Downloaded from hlayiso.com
TEGNIESE WISKUNDE
EKSAMENRIGLYNE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 16 bladsye.
.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to content_hlayiso.com_--55b2fb0b-6ee4-445d-be27-cece13898b1f/v1-dedc588344e7842f6bae/card.webp)

_hlayiso.com_--86dee1c4-7869-45d3-86ab-3cb8d03ec9b3/v1-e54969ccc21071649d84/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f02d5a55-02e7-417c-934a-f7c242038cd1/v1-97f0118075591f15784d/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--615318ee-d80c-4db5-a0ba-3926b9f96288/v1-4c0cf8828a7881aa4696/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--062749a9-c572-415d-8d76-eab76e1a2e74/v1-266c77ba7758fbb9ce7f/card.webp)
View all%202025%20Question%20Paper%20X05--673174da-3296-4dd9-b0ed-c262fb1d1c63/v1-d1f3f1796e060634a3a6/card.webp)





Technical Mathematics Grade 12 2021 Guideline (Afr)
Grade 12 Technical Mathematics exam guideline from the Technical Mathematics 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.
Technical Mathematics · Grade 12 · Technical Mathematics · 2021. Exam guideline, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Technical Mathematics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Exam guideline
- Year
- 2021
- Exam period
- Technical Mathematics
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 632.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 2 DBE/2021
Eksamenriglyne
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. ASSESSERING IN GRAAD 12 4
2.1 Formaat van vraestelle vir graad 12 4
2.2 Gewigte van kognitiewe vlakke 5
3. UITBREIDING VAN INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV) 6
4. AANVAARBARE REDES: EUKLIDIESE MEETKUNDE 11
5. INLIGTINGSBLAD 14
6. RIGLYNE VIR NASIEN 16
7. SLOT 16
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 3 DBE/2021
Eksamenriglyne
1. INLEIDING
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Tegniese Wiskunde gee 'n uiteensetting van
die aard en doel van die vak Tegniese Wiskunde. Dit lei die filosofie wat onderliggend is tot die onderrig en
assessering van die vak in graad 12.
Die doel van Tegniese Wiskunde is om die wetenskap van Wiskunde in die tegniese veld te gebruik
waar die fokus op TOEPASSING en nie op abstrakte idees is nie.
Spesifieke doelwitte is:
Wiskundige modellering is ʼn belangrike fokuspunt in die kurrikulum en die werklike lewe tegniese
probleme moet by alle afdelings, waar van toepassing, ingesluit word.
Die doel van hierdie eksamenriglyne is om:
Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Wiskunde geassesseer gaan word
Bystand te verleen aan onderwysers om leerders voldoende vir die eksamen voor te berei
Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamen. Dit behandel nie die
skoolgebaseerde assessering ('SBA'), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale eksterne praktiese
eksamen nie aangesien dit in 'n aparte PAT-dokument, wat jaarliks bygewerk word, hanteer word.
Hierdie riglyne moet saam met die volgende gelees word:
Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV):
Wiskunde
Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior
Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die
Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R tot 12)
Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
Kurrikulumstelling, graad R tot 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 4 DBE/2021
Eksamenriglyne
2. ASSESSERING IN GRAAD 12
Alle kandidate sal TWEE eksterne vraestelle skryf, soos voorgeskryf.
2.1 Formaat van Vraestelle vir Graad 12
VRAE- ONDERWERPE Gewig van DUUR TOTAAL DATUM NASIEN
STEL inhoudsareas
1 Getallestelsels 3 uur 150 November Ekstern
(binêre en
komplekse getalle)
Algebra
(uitdrukkings,
vergelykings en 50 3
ongelykhede, die
aard van wortels,
eksponente en
wortelvorme en
logaritmes
ingesluit)
Funksies en 35 3
grafieke
Finansies, groei en 15 3
verval
Differensiaalreke- 50 3
ning en integrasie
2 Analitiese 25 3
3 uur 150 November Ekstern
meetkunde
Euklidiese 40 3
Meetkunde
Trigonometrie 50 3
Meting, sirkels,
hoeke en 35 3
hoekbeweging
Vrae in Vraestel 1 en 2 sal prestasie teen verskillende kognitiewe vlakke assesseer met die klem op
prosesvaardighede, kritiese denke, wetenskaplike beredenering en strategieë om probleme in
verskillende kontekste te ondersoek en op te los. INTEGRASIE VAN INHOUDSAREAS IS
MOONTLIK.
LET WEL: 'n Inligtingsblad is by hierdie dokument ingesluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 5 DBE/2021
Eksamenriglyne
2.2 Gewig van Kognitiewe Vlakke
Vraestel 1 en 2 sal vrae uit al vier kognitiewe vlakke insluit. Die verspreiding van kognitiewe
vlakke in die vraestelle word hieronder gegee.
LET WEL: Die gewig is volgens die KABV-dokument aangepas.
KOGNITIEWE BESKRYWING VAN DIE GEWIG BERAAMDE AANTAL
VLAK VAARDIGHEDE WAT GETOON (plus, minus) PUNTE IN 'N
MOET WORD 150 PUNT-VRAESTEL
Kennis Herroep (25 )% 34 tot 40 punte
Identifisering van korrekte formule op die
inligtingsblad (geen verandering van die
onderwerp nie)
Gebruik van wiskundige feite
Toepaslike gebruik van wiskundige
woordeskat
Algoritmes
Beraming en toepaslike afronding van
getalle
Definisies
Eienskappe van funksies
Roetine- Voer bekende prosedures uit (45 )% 64 tot 70 punte
prosedures Eenvoudige toepassings en berekeninge
wat 'n paar stappe kan behels
Afleiding uit gegewe inligting kan
betrokke wees
Identifisering en gebruik (na verandering
van die onderwerp) van die korrekte
formule
Oor die algemeen soortgelyk aan dit wat in
die klas teëgekom word
Komplekse Probleme behels komplekse berekeninge (20 )% 27 tot 33 punte
prosedures en/of hoër-orde-redenasie
Daar is dikwels nie 'n duidelike roete na
die oplossing nie
Probleme hoef nie op werklike kontekste
gebaseer te wees nie
Kan die maak van betekenisvolle
verbindings tussen verskillende
voorstellings behels
Vereis konseptuele begrip
Daar woed van leerders verwag om
probleme op te los deur verskillende
onderwerpe te integreer
Probleem- Nie-roetine probleme (wat nie noodwendig (10 )% 12 tot 18 punte
oplossing moeilik is nie)
Probleme is hoofsaaklik onbekend
Hoër-orde-redenering en prosesse is
betrokke
Kan die vermoë vereis om die probleem in
sy samestellende dele af te breek
Interpretasie en ekstrapolering uit
oplossings wat verkry word deur probleme
in onbekende kontekste op te los
LET WEL: Die beperking van Vlak 1 + Vlak 2 is 70% (105 punte) en Vlak 3 + Vlak 4 is 30%
(45 punte).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 6 DBE/2021
Eksamenriglyne
3. UITBREIDING VAN INHOUD/ONDERWERPE VIR GRAAD 12 (KABV)
Die doel van die verklaring van die onderwerpe is om die onderwyser leiding te gee ten opsigte
van die diepte van die inhoud wat vir eksamendoeleindes vereis word. Die integrasie van
onderwerpe word aangemoedig omdat leerders die wetenskap van Wiskunde moet verstaan en op
die tegniese veld toepas waar die klem op toepassing en nie op abstrakte idees lê nie.
3.1 Getallestelsel
Kandidate moet in staat wees om:
Te bepaal tussen watter twee heelgetalle 'n gegewe eenvoudige wortel lê
Vier basiese bewerkings met behulp van binêre getalle uit te voer
Heelgetalle na binêre getalle en andersom om te skakel
Bouersnotasie, intervalnotasie en getallelyn te stel
Komplekse getalle op te tel, af te trek, te deel en te vermenigvuldig
Komplekse getalle op die Argand-diagram voor te stel
Die modulus (r) en die argument ( ) van 'n komplekse getal z te bepaal
'n Komplekse getal in 'n trigonometriese of 'n polêre vorm uit te druk
Vergelykings met komplekse getalle met twee veranderlikes op te los
3.2 Funksies en Grafieke
Kandidate moet in staat wees om:
Met verwantskappe tussen veranderlikes in terme van numeriese, grafiese, verbale en
simboliese voorstellings van funksies te werk en verander buigsaam tussen hierdie
voorstellings (tabelle, grafieke, woorde en formules)
Bepaal die effekte van die parameter wat lei tot 'n vertikale/horisontale skuif en dit wat lei tot
vertikale/horisontale strek en/of refleksie oor die x-as en y-as
Die vergelykings af te lei indien kritieke punte gegee word
Grafieke met behulp van tabelle te skets, om kritieke punte te bereken om grafieke te skets en
om definisieversameling, waardeversameling, simmetrie-asse en asimptote vir voorgeskrewe
funksies te identifiseer
Lineêr: y mx c
y y1 m( x x1)
Kwadraties : y f x a x p q
2
y f x ax 2 bx c
a
Hiperbool : y q ;
x
Eksponensiële : y a. f x a.b x q waar a 0; b 0 en b 1
Skets en werk met die grafieke:
Sirkel: x2 y 2 r 2
Halfsirkel : y r 2 x2
y r 2 x2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 7 DBE/2021
Eksamenriglyne
Skets grafieke van die funksies gedefinieer deur:
y a sin x; y a cos x
y a sin x q ; y a cos x q
y sin (ax); y cos(ax)
y sin x p ; y cos( x p)
y a tan x
for 0 x 360
LET WEL: Trigonometriese funksies sal in Vraestel 2 geassesseer word.
3.3 Finansies, Groei en Verval
Kandidate moet in staat wees om:
Die implikasies van wisselende wisselkoerse te verstaan
Gebruik enkelvoudige en saamgestelde groeiformules A = P (1 + in) en A = P(1 + i)n
Enkelvoudige en saamgestelde vervalformules A = P (1 – in) en A = P(1 – i )n om probleme
op te los (sluit rente, huurkoop, inflasie, bevolkingsgroei en ander werklike probleme in) te
gebruik
Die effek van verskillende tydperke van saamgestelde groei en verval (sluit effektiewe en
nominale rentekoerse in), nie beperk tot finansies nie, te analiseer
Verskillende leningsopsies krities te analiseer
LET WEL: Toepassing moet werklik en NIE kunsmatig wees NIE.
3.4 Algebra
Kandidate moet in staat wees om:
Die wette van eksponente op uitdrukkings en vergelykings waarby rasionele eksponente
betrokke is, toe te pas
Eenvoudige wortelvorme op te tel, af te trek, te vermenigvuldig en te deel
Begrip te toon van die definisie van 'n logaritme en enige wette wat nodig is om probleme in
die werklike lewe op te los en NIE KUNSMATIGE probleme NIE
Wette van logaritme toe te pas om werklike probleme op te los
Res- en faktorstellings op polinome toe te pas tot die derde mag toe
Faktoriseer derdegraadse polinome (voorbeelde wat die faktorstelling vereis, ingesluit)
Kwadratiese vergelykings op te los (deur faktorisering en met behulp van die kwadratiese
formule)
Vergelykings met twee onbekendes, waarvan een lineêr en die ander kwadraties is, algebraïes
of grafies op te los
Woordprobleme wat tot gelyktydige vergelykings lei, waarvan een lineêr en die ander
kwadraties is, op te los
Die aard van wortels en die voorwaardes waarvoor die wortels reël, nie-reël, gelyk, ongelyk,
rasioneel en irrasioneel is, te bepaal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 8 DBE/2021
Eksamenriglyne
3.5 Differensiaalrekening en Integrasie
Kandidate moet in staat wees om:
Die gemiddelde gradiënt van 'n kurwe tussen twee punte te bepaal
Die gradiënt van 'n raaklyn aan 'n grafiek, wat ook die gradiënt van die grafiek op daardie punt
is, te bepaal
Onderskei van eerste beginsels, funksies gedefinieer deur:
f x k ; f x ax en f x ax b
Gebruik die differensiasiereël
d
dx
ax n ax n1 vir n R
Die vergelykings van raaklyne aan grafieke van funksies te bepaal
Grafieke van kubieke polinoomfunksies te skets deur differensiasie te gebruik om die
koördinate van stasionêre punte te bepaal. Bepaal ook die x-afsnitte met behulp van die
faktorstelling en ander tegnieke.
Die inligting uit grafieke te analiseer, afleidings te maak, waarde(s) of intervalle uit grafieke te
lees
Praktiese probleme op te los wat optimalisering en tempo van verandering insluit, asook die
calculus van beweging, en ook om oplossings te interpreteer en gevolgtrekkings te maak
Integreer die volgende vorms van integrale:
kxn1
kxn dx C , n R with n 1
n 1
k
dx k ln x C , x 0
x
ka nx
ka nx dx C , with a 0 , k , a R
ln a
Polinome te integreer wat bestaan uit die terme van die bogenoemde vorms
Integrasie toe te pas om die grootte te bepaal van 'n oppervlakte wat deur 'n kromme en die x-as
of deur 'n kromme, die x-as en die ordinate x = a en x = b waar a, b Z , ingesluit word. Die
skets moet verskaf word.
3.6 Euklidiese Meetkunde
Kandidate moet in staat wees om:
Eienskappe van spesiale driehoeke (ongelyksydige-, gelykbenige-, gelyksydige en reghoekige
driehoek) en vierhoeke te noem
Verskillende veelhoeke (ongelyksydige-, gelykbenige, gelyksydige en reghoekige driehoek, die
vlieër, parallelogram, reghoek, ruit, vierkant en trapesium) te definieer
Sirkelstellings en hul omgekeerdes toe te pas in berekeninge om meetkundeprobleme op te los,
en om redes vir stellings, waar nodig, te verskaf
Die konsep van gelykvormigheid en eweredigheid toe te pas
Eweredigheid in driehoeke toe te pas
Middelpuntstelling toe te pas
LET WEL: Bewyse van stellings en die omgekeerdes daarvan sal nie geëksamineer word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 9 DBE/2021
Eksamenriglyne
3.7 Meting
Kandidate moet in staat wees om:
Eenhede, vierkant eenhede en kubieke eenhede te herlei
Probleme op te los wat verband hou met die volume en oppervlakarea van soliede voorwerpe
wat in vorige grade bestudeer is en kombinasies van daardie voorwerpe om meer ingewikkelde
soliede voorwerpe vorm
Die oppervlakte van 'n onreëlmatige figuur met behulp van die middelordinaatreël te bepaal
LET WEL: Die vrae wat op die oppervlakte en volume van regte prismas, piramides, keëls en
sfere gebaseer is, moet met relevante formules aan leerders verskaf word, waardeur
daar van hulle verwag word om die regte formule te kies.
3.8 Sirkels, Hoeke en Hoeksbeweging
Kandidate moet in staat wees om:
Radiaal te definieer
Grade na radiale en omgekeerd om te skakel
Die verband tussen sentrale hoeke en boë te gebruik
rs r 2
Oppervlakte van 'n sektor te bereken: Oppervlakte van sektor , r = radius,
2 2
s = booglengte en = sentrale hoek in radiale
2 2
Hoogte van segmente te bereken: 4h 4dh x 0 , h = hoogte van segment, d = deursnee
van die sirkel, x = lengte van die koord
Die oppervlakte van 'n segment te bereken
Die hoeksnelheid (Omega) te bereken: 2 n 360 n , n = rotasiefrekwensie
Omtreksnelheid te bereken: Dn , D = deursnee en n = rotasiefrekwensie
3.9 Analitiese Meetkunde
Kandidate moet in staat wees om:
Die afstand tussen die twee punte te bereken
Die gradiënt van die lynsegment wat die punte verbind, te bereken
Die koördinate van die middelpunt van die lynstuk wat die punte verbind, te bereken
Die vergelyking van 'n reguitlyn wat die twee punte verbind, te bepaal
Die vergelyking van 'n lyn deur twee gegewe punte te bepaal
Die vergelyking van 'n lyn deur een punt en parallel of loodreg op 'n gegewe lyn te bepaal
Die inklinasiehoek van 'n lyn te bepaal
Die vergelyking van 'n sirkel met middelpunt by die oorsprong (middelpunt is (0; 0)) te bepaal
Die vergelyking van 'n raaklyn aan 'n sirkel op 'n gegewe punt op die sirkel te bepaal
Die snypunt van 'n sirkel en 'n reguitlyn te bepaal
x2 y 2
Die grafiek te teken van 'n ellips: 2 2 1
a b
LET WEL: Sluit WERKLIKE TOEPASSINGS in.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 10 DBE/2021
Eksamenriglyne
3.10 Trigonometrie
Kandidate moet in staat wees om:
Die basiese trigonometriese verhoudings te ken en daarop let dat daar spesiale name vir die
resiproke van die trigonometriese funksies is
Na spesiale hoeke te verwys (bereken sonder om 'n sakrekenaar te gebruik)
Trigonometriese uitdrukkings/vergelykings te vereenvoudig deur 'n sakrekenaar te gebruik
Die identiteite te gebruik, beperk tot roetine-prosedures:
sin
tan ; sin 2 cos2 1 ; 1 tan 2 sec2 and cot 2 1 cosec2
cos
Reduksieformules toe te pas, 180 en 360
Die oplossings van trigonometriese vergelykings vir 0 ;360 beperk tot roetine-
prosedures, te bepaal
Sinus-, cosinus- en areareëls toe te pas (bewyse van hierdie reëls sal nie geëksamineer word
nie)
Trigonometriese identiteite toe te pas wat in vorige grade bestudeer is om te bewys dat
linkerkant aan regterkant gelyk is
Probleme in twee en drie dimensies op te los deur geometriese en trigonometriese modelle te
konstrueer en interpreteer. Slegs hoeke en numeriese afstande/lengtes moet gebruik word.
Die effekte te bepaal van die parameters op die funksies wat gedefinieer word deur:
y a sin x q , y a cos x q , y sin ax , y cos ax and y a tan x
Die effekte te bepaal van p op die funksies wat gedefinieer word deur:
y sin x p , y cos x p and y tan x p
LET WEL: Een parameter moet op 'n keer getoets word wanneer horisontale verskuiwing
geëksamineer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 11 DBE/2021
Eksamenriglyne
4. AANVAARBARE REDES: EUKLIDIESE MEETKUNDE (AFRIKAANS)
Om 'n sekere mate van eenvormigheid te hê, word die gebruik van die volgende verkorte
weergawes van die stellings aangemoedig.
STELLING AANVAARBARE REDE(S)
LYNE
Aangrensende hoeke op 'n reguitlyn is supplementêr. e op reguit lyn
As aangrensende hoeke supplementêr is, lê die buitenste bene van die aangr. e suppl.
hoeke in 'n reguitlyn.
Die som van die aangrensende hoeke om 'n punt is 360 . e om 'n punt OF e in 'n omw.
Regoorstaande hoeke is gelyk. regoorst. e
As AB || CD, dan is die verwisselende hoeke gelyk verw. e ; AB || CD
As AB || CD, dan is die ooreenkomstige hoeke gelyk. ooreenk. e ; AB || CD
As AB || CD, dan is die ko-binnehoeke supplementêr. ko-binne e ; AB || CD
As die verwissellende hoeke tussen twee lyne gelyk is, dan is die lyne verw. e =
ewewydig.
As die ooreenkomstige hoeke tussen twee lyne gelyk is, dan is die lyne ooreenk. e =
ewewydig.
As die ko-binnehoeke tussen twee lyne supplementêr is, dan is die lyne ko-binne e suppl.
ewewydig.
DRIEHOEKE
Die binnehoeke van 'n driehoek is supplementêr. som van OF som van e in
OF binne e
Die buitehoek van 'n driehoek is gelyk aan die som van die twee buite van
teenoorstaande binnehoeke.
Die hoeke teenoor die gelyke sye van 'n gelykbenige driehoek, is e teenoor gelyke sye
gelyk.
Die sye teenoor die gelyke sye van 'n gelykbenige driehoek, is gelyk. sye teenoor gelyke e
In 'n reghoekige driehoek is die vierkant op die skuinssy gelyk aan die Pythagoras OF Stelling van
som van die vierkante op die ander twee sye. Pythagoras
As die vierkant op een sy van 'n driehoek gelyk is aan die som van die Omgekeerde Pythagoras
vierkante op die ander twee sye, dan is die driehoek reghoekig. OF
Omgekeerde stelling: Pythagoras
As drie sye van een driehoek onderskeidelik gelyk is aan drie sye van SSS
'n ander driehoek, dan is die driehoeke kongruent.
As twee sye en 'n ingeslote hoek van een driehoek onderskeidelik SHS OF SS
gelyk is aan twee sye en 'n ingeslote hoek van 'n ander driehoek, dan is
die twee driehoeke kongruent.
As twee hoeke en 'n sy van een driehoek onderskeidelik gelyk is aan HHS OF S
twee hoeke en 'n ooreenstemmende sy van 'n ander driehoek, dan is die
twee driehoeke kongruent.
As die skuinssy en 'n reghoeksy van 'n reghoekige driehoek RHS OF 90°HS
onderskeidelik gelyk is aan die skuinssy en 'n reghoeksy van 'n ander
reghoekige driehoek, dan is die twee driehoeke kongruent.
Die lynstuk wat die middelpunte van twee sye van 'n driehoek verbind, Midpt.-stelling
is ewewydig aan en gelyk aan die helfte van die derde sy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 12 DBE/2021
Eksamenriglyne
STELLING AANVAARBARE REDE(S)
Die lynstuk wat van die middelpunt van een sy van 'n driehoek lyn deur midpt || 2de sy
ewewydig aan die tweede sy getrek word, halveer die derde sy.
Die lyn ewewydig aan een sy van 'n driehoek verdeel die ander twee lyn || een sy van OF
sye in eweredige dele. eweredige stelling; noem || lyne
As 'n lyn twee sye van 'n driehoek in eweredige dele verdeel, is die lyn lyn verdeel twee sye van
ewewydig aan die derde sy. eweredig
As twee driehoeke gelykhoekig is, is hulle ooreenstemmende sye ||| e OF gelykhoekige e
eweredig (en is driehoeke dus gelykvormig).
e
As die ooreenstemmende sye van twee driehoeke eweredig is, is die Sye van eweredig
driehoeke gelykhoekig (en is driehoeke dus gelykvormig).
Driehoeke (of parallelogramme) op dieselfde basis en tussen dieselfde dieselfde basis ; dieselfde hoogte
ewewydige lyne is gelyk in oppervlakte. OF
gelyke basis; gelyke hoogte
SIRKELS
'n Raaklyn aan 'n sirkel is loodreg op die radius/middellyn van die raaklyn radius
sirkel by die raakpunt. raaklyn middellyn
As 'n lyn loodreg getrek word na die radius/middellyn by die punt Lyn Radius OF
waar die radius/middellyn die sirkel ontmoet, dan is die lyn 'n raaklyn omgekeerde raaklyn radius OF
aan die sirkel. omgekeerde raaklyn middellyn
Die lynstuk wat die middelpunt van 'n sirkel met die middelpunt van 'n lyn vanuit midpt na midpt van
koord verbind, is loodreg op die koord. koord
Die loodlyn uit die middelpunt van 'n sirkel na 'n koord, halveer die lyn vanuit midpt op koord
koord.
Die middelloodlyn van 'n koord gaan deur die middelpunt van die middelloodlyn van koord
sirkel.
Die hoek wat 'n koord by die middelpunt van 'n sirkel onderspan, is Midpts = 2 x Omtreks
dubbel die hoek wat dit by enige punt op die omtrek onderspan (aan
dieselfde kant van die koord as die midpt).
Die omtrekshoek wat deur die middellyn onderspan word, is 90°. in halwe sirkel OF
middellyn onderspan regte hoek
OF in
As 'n koord van 'n sirkel 'n regte hoek by die omtrek onderspan, dan is Koord onderspan 90 OF
die koord 'n middellyn. omgekeerde in halwe sirkel
Hoeke onderspan deur 'n koord van 'n sirkel, aan dieselfde kant van die e in dieselfde segment
koord, is gelyk.
As 'n lynstuk wat twee punte verbind, gelyke hoeke by twee ander Lynstuk onderspan gelyke e OF
punte aan dieselfde kant van die lynstuk onderspan, dan is die vier omgekeerde e in dieselfde
punte konsiklies. (d.w.s. hulle lê op die omtrek van 'n sirkel). segment
Gelyke koorde onderspan gelyke omtrekshoeke. gelyke koorde; gelyke e
Gelyke koorde onderspan gelyke middelpuntshoeke. gelyke koorde; gelyke e
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 13 DBE/2021
Eksamenriglyne
STELLING AANVAARBARE REDE(S)
Gelyke koorde in gelyke sirkels onderspan gelyke omtrekshoeke. gelyke sirkels; gelyke koorde ;
gelyke e
Gelyke koorde in gelyke sirkels onderspan gelyke middelpuntshoeke. gelyke sirkels; gelyke koorde ;
gelyke e
Die teenoorstaande hoeke van 'n koordvierhoek is supplementêr. teenoorst. e van kvh
As die teenoorstaande hoeke van 'n vierhoek supplementêr is, dan is teenoorst. e van vierhoek is supp
die vierhoek 'n koordevierhoek. OF omgekeerde teenoorst e
koordevierhoek
Die buitehoek van 'n koordevierhoek is gelyk aan die teenoorstaande buite van kvh
binnehoek.
As die buitehoek van 'n vierhoek gelyk is aan die teenoorstaande buite van vierhoek = teenoorst.
binnehoek, dan is die vierhoek 'n koordevierhoek. binne OF omgekeerde buite
koordevierhoek
Twee raaklyne wat vanaf dieselfde punt buite 'n sirkel na 'n sirkel Raaklyne vanuit gemeensk. Punt
getrek word, is ewe lank. OF raaklyne vanaf dieselfde
punt
Die hoek wat gevorm word tussen 'n raaklyn aan 'n sirkel en 'n koord raaklyn koord stelling
wat vanuit die raakpunt getrek word, is gelyk aan die hoek in die
oorstaande segment.
As 'n lyn deur die eindpunt van 'n koord 'n hoek met die koord vorm tussen lyn en koord OF
wat gelyk is aan die hoek in die oorstaande segment, dan is die lyn 'n omgekeerde raaklyn koord stelling
raaklyn aan die sirkel.
VIERHOEKE
Die som van die binnehoeke van 'n vierhoek is 360. som van e in vierhoek
Die teenoorstaande sye van 'n parallelogram is ewewydig. teenoorst. sye van ||m
As die teenoorstaande sye van 'n vierhoek ewewydig is, dan is die teenoorst sye van vierh. is ||
vierhoek 'n parallelogram.
Die teenoorstaande sye van 'n parallelogram is gelyk in lengte. teenoorst. sye van ||m
As die teenoorstaande sye van 'n vierhoek gelyk is, dan is die vierhoek teenoorst sye van vierh = OF
'n parallelogram. omgekeerde teenoorst sye van
||m
Die teenoorstaande hoeke van 'n parallelogram is gelyk. teenoorst. e van ||m
As die teenoorstaande hoeke van 'n vierhoek gelyk is, dan is die teenoorst. e van vierh = OF
vierhoek 'n parallelogram. omgekeerde teenoorst. e van ||m
Die hoeklyne van 'n parallelogram halveer mekaar. hoeklyne van ||m
As die hoeklyne van 'n vierhoek mekaar halveer, dan is die vierhoek 'n hoeklyne van vierh halveer mekaar
parallelogram. OF omgekeerde hoeklyne van ||m
As een paar teenoorstaande sye van 'n vierhoek gelyk en ewewydig is, teenoorst. sye = en ||
dan is die vierhoek 'n parallelogram.
Die hoeklyne van 'n parallelogram halveer die oppervlakte van die hoeklyn van ||m halveer opp
parallelogram.
Die hoeklyne van 'n ruit halveer mekaar reghoekig. hoeklyne van ruit
Die hoeklyne van 'n ruit halveer die teenoorstaande binnehoeke. hoeklyne van ruit
Al vier sye van 'n ruit is gelyk. sye van ruit
Al vier sye van 'n vierkant is gelyk. sye van vierkant
Die hoeklyne van 'n reghoek is ewe lank. hoeklyne van reghoek
Die hoeklyne van 'n vlieër sny mekaar reghoekig. hoeklyne van vlieër
Die een hoeklyn van 'n vlieër halveer die ander hoeklyn. hoeklyne van vlieër
Een hoeklyn van 'n vlieër halveer die teenoorstaande binnehoeke hoeklyne van vlieër
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 14 DBE/2021
Eksamenriglyne
INLIGTINGSBLAD: TEGNIESE WISKUNDE
b b 2 4ac b 4ac b2
x x y
2a 2a 4a
a x b x log a b , a 0 , a 1 and b 0
A P(1 ni) A P(1 ni) A P(1 i) n A P(1 i) n
1
m
ieff 1 i
m
f x h f x
f / x lim
h 0 h
x n 1
x dx
n
C , n 1
n 1
ax
a dx
x
1 dx ln x C , x0 C , a0
x ln a
x x2 y1 y 2
d ( x2 x1 ) 2 ( y2 y1 ) 2 M 1 ;
2 2
y 2 y1
y mx c y y1 m( x x1 ) m m tan
x 2 x1
x2 y2
1
a2 b2
a b c
In ABC: a2 = b2 + c2 – 2bccosA
sin A sin B sin C
1
Oppervlakte van ABC ab sin C
2
sin 2 cos 2 1 1 tan 2 sec 2 cot 2 1 cosec 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 15 DBE/2021
Eksamenriglyne
rad 180
Hoeksnelheid= 2n 360n
Hoeksnelheid waar n = rotasiefrekwensie
Omtreksnelheid = v = waar D = middellyn en n = rotasiefrekwensie
s r waar r = radius en = sentrale hoek in radiale
rs r 2
Oppervlakte van 'n sektor =
Oppervlakte van 'n sektor = 2 2 waar r = radius, s = booglengte en
= sentrale hoek in radiale
4h2 4dh x2 0 waar h = hoogte van segment, d = middellyn van sirkel en
x = lengte van koord
o o
AT a m1 m2 m3 . . . mn m1 1 2
waar a = gelyke dele, 2 en
n = aantal ordinate
OF
o o
AT a 1 n o2 o3 o4 . . . on 1
2 waar a = gelyke dele, oi = ide ordinaat en
n = aantal ordinate
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 16 DBE/2021
Eksamenriglyne
6. ALGEMENE RIGLYNE VIR NASIEN
As 'n leerder meer as een keer probeer om 'n vraag te beantwoord en nie een van die
pogings kanselleer nie, word slegs die eerste poging nagesien ongeag watter een van die
poging(s) die korrekte antwoord is.
Volgehoue Akkurate (CA) nasien met betrekking tot berekeninge, sal in die volgende
gevalle toegepas word:
- Subvraag tot subvraag: Indien 'n sekere veranderlike in die eerste subvraag verkeerd
bereken is en in 'n ander subvraag vervang moet word, mag volpunte toegeken word
vir die daaropvolgende subvrae indien die metodes wat gebruik word, korrek is en die
berekenings korrek uitgevoer is.
- Aanvaar van waardes/antwoorde om probleme op te los, is onaanvaarbaar.
7. SLOT
Hierdie Eksamenriglyn-dokument is bedoel om die assesseringsdoelstellings wat in die KABV
dokumente voorgehou word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger vir die KABV-
dokument waarvolgens onderwysers moet onderrig nie.
Kwalitatiewe kurrikulumdekking soos aangedui in die KABV kan nie genoeg beklemtoon word nie.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--55b2fb0b-6ee4-445d-be27-cece13898b1f/v1-dedc588344e7842f6bae/card.webp)
Memorandum
Technical Mathematics Grade 12 Paper 2 EC June 2021 Memo

Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P1 EC June 2021 QP (Eng)
_hlayiso.com_--86dee1c4-7869-45d3-86ab-3cb8d03ec9b3/v1-e54969ccc21071649d84/card.webp)
Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P2 EC June 2021 QP (Eng)
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f02d5a55-02e7-417c-934a-f7c242038cd1/v1-97f0118075591f15784d/card.webp)
Memorandum
Technical Mathematics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Memo
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--615318ee-d80c-4db5-a0ba-3926b9f96288/v1-4c0cf8828a7881aa4696/card.webp)
Memorandum
Technical Mathematics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Memo
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--062749a9-c572-415d-8d76-eab76e1a2e74/v1-266c77ba7758fbb9ce7f/card.webp)
Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Technical Mathematics
%202025%20Question%20Paper%20X05--673174da-3296-4dd9-b0ed-c262fb1d1c63/v1-d1f3f1796e060634a3a6/card.webp)
Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)

Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P2 NSC June 2025 QP (Eng)

Memorandum
Technical Mathematics Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Technical Mathematics Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo

Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Addendum