Downloaded from hlayiso.com
NATIONAL
SENIOR CERTIFICATE
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
TEGNIESE WETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*TSCA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye insluitende 2 gegewensblaaie.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all



%202025%20Possible%20Answers--c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2/v1-62e3199d42cbe4f24854/card.webp)
%202025%20Possible%20Answers--50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556/v1-462c7fccede41f8797cb/card.webp)
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP
Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Technical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Technical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 634.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasies op jou
ANTWOORDEBOEK.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin elke vraag op ʼn NUWE BLADSY in jou antwoordeboek.
4. ʼn Nieprogrameerbare sakrekenaar mag gebruik word.
5. Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelstel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
7. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE bewerkings.
8. Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van TWEE
desimale plekke.
9. Gee kort verduidelikings, motiverings, ensovoorts, waar nodig.
10. TWEE GEGEWENSBLAAIE is aangeheg vir jou gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 3
VRAAG 1: (MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE)
Vier moontlike opsies word by die volgende vrae voorsien. Kies die beste
antwoord en skryf SLEGS die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.
1.1 Die eienskap van ʼn liggaam om enige verandering in sy toestand van
beweging of rus teen te staan, is sy …
A massa.
B krag.
C traagheid.
D versnelling. (2)
1.2 Die tempo waarteen snelheid verander is …
A verplasing.
B versnelling.
C krag.
D energie. (2)
1.3 Die diagram hieronder toon kragte F1 en F2 wat toegepas word op ʼn
voorwerp wat op ʼn wrywinglose oppervlak geplaas word. Die voorwerp
versnel in die rigting van die pyltjie bokant die voorwerp aangedui.
Watter EEN van die volgende stellings is waar?
A F1 = F2
B F1 > F2
C F1 < F2
D F1 + F2 = 0 (2)
1.4 In die vergelyking Fnet Δt = Δp, verteenwoordig die produk FnetΔt …
A verandering in momentum.
B krag per tydseenheid.
C impuls.
D die tempo van verandering van momentum. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.5 Die arbeid verrig om ʼn voorwerp met massa 10 kg tot ʼn hoogte van
10 m in 5 s te lig, is 980 J. Die arbeid verrig om dieselfde voorwerp tot
dieselfde hoogte in 10 s te lig, is …
A 490 J
B 980 J
C 1470 J
D 1960 J (2)
1.6 Die eienskap van ʼn liggaam om tot sy oorspronklike grootte en vorm te
herstel wanneer die vervormingskrag verwyder word, staan as … bekend.
A druk
B rekking
C elastisiteit
D plastisiteit (2)
1.7 Staalballe met gelyke massas word laat val in proefbuise met motorolies van
verskillende viskositeite. Watter EEN van die volgende het die hoogste
viskositeit?
A B C D (2)
1.8 Die kapasitansie van ʼn parallelplaatkapasitor is C indien die oppervlakte van
die plaat A is.
Wat sal die kapasitansie van die plate wees as die oppervlak van die plate
verdubbel word?
A Helfte
B Dubbel
C Verdriedubbel
D Vier maal groter (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 5
1.9 ʼn Magneetvloeddigtheid B werk loodreg op ʼn oppervakte soos getoon in
die diagram hieronder getoon.
Hoe sal die magnetiese vloed verander indien die waarde van B
vermeerder word?
A Vermeerder
B Verminder
C Bly dieselfde
D Verminder en dan vermeerder (2)
1.10 Die diagram hieronder toon ʼn geleier wat in ʼn magneetveld beweeg. In
watter rigting moet die geleier beweeg word sodat die stroom in die
geleier uit die vlak van die blaai vloei?
A Na P
B Na Q
C Na R
D Na S (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 2
ʼn Bouer verbind twee trollies met ʼn ligte tou soos in die diagram hieronder
getoon. Hy plaas bakstene in die trollies sodat trollie A, ʼn massa van 30 kg het en
trollie B ʼn massa van 20 kg het. Hy trek die trollies oor ʼn wrywinglose oppervlak
met ʼn krag F = 500 N, wat ʼn hoek van 30° met die horisontaal maak.
Die wrywingskrag op trollie A is 8,8 N en op trollie B is dit 39,4 N.
2.1 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde. (2)
2.2 Noem TWEE kontakkragte in bostaande diagram. (2)
2.3 Teken die vryeliggaamdiagram van AL die kragte wat op trollie A inwerk. (5)
2.4 Bereken die versnelling van die trollies. (6)
2.5 Bereken die spanning T op die tou. (3)
2.6 Die spanning ondervind deur trollie B is gelyk aan die spanning ondervind
deur trollie A. Noem en stel die wet wat hierdie stelling ondersteun. (3)
[21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 7
VRAAG 3
ʼn Motor met massa 800 kg ry ooswaarts met ʼn snelheid van 120 km.h-1 en bots
kop-aan-kop met ʼn konstruksievoertuig met massa 2500 kg en wat 70 km.h-1
weswaarts beweeg. Na die botsing beweeg die motor en die konstruksievoertuig
saam.
3.1 Definieer momentum. (2)
3.2 Stel die wet van die behoud van momentum. (2)
3.3 Bereken die snelheid van die motor en konstruksievoertuig kombinasie na
die botsing. (5)
3.4 Die motor is toegerus met ʼn lugsak. Verduidelik hoe die lugsak die fatale
beserings van ʼn bestuurder kan verminder. (3)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 4
Die diagramme hieronder toon hoe twee werkers betonblokke met massa 100 kg
op dieselfde oppervlakte trek. (Ignoreer wrywingskragte)
WERKER 1: trek die blok horisontaal op die oppervlakte oor ʼn afstand van 5 m
deur ʼn krag van 70 N aan te wend teen ʼn hoek van 20° met die horisontaal.
WERKER 2: trek dieselfde blok oor dieselfde afstand deur ʼn krag van 70 N
horisontaal aan te wend.
WERKER 1 70 N
20°
5m
WERKER 2
70 N
5m
4.1 Definieer die term arbeid. (2)
4.2 Bereken die arbeid verrig deur WERKER 1 om die blok oor ʼn afstand van
5 m te trek. (3)
4.3 Is die arbeid verrig deur WERKER 2 GROTER AS, KLEINER AS of
GELYK AAN die arbeid verrig deur WERKER 1? (1)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 9
VRAAG 5
ʼn Trollie met massa 10 kg word gelaai met 40 kg se bakstene en word teen die
helling met ʼn krag van 100 N opgetrek. Die trollie en sy inhoud beweeg teen ʼn
konstante snelheid van 5 m.s-1 teen die helling op. (IGNOREER WRYWING.)
5.1 Definieer die term drywing. (2)
5.2 Bereken die drywing nodig om die trollie met sy inhoud teen die helling op
te trek. (3)
By punt A, wat 10 m bokant die grond is, word die bakstene afgelaai en die
trollie losgelaat. Die trollie beweeg teen die helling af en bereik punt B.
5.3 By watter punt sal die gravitasie potensiële energie van die trollie ʼn
maksimum wees? (2)
5.4 Bereken die snelheid van die trollie wanneer dit punt B bereik. (4)
5.5 Noem en stel die wet wat gebruik is om VRAAG 5.4 te beantwoord. (3)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 6
6.1 Graad 12-studente doen ʼn eksperiment om uit te vind hoe ver ʼn veer uitrek
indien verskillende vragte daaraan gehang word. Die uitslae wat verkry
word, word gebruik om die volgende grafiek te teken. Die lengte van die
veer sonder enige vrag is 15 cm.
KRAG teenoor VERLENGING
Verlenging (cm)
3
2
1
1 2 3 4 5 KRAG (N)
6.1.1 Wat is die verlenging van die veer indien ʼn krag van 3 N toegepas
word? (1)
6.1.2 Wanneer ʼn voorwerp van onbekende massa ‘m’ aan die veer
gehang word, is die lengte van die veer 1,7 cm. Bereken die
massa ‘m’. (4)
6.1.3 Definieer die term rekking. (2)
6.1.4 Bereken die rekking vir ʼn krag van 5 N deur die inligting op die
grafiek te gebruik. (4)
6.2 ʼn Staaldraad het ʼn rekking van 3,6 x 10-4 en die elastisiteitsmodulus is
2 x 1011 Pa.
6.2.1 Stel Hooke se wet. (2)
6.2.2 Bereken die druk. (3)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 11
VRAAG 7
Ayanda maak twee identiese gate by punte 1 en 2 in ʼn plastiese houer wat met
water gevul is, soos in die diagram getoon.
7.1.1 Definieer die term druk. (2)
7.1.2 Is die druk van die water by punt 1 GROTER AS, KLEINER AS of
GELYK AAN die druk van water by punt 2? Verduidelik jou
antwoord. (3)
7.1.3 Waarom word die water van die gat by punt 2 verder uitgeforseer
as die water van die gat by punt 1? (2)
7.2 Andile, ʼn motorwerktuigkundige, moet ʼn 1200 kg motor op ʼn hidrouliese
hyser oplig sodat sy onder die motor kan werk. Die oppervlakte van die
insetsuier is 10 cm² en die uitsetsuier het ʼn oppervlakte van 600 cm².
7.2.1 Stel Pascal se Wet. (2)
7.2.2 Bereken die krag wat op die insetsuier uitgeoefen moet word om
die motor te lig. (4)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 8
Die vermoë van kapasitors om lading te stoor maak dat hulle noodsaaklike
komponente in elektriese toebehore is. Verbruikers word gereeld gewaarsku oor
die gevare wat met kapasitors in toebehore gepaardgaan.
8.1 Wat is ʼn kapasitor? (2)
8.2 Verduidelik kortliks waarom dit gevaarlik kan wees om aan ʼn gelaaide
kapasitor te raak. (2)
8.3 ʼn Sekere parallelplaatkapasitor bevat twee identiese aluminiumplate, elk
met ʼn oppervlakarea van 2 x 10-4 m2. Die afstand tussen die plate is
0,03 mm, met lug in die spasie tussen die plate.
8.3.1 Bereken die kapasitansie van die kapasitor. (3)
8.3.2 Bereken die lading wat op die plate gestoor is indien die kapasitor
aan ʼn 6 V-battery gekoppel is. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 13
VRAAG 9
9.1 ʼn n-Tipe halfgeleier word gemaak deur onsuiwer atome by ʼn suiwer
halfgeleier-material te voeg.
9.1.1 Hoeveel valenselektrone bevat die onsuiwer atoom in sy buitenste
energievlak? (1)
9.1.2 Wat sal die netto lading op die halfgeleier wees na die byvoeging
van die onsuiwer atome? (1)
9.2 Die diagram hieronder verteenwoordig ʼn p-n verbindingsdiode.
Teken ʼn diagram om die p-n verbindingsdiode te toon indien dit aan ʼn
battery gekoppel is sodat die verbinding meevoorspannend is. (2)
9.3 Die volgende grafiek toon die verwantskap tussen stroom en potensiaal-
verskil vir ʼn diode indien dit voorspannend is.
9.3.1 Wat is die minimum spanning nodig vir hierdie diode om te
gelei? (2)
9.3.2 Wat gebeur met die weerstand van die diode indien die
potensiaalverskil verhoog word bokant die minimum spanning
genoem in VRAAG 9.3.1? (2)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 10
ʼn Ketel is gemerk 240 V; 1500 W.
10.1 Wat is die betekenis van 1500 W in die spesifikasie hierbo? (2)
10.2 Bereken die weerstand van die ketel indien dit by die bogenoemde
spesifikasies gebruik word. (4)
10.3 Indien dit 3 minute neem vir die ketel om water te kook, bereken die
hoeveelheid elektriese energie wat aan die ketel oorgedra word. (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 15
VRAAG 11
11.1 ʼn Transformator word gebruik om ʼn potensiaalverskil van 240 V WS om
te skakel na 12 V WS in ʼn speelgoedtreintjie. Die transformator het 300
windings op sy sekondêre spoel.
11.1.1 Wat is ʼn transformator? (2)
11.1.2 Bereken die aantal windings wat op die primêre spoel nodig is. (3)
11.1.3 Is hierdie ʼn verhogings- of ʼn verlagingstransformator? (1)
11.2 Beskou ʼn solenoïed spoel met 11 windings. Die solenoïed is onderhewig
aan ʼn veranderende magneetveld wat die magneetvloed uniform
verander van 5,34 Wb na 2,7 Wb tydens ʼn interval van 12 s.
11.2.1 Stel Faraday se Wet van elektromagnetiese induksie. (2)
11.2.2 Bereken die grootte van die geïnduseerde emk. (3)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 12
Die onderstaande diagram toon ʼn generator.
12.1 Watter tipe generator word in die diagram getoon? (1)
12.2 Watter energie-omskakeling vind in die bostaande generator plaas? (1)
12.3 Noem die dele aangedui deur:
12.3.1 A (1)
12.3.2 B (1)
12.4 Skets ʼn grafiek van die geïnduseerde emk teenoor tyd vir EEN volledige
rotasie van die spoel. (3)
12.5 Noem enige twee gebruike van ʼn GS-generator. (2)
[9]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 17
DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1
GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1
INFORMATION SHEETS – PAPER 1/INLIGTINGSBLAD – VRAESTEL 1
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
TABLE 2: FORMULAE/FORMULES
FORCE/KRAG
Fnet ma p mv
sN fk kN
max
fs
Fnet Δt = Δp Fg mg
Δp = mv f - mv i
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W Fx cos U mgh or EP mgh
1 1 K K f Ki or Ek Ekf Eki
K mv 2 Ek mv 2
2 or 2
ME = Ek + Ep W
P
t
Pave = Fvave
ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT,
VISKOSITEIT EN HIDROULIKA
F Δ
ε
A L
σ F1 F
K 2
ε A1 A 2
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
εο Α εο Α V
C C E
d and d d
Q
C
V
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
V q I t
R
I
W = VQ W
P
W = VI t Δt
W = I2R t P = VI
V 2 Δt P = I 2R
W= R V2
P
R
Rs R1 R2 ...
1 1 1
...
R p R1 R 2
ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME
BA Δ
ɛ =N
Δt
Vs Ns
Vp Np
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 QP

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP
More from Grade 12 Technical Sciences

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P1 NSC November Mock 2026 Memo

Annual teaching plan
Gr 12 Tech Sci ATP 2023 24

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%202025%20Possible%20Answers--c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2/v1-62e3199d42cbe4f24854/card.webp)
Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 Memo (Afr)
%202025%20Possible%20Answers--50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556/v1-462c7fccede41f8797cb/card.webp)
Memorandum