Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
NOVEMBER 2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 422.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
NSC November Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2SA Artists Influenced by African and Indigenous Art Forms20 marks
- Question 3Socio-Political Art20 marks
- Question 4Art Craft and Spiritual Works from Rural South Africa20 marks
- Question 5Multi-Media and New Media Art20 marks
- Question 6Multi-Media and New Media Art20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 2 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae
vir 'n totaal van 100 punte beantwoord.
2. Dit is BAIE BELANGRIK dat in baie gevalle vir die kandidate voorsiening
gemaak word:
• Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
antwoorde gee.
• Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
• Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
na spesifieke faktore te verwys.
3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
antwoord te struktureer.
4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
kunswerke is toelaatbaar.
5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar
en titel van die werk toegeken.
6. Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige
antwoord bespreek, waar van toepassing.
7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel
hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees
in die nasienproses.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
• Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien.
Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne
kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
• LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
• Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
• Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
• Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir
'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 3 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer
PRESTASIE-
ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES
KODE
7 • Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Uitstekend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
80–100% lewer.
• Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
van kuns.
• Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
6 • Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Verdienstelik kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
70–79% kommentaar te lewer.
• Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
• Toon uitstekende insig en begrip.
5 • Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Substansieel sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
60–69% lewer.
• Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
• Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
4 • Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Gemiddeld sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
50–59% lewer.
• Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
3 • Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Bevredigend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
40–49% lewer.
• Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
2 • Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Elementêr kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
30–39% kommentaar te lewer.
• Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
1 • Demonstreer 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
Nie behaal nie kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
0–29% kommentaar te lewer.
• Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
• Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
• Toon min of geen begrip of insig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 4 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.
Die volgende puntetoekenning moet in gedagte gehou word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE:
6 punte (maks 3)
8 punte (maks 5)
10 punte (maks 6)
12 punte (maks 7)
14 punte (maks 8)
20 punte (maks 12)
As gevolg van kleurverskille in die gedrukte vraestelle van die verskillende
provinsies moet die provinsies die nasienriglyne vir interpretasie aanpas
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Kleur is die klawerbord, die oë is die harmonieë, die siel is die klavier met baie snare.
Die kunstenaar is die hand wat speel, wat een noot na die ander aanraak om die siel te
laat vibreer.
– Wassily Kandinsky
1.1 Kandidate moet vergelyk hoe die kunstenaars van FIGUUR 1a en FIGUUR
1b daarin geslaag het om die gevoelvolheid/lewendigheid van die musiek vas
te vang.
• Kleur
FIGUUR 1a:
Pemba gebruik oorheersende blou en bruin kleure in die kunswerk met wit
wat oral deur die werk herhaal word. Die bruin vloer, blou mure en wit
kleredrag skep 'n somber/treurige gevoel. Die vroulike danser en manlike
pianis dra wit klere en ligte skoene. Die pianis dra 'n kleurvolle pet/hoed en
die blou van broek balanseer met die blou van die danser se hemp en met die
blou rok van die vrou wat op die klavier leun. Die manlike danser is geklee in
'n lang donkerblou jas met 'n kakiebroek en 'n kakiehoed. Die vrou wat op die
klavier leun is ook geklee in 'n blou uitrusting wat amper met die agtergrond
insmelt. Op die vloer is ‘n die weerkaatsing van die lig op dievloer in geel-
oranje wat die blou agtergrond komplimenteer.
FIGUUR 1b:
Die werk is baie kleurvol. Die vrou is geklee in 'n blou en wit rok terwyl die
man 'n rooi/oranje broek, skokkende pienk T-hemp en 'n vlootbou baadjie dra.
Die blompatroon in die agtergrond is ligte geel met tikkies groen en rooi
(blomme). Hierdie kleure skep 'n lewendige en gelukkige gevoel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 5 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Ruimte
FIGUUR 1a:
Die toneel speel af in 'n oorheersende blou vertrek, wat bydra tot die somber
stemming. Die figure domineer die voor- en middelgrond. Die agtergrond het
geen figure nie, alhoewel die muurarea bestaan uit 'n venster, 'n prent wat
teen die muur hang en 'n deur. Diepte word verkry deur liniêre perspektiefwat
sigbaar is in die lyne van die dak, vloer en klavier. Die figure vul die hele
komposisie.
FIGUUR 1b:
Daar is 'n beperkte gevoel van teruggang, slegs geskep deur die vroulike
figuur wat oorvleuel met die manlike figuur. Die figure is in die middel van die
voorgrond geplaas. Die agtergrond is plat bestaande uit 'n besige
dekoratiewe blompatroon wat die kunswerk domineer. Die vroulike figuur
word die fokuspunt weens haar dominante posisie in die formaat.
• Komposisie
FIGUUR 1a:
George Pemba plaas sy figure in die interieur van 'n blou vertrek. Aan die
linkerkant van die komposisie is 'n paartjie wat dans op die musiek. Die
manlike danser se gesig is sigbaar aan die kyker terwyl die vroulike danser se
rug na die kyker gedraai is. 'n Sittende pianis is gebuk oor die klawerbord van
die klavier aan die regterkant van die prentoppervlak. 'n Vroulike figuur staan
agter die klavier. Die figure in die komposisie is slim verbind deur die
herhalende gebruik van wit – beginnende by die klawerbord regs, deur die wit
baadjie van die pianis, na die wit rok van die vroulike danser. Daar is
riehoekige komposisie wat gevorm word deur die wit kleur wat gesien kan
word in die lig, die rok, die hemp en die klawerbord van die klavier.
FIGUUR 1b:
Twee dansende figure is in die middel van die komposisie geplaas. Die
vroulike figuur maak parmantig oogkontak met die kyker, terwyl die manlike
figuur amper afbeur met sy oë wat opkyk, so meegevoer is hy met die
musiek.
• Styl
FIGUUR 1a:
Pemba skilder in ‘n naturalistiese- styl. Daar is sigbare kwashale en sprake
van impasto.
FIGUUR 1b:
Mika skilder in 'n super-realistiese styl (Foto-Realisme). Sy styl is noukeurig
en geen sigbare kwashale is teenwoordig.
• Stemming/atmosfeer van die kunswerk
FIGUUR 1a:
Alhoewel die figure wat dans sinoniem met vreugde en geluk is, beeld die
kunswerk 'n meer somber, ernstige en intense stemming uit. Blou word
geassosieer met sielvolle stadige jazz musiek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 6 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 1b:
'n Stemming van geluk en vreugde is sigbaar in die werk. Hulle word amper
komies uitgebeeld. Die figure dans met rimiese musiek.
• Moontlike betekenis/boodskap
FIGUUR 1a:
Dit is 'n kunswerk wat 'n sosiale toneel van alledaagse lewe in 'n township
reflekteer en dokumenteer. Alhoewel die linkerkantse figure dans, is die
stemming nie een van geluk en vreugde nie. Die figuur aan die regterkant lyk
treurig en die pianis skep ook 'n gevoel dat hy nie alte gelukkig is nie.
Alhoewel al die figure saam in die vertrek is, het elkeen sy eie geïsoleerde
gedagtes. Dit het 'n neerdrukkende atmosfeer. Die kunswerk kan ‘n laaste
dans voorstel voordat totsiens gesê word, wat ‘n hartseer gevoel skep.
FIGUUR 1b:
Die kunswerk is 'n lewendige toneel van 'n verliefde jong paartjie wat hulself
werklik geniet deur te dans terwyl hulle na musiek deur hul oorfone luister.
Die modieuse paartjie beeld 'n jong, byderwetse en selfversekerde houding
uit.
Kandidate kan nie volpunte behaal as daar geen vergelyking gedoen is
nie – gebruik die beskrywende rubriek om puntetoekenning te lei. (10)
1.2 Baie van ons opkomende kunstenaars vertel dikwels 'n storie oor die mense,
plekke en gebeurtenisse wat hul ervaar het.
Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke deur enige van
hierdie kunstenaars interpreteer. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 7 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Wat maak van Afrika-kuns wat dit is? Is dit die onderwerp, styl of materiaal?
2.1 Kandidate moet die vrae hierbo debatteer/of bespreek deur na FIGUUR 2a en
FIGUUR 2b te verwys:
• Invloede
Kandidate moet die Afrika invloede bespreek byvoorbeeld kralewerk, Afrika
maskers, vereenvoudiging, geometriese patrone, ensovoorts. FIGURE 2a:
Tipiese Afrika aardse kleure is gebruik., wat ooreenstem met Abstrakte
Ekspressionisme met Juan Miro eienskappe. Die kunstenaar het verskeie
objekte van kulturele erfenis ingesluit. Ook is kubistiese eienskappe
teenwoordig in die fragmentasie van die beeste.
FIGURE 2b: Helder gekleurde krale is tipies Afrika.
Onderwerp
FIGUUR 2a:
Die kunstenaar het verskeie objekte ingesluit om kulturele erfenis uit te beeld.
Die fokuspunt is die bul (donkerste beeld) in die middel, omring deur tipiese
Afrika-objekte. Die Afrika maskers en kleipotte is versier met tipiese etniese
ontwerpe. In die agtergrond gee argitektoniese vorms 'n effense diepte aan
die skildery. Daar is ook blomplante wat 'n patroon regdeur die skildery vorm.
Die blom aan die regterkant kan die naelstring voorstel wat die bul bind aan ‘n
kulturele erfenis.
Aan die regterkant is ‘n voorstelling van ‘n kers en oilifant wat simbloe is van
kulturele erfenis. Daar is ‘n voorstelling van ‘n spookbeeld voor regs. Daar is
verskeie simbole en vorms wat rotskuns (San kuns), kan voorstel.
FIGUUR 2b:
'n Gemaskerde figuur is in die middel van die komposisie geplaas. Hy is
geklee in militêre drag (kamoefleerdrag) en hou twee kralewerk gewere, een
in elke hand, vas. Hy dra ‘n geometriese ontwerpre armbande wat inheems
is.Hy is geplaas teen 'n eenvoudige groen/turkoois agtergrond. Die gewere
kan 'n stelling maak oor oorlogservaringe, geweld en wapenhandel. Die Afrika
masker (bestaan uit eenvoudige geometriese ontwerpe en amandelvormige
oë) gemaak met cowries (antieke geldeenheid) en kralewerk op die AK
aanvalsgewere wat in Afrika rewolisies gebruik word. Die gewere kan ‘n
standpunt maak van Suid Afrikaanse konflikte en oorloë.
• Gebruik van vorm
FIGUUR 2a:
Dit is 'n tweedimensionele skildery bestaande uit gestileerde vorms. Donker
omlyning beklemtoon die objekte. Sekere 3-dimensionaliteit en diepte is
verkry met die gebruik wat na agter toe beweeg en ligter kleure na vore. Die
vereenvoudigde komposisie bestaan hoofsaaklik uit vorms. Die donker
buitelyne beskryf/beklemtoon die vorms. Daar is fasette van kleur.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 8 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 2b:
Alhoewel dit 'n foto is, het Ziman die fotosessie opgestel met 'n werklike
model en driedimensionele objekte soos die maskers en krale gewere.
• Stemming
FIGUUR 2a:
Vrolike/vreugdevolle en amper verwarrende stemming.
FIGUUR 2b:
Die stemming is somber, skrikwekkend intimiderend en bedreigend. (8)
2.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer
het, wat Afrosentriese elemente in hul kuns gebruik het of deur Afrika en/of
inheemse kunsvorms beïnvloed is, evalueer. The blom (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 9 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
Los Intocables of Die Onaantasbares (FIGUUR 3a tot 3d) is 'n fotografieprojek deur
die Kubaanse fotograaf, Erik Ravelo. Sy doel was om die regte van kinders te bewaar
en te verdedig en om bewustheid van kinderbeskerming en die verskillende aanvalle
teen kinders die wêreld oor te skep. Hierdie beelde is op Facebook verban.
3.1 Kandidate moet verwys na die visuele bronne in FIGUUR 3a tot 3d.
Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die volgende punte
bespreek/debatteer:
• Redes waarom die kinders in 'n gekruisigde posisie uitgebeeld is
Dit herlei na Christus op die kruis en verwys na die onskuld van die kinders in
die onderskeie situasies. Dit is 'n kragtige en herkenbare simbool. Die kinders
moet hierdie gruweldade verwerk soos om 'n kruis te dra. Beskerming deur
die kerk (volwassenes) plek van veiligheid.
• Die gebruik van fotografie, eerder as ander media
Fotografie gee 'n werklike lewensgetroue gevoel aan die werk, asof die
gebeure gedokumenteer is. Ravelo verwys na die Die Onaantasbares as 'n
'menslike installasie'. Sy vriende en hul kinders het vrywillig geposeer vir die
foto's. Die foto's is sorgvuldig opgestel waarna die menslike 'beelde' toe
gefotografeer is. Die resultaat is visuele beelde (die foto's) wat visueel
ontnugter en konseptueel hartseer is.
• Hoekom dink jy die gesigte van die kinders is verdof ('pixilated')?
Die kinders se gesigte is verdof ('pixilated') om die identiteite van die kinders
te bewaar en te beskerm. Dit herlei ook na kinders in die algemeen en nie na
'n spesifieke kind nie. Die dowwe gesigte steek pyn weg.
• Watter kwessies word in elke visuele beeld aangespreek en die
moontlike betekenisse en interpretasies?
FIGUUR 3a: Die visuele beeld toon 'n jong seun slegs in sy onderklere
vasgemaak aan die rug van 'n Katolieke kardinaal. Dit is 'n pynlike herinnering
aan die seksuele mishandeling skandale wat die Katolieke Kerk in onlangse
jare geteister het. Molestering van pre-adolessente seuns deur priesters word
belig. ‘n Kind word gedwing om ‘n sekere geloof te volg sonder enige inligting.
Verskeie rituele moet gevolg word en die kind word geindoktreneer.
FIGUUR 3b: Die werk verwys na die skokkende verlies van onskuldige
jeugdiges in die Siriese burgeroorlog. 'n Meisie met 'n Islamitiese hooftooisel
is gekruisig teen die rug van 'n soldaat, met sy outomatiese geweer rustend
op die grond. Kandidate kan in die algemeen na oorlogsituasies verwys, veral
in die Midde-Ooste. Dit kan ook na kindersoldate verwys. Bendeleiers/Enige
konflk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 10 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 3c: Die visuele beeld spreek van die outomatiese wapen
skietvoorvalle ('shooting-sprees') in wêreld wye skole. Dit kan ook
geïnterpreteer word as 'n algemene bedreiging van geweld aan kinders,
byvoorbeeld bende verwante geweld (the figuur met die'hoodie').
FIGUUR 3d: Die visuele beeld wys 'n mollige nege jarige gekruisig teen die
rug van Ronald McDonald, die kitskosreus met die rooi pruik. Dit lewer
kommentaar op die toenemende vetsugtigheid by kinders en die effekte van
kitskosse op hul gesondheid.
Krediet kan ookgegee word vir as ‘n kandidaat noem dat kindermolestering
ook plaasvind deur volwassenes wat soos ‘n nar vermom is. Narre word
gewoonlik geassosieer met ‘n sirkus waar kinders vermaak word deur ‘n
onskuldige, naiewe karakter. Die nar verteenwoordig die geloofwaardige
persoon wat gewoonlik die molesteerder is.
Elke werk bevat beide 'n kind en 'n volwassene geposeer om 'n huidige euwel
soos geweergeweld, molestering of vetsug uit te beeld. Elke werk wys die
kind gekruisig teen die rug van 'n volwassene en wat poog om 'n verskillende
storie oor die verlies van onskuld te vertel. Dit is bedoel om kykers te onstel
en sodoende hul bewus te maak en te beywer vir die veiligheid van
onskuldige kinders wat regoor die wêreld geviktimiseer word deur
twyfelagtige en uitbuitende industrieë. Skokkend is inderdaad 'n gepaste
beskrywing van die visuele beelde.
• Waarom dink jy is die visuele beelde op Facebook verban?
Kandidaat se eie mening wat gemotiveer word deur verwysings na die visuele
bronne.
• Baie mense het beswaar aangeteken oor die beeldgebruik in FIGUUR
3a aangehad. Wat is jou denke oor die gesigspunt?
Die kind is gedeeltelik geklee. Dit fokus op hoe dikwels mense nie kwessies
soos kindermolestering wil hanteer nie. Enige ander gemotiveerde mening sal
aanvaarbaar wees.
• Die doeltreffendheid van hierdie reeks om probleme rondom geweld
en misbruik van kinders uit te lig.
Al die figure, veral FIGUUR 3a is konfronterend, skokkend in jou gesig;
meeste mense kan dit nie hanteer of wil glad nie daarmee gekonfronteer
word nie. Die titel plaas klem op die weerloosheid van kinders teenoor
magsfigure , “Untouchables”, partykeer iemand wat vertrou moet word bv. die
priester of ‘n onderwyser.
Kinders verteenwoordig onskuld en die reeks het ten doel om die reg tot
kindwees te beskerm en te verdedig. Die werk is baie effektief om die geweld
en teistering wat op kinders deur onderdrukkende internasionale instellings
en winsbejag-maar-afgryslike praktyke uitgevoer word, te ontbloot. Dit was
gedoen om bewussyn van kinderbeskerming te verhoog en 'n stelling te maak
oor die toestand van kindwees in die wêreld. 'Kids represent innocence and
the series of Los Intocables aims to preserve and defend the right to
childhood, to a clean childhood. So we are preserving kids here', aldus
Ravelo.
Kandidate se eie mening wat gemotiveer word deur verwysing na die visuele
bronne is aanvaarbaar. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 11 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
3.2 Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke deur
verskillende kunstenaars bespreek wat sosio-politieke kwessies aanpak. Kan
enige kunstenaars bespreek. Oop Vraag.
Gebruik die volgende riglyne:
• Onderwerpmateriaal
• Invloede
• Formele kunselemente
• Komposisie
• Styl (10)
[20]
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Beckmann en Maswanganyi het eerder betekenis en emosionele ervaring as fisiese
skoonheid in hulle interpretasie van Bybelse temas uitgedruk.
4.1 Kandidate moet ÓF FIGUUR 4a ÓF FIGUUR 4b kies en bespreek hoe hierdie
kunstenaar die Bybelse tema geïnterpreteer het.
Gebruik die volgende as riglyne:
• Betekenis van die onderwerp, visuele beelde en simbole
FIGUUR 4a:
'n Bybelse tema uit die Nuwe testament word uitgebeeld. 'n Vereenvoudigde,
gestileerde figuur van Jesus word uitgebeeld waar hy 'n houtkruis, simbolies
van Christenskap, vashou. Die lopende figuur van Jesus is vas aan 'n houttak
wat ook verskeie houtvisse om die voete van Christus het, simbolies van Sy
volgelinge (vissers van mense). Die hout kan ook die water simboliseer
waarop Hy loop. (Die titel). Sy heiligheid word deur 'n stralekransvorm bo sy
kop getoon. Jesus se wonderwerk om op die water te loop word uitgebeeld.
Die dorngdraad simboliseer die doringkroon.
FIGUUR 4b:
Christus word van die kruis afgehaal. Die kruisafname word uitgebeeld. Die
kruis is 'n simbool vir verlossing. Daar is 'n son in die agtergrond wat 'n
simbool van lig en nuwe lewe is. Christus word uitgebeeld met 'n kroon van
dorings simbolies van sonde en lyding. Die figure onder Christus blyk om hom
te vermy en nie gelukkig te wees met sy afname van die kruis nie. Vroue by
die voete van die kruis: Moeder Maria en Maria Magdalena kan nie na die
gebreekte liggaam van Jesus kyk nie.
• Formele kunselemente
Diagonale lyne en vorms skep bewegingen onrustigheid in FIGUUR 4a en 4b.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 12 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 4a:
Die driedimensionele gestileerde vorms is uit hout gekerf om 'n naïwe
kunswerk te skep. Dele van die hout is blink geverf. Die figuur is pienk, swart
en wit geverf. Die visse is in verskillende skakerings van grys geverf. Die
houtkruis is rooi/oranje geverf. Christus se hare, skoene en gordel is in
skakerings van bruin geverf. Die basis van die kerfwerkstuk is ongeverf
gelaat. Die teksture van die figuur en visse is glad terwyl die basis/boomtak
meer 'n natuurlike getekstureerde tasbare kwaliteit het. Styl; Realisme en
Naturalisme
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 13 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 4b:
Beckmann het gebruik gemaak van ekspressiewe verwronge lyne en
fatsoene om die stemming van lyding te verhoog. Donker buitelyne is sigbaar.
Aardse kleure soos geel, oker, bruine en rooie is gebruik. Die figuur van
Jesus/man is verleng en verwring. Sy lang dun arms is diagonaal oor die
komposisie geplaas in die vorm van ‘n kruis.
Enkele blou strepe op die kleed van die figuur in die middel van die werk is
sigbaar. Dit kan simbolies wees van water wat lewe gee.
Skerppuntige driehoekige vorms soos gebreekte glas dra by tot die gevoel
van pyn en hartseer.
• Verwringing van die figure
FIGUUR 4a:
Vorms is vereenvoudig en gestileerd en uitgebeeld in 'n kinderlike/naïewe
manier. Die figuur is nie anatomies korrek nie en is nie in proporsie nie.
FIGUUR 4b:
Vorms en figure is hoekig met skerp lyne. Figure is verleng en verwring.
Donker buitelyne beklemtoon die verwringde vorms. Distorsie van die gesigte
gee ‘n melankoliese gevoel tot die werk.
• Diepte en perspektief
FIGUUR 4a:
Dit is 'n driedimensioneel beeld uit hout gekerf. Daar is 'n gebrek aan
perspektief omdat dit ‘n drie-dimensionele werk is.
FIGUUR 4b:
Perspektief is geskep soos gesien in die al hoe kleiner wordende figure na
agter. Christus is in die voorgrond geplaas en is die middelpunt van die
komposisie. Twee knielende vroulike figure is ook regs in die voorgrond
geplaas. Twee manlike figure is in die middelgrond. ‘n Houtkruis en leer kan
in die agtergond an die komposisie gesien word. Voorverkort aansig van die
bene het groter voete tot gevolg.'n Houtkruis kan in die agtergrond van die
komposisie gesien word. Die leer se trappies wat kleiner word na bo gee ‘n
mate van perspektief in die werk. 'n Donker ronde son is in die agtergrond.
Die skildery is baie vol en oorlaai.
• Geestelike/emosionele boodskap en betekenis
FIGUUR 4a:
Die beeld, beïnvloed deur die Christendom, illustreer die Bybelse narratief
van 'n wonderwerk uit die Nuwe testament. Dit is 'n boodskap van hoop en
vertroue.
FIGUUR 4b:
Die afname van die kruis is die tema van die skildery. Dit is 'n ontstellende
beeld van Jesus se lyding/offering wat die dood oorwin. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 14 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
4.2 Kandidate moet TWEE kunswerke, kunsvlytwerke of geestelike werke
vergelyk wat hulle bestudeer het.
Sluit die volgende in:
• Onderwerpmateriaal
• Invloede
• Komposisie
• Styl
• Funksie en/of boodskap
Kandidate kan nie volpunte kry as daar geen vergelyking is nie –
gebruik die beskrywende rubriek om punte toekenning te lei. (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 15 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
Tienduisende vlugtelinge/migrante het uit hulle ontwrigte, oorloggeteisterde lande na 'n
beter lewe in Europa gevlug. Meer as 4 000 mense het tydens die gevaarlike reise oor
die Middellandse See gesterf. Ai Weiwei, 'n Chinese kunstenaar, het in reaksie op
hierdie menslike tragedie 'n installasie geskep.
Die dammetjie voor die Belvedere-museum in Wene, Oostenryk, het 'n drywende
kalligrafiese F wat uit 201 lotusblomme bestaan wat elk vyf gebruikte reddingsbaadjies
bevat. Tradisioneel simboliseer die lotusblom skoonheid, suiwerheid en 'n lang lewe.
5.1. Kandidate moet 'n kort opstel skryf en na die volgende verwys:
Die F Lotus het ‘n woordspeling op die woord:Float”. Fis ‘n herhaaldelike en
uitlokkende motief in Ai Weiwei se werk wat gebaseer is op die Chinese Internet
meme ‘grass mud horse” waarvan die uitspraak baie na aan die Chinese
ekwivalent van ‘f#k’ is. Die meme is gebruik om die absurde Chinese sensorraad
te onderduik..
• Sou die betekenis van die kunswerk verander het, as dit binnenshuis
uitgestal was? Staaf jou antwoord.
Die kunswerk is vir 'n rede in water uitgestal. Die water is 'n metafoor vir die reis
van die migrante/ vlugtelinge oor die Middellandse See na Europa. As die
installasie in 'n binneruimte geplaas was, sou daar geen water gewees het nie
en die konsep sou verander het. ‘n Buitenshuise uitstalling kan deur meer
mense besoek word sonder om by ‘n museum in te gaan.
• Is die gebruik van die blom betekenisvol? Het dit enige iets in gemeen
met die vlugtelinge?
'n Lotusblom dryf op water, soos 'n vlugteling wat dryf op die water of 'n boot.
Die boot kan vergelyk word met die lotusblom. Die lotusblom simboliseer 'n lang
lewensduur soos die boot wat die migrante na die land vervoer, maar met steeds
'n breekbaarheid daaraan. Die kunstenaar het reddingsbaadjies as 'n metafoor
vir die lotusblom gebruik. Flotus verteenwoordig beweging. Die kunstenaar ,’n
Chinese aktivis.kunstenaar, spreek sosio-politieke kwessies aan in ons huidige
gemeenskap.
• Is die gebruik van die letter 'F' enigsins betekenisvol?
Die F-letter is as 'n kalligrafiese letter uitgebeeld. Kalligrafiese letterwerk is
delikaat wat kan verwys na hoe delikaat die blomme en vlugtelinge is. 'F' kan
blom ('flower') of broosheid ('fragility') verteenwoordig. Die vlugtelinge/migrante
is baie broos as hulle die Middellandse See in oorvol bote oorsteek. Kandidate
se eie mening moet gemotiveer word met verwysing na visuele bronne. Die “F”
kan vryheid (freedom) of dryf (float) verteenwoordig. Die”F” is ooreenstemmend
met die Chinese kalligrafiese simbole. Die “flotus” font lyk baie mooi, alhoewel
die kunstenaar ‘n provocative kunswerk wou uitbeeld deur die gebruik van die
“F” woord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 16 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Hoekom het die kunstenaar reddingsbaadjies in hierdie werk (8)
gebruik?
Ai WeiWei gebruik reddingsbaadjies(simbolies van lewe) om die vorm van 'n
lotusblom te skep. Hy gebruik dan die blomme om die vorm van letter 'F ' te
skep in 'n waterpoel. Die reddingsbaadjies word gebruik om te keer dat
iemand verdrink. Hy skep 'n analogie tussen die lotusblomme en
reddingsbaadjies. Die reddingsbaadjies simboliseer al die vlugtelinge wat die
see oorkruis het.
• Watter rol speel kleur in hierdie werk?
Die kunstenaar het gekleurde reddingsbaadjies gebruik in die kunswerk, maar
hulle is verdof weens die reis oor die see. Die helder kleure reflekteer 'n
gelukkige stemming/atmosfeer wat die migrante se vind van 'n nuwe tuiste
met nuwe geleenthede kan simboliseer. Hulle verlaat treurigheid en seerkry
vir 'n nuwe lewe. Die kleur in die 'F' vorm blyk heelwat helderder as die naby
aansig. Die kleur kan spiritueel wees wat nuwe lewe voorstel.
5.2 • Help hierdie werk om groter bewussyn van die vlugtelingskrisis te
skep?
Kandidate se eie interpretasie met motivering sal aanvaarbaar wees.
'n Nuwe kontemporêre kunsgalery het onlangs by die Waterfront in Kaapstad
geopen. As die kurator van die galery is jy gevra om TWEE nuwe kunswerke
te kies wat die kunstenaar(s) se gebruik van kontemporêre nuwe media
vertoon. Bespreek jou keuse.
Kandidate kan die volgende in aanmerking neem:
• Onderwerp
• Invloede
• Gebruik van nuwe media
• Moontlike betekenisse/boodskappe
2 Kunswerke an dieselfde kunsenaar is ook aanvaarbaar. Dit kan ook ’n
ander “Nuwe” kunswerk wees. (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 17 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
Maurice Mbikayi wys die mensefiguur in 'n dwangbaadjie ('straight jacket') wat aansluit
by die skisofreniese persoonlikheid wat hy in 'n virtuele wêreld ervaar omdat hy die
behoefte het om 'permanent' aan lyn te bly.
Maurice Mbikayi ondersoek die uitwerking van kontemporêre tegnologie op die mense
van Afrika. Hy fokus op maniere waarop tegnologiese vordering in die laaste twintig
jaar die wêreld beide positief en negatief beïnvloed het. Hy versamel fragmente van
die ontwikkelende tegnologie en sluit dit by sy werk in.
6.1 Kandidate moet die volgende in hul interpretasie van FIGUUR 6a bespreek:
• Titel
Webbaadjie toon aan dat dit 'n baadjie is, maar meer spesifiek 'n webbaadjie.
Dit hou die mens opsgesluit in die Virtuele wêreld en weerhou hulle van die
werklikheid. Die webbaadjie sal jou toegang gee tot enige web netwerk.
Hierdie baadjie vertel ons dat dit verbind is met die web (internet) en is
gemaak uit rekenaardele, elektriese drade, klere en gordels.Die donker
gekleurde “hoodie” / hoed verberg sy eie identiteit. Dit lyk soos 'n dwangbuis
('straitjacket') wat 'n kledingstuk met baie lang moue is en wat gebruik word
om te verhoed dat 'n persoon hom/haarself skade aandoen. Wanneer die
arms in die dwangbuis se moue geplaas word, word die moue oor die bors
gekruis en agter die rug vasgemaak sodat die arms so na as moontlik aand
die bors is vir so min as moontlik beweging. Hierdie Webbaadjie impliseer
hoe die internet/web ons elke dag inperk. Die web – vasgevang soos in ‘n
spinneweb.
• Beskryf hoe Mbikayi rekenaardele gebruik het
Die kunstenaar het 'n beeldhoustuk/installasie/uitvoerende kunswerk
('performance art') gekonstrueer uit rekenaardele (sleutelborde, ensovoorts),
elektriese drade, klere en gordels. Die beeld/baadjie is toe in 'n 9 minute
uitvoerende kunswerk gebruik. Hierdie visuele bron van die webbaadjie is 'n
fotografiese dokumentasie van die oorspronklike uitvoerende kunswerk. Die
kunstenaar het 'n stutraam gebruik in die foto, terwyl in die uitvoerende
kunswerk, hy dit sou aangetrek het. (Onderwysers Hulp)
• Die betekenis van die dwangbuis ('straitjacket')
Die baadjie is uit rekenaardele gemaak en word webbaadjie genoem wat
simbolies van die virtuele wêreld is. Hierdie virtuele driedimensionele wêreld
is vry en enige iemand kan iemand anders van enige plek in die wêreld
kontak, tog is die webbaadjie as 'n dwangbuis wat 'n persoon beperk,
uitgebeeld. Dit mag die internet as 'n slegte invloed uitbeeld wat ons beperk
en skade berokken. 'n Dwangbuis word gebruik om sielsieke pasiënte in
bedwang te hou sodat hulle nie hulself of andere beseer nie. Dikwels moet
mense wat skisofrenies is in bedwang gehou word vir hul onaanvaarbare
gedrag. Die dwangbuis is 'n metafoor van hoe die internet ons beperk omdat
ons verslaaf raak aan die Internet. FOMO – “Fear of missing out.” Die baadjie
kan verwys na sielsieke pasiente (eie bi-polêre persoonlike ondervindings).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 18 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
Die dwangbaadjie kan ook ‘n beskermende toerusting wees vir brugsprong,
valskermsprong of hanvliëer aktiwiteite. Dapper sprong om tegnologie en
kreatiwiteit te gebruik(Superhero)The jacket could refer to mentally ill patients
(own bipolar personal experience). The straight jacket could represent bridge
jumping for skydiving or paragliding. Brave leap to use technology and
creativity (Superhero).
• Interpreteer jy die kunswerk as 'n positiewe of negatiewe
kommentaar oor tegnologie?
Kandidate se eie interpretasie gestaaf sal aanvaarbaar wees. (8)
6.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE relevante Suid-Afrikaanse
demokratiese kunstenaars bespreek wat ná 1994 hul identiteit ondersoek.
Hulle kan die volgende riglyne gebruik:
• Onderwerp
• Invloede
• Formele kunselemente
• Komposisie
• Styl
• Moontlike betekenisse/boodskappe (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 19 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
7.1 Kraaie is prominent in beide FIGUUR 7a en 7b. Kandidate moet die
kunswerke bestudeer en die volgende in 'n opstel bespreek:
• Betekenis van die kraaie in die kunswerke
FIGUUR 7a
Daar is baie swart voëls wat in die kombuis rondvlieg en 'n chaotiese
stemming skep. Die kraaie is magies en kan die toekoms voorspel. Kraaie
neem siele na
Die hiernamaals. Die Ierse mite vertel dat kraaie met die gode kommunikeer,
die toekoms kan voorspel en verteenwoordig goeie geluk. Die dames gaan
ongeag die teenwoordigheid van die kraaie aan met hul taak om die pasteie
voor te berei en te bak. Die kraaie skep 'n baie besige en chaotiese
atmosfeer. 'n Hiëna wat ook 'n aasdier is, word links in die skildery uitgebeeld.
Die hiëna wil die kraai of die pastei eet. Die hiëna kan simbolies wees van
ons veeleisende en aasvreterige samelewing. 'n Vel deeg, 'n tinfoeliebak, 'n
bak vrugte, koekroller en waslappe, koppies en pierings versier die tafel. Ses
kraaie rus op die tafel op verskillende plekke, sommige vlieg, sit of pik. Die
kraaie is simbolies van mans wat traditioneel net aansit vir ete en nie besef
hoeveel liefde, omgee en tyd spandeer is om alles voor te bereinie, en dan
daarna alles net so los vir iemand anders om op te ruim, gewoonlik weer
vroue. Vroue is gewoont daaraan, hou voor asof alles in orde is. Die beeld
van die hiëna kan die volgende voorstel: intelligensie, vraatsug, histerie,
onverskrokkenheid,demonies, misbruik maak van die swakkes,seksuele
neigings hê.
FIGUUR 7b:
Die toneel beeld die interieur van 'n eetkamer uit. Daar is geen mense
teenwoordig nie, slegs groot swart kraaie wat oorskietkos aas en opvreet.
Sommige kraaie is ook gepleister teen die prente op die mure, vloer en
stoele. Dit lyk asof die kraaie die vrugte in die muurprente aanval. Die kraaie
wat die kos op die tafel en omringende dele deursoek, skep 'n toneel van
steurnis en chaos, wat te kenne gee dat hulle wild en honger is.
• Betekenis van die titels van die kunswerke
FIGUUR 7a
Vroue word geassosieer met kosvoorbereiding en die dek van die tafel voor
gaste of familie bedien word. Dit kan 'n toneel uitbeeld na 'n dinee waar die
gaste weg is en die aasdiere het oorgeneem om van die oorskiet te vreet. Dit
kan ook verwys na die vrou wat moet regstaan vir besoekers wat kom eet en
geniet. Die samelewing verwag van vroue om kos voor te berei en te bedien.
Mans vergader gewoonlik om ‘n tafel en laat die opruim aan die vroue oor.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 20 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 7b:
Die samelewing verwag vroue om kos voor te berei en op te dien. Mans
ontmoet gewoonlik om die tafel en los die opruim van die tafel ook aan vroue.
Die titel kan verwys na besluite en gesprekke wat in die verlede plaasgevind
het wat dien as ‘n voorbeeldvirdie toekoms. Die toneel kan ons
verbuikersamelewing simboliseer wat so baie vermors of dit kan die arm
gemeenskap simboliseer wat van die oorblyfsels van die rykes en beroemdes
moet leef. Geskiedenis handel ook oor tradisie, stereotipering van rolle wat
mans en vroue behoort te vervul.
• Keuse van visuele beelde en tonele
FIGUUR 7a:
Dit is 'n uitbeelding van 'n plaaskombuis. Drie vroulike figure is in die
middelgrond geplaas van die skildery. Die figuur links is staande. 'n Figuur sit
agter die tafel, terwyl 'n ander een oorbuig om 'n pastei in die oond te sit. 'n
Vel deeg, 'n tinfoeliebak, bak vrugte, koekroller en waslappe, koppies en
pierings versier die tafel. Ses kraaie rus op die tafel op verskillende plekke,
sommige vlieg, sit of pik. Die swaar gelaaide, oorvol tafel verwys dat die
dames baie produktief is. ‘n Kraai kan gesien word wat deur ‘n oop venster
vlieg.
FIGUUR 7b: Die interieur bestaan slegs uit voëls en meubels. Daar is geen
mense teenwoordig nie.
• Perspektief en diepte
FIGUUR 7a:
Perspektief word geskep deur die kunstenaar se insluiting van oop vensters
om die landskap te wys. Dit skep 'n gevoel van resessie in die skildery. Die
tafel is in die voorgrond met die kombuisoond teen die agterste muur. Die
oorvleuelende objekte skep diepte. Die kleur word ligter in die agtergrond van
die skildery.
FIGUUR 7b:
Die interieur toneel beeld 'n formele eetkamer uit. Die plafon, vloer en mure is
sigbaar. Die tafel en stoele is in die middel van die vertrek geplaas. Spieëls, 'n
horlosie en stillewe skilderye is teen die mure gehang om die idee van 'n
eetkamer te skep. Die stoele is lukraak om die tafel geplaas en skep 'n
chaotiese oomblik.
Dit kom voor asof die mense/gaste nou net vertrek het. Die vensters is toe.
• Stemming en atmosfeer
FIGUUR 7a:
Ontstellend, onheilspellend, chaoties, ongemaklik, kloustrofobies. Daar is ‘n
bekommerde/afwagtende uitdrukking op die vroue se gesigte.
FIGUUR 7b:
Verlate, leeg, onheilspellend, ongemaklik, destruktief
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 21 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Verwysing na geslag
FIGUUR 7a:
Die vroue in die kombuis is besig om pasteie vir gaste te bak. Die kraaie kan
die manlike teenpool verteenwoordig. Die vroulike figure dra voorskote wat
simbolies is van wat 'n tipiese huisvrou dra.(stereotipering) Die hiëna kan ook
simbolies wees van 'n aasdier of buitestaner wat wag vir kos. Die hiëna kan
ook manlikheid verteenwoordig. Die bakproses en bestanddele impliseer dat
die dames baie produktief is.
Sommige van die vroue word uitgebeeld met rooi en swart hare. Die rooi hare
kan geassosieer word met ‘n hekse tema. Die statiese vroulike figure is
juksta geplaas teej die lewendige vlug van die voëls..
FIGUUR 7b:
Die interieur is baie klassiek en delikaat wat na die vrou verwys. 'n
Tradisionele wit kant tafeldoek oor die tafel is ook sinoniem met die vroulike
figuur. Baie vrugte en oorskiet is versprei oor die tafel en op die vloer wat 'n
morsige en chaotiese atmosfeer skep. Die manlike figure kon by die tafel
gesit het met die vroulike figure wat hul bedien. Die pienk kleure op die tafel is
stereotipies van vroulikheid.
7.2 Kandidate moet EEN kunswerk deur enige TWEE kunstenaars wie se werke
kommentaar lewer op geslagskwessies, bespreek. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 22 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Studente van die Universiteit van Kaapstad het in 2015 die bronsbeeld van Cecil John
Rhodes, 'n prominente figuur uit ons koloniale verlede, ontsier. Weens die toenemende
druk van studente is hierdie beeld later deur die universiteitsowerhede verwyder.
8.1 Kandidate moet die kwessie van koloniale en apartheidsmonumente
debatteer wat uit ons openbare ruimtes verwyder word deur die volgende te
oorweeg:
• Die noodsaaklikheid van monumente in ons samelewing
'n Monument gedenk 'n persoon of gebeurtenis en raak belangrik vir 'n
sosiale groep as deel van hul herinneringe van historiese tye of kulturele
erfenis, of as 'n voorbeeld van historiese argitektuur. Die term 'monument'
word dikwels gebruik vir geboue en strukture wat as belangrike voorbeelde
van argitektuur en/of kulturele erfenis beskou word.
• Redes waarom mense monumente verwyder of ontsier
Sommige monumente/geboue is simbole van óf Koloniale óf Apartheids-
figure/gebeure. Hierdie monumente is nie 'n gelukkige herinnering van die
verlede nie. Mense het besluit om dit te ontsier om hul gesigspunt oor
Apartheid en kolonialisme te wys. Die beeld van Cecil John Rhodes is deel
van die universiteit se verlede, en is nie 'n nasionale monument nie en
daarom nie beskerm deur die Erfenis Wet van 1999 nie, wat beteken dat UK
die beeld kan verwyder. Baie beelde in Suid-Afrika is simbolies van
imperialisme en 'n katalisator vir die voortgesette proses van
dekolonialisering.
• Die funksies van 'n monument
'n Monument gedenk 'n persoon of gebeurtenis en raak belangrik vir 'n
sosiale groep as deel van hul herinneringe van historiese tye of kulturele
erfenis, of as 'n voorbeeld van historiese argitektuur. Die Rhodes Memorial op
Devil’s Peak in Kaapstad is a monument vir die Engels gebore Suid
Afrikaanse politikus, Cecil John Rhodes. Die monument is ontwerp deur die
bekende argitek, Sir Herbert Baker wat ook die Uniegebou in Pretoria ontwerp
het. Cecil John Rhodes het bygedra tot die stigting van die sub-kontinent en
het wit beheer gepromoveer.
• Betekenis van monumente wat oor tyd verander
Vroeë monumente in Suid-Afrika was opgerig gedurende koloniale en
apartheidstye. Hulle is nie reflekterend van die Suid-Afrikaanse post-
demokratiese samelewing nie. Nuwe monumente is sedertdien opgerig soos
byvoorbeeld Vryheidspark, Konstitusionele Hof, ensovoorts wat meer relevant
en simbolies van ons land is. Die betekenis van monumente het oor tyd
verander weens veranderinge in taal, etiek, ligging, etniese groepe,
ensovoorts. Gratis onderwys kan ook ‘n besprekingspunt word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuel Kunste/V1 23 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Oprigting van monumente in publieke plekke
Kandidate se eie interpretasie. Dit is belangrik dat nuwe geboue/monumente
in publieke ruimtes opgerig word aangesien dit op 'n helingsproses asook 'n
opvoedkundige proses wys.
• Die skepping van nuwe monument as 'n genesingsproses
Kandidate se eie interpretasie. Baie monumente word opgerig om 'n persoon
of 'n gebeurtenis wat deel van die land se erfenis, te huldig. Baie Suid-
Afrikaanse geboue en monumente is opgerig deur verskillende groepe met
verskillende ideologieë. Voorbeelde sluit in die Afrikaanse Taalmonument
(Paarl), die Vroue Monument (Bloemfontein), die Voortrekker Monument
(Pretoria), die Samora Machel Monument (Mbuzini), die Helde Monument
(Durban) en Vryheidspark (Pretoria) onder andere. (10)
8.2 Kandidate moet enige TWEE kontemporêre Suid-Afrikaanse geboue
bespreek wat hulle bestudeer het wat waarde by die gemeenskap/ons
samelewing voeg.
Die volgende moet by hulle bespreking ingesluit word:
• Ligging/Situasie
• Materiaal en tegnieke
• Styl
• Moontlike invloede (10)
[20]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (English)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Eng)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper