Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
NOVEMBER 2017
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1.9 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2SA Artists Influenced by African and Indigenous Art Forms20 marks
- Question 3Socio-Political Art20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Multi-Media and New Media Art20 marks
- Question 6Multi-Media and New Media Art20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:
• Gebruik van die korrekte kunsterminologie
• Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
• Skryf en navorsing in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
• Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
konteks
• Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
regterkantse bladsye.
5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
dit vereis word.
6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
toelaatbaar.
7. Noem die kunstenaar(s) en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.
8. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
9. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
puntetoekenning.
• 6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
• 10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
• 20 punte: 'n minimum van 2 bladsye (opstel)
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2017
NSS
LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2017
NSS
BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Kleur is die klawerbord, die oë is die harmonieë, die siel is die klavier met baie snare.
Die kunstenaar is die hand wat speel, wat een noot na die ander aanraak om die siel te
laat vibreer.
– Wassily Kandinsky
1.1 Vergelyk hoe die kunstenaars van FIGUUR 1a en FIGUUR 1b daarin geslaag
het om die gevoelvolheid/lewendigheid van die musiek vas te vang.
Jy moet na die volgende verwys:
• Kleur
• Ruimte
• Komposisie
• Styl
• Stemming en atmosfeer
• Moontlike boodskappe/betekenisse (10)
1.2 Baie van ons opkomende kunstenaars vertel dikwels 'n storie oor die mense,
plekke en gebeurtenisse wat hul ervaar het.
Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke deur enige van hierdie
kunstenaars interpreteer. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2017
NSS
FIGUUR 1a: George Pemba, Kwa Stemele, olie op karton, 1981.
FIGUUR 1b: JP Mika, La Belle ambience (La Belle-atmosfeer),
akriel op materiaal, 2016.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Wat maak van Afrika-kuns wat dit is? Is dit die onderwerp, styl of materiaal?
2.1 Debatteer die vrae hierbo deur na FIGUUR 2a en FIGUUR 2b te verwys:
Jy kan die volgende as 'n riglyn gebruik:
• Invloede
• Onderwerp
• Gebruik van vorm
• Stemming (8)
2.2 Evalueer die werk van enige TWEE kunstenaars wat Afrosentriese elemente
in hul kuns gebruik het of deur Afrika- en/of inheemse kunsvorms
beïnvloed is. (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2017
NSS
FIGUUR 2a: Speelman Mahlangu, Ubuntu Spirit of African Solidarity (Ubuntu Gees
van Afrika-solidariteit), olie op doek, datum onbekend.
FIGUUR 2b: Ralph Ziman, Hondo 'War' (Hondo-'oorlog') (Shona) MUTI-galery,
digitale drukwerk op Moab Entrada-papier, 2013.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
Los Intocables of Die Onaantasbares (FIGUUR 3a tot 3d) is 'n fotografieprojek deur
die Kubaanse fotograaf, Erik Ravelo. Sy doel was om die regte van kinders te bewaar
en te verdedig en om bewustheid van kinderbeskerming en die verskillende aanvalle
teen kinders die wêreld oor te skep. Hierdie beelde is op Facebook verban.
3.1 Verwys na die visuele bronne in FIGUUR 3a tot 3d. Skryf 'n opstel waarin jy
die volgende punte bespreek/debatteer:
• Redes waarom die kinders in 'n gekruisigde posisie uitgebeeld word
• Die gebruik van fotografie, eerder as ander media
• Hoekom, dink jy, is die gesigte van die kinders verdof ('pixelated')?
• Die kwessies wat in ELKE afbeelding aangeroer word en die moontlike
betekenisse en interpretasies daarvan
• Waarom, dink jy, is die visuele beelde op Facebook verban?
• Baie mense het oor die beeldgebruik in FIGUUR 3a gekla. Wat dink jy
van hierdie standpunt?
• Die doeltreffendheid van hierdie reeks omdat dit probleme rondom
geweld en misbruik van kinders uitlig (10)
3.2 Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke deur verskillende kunstenaars
bespreek wat sosio-politieke kwessies aanpak.
Gebruik die volgende as riglyne:
• Onderwerp
• Invloede
• Formele kunselemente
• Komposisie
• Styl (10)
[20]
('Pixelated'): Die kleinste beheerbare element van 'n prent wat op 'n skerm of foto
uitgebeeld word
Facebook: 'n Gratis sosiale netwerkwerf wat geregistreerde gebruikers toelaat om
'n profiel te skep, foto's op te laai en boodskappe aan vriende en familie
te stuur
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2017
NSS
FIGUUR 3a FIGUUR 3b
FIGUUR 3c FIGUUR 3d
FIGUUR 3a tot 3d: Erik Ravelo, The Untouchables (Die Onaantasbares), uit 'n reeks
van sewe foto's, 2013.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Beckmann en Maswanganyi het eerder betekenis en emosionele ervaring as fisiese
skoonheid in hulle interpretasie van Bybelse temas uitgedruk.
4.1 Kies ÓF FIGUUR 4a ÓF FIGUUR 4b en bespreek hoe hierdie kunstenaar die
Bybelse tema geïnterpreteer het.
Gebruik die volgende as riglyne:
• Betekenis van die onderwerp, visuele beelde en simbole
• Formele kunselemente
• Verwringing van die figure
• Diepte en perspektief
• Geestelike/Emosionele boodskap en betekenis (8)
4.2 Vergelyk TWEE kunswerke, kunsvlytwerke of geestelike werke wat jy
bestudeer het.
Sluit die volgende in:
• Onderwerp
• Invloede
• Komposisie
• Styl
• Funksie en/of boodskap (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2017
NSS
FIGUUR 4a: Johannes Maswanganyi, Jesus is Walking on the Water (Jesus Loop
op die Water), hout, verf, doringdraad, dierehare, 1994.
FIGUUR 4b: Max Beckmann, Descent from the Cross (Afkom van die Kruis),
olie op doek, 1917.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
Tienduisende vlugtelinge/migrante het uit hulle ontwrigte, oorloggeteisterde lande vir 'n
beter lewe in Europa gevlug. Meer as 4 000 mense het tydens die gevaarlike reis oor
die Middellandse See gesterf. Ai Weiwei, 'n Chinese kunstenaar, het in reaksie op
hierdie menslike tragedie 'n installasie geskep.
Die dammetjie voor die Belvedere-museum in Wene, Oostenryk, het 'n drywende
kalligrafiese F wat uit 201 lotusblomme bestaan wat elk vyf gebruikte reddingsbaadjies
bevat. Tradisioneel simboliseer die lotusblom skoonheid, suiwerheid en 'n lang lewe.
5.1 Skryf 'n kort opstel en verwys na die volgende:
• Sou die betekenis van die kunswerk verander as dit binnenshuis
uitgestal word? Motiveer jou antwoord.
• Is die gebruik van die blom betekenisvol? Het dit enigiets met die
vlugtelinge gemeen?
• Is die gebruik van die letter 'F' enigsins betekenisvol?
• Hoekom het die kunstenaar reddingsbaadjies in hierdie werk gebruik?
• Watter rol speel kleur in hierdie werk?
• Verduidelik hoe hierdie werk help om groter bewustheid van die
vlugtelingskrisis te skep. (8)
5.2 'n Nuwe kontemporêre kunsgalery het onlangs by die Waterfront in Kaapstad
geopen. As die kurator van die galery is jy gevra om TWEE nuwe kunswerke
te kies wat die kunstenaar(s) se gebruik van kontemporêre nuwe media
vertoon. Bespreek jou keuse.
Jy kan die volgende in aanmerking neem:
• Onderwerpmateriaal
• Invloede
• Gebruik van nuwe media
• Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Kalligrafie: Dekoratiewe handskrif of handgeskrewe letterwerk
Reddingsbaadjie: Dryftoestel wat keer dat jy verdrink
Kurator: Iemand wat kunsuitstallings by 'n kunsgalery of kunsmuseum
beplan en konseptualiseer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2017
NSS
FIGUUR 5a: Ai Weiwei, F Lotus, installasie, Belvedere-museum,
Wene, Oostenryk, 2016.
FIGUUR 5b: Ai Weiwei, F Lotus, installasie, Belvedere-museum,
Wene, Oostenryk, 2016. (Digby foto van 1 005 gebruikte reddingsbaadjies
in die vorm van lotusblomme in die dammetjie.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
Maurice Mbikayi wys die mensefiguur in 'n dwangbaadjie ('straight jacket') wat aansluit
by die skisofreniese persoonlikheid wat hy in 'n virtuele wêreld ervaar omdat hy die
behoefte het om 'permanent' aanlyn te bly.
Maurice Mbikayi ondersoek die uitwerking van kontemporêre tegnologie op die mense
van Afrika. Hy fokus op maniere waarop tegnologiese vooruitgang van die laaste
twintig jaar die wêreld beide positief en negatief beïnvloed het. Hy versamel fragmente
van die ontwikkelende tegnologie en sluit dit by sy werk in.
6.1 Bespreek die volgende in jou interpretasie van FIGUUR 6a:
• Titel
• Beskryf hoe Mbikayi rekenaaronderdele gebruik het
• Die betekenis van die dwangbaadjie ('straight jacket')
• Sou jy hierdie kunswerk as 'n positiewe of negatiewe kommentaar op
tegnologie beskou? (8)
6.2 Bespreek die werk van enige TWEE relevante Suid-Afrikaanse demokratiese
kunstenaars na 1994 wat hulle identiteit ondersoek.
Jy kan die volgende riglyne gebruik:
• Onderwerp
• Invloede
• Formele kunselemente
• Komposisie
• Styl
• Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Dwangbaadjie 'n Kledingstuk met baie lang moue wat gebruik word om iemand
('straight jacket') wat homself of andere kan seermaak, te bedwing. Nadat die
arms in die dwangbaadjie se moue geplaas is, word die moue
oor die bors gekruis en agter die rug vasgemaak sodat die arms
so na as moontlik aan die bors gehou word met so min as
moontlik beweging.
Virtuele wêreld: 'n Driedimensionele digitale omgewing waar jy met ander
gebruikers interaksie kan hê en voorwerpe kan skep.
Skisofreen: 'n Persoon met abnormale sosiale gedrag en onvermoë om te
verstaan wat werklik is; waandenkbeelde en hallusinasies is
kenmerkend
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2017
NSS
FIGUUR 6a: Maurice Mbikayi, Web Jacket (Webbaadjie), rekenaaronderdele,
klere en gordels, deel van 'n binnenshuise nege-minute uitvoerende kunswerk, 2015.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
7.1 Kraaie is prominent in beide FIGUUR 7a en FIGUUR 7b. Bestudeer die
kunswerke en bespreek die volgende in 'n opstel:
• Betekenis van die kraaie in die kunswerke
• Betekenis van die titels van die kunswerke
• Keuse van visuele beelde en tonele
• Perspektief en diepte
• Stemming en atmosfeer
• Verwysing na geslag (10)
7.2 Bespreek EEN kunswerk deur enige TWEE kunstenaars wie se werk(e) op
geslagskwessies kommentaar lewer. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2017
NSS
FIGUUR 7a: Andrea Kowch, The Visitors (Die Besoekers), akriel op doek, 2010.
FIGUUR 7b: Valerie Hegarty, Crows in the Dining Room
and other Messy Histories (Kraaie in die Eetkamer en ander Morsige Verhale),
installasie, 2013.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Studente van die Universiteit van Kaapstad het in 2015 die bronsbeeld van Cecil John
Rhodes, 'n prominente figuur uit ons koloniale verlede, ontsier. Weens toenemende
druk deur studente is hierdie beeld later deur die universiteitsowerhede verwyder.
8.1 Debatteer die kwessie van koloniale en apartheidsmonumente wat uit ons
openbare ruimtes verwyder word deur die volgende te in ag te neem:
• Noodsaaklikheid van monumente in ons samelewing
• Redes hoekom mense monumente verwyder of ontsier
• Funksies van 'n monument
• Betekenis van monumente wat met verloop van tyd verander
• Oprig van monumente in openbare plekke
• Skep van nuwe monumente as 'n genesingsproses
• Spesifieke voorbeelde (10)
8.2 Bespreek enige TWEE kontemporêre Suid-Afrikaanse geboue wat jy
bestudeer het wat waarde by die gemeenskap/ons samelewing voeg.
Jy kan die volgende in aanmerking neem:
• Ligging/Situasie
• Materiaal en tegnieke
• Styl
• Moontlike invloede (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2017
NSS
FIGUUR 8a: Foto van die Cecil John Rhodes-standbeeld,
uit brons gemaak en in 1934 opgerig, wat van die
kampus van die Universiteit van Kaapstad verwyder word.
FIGUUR 8b: Die verwydering van die Cecil John Rhodes-standbeeld,
Universiteit van Kaapstad, 2015.
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum