Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paperVisual ArtsGrade 12201719 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 VISUELE KUNSTE V1 PUNTE: 100 TYD: 3 uur *VSLAA* Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:  Die gebruik van die korrekte kunsterminologie  Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke  Skryf- en navorsingsvaardighede binne ʼn geskiedkundige en kulturele konteks.  Die plasing van spesifieke voorbeelde in ʼn kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks  ʼn Begrip van eiesoortige kreatiewe style Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord: 1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. 2. Beantwoord enige VYF vrae vir ʼn totaal van 100 punte. 3. Vrae en subvrae moet korrek genommer word volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die regterkantse bladsye. 5. Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar dit vereis word. 6. Geen punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en in ander antwoorde herhaal word nie. Kruisverwysing na kunswerke is toelaatbaar. 7. Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek. Onderstreep die titel van ʼn kunswerk of die naam van ʼn gebou. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Skryf op ʼn duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. Kolpunte is nie aanvaarbaar nie, en dien slegs as riglyne in jou opstel strukturering. 10. ʼn Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die puntetoekenning: 6–8 punte: ʼn minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf) 10–14 punte: ʼn minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel) 20 punte: ʼn minimum van 2 bladsye (opstel) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 3 LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 1: DIE OPKOMENDE STEM VAN SWART KUNS IN DIE 1950’s EN 1960’s Opkomende Suid-Afrikaanse kunstenaars wat daaglikse tonele van township-lewe dokumenteer, produseer kunswerke wat ʼn stil, rustige atmosfeer van inwoners se kalm uithouvermoë van hul pynlike ervarings weerspieël, of ʼn atmosfeer van besige lewendige aktiwiteit wat hierdie pyn masker. 1.1 Met verwysing na die visuele bronne wat in FIGUUR 1a en 1b getoon word, skryf ʼn vergelykende analise van die twee werke (1 bladsy) waarin jy die volgende bespreek:  Onderwerp  Komposisie en fokus  Die gebruik van kleur  Styl  Die atmosfeer en gevoel  Die gebruik van die figuur(e) in elke werk Watter kunswerk dink jy het die grootste visuele impak? Motiveer jou antwoord. (8) 1.2 Skryf ʼn opstel van minstens 1½ bladsye waarin jy voorbeelde evalueer en bespreek deur enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het en wie se werke gewone mense besig met hul daaglikse lewens reflekteer, op ʼn manier wat kalm uithouvermoë van hul pynlike ervarings reflekteer of ʼn atmosfeer van bruisende aktiwiteite wat hierdie ervarings verberg. Jou bespreking moet die volgende insluit:  Name van kunstenaar(s) en kunswerke  Onderwerp  Gebruik van komposisionele middele  Formele elemente  Styl en tegnieke  Boodskap oorgedra (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 5 FIGUUR 1a: Louis Maqhubela, Township Scene (Township Toneel), olie op bord, 1961. FIGUUR 1b: Peter Clarke, Wind blowing on Cape Flats (Wind wat waai op Kaapse Vlakte), gouache, 1960. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Invloede uit verskillende kulture en style kan gesien word in beide die kunswerke van Alexis Preller (FIGUUR 2a) en Walter Battis (FIGUUR 2b). 2.1 Verwys na FIGUUR 2a en FIGUUR 2b. Ontleed en bespreek hierdie werke in ʼn kort opstel van ten minste 1–1½ bladsye. Verwys na die volgende:  Onderwerp  Simbole  Formele elemente  Styl  Komposisie (10) 2.2 Kies en interpreteer enige TWEE werke van enige ander kunstenaar(s) wat jy bestudeer het, wie se werk deur Afrika-/inheemse kunsvorme (1 bladsy) beïnvloed is. Verwys na die volgende:  Naam van kunstenaars en titels van die werk  Invloede  Visuele wat verband hou met Afrika-/inheemse kunsvorme  Gebruik van materiaal en styl  Inhoud en betekenis (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 7 FIGUUR 2a: Alexis Preller, The Kraal (Die Kraal), olie op doek, datum onbekend. FIGUUR 2b: Walter Battis, Fishermen drawing nets (Vissermanne trek nette in), olie op doek, 1955. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 3: KUNS EN POLITIEK – WEERSTANDKUNS IN SUID-AFRIKA EN DIE RES VAN DIE WÊRELD Alhoewel 1994 die einde van geïnstitusionaliseerde rassisme amptelik gemerk het, is rassisme nog steeds algemeen in verskillende sosiaal-politiese sfere waar dit in verskillende vorme manifesteer. FIGUUR 3a weerspieël die uitbuiting van goedkoop swart arbeid tydens apartheid. 3.1 Bestudeer die visuele bron FIGUUR 3a en in ʼn paragraaf bespreek hoe hierdie werk die misbruik en uitbuiting van goedkoop Swart arbeid weerspieël. Verwys na die volgende:  Die keuse van beelde  Onderwerp en media  Komposisie  Betekenis en interpretasie (6) 3.2 FIGUUR 3b is geïnspireer deur die nuusvideo van die brutale behandeling van swart trekarbeid van buite die land. Die installasie word begelei deur ʼn klankbaan van die honde wat blaf. Die visuele illustrasie is ʼn gerekonstitueerde reëling van stilknipsels om die voorval te beskryf. Bestudeer die visuele illustrasie en beantwoord die volgende in ʼn paragraaf van ongeveer ½–¾ bladsy:  Beskryf en verduidelik wat jy meen gebeur het  Bespreek die verskillende aspekte van die medium wat gebruik word en hoe hulle die boodskap verbeter  Hoe die titel bydra by die boodskap wat oorgedra word (6) 3.3 Kies EEN spesifieke kunswerk wat jy bestudeer het wat ons bewus maak van die onreg in ons verlede en hede. Bespreek hierdie werk in detail (1 bladsy). Verwys na die volgende:  Naam van die kunstenaar en titel van die kunswerk  Onderwerp  Invloede  Media en tegniek  Stilistiese eienskappe  Sukses van kuns as ʼn instrument om ons van die onreg bewus te maak (8) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 9 FIGUUR 3a: Manfred Zylla, Games (Speletjies), Akrielverf op goiingmateriaal, 1985. Video stillfoto Detail FIGUUR 3b: Willie Bester, Who let the dogs out? (Wie het die honde uitgelaat?), beeldhouwerk installasie, 2001. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA Baie plattelandse swart Suid-Afrikaanse kunstenaars is beïnvloed deur die Christendom wat met tradisionele geestelike oortuigings en gebruike gekombineer is. 4.1. Met verwysing na die stelling hierbo, ontleed en interpreteer die gegewe illustrasie FIGUUR 4a deur ʼn opstel van ½–¾ bladsy te skryf. Verwys na die volgende in jou opstel:  Invloede  Medium en tegniek  Onderwerp  Komposisie  Styl en betekenis van die teks  Betekenis van die kunswerk (7) FIGUUR 4b is ʼn heiligdombeeld en is dus veronderstel om in godsdienstige doeleindes in ʼn heiligdom ingesluit te wees. Die beeldhoukuns sal beskou word as ʼn magsfiguur en die stam se mense sal tot haar bid en haar geskenke aanbied. 4.2 Bespreek die vorms en kenmerke van die beeldhouwerk wat dit ʼn tipiese landelike Afrika-houtsnywerk maak en wys hoe die houding van die figuur van sy geestelike krag praat. (6) 4.3 Verwys na FIGUUR 4c. Credo Mutwa kombineer kultuur en natuur, wat daartoe gelei het dat hy as ʼn ‘inheemse omgewingspesialis’ gedefinieer was Met die bogenoemde in gedagte, definieer die eienskappe van die standbeeld binne die konteks van die volgende:  Titel  Skaal  Ligging  Vorms en kenmerke (4) 4.4 Hersien die drie visuele illustrasies. Hoe word die begrip van voortplanting in die drie kunswerke beklemtoon? (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 11 FIGUUR 4a: John Muafangejo, Untitled FIGUUR 4b: Shrine Figure (Ongetiteld), linosnee. (Heiligdombeeld), Yoruba, Nigerië, hout, laat 19de eeu. FIGUUR 4c: Credo Mutwa, Earth Mother (Moeder Aaarde), sement, Shamwari natuurreservaat. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA “Dit is baie maklik om te sê, ‘Ek kon dit gedoen het’, nadat iemand dit gedoen het. Maar ek het dit gedoen. Dit het nie bestaan totdat ek dit gedoen het nie.” – Damien Hirst 5.1 Met verwysing na bogenoemde stelling en visuele bron, FIGUUR 5a, skryf ʼn paragraaf (ten minste ½ bladsy) waarin jou die bostaande stelling bespreek deur die volgende te oorweeg:  Die medium wat gebruik word  Die boodskap van die kunswerk (4) 5.2 Ook met verwysing na bogenoemde stelling, ontleed en bespreek FIGUUR 5b in opstelformaat (ten minste ¾ bladsy). Oorweeg die volgende:  Toepassing van kunselemente en -beginsels  Mediums relevant tot die konsep  Betekenis of boodskap (6) 5.3 Vir hierdie vraag mag jy nie ʼn werk gebruik wat in hierdie vraestel verskyn nie. Jy mag egter ʼn ander werk gebruik, deur een van die kunstenaars wat in hierdie vraestel gebruik word. In opstelformaat, van ten minste EEN bladsy, herroep, bespreek en vergelyk ten minste TWEE werke in multimedia wat jy bestudeer het, en motiveer elk van die volgende:  Noem die werk(e) sowel as die kunstenaar  Media  Boodskappe en/of betekenisse  Beïnvloed deur watter styl van kuns  Aanbieding (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 13 FIGUUR 5a: Damien Hirst, The Physical Impossibility of Death in the Mind of Someone Living (Die fisiese onmoontlikheid van die dood in die gedagte van iemand wat leef), 1991. FIGUUR 5b: Damien Hirst, FOR THE LOVE OF GOD (VIR DIE LIEFDE VAN GOD). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NA 1994 Na-apartheid visuele kuns het definitiewe bydraes gelewer met betrekking tot die integrasie en emansipasie van verskillende rasse in Suid-Afrika. Dit het gelei tot ʼn geloofwaardige, kontemporêre Suid-Afrika waarin kunstenaars weer kon fokus op die hersiening van hul eie identiteite. In FIGUUR 6a en 6b hanteer Thembinkosi Goniwe en Churchhill Madika krities die kwessie van identiteit as ʼn sosiale konstruksie onderskeidelik. Terwyl Goniwe handel oor hedendaagse “onuitgesproke rassekonstrukte” wat vandag sigbaar is, bevraagteken Madika opgelegde Amaxhosa-tradisies wat inbreuk maak op ʼn persoon se vryhede. 6.1 Met die bogenoemde in gedagte, skryf ʼn opstel van ongeveer ¾ van ʼn bladsy waarin jy bespreek hoe elke kunstenaar sy probleem in die visuele bronne hanteer. Verwys na die volgende:  Mediums wat gebruik word  Styl en tegniek  Die kommentaar wat hierdie kunstenaars maak  Watter een maak die sterkste impak, met redes vir jou keuse (8) 6.2 Skryf 'n opstel van ten minste 1½ bladsye, bespreek die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy bestudeer het, wat vrae oor en die refleksie oor hul identiteit ná 1994. Verwys na spesifieke kunswerke in jou antwoord, wat nie op hierdie vraestel voorkom nie. (12) [20] WOORDELYS Hedendaagse kuns: Kuns vanaf die 1970’s tot vandag Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 15 FIGUUR 6a: Thembinkosi Goniwe, Untiteld (Ongetiteld), Advertensiebord as deel van Returning the Gaze projek, Kaapstad, 2000. FIGUUR 6b: Churchill Madikida, Struggles of the heart, C-Print stilfoto’s van video, 2003. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES FIGUUR 7a is ʼn selfportret deur die kunstenaar Frida Kahlo. Die Mexikaanse kunstenaar se persoonlike lewe en geskiedenis word direk in haar kuns uitgebeeld. Haar werk het hartverskeurend van haar eie fisiese en geestelike lyding getuig. Nandipha Mntambo se werk ‘Emabutfo’, aan die ander kant, handel oor die verteenwoordiging en persepsie van die vroulike liggaam. 7.1 Met verwysing na die stelling hierbo en FIGURE 7a en 7b, bespreek die moontlike betekenisse van hierdie twee werke en hoe hul werk betrekking het op geslagskwessies en geslagsidentiteit. Verwys na die volgende:  Gebruik van titel  Onderwerp  Komposisie  Styl en benadering (8) 7.2 Skryf ʼn opstel van minstens 1½ bladsye, en bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wat geslagsidentiteit bevraagteken. Verwys na spesifieke kunswerke in jou antwoord, wat nie in hierdie vraestel voorkom nie. (12) [20] WOORDELYS Emabutfo: Krygers van die Swazi-regimente van die koninklike woning van die koning. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 17 FIGUUR 7a: Frida Kahlo, The broken column (Die gebreekte kolom), olie op doek, 1944. FIGUUR 7b: Nandipha Mntambo, Emabutfo, koeihuid, hars, poliëster- gaas en waslaagkoord, 2009. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 VISUELE KUNSTE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA “Afrika is onder konstruksie en plaaslike talent het vorentoe gegaan om die landskap te vorm. Daar is baie goeie inheemse kennis op die vasteland”, sê Iain Low, professor van argitektuur aan die Universiteit van Kaapstad. 8.1 Met inagneming van bogenoemde, bestudeer FIGUUR 8a en 8b en beskou die toepaslikheid daarvan in sy eie tyd as ʼn voorbeeld van innoverende argitektuur. Skryf ʼn opstel van EEN bladsy waarin jy die innoverende prestasies evalueer. Jy mag gedagtes oor die volgende insluit:  Beginsels van ontwerp toegepas  Invloede en kreatiewe denke  Eiesoortige eienskappe  Doelwitte en effektiewe funksionaliteit (8) 8.2 Ontleed TWEE gedenkstrukture deur ʼn Suid-Afrikaanse argitek (s) in ʼn opstel van ongeveer 1½ bladsye. Bespreek die vorms, materiale en ontwerp wat hulle in 'n kategorie van uitstaande impak plaas. Die volgende aspekte kan dalk relevant wees:  Name van argitekte/maatskappye en geboue  Spesiale eienskappe  Besondere materiaal, tegnologie en ontwerp  Ekologiese oorwegings  Omgewingskwessies  Funksionaliteit (12) [20] WOORDELYS Herdenkingsstrukture: ʼn Struktuur wat opgerig is om die verlede te onthou, om groot persoonlikhede te respekteer en ʼn nuwe toekoms te simboliseer. Uitstallings, biblioteke, interaktiewe areas en openbare ruimtes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) VISUELE KUNSTE V1 19 FIGUUR 8a: Pierre Swanepoel, Studiomas Architecture, Circa gebou. FIGUUR 8b: Pierre Swanepoel, Studiomas Architecture, Circa gebou, nagtyd. TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all