You're offline
Skip to content
Study guide

2022.Werkboek.AfrikaansHuistaal Graad 12

Subject: AfrikaansGrade 1220228 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
2022 WERKBOEK | Graad AFRIKAANS HUISTAAL 12 2022 VAKWERKBOEK Graad 12 AFRIKAANS HUISTAAL ‘n Gesamentlike inisiatief tussen die Wes-Kaap Onderwysdepartement en die Universiteit Stellenbosch.
2022 WERKBOEK | Graad AFRIKAANS HUISTAAL 12 UITSAAISESSIES GRAAD 12 GEDIGTE Sessie Datum Tyd Onderwerp 1 04/05/2022 16h00-17h00 Die sagte sprong 2 05/05/2022 16h00-17h00 ’n Vigslyer sterf Liewe Graad 12-leerder Jy is in die laaste jaar van jou skoolloopbaan. Veels geluk en baie sterkte daarmee! Tydens die twee telematiese uitsendings gaan lesse oor die voorgeskrewe gedigte Die sagte sprong en ‘n Vigslyer sterf aangebied word. Hierdie Werkboek bevat definisies en voorbeelde van verstegniese middele asook voorbeelde van kontekstuele vrae en opstelvrae oor die twee gedigte. Die lesse sal aangebied word aan die hand van die leerwerk en oefeninge wat in hierdie bronmateriaal saamgevat is. Die lesse word aangebied deur kundige onderwysers wat spesiaal vir hierdie onderrigprojek aangestel is. Bring jou skryfboek vir Vraestel 2 en die Werkboek saam na elke Telematiese uitsending. Jy kan die Werkboek ook gebruik wanneer jy vir toetse en eksamens oor gedigte voorberei. Die sukses van die projek, en ook jou eie sukses, sal afhang van hoe jy aan die onderrig deelneem en hoe jy in jou studietyd verder sal werk aan dit wat in die onderrig na vore gekom het. Alles van die beste. C. J. Banda Senior Kurrikulumbeplanner: Afrikaans (VOO) 12 November 2021 Bladsy 2
2022 WERKBOEK | Graad AFRIKAANS HUISTAAL 12 INLEIDING Teen hierdie tyd weet jy al dat elke woord, elke oop spasie en elke leesteken in ’n gedig met ’n bepaalde doel gebruik word. Alles wat in die gedig staan, is dus belangrik wanneer ons wil verstaan waaroor die gedig handel en wat die boodskap van die gedig is. Wanneer ons dus ’n gedig ontleed, probeer ons dit ”uitmekaar haal” om sodoende vas te stel hoe alles ”inmekaar steek”. Om ’n gedig te verstaan, moet jy twee vrae kan beantwoord: 1. WAT sê die gedig? 2. WAARMEE/ HOE word dit gesê? Die eerste vraag handel oor die storie/ inhoud, tema en boodskap van die gedig. Die tweede handel oor die verstegniese middele wat gebruik word om die storie/ inhoud, tema en boodskap oor te dra. In toetse en eksamens moet jy veral die volgende t.o.v. verstegniese middele kan doen: ▪ identifiseer/ uitken/herken: byvoorbeeld Benoem die beeldspraak/ stylfiguur/ retoriese middel/ klankeffek in versreël 5. ▪ verduidelik wat dit beteken: byvoorbeeld Wat beteken die metafoor/ vergelyking/ oksimoron in strofe 2? ▪ verduidelik die funksie (waarom dit gebruik word): byvoorbeeld Wat is die funksie van …? Waarom is die .. effektief/ funksioneel? Hierdie werkboek bevat definisies en voorbeelde van sommige verstegniese middele wat in die voorgeskrewe gedigte vir graad 12 voorkom. Jy moet die definisies leer, vasstel in watter gedigte die verstegniese middel voorkom en wat die funksie daarvan in elke gedig is. By sommige verstegniese middele word enkele algemene funksies verskaf. Dit is egter belangrik dat jy moet weet wat die spesifieke funksie van ’n verstegniese middel in ’n bepaalde gedig is. Bladsy 3
2022 WERKBOEK | Graad AFRIKAANS HUISTAAL 12 DIE OPSTELVRAAG OOR GEDIGTE Hoe om die opstelvraag aan te pak 1. Lees die vraag en merk die kernwoorde om seker te maak jy gaan al die vereistes insluit. 2. Onderstreep gedeeltes in die gedig wat jy as bewyse in jou opstel kan gebruik. 3. Jou opstel moet die volgende formaat hê: ▪ Inleidende sin ▪ Ten minste 3 tot 4 paragrawe (Die aantal paragrawe word bepaal deur die vereistes van die vraag. Jy kan die strofes as paragrawe gebruik OF jou eie verdeling maak indien dit bv. ‘n sonnet is. ▪ Slotsin 4. Formaat ▪ Par 1 Inleiding (1 sin wat verband hou met vraag. ) ▪ Par 2 Eerste stelling met sy bewyse ▪ Par 2 Tweede stelling met sy bewyse ▪ Par 3 Derde stelling met sy bewyse ▪ Par 4 Slot (Gevolgtrekking/samevatting wat weer by vraag aansluit.) 5. Gebruik die volgende skryfwyses: (let op die aksiewoorde) ▪ Die spreker noem reeds in die titel bv. “Vincent Van Gogh”… ▪ In reël 1 en 2 sê hy dat bv. “miskende/ heilige” … (Let Wel: Die skuinsstreep in hierdie aanhaling dui die skeiding tussen twee versreëls aan.) ▪ Begin met die aanhaling: bv. “soos groen sipresse” wys daarop dat … 6. Moenie die storie oorvertel nie. 7. Verwysing na besonderhede in die gedig moet spesifiek wees. 8. Moenie veralgemeen of “gorrel” nie. Sorg dat jy die literêre begrippe kan raaksien en in jou opstel kan gebruik, bv. beeldspraak, stylfigure, retoriese middels, rym, ens. Basiese samestelling van ’n argument: Voorbeeld van ’n argument (n.a.v. die gedig ’n brief van hulle vakansie): Vergelykings beeld verganklikheid uit. (Stelling) Die spreker noem in reël 25 dat sy ooms ”soos kapok in die son” sterf, wat wys hoe vinnig die dood kom. (’n bewys in die vorm van ’n verduideliking en ’n gepaste aanhaling) Bladsy 4
2022 WERKBOEK | Graad AFRIKAANS HUISTAAL 12 TERMINOLOGIE Term Definisie / Voorbeelde/ Algemene funksies ▪ Dit kom voor wanneer een versreël sonder enige leestekens in die volgende versreël oorgaan o Dit versteek/verdoesel die rym Enjambement o Dit kan die tempo versnel of vertraag o Dit maak die gedig vloeiend o Dit suggereer beweging o Dit dien as bindmiddel tussen versreëls en tussen strofes. Klankeffekte alliterasie en assonansie, rym, ritme, klanknabootsing Halfrym: alliterasie herhaling van dieselfde konsonant in ‘n versreël herhaling van dieselfde vokaal in ‘n versreël Halfrym: assonansie ‘n versagtende uitdrukking of omskrywing; verbloeming; word gebruik Eufemisme om nie gevoelens seer te maak nie Elisie Die weglating van ‘n letter/ letters twee uiterstes word teenoor mekaar gestel Kontras/ Teenstelling/ Antitese woordgebruik waarmee ’n mens die teenoor-gestelde sê van wat jy Ironie bedoel; omstandigheid of stand van sake wat die teenoorgestelde is van wat ’n mens kon verwag het ‘n Gedeelte word gebruik om na ‘n geheel te verwys Sinekdogee skynbare teenstrydigheid wat in ‘n langerige frase aangedui word Paradoks twee teenoorgestelde begrippe word met mekaar verbind deur twee Oksimoron woorde wat langs mekaar staan gebruik van klanknabootsende woorde om dit wat genoem word, te Klanknabootsing/ beskryf Onomatopee Een of twee woorde in ‘n versreël; een versreël wat los van die ander Alleenplasing/ staan; een strofe wat los van die ander staan uiteenplasing/ tipografiese skeiding Die herhaling van dieselfde voegwoord Polisindeton Retoriese middels rym, halfrym, herhaling, polisindeton Bladsy 5
2022 WERKBOEK | Graad AFRIKAANS HUISTAAL 12 GEDIG: Die sagte sprong (Sheila Cussons) Kontekstuele vrae: 1.1 Benoem die beeldspraak en die stylfiguur wat in r. 3 en 4 voorkom en skryf neer waarom die beeldspraak gepas is. (3) 1.2 Verduidelik die redes vir die gebruik van die dubbelpunte in r. 7 en r. 8 onderskeidelik. (2) 1.3 Verduidelik die progressie in die gedig deur na r. 2 en r. 8 te verwys. (2) 1.4 Watter TWEE tegnieke word gebruik om ”vreugde” in r. 10 te beklemtoon? (2) 1.5 Watter stemming heers in die gedig? (1) Opstelvraag: Die gedig, Die sagte sprong, kan inhoudelik in twee dele verdeel word. Bespreek die kontras tussen hierdie twee dele in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. (10) Bladsy 6
2022 WERKBOEK | Graad AFRIKAANS HUISTAAL 12 GEDIG: ’n Vigslyer sterf (Vincent Oliphant) Kontekstuele vrae: 2.1 Verduidelik die ironie in die gebruik van die woord ’inplof” (r. 2) (2) 2.2 Identifiseer die beeldspraak en die stylfiguur wat in r. 5 en 6 voorkom. (2) 2.3 Noem TWEE redes waarom die alleenplasing van r. 10 effektief is. (2) 2.4 Haal die woorde in die slotstrofe aan wat op eufemisme dui. Verduidelik waarom die eufemisme effektief is. (2) 2.5 Lewer kommentaar op die gebruik van die woorde ” ’n” (titel) en ”iets” (r. 5). (2) Opstelvraag: Die spreker in die gedig, ’n vigslyer sterf, maak van beeldspraak, retoriese middels en stylfigure gebruik om die vigslyer se agteruitgang te beskryf. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. (10) Bladsy 7
2022 WERKBOEK | Graad AFRIKAANS HUISTAAL 12 GEDIGTE: ANTWOORDE VAN KONTEKSTUELE VRAE Die sagte sprong 1.1 Beeldspraak : vergelyking (”aanraking van die verstand/lig soos ’n veer”) Stylfiguur: paradoks (”vlugtig maar presies”) Die vergelyking is gepas omdat dit die ligtheid van die eerste goddelike aanraking beskryf. 1.2 r.7: Die dubbelpunt verdeel die gedig inhoudelik in twee dele (die verstndelike aanraking en die dieper bewussyn van God) r.8: Na die dubbelpunt volg ’n verduideliking van wat die spreker nie verwag het nie 1.3 In r. 2 beleef die spreker ’n verstandelike belewing van God, maar in r. 8 het die belewing van God tot ’n geestelike ervaring verdiep. 1.4 v-aliterasie; herhaling 1.5 eerbied Opstelvraag: Deel 1 (r.1-6) handel oor ’n verstandelike aanraking. Die “dit” waarmee die gedig begin, verwys na die intellektuele kennismaking met god. Die kennisname is onverwags. By die “maar” in r.3 word vlugtig en presies teenoor mekaar gestel: alhoewel die begrip vervliegtend van aard is, is dit noukeurig en in die kol. Die bogenoemde kennisname dwing die spreker tot nadenke en jy dink: o As sy ligtheid so is, so potent, hoe moet sy vasvat wees? o Die invloed van die aanraking is so kragtig dat ’n mens nog lank daarna daaraan dink. Deel 2 (r.7-11) handel oor geestelike aanraking. Nou word die “bewussyn” “tot/ in die lewe” getref. Waar die ervaring aanvanklik tot die rede (“verstand”) gespreek het, raak dit nou die hele “bewussyn”. Die werkwoord “tref” versterk die intensiteit van die ervaring verder, veral as dit teenoor die aanvanklike “aanraking” en selfs “indruk” gestel word. In die laaste reël word die retoriese vraag van reël 6 herhaal, maar hierdie keer word die “sy” met die meer formele “u” vervang. “Sy” is ‘n derdepersoonsvorm (m.a.w. daar word van iemand gepraat), terwyl “u” ‘n tweedepersoonsaanspreekvorm is, (m.a.w. daar word met iemand gepraat). Hiermee word die toenemende nabyheid van die spreker en die “u” dus bevestig. ’n Vigslyer sterf 2.1 "inplof" is nie iets wat stadig kan gebeur nie, dit vind binne sekondes plaas. 2.2 Beeldspraak: vergelyking (”die bros vel/ wat soos dun seil oor brose stokke lê Stylfiguur: Woordspeling (”bros” en ”brose”) 2.3 Dit skep ’n visuele beeld van die liggaam wat besig is om weg te kwyn./ Die kleinheid van die liggaam word daardeur beklemtoon./ Die kort woord ”lyf” word uitgehef. (Enige twee) 2.4 ”sag gaan”. Die eufemisme dui aan dat die vigslyer se sterfte met deernis uitgebeeld word. 2.5 Die woord ” ’n” maak die gedig universeel en die woord ”iets” impliseer dat die vigslyer as ’n objek uitgebeeld word en nie as ’n mens nie. Opstelvraag: In versreël 1 kom 'n metafoor voor: die vigslyer se beenstruktuur word metafories gelykgestel aan die takelwerk/maste van 'n skip – ”die takelwerk word afgetakel”. Die metafoor wat in versreël 2 en 3 gebruik word, dui op 'n gebou wat met dinamiet vernietig word – “stadig sien sy geliefdes hom inplof”. In versreëls 5 en 6 tref ons 'n vergelyking aan: die "bros vel" vertoon soos ‘n dun seil; iets wat verweer/ afgeleef is. In versreël 2 word vooropplasing/voorplasing gebruik om die tydsaamheid van die siekte te beklemtoon – plasing/voorplasing gebruik om die tydsaamheid van die siekte te beklemtoon. Die woord "stadig" word voor in die reël geplaas. In versreël 3 tref ons herhaling/repetisie aan as die spreker alles wat in versreël 2 reeds aangedui is, herhaal. Ironie kom in versreël 2 voor as die liggaam stadig inplof. 'n Mens verwag dat die inplof vinnig is, maar hier is die aftakeling juis stadig. 'n Eufemisme kom in versreël 15 voor: “die genade van sag gaan”. Progressie/Regressie is in die agteruitgang van die vigslyer sigbaar: eers is die liggaam afgetakel, dan lyk dit of alles "inplof", daarna word beweging al moeiliker omdat selfs die optel van 'n hand te moeilik is en uiteindelik pleit net die oë nog om verlossing. Bladsy 8

Published documents with matching subject and grade metadata.