Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
VISUELE KUNSTE V1
2022
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1.7 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2SA Artists Influenced by African and Indigenous Art Forms20 marks
- Question 3Socio-Political Art20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Multi-Media and New Media Art20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:
Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
Skryf- en navorsingsvaardighede in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
konteks
'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
regterkantse bladsye.
5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
dit vereis word.
6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
toelaatbaar.
7. Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n
gebou/struktuur.
8. Kandidate mag NIE beelde wat alreeds in ander vrae gebruik is, bespreek
NIE.
9. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
10. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoord. Let op die
puntetoekenning:
6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy
10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
20 punte: 'n minimum van 2 bladsye
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/2022
SS/NSS
LAAT HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/2022
SS/NSS
BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Beide George Pemba en Ward Kimball se kunswerke vertel stories van vroue wat
besig is om te werk.
1.1 Bespreek die kunswerke in FIGUUR 1a en 1b en beskryf die stories wat deur
die kunstenaars vertel word.
Jy moet die volgende by jou antwoord insluit:
Uitbeelding en plasing van die figure
Ooreenkomste/Verskille tussen FIGUUR 1a en FIGUUR 1b
Kleur
Boodskap/Betekenis (10)
1.2 Bespreek TWEE kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) wat 'n storie oor
hulle sosiale omgewing vertel.
Gebruik die volgende riglyne:
Invloede
Onderwerp
Formele kunselemente
Media en tegniek (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/2022
SS/NSS
FIGUUR 1a: George Pemba, Harvesters (Oeswerkers), olie op bord, 1976.
FIGUUR 1b: Ward Kimball, The Gleaners (Die Versamelaars), olie op doek, 1964.
(Gewysigde reproduksie van die werk van Jean-Francois Millet)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Kunstenaars put dikwels inspirasie uit ander kulture.
2.1 Bespreek FIGUUR 2a en 2b deur na die stelling hierbo te verwys.
Jy kan die volgende riglyne gebruik:
Moontlike invloede
Simbole
Gebruik van kleur
Beeldgebruik
Styl (8)
2.2 Beskryf die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars (EEN
kunswerk per kunstenaar) wie se werk inheemse en/of Afrika-simbole en
-kunsvorms weerspieël. Noem die kunstenaars en titels van die kunswerke.
Gebruik die volgende riglyne:
Onderwerp
Invloede
Formele kunselemente
Media en tegniek
Moontlike boodskap/betekenis (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1
Kopiereg voorbehou
7
SS/NSS
Downloaded from hlayiso.com
FIGUUR 2a: Irma Stern, Fingo Woman (Fingo-vrou), FIGUUR 2b: Alexis Preller, Christ Head (Christushoof),
Blaai om asseblief
DBE/2022
olie op doek, 1952. olie op hout, 1972.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
Opvoeding is die magtigste wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander.
Nelson Mandela, 2003
3.1 Vergelyk die visuele beelde in FIGUUR 3a en 3b deur te bespreek hoe ELKE
kunstenaar kommentaar gelewer het op die uitdagings van onderwys tydens
daardie verskillende tye.
Jy kan die volgende riglyne gebruik:
Onderwerp
Kleur
Lyn
Komposisie
Betekenis van die kunswerke deur na die titels te verwys
(8)
3.2 Skryf 'n opstel oor TWEE kunstenaars (EEN kunswerk per kunstenaar) wie se
werk protes, weerstand of onregverdighede in die samelewing weerspieël.
Gebruik die volgende riglyne:
Onderwerp
Formele kunselemente
Media en tegnieke
Moontlike betekenis en boodskap (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/2022
SS/NSS
FIGUUR 3a: Alfred Thoba, 1976 Riots (1976-opstande), olieverf op bord, 1987.
FIGUUR 3b: Sifiso Samuel Gumede, Education not Police
(Opvoeding, nie Polisie nie), linosnee, 2017.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Flesse, potte en houers het deur die eeue ontwikkel en verander volgens die behoeftes
en funksies gebaseer op tradisie, erfenis en kultuur, en sodoende 'n inkomste vir baie
kunstenaars gegenereer.
4.1 Kies enige TWEE kunswerke uit FIGUUR 4a4c en skryf 'n kort opstel
daaroor.
Bespreek die volgende in jou opstel:
Vorm
Funksie
Media/Materiaal en tegnieke
Verskille tussen jou TWEE voorbeelde
Ooreenkomste tussen jou TWEE voorbeelde (10)
4.2 Bespreek TWEE kunswerke van verskillende kunsvlytkunstenaars en/of
geestelike kunstenaars wat deur hulle kultuur en erfenis geïnspireer is.
Gebruik die volgende riglyne:
Invloede en inspirasie
Kunselemente
Gebruik van materiaal en tegnieke
Boodskap/Betekenis (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/2022
SS/NSS
FIGUUR 4a: Clive Sithole, Uphiso FIGUUR 4b: Beauty Ngxongo,
(sfeervormige fles met 'n kort, nou silindriese nek Basket with Lid (Mandjie met Deksel),
wat in 'n put gebak is), 33,0 cm x 33,4 cm, 2000. gekleurde ilalapalmblare, 1990.
FIGUUR 4c: Ardmore Ceramics, Masai Red Elephant Tureens
(Masai Rooi Olifant Sopkom), geglasuurde keramiekklei,
datum onbekend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA
Nkhensani Rihlampfu is 'n jong Suid-Afrikaanse kunstenaar wat indrukwekkende
figuratiewe beeldhouwerke skep deur handgeweefde linnetou te gebruik. Hierdie
gesiglose figure verteenwoordig die meerderheid swak betaalde arbeiders wat deur
harde werk Suid-Afrika help bou het, ten spyte van die gewig wat hulle self dra.
Isabelle Grobler gebruik voorwerpe wat weggegooi is op 'n droomagtige wyse om
kommentaar te lewer op die samelewing se ekonomiese afhanklikheid van hierdie
verbruikersnoodsaaklikhede.
5.1 Lees die stelling hierbo en beantwoord die volgende vrae in 'n opstel:
Hoekom, dink jy, skep Rihlampfu gesiglose figure? (FIGUUR 5a)
Hoe skep al die materiaal wat deur Rihlampfu gebruik word, tekstuur en
ritme?
Hoe dra die visuele elemente, wat in FIGUUR 5a voorgestel word, tot die
betekenis van die titel by?
Hoe dra Grobler se gebruik van weggooigoed en gevonde voorwerpe in
FIGUUR 5b by tot die droomagtige en surrealistiese kwaliteit van haar
werk?
Identifiseer die objekte wat in FIGUUR 5b gebruik word, wat mag toon.
Hoe sinspeel dit op die mag van verbruik?
In haar titel verwys Grobler na Christenskap (Persoonlike Jesus). Dink
jy hierdie kunswerk het 'n godsdienstige/geestelike kwaliteit? Ondersteun
jou antwoord. (10)
5.2 Skryf 'n opstel oor die werk van TWEE kontemporêre Suid-Afrikaanse
kunstenaars (EEN kunswerk per kunstenaar) wat nuwe/alternatiewe media
gebruik om 'n sterk boodskap oor te dra.
Verwys na die volgende:
Name van kunstenaars en kunswerke
Invloede
Kunselemente
Styl
Media en tegnieke
Betekenis/Boodskap (10)
[20]
'Concupiscence': Die selfsugtige menslike begeerte na 'n objek, persoon of
ondervinding
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/2022
SS/NSS
FIGUUR 5a: Nkhensani Rihlampfu, Remains of Democracy
(Oorblyfsels van Demokrasie), hout, staal en geweefde linnetou, 2017.
FIGUUR 5b: Isabelle Grobler, The Cannibals' Concupiscence: Personal Jesus
(Die Kannibale se Begeerte: Persoonlike Jesus),
gemengdemedia-beeldhou-assemblage, 2020.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
Die kunstenaars, Dion Cupido en Rory Emmet, besin beide oor hulle identiteit om as
'Kleurling' geklassifiseer te wees en wat dit vir hulle beteken.
6.1 Skryf 'n kort opstel oor hoe die kunstenaars 'Kleurling'-identiteit in
FIGUUUR 6a en 6b uitgebeeld het deur die volgende riglyne te gebruik:
Gebruik van figure/liggaamstaal
Agtergrond
Kleur
Dink jy dat hierdie werke identiteit suksesvol weerspieël? Verwys na
moontlike betekenis/boodskap. (8)
6.2 Bespreek TWEE kunswerke deur Suid-Afrikaanse kunstenaars (EEN
kunswerk per kunstenaar) wie se kunswerke kwessies oor identiteit
weerspieël. (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Visuele Kunste/V1
Kopiereg voorbehou
15
SS/NSS
Downloaded from hlayiso.com
FIGUUR 6a: Dion Cupido, Party Politics (Partypolitiek), FIGUUR 6b: Rory Emmet, Couple (Paartjie),
Blaai om asseblief
DBE/2022
gemengde media, 2019. olie op papier, 2017.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Ek hou daarvan om 'n estetiese skoonheid in iets te ontdek waar ander dit moontlik as
verwaarloos en lelik sal sien.
Tim Okamura
Okamura ondersoek identiteit en vang skoonheid, krag en waagmoed in 'n stedelike
omgewing vas om die lewensverhale van mense deur portretstudies te vertel.
Skryf 'n opstel waarin jy bespreek hoe geslag in Okamura se werk uitgebeeld word.
(FIGUUR 7)
Sluit ook by jou antwoord TWEE ander kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) in
wat jy bestudeer het wat geslagskwessies weerspieël.
Jy kan in jou antwoord na die volgende verwys:
Onderwerp
Kleur
Kontras
Tegnieke wat tot die betekenis van die werk bydra
Houding en uitdrukking
Simbole [20]
Esteties: aangenaam vir die oog/mooi om te sien
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/2022
SS/NSS
FIGUUR 7: Tim Okamura, 'Rare Groove', olie, gemengde media op doek, 2018.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Mpumalanga staan bekend as die provinsie van die 'opkomende son'.
Die Mpumalanga Provinsiale Regeringskompleks, wat in Mbombela geleë is, verwys
duidelik na ons Suid-Afrikaanse erfenis.
8.1 Verwys na die stelling hierbo met verwysing na die visuele bronne in
FIGUUR 8a–8d. Bespreek hierdie gebou deur die volgende riglyne te gebruik:
Die ontwerp en vorm van die gebou wat ons Afrika-erfenis weerspieël
Die funksie van die koepel
Die funksie van die okulus
Hoe die argitek die 'opkomende son' in die ontwerp van die gebou
weerspieël het (6)
8.2 Bespreek enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue/strukture wat ons
Suid-Afrikaanse geskiedenis/erfenis/kultuur weerspieël. Noem die argitek(te)
en name van die geboue.
Jy kan sommige van die volgende oorweeg:
Materiaal
Ontwerp en vorm
Funksie van die gebou
Perseel/Ligging
Invloede (14)
[20]
Okulus: opening/venster, wat soos 'n oog lyk, in 'n koepel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/2022
SS/NSS
FIGUUR 8a en FIGUUR 8b: Tayob Schnepel Association, Mpumalanga Provincial Government
Complex (Mpumalanga Provinsiale Regeringskompleks), buiteaansig, 19972001.
FIGUUR 8c: Tayob Schnepel Association, FIGUUR 8d: Tayob Schnepel
Mpumalanga Provincial Government Complex Association, Mpumalanga Provincial
(Mpumalanga Provinsiale Regeringskompleks), Government Complex (Mpumalanga
binneaansig van die sitplekgedeelte in die Provinsiale Regeringskompleks),
konferensiesaal, 19972001. plafon met die koepel in sig,
19972001.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum