NORTH WEST DEPARTMENT OF EDUCATION
MATRIC
REVISION GUIDE
Afrikaans TAT
Revision Guide
You're offline
Skip to contentStudy guide
Afrikaans TAT Guide Collectables
Afrikaans · Grade 12. Study guide, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Study guide
- Publisher
- North West Study Guides
- Pages
- 13
- File size
- 711.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 13
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Download Apps for Previous Question Papers
Click one of the icons below to download the app
Visit our MeneTRS
Gauteng
Grade 11
\ Exam Paper's /
(sia GAUTENG PROVINCE
<
Gaute
Grade we
\ Exam Papers /
\
(iy education
(‘stm education
mie
a
KZN
Grade 11
a __
KZN
porate 10
\ Exam Papers )\]
Exam Papers
(¥ Ney EASTERN ont )
Eastern Cape
Grade it
\ Exam Papers /
(ey ney E | esi ERN, CAPE
Eastern Cape
Grade ri
\ Exam Papers /
| Ae
\
teh | EASTERN CAPE
Eastern Cape
Grade 0
\ Exam res
lenge bse ohn poe
(is ms
North Wert
Grade 11
\ Exam Papers /
education
CE
North Wet
Grade 10
FREE STATE
\ Exam Papers /
FREE STATE
Grade 11
\ Exam Papers /
~~ basic edu cation
YY REPUB OF SOUTH APR:
MATRIC
higher —
\ NATED | NCV | NSC
‘| NCV
ay
¢ anne
atone oF boot
Study Guides)
https://ultradeep.co.za
Afrikaans Tweede Addisionale Taal
Formaat/struktuur van Afrikaans Gr 12 TAT vraestelle
Die voorgestelde besonderhede vir die mondelinge take wat tydens die jaar afgeneem word,
is soos volg:
VRAE- BESKRYWING PUNTE TYD
STEL
1 Taal in konteks en Letterkunde 120 2.5 ure
2 Skryf 80 2 ure
3 Mondelingtake 100
Totaal vir die eksterne eksamen 300
Vraestel 3 BESONDERHEDE PUNTE
Mondelinge take sal intern opgestel, intern geassesseer en 100
ekstern gemodereer word. Mondelinge onderwerpe behoort
binne die konteks van die leerder se leefwêreld te val.
Mondelinge take
Lees (25)
Voorbereide toespraak (25)
Gesprekvoering (25)
Luister (25)
Hierdie vraestel word in Augustus gemodereer en
afgehandel.
INSTRUKSIES EN INLIGTING WAT OP GRAAD 12 TAT VRAESTEL 1 VOORKOM
Tyd: 2½ uur Totale punte:120
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: LEESBEGRIP (30 PUNTE)
Page 2 of 12
https://tvetpapers.co.za
https://ultradeep.co.za
AFDELING B: OPSOMMING (10 PUNTE)
AFDELING C: TAAL (40 PUNTE)
AFDELING D: LETTERKUNDE (40 PUNTE)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek ’n lyn na elke Afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Gee spesiale aandag aan spelling en sinskonstruksies.
8. Voorgestelde tye:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 20 minute
AFDELING C: 40 minute
AFDELING D: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Page 3 of 12
https://tvetpapers.co.za
https://ultradeep.co.za
AFDELING A: LEESBEGRIP- 30 punte
VRAAG 1
Kandidate kry ʼn leesteks (24 punte) en ’n visuele teks(6 punte) om te bestudeer en dan
vrae te beantwoord wat daarop volg.
AFDELING B: OPSOMMING – 10 punte
VRAAG 2
ʼn Teks word gegee en kandidate moet dit dan opsom volgens die onderstaande
instruksies
● Som die SEWE ..................... op.
● Skryf die volsinne PUNTSGEWYS en in jou eie woorde neer.
● Nommer die volsinne van 1 tot 7.
● Jou opsomming mag nie langer as 60 woorde wees nie.
● Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
7 punte vir feite en 3 punte vir taal word toegeken
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES – 40 punte
3 Vrae word as volg gevra:
VRAAG 3 (10 punte)
Advertensie (kombinasie van visuele en geskrewe teks)
VRAAG 4 (10 punte)
Spotprent
VRAAG 5:
5.1 Leesteks (14 punte)
5.2 Prent met ʼn kort teks (6 punte)
Page 4 of 12
https://tvetpapers.co.za
https://ultradeep.co.za
AANHANGSEL AFRIKAANS TAT
afleiding ‒ ’n woord wat bestaan uit ’n basisvorm (stam) en voor- en / of agtervoegsels
(hierdie proses vorm dikwels ’n ander woordsoort), bv. ritus: rituele gebruike
alliterasie ‒ herhaling van dieselfde beginletters (medeklinkers / konsonante) in
beklemtoonde lettergrepe; ’n algemene stylmiddel, bv. Kind nog kraai
antiklimaks ‒ die omgekeerde van klimaks; onverwagte teleurstellende uiteinde, afloop;
ommeswaai van iets belangriks na iets nietig, gewoonlik met ’n komiese effek
antoniem ‒ woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van ander woorde uitdruk,
bv. kurkdroog en sopnat
assonansie ‒ herhaling van klinkers of vokale in beklemtoonde lettergrepe in twee of meer
woorde, bv. Oor die groen poel wat stil en dik / was van die bronslaai en die warm slik (N.P. van
Wyk Louw, Raka)
beeld ‒ ’n prent of visuele voorstelling
beeldspraak ‒ taaluiting wat van figuurlike, oordragtelike taal gebruik maak, bv.
vergelykings, metafore, personifikasie, metonimia (oornoeming), sinekdogee (gedeeltelike
aanduiding), antonomasia (naamsverwisseling)
beklemtoning ‒ die klemtoon lê op, aksentueer, benadruk
denotasie (teenoorgestelde van konnotasie) ‒ dit wat die begripsinhoud weergee of saamvat,
die letterlike betekenis van ’n woord of uitdrukking
dialek ‒ ’n variëteit van ’n taal wat deur ’n sekere taalgemeenskap gepraat word
diskriminerende taalgebruik ‒ taal wat kwessies met onderskeid behandel, bv. om manlike
terme vir alle persone te gebruik
dramatiese ironie ‒ ’n vorm van kontras ‒ die karakter is onbewus van die ware toedrag van
sake, terwyl die leser / toeskouer / ander karakters weet wat werklik plaasvind. Dié ironie
verhoog (of ontlont) spanning, genot en gehoordeelname.
dubbelsinnigheid ‒ tweërlei betekenis geskep deur die manier waarop woorde of sinne
gebruik word; meer as een betekenis of vertolking hê. Wanneer dit onbewus gebruik word,
kan dubbelsinnigheid betekenis versluier.
evalueer ‒ om ’n opinie te vorm, ’n oordeel te vel oor ’n teks
figuurlike taal (teenoor letterlike taal) ‒ sinnebeeldig, metafories, oordragtelik; woorde en
frases wat gebruik word om ’n spesifieke effek te bereik soos vergelykings, personifikasie,
metafoor. Literêre tekste maak baie van figuurlike taal gebruik.
formaat ‒ die vorm van tekssoorte soos ’n verslag, brief; ook grootte van iets gebaar ‒ die
beweging van die gesig of liggaam wat betekenis kommunikeer soos om die kop ter
bevestiging te knik
gepastheid ‒ taal moet gepas wees vir die konteks waarin dit gebruik word. Die groetwyse
"Goeiedag, mnr. Vosloo" is gepas in ’n formele situasie, teenoor "Hallo, Vossie" vir ’n
informele situasie.
gevolg (sien ook oorsaak) ‒ die resultaat van handeling / gebeure of ’n aksie
grafiese voorstelling ‒ produkte van die visuele en tegniese kunste soos teken, ontwerp;
lewendige, beskrywende, skilderende voorstelling
Page 5 of 12
https://tvetpapers.co.za
https://ultradeep.co.za
hiperbool ‒ ’n stylfiguur waarin buitensporige, doelbewuste oordrywing gebruik word; om
iets groter as wat dit werklik is, voor te stel, bv. Hulle het ons ’n berg koek gegee om te eet
homofone ‒ woorde wat dieselfde klankvorm as ’n ander woord in ’n taal het, maar in
betekenis en spelling verskil, bv. ’n blyk van waardering; die wasgoed bleik in die
sonhomonieme ‒ woorde met dieselfde klank- en spelvorm, maar wat verskil in betekenis,
bv. Sy het ’n kuiltjie in haar ken; Hy ken al die name van die bome in die wildtuin
idiomatiese uitdrukking ‒ ’n uitdrukking wat die idioom of taaleie betref, volgens die taaleie;
idiome sluit in spreekwoorde, segswyses, gesegdes en spreuke
intrige ‒ verwikkelde situasie wat ’n skrywer uitdink en waarop die verhaal gebaseer is
(verwikkeling)
ironie ‒ woordgebruik waarmee ’n mens die teenoorgestelde sê van wat jy bedoel;
omstandigheid of stand van sake wat die teenoorgestelde sê van wat ’n mens kon verwag het
karikatuur ‒ ’n oordrewe uitbeelding (geskrewe of visueel) van ’n karakter deur die spot te
dryf met persoonlike karaktertrekke of voorkoms; spotprent, spotbeeld, spotfiguur
klanknabootsing (ook onomatopee) ‒ die gebruik van woorde om die klanke wat hulle beskryf,
te skep
klem (in ’n woord of ’n sin) ‒ om ’n lettergreep in ’n woord of ’n woord in ’n sin te benadruk
klimaks (ook hoogtepunt) ‒ die opwindendste, effektiefste of belangrikste deel van die storie.
Hierdie belangrike deel is nie noodwendig aan die einde van die verhaal nie.
konflik ‒ stryd; botsing; worsteling; die stryd wat tussen karakters of individue of groepe en
hul omstandighede ontstaan. Konflik in letterkunde kan ook as gevolg van strydende
begeertes of waardes tussen karakters ontstaan.
konnotasie ‒ wat gesuggereer word deur ’n woord of ding, dieperliggend as die letterlike of
eksplisiete betekenis
konteks ‒ die konteks waarbinne ’n teks geskep en ontvang word, verwys na die breë en
onmiddellike situasie waarin dit bestaan en wat daarin oorgedra word
kontras (ook antitese, teenstelling) ‒ stylmiddel waarin twee uiterstes teenoor mekaar gestel
word
kopkaarte / breinkaarte ‒ grafiese netwerkvoorstelling van idees of onderwerp in die vorm
van sleutelwoorde en illustrasies
kritiese taalbewustheid ‒ die vermoë om die konstruksie van betekenis te ontleed deur
begrip van magsverhoudings binne en tussen tale. Dit bemagtig die leerder om manipulasie
te weerstaan en om taal sensitief te gebruik.
letterlik (teenoor figuurlik) ‒ die eenvoudigste, mees direkte betekenis van woorde
manipulerende taal ‒ taal wat daarop gemik is om ’n onregverdige voorsprong te kry of ander
te beïnvloed, meestal op ’n onderduimse manier
metafoor ‒ gebruik een ding om ’n ander met soortgelyke eienskappe te beskryf
multimedia ‒ ’n geïntegreerde reeks modusse wat teks, visuele materiaal, klank, video, ens.
kan insluit
oorsaak (sien ook gevolg) ‒ dit wat aanleiding gee tot ’n handeling / gebeure / aksie of ’n
toestand
partydig ‒ eensydig, vooringenome, wat by ’n beoordeling die saak nie onbevange beskou
nie
Page 6 of 12
https://tvetpapers.co.za
https://ultradeep.co.za
personifikasie ‒ beeldspraak waardeur menslike eienskappe en handelinge aan lewelose
dinge, diere of plante toegeken word, bv. As ek ’n huis kon hê / met sulke mure wat sing... (Marlise
Joubert, Domus)
redigering ‒ die proses van proeflees en herskryf van ’n teks, insluitend taalgebruik,
punktuasie en spelling en om samehang van idees en struktuur na te gaan; in die finale vorm
sit, vir publikasie inlewer, gereed maak
register ‒ die woorde, styl en grammatika wat in verskillende kontekste of situasies deur
sprekers en skrywers gebruik word. (Amptelike dokumente word byvoorbeeld in ’n formele
register geskryf, regsdokumente in ’n regsregister.)
ritme ‒ afgemete beweging; in poësie die natuurlike beweging veroorsaak deur die reëlmatige
opeenvolging van beklemtoonde en minder beklemtoonde lettergrepe
rym ‒ ooreenstemming van klank in die laaste lettergreep of woorde in digreëls
sarkasme ‒ bytend, bitter spot, minagting wat wil seermaak of skok op persoonlike vlak; dit
sê wat die spreker / skrywer bedoel
sinoniem (teenoor antoniem) ‒ ’n woord wat min of meer dieselfde betekenis as ’n ander het
sleng (ook slang) ‒ ’n variëteit van Afrikaans wat dikwels by jongmense, bv. studente, gehoor
word en nie noodwendig verkeerd is nie, bv. Hulle het my ’n kop aangesit / Jy kan kwai bestuur
stemming ‒ atmosfeer of emosie in geskrewe tekste. Dit toon karakters se
gemoedsgesteldheid; dit verwys ook na die atmosfeer wat deur visuele, oudio en
oudiovisuele tekste geskep word.
stereotipe ‒ vaste (en dikwels partydige) siening oor ’n spesifieke soort persoon (bv. vrou,
immigrant, priester)
styl ‒ trant of manier van skryf; die unieke manier waarop ’n skrywer woorde en sinne
"rangskik" om ’n bepaalde effek te verkry. Dit sluit woordkeuse, toon, asook sinslengte in.
subintrige ‒ ondergeskikte verwikkelde situasie wat ’n skrywer uitdink en waarop die
verhaal gebaseer is (knoop, verwikkeling)
teikengroep ‒ die bedoelde lesers van, luisteraars na, toeskouers of waarnemers van ’n
spesifieke teks. Tydens beplanning van ’n skryfstuk / aanbieding, moet ’n skrywer / spreker
die doel en teikengroep in aanmerking neem deur ’n gepaste formaat te kies.
teks ‒ enige geskrewe, gesproke of visuele vorm van kommunikasie
tema ‒ die sentrale idee of idees in ’n literêre werk. ’n Teks mag meer as een tema hê en dit
mag dalk nie eksplisiet vanselfsprekend wees nie.
transaksionele skryfwerk ‒ funksionele skryfwerk (bv. briewe, notules, verslae, fakse)
trappe van vergelyking ‒ soos van toepassing op byvoeglike naamwoorde en bywoorde soos
mooi, mooier, mooiste en gou, gouer, gouste
verbindingswoord ‒ ’n woord soos voegwoorde en betreklike voornaamwoorde wat gebruik
word om sinne of sinsdele te verbind
vergelyk (verwys ook na kontras) ‒ om vas te stel op watter maniere dinge dieselfde is
vergelyking ‒ naasmekaarstelling van dinge om die ooreenkoms of verskil te vergelyk;
stylfiguur. Woorde soos soos en net soos of nes word gebruik om aandag op die vergelyking te
vestig.
verslag (formeel of informeel) ‒ om presiese terugvoering oor ’n situasie / geleentheid te gee,
bv. ’n ongeluk
Page 7 of 12
https://tvetpapers.co.za
https://ultradeep.co.za
visuele voorstellings ‒ boodskappe wat deur middel van die sintuig van gesig oorgedra word
(bv. foto’s, spotprente, modelle, tekeninge, skilderye, rekenaarbeelde)
vloeidiagramme ‒ oorsigtelike, grafiese uiteensetting (voorstelling)
voegwoord ‒ ’n woord wat twee sinsnedes / frases of sinne verbind
vooroordeel ‒ vooropgestelde idees oor ’n individu, groep, idee of saak. Sodanige neiging om
een saak bo ’n ander te bevoordeel, bring mee dat billike assessering baie moeilik word.
VRAESTEL 1
As jy die vraestel kry moet jy seker maak dat jy jou besonderhede reg neerskryf: bv. jou
eksamennommer en jou sentrumnommer. Voor jy met jou vraestel begin raak jy eers rustig.
ʼn Vraestel word opgestel volgens Barrett se taksonomie: wat beteken dat daar 40%baie
maklik vrae, nog 40% bietjie moeiliker en 20% moeilike vrae is.
So – moenie moedeloos raak nie, daar is altyd ʼn % van die vrae wat jy sal kan beantwoord.
AFDELING A: Leesbegrip
TEKS A (24 punte)
Lees jou leesteks baie aandagtig.
Kyk na die puntetelling by vrae. Bv. as ʼn vraag (4) punte tel – kan jy nie net 1
antwoord gee nie.
Jy mag nie woorde uit ander tale in jou antwoorde gebruik nie.
As daar 2/3 feite/punte gevra word moet dit in die regte volgorde gegee word en
net 2/3 feite moet gegee word – want die res word nie gemerk nie.
As ʼn vraag vra: gee EEN woord
- Gee slegs 1 woord / onderstreep die EEN woord – anders word dit verkeerd
gemerk.
Skryf 4 agtereenvolgende woorde: skryf slegs die 4 woorde en nie die hele sin nie.
Vrae soos: Hoekom, dink jy …
Waarom kan ons sê …
Gee jou mening …
… moet jy jou eie opinie gee – antwoorde moet uit jou hart kom maar nog steeds
verband hou met die Teks.
Waar(true)/Onwaar(false) –vrae: die stelling gee reeds die antwoord as
Waar/Onwaar, jy moet die motivering(motivation) of verduideliking(explanation)
daarvoor gee.
Kies die korrekte antwoord: A, B, C & D – jy kan slegs die LETTER skryf, veral as jy
moet oplet na jou tyd.
Page 8 of 12
https://tvetpapers.co.za
https://ultradeep.co.za
Kies die korrekte antwoord: daar word 2 woorde in hakies gegee. Kies EEN en skryf
net daardie antwoord neer. Sorg dat jy die woord korrek oorskryf/ let op na die
spelling.
TEKS B: Visuele teks. (6 punte)
Kyk mooi na die prentjie en na alles wat op die prentjie voorkom sodat jy jou vra
baie goed kan beantwoord.
AFDELING B – Opsomming (10)
Som jou leesstuk in 7 sinne op.
Skryf puntsgewys – onder mekaar.
Daar is gewoonlik 7 paragrawe.
In elke paragraaf is net 1 sin wat die feit/kern/wenk is. Die ander sinne ondersteun
net die feit/kern/wenk.
Jou opsomming moet 60 woorde wees.
Tel jou woorde as jy klaar is. Die merker lees net tot op 60 woorde die res word
doodgetrek.
AFDELING C: Taalstrukture en –Konvensies. (40)
Jou tekste kan uit die volgende bestaan: advertensie, spotprent, leesstuk en Teks G is
gewoonlik ʼn prent.
Moontlike vrae:
Kies die korrekte woord tussen hakies
Kies: A, B, C of D.
Vraag 3: Advertensie
Gee die VERGROTENDE TRAP / maak seker van die korrekte trap van
vergelyking
Hoe word die naam van die produk uitgelig / beklemtoon( how is the name
of the product highlighted?)
Waarom is dit ʼn gepaste naam vir die produk?(why is it a suitable name for
the product?)
VOORNAAMWOORD(pronoun) waarmee die leser betrek word.
Verskil tussen SKRYFTEKEN / LEESTEKEN
Watter BESKRYWENDE(Descriptive) woorde gebruik die adverteerder
Vraag 4: Strokiesprent
Verskil tussen LYFTAAL(body language) en
GESIGSUITDRUKKING(facial expressions).
Page 9 of 12
https://tvetpapers.co.za
https://ultradeep.co.za
Wat bedoel die persoon wanneer hy sê….?(what is the person trying to say/
the meaning of his words)
Vraag 5: Leesteks
Gee EEN WOORD
Voltooi die INFINITIEF(infinitive – om te)
RANGSKIK die woorde in korrekte volgorde.(Put the words in the correct
order)
Gee VERKLEININGSVORM(dimunitive - karretjie)/ MEERVOUD(plural -
karre)/ENKELVOUD(singular-kar)/
INTENSIEWE VORM(intensive form -bloedrooi- altyd een woord)
Verdeel die woord in LETTERGREPE(syllable kar-re)
Skryf in die ONTKENNENDE VORM( negative- remember: dubble negative!)
Kyk mooi na jou vraag bv. gee die korrekte SPELLING, VOORSETSEL,
SAMESTELLING, ens.
Jy moet elke keer teruggaan na die Teks om na die regte nommer te kyk.
AFDELING D: Letterkunde
Twee verhale word gegee: albei verhale moet beantwoord word – dit is NIE ʼn keusevraag
nie.
Elke verhaal tel 20 punte (2 x 20 = 40)
Daar word ʼn uittreksel gegee met vrae wat daarop volg.
Kyk mooi na die puntetoekenning by elke vraag.
Raampie-vrae: Woorde word in ʼn raampie gegee en die kandidaat moet slegs EEN
kies.
Kolom A & B:
Trek sommer met jou pen ʼn strepie na die korrekte antwoord – sodat jy nie dalk ʼn
antwoord twee maal gebruik nie.
Jy kan dan net die nommer en antwoord uit kolom B skryf bv. 1.4.1 C.
ʼn Vraag soos: Skryf die 4 insidente ondermekaar in die korrekte volgorde –
- Die vraag tel (4) punte
- Jy moet al 4 die sinne oorskryf in die korrekte volgorde
- Lees die 4 sinne en rangskik dit dan in die volgorde wat dit gebeur het.
- Nommer sommer die sinne vir jouself as 1 ,2, 3 & 4 en skryf dan die sinne oor,
- Jy moenie A, B, C en D skryf nie.
- Jy MOET die hele sin uitskryf.
Die ‘hoekom dink jy’-vrae se antwoorde moet jou eie mening wees maar dit moet
verband hou met die verhaal.
TAT VRAESTEL 2
Waar begin ons as ʼn vraestel voor jou neergesit word??
Page 10 of 12
https://tvetpapers.co.za
https://ultradeep.co.za
Skryf jou BESONDERHEDE op jou antwoordboek. Maak seker dat jou
eksamennommer reg neergeskryf is.
Jy het tyd om jou vraestel deur te lees.
Gebruik dit!!!
Kies die vrae wat jy graag wil beantwoord.
Maak seker oor die aantal vrae wat jy moet beantwoord – slegs EEN uit elke
afdeling.
Skrap die vrae wat jy nie wil doen nie.
As jy klaar is met jou vraestel – blaai weer deur die vraestel en kyk of jy die regte
vrae beantwoord het.
AFDELING A: Opstel
200 – 250 woorde
Onderwerpe kan Verhalend of Beskrywend wees
VRAAG 1 – 4 = Geskrewe onderwerpe
VRAAG 1.5.1 – 1.5.4 = 4 Visuele tekste (prentjies)
Visuele teks: nommer jou teks volgens die vraestel en gee jou skryfstuk ʼn naam.
Die verhalende Opstel: Dit is ʼn storie/gebeurtenis wat in die verlede gebeur het
Die opstel moet ʼn treffende inleiding hê.
Beskryf die agtergrond en die karakters baie deeglik.
Die beskrywende Opstel: In die skryfstuk moet jy iets of iemand beskryf.
Gebruik jou sintuie. Sê: ek hoor…/ek sien…/ek ruik…/ek voel.
Beskryf: plekke en gebeure.
Hierdie vraestel word volgens ʼn rubriek gemerk – nie volgens ʼn memo, soos ons dit ken,
nie
AFDELING B: Lang transaksionele teks
80 – 100 woorde
Onderwerpe soos Vriendskaplike brief, Formele brief, Verslag, Dialoog, word in die
afdeling gedek.
Maak seker dat jou formaat/adres reg geskryf is.
AFDELING C: Kort transaksionele teks
50 – 80 woorde
Onderwerpe kan wees: Advertensies, Poskaart, Instruksies.
Maak seker dat jou formaat reg is – kyk wie is jou teikengroep.
Jy hoef nie met kleurpenne te werk of prentjies te teken nie- maak net seker dat jy
verskillende soorte skrif gebruik by die advertensies: bv GROOT letters, skrif wat
skeef is of nie op dieselfde vlak/gelyk staan nie. Dit moet interessant /aanloklik
wees.
Page 11 of 12
https://tvetpapers.co.za
https://ultradeep.co.za
INSTRUKSIES:
As jy stukke uit die ander vrae in jou vraestel neerskryf/saamflans kry jy geen/0
punte vir die skryfstuk nie.
As jou skryfstuk te lank is of te veel woorde het – lees die merker net tot by die
aantal woorde wat toegeken is – die res word doodgetrek.
As jy ʼn Engelse woord /woorde gebruik, word daardie woord toegedruk en glad nie
gelees nie – probeer liewer ʼn Afrikaanse woord gebruik – al is dit skeef en krom-
spelling tel nie so baie nie.
Probeer om: IDIOME, VERGELYKINGS EN INTENSIEWE VORME in jou
skryfstukke te gebruik.- Leer ʼn paar hiervan voor die vraestel en kyk dan waar kan
dit pas as jy skryf - soos: die appel val nie ver van die boom af nie/ agteros kom ook
in die kraal. En sê liewer: so rooi soos bloed of bloedrooi.
WENKE:
Doen jou beplanning voor jy jou FINALE stuk skryf.
Jou BEPLANNING kan ʼn Spinnekop, Kopkaart/Mind map of Diagram wees.
Jou spinnekop het ʼn magie met jou onderwerp daarin. Gee vir hom bene en by elke been
kan jy ʼn kernwoord skryf.
Trek ʼn streep deur jou beplanning as jy die FINALE stuk geskryf het.
Die dag voor die eksamen: gaan kyk mooi na jou formaat van die verskillende skryfstukke,
kyk na die adresse en waar dit staan. Leer vir jouself ʼn maklike adres aan en gebruik dit.
Kyk ook na die slot en die regte formaat van die einde van jou briewe.
ONTHOU:
Dit is nie ʼn resies om te kyk wie 1ste sy vraestel die vinnigste kan beantwoord nie.
Probeer liewer die hoogste punte behaal!!
Page 12 of 12
https://tvetpapers.co.za
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
/Afrikaans%20HT%20Oorlewingsgids%20--a679e711-c730-4f62-96a3-cb9ae0f94cb6/v1-cc94850aec3a1686eb7b/card.webp)

/2022.Werkboek.AfrikaansHuistaal_Graad%2012--7697ec81-776c-46e2-9e45-85b19cc4db72/v1-ca4a4c010d223bb76639/card.webp)
/Telematics%20Afrikaans%20Graad%2012%20-%202021--10b9f00c-355c-4e92-8b04-611555472f67/v1-902cc13608597caa99dd/card.webp)