Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)

MemorandumVisual ArtsGrade 12201718 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V1 FEBRUARIE/MAART 2017 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word: 1. Die memorandum bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. 2. Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die kandidate in baie gevalle: • Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in antwoorde gee. • Krediet moet ook aan laterale denke gegee word. • Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur na spesifieke faktore te verwys. 3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul antwoord te struktureer. 4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word toegeken aan die korrekte kunstenaar en titel van kunswerk. 6. Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees in die nasienproses. ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS • Hierdie memorandum moet as 'n riglyn vir nasieners sowel as 'n onderrigmiddel dien. Daarom is die memorandum vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die memorandum kan slegs 'n voorgestelde gids wees. • LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie. • Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek. • Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie. Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en daarop te reageer PRESTASIE- LEERUITKOMS 4: VISUELEKULTUUR-STUDIES  KODE 7 • Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Uitstekend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 80–100% lewer. • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings. 6 • Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul Verdienstelik kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 70–79% kommentaar te lewer. • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon uitstekende insig en begrip. 5 • Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Substansieel sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 60–69% lewer. • Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n goeie vlak van insig en begrip. 4 • Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Gemiddeld sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 50–59% lewer. • Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip. 3 • Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Bevredigend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 40–49% lewer. • Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip. 2 • Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul Elementêr kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 30–39% kommentaar te lewer. • Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip. 1 • Demonstreer 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul Nie behaal nie kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 0–29% kommentaar te lewer. • Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie. • Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon min of geen begrip of insig nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD. Die volgende puntetoekenning moet ingedagte gehou word wanneer slegs EEN kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE. 6 punte (maks 3) 8 punte (maks 5) 10 punte (maks 6) 12 punte (maks 7) 14 punte (maks 8) 20 punte (maks 12) VRAAG 1: DIE STEM VAN VERRYSENDE KUNSTENAARS Dit is 'n groot mylpaal in jou lewe om jou matriekuitslae te ontvang. 1.1 Kandidate moet vergelyk hoe die kunstenaars in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b die oomblik vasgevang het deur na die volgende te verwys: • Formele elemente • Komposisie • Perspektief/gevoel van ruimte • Ritme en beweging • Stemming/atmosfeer FIGUUR 1a: Die geriffelde dakke word gevorm deur diagonale lyne. Die kunstenaar het ook gebruik gemaak van vertikale en horisontale lyne wat sigbaar is in die behuising. Die diagonale lyne skep perspektief. Die figure is gevorm deur organiese en geboë lyne. Die vorms is verwring, tog poog die kunstenaar om geometriese vorms in die dakke te gebruik bv. driehoekige/parallelogram vorms. Die vensters en deure is gevorm deur reghoekige en kubistiese vorms. Die huise bestaan uit reghoekige, verwronge vorms. Organiese vorms is gebruik met die uitbeelding van die figure. Die klipmure is geskep deur organiese vorms. Ligte, gedempte kleure is gebruik bv. Blou, groen, pers, grys ens. Die kunstenaar het ook gebrande oranjes, bruin en geeloker. Die klipmure en geriffelde dakke het 'n verskillende taktuele kwaliteit in vergelyking met die klere van die figure en oppervlak van die straat en die lug. Die growwe klip van die huise word herhaal om 'n kreatiewe patroon te skep. Ritme en beweging is geskep deur die herhaling van die vorms en kleure in die mure, dakke en figure. Die kunswerk is illustratief, vereenvoudig en naïef. Tonale waardes en skadu's is geskep deur die gebruik van waterverf met geen sigbare kwashale. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 1b: Die diagonale lyne op die sypaadjie trek die oog na die fokale punt wat diepte en perspektief skep. Horisontale lyne word gevorm deur die baksteenmuur en die blombedding. Geboë lyne word waargeneem op die figure en die aalwynplant. Die koerante vorm ook 'n diagonale lyn. Vertikale lyne kan gesien word in die lamppaal, plakkaat en die kant van die gebou. Vierkantige en reghoekige vorms is gebruik om die sypaadjie, blombedding, plakkaat, koerante en baksteenmuur te skep. Organiese vorms kan gesien word in die plantegroei en die figure en geboë lyne is teenwoordig in die figure. Die komposisie beeld 'n alledaagse 'township' toneel uit, wat bestaan uit 'n straat, huise en 'n klompie mense. In die voorgrond is jong mense wat na mekaar wys en die koerant lees. Die middelgrond word deur 'n paar figure en huisies gedomineer. Die agtergrond bestaan uit kleiner figure en huise wat perspektief skep. Helder, primêre en sekondêre kleure is gebruik. Die kleur, blou, in die klere en in die agtergrond, domineer die prentvlak. Die rooi rok en rooi tekkies lei die oog na die koppe van die twee sentrale figure wat die fokale punt is. Geel, wat sinoniem met geluk is, is gebruik in die hemp van die sentrale figuur, die hoed van die meisie in die rooi rok, en die muur van die skoolgebou. Die gebruik van wit in die klere en koerant skep kontras. Die figure is swart omlyn wat 'n tweedimensionele kwaliteit skep. Tekstuur word waargeneem in die blombedding, die muur, die rok, die gestreepte klere en die koerant. Die kunswerk het 'n gladde tekstuur. Die kompakte en besige komposisie bestaan uit sewe figure wat die middelgrond domineer. In die middel van die komposisie is twee sittende leerders wat koerant lees. Aan die linkerkant van die kunswerk is 'n manlike figuur wat juig en dit lyk of hy dankie sê vir die hemele. Drie meisies in die middelgrond dans en vier fees. Bome en 'n aalwyn is in die agtergrond geïllustreer. Die kunswerk is dekoratief en gestileerd. Die vereenvoudigde figure is donker omlyn wat die twee-dimensioneel laat voorkom. Gebare en gesigsuitdrukkings is sterk en ekspressief. Indien daar geen vergelyking getref is nie, word daar EEN punt afgetrek. (8) 1.2 Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE kunswerke van verskillende Suid Afrikaanse kunstenaars, wat 'township-lewe' dokumenteer het. Hulle moet die volgende insluit in hulle opstel: • Name van kunstenaars en kunswerke • Onderwerp • Formele elemente • Komposisie • Media en tegniek • Styl (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: SUID AFRIKAANSE KUNSTNAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Sommige kunstenaars, soos Emile Nolde, is deur Afrika-maskers beïnvloed, wat gelei het tot werk wat erg verwronge en oordrewe is. 2.1 • Kandidate moet die gebruik van verwringing, vereenvoudiging en oordrywing in FIGUUR 2a en FIGUUR 2b bespreek, deur te verwys na die formele elemente en beginsels van kuns. • Kandidate moet die manier/wyse motiveer waarop die kunstenaar beïnvloed is deur Afrika. FIGUUR 2a: Aan die linkerkant is 'n uitbeelding van 'n sendeling met 'n masker op wat kyk na 'n knielende vroulike figuur wat 'n baba op haar rug dra. 'n wit masker is gehang in die agtergrond na regs van die sendeling. Die vrou hou 'n fles vas en die sendeling 'n rol of 'n stok. Die figuur regs kom beeldagtig voor. Sterk vereenvoudigde en ekspressiewe vorms word uitgebeeld. Die vorms is plat, hoekig en amper geometries. 'n Plat agtergrond is met 'n warm kleur is gebruik. Sterk wit en blou herhalende lyne kan in die sarong van die vrou gesien word. Sterk, organiese vorms is uitgebeeld met olie op doek. 'n Helder, warm geel bedek die hele agtergrond en die vorms is met sterk hale oor die agtergrond aangewend. Die invloed van Afrika kan gesien word in die onderwerp, gebruik van kleur en die styl van werk. FIGUUR 2b: Die komposisie is dig en gevul met verskeie omlynde figure uitgebeeld met sterk en swaar, swart buitelyne – amper soos graffiti. Klein Afrika kalligrafie Boesmanagtige motiewe en figure kan in die agtergrond gesien word. Sy werk het 'n sterk gevoel van Afrika in die skilderye. Dit is sigbaar in sy sterk gebruik van kleur, sterk komposisies en unieke gebruik van sy medium. Die gloeiende geel en oranje agtergrond wys ook die Afrika invloed. Die werk is gedoen in olie en die growwe kwashale en kwas merke kan waargeneem word. Vorm is vereenvoudig, gestileerd en sterk. Hierdie kunswerk reflekteer 'n stedelike ondervinding en dit bevat sterk omlynde hutte, menslike figure, menslike koppe en voëls. Die agtergrond is in donker geel, oker en goud. Die kunswerk is vereenvoudig met donker omlynde vorms wat geskilder is as 'n bolaag oor die agtergrond. In die agtergrond is klein Khoi-San figure geverf. Sommige getekstureerde patrone is uitgekrap (soos petrogliewe) in die kleur in die agtergrond. Klein gesiggies word herhaal en dit skep ritme. Hierdie kunswerk is voltooid met olie verf op papier. Die organiese vorms is aangewend met donker buitelyne. Die lyne word aangewend as bolaag oor die helder geel agtergrond. Dit herinner aan die Boesman rotsskilderye. Kleiner Afrika kalligrafiese, Khoi-San motiewe en figure word in die agtergrond waargeneem. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne 2.2 Kandidate moet EEN kunswerk van enige TWEE kunstenaars analiseer wie se werk 'n Afrika invloed toon. Hulle moet verwys na die volgende: • Name van kunstenaars en kunswerke • Waar in die kunswerk word die invloed getoon? • Gebruik van kleur • Komposisionele elemente • Gebruik van tegnieke en materiale (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INSLUITENDE WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970s EN 1980s Bill Woodrow, 'n Engelse beeldhouer, gebruik sy kuns om 'n boodskap van sosiale bewustheid oor te dra. In FIGUUR 3 gebruik hy alledaagse verbruiksgoedere (alledaagse artikels), soos landkaarte, motordeure en 'n stofsuier om 'n beeld van 'n olifant te skep. Net soos verbruiksgoedere weggegooi word, so word diere gejag totdat hulle uitsterf. 3.1 Deur te verwys na die kunswerk in FIGUUR 3, moet die kandidate 'n kort opstel skryf waarin hulle die volgende bespreek: • Betekenis van die stofsuier, motordeure, landkaarte en geweer: 'n Olifant kop is gekonstrueer rondom 'n stofsuier en uitgestal as 'n trofee. Kaarte van Afrika en Suid-Amerika is teen 'n muur geplaas wat die ore van die olifant vorm. 'n Gedeelte van die kaarte is nog vas aan die ore. Die olifant lig 'n outomatiese masjiengeweer uit die watergat wat deur die motordeure gevorm word. Die buitelyne van Afrika en Suid-Amerika het dieselfde vorm as die van olifantore. Die masjien geweer, verskaf deur oorsese lande, word 'n simbool van rewolusie en opstand, wat armoede, informele nedersettings en die vernietiging van die natuur tot gevolg het. Die stofsuier het 'n drie-hoekige vorm wat ideaal was vir die slurp van die olifant – dit kan simbolies wees van ons tegnologie wat al ons natuurlike bronne leeg 'suig'. Die gebruik van die motordeure as die kante van die drinkgat, kan simboliseer dat die natuur 'n skrootwerf geword het. • Simbolisme van die gebruik van alledaagse/herwinde objekte: Die kunstenaar vorm 'n nuwe konsep deur gebruik te maak van objekte wat weggegooi is en nie meer 'n nut vir die mens het nie. Dit beteken dat uit van afvalhope en chaos, nuwe dinge gebore kan word. Suid-Amerika en Afrika is lande van kontraste, elkeen met oerwoude en woestyne, en word gekonfronteer deur vloede, droogtes, oorvloed en armoede. Die oorblywende openinge van die kaarte wat geskep is deur die uitknip van die ore het identiese negatiewe vorms. Dit verskerp die leegheid wat gelaat word na die vernietiging van die diereryk en natuurlike bronne Die olifant wat die geweer uit die water lig, simboliseer vrees, onwettige jag, vernietiging en misbruik van die natuur. • Watter boodskap dra hierdie kunswerk oor vir die samelewing in die algemeen? Waarom dink jy kan die olifant 'n simbool wees vir die samelewing? Die gewapende olifant simboliseer die opstanding teen oorlog, rewolusie en die uitdun van diere. Dit kan ook beteken dat die olifant die geweer in die water ontdek het. Die olifant het 'n trofee geword wat bekend is vir sy uitstekende geheue – hy word 'n simbool van mag en grasie. Die watergat versinnebeeld dat water, wat die hoofbron van alle lewende wesens is, ook onder spanning is. Die geweer reflekteer die aggressie, geweld en die sinnelose vernietiging, veroorsaak deur oorlog. Die watergat voorsien water vir die olifant so wel as vir die mensdom. Die watergat en die aksie van oorlog is juksta geplaas. As die watergat droog is, is die dood onafwendbaar net soos in die oorlog. Oorlog sal nooit vergeet word en kan nie van ons geheue uitgewis word nie, selfs al sal die mensdom ammunisie en bewyse probeer vernietig. Water is simbolies van lewe en reiniging en sonder water sal ons nie oorleef nie. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne 3.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die werk van enige TWEE kunstenaars bespreek, wie se werk 'n bewustheid van sosiopolitieke kwessies toon. Kandidate moet die volgende kriteria in hulle antwoord aanspreek: • Name van kunstenaars en kunswerke • Beelde gebruik • Media en tegnieke • Boodskappe/betekenisse (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE AFRIKA Kunstenaars gebruik baie style en media om hulle interpretasie van Jesus se kruisiging oor te dra. 4.1 Kandidate moet die wyse waarop hierdie twee kunstenaars in FIGUUR 4a en FIGUUR 4b die kruisiging interpreteer het bespreek, deur die volgende te beantwoord: • Hoe verskil die funksie van FIGUUR 4a en FIGUUR 4b? Motiveer jou antwoord. • Waarom sal jy FIGUUR 4a beskryf as naïewe kunswerk? • Verduidelik hoekom FIGUUR 4b 'n ekspressionistiese kunswerk is? • Elimo Njau van Tanzanië sê: 'Kuns verafrikaniseer Christenskap'. • Dink jy dat hierdie kunstenaars suksesvol was om Christenskap te verafrikaniseer? Gee redes vir jou antwoord. FIGUUR 4a: het 'n popagtige beeld, gemaak van ’n weefstof en krale, wat Jesus aan die kruis verteenwoordig. Dit is 'n naïewe uitbeelding van die kruisiging. Verskeie, tipiese Afrika krale is gebruik om die figuur te versier. Die tekstuur van die kraletjies kan simbolies wees van die wonde wat aan Jesus se liggaam toegedien is. FIGUUR 4b: 'n landskap word uitgebeeld waarin beelde van mense beweeg na die heuwel waar Jesus gekruisig word. Hulle word vergesel deur 'n hond. Die dooie bome in die voorgrond verteenwoordig dood. Die figure word sittende uitgebeeld en sommige figure in die voorgrond lê. Helder verligte trappe is uitgekerf uit 'n klip heuwel wat die oog ly na die kruisiging. Aan beide kante van die kruis is twee figure, een sittende en een staande. Die staande figure wys met hulle stawwe na die kruis. Die twee sittende figure verteenwoordig die treurigheid. FIGUUR 4a: Die styl is vereenvoudig en naïef. Naïewe kuns word gewoonlik geskep deur 'n onopgeleide kunstenaar, en die werke het 'n kinderlike kwaliteit. FIGUUR 4b: Ekspressionisties, vereenvoudiging en verwringing word gesien deur die hele kunswerk. FIGUUR 4a: Die figuur van Christus word geïllustreer met sy kop na een kant toe gebuig wat die dood simboliseer. Die arms en bene is vereenvoudig en is vormloos. FIGUUR 4b: Die geraamte-agtige figure is ekspressionisties, gekenmerk deur verwringing en vereenvoudiging. Die geraamte-agtige figure in die voorgrond skep 'n atmosfeer van treurigheid en verwoesting. Die figure is gesigloos wat simbolies kan wees van die afwesigheid van identiteit. Een figuur is sittend aan die onderkant van die trappe terwyl die ander besig is om op te klim. Die figuur van Christus word omring deur twee staande figure en twee ander figure aan weerskante van die kruis. Jesus word voorgestel as 'n deursigtige figuur, reeds besig om te sterf en om die wêreld te verlaat. Al die figure wat loop vanaf die linkerkant na die regterkant van die prentvlak, lei die oog na die die fokale punt van Christus aan die kruis. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 4a: Aardse kleure is gebruik, naamlik bruin, geel en oker. Vertikale en horisontale lyne is gebruik wat 'n 'T'-vorm skep. FIGUUR 4b: Die gebruik van komplimentêre kleure van blou en oranje, en sagte pers en geel, verhoog die visuele impak van die skildery. Die gebruik van geel-oker op die beeld van die heuwel en die trappe verlig die kruis en die lang maer figure wat daarnatoe beweeg. Die donkerblou lug verleen 'n stormagtige donker gevoel. Die vertikale lyne van die bome kontrasteer skerp met die horisontale lyne van die rotse en die heuwels wat in die agtergrond vloei. Vorm is stilisties en vereenvoudig soos gesien kan word in die uitbeelding van die figure. FIGUUR 4a: Die materiaal en krale is deel van die etniese leefstyle van die landelike mense van Suid-Afrika. Hulle gebruik krale vir versierings en om te onderskei tussen die verskillende stamme in hulle spesifieke kulture. Die naïewe uitbeelding van die spirituele geloof van die Afrika bevolking kan gesien word in die ekspressiewe uitbeelding van die figure. Die impak van hierdie Christelike gebeurtenis op die kunstenaars se lewe kan duidelik gesien word in die eerlike, onskuldige kunswerke. Baie dekoratiewe Afrika krale is gebruik om die hele figuur te versier. Dit kan ook die marteling voorstel van die liggaam van Jesus, voor Hy gekruisig is. Dit is wat beskikbaar is om kuns te maak. Die Christus figuur is geklee in 'n tipiese 'ibetshu' wat as 'n lendedoek gedra word deur mans van sekere Afrika kulture. Die figure in FIGUUR 4b het almal dieselfde tipiese hoofbedekking wat gedra word deur Afrikane, wat identifiseer dat hulle ook teenwoordig was tydens die kruisiging van Jesus. Dit is asof hulle ook getuies was by hierdie hartverskeurende deel van Jesus se lewe. (10) 4.2 Kandidate moet EEN kunswerk van enige TWEE verskillende Suid Afrikaanse kunstenaars interpreteer, wie gebruik maak van kunsvlyte, of wat spiritualiteit in hulle werke aanspreek. Hulle mag die volgende gebruik as 'n riglyn in hulle kort opstel: • Name van kunstenaars en kunswerke • Onderwerp • Formele elemente • Gebruik van media en tegniek • Moontlike boodskappe/betekenisse (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID AFRIKA Double Negative (Dubbel Negatief) deur Michael Heizer in FIGUUR 5a is landkuns in die Nevada- woestyn, VSA. Die diep slote in die natuurlike rotsformasie is deur stootskrapers en dinamiet gemaak. Die Deens-Yslandse kunstenaar, Olafur Eliasson, is geïnteresseerd in hoe jy die landskap met die res van die wêreld verbind en hoe jy jouself daarbinne ervaar. In FIGUUR 5b het hy meer as 180 ton Yslandse klip gebruik om diep lae te vorm en 'n terrein te skep waardeur 'n waterstroom tussen die interieur van die museum deurvloei. 5.1 Michael Heizer neem sy werk uit die ruimte van die galery na die woestynomgewing, terwyl Olafur Eliasson die land in die galery inbring. Die kandidate moet die moontlike boodskappe/betekenisse van hierdie werke bespreek deur te verwys na die volgende: • Titels • Ruimte/ligging • Medium en tegniek • Interaksie/betrokkenheid /verbintenis met die kyker en die ruimte • Grootte/skaal van die werk • Die interaksie tussen die kyker en die kunswerk • Dokumentering van die kunswerk FIGUUR 5a: Dubbel negatief: 'n Land kuns geskep deur die kunstenaar Michael Heizer in 1969 en 1970. 'n Diep snit of sloot wat na mekaar wys aan beide kante van 'n geskulpte rand op die verspoelde natuurlike landvorm, skep 'n aaneenlopende, onsigbare negatiewe vorm tussenin. Die werk bestaan uit twee ravyne wat uit die kante van 'n rotsformasie ingesny is in die suidelike deel van Nevada. Die werk is 30 voet wyd, 50 voet diep en 1 500 voet lank. Dit is geskep deur dinamiet en stootskrapers in 'n oop, natuurlike landskap in Nevada. Dit is 'n baie groot werk wat in 'n oop landskap gedoen is. Natuurlike grond is uit die landskap verwyder. Die kyker moet in die diep slote rondloop en kan oorweldig voel. Dit kan ook as 'n kruispad gesien word: Draai ek of gaan ek reguit aan? Die negatiewe simbole kan ook 'n positief vorm. Die kunswerk is gedokumenteer deur die kunstenaar en/of kyker met fotografie, video's en films. Die dokumentering kan ook in 'n galery uitgestal en aangebied word. FIGUUR 5b: Rivierbedding: Dit is 'n rotsagtige landskap met nat, glipperige klippe hier en daar, wat die vorm van 'n rivier skep wat deur 'n landskap vloei. Die drie kamers van die museum is getransformeer in nuwe landskap. Die werk is ligging-spesifiek, wat met die museum se unieke identiteit inskakel. Hierdie projek is 'n omkering tussen kuns en natuur. Dit het 'n ooreenkoms met die kalmerende krag van 'n Japannese tuin sowel as die antieke Pompeii na sy verwoesting. Die natuur is in die museum ingebring – die skakel tussen mens en natuur is beklemtoon. Dit is asof 'n nuwe landskap gevorm is deur die kunstenaar. Hy fokus op die inneming van spasie op 'n nuwe manier en sluit in nuwe patrone van beweging in die museum. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne Die uitstalling bestaan uit drie seksies wat elkeen die fisiese, argitektoniese en institusionele kontak tussen die kunswerk en Louisiana as 'n plek verteenwoordig. Die besoeker word deel van, en word gekonfronteer en oorweldig deur hierdie barre landskap. Dowwe grys en swart kleure is gebruik en geen vorm van lewe kan waargeneem word. Die besoeker word deel van die werk deur te beweeg van kamer tot kamer. Die fokus op die besoeker en liggaamlike beweging deur ruimte is waar Louisiana se identiteit as plek en die werk van die kunstenaar ineenskakel. Die oorgang tussen interieur en eksterieur, kultuur en kunsmatige natuur, word vloeiend en beweeglik - en die proses van die besoeker deur die museum word die kwessie. Hierdie kunswerk kan ook gedokumenteer word as foto's, video's, films deur die kunstenaar en besoekers. Die dokumente kan later vertoon word in uitstallings, galerye of publikasies. (10) 5.2 Kandidate moet enige TWEE kunswerke van kontemporêre kunstenaars bespreek, waar die kunstenaar(s) alternatiewe en ongewone media gebruik het. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: POST-1994 DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID AFRIKA Ons kulture, ons tradisies, en ons taal is sommige van die fondasies waarop ons ons identiteit bou. 6.1 Kandidate moet bespreek hoe Simphiwe Ndzumbe die tema van identiteit, migrasie en skoonheid ondersoek, deur te verwys na die volgende riglyne: • Gebruik van lap en gevonde materiale • Die belangrikheid/simbolisme van die volgende: o die dasse o die lig o die bagasie/tasse o hout palet • Hoe skep Simphiwe Ndzube die gevoel van beweging in sy werk? • Hoe is die idee van migrasie aangespreek in hierdie kunswerk? Die installasie beeld swaar belaaide figure uit, wat hulle weg baan deur 'n energieke, mooi en moeilike landskap, na bagasie wat verlig is deur 'n lamp. Die figure is gesigloos weergegee, wat hulle identiteitsloos maak. Die bagasie is geplaas aan die einde van die pad en is simbolies van 'n beter toekoms vir die mense. Die mense dra nie baie bagasie nie en is simbolies van die historiese laste wat gedurende apartheid ondervind is. Daar is skerp penne en blokkasies in die pad wat verwys na belofte en onsekerheid. Die hout palette wat gewoonlik gebruik word om groot en swaar goedere te skuif, kan ook die migrasie van die figure verteenwoordig. Die figuur naaste aan die tasse het 'n industriële handskoen aan, wat bevestig dat die persoon 'n een of ander fabriek werk. Die tweede figuur het geen hande nie. Die komberse wat die palette bedek, herinner ons aan die komberse wat in tronke gebruik word. Die das word gewoonlik om die nek gedra vir 'n dekoratiewe doel veral by formele drag of as deel van 'n uniform. Die dasse lyk soos skêr penne/gras/ slange, wat aandui dat dit nie 'n maklike voorspoedige reis vir die mense is nie. Die lig/baken is 'n duidelike sigbare toestel wat geruik word om aandag te trek of om gevaar aan te kondig. Die lig kan ook aankondig dat vyandige troepe aankom en om die verdediging te waarsku. Die lig verlig die bagasie en lei die figure na 'n nuwe toekoms of bestemming. Die figure beweeg na hulle bagasie wat impliseer dat hulle die huidige plek verlaat, of geforseerd, of uit eie wil vir 'n beter toekoms. Die palette vorm 'n horisontale lyn wat stabiliteit verteenwoordig. Die figure en dasse skep vertikale lyne wat simbolies is van krag en stabiliteit. Die drie- dimensionele figure het organiese lyne wat beweging skep. Hulle gesigte is bedek en vermom deur die gebruik van materiaal, wat hulle identiteitloos maak. Die gebrek aan definitiewe gelaatstrekke verberg die tekortkominge van hulle liggame, vel en verdoesel die geslag. Die sagte en gevonde materiaal vertel 'n emosionele verhaal wat geïnspireer is deur 'township' kwessies. Die klere kan ook as 'n pantser dien. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne 6.2 Kandidate moet TWEE post-1994 kunstenaars se werke vergelyk wie kwessies van kultuur, tradisie of taal hanteer. Hulle vraestel behoort die volgende in te sluit: • Name van kunstenaars en kunswerke • Onderwerp • Invloede • Medium en tegniek • Boodskappe en betekenisse Indien daar geen vergelyking getref is nie, word daar EEN punt afgetrek. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Chéri Samba hanteer geslagskwessies vanuit 'n manlike oogpunt. 7.1 Kandidate moet FIGUUR 7 bespreek met betrekking tot die volgende: • Kleur • Narratiewe/stories • Gebruik van dominante beeldgebruik en die simbolisme van 'n manlike oogpunt gesien. FIGUUR 7: Die kunstenaar gebruik beide primêre en sekondêre kleure wat die diversiteit van al die figure simboliseer. Die helder, vrolike kleure verteenwoordig diversiteit soos gesien kan word in die beeld van die aardbol aan die linkerkant van die skildery. Die figure verteenwoordig die diverse kulture van vroue oor die wêreld so wel as die ryk bronne van die natuur. Die sentrale manlike figuur is die fokale punt. Klein vroulike figure omring hom aan die linkerkant. Dit lyk asof hy na al die helder gekleurde vroulike figure kyk. 'n Paar vroulike figure is ook geverf in die vorm van sy hart. Die vroulike figuur aan sy regterkant kan dalk sy vrou verteenwoordig, wat onder die indruk is dat sy die enigste vrou in sy lewe is, alhoewel hy na al die ander vroue kyk. Die hart mag ander vroue verteenwoordig wat hy ook liefhet. Die vroue word as onderdanig voorgestel. Die figuur van die man in die voorgrond domineer die hele skildery terwyl daar baie kleiner vroulike figuurtjies is. Die kleiner figuurtjies omkring die beeld van die aardbol en plantvorme. 'n Beeld van 'n menslike hart is geskilder aan die linkerkant van die man se bors, en 'n ekstra hart is uitgebeeld wat bokant sy skouer sweef. Die hart is 'n simbool van liefde en met die titel 'water solution for men' (wateroplossing vir mans), kan dit beteken dat die oplossing vir mans is, om meer as een vrou te hê. Die simbool van die sonbrille kan wees dat die vroue probeer om hulle gevoelens vir die gemeenskap en vir mans weg te (6) steek. 7.2 Die kandidaat moet ten minste TWEE kunswerke bespreek wat 'n geslags- spesifieke uitgangspunt aanspreek. Kandidate moet die volgende riglyne in hulle antwoord gebruik: • Name van kunstenaars en kunswerke • Media en tegniek • Styl • Onderwerp • Moontlike boodskappe/betekenisse (14) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID AFRIKA Ongeag hoeveel argitektuur verander, die primêre funksie daarvan is om beskutting te verskaf. Mario Botha sê: 'Solank as wat daar iemand is wat 'n huis nodig het, sal argitektuur bestaan.' 8.1 Met verwysing na die bogenoemde stelling, moet die kandidate die voorbeelde in FIGUUR 8a, 8b, 8c en 8d, analiseer. Die kandidate moet verwys na die volgende riglyne: • Stilistiese kenmerke FIGUUR 8a: Simplistiese, oop-plan en minimalistiese huis. Die argitek het die 'less is more'-filosofie gebruik. FIGUUR 8b: Oop-plan huis wat 'n minimalistiese benadering/styl aanneem. • Ooreenkomste Beide geboue is op 'n platform geplaas wat 'n uitsig het oor die omgewing. Deur die huise op 'n platform te plaas, word die natuurlike omgewing nie versteur nie. Albei geboue het breë glas panele. Oop spasie is gebruik in al twee geboue. Die groot leef areas kyk uit op die plantegroei en landskap wat 'n ontvlugtingsoord bied. • Gebruik van ruimte FIGUUR 8a: Alhoewel die huis klein en kompak is, maak die argitek gebruik van 'n oop-plan leef area. FIGUUR8b: Die huis is groot. Die buite-patio en kamers het 'n oop-plan konsep. Beide huise is ontwerp op so 'n manier dat die omgewing deel van die huis word. • Boumateriale/tegnieke FIGUUR 8a: Herwinde papier, beton en glas. Die gebruik van papierbuise leen hom vir vinnige oprigting. Die glas verleen aan die kliënt 'n kontinue uitsig op die omgewing vanaf alle hoeke. Die huis laat lig toe van alle hoeke wat elektrisiteit spaar. Die kleur van die papierbuise en wit platform is neutraal wat verskil van die kleure van die omgewing. FIGUUR 8b: Beton, glas en hout latte. Die huis laat lig toe van alle hoeke en bespaar elektrisiteit. Die beton is neutraal wat toelaat dat die huis met die omgewing inskakel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Nasienriglyne • Invloed op die omgewing en sy volhoubaarheid FIGUUR 8a: Die kunstenaar het gebruik gemaak van herwinde papier vir volhoubaarheid. FIGUUR 8b: Die argitek het rou beton gebruik sonder onnodige detail. Die gebruik van hout is minimaal. Die beton is sterk en hoef nie vir baie vervang te word nie. (8) 8.2 Kandidate moet enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue/strukture bespreek wat hulle bestudeer het. Hulle moet die volgende in hulle kort opstel insluit: • Name van argitekte en titels van die geboue of strukture • Gebruik van bou materiale • Invloed op die omgewing en die volhoubaarheid daarvan • Stylkenmerke (12) [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all