in die toepaslike spasies op die ANTWOORDEBOEK. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 4. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nomeringstelstel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 7. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke af. 8. Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts, waar nodig. 9. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 3 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D. 1.1 Die diagram hieronder toon ʼn stilstaande baksteen met ʼn massa van 1 kg op ʼn wrywinglose vloer. Die baksteen bly in rus wanneer F1 en F2 gelyktydig op die baksteen toegepas word. F1 1 kg F2 Watter EEN van die volgende stellings is KORREK? A F1 = F2 B F1 = ½ F2 C F1 = 2 F2 D F1 < F2 (2) 1.2 Watter EEN van die volgende is altyd in dieselfde rigting as die versnelling van ʼn liggaam? A Snelheid B Tempo van verandering van momentum C Momentum D Arbeid verrig (2) 1.3 Twee bokse R en Q met massas 15 kg en 30 kg onderskeidelik, rus op ʼn wrywinglose horisontale oppervlak. Hierdie bokse word dan getrek met kragte FR = 50 N en FQ = 100 N en hulle beweeg na die rigting van die toegepaste kragte. Q R FR F =R50 N FQ = 100 N 30 kg 15 kg Hoe vergelyk die traagheid van boks R met die traagheid van boks Q? A Traagheid van boks R = Traagheid van boks Q B Traagheid van boks R > Traagheid van boks Q C Traagheid van boks R < Traagheid van boks Q D Traagheid van boks R = 2 x Traagheid van boks Q (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2025) 1.4 ʼn Hyskraan beweeg ʼn boks na regs terwyl dit ʼn opwaartse krag van 10 780 N oor ʼn hoogte van 0,9 m uitoefen. Die massa van die boks is 1 100 kg, soos in die diagram hieronder getoon. Fa = 10 780 N Rigting van beweging 1 100 kg Die hoeveelheid arbeid deur die toegepaste krag op die boks verrig, is ... A 9 702 J. B 1 100 J. C 0 J. D 10 789 J. (2) 1.5 Oorweeg die volgende stellings oor vloeistofdruk: (i) Vloeistofdruk is direk eweredig aan die diepte (ii) Vloeistofdruk is onafhanklik van die grootte van die vorm van die houer (iii) Vloeistofdruk is inverse eweredig aan die digtheid van die vloeistof Watter EEN van die volgende opsies met betrekking tot vloeistofdruk is KORREK? A (ii) en (iii) B (i) en (iii) C (i), (ii) en (iii) D (i) en (ii) (2) 1.6 Die KORREKTE definisie vir drywing is: A Die verhouding van arbeid verrig oor ʼn sekere tydperk. B Geen arbeid word verrig wanneer ʼn krag reghoekig op die bewegingsrigting inwerk nie. C Die vermoë om arbeid te verrig. D Die tempo waarteen arbeid verrig word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 5 1.7 Die minimum krag wat op ʼn liggaam toegepas kan word sodat die liggaam sy oorspronklike vorm heeltemal herwin wanneer die krag verwyder word, is elastisiteitsgrens. Watter van die volgende woord(e) word VERKEERD in bogenoemde stelling gebruik? A verwyder B minimum C elastisiteitsgrens D oorspronklike vorm (2) 1.8 40 GPa is gelyk aan ... A 4 x 1015 Pa. B 40 x 106 Pa. C 4 x 108 Pa. D 40 x 109 Pa. (2) 1.9 Die ekwivalente eenheid aan N.s is ... A kg m.s-2 B m.s-2 C kg m.s-1 D m.s-1 (2) 1.10 Optiese vesels is op die verskynsel van ... gebaseer. A diffraksie B dispersie C interferensie D totale interne weerkaatsing (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2025) VRAAG 2 2.1 Die diagram hieronder toon ʼn 12 kg-boks wat teen konstante snelheid na die ooste beweeg terwyl drie kragte F1, F2 en F3 gelyktydig daarop uitgeoefen word. Die oppervlakte is wrywingloos. F1 = 64 N F3 = 160 N 12 kg F2 2.1.1 Stel Newton se Eerste Bewegingswet in woorde. (2) 2.1.2 Wat is die grootte van die versnelling van die boks? (1) 2.1.3 Bereken die grootte van F2 as Newton se Eerste Wet gehoorsaam word. (3) 2.2 ʼn Krag (Fa) met ʼn grootte van 280 N word toegepas om ʼn blok met massa 50 kg oor ʼn ruwe/growwe horisontale oppervlak teen ʼn hoek van 30º met die horisontale te stoot, soos in die diagram hieronder getoon. Fa 30º 50 kg Die kinetiese wrywingskoëffisiënt (μk) is 0,24. 2.2.1 Teken, met byskrifte, ʼn vrye liggaamdiagram om AL die kragte wat op die blok inwerk, te toon. (4) 2.2.2 Bereken die grootte van die kinetiese wrywingskrag wat deur die blok ervaar word. (4) 2.2.3 Wanneer die hoek tussen die toegepaste krag en die horisontaal vergroot word, sal die kinetiese wrywingskrag afneem. Is die stelling hierbo WAAR of ONWAAR? (2) 2.2.4 Bereken die versnelling van die blok. (4) 2.2.5 Dieselfde blok van 50 kg ondervind nou ʼn trekkrag wat gehalveer is. As alles anders dieselfde bly, hoe sal dit die omvang van die normaalkrag beïnvloed? Skryf slegs VERHOOG, VERMINDER of BLY DIESELFDE neer. (2) [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 7 VRAAG 3 3.1 ʼn 10 kg-blok beweeg oos met ʼn snelheid van 8 m.s-1 en bots met ʼn stilstaande 6 kg-blok. Onmiddellik na die botsing beweeg die 10 kg-blok wes teen ʼn snelheid van 0,50 m.s-1 en die 6 kg-blok beweeg teen ʼn konstante snelheid oos, soos in die diagram hieronder getoon. Die botsing is onelasties. VOOR BOTSING NA BOTSING 8 m.s-1 0 m.s-1 0,5 m.s-1 10 kg 6 kg 10 kg 6 kg 3.1.1 Definieer die term momentum. (2) 3.1.2 Is die momentum in die bogenoemde stelsel behoue? Ja of Nee. (1) 3.1.3 Bereken die snelheid van die 6 kg-blok na botsing. (4) 3.1.4 Noem en meld die wet wat in die berekening in VRAAG 3.1.3 hierbo gebruik is. (3) 3.2 ʼn Krieketbal met ʼn massa van 0,29 kg word teen ʼn snelheid van 24,69 m.s-1 na ʼn kolwer gegooi. Die kolwer slaan die bal terug na die bouler teen ʼn snelheid van 15,70 m.s-1. 3.2.1 Definieer die term impuls. (2) 3.2.2 Wat kan gesê word oor die verwantskap van die impuls en die snelheid van die bal wanneer dit na die bouler terugkeer? Is hierdie hoeveelhede DIREK EWEREDIG of INVERSE EWEREDIG teenoor mekaar? (2) 3.2.3 Die netto krag wat die bal op die kolf uitoefen, neem af wanneer die tyd van kontak tussen die bal en die kolf toeneem. Gee ʼn rede waarom dit gebeur. (2) 3.2.4 Bereken die netto krag wat die kolf op die bal uitoefen wanneer die kontaktyd tussen die kolf en die bal 0,007 s is. (4) 3.2.5 Wat is die grootte en rigting van die netto krag wat die bal op die kolf uitoefen? (2) 3.2.6 Noem en meld die wet wat gebruik is om VRAAG 3.2.5 te beantwoord . (3) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2025) VRAAG 4 4.1 ʼn Nutsman verf die dak van ʼn huis. Terwyl hy verf, stamp hy per ongeluk die verfhouer met ʼn massa van 5 kg teen ʼn hoogte van 4 m bo die grond. Aanvaar dat die stelsel geïsoleer is. 4.1.1 Definieer die term kinetiese energie. (2) 4.1.2 Stel die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde. (2) 4.1.3 Bereken die meganiese energie van die verfhouer op ʼn hoogte van 4 m bo die grond. (3) 4.1.4 Bereken die snelheid van die verfhouer op ʼn hoogte van 2 m bo die grond. (4) 4.1.5 Gee die grootte van die verfhouer se kinetiese energie net voor dit die grond tref, sonder berekening. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3) 4.2 ʼn Tuinier pas ʼn krag van 100 N toe om ʼn krat met grond oor ʼn afstand van 4,5 m te trek. Die totale massa van die krat met die grond is 60 kg. Ff = 20 N Fa = 100N 4,5 m 4.2.1 Definieer die term arbeid verrig. (2) 4.2.2 Bereken die hoeveelheid arbeid wat deur wrywing verrig word. (3) 4.2.3 As die grootte van die hoek tussen die toegepaste krag en die rigting van beweging 90° is, wat sal die waarde vir die arbeid wat op die krat verrig word, wees. (2) 4.2.4 Bereken die netto arbeid wat op die krat en sy inhoud verrig is. (4) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 9 VRAAG 5 5.1 Verduidelik wat ʼn perfekte elastiese liggaam is. (2) 5.2 Definieer die term spanning. (2) 5.3 Die tabel hieronder toon data van spanning teenoor rekking van Stof A en Stof B. STOF A STOF B Druk (x 10-2) Spanning (x 109) Druk (x 10-2) Spanning (x 109) 1 1,8 1,1 3,78 2 3,6 1,9 7,02 3 5,4 3 10,44 4 7,2 Beantwoord die volgende vrae met behulp van die tabel van resultate hierbo. 5.3.1 Skryf die verhouding tussen spanning en rekking neer. (2) 5.3.2 Noem die wet wat die verhouding tussen spanning en rekking hierbo stel. (1) 5.3.3 Watter EEN van die stowwe het die hoogste elastisiteitsmodulus? Motiveer jou antwoord deur middel van berekeninge. (5) 5.4 Die viskositeit van drie verskillende stowwe by 25 ºC word in die tabel hieronder gegee. STOWWE VISKOSITEIT (Pa.s) Asyn 8,9 x 10-4 Etanol 10,4 x 10-4 Motorolie SAE-10 650 x 10-4 5.4.1 Definieer viskositeit. (2) 5.4.2 Watter EEN van die bogenoemde stowwe vloei die vinnigste? Verduidelik jou antwoord. (2) 5.4.3 Hoe beïnvloed die toename in temperatuur die viskositeit? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2025) 5.5 ʼn Stelsel van hidrouliese remme het die volgende mates: x Oppervlakte van suier A is 142 x 10-6 m2 x Oppervlakte van suier B is 253,50 x 10-6 m2 Die krag wat op die rempedaal toegepas word is 882,50 N. Rempedaal Suier A Remblok Suier B 5.5.1 Stel Pascal se wet in woorde. (2) 5.5.2 Bereken die krag wat deur suier B op die remblok uitgeoefen word. (4) 5.5.3 Wat sal met die druk op die rem gebeur as die area van suier B vergroot word? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer. (1) 5.5.4 Skryf TWEE gebruike van hidrouliese stelsels behalwe hidrouliese remme neer. (2) [27] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 11 VRAAG 6 ʼn Ligstraal kan beide weerkaatsing en breking ondergaan. 6.1 Definieer die term weerskaatsing van lig. (2) 6.2 ʼn Ligstraal tref die muur teen ʼn hoek. Normaal Invalstraal Muur Herteken die bostaande diagram en voltooi die diagram deur die weerkaatsing van die ligstraal na die muur te toon. Benoem ALLE ligstrale en hoeke. (3) 6.3 Die brekingsindeks van vier media A, B, C en D word in die tabel hieronder gegee. Medium A B C D Brekingsindeks 1,00 1,33 1,52 2,42 6.3.1 Definieer die term brekingsindeks. (2) 6.3.2 Deur watter medium sal lig die vinnigste beweeg? (2) 6.3.3 Medium A is die mees opties dig in die tabel hierbo. Sê of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3) 6.3.4 As die ligstraal medium C binne-in medium D verlaat, sal dit NA of WEG van die normaal breek? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2025) VRAAG 7 7.1 ʼn Ligstraal word gebruik om die posisie en grootte van die beeld wat deur ʼn konvekse lens gevorm word, te bepaal. 7.1.1 Vir watter posisie van die voorwerp vorm ʼn konvekse lens ʼn virtuele en regop beeld? (2) 7.1.2 ʼn Voorwerp met ʼn grootte van 5 mm word 14 mm voor die konvekse lens geplaas. Die lens het ʼn brandpuntsafstand van 10 mm. Teken ʼn straaldiagram volgens skaal om te wys hoe die beeld gevorm word. (8) 7.1.3 Gebruik die straaldiagram om die posisie, grootte en aard van die beeld te bepaal. (3) 7.2 Gee DRIE toepassings waar konvekse lense gebruik word. (3) [16] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 13 DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 1 GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 1 TABLE 1/TABEL 1 NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Acceleration due to gravity g 9,8 m·s-2 Swaartekragversnelling Speed of light in a vacuum c 3,0 x 108 m·s-1 Spoed van lig in ʼn vakuum Planck's constant h 6,63 x 10-34 J·s Planck se konstante Coulomb's constant k 9,0 x 109 N·m2·C-2 Coulomb se konstante Charge on electron -e -1,6 x 10-19 C Lading op elektron Electron mass me 9,11 x 10-31 kg Elektronmassa TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES FORCE/KRAG Fnet ma p mv fs max = μsN fk = μ k N Fnet Δt = Δp Fg mg Δp = mv f - mv i L e Torque = F x r ˔ MA = E I Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2025) WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG Speed/Spoed c=fλ Energy/Energie E = hf or/of hc E= λ WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING W F 'x CosT U mgh or/of EP mgh Wnet 'K Wnet 'Ek or/of 1 1 K mv 2 Ek mv 2 2 or/of 2 'K K f  Ki or/of 'Ek Ekf  Eki 'Ek  'Ep W Wnc 'K  'U or/of Wnc P 't Pave = Fvave / Pgemid = Fvgemid ME = Ek + Ep ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN HIDROULIKA F V Δ" A ε L σ F1 F2 K ε A1 A2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Technical Sciences

View all