Downloaded from hlayiso.com
Provinsie van die
Oos-Kaap
ONDERWYS
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2012
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*MLITA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitende 2 bylae.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all


%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)


WISK GELETT V1 QP GR12 SEPT 2012 hlayiso.com
Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Pages
- 12
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beantwoord:
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.1 moet onderskeidelik op die aangehegte
BYLAES A en B beantwoord word. Skryf jou naam in die spasie wat
voorsien is en handig die bylae saam met jou ANTWOORDEBOEK in.
3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel op die vraestel.
4. `ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) mag
gebruik word, tensy anders aangedui.
5. ALLE berekeninge moet duidelik gewys word.
6. ALLE finale antwoorde moet tot TWEE desimale plekke afgerond word,
tensy anders aangedui.
7. Begin ELKE vraag op `ʼn NUWE bladsy.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3
VRAAG 1
Jy en jou Engelse neef, John is albei in matriek hierdie jaar en julle het julle laaste
3 Wiskundige Geletterdheid take vergelyk.
1.1 Jou punte was soos volg:
; en
1.1.1 Herlei hierdie punte na persentasies.
(Rond al jou antwoorde af tot die naaste persentasie.) (3)
1.1.2 Bereken die gemiddelde persentasie van jou punte. (3)
1.2 John se punte was soos volg:
; en
1.2.1 Herlei hierdie punte na persentasies.
(Rond al jou antwoorde af tot die naaste persentasie.) (3)
1.2.2 Bereken John se gemiddelde persentasie van sy punte. (3)
1.2.3 Wie het die beste gevaar in hulle werk? (1)
1.3 Jy beplan om met vakansie te gaan en om jou familie oor die Kersseisoen
te besoek. Jou tante het jou gevra om jou ma se resep vir haar
melktertvulsel saam te bring, want sy wil dit graag maak vir die familietee
op Kersdag.
Jou ma het die resep gegee en die volgende is die bestanddele wat
benodig word:
MELKTERTVULSEL
540 mℓ melk
85 g meel
1 knippie sout
30 g margarien
100 g suiker
Kaneelsuiker na smaak
Ma se wenk –
Geheim om dit reg te laat stol, lê in die bak!
Bak teen 220 ℃ vir 20 minute en verlaag dan na 200 ℃ vir die laaste 10
minute.
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2012)
Die resep van jou ma is in metrieke afmetings en jou tante is gewoond daaraan
om imperiale afmetings te gebruik. Jy sal die resep moet verander voordat jy met
vakansie gaan. Voor in die resepteboek word die volgende tabel gegee:
Massa
Onse na gram 1 ons (oz) 25 gram (g)
Pond na gram 1 pond (lb) 400 gram (g)
Volume
Pint na milliliter 1 pint 560 ml
Eetlepel na milliliter 1 eetlepel 12,5 ml
Teelepel na milliliter 1 teelepel 5ml
1.3.1 Verander die hoeveelhede benodig vir die melk, meel, margarien
en suiker na imperiale afmetings deur die tabel hierbo te gebruik.
(4 x 2) (8)
1.3.2 Verander die grade Celsius na Fahrenheit deur die volgende
formule te gebruik;
℉ = (9/5 x ℃) + 32 (2 x 2) (4)
1.4 Om met vakansie te gaan, sal dit nodig wees dat jy spaar om vir jou
vliegkaartjie te betaal en om genoeg sakgeld te hê terwyl jy oorsee is.
Jou retoervliegkaartjie kos R6 573,00. Die reisagent wat jy gebruik, gaan
jou toelaat om hulle “Vlieg nou, Betaal later” skema te gebruik.
Dit beteken dat jy ʼn deposito van 10% moet betaal en die res moet
maandeliks afbetaal word oor 2 jaar teen 15% enkelvoudige rente.
Gebruik die formule; A = P (1 + rt) A = toekomstige
OF waarde
A = P + (P x r x t) waar P = beginwaarde
r = rentekoers
t = tyd in jare
1.4.1 Bereken hoeveel jy as deposito moet betaal. (3)
1.4.2 Bereken hoeveel jy vir jou vliegkaartjie oor 2 jaar sal terugbetaal. (4)
1.4.3 Bereken wat jou maandelikse betaling sal wees. (3)
1.4.4 Hoe anders kan jy vir jou vliegkaartjie betaal? (1)
1.5 Jy het sakgeld nodig vir jou vakansie. Jy het besluit om £500 te spandeer.
Die wisselkoers is £1 = R 12,56.
Bereken hoeveel geld jy moet spaar om £500 te hê. (2)
[38]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5
VRAAG 2
Sivu koop krale in grootmaat en maak gekraalde juweliersware en tradisionele
kleredrag wat sy by ʼn uitstalmark verkoop. Die volgende faktuur toon aan wat
sy op ʼn dag gekoop het.
KRALE PARADYS: vir al die krale, string en materiaal wat jy nodig sal hê.
Faktuurno. 23521 Datum: 18/3/12
Hoeveelheid Beskrywing Eenheidprys Bedrag
6 kg Glaskrale R56,00/kg
100 Kleikrale R1,80 elk 100 x 1,80 R 180,00
150 Houtkrale R1,85 elk
175 Koperkrale R2,50 elk
2 Rolle String R45,00/rol 2 x 45 R 90,00
20 meter Linne R57,00/m
Ditjies en Datjies R48,00 1 x 48 R 48,00
Subtotaal
14% BTW
Totaal
2.1 Gebruik BYLAAG A en voltooi die Bedragkolom vir die tabel hierbo.
Onthou om die 14% BTW uit te werk en by te tel voordat die totaal van
die faktuur bereken word. (10)
2.2 Sivu het vaste maandelikse onkoste van R375. Haar ander uitgawes is
vir die materiaal wat sy gebruik vir haar gekraalde juweliersware en
tradisionele kleredrag.
Een maand het sy besluit om ʼn opname te maak van al haar uitgawes en
inkomste van die items om te sien hoe haar besigheid vaar.
Aantal items 0 10 20 30 40 100 150 200
verkoop
Uitgawes 375 425 475 525 575 875 1 125 1 375
Inkomste 0 150 300 450 600 1 500 2 250 3 000
2.2.1 Gebruik die inligting vanaf die tabel en trek ʼn lyngrafiek wat Sivu
se uitgawes wys sowel as ʼn grafiek wat sy inkomste wys op
dieselfde assestelsel. Gebruik BYLAAG B om jou grafieke te
teken. (7)
2.2.2 Gebruik jou grafiek om uit te werk hoeveel Sivu moet verkoop om
gelyk te breek. (2)
2.2.3 Bereken hoeveel wins Sivu in hierdie maand gemaak het, as sy
200 items verkoop het. (2)
2.2.4 Met die gebruik van die grafiek, bepaal hoeveel items sy moet
verkoop om ʼn inkomste van R1 800 vir die maand te hê. (2)
2.2.5 Met die gebruik van die grafiek, bepaal wat Sivu se totale
uitgawes sal wees indien sy 180 items maak. (2)
[25]
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 3
Statistiek Suid-Afrika het die volgende inligting op hulle webtuiste gepubliseer:
Elektrisiteitsverbruik deur elke provinsie gedurende 2010 [in gigawatt uur(GWh)]
Wes- Oos- Noord- Vrystaat KwaZulu- Noord- Gauteng Mpuma- Limpopo
Kaap Kaap Kaap Natal wes langa
25 983 9 449 4 724 10 054 47 243 25 984 66 140 35 432 11 811
ʼn Sirkelgrafiek om die inligting te illustreer word hieronder gegee:
Elektrisiteitsverbruik in 2010 per provinsie
Wes-Kaap
11%
Limpopo Oos-Kaap
5% 4%
Mpumalanga
15% Noord-Kaap
2%
Vrystaat
4%
Gauteng
28% Kwazulu-Natal
20%
Noordwes
11%
3.1 Skryf die elektrisiteitsverbruik van die Oos-Kaap neer, afgerond tot die
naaste duisend. (1)
3.2 3.2.1 Watter provinsie het die meeste elektrisiteit gebruik gedurende
2010? (1)
3.2.2 Watter persentasie elektrisiteit het hierdie provinsie gebruik? (1)
3.3 Watter provinsie(s) het 2% elektrisiteit gebruik gedurende 2010? (2)
3.4 Bereken die totale gigawatt uur elektrisiteit wat deur die hele Suid-Afrika in
2010 gebruik was. (2)
3.5 Wat is die verskil in die aantal gigawatt uur wat deur die Wes-Kaap en
Kwazulu-Natal gebruik word? (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7
3.6 Waarom dink jy is daar ʼn groter verskil in die verbruik van elektrisiteit
tussen Gauteng en die Oos-Kaap? Gee TWEE geldige redes. (2)
3.7 Die tabel hieronder toon die ESKOM HUISKRAG, nie-plaaslike owerhede
tariewe wat gebruik word om mense te belas vir elektrisiteit wanneer hulle
buite die plaaslike munisipaliteite woon.
Energie belas Omgewingsheffing-
Sent per kWh koste
Rand per dag
Blok 1 ≤ 50 kWh 60,80 2,28
Blok 2 51 – 350 kWh 64,39 2,28
Blok 3 351 – 600 kWh 84,76 2,28
Blok 4 >600 kWh 93,18 2,28
3.7.1 Indien Oakleyplaas 49,5 kWh elektrisiteit verlede maand (30 dae)
gebruik het, hoeveel het hulle vir elektrisiteit betaal?
(Veronderstel die maand het 30 dae.) (3)
3.7.2 Die volgende maand het Oakleyplaas 65,75 kWh elektrisiteit
gebruik (31 dae). Hoeveel sal hulle hierdie maand moet betaal? (4)
3.7.3 Wat dink jy waarvoor word die omgewingsheffingkoste betaal? (1)
[19]
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 4
Mnr. Tsabalala was gevra om ʼn kwotasie te oorhandig vir die werk wat Mev.
Smith aan haar nuwe huis vereis, voordat die werk kan begin.
Die sitkamer het die volgende vorm:
6m
10 ( )
4m
4.1 Wat is die lengte van ( )? (1)
4.2 Wat is die omtrek van die sitkamer? (4)
Gebruik die formule: Omtrek =
Gebruik = 3,14 (4)
4.3 Wat is die vloeroppervlak van die sitkamer?
Gebruik die formule: Oppervlak =
Gebruik π = 3,14 (4)
4.4 Indien die hout vir die vloer, afskuring en vernissing (varnishing) R265/m2
kos, hoeveel sal dit kos om die sitkamervloer te lê, af te skuur en te
vernis? (2)
4.5 Die vloerlys (skirting board) rondom die omtrek moet vervang word.
Hoeveel sal dit kos as die hout R55/m kos (afgeskuur en vernis)? (2)
4.6 Mnr. Tshabala weet met 3 werkers sal dit 15 ure neem om die werk te
doen. Die werkers word elk R65 per uur betaal.
Hoeveel sal die arbeidskoste wees om die werk te doen? (3)
4.7 Wat sal die totale koste aan mnr. Tsabalala wees? (4)
4.8 Mnr. Tshabala voeg 65% by die koste om sy besigheidskoste te dek en vir
sy besigheid ʼn wins te maak. Bereken hierdie wins. (2)
4.9 Wat is die totale koste vir die kwotasie aan Mev. Smith? (3)
[25]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9
VRAAG 5
Onlangs is ʼn opname gedoen in twee klein besighede in die dorp. Een van die
goed wat aangeteken was, was die maandelikse salarisse van die persone in
diens.
Maandelikse salarisse van die persone in diens (in Rand)
Joe se 2 200 2 400 2 400 2 600 2 800 2 800 2 600 2 200 2 300 2 500 2 500 2 700
Modes
Mpho se 2 300 3 500 1 900 2 200 2 600 3 100 2 800 2 700 3 000 1 500 2 000 2 400
Fabriek
5.1 Bereken die gemiddelde salarisse vir beide besighede. (2 x 3) (6)
5.2 Wat is omvang (variasiewydte) van elke besigheid? (2 x 2) (4)
5.3 Bereken die mediaan vir beide besighede. (2 x 2) (4)
5.4 Bereken die modus vir beide besighede. (2 x 2) (4)
5.5 Beide besighede beweer dat hulle die beste salaris betalers is. Watter
besigheid dink jy betaal die beste salaris? Gebruik die berekeninge wat jy
pas gedoen het om jou antwoord te ondersteun. (3)
5.6 By watter besigheid sou jy verkies om te werk as jy ‘onder begin’ en ʼn
minimum salaris sal ontvang? Verduidelik jou keuse. (2)
5.7 In watter besigheid sou jy verkies om te werk as jy die bestuurder is en ʼn
salaris naaste aan die maksimum verdien? Verduidelik jou keuse. (2)
[25]
Downloaded from hlayiso.com
10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 6
Mpho se Fabriek het besluit om beton vullisdromme vir die Munisipaliteit te
vervaardig. Hieronder is ʼn skaaltekening van die vullisdrom en die werklike
afmetings word gegee.
Buitenste hoogte = 1 m
Buitenste lengte = 1 m
Buitenste breedte = 50 cm
6.1 Meet die buitenste hoogte van die vullisdrom in die tekening. (1)
6.2 Skryf neer die skaal van die tekening van die vullisdrom. (3)
6.3 Die vullisdrom is gemaak van beton wat al in die rondte 5 cm dik is. Dit
beteken dat die binneste afmetings soos volg is:
Binneste hoogte = 95 cm
Binneste lengte = 90 cm
Binneste breedte = 40 cm
Bereken die binneste volume van die vullisdrom.
Gee jou antwoord in .
Gebruik die formule: Volume = (3)
6.4 Bereken die volume beton wat benodig word om EEN vullisdrom te
maak. Gee jou antwoord in
(Leidraad: Bereken die volume van die hele vullisdrom en trek die
binneste volume daarvan af.) (5)
6.5 Indien beton R255,50 per kos, hoeveel sal dit kos om EEN
vullisdrom te maak? (3)
6.6 Beton is swaar daarom het die munisipaliteit gevra dat die maatskappy
plastiek vullisdromme in dieselfde vorm en grootte moet vervaardig
soos die beton vullisdromme. Indien die plastiek wat gebruik word
R185,95 per kos, hoeveel sal dit kos om EEN plastiek vullisdrom te
maak? (3)
[18]
TOTAAL: 150
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 11
BYLAAG A
VRAAG 2.1
NAAM: _______________________________________________________
KRALE PARADYS: vir al die krale, string en materiaal wat jy nodig sal hê.
Faktuurno. 23521 Datum: 18/3/12
Hoeveelheid Beskrywing Eenheidprys Bedrag
6kg Glaskrale R56,00/kg
100 Kleikrale R1,80 elk 100 x 1,80 R 180,00
150 Houtkrale R1,85 elk
175 Koperkrale R2,50 elk.
2 Rolle String R45,00/rol 2 x 45 R 90,00
20 meter Linne R57,00/m
Ditjies en Datjies R48,00 1 x 48 R 48,00
Subtotaal
14% BTW
Totaal
Downloaded from hlayiso.com
12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (SEPTEMBER 2012)
BYLAAG B
VRAAG 2.2.1
NAAm: __________________________________________________________
SIVU SE SAKE
Uitgawes / Inkomste
Aantal items
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Limpopo

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Limpopo

Question paper
Maths LIT Grade 12 NSC P2 QP September 2025 North West

Question paper
MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2024 English hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P2 GR12 QP JUNE 2024 English hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
MLIT P2 S12 QP Eng hlayiso.com

Memorandum
WISK GELETT P1 GR12 MEMO SEPT 2012 hlayiso.com

Memorandum
MLIT P2 S12 MEMO Afr hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P2 QP GR12 SEPT 2023 English hlayiso.com

Question paper
MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT 2023 English hlayiso.com
More from Grade 12 Mathematical Literacy
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL

Addendum
MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR

Memorandum
Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State
%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)
Memorandum
Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers

Addendum
Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN

Memorandum