You're offline
Skip to content
Study guide

Afrikaans Skryfgids hlayiso.com

Subject: AfrikaansGrade 12187 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GRAD E 12 2 0 2 1 Studiegids vir die skryf van opstelle en transaksionele tekste HUISTAAL Eerste Addisionele Taal Tweede Addisionele Taal 2 0 2 1
Inhoudsopgawe Liewe Graad 12-leerder 2 Hoe om dié studiegids te gebruik 3 Sewe beproefde studiewenke 4 Berei só voor op die dag van Vraestel 3 5 Oorsig van Afrikaans Vraestel 3: Skryfvraestel 6-7 Hier is verduidelikings van woorde en tekssoorte wat jou sal help 8 AFDELING A: OPSTELLE 1. Die A – Z van opstelle 9-22 2. Die vyf soorte opstelle 23-28 3. Interpretasie van visuele prikkels 29-30 4. Reaksie op opstelvrae wat aanhalings as onderwerp gebruik 30-35 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE (HT) / LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (EAT EN TAT) 1. Stappe vir die skryf van transaksionele tekste 36-42 2. Kategorie A-tekste 43-84 3. Kategorie B-tekste 85-113 4. Kategorie C-tekste 114-132 AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (EAT EN TAT) 1. Stappe vir die skryf van kort transaksionele tekste 133-139 2. Kategorie A-tekste 140-154 3. Kategorie B-tekste 155-161 4. Kategorie C-tekste 162-170 WAT WORD VAN JOU VERWAG IN DIE EKSAMEN? 171-173 BYLAAG 174-185 1
Liewe Graad 12-leerder Hierdie hersieningsgids oor die skryf van kreatiewe en transaksionele tekste sal jou help om vir die Graad 12 se jaareindeksamen (Vraestel 3) voor te berei. Die Graad 12-jaareindeksamen bestaan uit drie vraestelle wat jy skriftelik moet aflê: Vraestel 1: Taal in konteks, Vraestel 2: Letterkunde en Vraestel 3: Skryf. Hierdie studiegids vorm deel van jou hersiening vir Vraestel 3 waarin al drie afdelings volledig bespreek word. Vraestel 3 is die skryfvraestel waar jy vrae oor kreatiewe- en transaksionele skryfwerk moet beantwoord. Hierdie studiegids fokus op die voorbeelde van opstelle en transaksionele skryfwerk. 2
Hoe om dié studiegids te gebruik Hierdie studiegids kyk na die afdelings van Vraestel 3: Skryf. • Afdeling A: Opstelle (Huistaal (HT), Eerste Addisionele Taal (EAT), Tweede Addisionele Taal (TAT) • Afdeling B: Transaksionele tekste (HT) & Lang transaksionele tekste (EAT, TAT) • Afdeling C: Kort transaksionele tekste (EAT, TAT) Elke afdeling bevat belangrike feite oor die verskillende soorte skryfwerk: • Stap-vir-stap inligting is voorsien oor die keuse van ʼn onderwerp; beplanning; eerste poging en die skryf van die finale produk. • Voorbeelde gebaseer op leerders se skryfwerk om aan jou die korrekte proses van skryf weer te gee wat jy moet volg om jou eie skryfwerk te doen. Soek na hierdie • Aktiwiteite gebaseer op eksamenvrae word verskaf sodat jy jou simbole in die studiegids vaardighede kan inoefen. Daar is ook verwysings na vorige eksamens om verder te oefen. • Kontrolelyste word voorsien sodat jy kan seker maak dat jy weet van al die verskillende soorte tekste wat jy benodig om die eksamen te slaag. Elke afdeling voorsien inligting wat van jou verwag word in die eksamen. Dit sluit rubrieke in wat duidelike inligting gee rakende die vaardighede en kennis wat die eksaminators assesseer. Wenke om jou te Benodig help om ’n konsep Aktiwiteite met vrae vir NB spesiale jou om te beantwoord te onthou of jou te aandag lei in die oplossing van probleme. Stap-vir- Verwys jou na Uitgewerkte stap eksamenvrae. voorbeelde inligting 3
Sewe beproefde studiewenke Verdeel jou studierooster in hanteerbare tye. Dit sal jou brein help om skerp en gefokus te bly. 1 Neem kort rustye terwyl jy studeer en moenie te lank aaneen konsentreer nie. Maak seker dat jy al jou leermateriaal gereed het voordat jy met 2 jou studiesessie begin bv. penne, glimpenne, genoeg water ens. 3 Bly te alle tye positief. Dit help jou brein om inligting makliker te absorbeer en dit te onthou. ʼn Mens se brein reageer goed wanneer jy met behulp van prentjies en kleure leer en hersiening 4 doen. Probeer om dit gereeld te gebruik. Gereelde hersiening is die belangrikste sleutel tot jou sukses. Gaan die werk wat jy reeds geleer 5 het gereeld oor totdat jy dit met gemak kan herroep. Probeer om die werk wat jy reeds geleer het aan iemand anders te verduidelik. So kan jy 6 kontroleer of jy die werk onder die knie het. Dit sal jou ook baat indien jy jou notas hardop vir jouself of iemand anders kan voorlees. Probeer om ten minste 8 uur per nag goed te slaap, eet gesonde kos en drink genoeg water. 7 Om vir ʼn eksamen voor te berei, is soos om te oefen – jy moet liggaamlik en geestelik goed voorbereid wees. . 4
Berei só voor op die dag van Vraestel 3 1 Maak baie seker dat jy jou identiteitsdokument en jou toelatingsbrief na die eksamenlokaal saambring waarop jou eksamennommer verskyn. 2 Pak skryfgoed in wat jou nie in die steek sal laat nie: ʼn paar penne met genoeg ink, kleurpotlode indien jy graag daarmee werk en ‘n liniaal om jou werk netjies af te rond. 3 Sorg dat jy ten minste ʼn uur voordat jou eksamen begin by die eksamenlokaal opdaag. 4 Besoek die toilet voordat jy die eksamenlokaal binnegaan; jy wil nie onnodig tyd mors deur tydens die eksamensessie kamer te verlaat nie. 5 Laat jouself 10-minute toe om die vraestel deeglik deur te lees nadat dit uitgedeel is. Moenie vrae begin beantwoord voordat jy nie eers al die instruksies deeglik bestudeer het nie. 6 Maak seker dat jy die korrekte keuses uitoefen. Vra as jy nie seker is nie. Onthou: jy moenie al die vrae beantwoord nie, die vraestel bied jou keuses. Merk dus die vrae wat jy gaan beantwoord. Lees die instruksies by elke vraag met aandag. 7 Lees alle vrae deeglik sodat jy seker is wat die vraagopdrag van jou verwag. Skenk veral aandag aan die kernwoorde/kernbegrippe van elke vraag. 8 Gebruik jou tyd sinvol. Let veral op na die voorgestelde tydsduur wat op die vraestel voorkom. 9 Tyd aan ʼn vraag spandeer moet in ooreenstemming wees met die hoeveelheid punte wat aan die vraag toegeken is. 10 Begin met vrae wat jy goed ken: beantwoord eerste die vrae wat jy goed ken, want dan weet jy daardie punte is in die sakkie. Dit sal jou rustiger maak en jou selfvertroue ʼn hupstoot gee. 11 Bied jou werk te alle tye netjies aan. Skryf netjies en leesbaar sodat die nasiener nie sukkel om te lees wat jy geskryf het nie. 5
Oorsig van Afrikaans Vraestel 3: Skryfvraestel Vraestel 3: Skryfvraestel vir Huistaal is 3 uur lank en vir Eerste- en Tweede Addisionele Taal is dit 2.5 uur lank. Daar is twee afdelings vir Huistaal en drie afdelings vir Eerste- en Tweede Addisionele Taal. Hier is die opsomming van die drie afdelings in Vraestel 3: Skryfvraestel per taalvlak: Huistaal Afdeling Tekssoort Waarvoor word punte Hoeveelheid punte toegeken? Afdeling A Opstel • Inhoud en 30 punte beplanning • Taal, styl en redigering 15 punte • Struktuur 5 punte Totaal: 50 punte Afdeling B 2 x Transaksionele • Inhoud en 15 punte tekste beplanning • Taal, styl en redigering 10 punte Totaal: 25 punte x 2 Eerste Addisionele Taal: Afdeling Tekssoort Waarvoor word punte Hoeveelheid punte toegeken? Afdeling A Opstel • Inhoud en 30 punte beplanning • Taal, styl en 15 punte redigering • Struktuur 5 punte Totaal: 50 punte Afdeling B Lang transaksionele • Inhoud en 18 punte teks beplanning • Taal, styl en redigering 12 punte Totaal: 30 punte Afdeling C Kort • Inhoud en 12 punte transaksionele beplanning teks • Taal, styl en 8 punte redigering Totaal: 20 punte 6
Tweede Addisionele Taal Afdeling Tekssoort Waarvoor word punte Hoeveelheid punte toegeken? Afdeling A Opstel • Inhoud en 24 punte beplanning • Taal, styl en redigering 12 punte • Struktuur 4 punte Totaal: 40 punte Afdeling B Lang transaksionele • Inhoud en 12 punte teks beplanning • Taal, styl en redigering 8 punte Totaal: 20 punte Afdeling C Kort • Inhoud en 12 punte transaksionele teks beplanning • Taal, styl en redigering 8 punte Totaal: 20 punte • Huistaalleerders moet onthou dat Afdeling B uit twee transaksionele tekste bestaan. • Eerste Addisionele Taalleerders asook Tweede Addisionele Taalleerders moet in Afdeling B lang en in Afdeling C kort transaksionele skryfstukke beantwoord. 7
Hier is verduidelikings van woorde en tekssoorte wat jou sal help. afkortings ʼn Verkorte skryfwyse van ʼn woord of uitdrukking, byvoorbeeld mnr. in plaas van meneer. advertensie Bekendstelling op skrif, in beeld of deur klank wat die persoon wil adverteer. agenda ʼn Lys van punte vir bespreking op ʼn vergadering, sakelys. argumenterende opstel Om ʼn standpunt te verdedig: probeer om die leser te oortuig. artikel ʼn Skryfstuk wat in ʼn koerant of tydskrif gepubliseer word. beskrywende opstel Om iets lewendig te beskryf bespiegelende opstel Gee die skrywer se siening, idees, gedagtes en gevoelens oor ʼn bepaalde onderwerp. beredeneerde opstel Bevat beide kante van ʼn argument. breinkaart Grafiese voorstelling van idees en onderwerp in die vorm van sleutelwoorde en illustrasies. Curriculum Vitae (CV) Besonderhede van iemand se loopbaan en prestasies dagboek ʼn Boek (joernaal) waarin dinge wat elke dag gebeur, geskryf word. dekbrief Brief ter ondersteuning van die CV/ begeleidingsbrief dialoog Spreekbeurt tussen twee persone e-pos Elektroniese boodskap huldeblyk Dit bevat die geskiedenis en besonderhede van ʼn persoon. klimaks Die opwindendste, effektiefste of belangrikste deel van die geskrewe stuk. notule Skriftelike verslag van wat in ʼn vergadering behandel en besluit is. ontvanger Iemand wat iets, bv. ʼn brief, in ontvangs neem. redigeer Gereedmaak vir inhandiging van die finale produk register Die woorde, styl en grammatika wat in verskillende situasies deur sprekers en skrywers gebruik word. resensie Beoordeling van ʼn kunswerk/boek ens. sender Iemand wat iets, bv. ʼn brief, stuur styl Trant of manier van skryf toon Die toon van ʼn skryfstuk verwys na die verteller of skrywer se houding teenoor die onderwerp of die teikenleser. Die toon word aangedui deur die woordkeuse, die lengte en struktuur van sinne, leestekens en die formaat waarmee die idees oorgedra word. transaksionele teks Funksionele skryfwerk, bv. briewe, notules, verslae, e-pos, teksboodskap 8
Afdeling A: Opstelle 1. Die A – Z van Opstelle Hierdie selfstudiegids poog om julle as leerders deeglik oor die aspekte van skryf en aanbied van opstelle vir Afrikaans Huistaal, Eerste en Tweede Addisionele Tale en die assessering daarvan in te lei. Dit is ook ’n poging om standaardisering te bewerkstellig en om verwarring wat mag bestaan, uit die weg te ruim. Die studiegids poog voorts om bekwame, veelsydige skrywers te kweek wat hul vaardighede kan gebruik om gepaste, geskrewe, visuele en multi-media tekste vir verskeie doeleindes te skep. Die vaardigheid Skryf en Aanbied bied aan julle as leerders die geleentheid om idees samehangend te formuleer en te kommunikeer. Deurlopende skryfoefeninge oor ’n wye verskeidenheid van kontekste, take en vakgebiede sal julle in staat stel om effektief en kreatief te kommunikeer. Kennis van Taalstrukture en -konvensies sal dit ook moontlik maak om tekste in samehangende paragrawe te skryf. Die seleksie van tekste wat deur leerders in Graad 10-12 geproduseer moet word en waarop gefokus gaan word, is in die Graad 10-12 Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir Huistaal, Eerste en Tweede Addisionele Taal verkry. 9
1.1. Die struktuur van ʼn opstel OPSTEL INLEIDING LIGGAAM SLOT • Die liggaam bevat die • Moet kort wees • Moet aandag trek res van die inhoud • Moet die idee skep • Moet kort wees • Elke paragraaf dat die opstel • Moet verband hou bestaan uit een afgehandel is met die onderwerp hoofgedagte en • Sluit aan by die • Jy kan ook begin met: ondersteunende inleiding - direkte rede gedagtes • Maak ʼn blywende - aanhaling • Wissel die lengte van indruk op die leser - vraag paragrawe 1.2 Stappe vir die skryf van ʼn opstel Skryf en Aanbied kombineer drie elemente: û Die gebruik van prosesskryf; û kennis oor – en die toepassing van die verskillende kenmerke en strukture van tekste; en û die leer en toepassing van paragraaf- en sinstrukture en punktuasie. 10
Keuse van ʼn teks Jy moet seker maak dat jy ’n wye verskeidenheid tekste gedurende die jaar skryf. Jy moet ’n balans handhaaf tussen die skryf van tekste vir verskillende doeleindes. Kies ’n onderwerp wat binne jou ervaringswêreld is, sodat jy die nodige woordeskat het om ’n teks te skryf. Beplan/Pre-skryf • Ontleed die struktuur, taalkenmerke en register van die betrokke tekssoort. • Besluit op die doel van die teks en die gehoor vir wie jy skryf. • Beplan jou onderwerp deur byvoorbeeld kopkaarte te gebruik. • Gebruik die riglyne (kontrolelys) wat vir jou gegee is om jou skryfwerk te verbeter. • Doen navorsing oor die onderwerp en kies toepaslike inligting. • Gebruik die struktuur en idees wat jy in die pre-skryfstadium gebruik het en skep ’n raamwerk vir die teks. • Identifiseer hoofgedagtes en ondersteunende idees. • Rangskik die idees in ’n logiese volgorde. Skryf ʼn konsep • Skryf ’n eerste poging en hou die doel, teikengroep, onderwerp en tekssoort in gedagte. • Kies gepaste woorde soos beskrywende woorde en frases om byvoorbeeld ’n verhalende opstel lewendiger te maak. • Organiseer idees in ’n logiese volgorde sodat argumente duidelik is. • Organiseer idees en/of beelde sodat die opstel/teks sin maak. • Besluit op ’n persoonlike styl. • Lees jou eerste poging krities en skenk aandag aan: ü gepaste beskrywende woorde; ü frases en uitdrukkings wat die regte stemming skep. Hersiening, redigering, proeflees en aanbieding • Gebruik die riglyne wat vir jou gegee is om jou skryfwerk te verbeter. • Verfyn woordkeuses sowel as sin- en paragraafstrukture. • Verfyn die volgorde en samehang van paragrawe. • Skakel dubbelsinnigheid en onnodige/uitgebreide beskrywings uit. • Vermy beledigende taal. • Gebruik leestekens, spelling en taalgebruik korrek en gepas. • Berei jou finale weergawe voor. • Bied die teks aan. Woordkeuse • Gebruik ’n wye verskeidenheid woorde. • Gebruik die denotatiewe (letterlike) sowel as die konnotatiewe (figuurlike) betekenisse van woorde. 11
• Gebruik woordsoorte (lidwoord, byvoeglike naamwoord, selfstandige naamwoord, werkwoord, ens.) korrek in sinne. • Gebruik formele en informele taal (sleng/spreektaaluitdrukkings/jargon) binne konteks. • Spel woorde korrek. • Gebruik woordeboeke en tesourusse om woordeskat uit te brei. • Skep ’n persoonlike woordelys. Sinskonstruksie • Skryf enkelvoudige, saamgestelde en veelvoudige sinne. • Gebruik verbindingswoorde korrek om sinsdele/sinne te verbind. • Brei sinne uit deur middel van bywoorde en byvoeglike naamwoorde, byvoorbeeld: Die ou man met die kierie loop in die straat. Punktuasie • Gebruik leestekens (punt, komma, dubbelpunt, aandagstreep, vraagteken, uitroepteken, hakies, aanhalingstekens, kommapunt, ellips) gepas en korrek. Skryf van ’n paragraaf • Skryf paragrawe met kern- en ondersteunende sinne. • Organiseer sinne in ’n logiese volgorde. • Gebruik verbindingswoorde om ’n paragraaf se idees saam te bind. 12
Samevatting van skryfstukke OPSTELLE Soort Tekste Huistaal: Opstel Eerste Addisionele Tweede Addisionele Taal: Opstel Taal: Opstel Getal woorde: Getal woorde: Getal woorde: Gr. 12 – 400-450 Gr. 12 – 250-300 Gr. 12 – 200-250 Gr. 11 – 350-400 Gr. 11 – 200-250 Gr. 11 – 180-200 Gr. 10 – 300-350 Gr. 10 – 150-200 Gr. 10 – 150-180 GR 10 GR 11 GR 12 GR 10 GR 11 GR 12 Argumenterende opstel ü ü ü ü ü Beredeneerde opstel ü ü ü ü ü Beskrywende opstel ü ü ü ü ü ü Bespiegelende opstel ü ü ü ü Verhalende opstel ü ü ü ü ü ü 13
Maak gebruik van jou sintuie EN Hoofletters en skryftekens Wenke by die skryf van ’n opstel • Lees al die onderwerpe. • Kies ʼn onderwerp ... o waaroor jy die beste sal skryf. o wat jou interesseer. o wat jy goed verstaan. o waaroor jy die meeste kennis beskik. • Onthou, wanneer jy skryf, moet daar aan die vereiste aantal woorde vir jou opstel voldoen word – sonder om jou idees te herhaal. • Ontleed die onderwerp o Onderstreep die sleutelwoorde om te verseker dat jy nie van die onderwerp afdwaal nie. o Vra die volgende vrae: Wie?, Wat?, Waar?, Wanneer? en Hoe? o Beplan die opstel met behulp van ’n kopkaart of deur gedagtes neer te skryf. 14
1.3 Die vyf soorte opstelle • Verhalende opstel • Beskrywende opstel • Bespiegelende opstel • Beredeneerde opstel • Argumenterende opstel Jy kry ook ʼn keuse van visuele tekste/prente. Wat word van jou verwag in die eksamen? • Ontleed die onderwerp o Onderstreep die sleutelwoorde om te verseker dat jy nie van die onderwerp afdwaal nie. o Vra die volgende vrae: wie?, wat?, wanneer?, waar?, hoe? o Beplan die opstel met behulp van ’n kopkaart of deur gedagtes neer te skryf. • Inleiding o Die inleiding is die belangrikste deel van die opstel omdat dit die aandag van die leser moet trek. o Dit moenie langer as 5 kort sinne wees nie. o Vermy inleidings soos: Eendag lank, lank gelede ... , Dit het gebeur toe ..., Ek wil julle graag vertel ... • Die liggaam o Elke paragraaf bestaan uit ’n hoofgedagte en gedagtes wat die hoofgedagte ondersteun. o Gebruik verskillende paragraaflengtes. o Daar moet ’n logiese ontwikkeling van die gebeure/idees wees. o Vermy onnodige lang sinne. Gebruik sinne wat goed saamgestel is. • Slot o ’n Treffende slot moet die voorafgaande paragrawe saamvat. o Geen ekstra inligting moet in die slot bygevoeg word nie. o Dit moet die leser stof tot nadenke gee en ’n blywende indruk laat. Ek hou Ja, jy kan kreatief daarvan om wees. Onthou om by opstelle te die onderwerp te skryf. bly. Woordeskat Jy moet die regte woordeskat gebruik. 15
AfdelingA Alles aangaande opstelle Die struktuur van die opstel ʼn Opstel bestaan uit ʼn inleiding, liggaam en slot. Inleiding Die inleiding is die eerste paragraaf van die opstel. Dit moet dadelik die leser se aandag trek en verduidelik waaroor die opstel handel. Liggaam Die langste gedeelte van die opstel is die liggaam van die opstel. Dit word in paragarawe verdeel. Elke paragraaf bestaan gewoonlik uit ʼn hoofgedagte oor die opstelonderwerp. Slot Die laaste paragraaf in die opstel is die slot. Dit bring ʼn opstel tot ʼn einde. Geen nuwe inligting word in die slot gegee nie, maar dit som die hoofgedagtes op. Samehangend: Sinne moet samehangend wees. • Inleiding Logiese volgorde: • Liggaam Paragrawe moet logies op mekaar • Slot volg. Stappe in die skryf van ʼn opstel in die eksamen Daar is vier hoofstappe betrokke in die skryf van ʼn opstel in die eksamen. Stap 1: Kies jou onderwerp asook die soort opstel. Stap 2: Beplan jou opstel. Stap 3: Skryf en redigeer jou eerste poging van die opstel. Stap 4: Skryf jou finale poging. Stap 1: Kies jou onderwerp en soort opstel Onderwerp In die opstelafdeling van die eksamen, sal daar agt onderwerpe wees om uit te kies. Jy moet een van die onderwerpe kies waaroor jy ʼn opstel gaan skryf. Jy moet net een opstel skryf. 16
AfdelingA Opstelsoorte ʼn Spesifieke onderwerp mag beter by een bepaalde soort opstel pas as by ʼn ander. Byvoorbeeld, as ʼn onderwerp vra of jy saamstem of nie, sal dit ʼn argumenterende opstel wees. In die tabel hieronder volg ʼn beskrywing van die vyf soort opstelle. Kyk op bladsy 23 tot 31 na inligting rakende die opstelle. DIE VYF SOORTE OPSTELLE 1. VERHALENDE OPSTEL DIE VERHALENDE OPSTEL HANDEL OOR DIE AANBIED VAN ʼn REEKS GEBEURE IN ʼn SINVOLLE VOLGORDE. 2. BESKRYWENDE OPSTEL BESKRYWINGS WORD GEBRUIK OM ATMOSFEER EN STEMMING TE SKEP. 3. BESPIEGELENDE DIE OPSTEL GEE DIE SKRYWER SE SIENING, IDEES, GEDAGTES EN GEVOELENS OOR ʼn BEPAALDE OPSTEL ONDERWERP WEER. 4. BEREDENEERDE OPSTEL BEREDENEERDE OPSTELLE BEVAT BEIDE KANTE VAN ʼn ARGUMENT. 5. ARGUMENTERENDE ARGUMENTERENDE OPSTEL BEVAT ʼn SUBJEKTIEWE BEREDENERING, DIE VERDEDIGING OF OPSTEL AANVAL VAN ʼn SAAK WORD ENDUIT GEVOER. 17
AfdelingA Stap 2: Beplan jou opstel Besluit watter soort opstel is geskik vir die opstelonderwerp. Onthou die eienskappe van hierdie soorte opstelle. Beplan jou opstel deur jou idees oor die inhoud of liggaam van die opstel neer te skryf. Die inhoud verwys na die hoofgedagtes in jou opstel - waaroor dit hoofsaaklik gaan. Dit moet aansluit by die onderwerp. Wanneer jy ʼn paar idees neergeskryf het, kan jy dit organiseer deur dit te nommer. Dit sal die volgorde van die paragrawe bepaal. Daar is verskeie maniere om ʼn opstel te beplan. Byvoorbeeld dat jy ʼn breinkaart kan gebruik. Gebruik die beplanningsmetode wat die beste werk vir jou. Daar is voorbeelde van hulpmiddels wat jy kan gebruik om ʼn opstel te beplan op bladsy 19 en 20. Besluit oor die doel van die opstel en die gehoor vir wie daar geskryf word. Bepaal die formaat, styl en standpunt. Maak gebruik van ʼn kopkaart, spinnekopdiagram of ideelyste. Raadpleeg relevante bronne, kies relevante idees. Gebruik hoofgedagtes en ondersteunende idees vir effektiewe beplanning. Skryf ʼn eerste poging en kry terugvoer van jou maats. 18
AfdelingA Maniere om ’n opstel te beplan Beplanning help jou gewoonlik om te dink oor die idees wat jy in die opstel wil insluit. Dit help ook om jou idees in ’n duidelike struktuur te gebruik. Jy ontvang punte vir beplanning. Jy kan ’n breinkaart gebruik of jou idees in volgorde neerskryf om jou opstel te beplan. 1. Breinkaarte ’n Breinkaart is ’n diagram van idees. Die titel is in die middel van die vertakkings wat jou gedagtes en idees toon. Hieronder is ’n voorbeeld van ’n breinkaart. Idees vir inleiding idees IDEE IDEE ONDERWERP IDEES IDEES IDEES 19
AfdelingA 2. Ideelys Hierdie lys help jou om vinnig idees neer te skryf vir elke paragraaf. Skryf jou idees soos wat jou gedagtes vloei en organiseer dit dan in volgorde. Hieronder is ’n voorbeeld: Willekeurige ideelys Geordende ideelys Opstelonderwerp Opstelonderwerp Idee vir ’n inleiding Idee vir ’n inleiding 1. Idee Besonderhede Besonderhede van idee van idee Besonderhede Besonderhede van idee Idee van idee Besonderhede van idee Besonderhede 2. Idee van idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee 3. Idee Idee Besonderhede Besonderhede van idee van idee Besonderhede van idee Besonderhede Besonderhede van idee van idee Idee vir die slot Besonderhede van Idee idee Besonderhede van idee Idee vir die slot As jy jou opstel beplan, onthou die kenmerke van die soort opstel wat jy gekies het. Kyk op bl. 23-28 vir inligting oor elke soort opstel. 20
AfdelingA Stap 3: Skryf en redigeer jou eerste poging Skryf ’n eerste poging deur jou idees in jou beplanning te gebruik. Lees versigtig deur elke sin om dit te proeflees. Let op na die korrekte Redigering is belangrik! spelling, leestekens of ander taalfoute. Redigeer jou eerste poging deur die foute te korrigeer asook ander veranderings aan te bring wat nodig is. Hierdie proses sal die taalgebruik asook die styl van die finale poging beïnvloed. Tel die hoeveelheid woorde van jou opstel en dui veranderings aan om by die hoeveelheid woorde te hou. Byvoorbeeld jy mag effe meer of minder woorde gebruik. wenke Verfyn woordkeuse, sin-en paragraafstrukture. Skakel dubbelsinnigheid uit. Evalueer inhoud, styl en register. Berei finale weergawe voor. Dink aan die gehoor sodat jy die korrekte register kan gebruik vir jou opstel. Register kan formeel of informeel wees. Die toon van die opstel Die manier waarop jy is die gevoel/emosie ’n opstel ontwerp, wat die skrywer in die word die styl opstel weergee. genoem. .bv.spelerig 21
AfdelingA Stap 4: Skryf jou finale weergawe Skryf jou finale weergawe deur jou eerste poging oor te skryf. Maak seker dat Trek die beplanning al die veranderinge wat jy aangedui het, gekorrigeer is in die finale poging sodat en eerste poging daar geen foute is nie en jy jou idees duidelik kan weergee. dood! Wanneer jy jou opstel gefinaliseer het, trek die beplanning en eerste poging dood. Indien jy dit nie doen nie, kan die eksaminator jou beplanning nasien en nie die finale poging nie. wenk Gebruik die kontrolelys op bl 31 om te kontroleer of al die belangrikste eienskappe van die opstel ingesluit is. 22
AfdelingA 2. Die vyf soorte opstelle Daar is vyf verskillende soorte opstelle. Elke soort word vir ’n ander doel geskryf. Om voor te berei vir die eksamen, moet jy al vyf soorte hersien. 1. Verhalende opstel 2. Beskrywende opstel 3. Bespiegelende opstel 4. Beredeneerde opstel 5. Argumenterend opstel Die belangrikste eienskappe van elke soort opstel en riglyne by die skryf van elke soort opstel word in hierdie afdeling weergegee. Om voor te berei vir die eksamen, oefen om elke soort opstel te skryf. 2. Die vyf soorte opstelle 2.1 Verhalende opstel (Huistaal, Eerste & Tweede Addisionele Tale) Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. 2.1.1 Kenmerke van die verhalende opstel • Hierdie soort opstel gaan oor iets wat gebeur en waarvan vertel word: ’n storie. • Dit word opreg en met entoesiasme geskryf. • Die inhoud is boeiend, interessant en samehangend. • Die storielyn moet oortuigend wees. Dit ontwikkel ook logies. • Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of dit kan fiktief wees, maar die inhoud moet oortuig. • Die karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd. • ’n Treffende inleiding moet die leser boei. • Die gebeure word gewoonlik opeenvolgend aangebied. • Die slot is verrassend, ongewoon, interessant en dikwels onvoorspelbaar. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Skryf in die eerste- of derdepersoon. • Gebruik meestal verlede tyd. Vaardige skrywers kan ook die teenwoordige tyd gebruik om ’n gevoel van onmiddellikheid te skep. • Gebruik woorde wat gebeure in tyd aandui, bv. vroeg die môre, later. • Goeie stories is baie kompak en skrywers gebruik nie ’n woord wat nie ’n doel het nie. • Dialoog kan gebruik word. Gebruik die direkte rede om ’n gevoel van die hede te skep en die indirekte rede indien jy ’n afstand tussen die leser en die karakter wil skep. (Nie vir Tweede Addisionele Taal nie) • Gebruik beskrywende woorde en frases soos bywoorde, byvoeglike naamwoorde en beelde wat die leser boei. 23
AfdelingA Voorbeeld: Hieronder volg ’n voorbeeld van die interpretasie van ’n onderwerp van die skryf van ’n verhalende opstel: ’n Voorbeeld van ʼn onderwerp: Die dag toe ons motor langs die pad gaan staan het Wanneer? Wie/Wat? Waar? Wat het gebeur/ Hoe? ’n Voorbeeld van ʼn breinkaart Wie almal? Waar het die motor gaan staan? Waarheen op pad? Wat was die probleem? Wanneer het dit gebeur? Onderwerp Hoe is die probleem opgelos? 2.1.2 Aktiwiteit: Skryf ’n opstel oor die volgende onderwerp: Dit was die grootste fout van my lewe 2.2 Beskrywende opstel (Huistaal, Eerste & Tweede Addisionele Tale) Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. 2.2.1 Kenmerke van die Beskrywende opstel ’n Beskrywing kan prakties of versierend van aard wees. Dit vereis eenvoudige taal. Waak teen oordrewe beskrywings en die oormatige gebruik van byvoeglike naamwoorde en bywoorde. Goeie skrywers gebruik min byvoeglike naamwoorde en bywoorde en tog is hul beskrywings uitstekend. Beskrywings word meestal gebruik om atmosfeer en stemming te skep. Dit word gedoen deur die konnotatiewe (figuurlike) en nie die denotatiewe (letterlike) gebruik van woorde nie. 24
AfdelingA • Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis. • Insig, begrip, eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dus meer as net die opnoem van waarnemings.) • Tekste kan wissel van realisties na ’n verdieping in die aanbieding. • Eie gevoelens oor die beskrywing kan gegee word. • Plekke, gebeure en karakters word presies en akkuraat beskryf. • Karakters moet innerlik en uiterlik lewensgetrou wees. • Probeer om ’n prent in die gedagtes van die leser te skep. • Kies woorde en uitdrukkings om ’n verlangde effek te verkry. • Beeldspraak, stylfigure, idiome en spreekwoorde word op ’n oorspronklike wyse aangewend. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Gebruik die verlede of toekomende tyd. • Gebruik bywoorde en byvoeglike naamwoorde. Voorbeeld: Hier volg ’n voorbeeld van ’n inleidingsparagraaf vir ’n beskrywende opstel: Suid-Afrika is ’n goeie plek vir toeriste Suid-Afrika is ’n belewenis: mens sien die groot vyf. Jy hoor die gebrul van die leeus. Jy ruik die grond as die reëndruppels neerplof en verlustig jou aan die suikersoet-pannekoek. Mý land, Suid-Afrika ... 2.2.2 Aktiwiteit: Skryf ’n opstel oor die volgende onderwerp: Jy weet hoe mense is... 2.3 Bespiegelende opstel (Huistaal & Eerste Addisionele Taal) Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies weer. Bespiegel oor ’n droom of aspirasies. 2.3.1 Kenmerke van die bespiegelende opstel Die skrywer gee sy siening, idees, gedagtes en gevoelens oor ’n bepaalde onderwerp weer. Dit het ’n persoonlike strekking en is dikwels subjektief. Daar moet ’n duidelike struktuur wees, maar ’n gevolgtrekking aan die einde is nie nodig nie. Dit hoef ook nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie. Die toon kan humoristies of ernstig wees. 25
AfdelingA • ’n Groot gedeelte van die opstel mag beskrywend wees. Die beskrywings behoort lewendig te wees en moet daarop gemik wees om herinneringe of gevoelens van die skrywer in die leser te laat herleef. • Die probleem, situasie, saak, onderwerp word beskryf/bepeins/oordink. • Verskillende moontlike standpunte word teen mekaar opgeweeg en ’n eie mening word dikwels gevorm (logies en sistematies). • Die gedagtes/idees/gevoelens waaroor geskryf word, behoort opreg te wees en ’n persoonlike betrokkenheid te toon. • Gevoelens en emosies speel ’n baie belangrike rol. • Fokus op gepaste woordeskat. Woorde soos ek is oortuig dat, dit bewys dat, maar, dog, omdat, daarom behoort gebruik te word. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Gebruik persoonlike voornaamwoorde. Voorbeeld: Hier volg ’n voorbeeld van ’n inleidingsparagraaf vir ’n bespiegelende opstel: Die oomblik van waarheid Almal beleef die een of ander tyd daardie oomblik wat ’n mens se lewe totaal verander. ’n Oomblik wat jy wens nooit moes gebeur het nie, ’n oomblik wat jy nie kan vermy of van kan ontsnap nie. Die oomblik van waarheid. 2.3.2 Aktiwiteit: Skryf ’n opstel oor een van die volgende onderwerpe: • Vandag is ek baie wyser as voorheen. • Die uitdagings van vandag se lewe • Die vreugde om ander te help 2.4 Beredeneerde opstel (Huistaal & Eerste Addisionele Taal) Die opstel is objektief en probeer om ’n gebalanseerde siening van beide kante van ’n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Dit is hoofsaaklik objektief, maar die skrywer kan ook persoonlik raak; dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. 26
AfdelingA 2.4.1 Kenmerke van die beredeneerde opstel • Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor alreeds tydens die inleiding standpunt ingeneem word. • BEIDE kante van die argument moet beredeneer word. • Die argument/probleem moet reeds in die inleidingsparagraaf gestel word. • Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder. • Die argumente ontwikkel van die algemene na die spesifieke. • Gebruik ondersteunende argumente vir/teen die beredenering. • Die leser word uiteindelik deur die skrywer se standpunt oortuig. • Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor. • Fokus op gepaste woordeskat. • ’n Gevolgtrekking word in die slot bereik. Opsommings en aanbevelings kan ook in die slot gegee word. • Sinstrukture, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Gebruik die teenwoordige tyd. • Gebruik woorde wat rede, oorsaak, voegwoorde/logiese opeenvolging aandui, soos bv. dit bewys dat, maar, dog, omdat, daarom. Voorbeeld: Hieronder volg ’n voorbeeld van die inleidingsparagraaf vir die beredeneerde opstel: Tegnologie het ons lewens verbeter Sommige mense is vas oortuig daarvan dat tegnologie die duiwel self is, terwyl ander weer glo dat dit absoluut fantasties is! Almal moet egter saamstem: deesdae is dit moeilik om jou ’n wêreld sonder tegnologie voor te stel. 2.4.2 Aktiwiteit: Skryf ’n opstel oor een van die volgende onderwerpe: • Orgaanskenking kan ’n ander se lewe red • Verandering is nie altyd goed nie • ’n Tatoeëermerk – ja of nee? 2.5 Argumenterende opstel (Huistaal & Eerste Addisionele Taal) Die skrywer het ’n spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer/ verdedig. Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees. Dit is ’n subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om sy/haar perspektief te deel. Die verdediging of aanval van ’n standpunt word enduit volgehou. Dit is ook eensydig en die slot stel die skrywer se standpunt duidelik. 27
AfdelingA 2.5.1 Kenmerke van die argumenterende opstel • Dit moet subjektief wees en definitiewe opinies moet gestel word. • Gee ’n eie mening op ’n oorspronklike en treffende manier. • Gee ’n reeks argumente om ’n standpunt te motiveer. • Konsentreer op argumente vir/teen ’n standpunt. • Gebruik ’n verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke. • Gebruik sterk gevoelstaal wat emosioneel kan wees, maar vermy kru- of beledigende taal. • Fokus op gepaste woordeskat. • Die slot moet sterk, duidelik en oortuigend wees om ’n standpunt te ondersteun. • Die sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Gebruik die teenwoordige tyd. • Gebruik woorde wat rede, oorsaak, opeenvolging/voegwoorde/logiese opeenvolging aandui soos bv. dit bewys dat, maar, dog, omdat, daarom. Voorbeeld: WAT IS DIE NUT DAARVAN OM TE ARGUMENTEER? • Jy wil ander persone van jou standpunt oortuig. • Jy wil hê mense moet dieselfde oor iets dink. ’n Argumenterende opstel wil presies dieselfde doen - dit wil oortuig, oorreed of beïnvloed. Hier volg ’n voorbeeld van ’n inleidingsparagraaf vir ’n argumenterende opstel: Tieners Tieners is die ondankbaarste spesie op hierdie aardbol! 2.5.2 Aktiwiteit: Skryf ’n opstel oor een van die volgende onderwerpe: • Tieners is nie werklik opstandig nie, hulle word gewoonlik net verkeerd verstaan. • Jong mense word baie dikwels meer deur hulle vriende beïnvloed as deur hulle ouers. • Selfone is taboe in die klaskamer. 28
AfdelingA 3. Interpretasie van Visuele Prikkels (Prente) (Huistaal, Eerste & Tweede Addisionele Tale) ’n Visuele prikkel is ’n prent of illustrasie wat van jou vereis om ’n opstel te skryf gebaseer op wat jy sien en die emosies wat dit aanwakker. Die doel van die visuele prikkels is om jou kreatiwiteit aan te wakker. 3.1 Kenmerke • Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die visuele prikkels is oop vir ’n verskeidenheid interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word. • Die vrae is só geformuleer en die prente só gekies dat ’n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word. • Jy kan enige soort opstel kies om te skryf (naamlik verhalend, beskrywend, argumenterend, beredeneerd of bespiegelend). • Jou opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. • Wanneer jy ’n opstel skryf na aanleiding van ’n visuele prikkel, vra jouself die volgende vrae: o Wat kan jy in die prent sien wat aan jou voorsien is? o Wat staan vir jou in die prent uit? o Wat is die fokus van die prent? o Waaraan dink jy as jy die prent sien? o Watter gevoelens/emosies wakker die prent in jou aan? • Voorsien jou opstel van ’n gepaste titel. • Dit is belangrik dat jy nie die prent/visuele prikkel net beskryf nie. • Onthou om die skryfproses te gebruik as riglyn ter voorbereiding en aanbieding van jou opstel. 3.2 Aktiwiteit Kies EEN van die volgende prente en skryf ’n opstel daaroor. Skryf die vraagnommer en die titel van jou opstel neer. LET WEL: Daar moet ’n duidelike verband wees tussen die opstel en die prent wat jy gekies het. 3.2.1 [Bron: www.saada.com] 29
AfdelingA 3.2.2 [Bron: googleimages.com] 3.2.3 [Bron: googleimages.com] 4. Reaksie op opstelvrae wat aanhalings as onderwerp gebruik Aanhalings/Idiomatiese uitdrukkings: • Dit verwys na ’n frase of kort geskrewe stuk wat uit ’n letterkundige genre geneem is, byvoorbeeld ’n gedig of iemand se direkte woorde. • Aanhalings van beroemde skrywers, leiers en bekende mense kan gebruik word vir die skryf van ’n kreatiewe opstel. • Idiomatiese uitdrukkings kan ook gebruik word as onderwerp van ’n opstel. ’n Idiomatiese uitdrukking is ’n eenvoudige, konkrete, tradisionele gesegde wat ’n waarheid beklemtoon wat gebaseer is op logika of ondervinding. • Idiomatiese uitdrukkings is gewoonlik metafories/figuurlik. 30
AfdelingA 4.1 Kenmerke: • Aanhalings/Idiomatiese uitdrukkings laat toe dat jy die gegewe onderwerp in enige kreatiewe manier kan beantwoord. • Daar moet ’n verband wees tussen die gegewe aanhaling en die geskrewe opstel. • Uittreksels van gedigte, romans, artikels, ens. kan gebruik word as ’n kreatiewe geskrewe onderwerp. Die uittreksels fokus gewoonlik op ’n spesifieke tema, idee of saak. • Die uittreksel kan soms ook meer as een idee/saak insluit wat aangespreek word. • Maak seker wanneer jy respons lewer op ’n uittreksel dat die inhoud al die idees/sake aanspreek. Indien al die idees/sake nie aangespreek word nie, sal die inhoudspunt dit negatief beïnvloed wanneer die opstel geassesseer word. • Wanneer jy ’n aanhaling of idioom analiseer/ontleed, hou die volgende in gedagte: o Skenk aandag aan die hoofgedagte van die aanhaling. o Dink waaroor die aanhaling gaan. o Besluit watter soort opstel jy kan skryf wat pas by die gegewe aanhaling. • Jou opstel moet oor die aanhaling gaan, nie oor die skrywer nie. 4.2 Aktiwiteit: Skryf ’n opstel oor EEN van die volgende onderwerpe: 4.2.1 Geluk is soos ’n skoenlapper – terwyl jy dit rondjaag, bly dit buite jou bereik. As jy dit egter nie pla nie, kom sit dit dalk vanself op jou skouer. 4.2.2 My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig. Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite, Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite; Hier binne is dit veilig, warm en dig. H.A. Fagan 4.2.3 Dit is die klein dingetjies in die lewe wat saak maak. KONTROLELYS VIR DIE OPSTEL ü X 1. Die doel is bereik: Die boodskap in die opstel is duidelik. 2. Die opstel bestaan uit ʼn inleiding, liggaam en slot. 3. Elke paragraaf bevat ’n kern/hoofgedagte. 4. Inleidende paragraaf is treffend en trek die leser se aandag. 5. Slotparagraaf is treffend en sluit aan by inleidingsparagraaf. 6. Sinne word korrek gebou. 7. Taalstrukture en -konvensies word korrek gebruik. 8. Punktuasie is korrek gebruik. 9. Die eerste poging is geredigeer. 10. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 31
Afrikaans Huistaal/V3 32 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne LET WEL: • Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A). • Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel. • Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings. • Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend en getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant (Respons en idees) bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant en oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp Hoë vlak vir beplanning; volwasse en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Bewustheid van doel, stem leser tot nadenke volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks -Uitsonderlike -Organisasie baie goed samehangend, samehang -Geen organisasie nie organisasie en en samehangend, insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE samehang, insluitend insluitend inleiding, liggaam en inleiding, liggaam en liggaam en samevatting/slot samevatting/slot samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons bevredigend, -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid maar verval soms in irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, onduidelikheid -Idees begin los staan ooreenstemming met van 'n opstel ontbreek interessant -Idees redelik en kan verwarrend onderwerp te wees nie Lae vlak -Idees intelligent en -Organisasie goed en samehangend en wees -Heeltemal irrelevant volwasse samehangend, oortuigend -Skaars 'n bewys van en ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, -'n Mate van organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en organisasie en samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend samevatting/slot inleiding, liggaam en samevatting/slot 32
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en - Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs woordeskat baie gepas woordeskat gepas vir woordeskat minder --Toon, register, styl en Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor vir doel, gehoor en doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor woordeskat nie gepas woordeskat is geskik vir en konteks - konteks konteks en konteks vir doel, gehoor en doel/effek en konteks; Taalgebruik getuig van -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie konteks nie Hoë vlak Woordkeuse; vertroue, en 'n deurlopende om betekenis oor te dra basies -Woordeskat so beperk Taalgebruik en indrukwekkend gepaste toon word -Toon is gepas -Toon en woordkeuse dat dit onmoontlik is om konvensies, punktuasie, -Toon retories treffend gebruik -Retoriese middele skaars toepaslik sin te maak grammatika, spelling en effektief -Grammatika en gebruik om betekenis -Baie beperkte -Grammatika en spelling grootliks te versterk woordeskat 15 PUNTE spelling feitlik foutvry foutvry -Knap gedaan -Baie goed gedoen 13 10 7 4 -Taalgebruik uitstekend -Taalgebruik toepaslik -Voldoende taalgebruik, -Taalgebruik en toon is retories en oor die algemeen maar teenstrydighede onvoldoende effektief effektief word opgemerk -Weinig indien enige Lae vlak -Grammatika en -Toon gepas en -Toon oor die sinsverskeidenheid spelling feitlik foutvry effektief algemeen gepas en -Woordeskat baie -Baie goed tot knap -Enkele foute in beperkte gebruik van beperk gedaan grammatika en spelling retoriese middele -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte geldig -Noodsaaklike punte Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel -Sinne en paragrawe ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe foutief -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer -Opstel maak nog foutief -Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin effens sin -Opstel maak nie sin 5 PUNTE uitsonderlik nie gekonstrueer
RUBRIEK ASSESSERING: OPSTEL EERSTE ADDISIONELE TAAL (50 PUNTE) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & BEPLANNING 28 – 30 22 – 24 16 – 18 10 – 12 4–6 1. Respons: Uitstaande en 1. Respons: Baie goed. Getuig 1. Respons: Bevredigend. 1. Respons: Wisselvallige 1. Respons: Heeltemal irrelevant. • Respons op teks. treffend. Bo verwagting. van vaardigheid. 2. Idees: Oortuigend en redelik samehang. 2. Idees: Deurmekaar en nie op • Idees in teks. 2. Idees: Intelligent. Stem leser tot 2. Idees: Heeltemal relevant en samehangend. 2. Idees: Onduidelik en nie onderwerp gefokus nie. Vaag en Hoë vlak • Organisering van idees nadenke. Volwasse. interessant en lewer bewys van 3. Organisasie: Redelik en redelik oorspronklik nie. herhalend. en beplanning. 3. Organisasie: Inleiding, liggaam volwassenheid. samehangend, insluitend inleiding, 3. Organisasie: Min bewys 3. Organisasie: Geen organisasie • Bewustheid van doel, en samevatting / slot is 3. Organisasie: Inleiding, liggaam liggaam en samevatting / slot. van organisasie en nie en is onsamehangend. gehoor en konteks van uitsonderlik en samehangend. en samevatting / slot is baie samehang. teks. goed en samehangend. 26 – 27 19 – 21 13 – 15 7–9 0–3 (30) 1. Respons: Uitmuntend, maar 1. Respons: Goed en getuig van 1. Respons: Bevredigend, maar 1. Respons: Grootliks 1. Respons: Geen poging is uitstaande en treffende vaardigheid. verval soms in onduidelikheid. ontoepaslik. aangewend om in Lae vlak eienskappe van ’n opstel 2. Idees: Toepaslik en 2. Idees: Redelik samehangend en 2. Idees: Begin losstaan en ooreenstemming met die ontbreek. interessant. oortuigend. kan verwarrend wees. onderwerp te wees nie. 2. Idees: Volwasse en intelligent. 3. Organisasie: Inleiding, liggaam 3. Organisasie: Inleiding, liggaam en 3. Organisasie: Inleiding, 2. Idees: Heeltemal ontoepaslik en 3. Organisasie: Inleiding, liggaam en samevatting / slot is goed en samevatting / slot en samehang: ’n liggaam en samevatting / irrelevant. . en samevatting / slot is knap en samehangend. mate van organisasie. slot en samehang: skaars ’n 3. Organisasie: Nie gefokus nie en samehangend. bewys van organisasie. deurmekaar. TAAL, STYL & 14 – 15 11 – 12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING 1. Toon, register, styl en 1. Toon, register, styl en 1. Toon, register, styl en 1. Toon, register, styl en 1. Toon, register, styl en • Toon, register, styl en woordeskat: Hoogs gepas vir woordeskat: Baie gepas vir woordeskat: Gepas vir doel, woordeskat: Nie gepas vir woordeskat: Minder gepas vir woordeskat is geskik doel, gehoor en konteks. doel, gehoor en konteks. gehoor en konteks. doel, gehoor en konteks nie. doel, gehoor en konteks. vir doel / effek en 2. Taalgebruik: Getuig van 2. Taalgebruik: Effektief. 2. Taalgebruik: Gepas en dra Woordeskat is beperk. Woordeskat is so beperk dat dit Hoë vlak konteks. vertroue en is indrukwekkend. 3. Toon en woordkeuse: betekenis oor. 2. Taalgebruik: Baie basies. onmoontlik is om sin te maak. • Woordkeuse, 3. Toon en woordkeuse: Deurlopend. gepas. 3. Toon en woordkeuse: Gepas en 3. Toon en woordkeuse: 2. Taalgebruik: Onverstaanbaar. taalgebruik en Retories treffend en effektief. 4. Grammatika en spelling: retoriese middele word gebruik om Skaars toepaslik. 3. Toon en woordkeuse: Totaal konvensies, 4. Grammatika en spelling: Grootliks foutvry. betekenis te versterk. 4. Grammatika en spelling: onvanpas punktuasie, Feitlik foutvry. 5. Samestelling: Baie goed 4. Grammatika en spelling: Foute. Baie foute. 4. Grammatika en spelling: grammatika en spelling 5. Samestelling: Knap gedaan. gedoen. 5. Samestelling: Redelik tot goed. 5. Samestelling: Swak. Wemel van foute. 13 10 7 4 5. Samestelling: Geen (15) 1. Toon, register, styl en 1. Toon, register, styl en 1. Toon, register, styl en 1. Toon, register, styl en samestelling nie. Uiters swak. woordeskat: Uitstekend en woordeskat: Baie gepas vir woordeskat: Woordeskat is gepas woordeskat: Nie gepas vir retories effektief. doel, gehoor en konteks. vir doel, gehoor en konteks. doel, gehoor en konteks nie. Lae vlak 2. Taalgebruik: Uitstekend. 2. Taalgebruik: Oor die algemeen 2. Taalgebruik: Voldoende, maar Woordeskat baie beperk. 3. Toon en woordkeuse: effektief en van toepassing. teenstrydighede word opgemerk. 2. Taalgebruik: Onvoldoende. Retories effektief. 3. Toon en woordkeuse: Gepas 3. Toon en woordkeuse: Oor die 3. Toon en woordkeuse: 4. Grammatika en spelling: en effektief. algemeen gepas en beperkte Ontoepaslik. Feitlik foutvry. 4. Grammatika en spelling: gebruik van retoriese middele. 4. Grammatika en spelling: 5. Samestelling: Baie goed tot Enkele foute. 4. Grammatika en spelling: Foute. Foute. knap gedaan. 5. Samestelling: Goed gedoen. 5. Samestelling: Redelik tot goed. 5. Samestelling: Swak. STRUKTUUR 5 4 3 2 0 –1 • Kenmerke van teks. 1. Ontwikkeling van onderwerp 1. Ontwikkeling van onderwerp 1. Ontwikkeling van onderwerp en 1. Ontwikkeling van 1. Ontwikkeling van onderwerp: • Paragraafontwikkeling en detail: Uitstekend en en detail: Logies. detail: Relevant. onderwerp: Sommige punte Nodige punte ontbreek. en sinskonstruksie. uitsonderlik. 2. Sinne en paragrawe: Logies 2. Sinne en paragrawe: Goed geldig. 2. Sinne en paragrawe: Foutief. 2. Sinne en paragrawe: en toon variasie. gekonstrueer. Opstel maak nog 2. Sinne en paragrawe: Foutief. Opstel maak nie sin nie. (5) Uitsonderlik gekonstrueer. sin. Opstel maak nog effens sin.
Assesseringsrubriek: Skryf: Opstel - Tweede Addisionele Taal Graad 10 - 12 [40 Punte] KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O) INHOUD & BEPLANNING 22-24 18 12-16 7-11 0-6 - Respons is uitsonderlik, treffend - Respons is baie goed; getuig - Respons is bevredigend. - Samehang in respons is - Respons is nie meer relevant Respons op opdrag en bo verwagting. van vaardigheid. - Idees is redelik same- wisselvallig. nie. Idees in teks - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, hangend en oortuigend. - Idees is onsamehangend en - Idees is deurmekaar en nie op Organisering van idees stem leser tot nadenke. interessant en gee aanduiding - Redelike organisasie onduidelik; nie meer oorspronklik onderwerp gefokus nie. Dis Bewus van: - Uitsonderlike organisasie van volwassenheid. (inleiding, liggaam en nie. vaag en herhalend. !" doel (inleiding, liggaam en - Organisasie (inleiding, liggaam samevatting/slot) en - Min bewys van organisasie - Geen organisasie; skryfstuk is !" gehoor samevatting/slot) en samehang. en samevatting/slot) is baie samehang. (inleiding, liggaam en onsamehangend. !" konteks van opdrag goed en samehangend. samevatting/slot) en samehang. 19-21 17 24 PUNTE - Respons is uitmuntend, maar - Respons is goed; getuig van uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid. ontbreek. - Idees is relevant, interessant. - Idees is intelligent en volwasse. - Organisasie (inleiding, liggaam - Baie knap organisasie (inleiding, en samevatting/slot) is goed en liggaam en samevatting/slot) en samehangend. samehang. TAAL, STYL & REDIGERING 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3 - Taalgebruik is uitmuntend. - Taalgebruik is baie gepas en - Taalgebruik is voldoende; - Taalgebruik is basies. - Taalgebruik is onverstaanbaar. Toon, register, styl en woordeskat is geskik vir doel - Toon, styl en register is retories doeltreffend. hier en daar wisselvallig. - Toon, styl en register is - Toon, styl en register is en konteks effektief. - Toon, styl en register is gepas - Toon, styl en register is oor elementêr. onvoldoende. Woordkeuse - Woordeskat is uitsonderlik. en effektief. die algemeen gepas. - Woordeskat is baie basies. - Woordeskat uiters beperk; Taalgebruik en -konvensies - Grammatika, spelling en - Woordeskat is knap. - Woordeskat is gemiddeld. - Heelwat grammatika-, spel- en maak selfs begrip onmoontlik. Punktuasie punktuasie is feitlik foutvry. - Min grammatika-, spel- en - Grammatika, spelling en punktuasiefoute. - Grammatika-, spel- en Grammatika - Uitsonderlik gedoen. punktuasiefoute. punktuasie is gemiddeld. - Min of geen sinsverskeidenheid. punktuasiefoute belemmer Spelling - Knap gedaan. - Beperkte gebruik van betekenis. retoriese middele. 12 PUNTE STRUKTUUR 4 3 2 1 0 - Uitsonderlike ontwikkeling van - Logiese, samehangende - Gemiddelde ontwikkeling van - Basiese ontwikkeling van - Onvoldoende ontwikkeling van Kenmerke van teks onderwerp. ontwikkeling van onderwerp. onderwerp. onderwerp. onderwerp. Paragraafontwikkeling en sinskonstruksie - Uitsonderlike detail. - Genoegsame detail. - Relevante detail. - Sommige relevante detail. - Nodige detail ontbreek. - Uitsonderlike vaardigheid in sins- - Sins- en paragraafbou is logies - Gemiddelde sins- en - Sins- en paragraafbou is foutief. - Sins- en paragraafbou is 4 PUNTE en paragraafbou. en getuig van variasie. paragraafbou. - Opstel maak tog sin t.s.v. baie foutief. foute. - Opstel maak nie sin nie. HOOG GEMIDDELD LAAG
Afdeling B: Transaksionele tekste (HT) / Lang transaksionele tekste (EAT en TAT) ’n Transaksionele teks word geskryf om inligting te deel, of is ’n geskrewe rekord van kommunikasie tussen mense. Hierdie soort skryfstuk het ’n bepaalde doel en formaat byvoorbeeld om sake te doen of om nuus te deel. In hierdie afdeling gaan jy die eienskappe van elke soort transaksionele teks leer wat jou punte in die Gr 12-eksamen kan besorg. Wat word van jou verwag in die eksamen? Kyk na die volgende stappe om jou die nodige inligting vir die afdeling te gee. 36
Afdeling B 1. Stappe vir die skryf van transaksionele tekste Daar is vier stappe vir die skryf van transaksionele tekste in die eksamen: Stap 1: Kies jou soort teks en onderwerp. Stap 2: Beplan jou onderwerp. Stap 3: Skryf ’n eerste poging van jou teks en redigeer dit. Stap 4: Skryf jou finale poging. Stap 1: Kies jou soort teks en onderwerp. Daar is drie kategorieë vir transaksionele tekste (HT) en lang transaksionele tekste (EAT en TAT). Jy moet slegs EEN van die vrae beantwoord. Kies die tekssoort wat jy die beste ken. Huistaal Eerste Addisionele Taal Tweede Addisionele Taal Daar word van kandidate verwag Daar word van kandidate verwag om EEN vraag in hierdie afdeling te om TWEE vrae in hierdie afdeling te beantwoord. Die afdeling sluit VIER vrae in waarvan te minste EEN en beantwoord. Die afdeling sluit SES ’n maksimum van TWEE van elk van die volgende kategorieë: vrae in waarvan te minste EEN en ’n maksimum van TWEE van elk van die volgende kategorieë: 1. Kategorie A 1. Kategorie A 1. Kategorie A • Informele of vriendskaplike • Informele of vriendskaplike • Informele of vriendskaplike brief brief brief • Formele brief • Formele brief • Formele brief • Curriculum Vitae (CV) en • Curriculum Vitae (CV) en (versoek/aansoek/klagte/ dekbrief dekbrief simpatie/gelukwensing/ • Formele en informele brief aan • Formele en informele brief aan bedanking) die pers die pers • Formele en informele e-pos • Formele en informele e-pos 2. Kategorie B 2. Kategorie B 2. Kategorie B • Kort verslag • Resensie • Resensie • Resensie • Koerantberig • Koerantberig • Tydskrifartikel • Toespraak • Tydskrifartikel • Agenda en notule vir • Dialoog • Agenda en notule vir vergadering vergadering • Formele en informele verslag • Formele en informele verslag • Huldeblyk 3. Kategorie C 3. Kategorie C • Formele en informele • Dialoog toespraak • Geskrewe onderhoud • Dialoog • Geskrewe informele en formele • Geskrewe onderhoud toespraak • Huldeblyk 37
Afdeling B Stap 2: Beplan jou onderwerp. Onthou die korrekte formaat van die soort teks wat jy gekies het. Beplan jou teks deur jou idees vir die inhoud neer te skryf. Onthou dat jou idees gepas moet wees vir die inhoud van die teks wat jy gekies het. Daar is verskeie maniere om jou teks te beplan. Byvoorbeeld, jy kan ’n breinkaart gebruik. Gebruik die beplanningsmetode wat jou die beste pas. Daar is voorbeelde van beplanningsmetodes op bl. 39-42. woordeskat Sodra jy ’n paar idees neergeskryf het, kan jy dit in logiese volgorde nommer. Dit is dan ook die volgorde wat jy gaan gebruik om struktuur te verleen aan jou paragrawe. wenk 38
Afdeling B Maniere om die transaksionele teks te beplan Beplanning help jou om te dink aan die idees wat jy by jou teks wil insluit. Dit help ook om jou idees duidelik te struktureer. Deeglike beplanning waarborg ʼn goeie punt. Jy kan ’n breinkaart of ideelys gebruik om jou teks te beplan. 1.’n Breinkaart is ’n diagram van idees. Die titel is in die middel van die vertakkings wat jou gedagtes en idees toon. Hieronder is ’n voorbeeld van ’n breinkaart. Idees vir inleiding idees IDEE IDEE ONDERWERP IDEES IDEES IDEES 39
Afdeling B 2. Ideelys Hierdie lys help jou om vinning idees vir elke paragraaf neer te skryf. Skryf jou gedagtes neer soos wat jy daaroor dink en organiseer dit dan in logiese volgorde. Hieronder volg ʼn voorbeeld. Willekeurige lys Geordende lys Lang transaksionele skryf Lang transaksionele skryf teksonderwerp Besonderhede van idee Ø Idee Idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Ø Idee Idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Ø Idee Idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Stap 3: Skryf en redigeer jou eerste poging Skryf ’n eerste poging oor jou teks deur die idees wat jy beplan, te gebruik. Kyk dat die formaat korrek is van die soort teks wat jy gekies het. Lees versigtig deur elke sin terwyl jy dit redigeer. Let ook op enige spelfoute, sinskonstruksiefoute asook ander taalfoute. Redigeer jou eerste poging deur Redigering waarborg enige foute en ander probleme te korrigeer. Dit sal jou finale produk verbeter. ʼn verbeterde finale produk. Tel die hoeveelheid woorde in jou teks en maak die nodige veranderinge om die minimum kriteria na te kom. 40
Afdeling B Verskillende soorte tekse Die doel en gehoor van het verskillende gehore. ʼn teks sal jou lei in die ʼn Dekbrief sal deur ʼn sakeman gelees gebruik van formele of word terwyl ʼn vriendskaplike brief informele register. deur ʼn vriend gelees sal word. Elke teks het sy eie doel. Byvoorbeeld, ʼn agenda verduidelik hoe ʼn vergadering gehou word. Die notule hou rekord van wat in die vergadering gebeur. Stap 4: Skryf van jou finale teks Skryf jou finale poging nadat jy jou teks geredigeer het. Maak seker dat jy die finale poging skryf sonder enige foute wat jy reeds geredigeer het en gee jou beste idees duidelik deur. Kontroleer weer dat die teks in die korrekte formaat geskryf is. As jy jou finale produk voltooi het, trek die beplanning en eerste poging dood. As jy dit nie doen nie, kan die eksaminator verkeerdelik die beplanning nasien. 41
Afdeling B wenk • Maak doodseker dat jy die formaat van ELKE skryfstuk op die punte van jou vingers ken. • Jy moet weet wat die spesifieke doel van elke skryfstuk is. • Die teikengroep moet altyd ingedagte gehou word. • Die taalgebruik en styl moet aanpas by die aard van die skryfstuk. Belangrike verskille tussen formele en informele skryfwerk Formele skryf Informele skryf Register: Register: • Formeel, bv. Meneer, u veter is los. • Informeel, bv. Jan, jou veter is los. • Geagte Dame • Liewe/Beste Lilian • Die uwe • Groete./Liefdegroete. Woorde: Woorde: • Moenie verkorte woordvorme gebruik • Moenie verkorte woordvorme gebruik nie, bv. Daar’s … (Daar is …) nie, bv. Daar’s … (Daar is …) • Gebruik “u” (kleinletter in die middel • Gebruik jy, jou, julle, hulle, ons van ʼn sin) Sinne: Sinne: • Kort en bondig • Gebruik adjektiewe en bywoorde Gebruik die eerste persoon Gebruik die eerste persoon Lydende vorm Bedrywende vorm 42
2. Kategorie A-tekste Kategorie A in die eksamenvraestel handel oor die volgende: § Formele brief § Informele en vrienskaplike brief § Formele en informele brief aan die pers § Curriculum Vitae (CV) en dekbrief § Formele en informele e-pos Elkeen van hierdie briewe/e-posse het verskillende formate wat ’n ander doel en register het. Byvoorbeeld, die register van ’n sakebrief verskil van die register van ’n informele brief aan ‘n vriend. 2.1 Skryf die formele brief ’n Formele brief word gebruik in amptelike of belangrike situasies of vir mense wat jy nie goed ken nie. wenk Die volgende briewe word as formele briewe beskou: sake-, versoek-, klagte-, aansoek-, bedankings-, gelukwensings- en simpatiebriewe. Formaat: Skrywer se adres, datum, ontvanger se adres , aanhef. Formele brief kan ʼn opskrif hê na die aanhef. Taal en struktuur sal afhang van die doel van die brief. Die formele brief word afgesluit met ’n handtekening. Toon beskryf die gevoel wat die skrywer weergee met skryfwerk byvoorbeeld die toon kan vriendelik, krities of saaklik wees. Ja, so ʼn formele brief moet ʼn ordentlike en saaklike toon hê. 43
Aanspreekvorme in Formele Briewe: • Indien die titel en van, van die aangesprokene nie bekend is nie, spreek die persoon aan as Meneer/Geagte Meneer/Dame/Geagte Dame. • Indien die titel en van, van die aangesprokene bekend is, spreek die persoon aan as Geagte Meneer/mnr. Bekker/meneer Bekker. • Die volgende reël geld in die AWS van 2017: Voorletters en afkortings van nie-saamgestelde titels kan met of sonder punte geskryf word. o dr. P.J. Mostert of dr PJ Mostert (doktor/dokter Mostert) o me. H.Z. van Vuuren of me HZ van Vuuren (mejuffrou/mevrou Van Vuuren) o mej. Z. Slabber of mej Z Slabber (mejuffrou Slabber) o mnr. J. van Wyk of mnr J van Wyk (meneer Van Wyk) o prof. P.J. Naude of prof PJ Naude (professor Naude) • Die eerste woord van ’n sin (ook ’n aanhefvorm) begin met ’n hoofletter. o Meneer o Dr. Swart o Geagte dr. Swart o Geagte Professor [Bron: Google Images] 44
2.1.1 ’n Sakebrief (Huistaal & Eerste Addisionele Taal) Die brief word aan ’n onderneming gerig om duidelikheid/oplossings oor ’n saak te kry of om navraag te doen. 2.1.1.1 Kenmerke van ’n sakebrief • Die skryfstuk moet duidelik herkenbaar wees as ’n formele brief. • Die formele brief se taalgebruik en styl moet formeel en saaklik wees. • Die brief spreek die teikenpersoon formeel aan, bv. Meneer/Geagte Heer/Geagte mnr. X. (Rang mag ook gebruik word). • Die skrywer moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. • Die toon en register moet pas by die formele verhouding tussen die skrywer en die ontvanger. • Die rede vir die skryf van die sakebrief moet duidelik wees. Voorbeeld (Hierdie is slegs ’n voorbeeld van ’n sakebrief. Daar is baie ander moontlikhede.) 45
Wenke: Posbus 148 • Die formaat van die brief moet korrek wees: Polokwane adres van sender, datum, adres van 0700 ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe, Datum afsluiting. Die Bestuurder • Die adres van die sender kom regs boaan in Woolworths blokvorm. Posbus 14 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en Polokwane die datum oopgelaat nie. 0700 • Die datum word voluit geskryf. • Die adres van die ontvanger van die brief Meneer/Geagte Meneer/mnr Masango word links in blokvorm geskryf. AGTERSTALLIGE REKENING: VERWYSINGSNOMMER • Geen leestekens word in die adresse R369 gebruik nie. • ’n Reël word tussen die adres van die Ek het gister ’n aanmaning ontvang ... sender en die ontvanger oopgelaat. • ’n Reël word tussen die adres van die • Die brief word aan ’n onderneming gerig. ontvanger en die aanhef van die brief • Redes vir die skryf van die brief word gegee. Skryf op die oopgelaat. man af. • Die doel van die brief word in hoofletters • Indien daar geld betrokke is, wees realisties oor hoe dit geskryf OF dit kan in kleinletters geskryf en gestuur word. Jy kan nie bv. sê ingesluit vind u R1400 dan onderstreep word. kontant nie. Dit is beter om te sê dat ’n tjek van R1400 • Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik ingesluit word of dat ’n internet-oorbetaling van R500 per nie. maand gemaak sal word. • Die brief word deur die persoon wat die • Die sakebrief is gewoonlik kort en bondig. korrespondensie rig, onderteken. • Die taal, styl, toon en register is formeel. Korrespondente kan ook hul noemname en • Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie. vanne gee. Ek vertrou dat u my ... • Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening uitgeskryf word. Die uwe • Die hoedanigheid van die sender word THlungwani OF Thato Hlungwani onder die handtekening uitgeskryf. T. Hlungwani 46
2.1.1.2 Aktiwiteit: Skryf ’n sakebrief oor die volgende onderwerp: Jy wou ‘n sekere tipe skoolskoen hê. Die assistent by Super Skoenwinkel het baie moeite gedoen om vir jou die skoene in die hande te kry. Skryf ’n FORMELE BRIEF aan die bestuurder van Super Skoenwinkel, mnr. Kuruman. Vertel vir hom hoe die assistent jou gehelp het en hoe bly jy oor die hulp was. Gebruik die volgende adres: Die Bestuurder Super Skoenwinkel Postus 6429 Kimberley 0025 Dink aan die volgende: • Wat was jou probleem? • Hoe het die assistent jou gehelp? • Hoe het jy gevoel oor die assistent se hulp? 2.1.2 Simpatiebrief (Huistaal, Eerste & Tweede Addisionele Tale) Die skrywer bemoedig die leser wat in geestelike of fisiese pyn verkeer of simpatiseer met die leser. 2.1.2.1 Kenmerke van die simpatiebrief • Die skryfstuk moet duidelik herkenbaar wees as ’n formele brief. • Die formele brief se taalgebruik en styl moet formeel en saaklik wees. • Die brief spreek die teikenpersoon formeel aan, bv. Meneer/Geagte Heer/Geagte mnr. X. (Rang mag ook gebruik word). • Die skrywer moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. • Die toon en register moet pas by die formele verhouding tussen die skrywer en die ontvanger. • Die rede vir die skryf van die sakebrief moet duidelik wees, naamlik simpatisering. 47
Wenke: Mullerstraat 9 • Die formaat van die brief Klerksdorp moet korrek wees: Die 2571 adres van die skrywer word Datum regs, boaan in blokvorm geskryf. Die Skoolhoof • Geen leestekens word in Hoërskool Vaaldriehoek die adres gebruik nie. Posbus 6675 • Daar word nie ’n reël tussen Vereeniging die poskode en die datum 0001 oopgelaat nie. • Die datum word voluit Meneer/Geagte Doktor/Geagte dr. Nel geskryf. • ’n Reël word tussen elke SIMPATIE MET DIE VERLIES VAN U LEWENSMAAT paragraaf oopgelaat. • Die omskrywing, “Jou Ek as oud-leerder van Hoërskool Vaaldriehoek is so jammer om te hoor vriend”, is opsioneel: die van die ongeluk waarin u en u gesin betrokke was. Die dood van u ontvanger weet immers wie lewensmaat moet vir u ’n baie groot verlies wees. Wees verseker dat ek jy is. baie aan u en u gesin dink. • Daar word nie ’n reël in die Dra ook my simpatie oor aan die res van die gesin. afsluiting van die brief oopgelaat nie. Die uwe K. Prinsloo K. Prinsloo OF Karli Prinsloo 2.1.2.2 Aktiwiteit: Skryf ’n BRIEF VAN SIMPATIE oor die volgende onderwerp: Jy het in die koerant gelees van die vreeslike ramp wat Hoërskool Brandwag getref het. Oppad na ’n sportbyeenkoms, was een van die busse met die matrikulante in ’n ongeluk. Daar is drie matrikulante oorlede en verskeie ander beseer. Skryf ’n brief aan die skoolhoof om met hom te simpatiseer. 48
2.1.3 Versoekbrief (Huistaal, Eerste & Tweede Addisionele Tale) Die brief rig ’n versoek vir ’n borgskap/finansiële ondersteuning van ’n instansie/sakeonderneming/maatskappy. 2.1.3.1 Kenmerke van die versoekbrief • Die skryfstuk moet duidelik herkenbaar wees as ’n formele brief. • Die doel van hierdie formele brief is om ’n versoek te rig. • Die formele brief se taalgebruik en styl moet formeel en saaklik wees. • Die brief spreek die teikenpersoon formeel aan, bv. Mevrou/Mejuffrou/Meneer/Geagte Dame/Geagte me. Prinsloo/Geagte mnr. Prinsloo. • Die versoek en die aanbevelings moet duidelik wees. 49
Voorbeeld: Huis 345 Wenke: Mangaung • Die formaat van die brief moet korrek Bloemfontein wees: adres van sender, datum, 9300 adres van ontvanger, aanhef, Datum opskrif/doel, paragrawe, afsluiting. • Die adres van die sender kom regs Die Direkteur boaan in blokvorm. Gauteng Drukkers • Daar word nie ’n reël tussen die Posbus 6675 poskode en die datum oopgelaat nie. Pretoria • Die datum word volledig uitgeskryf. 0001 • Die adres van die ontvanger van die Meneer/Geagte Doktor/Geagte dr. Nel brief word links, teen die kantlyn, in blokvorm geskryf. BORG VAN T-HEMDE: EERSTE MEISIEHOKKIESPAN • Geen leesteken word in die adresse gebruik nie. Ek wil u namens ons skool se eerste meisiehokkiespan vriendelik • ’n Reël word tussen die adres van die versoek om ons T-hemde tydens ons oorsese toer te borg. sender en die ontvanger oopgelaat. • In die brief word ’n versoek vir ’n borgskap gerig. • ’n Reël word tussen die adres van die • Verduidelik die rede vir die versoek. ontvanger en die aanhef van die brief • Verduidelik hoekom die spesifieke maatskappy/ oopgelaat. organisasie/firma gevra word. • Die doel van die brief word in die • Gee alle moontlike inligting wat nodig is: waar, wanneer, wie en inhoudsreël met hoofletters geskryf waarom. OF dit kan in kleinletters geskryf en • Die taal, styl, toon en register is formeel. dan onderstreep word. Dit moet die • Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie. essensie van die brief saamvat. • Geen leestekens word na “Die uwe” Ons hoop om so spoedig moontlik u antwoord te ontvang. gebruik nie. • Die brief word onderteken deur die Die uwe persoon wat die korrespondensie rig. MMokuena OF Mapula Mokuena Korrespondente kan ook hul Sekretaresse van die Eerste meisiehokkiespan noemname en vanne gee. • Die hoedanigheid van die sender word onder die handtekening uitgeskryf. 50
2.1.3.2 Aktiwiteit: Daar gebeur baie motorongelukke in die straat waarin jy bly, omdat motoriste te vinnig ry. Skryf ’n FORMELE BRIEF aan die hoof van die Verkeersdepartement, me. Naidoo, waarin jy haar hiervan vertel en haar hulp vra. Gebruik die volgende adres: Die Verkeershoof Posbus 1872 Durban 0033 Dink aan die volgende: • Wat is die doel van die brief? • Wat dink jy is die rede(s) vir die baie motorongelukke wat in jou straat plaasvind? • Op watter maniere kan die verkeershoof help? 2.1.4 Klagtebrief (Huistaal, Eerste & Tweede Addisionele Tale) In hierdie brief spreek ’n skrywer sy/haar ongelukkigheid oor een of ander probleem of saak uit. 2.1.4.1 Kenmerke van die klagtebrief • Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld. • Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel. • Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. • Eenvoudige, direkte taal is nodig. • Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die ongerief/steurnis veroorsaak en hoe dit die skrywer benadeel/beïnvloed. • Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/”jou”. • Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar nodig, bv. Die uwe P. van Jaarsveld 51
Voorbeeld: Wenke: Plot 345 • Die formaat van die brief Mandela View moet korrek wees: adres van Sannieshof die sender, datum, adres van 2760 ontvanger, aanhef, Datum opskrif/doel, paragrawe, afsluiting. Die Dorpsbestuurder • Die adres van die sender kom Sannieshof Munisipaliteit regs, boaan, in blokvorm. Posbus 6 • Daar word nie ’n reël tussen Sannieshof die poskode en die datum 2760 oopgelaat nie. • Die datum word volledig Meneer/Geagte Meneer/Geagte mnr. Bekker uitgeskryf. • Die adres van die ontvanger SWAK TOESTAND VAN WATER word links, teen die kantlyn, in blokvorm geskryf. Vanoggend vroeg, toe ek weer die krane in die badkamer oopdraai en • Geen leestekens word in die daar, nes die afgelope drie dae, net vuil water by die krane uitloop, het adresse gebruik nie. ek besluit: dis die laaste strooi. • ’n Reël word tussen die adres van die sender en die • In die brief word oor iets gekla. ontvanger oopgelaat. • Verduidelik die probleem. • ’n Reël word tussen die adres • Omskryf die ongerief wat veroorsaak is/probleem wat ervaar van die ontvanger en die word. aanhef van die brief • Probeer die ontvanger aanspoor om die probleem so gou oopgelaat. moontlik op te los. • Die doel van die brief word in • Dring aan op onmiddellike aandag. die inhoudsreël in hoofletters • Spreek waardering uit vir aandag wat verleen sal word. geskryf OF in kleinletters en • Die taal, styl, toon en register is formeel. Wees hoflik, al is jy dan onderstreep. Dit moet die kwaad. Moenie die leser van die brief dreig nie. essensie saamvat. • Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie. • Geen leestekens na “Die uwe” nie. Ons hoop om so spoedig moontlik u antwoord te ontvang. • Die brief word deur die briefskrywer onderteken. Die uwe Klaers kan ook hul M Theron noemname en vanne gee. M. Theron OF Martin Theron • Die klaer se voorletters en van kan onder die handtekening uitgeskryf word. 52
2.1.4.2 Aktiwiteit: Jou bure hou plaasdiere op hulle erf in die dorp aan. Dié plaasdiere se geluide is baie steurend. Skryf ’n KLAGTEBRIEF aan jou dorp se stadsraad waarin jy oor dié situasie kla. 2.1.5 Bedankingsbrief (Huistaal, Eerste & Tweede Addisionele Tale) In hierdie brief word iemand bedank vir dit wat hy/sy vir die skrywer gedoen het. 2.1.5.1 Kenmerke van die bedankingsbrief: • Die formaat is formeel. • Daar moet twee adresse, ’n aanhef, ’n inhoudsopskrif en ’n gepaste afsluiting wees. • In die inhoud moet daar ’n duidelike aanduiding wees van die bedanking/waardering wat uitgespreek word. • Die styl is saaklik, maar hoflik. • Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit. • Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in ’n formele register. • Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van moet gegee word. 53
Voorbeeld: Wenke: Hoërskool Pietermaritzburg • Die formaat van die brief moet Posbus 1435 korrek wees: adres van sender, Edendale datum, adres van ontvanger, Pietermaritzburg aanhef, opskrif/doel, paragrawe, 3200 afsluiting. Datum • Die adres van die sender kom regs, boaan, in blokvorm. Die Direkteur • Daar word nie ’n reël tussen die Motheo Distrikskantoor poskode en die datum oopgelaat Privaatsak X06 nie. Pietermaritzburg • Die datum word voluit geskryf. 3200 • Die adres van die ontvanger van die brief word links in blokvorm Meneer/Geagte Meneer/mnr. Burger geskryf. • Geen leestekens word in die Bedanking: Bywoning van Prysuitdeling adresse gebruik nie. • ’n Reël word tussen die adres Ontvang hiermee ons hartlike dank vir u teenwoordigheid tydens die van die sender en die ontvanger jaarlikse prysuitdeling van Hoërskool Pietermaritzburg. oopgelaat. • ’n Reël word tussen die adres • In die brief word iemand bedank. van die ontvanger en die aanhef • Spreek waardering uit. van die brief oopgelaat. • Bedank die ontvanger vir die bydrae wat gelewer is. • Die doel van die brief word in • Die taal, styl, toon en register is formeel. hoofletters geskryf OF dit kan in • Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie. kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dra ook ons waardering aan mev. Burger oor. • Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie. Die uwe • Die brief word deur die persoon M teise wat die korrespondensie rig, M. Teise OF Melvin Teise onderteken. Korrespondente kan Skoolhoof ook hul noemname en vanne gee. • Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening uitgeskryf word. • Die hoedanigheid van die sender word onder die handtekening uitgeskryf. 54
2.1.5.2 Aktiwiteit: Julle matriekklas het gevoel dat julle ekstra motivering voor die aanvang van die eksamen nodig het en het daarom ’n motiveringspreker genooi om julle toe te spreek. Skryf ’n DANKIESÊ-BRIEF om julle waardering vir die praatjie uit te spreek en sê ook watter waarde sy/haar boodskap vir julle ingehou het. 2.1.6 Gelukwensingsbrief (Huistaal, Eerste & Tweede Addisionele Tale) In hierdie brief word iemand wat ’n besondere prestasie behaal het, gelukgewens. 2.1.6.1 Kenmerke van die gelukwensingsbrief • Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld. • Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel. • Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. • Eenvoudige, direkte taal is nodig. • Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die gelukwensing en die aard van die gelukwensing. • Die doel van die brief is om iemand geluk te wens en bykomende inligting daaroor te verskaf. • Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/”jou”. • Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar nodig. 55
Voorbeeld: Wenke Hoërskool Tafelsig • Die formaat van die brief moet Privaatsak X456 korrek wees: adres van sender, Kaapstad datum, adres van ontvanger, 8001 aanhef, opskrif/doel, paragrawe, Datum afsluiting. • Die adres van die sender kom Die Hoof regs, boaan, in blokvorm. Radio Sonder Grense • Daar word nie ’n reël tussen die SABC poskode en die datum oopgelaat Privaatsak X06 nie. Johannesburg • Die datum word volledig 2000 uitgeskryf. • Die adres van die ontvanger van Meneer/Geagte Doktor/dr Bezuidenhout die brief word links in blokvorm geskryf. GELUKWENSING: VEERTJIETOEKENNING • Geen leestekens word in die adresse gebruik nie. Hiermee ons gelukwensing met die Veertjie- • ’n Reël word tussen die adres toekenning wat RSG tydens die onlangse toekennings-geleentheid van die sender en die ontvanger ontvang het. oopgelaat. • ’n Reël word tussen die adres • In die brief word iemand met ’n prestasie gelukgewens. van die ontvanger en die aanhef • Gee redes hoekom gelukwensing welverdien is. van die brief oopgelaat. • Spreek waardering uit. • Die doel van die brief word in die • Die taal, styl, toon en register is formeel. inhoudsreël in hoofletters geskryf • Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie. OF dit kan in kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Ons hoop dat hierdie toekennings RSG tot nog hoër • Geen leestekens word na “Die joernalistieke hoogtes sal inspireer. uwe” gebruik nie. • Die brief word deur die persoon Die uwe wat die korrespondensie rig, M Fortuin onderteken. Korrespondente kan M. Fortuin OF Martin Fortuin ook hul noemname en vanne Skoolhoof gee. • Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening uitgeskryf word. • Die hoedanigheid van die sender word onder die handtekening uitgeskryf. 56
2.1.6.2 Aktiwiteit: As die bestuurder van ’n toermaatskappy het jy ’n kompetisie gereël waarin ’n oorsese reis gewen kon word. Skryf ’n FORMELE BRIEF aan die wenner van hierdie kompetisie waarin jy hom/haar gelukwens en meer inligting oor die prys gee. Leerdervoorbeeld van ’n FORMELE BRIEF (VERSOEKBRIEF) OPDRAG: Skryf ’n brief aan ’n sportwinkel in jou dorp waarin jy vir ’n borg of donasie vir sporttoerusting vir kinders in die Klipkappertjie Kinderhuis vra. Daar is goeie atlete in die kinderhuis wat nie die nodige sporttoerusting kan bekostig nie. Jy is ook die voorsitter van die sosiale komitee van jou skool. 57
Posbus 412 Tzaneen 0850 3 Februarie 2021 Die Bestuurder Sportmanne Posbus 445 Pietersburg 2000 Geagte Meneer BORG/DONASIE VIR KLIPKAPPERTJIE KINDERHUIS Hiermee neem ek (voorsitter van die sosiale komitee) die vrymoedigheid om u winkelgroep te nader vir ’n borg of donasie vir die kinders van Klipkapperjie Kinderhuis. U weet dat nie alle kinders van vandag so bevoorreg is soos ander nie! Die saak lê my baie na aan die hart. Maak asseblief u hart en hand oop vir die minderbevoorregte kinders. Ons is in die middel van die atletiekseisoen en van die atlete in die kinderhuis benodig toerusting om hul volle potensiaal te kan bereik. Ons sal dit opreg waardeer as u van die volgende vir ons kan borg: seilskoene, spykerskoene, oefenklere en -kouse. Vir die gewone kind is dit bekostigbaar, maar die kinderhuis se begroting laat nie dié aankope toe nie. Dit sal ’n riem onder die hart wees as die atlete, wat dit nodig het, dit kan bekom. Ons skool neem juis in die komende naweek deel aan die jaarlikse interhoër en die kinders sal so opgewonde wees oor hul nuwe vere. Ons nooi u ook uit na die byeekoms om te beleef hoe die borg waardeer word. U winkelgroep se naam sal natuurlik ook in die program gedruk word! Dit sal definitief ’n groot advertensie vir u wees en u klandisie opstoot. Die uwe G. Kriel Gert Kriel 58
SO VERBETER EK MY EIE SKRYFSTUKKE: MERK AF OP DIE VOLGENDE LYSIE: KONTROLELYS VIR FORMELE BRIEF √ X 1. Die doel van die formele brief is duidelik om: te simpatiseer/aansoek te doen/versoek te rig/klagte te rig/bedanking uit te spreek/geluk te wens. 2. Die formaat van die brief is korrek: adres van sender, datum, adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe, afsluiting. 3. Daar is nie ’n reël oopgelaat tussen die poskode en die datum nie. 4. Die datum is voluit geskryf. 5. Geen leestekens word in die adresse gebruik nie. 6. Daar is ’n reël oopgelaat tussen die adres van die sender en die ontvanger. 7. Daar is ’n reël oopgelaat tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die brief. 8. Die doel van die brief is in hoofletters geskryf OF in kleinletters geskryf en onderstreep. 9. Daar is ’n lyn oopgelaat tussen elke paragraaf. 10. Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. 11. Die slotparagraaf moet die brief saamvat. 12. Daar is geen leestekens na “Die uwe” gebruik nie. 13. Die brief is deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken. 14. Taalreëls word nagekom. 15. Die aantal woorde is getel en onderaan die skryfstuk geskryf. 16. My opdrag het ’n titel en datum bo aan die finale produk. 17. Die eerste poging is geredigeer. 18. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 59
2.2 Skryf van ’n informele brief ’n Informele brief is gewoonlik ’n brief wat aan vriende of familie Dit is belangrik dat jy kan geskryf word. onderskei tussen die formele en informele brief wenk kk Kyk na bl. 43-77 vir meer inligting oor formele en informele briewe. 60
2.2.1 Vriendskaplike/Informele brief (Huistaal, Eerste & Tweede Addisionele Tale) Dit is ’n brief wat aan ’n kennis/familielid/vriend/geliefde geskryf word om op ’n informele wyse te kommunikeer. Dit word ook geskryf om iemand in te lig of om vriendskappe te onderhou. 2.2.1.1 Kenmerke van die informele/vriendskaplike brief • Die informele brief het ’n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees. • Die aanslag is informeel. • Die doel van die informele brief moet duidelik wees. • Die inhoud moet in paragrawe aangebied word. • Die brief moet die verlangde aantal woorde bevat. Voorbeeld: Wenke: Posbus 198 • Skryf in beskrywende en Harrismith eenvoudige taal en volgens ’n 9880 spesifieke doel. Datum • Skryfstukke moet ’n inleiding, liggaam/inhoud en slot hê. Liewe Ma en Pa • Die formaat van die brief moet korrek wees: adres, datum, Dit is ’n nare, mistroostige dag hier by die koshuis. Ek ... aanhef, paragrawe, afsluiting. • Die adres van die skrywer word • ’n Vriendskaplike brief is persoonlik, openhartig, vriendelik en regs, boaan in blokvorm geskryf. word in ’n informele styl geskryf. Die doel hiervan is om met • Geen leestekens word in die familie of ’n vriend te kommunikeer. adres gebruik nie. • Die vriendskaplike brief bevat gewoonlik nuus en verstewig • Daar word nie ’n reël tussen die verhoudings. poskode en die datum oopgelaat • Dit moet lewendig en interessant wees. nie. • Spreek die ontvanger direk aan. • Die datum word voluit geskryf. • Vermy slordige taal en slengwoorde. Die toon en register moet • ’n Reël word tussen elke pas by die verhouding tussen die briefskrywer en die ontvanger paragraaf oopgelaat. van die brief. • Groete. of Liefdegroete. of • Die kort inleidingsparagraaf moet ’n skakel wees tussen jou en die Liefde. ens. is die laaste ontvanger van die brief. paragraaf van die brief en • Die slotparagraaf moet die brief saamvat en dalk ook ’n rede gee daarom is daar ’n punt aan die hoekom die persoon vir jou moet terugskryf. einde. • Die omskrywing “Julle Dit was nou so lekker om sommer met julle te gesels. verlangende dogter” of “Jou vriend” is opsioneel. Liefdegroete. OF Mooi wense. OF Sterkte. Cecile 61
Hieronder volg voorbeelde van verskillende adressoorte: Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588 Rusthof Uitbreiding Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Poskode Poskode Poskode Poskode Poskode Sewendelaan 10 OF Sewende Laan 10 Westdene 2000 Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ’n samestelling tussen TWEE soortname is. Arcadiastraat is ’n samestelling tussen ’n eienaam en ’n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017) 2.2.1.2.Aktiwiteit: Skryf ’n informele brief oor die volgende onderwerp: Jou broer kon nie jou pa se sestigste verjaarsdagpartytjie bywoon nie. Skryf ’n INFORMELE BRIEF aan jou broer om vir hom van jou pa se partytjie te vertel. Leerder voorbeeld: OPDRAG: Skryf ’n vriendskaplike brief aan jou vriend/vriendin waarin hy/sy genooi word om saam met jou en van jou vriende/vriendinne in die Bosveld te gaan kamp en visvang voor die Junie-eksamen. 62
Posbus 412 Tzaneen 0850 3 Februarie 2021 Beste Peet Wat ’n verrassing om weer van jou te hoor. Ek besef jy is net so besig met jou matriekjaar. Die druk van die akademie en sportoefeninge demp my spoed, maar ek glo jy besef hoe belangrik die jaar vir ons is. Maar ... hulle sê - aanhouer wen! Ons vriendegroep beplan ’n wegbreeknaweek voor die Junie-eksamen om ons senuwees te kalmeer. Ek laat weet jou nóú al sodat jy jou beplanning kan doen. Die voorlopige datum is 20 en 21 April. Ons wil in die Bosveld gaan kamp en visvang. So, stof solank jou tent en visstok af. Ek weet jy is mos ’n visserman van formaat, want met die vorige kampuitstappie het jy almal stof in die oë geskop met die getal visse wat jy in jou net gegooi het! Die kompetisie is aan – ek sal voorbereid wees! Vra asseblief jou ma om van daardie heerlike beskuit te bak. Ons manne kán eet! Kobus sal vir ons ’n spyskaart opstel en dit vir jou stuur sodat jy niks vergeet nie - jy is mos so ’n loskoppie! Gert sê jy moet ’n arsenaal muskietweerder opgaar, want die muskiete in die Bosveld suig blykbaar jou bloed deur jou tentseil. Hy kan tog so oordryf! Ons sien baie uit na die avontuur! Dra my groete oor aan jou ouers. Groete. Werner 63
2.2.1.3.Kontrolelys: SO VERBETER EK MY EIE SKRYFSTUKKE: MERK AF OP DIE VOLGENDE LYSIE: KONTROLELYS VIR INFORMELE BRIEF √ X 1. Instruksies is goed uitgevoer. 2. Adres is in blokvorm geskryf. 3. Daar is ’n informele aanhef aan die linkerkantlyn geskryf. (Beste/Liewe) 4. Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die skryfstuk duidelik. 5. Daar is ’n lyn oopgelaat tussen elke paragraaf. 6. Die liggaam van die brief brei uit oor die rede vir die brief. 7. Die slotparagraaf vat die brief saam. 8. Daar is ’n punt aan die einde van Groete. of Liefdegroete. 9. Taalreëls word nagekom. 10. Die aantal woorde is getel en onderaan die skryfstuk geskryf. 11. My opdrag het ’n titel en datum boaan die finale produk. 12. Die eerste poging is geredigeer. 13. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 64
2.3.Skryf ’n brief aan die pers ’n Brief aan die pers (soos koerante) is ’n formele brief met sy eie eienskappe en formaatreëls. wenk Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van skrywer, datum, adres van ontvanger, aanhef, opskrif/ doel, paragrawe, afsluiting. Die adres van die skrywer kom regs, boaan, in blokvorm. Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. Die datum word volledig uitgeskryf. ’n Reël word tussen die adres van die skrywer en die van die ontvanger oopgelaat. Die adres van die ontvanger word links, boaan, in blokvorm geskryf. ’n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die brief oopgelaat. Geen leestekens word in die adresse gebruik nie. Die brief aan die pers word altyd aan Die Redakteur gerig. Die doel van die brief word in ’n inhoudsreël in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters geskryf en onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief kortliks saamvat. Telegramstyl is gewoonlik voldoende vir die doel van die brief. Sluit af met ’n treffende slotparagraaf. Die brief word afgesluit met “Die uwe”. 65
Formele en informele brief aan die pers: (Huistaal & Eerste Addisionele Taal) Formele brief aan die pers: Hierdie brief word geskryf wanneer ’n persoon ’n saak in die pers/koerante/gedrukte media wil bespreek. 2.3.1.Kenmerke: • Gebruik formele taal, register en styl. • Daar moet twee adresse wees. • Styl moet saaklik maar hoflik wees. • Skryf in eenvoudige, direkte taal. • Die inleidingsin moet treffend wees en dadelik die leser se aandag trek. • Die saak waaroor die brief handel, moet dadelik gestel word. • Die saak moet objektief wees. • Argumente word logies en beredeneerd gestel sonder om emosioneel betrokke te raak. • Skryfstukke moet duidelik, op die man af wees. • Sluit die brief formeel af en gee die skrywer se titel, voorletters en van. 66
Voorbeeld van Formele Brief aan die Pers: Posbus 166 Wenke: Polokwane • Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, 0700 datum, adres van ontvanger, Datum aanhef, opskrif/doel, paragrawe, afsluiting. • Die adres van die sender kom Die Redakteur regs, boaan, in blokvorm. Die Beeld • Daar word nie ’n reël tussen die Posbus 14 poskode en die datum oopgelaat Johannesburg nie. • Die datum word volledig uitgeskryf. 2000 • ’n Reël word tussen die adres van die sender en die adres van die Meneer/Geagte Meneer/mnr. Du Plessis dag-, week- of maandblad oopgelaat. • Die adres van die dag-, week- en OUTISTIESE KINDERS VERDIEN RESPEK maandblad word links, boaan, in blokvorm geskryf. • Die brief aan die pers word geskryf om standpunt in te neem of ’n • ’n Reël word tussen die adres van die ontvanger (die dag-, week- of grief te lug, of reaksie op ’n artikel in ’n tydskrif/koerant/ ’n maandblad) en die aanhef van die lesersbrief. brief oopgelaat. • Die inhoud moet ondubbelsinnig, saaklik en bondig wees. • Geen leestekens word in die adresse gebruik nie. • Die inleidingsin moet treffend wees en moet dadelik die leser se • Die brief aan die pers word altyd aandag trek. Die saak waaroor die brief handel, moet dadelik en aan die redakteur gerig. objektief gestel word. Argumente word onemosioneel, logies en • Die doel van die brief word in beredeneerd gestel. hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters geskryf en onderstreep • Dis bloot ’n geleentheid om ’n standpunt/probleem aan die lig te word. Dit moet die essensie van bring. Die redakteur/koerant kan nie self die probleem oplos nie. die brief saamvat. • Vir die formele brief aan die pers is die taal, styl, toon en register • Sluit af met ’n treffende slotparagraaf. formeel. Die register van die informele brief word deur die opdrag • Die brief word afgesluit met “Die bepaal. uwe” • Geen leestekens na “Die uwe” nie. Die uwe • Wanneer ’n skuilnaam gebruik word, word dit eerste aangebring W.R.M. Sempe OF Will Sempe en dan die sender se regte naam en handtekening. Die uwe • Let op die streep wat dwarsoor die ’n Medewerker bladsy onder die skuilnaam getrek word. ___________________________ W.R.M. Sempe OF Will Sempe WRMSempe 67
Informele brief aan die pers: Die informele brief aan die pers verskil van die formele brief aan die pers omdat dit oor meer informele inligting gaan. Dit kan byvoorbeeld ’n brief wees wat aan ’n tydskrif geskryf word. Die verskil tussen die twee briewe word bepaal deur die onderwerp. Voorbeeld van Informele Brief aan die Pers: 68
Wenke: Posbus 148 • Die formaat van die brief moet korrek Polokwane wees: adres van sender, datum, adres 0700 van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, Datum paragrawe, afsluiting. • Die adres van die sender kom regs, Die Redakteur boaan, in blokvorm. Sarie • Daar word nie ’n reël tussen die Posbus 1802 poskode en die datum oopgelaat nie. Kaapstad • Die datum word volledig uitgeskryf. 8000 • ’n Reël word oopgelaat tussen die adres van die sender en die tydskrif. Geagte Redagteur/Geagte me./me. Van Breda • Die adres van die tydskrif word links, boaan, in blokvorm geskryf. SUSTER-KRAG • ’n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die brief Ons is vier sussies en het sedert verlede jaar daagliks dagboek- oopgelaat. sessies per e-pos ... • Geen leestekens word in die adresse gebruik nie. • Die informele brief aan die pers word geskryf om ’n • Die informele brief aan die pers word standpunt in te neem of om iets met die lesers te deel. altyd aan die redakteur gerig. • Brief moet ondubbelsinnig, saaklik en bondig wees. • Die doel van die brief word in • Die inleidingsin moet treffend wees en dadelik die leser se hoofletters geskryf OF dit kan in aandag trek. kleinletters geskryf en onderstreep • Die saak waaroor die brief handel moet dadelik gestel word. Dit moet die essensie van die word. brief saamvat. • Argumente word logies en beredeneerd gestel. Emosionele • Die brief word afgesluit met die sender reaksies kan in die geval soms met die leser gedeel word. se naam. • Dit is bloot ’n geleentheid om ’n saak te stel. Die • Die brief sal net gepubliseer word as die redakteurk/koerant kan nie die probleem oplos nie. sender se regte naam en volledige • Die taal, styl (HT, EAT, TAT), toon en register (HT, EAT) is adres gegee word. soms formeel,maar neig na informeel. (Die konteks bepaal • Wanneer ’n skuilnaam gebruik word, die register: Vir Weg en Huisgenoot sal dit meer informeel word dit eerste aangebring en dan die wees.) sender se regte naam en handtekening. Rika Grobler 69
2.3.2.Aktiwiteit vir Formele Brief aan die Pers: Die volgende is die hoofopskrif in die Rapport: Houe val by skool: twee leerders in hof Skryf ’n formele brief aan die pers waarin jy jou mening oor die toename in vuisgevegte in skole gee. Rig jou brief aan: Die Redakteur Rapport Posbus 4341 Johannesburg 2000 2.3.3.Aktiwiteit vir Informele Brief aan die Pers: Jy het onlangs ’n positiewe ervaring by een van ons land se natuurreservate gehad. Skryf ’n INFORMELE BRIEF aan die REIS-tydskrif waarin jy jou positiewe ervaring aan ander lesers oordra. Rig jou brief aan: Die Redakteur REIS Posbus 740 KAAPSTAD 8000 70
2.3.4.Kontrolelys: SO VERBETER EK MY EIE SKRYFSTUKKE: MERK AF OP DIE VOLGENDE LYSIE: KONTROLELYS VIR ’N BRIEF AAN DIE PERS √ X 1. Instruksies is goed uitgevoer. 2. Toon, styl en woordkeuse is gepas. 3. Die brief aan die pers is in die eerste persoon geskryf. 4. Die adres van die sender is regs, boaan, in blokvorm. 5. Die datum is volledig uitgeskryf en daar is nie ’n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. 6. Die adres van die tydskrif word links, boaan, in blokvorm geskryf. 7. Die brief is aan die redakteur gerig. 8. Die doel is in hoofletters geskryf of onderstreep. 9. Die brief is afgesluit met my titel, voorletters en van. 10. Die aantal woorde is getel en onderaan die skryfstuk geskryf. 11. My opdrag het ’n titel en datum boaan die finale produk. 12. Die eerste poging is geredigeer. 13. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 71
2.4.Skryf van ’n CV en dekbrief ’n CV is ’n dokument wat jy aan besighede stuur wanneer jy aansoek doen om ’n betrekking. Dit beskryf kortliks aan die voornemende werkgewer belangrike inligting aangaande jou. Hierdie inligting sluit besonderhede in rakende opvoeding, kwalifikasies en vorige werksondervindings. ’n Dekbrief is ’n brief wat saam met die CV gestuur word wanneer jy aansoek doen om ’n betrekking. ’n Goed bewoorde dekbrief kan jou moontlik help om die pos te bekom. wenk kkk Die CV bevat besonderhede oor ʼn persoon se loopbaan, kwalifikasies en prestasies. Die CV moet pas by die aansoeker se omstandighede en die doel waarvoor dit gebruik gaan word. Dink aan die posbeskrywing en die teikenleser – watter inligting sal die werkgewer graag op ’n CV wil hê. ’n CV word altyd van ’n begeleidingsbrief (dekbrief) vergesel. • Noem die jongste opleiding/kwalifikasie eerste, 72
2.4.1 Dekbrief /begeleidingsbrief (Werk/Betrekking) (Huistaal, Eerste Addisionele Taal) Hierdie soort brief vergesel ’n aansoek om ’n betrekking (werk). Wenke: Derdelaan 10 • Die formaat van die brief moet Durban korrek wees: adres van sender, 4001 datum, adres van ontvanger, Datum aanhef, opskrif/doel, paragrawe, afsluiting. Die Personeelbestuurder • Die adres van die sender kom SASOL regs boaan in blokvorm. Posbus 5 • Die datum word voluit geskryf. Sasolburg • Daar word nie ’n reël tussen die 1947 poskode en die datum oopgelaat nie. Meneer/Geagte mnr. Bothma • ’n Reël word tussen die adres van die sender en die ontvanger AANSOEK OM BETREKKING: SIVIELE INGENIEUR oopgelaat. • Die adres van die ontvanger Ek doen graag aansoek om bogenoemde betrekking soos in die Rapport word links in blokvorm geskryf. van ... geadverteer. • Geen leestekens word in die adresse gebruik nie. • Die brief vergesel ’n aansoek om ’n betrekking. • ’n Reël word tussen die adres • Die taal, styl, toon en register is formeel. van die ontvanger en die aanhef • Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie. oopgelaat. • Jy reageer op ’n advertensie wat in die pers verskyn het. Die • Die doel van die brief word in briefinhoud moet pas by wat in die advertensie verlang word. hoofletters geskryf OF dit kan in • ’n CV word gewoonlik ingesluit. Die volgende inligting moet in die brief kleinletters geskryf en gegee word, indien ’n CV nie gevra word nie: naam, adres, onderstreep word. telefoonnommer, geboortedatum, huwelikstatus, kwalifikasies, ander • Afsluiting: Geen leestekens word belangrike inligting en prestasies, werkservaring, huidige betrekking, na “Die uwe” gebruik nie. werkgewer en referente. • Die brief word deur die • Maak ook melding van ander stawende dokumente. aansoeker onderteken. Aansoekers kan ook hul Wees verseker van my lojaliteit en harde werk indien my aansoek noemname en vanne gee. suksesvol is. Ek hoop om gou van u te hoor. • Die aansoeker se voorletters en van kan onder die handtekening Die uwe geskryf word. M van Jaarsveld M. van Jaarsveld OF Marie van Jaarsveld 73
2.4.2 Aansoekbrief (Beurs) (Huistaal, Eerste & Tweede Addisionele Tale) Die briefskrywer doen in hierdie brief aansoek om ’n beurs. Majubastraat 9 Wenke: Sonlandpark • Die formaat van die brief moet korrek Vereeniging wees: adres van sender, datum, adres 1944 van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, Datum paragrawe, afsluiting. • Die adres van die sender kom regs Die Direkteur boaan in blokvorm. SASOL • Daar word nie ’n reël tussen die Posbus 6675 poskode en die datum oopgelaat nie. Sasolburg • Die datum word volledig uitgeskryf. 0001 • Die adres van die ontvanger van die brief word links, teen die kantlyn, in Meneer/Geagte Doktor/Me. Swanepoel/Geagte Dame blokvorm geskryf. • Geen leesteken word in die adresse Aansoek om beurs vir ingenieurswese gebruik nie. • ’n Reël word tussen die adres van die Ontvang hiermee my aansoek om ’n beurs vir die studie van sender en die ontvanger oopgelaat. ingenieurwese aan die Universiteit van Noordwes. • ’n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die brief • In die brief word aansoek om iets gedoen. oopgelaat. • Die taal, styl, toon en register is formeel. • Die doel van die brief word in die • Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie. inhoudsreël in hoofletters geskryf OF dit • Jy kan ook reageer op ’n advertensie wat in die pers verskyn het. kan in kleinletters geskryf en dan Die briefinhoud moet pas by wat in die advertensie verlang word. onderstreep word. Dit moet die essensie • Maak melding van ander stawende bewyse. van die brief saamvat. • Geen leestekens word na “Die uwe” Ek vertrou my versoek sal gunstig oorweeg word. gebruik nie. • Die brief word onderteken deur die Die uwe persoon wat die korrespondensie rig. MMokuena Korrespondente kan ook hul noemname M. Mokuena OF Mapula Mokuena en vanne gee. 2.4.3 Curriculum Vitae (CV) en Dekbrief/begeleidingsbrief (Huistaal & Eerste Addisionele Taal) Die CV is ’n dokument wat ’n persoon se identiteit, persoonlike besonderhede, loopbaan, kwalifikasies en prestasies beskryf. Dit word vereis tydens aansoek om ’n betrekking. 74
2.4.3.1 Kenmerke van die Curriculum Vitae (CV) en Dekbrief/begeleidingsbrief • Die dekbrief/begeleidingsbrief se formaat is herkenbaar. • Die aanslag is formeel. • Die doel van hierdie dekbrief/begeleidingsbrief is om die aansoek te ondersteun. • Die inhoud moet in paragrawe aangebied word. • Die dekbrief/begeleidingsbrief moet die verlangde aantal woorde bevat. Voorbeeld: CURRICULUM VITAE VAN CLINTON VAN DER MERWE Wenke: PERSOONLIKE BESONDERHEDE: • Die CV bevat Naam en van: Clinton van der Merwe besonderhede oor ʼn Adres: Mullerstraat 9 Freemanville persoon se loopbaan, 7140 kwalifikasies en prestasies. Kontakbesonderhede: Tel.: +27 21 845 9992 Sel: 083 864 2358 • Die CV moet pas by die E-pos: cvdmerwe@global.co.za aansoeker se Geboortedatum: 2 Maart 1990 Geboorteplek: Pietermaritzburg omstandighede en die doel Identiteitsnommer: 9003025074086 waarvoor dit gebruik gaan Huwelikstatus: Ongetroud Nasionaliteit: Suid-Afrikaner word. • Dink aan die SKOOLOPLEIDING Sekondêre opleiding: 2013 - 2017 posbeskrywing en die Sekondêre Skool Zeekoevlei teikenleser – watter George Hoogste kwalifikasie : Nasionale Senior Sertifikaat (2017) inligting sal die werkgewer Vakke: Afrikaans Huistaal graag op ’n CV wil hê? Engels Eerste Addisionele Taal Wiskunde • ’n CV word altyd van ’n Lewenswetenskappe begeleidingsbrief (dekbrief) Natuurwetenskappe Rekeningkunde vergesel. Lewensoriëntering • Noem die jongste Sport: Eerste Seunshokkiespan (meld jaar/jare) Kultuur: Wenner: Senior Redenaarskompetisie (meld opleiding/ kwalifikasie jaar/jare) eerste. TERSIÊRE OPLEIDING: 2018 - 2020 Durbanse Universiteit van Tegnologie Hoogste kwalifikasie: Gevorderde diploma in Projekbestuur en Publieke Administrasie Ander kursusse: Diploma in die gebruik van Microsoft Office REFERENTE: Ken Solmes (Personeelbestuurder) Gillyard en Vennote Mountviewweg 26 Kinsburgh 4126 Tel.: 021 851 4314 Prof. Alwyn McCarthy (Dekaan) Fakulteit: Publieke Administrasie Durbanse Universiteit van Tegnologie Belfordlaan 19A Northdene 4064 Selfoon: 083 447 0889 75
Die aansoek om ’n betrekking/CV en dekbriefbrief/begeleidingsbrief kan ook by Huistaal en Eerste Addisionele Taal soos volg gevra word: 2.4.3.2.Aktiwiteit: Skryf ’n dekbrief/begeleidingsbrief oor die volgende onderwerp: Jy voldoen aan die vereistes wat in die advertensie gestel word.Skryf ʼn dekbrief/begeleidingsbrief wat voldoen aan die vereistes wat die meegaande advertensie stel. JOU PLAASLIKE RADIOSTASIE WAAR JONGMENSE EERSTE KOM! RADIO FM het ’n pos vir ’n dinamiese persoon as aanbieder van ons splinternuwe musiekprogram vir jongmense! Vereistes: Rig aansoeke aan: Ouderdom: 18 jaar of ouer Direkteur: Jeugprogramme Duidelike stem Radio FM Tweetaling Besondere kennis van moderne musiek Posbus 1 Ondervinding in die hantering van klank Kaapstad Beskikbaar oor naweke en vakansies 8000 Goeie menseverhoudinge Sluitingsdatum: 30 November 2021 Kandidate op die kortlys sal genooi word om ’n stemtoets af te lê. 76
2.4.3.3 SO VERBETER EK MY EIE SKRYFSTUKKE: MERK AF OP DIE VOLGENDE LYSIE: KONTROLELYS VIR ’N CV en DEKBRIEF/BEGELEIDINGSBRIEF √ X 1. Instruksies is goed uitgevoer. 2. ’n Reël is tussen die adres van die ontvanger en die aanhef oopgelaat. 3. Die doel van die brief is in hoofletters geskryf OF dit is in kleinletters geskryf en onderstreep. 4. Afsluiting: Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie. 5. Die brief is deur die aansoeker onderteken. Aansoekers het sy/haar noemnaam en van gegee. 6. Taalreëls word nagekom. 7. Die aantal woorde is getel en onderaan die skryfstuk geskryf. 8. My opdrag het ’n titel en datum bo aan die finale produk. 9. Die eerste poging is geredigeer. 10. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. Dit is belangrik dat jou CV gereeld opgedateer word. 77
2.5 Skryf van ’n e-pos ’n E-pos is ’n dokument om in te lig en verhoudings te handhaaf. Dit kan informeel, sowel as formeel wees en is soortgelyk aan die informele/formele briewe. wenk kkk Die taalgebruik hang af van die soort e-pos. Formele e-pos: Vermy alle gebruik van afkortings, verkortings, slang, emotikons (emoji’s) ander informele terminologie. Informele e-pos: Vermy alle gebruik van slengtaal, emotikons (emoji’s). Die e-pos word verkieslik in paragraafvorm geskryf. 2.5 E-pos (Huistaal & Eerste Addisionele Taal) Die e-pos, die verkorting vir elektroniese pos, is die verspreiding van boodskappe of die deel van inligting via die internet na ’n spesifieke ontvanger of ontvangers. Die boodskappe lig in en dit handhaaf ook verhoudings. Dié manier van kommunikasie word gereeld gebruik. 2.5.1.Kenmerke van die e-pos: • Die formaat en inhoud van ’n e-pos is soortgelyk aan die skryf van die formele en informele briewe. • Daar is twee soorte e-posse: o Informele/Persoonlike e-pos en o Formele/Amptelike e-posse. • ’n Informele e-pos word gewoonlik aan iemand geskryf wat jy goed ken, soos ’n vriend of familielid. • ’n Formele e-pos word aan iemand geskryf wat jy nie goed ken nie of iemand in ’n gesagsposisie, byvoorbeeld jou onderwyser of ’n besigheid waarmee jy sake doen. Voorbeeld: Van Skryf jou e-posadres Aan Ontvanger se e-posadres Datum Skryf die datum AA Dit is die ontvangers vir wie se aandag die e-pos ook gestuur word. Onderwerp Dit is ’n opsomming van die inhoud van die e-pos. Boodskap: Sluit die inleiding, uitbreiding in paragrawe en slot in. Versender se naam Die versender se adres wys outomaties wanneer die e-pos ontvang word. 78
Enkele VERSKILLE tussen die formele en informele e-pos word aangespreek in die tabel hieronder: FORMELE E-POS INFORMELE E-POS Die formele e-pos is soortgelyk aan die formele Die informele e-pos is soortgelyk aan die informele briewe. Die kenmerke van die formele briewe is briewe. ook geldig vir die formele e-pos. Die formele e-pos word aan iemand gestuur wat jy Die informele e-pos word aan iemand gestuur wat nie goed ken nie, of aan iemand in ’n jy goed ken. gesagsposisie. Die aanhef en die afsluiting is formeel. Die aanhef en afsluiting is informeel. (Geagte mnr. Sizwe, Die uwe) (Beste/Liewe Susan, Dankie./Groete.) ’n Formele e-pos het ’n spesifieke struktuur met ’n Die informele e-pos het ’n meer informele struktuur spesifieke aanhef (die openingsdeel van die e- alhoewel dit in paragraaf-formaat geskryf moet pos), plek vir handtekening, inleidingsin, liggaam word. en slot. Formele taalgebruik. Vermy die gebruik van Taalgebruik is meer informeel aangesien jy die afkortings, verkortings, slengtaal, emotikons persoon waarvoor jy skryf, goed ken. (emoji’s) en ander informele terminologie. Verkortings kan gebruik word. Hier is ’n paar vooreeldsinne: • Daar’s ’n slang in die gras. (Daar is ’n slang in die gras.) • Ek wetie wat aangaan nie. (Ek weet nie wat aangaan nie.) Toon en register is formeel. Toon en register kan in die formaat van ’n gesprek en informeel wees. 2.5.1.1. Kenmerke van die formele e-pos Inleiding • Die inleiding van ’n formele e-pos vereis telkens die bekendstelling van die versender aan die ontvanger/s. • Daar is seker vrae wat die versender homself/haarself telkens moet afvra wanneer hy/sy ’n nuwe e-pos skryf: o Waarom skryf ek hierdie e-pos? o Watter boodskap wil ek aan die ontvanger oordra? o Wat moet die ontvanger/s doen as ’n respons op my e-pos? • Stel jouself vlugtig voor (langer verduidelikings ontmoedig mense om die e-pos te lees) en volg daarna met EEN van die volgende: o Ek skryf aangaande/rakende/betreffende/omtrent ... o Ek skryf in verband met ... o Ek skryf met verwysing na ... 79
• Indien jy inligting wil oordra, kan jy met een van die volgende sinne begin: o Ek skryf om u in te lig ... o Ek is verheug om u mee te deel ... (as jy goeie nuus wil oordra) o Dit spyt my om u mee te deel ... (as jy slegte nuus wil oordra) • Indien jy reageer/antwoord op ’n e-pos wat jy ontvang het, kan jy met een van die volgende sinne begin: o Ek reageer na aanleiding van ... o Ek skryf in antwoord op u ... o Ek skryf om u te bedank ... (indien die ontvanger bedank moet word) Liggaam • Die liggaam van ’n formele e-pos is ’n uitbreiding op die doel van die e-pos. • Alhoewel die liggaam uitgebreide inligting bevat, is dit steeds belangrik om kort en bondig te skryf. • Wees bewus daarvan dat die ontvanger nie bekend is met jou of die onderwerp van die e-pos nie. Jy wil nie hê die ontvanger moet die boodskap misverstaan nie. Slot • Afhangende van die soort boodskap wat jy stuur, is daar verskeie manier om af te sluit, soos: o Ek hoop om spoedig van u te hoor. o By voorbaat dank. o Vir verdere inligting, moet asseblief nie huiwer om my te kontak nie. o Kontak my indien u enige verdere vrae het. • Die algemeenste maniere van die e-pos afsluit, is: o Groete. o Die uwe (as jy die e-pos begin met “Geagte Meneer/Mevrou/Mejuffrou” omdat jy nie bekend met die name van die ontvanger/s is nie) Styl • Maak seker die formele e-pos se liggaam is ingedeel in drie of vier paragrawe. Dit sal verseker dat die ontvanger/leser die hoofpunte vinnig identifiseer. • Die toon moet formeel wees. Wees versigtig by die woordkeuse in ’n formele e-pos en hoe die ontvanger/leser dit kan interpreteer. • Vermy negatiwiteit, sarkasme en byvoeglike naamwoorde wat kan veroorsaak dat jy emosioneel klink. • Die gebruik van slengtaal moet vermy word. • Die gebruik van onnodige uitroeptekens en leestekens in ’n e-pos kan die boodskap van die teks belemmer. Dink oor hoe die ontvanger/leser die boodskap kan interpreteer wanneer hy/sy dit lees. 80
’n Voorbeeld van ’n formele e-pos: Aan: Die Skoolhoof AA/BAA: Die VRL Onderwerp: BEDANKING AS LID VAN DIE VRL Geagte mnr. Ackerman Hiermee gee ek, Sylvia Smit, kennis van my bedanking as VRL-lid. Volgens die beleid, is ek verplig om een maand kennis te gee. Ek hoop u sal my as lid van die VRL kan vervang in hierdie tydperk. Ek is regtig dankbaar vir die geleentheid wat ek die afgelope paar maande gegun is om te groei. Dit was ’n verrykende ondervinding om geassosieer te word met die leiers van die skool. Gedurende die afgelope vyf jaar het ek gegroei van ’n onervare graad 8-leerder tot ’n selfversekerde leier. Ek wil egter nou op my akademie fokus. Ek wens u en die VRL net die beste toe vir die res van die jaar. Ek het my tydperk as lid van die VRL baie geniet, maar dit het baie tyd van my geverg. Ek moet egter nou in ag neem dat ek nog in hierdie jaar moet aansoek doen vir toelating by ’n universiteit om medies te studeer. Soos u weet, is die toelatingsvereistes baie hoog. Ek sal goeie resultate in die rekordeksamen moet behaal om in aanmerking te kom om medies te studeer. Ek hoop dat u my bedanking sal aanvaar en dat u spoedig ’n plaasvervanger in my posisie sal aanstel. Die uwe S Smit S. Smit 2.5.1.2 Kenmerke van die informele e-pos • Die informele e-pos is gewoonlik gesprekstipe kommunikasie tussen twee mense wat mekaar betreklik goed ken. • Die informele e-pos word gewoonlik gebruik om nuus oor te dra, inligting te deel/uit te ruil, gelukwensings te doen, advies te gee en vrae te vra. Inleiding • Die informele e-pos begin gewoonlik met ’n groet, dan volg die erkenning van ’n e-pos waarop jy antwoord. Verskeie maniere om die e-pos te begin • Ek hoop dit gaan goed. • Baie dankie vir jou vorige e-pos/brief. • Dit was aangenaam om van jou te hoor. • Dit was ’n groot verrassing om van jou te hoor. 81
Slot • Die slot is net so belangrik as die inleiding. Daar is ’n paar standaard maniere om die informele e-pos mee af te sluit: o Dra my groete/liefde oor ... o Afsluitingswoorde soos: Liefde./Groete./Alles van die beste./ Beste wense., moet in ’n nuwe reël geskryf word. ’n Voorbeeld van ’n informele e-pos: AAN: pieter@hotmail.co.za; ronnie@mittal.com Wenke: • AAN: E-posadres van die AA/BAA: job57@gmail.com ontvanger/ontvangers. Hierdie persoon/persone moet op die e- ONDERWERP: Inhandiging van formele take pos reageer. BOODSKAP: • AA: Die e-posadres van ander Pieter, persone wat ook kennis moet dra ’n Vriendelike herinnering dat alle uitstaande take voor of op 20 van die inligting/boodskap wat Augustus 2021 ingehandig moet wees. gestuur is, maar van wie geen reaksie op die e-pos verwag word Bewys van beplanning moet ook ingehandig word. Geen nie. flaterwater mag gebruik word wanneer formele take geskryf • BAA: blinde afskrif aan word nie. Take kan elektronies of skriftelik ingehandig word. Die • ONDERWERP: Opsomming van take moet getuig dat prosesskryf plaasgevind het. Bewys van die inhoud van die e-pos. redigering is dus ook verpligtend. o Boodskap • Die naam van die persoon wat die Kontak asseblief mev. Nel indien daar enige onduidelikheid e-pos stuur, word onder aan die bestaan oor die formaat van die verskillende take. Die e-pos geskryf. assesseringsuitslae sal bekend gemaak word op 20 September • Die versender kan ook ander 2021. besonderhede aan die einde voorsien. Dit word ’n Groete. naamtekening genoem. Bessie 82
2.5.1.3.Aktiwiteit: Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf daaroor. Skryf die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer. • INFORMELE E-POS Jy het ’n groot verleentheid met ’n eerste afspraak beleef. Skryf ’n INFORMELE E-POS aan jou vriend/vriendin om hom/haar van die verleentheid en hoe jy die verleentheid hanteer het, te vertel. • FORMELE E-POS Edu Toekoms bied beurse aan vir matrikulante wat na skool verder wil studeer. Skryf ’n FORMELE E-POS aan die bestuurder van Edu Toekoms waarin jy om die beurs aansoek doen. Gee jou persoonlike besonderhede wat by hierdie brief pas, noem jou akademiese prestasie(s) en gee redes waarom jy dink dat jy hierdie beurs behoort te kry. 2.5.1.4 SO VERBETER EK MY EIE SKRYFSTUKKE: MERK AF OP DIE VOLGENDE LYSIE: KONTROLELYS VIR FORMELE E-POS √ X 1. Instruksies is goed uitgevoer. 2. E-pos adres van skrywer is boaan geskryf. 3. E-pos adres van ontvanger is na skrywer se adres geskryf. 4. Datum is uitgeskryf. 5. Die onderwerp is ’n opsomming van die inhoud van die e-pos. 6. Daar is ’n formele aanhef aan die linkerkantlyn geskryf. (Geagte mnr. Bester). 7. Die boodskap sluit die inleiding, uitbreiding in paragrawe en slot in. 8. Daar is ’n lyn oopgelaat tussen elke paragraaf. 9. Die liggaam van die e-pos brei uit op die rede vir die e-pos. 10. Die slotparagraaf vat die e-pos saam. 11. Taalreëls word nagekom. 12. Die aantal woorde is getel en onderaan die skryfstuk geskryf. 13. My opdrag het ’n titel en datum boaan die finale produk. 14. Die eerste poging is geredigeer. 15. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 83
KONTROLELYS VIR INFORMELE E-POS √ X 1. Instruksies is goed uitgevoer. 2. E-pos adres van skrywer is boaan geskryf. 3. E-pos adres van ontvanger is na skrywer se adres geskryf. 4. Datum is uitgeskryf. 5. Die onderwerp is ’n opsomming van die inhoud van die e-pos. 6. Daar is ’n informele aanhef aan die linkerkantlyn geskryf. (Liewe/Beste ...) 7. Die boodskap sluit die inleiding, uitbreiding in paragrawe en slot in. 8. Daar is ’n lyn oopgelaat tussen elke paragraaf. 9. Die liggaam van die e-pos brei uit op die rede vir die e-pos. 10. Die slotparagraaf vat die e-pos saam. 11. Taalreëls word nagekom. 12. Die aantal woorde is getel en onderaan die skryfstuk geskryf. 13. My opdrag het ’n titel en datum boaan die finale produk. 14. Die eerste poging is geredigeer. 15. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 84
3.Kategorie B-tekste Kategorie B in die eksamen handel oor die volgende tekste: • Resensie • Koerantberig • Tydskrifartikel • Agenda en notule van vergadering • Formele verslag • Huldeblyk Elkeen van hierdie tekste het verskillende formate wat ’n ander doel en register het. 3.1.Skryf van ’n resensie ’n Resensie is ’n geskrewe assessering of verslag oor iets. Resensies kan assessering van ʼn kunswerk, fliek, boek, restaurant, vertoning (toneel of konsert), ’n CD of DVD of ’n plek insluit. wenk 3.1. Resensie (Huistaal, Eerste & Tweede Addisionele Tale) ’n Resensie word geskryf as ’n individuele respons na aanleiding van bv. ’n boek wat gelees is, ’n restaurantbesoek of ’n nuwe film wat beoordeel moet word. Goeie resensies is regverdig, maar behoort eerlik te wees. Humor kan in resensies gebruik word. 85
3.1.1 Kenmerke van die resensie • Positiewe en negatiewe aspekte • Die produk se kenmerke • Aanbevelings van die produk • Beperkings van die produk • Die resensie moet die leser oortuig. • Die resensie word in die derde persoon geskryf. • Die teenwoordige/verlede tyd word gebruik. Voorbeeld: KOLSKOOT KUPIDO! Chris Barnard Wenke: • Die boek, restaurant of film ’n Verhaal van liefde! word bespreek en kommentaar word gelewer. Resensent: Sarie Dippenaar (Pretoria) • Om ’n mate van objektiwiteit te handhaaf Paragraaf 1: word die teks gewoonlik in Die boek/restaurant/film (noem die spesifieke name hier) word aanbeveel die derde persoon in die vir almal wat van die belangrike dinge in die lewe soos ... hou. teenwoordige/verlede tyd Paragraaf 2: geskryf. ’n Algemene indruk van die resensent oor dit wat hy/sy beoordeel het, kan • Gebruik woorde wat op in hierdie paragraaf genoem word. waardering of evaluering dui soos snaaks, genot, Paragraaf 3 - 5: opwindend, vermaaklik, Spesifieke aspekte wat beoordeel is, word hier in meer detail beskryf. belangrik, uitstaande, ens. Paragraaf 6: • In die bespreking moet Lig nog ’n aspek hier uit wat die resensent ’n baie sterk mening oor het en voldoende feite gegee wat die leser kan help om ’n besluit te neem. word om die leser te oorreed en om standpunt Paragraaf 7: Slot en aanbeveling. in te neem. **In die geval van ’n boek kan die uitgewer genoem word bv. Tafelberg, die • Die titel gee gewoonlik hoeveelheid bladsye (165) en die prys (R65.00). klaar ’n aanduiding van die resensent se **In die geval van ’n film: Nu Metro (Teater), Soort film (Spanning), gevoel/mening t.o.v. die Beperkings (SNV) Ouderdomsbeperking: 18 jaar. saak/ aspek/plek wat hy of sy beoordeel het. ** In die geval van ’n restaurant: Matador Steakhouse (Naam), spesialiteit (beesvleis) Dragkode (formeel/informeel) • Die resensie moet aan die einde ’n aanbeveling maak. 86
3.1.2.Aktiwiteit: Die graad 12’s het interessante voorgeskrewe boeke. Skryf ’n RESENSIE vir julle skoolkoerant oor een van hierdie voorgeskrewe boeke. Leerdervoorbeeld: Fiela se kind Titel / opskrif Resensent: Chantel Mabuza Genre: Drama Noodsaaklike Gradering: 4/5 inligting Skrywer: Dalene Matthee Uitgewer: Tafelberg-Uitgewers Prys: R135 Die een kind is Benjamin Komoetie, die ander Lukas van Rooyen. Is dit dieselfde mens? Kon ’n driejarige Vertel baie kort kind so ver geloop het, uit die Bos tot in die Lange waaroor drama Kloof? gaan. Jy mag nie Die antwoord op hierdie vraag is nie net vir Fiela die einde weggee Komoetie belangrik nie, maar ook vir Bejamin/Lukas vir nie wie dit baie belangrik is om te weet wie hy werklik is. Vertel meer oor die Die invloed van Nederlands en Engels op Afrikaans is taalgebruik in die baie duidelik in die taal wat in die drama gebruik word. drama Ek sal hierdie drama aanbeveel vir elke mens wat Hoekom sal jy die wonder oor wie hy/sy regtig is en waar hy/sy in die drama aanbeveel samelewing inpas. Dit sal jou ook laat besef dat mense in magsposisies hul mag misbruik tot die nadeel van ander mense. Dit is beslis ’n drama vir jonk en oud. (Aantal woorde: 148) 87
3.1.3 SO VERBETER EK MY EIE SKRYFSTUKKE: MERK AF OP DIE VOLGENDE LYSIE: KONTROLELYS VIR ‘N RESENSIE √ X 1. Instruksies is goed uitgevoer. 2. Toon, styl en woordkeuse is formeel. 3. Die nodige inligting is verskaf. 4. Positiewe en negatiewe aspekte word bespreek. 5. Die slot gee laaste indrukke en aanbevelings oor die produk. 6. Dit is in die verlede tyd geskryf. 7. Taalreëls word nagekom. 8. Die aantal woorde is getel en onderaan die skryfstuk geskryf. 9. My opdrag het ’n titel en datum boaan die finale produk. 10. Die eerste poging is geredigeer. 11. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 88
3.2.Skryf van ’n koerantberig en tydskrifartikel ’n Koerantberig is ’n berig in ’n koerant oor ’n bepaalde/spesifieke Die gehoor van die koerantberig is die onderwerp. lesers van die Die doel van die berig is om die publiek in te lig, op te voed en te vermaak. koerant. wenk 3.2 Koerantberig en Tydskrifartikel (Huistaal & Eerste Addisionele Taal) ’n Koerantberig en tydskrifartkel is skryfstukke wat oor ’n bepaalde gebeurtenis/onderwerp geskryf is. Dit word in ’n koerant/tydskrif gepubliseer. Dit gee feite aan lesers oor aktuele onderwerpe. Die doel is ook om die leser in te lig, op te voed en te vermaak. 3.2.1 Kenmerke van die koerantberig en tydskrifartikel • Die koerantberig/tydskrifartikel se formaat is duidelik herkenbaar. • Die aanslag is objektief/saaklik, maar nie streng formeel nie. • Die doel van hierdie teks is om oor ’n insident te berig/van ’n insident te vertel. • Die skrywer berig oor/vertel objektief van wat gebeur het. • Die koerantberig/tydskrifartikel word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die insident verwys word. • Die naam van die persoon wat die berig skryf, moet verskaf word. • Die koerantberig/tydskrifartikel word in die derde persoon geskryf, nl. Hy/sy het ... • Feite of inligting moet korrek wees. • Dit is kort en bondig. • Kommentaar van ooggetuies kan ingesluit word. 89
Voorbeeld: Wenke: Vrystater wil almal in voordele van Oosterse gevegkuns laat deel • Feite of inligting kan in ’n Louis Fouché (Johannesburg) koerantberig/tydskrifartikel gegee word. Uiter ’n mens die woorde “kung-fu”, kom baie stereotipiese beelde oor • Die titel vat die onderwerp Oosterse gevegskuns by jou op. saam. • ’n Subtitel kan ook gegee Ontmoet jy egter vir ... word. • Die omgekeerde piramiede- • Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word. metode word gebruik. • Die onderwerp moet aktueel wees en die leser se belangstelling prikkel. • Die meeste feite word in die • Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas. eerste paragraaf gegee. • Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet kort en kragtig Wie, wat, waar, wanneer, wees en die leser dadelik in die prentjie bring. waarom en hoe. • Die belangrikste nuus/nuusmaker moet eerste gestel word. • Die wie, wat, waar en • Die inhoud inligting moet logies en betroubaar wees. Die waarheid mag nie wanneer word in die verdraai word nie. volgende paragrawe • Die inligting moet duidelik uiteengesit word. Subtitels kan gebruik word. uitgebrei. Meer inligting – • Die woorde moet eenvoudig en verstaanbaar wees. die hoe en die hoekom – • Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. Die teikengroep kan nou ook gegee word. moet in gedagte gehou word. • Die res van die inligting • Feite kan opspraakwekkend wees. word daarna in dalende • Aanhalings kan gebruik word. orde van belangrikheid • Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word. gegee. • Deeglike kennis oor die “Kung fu” is ’n leefwyse waarin liggaam en gees gesond gehou word. onderwerp is belangrik. [Bron: Voorbeeld verwerk uit: Die Volksblad, 21 Augustus 2009] • Skryf hoofsaaklik in die bedrywende vorm. • Die slot vat die berig saam. • Die koerantberig/ tydskrifartikel kan in paragrawe of kolomme aangebied word. 90
3.2.2 Aktiwiteit: • Kies EEN onderwerp en skryf daaroor. • Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.2.2.1. Gebruik die opskrif hieronder en skryf ’n KOERANTBERIG wat in julle plaaslike koerant gepubliseer gaan word. TIENER RED BABA UIT BRANDENDE HUIS 3.2.2.2. Julle skool het vanjaar die wenner in die jaarlikse Matrikulant van die jaar-kompetisie opgelewer. Skryf ’n KOERANTBERIG vir die plaaslike koerant oor ’n prestigeaand waartydens die skool hierdie matrikulant op luisterryke wyse gelukgewens het. Leerdervoorbeeld: GR. 10-LEERDER MET SELFOON IN KLAS BETRAP Jan Breedt KROONSTAD. – ’n 14-jarige manlike leerder Volgens die hoof van dissipline, Mnr. Kemp, is van Hoërskool Rus en Vrede is hierdie insident nie algemeen by die skool nie, Maandagoggend tydens ’n misdaadondersoek en die “onderwysers vertrou die kinders”. met ’n selfoon, wat nie aan hom behoort nie, in Hierdie vertroue het vermoedelik daartoe gelei sy sportsak betrap. dat die oortreder die geleentheid raakgesien en aangegryp het. Dit is onbekend of die Die leerder, ’n minderjarige wie se naam nie leerder die selfoon vir persoonlike gebruik bekendgemaak mag word nie, is saam met die geroof het. res van sy klas ondersoek nadat ’n onderwyseres, Me. M. van Wyk, se selfoon Die leerder se ouer sowel as die polisie is in tydens die oggend se gebruiklike kennis gestel, maar die leerkrag het nie ’n adminperiode uit haar skoolsak verdwyn het. saak van diefstal teen die leerder gemaak nie. Leerders is in hul registerklasse gehou terwyl Die leerder se dissiplinêre verhoor is vir 29 sekuriteitsbestuur van die skool April geskeduleer en hy kan uitsetting in die oë almal in die betrokke adminklas se tasse, staar. sportsakke en sluitkassies deursoek het. Bron: aangepas uit afrklas.blog 91
3.2.3 SO VERBETER EK MY EIE SKRYFSTUKKE: MERK AF OP DIE VOLGENDE LYSIE: KONTROLELYS VIR DIE KOERANTBERIG/TYDSKRIFARTIKEL √ X 1. Instruksies is goed uitgevoer. 2. Die titel vat die onderwerp saam. 3. Die skrywer se naam is onder die titel geskryf. 4. Meer inligting – die hoe en die hoekom – word in die volgende paragrawe gegee. 5. Daar is ’n slot wat die artikel saamvat. 6. Die styl is maklik verstaanbaar en interessant. 7. Die feite is objektief weergegee. 8. Die leser/s sal ingelig wees na hulle die berig gelees het. 9. Taalreëls word nagekom. 10. Die aantal woorde is getel en onderaan die skryfstuk geskryf. 11. My opdrag het ’n titel en datum boaan die finale produk. 12. Die eerste poging is geredigeer. 13. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. Ek hou daarvan om ’n koerantberig te skryf, want ek kan my eie Ja, maak net seker opinie lig. jy bly by die onderwerp. 92
Jou teks moet tussen 3.3.Skryf ’n tydskrifartikel 180-200 woorde ’n Tydskrifartikel is ʼn artikel in ’n tydskrif wat handel oor ’n bepaalde (Huistaal) en 120-150 woorde vir EAT wees. onderwerp. Soos ’n koerantberig, is die doel om die leser te vermaak en in te lig. Daar is verskillende tipes tydskrifartikels. Sommige gee opinies. Ander gee advies terwyl sommige suiwer feite weergee. Lees die vraag versigtig deur sodat jy die korrekte tipe artikel skryf. wenk Tydskrifartikel (Huistaal & Eerste Addisionele Taal) ’n Tydskrifartkel is skryfstukke wat oor ’n bepaalde gebeurtenis/onderwerp geskryf is. Dit word in ’n koerant/ tydskrif gepubliseer. Dit gee feite aan lesers oor aktuele onderwerpe. Die doel is ook om die leser in te lig, op te voed en te vermaak. 93
3.3.1 Kenmerke: OMGEKEERDE PIRAMIDE Inleiding (1ste par.) Wie Wat Waar Wanneer Waarom Leser moet dadelik die prentjie kry. Volgende paragrawe: Meer inligting oor hoe en hoekom. Dalende orde van belangrikheid. Inhoud: logies en betroubaar. Slot: Samevatting/ Gevolg- trekking 94
Leerdervoorbeeld: KUBERKRAKERS VAL POTCHEFSTROMERS SE REKENINGE AAN Dustin Wetdewich Junie 2021 Verskeie Potchefstromers was onlangs die slagoffers van kuberbedrog toe duisende rande uit hul bankrekeninge verdwyn het. Johan Zerwick, ’n stadsraadlid, en sy vrou Madelein het ongeveer R26 000 verloor nadat hy die slagoffer van kuberbedrog was. Mario van de Wall, bekende fotograaf van die stad, het ongeveer R14 000 verloor. Volgens Zerwick weet hy van ten minste vyf ander Potchefstromers wat ook op dié manier geld verloor het. Die Zerwick-egpaar het op 7 Junie twee boodskappe ontvang waar begunstigdes by hulle internetbankdiens bygevoeg is. “Kort na ek die boodskappe ontvang het, het Absa se bedrogafdeling my gekontak om te sê dat daar vreemde aktiwiteite in my rekening aan die gang is. Ek het dadelik vir hulle gesê om my bankrekeninge te vries,” het Zerwick gesê. Absa kon daarin slaag om ongeveer R2 000 van die geld terug te kry, maar gaan Zerwick nie vir die res vergoed nie. Beeld het berig dat Phumza Macanda, woordvoerder van Absa, bevestig het dat die Zerwicks slagoffers van kuberbedrog was. Volgens Macanda het die krakers op ’n manier toegang tot kliënte se rekeningnommers, PIN’s en wagwoorde gekry. Volgens Zerwick is die geld wat gesteel is nie ekstra geld nie, maar van die egpaar se salarisse wat nou weg is. Hulle moes van ’n oortrokke fasiliteit gebruik maak om hulle rekeninge te betaal. Zerwick het intussen ook ’n saak van bedrog by die polisie aanhangig gemaak. Bron: Aangepas uit potchefstroomherald.co.za 3.3.2 Kontrolelys: soos by 3.2.3 95
ʼn Tydskrifartikel moet beskrywend en kreatief wees, maar moet steeds by die onderwerp bly. Ja dit moet interessant wees om die leser se aandag te trek. 3.4.Skryf ’n agenda en notule van ’n vergadering ’n Agenda is ’n lys van onderwerpe wat bespreek gaan word, asook die prosedure wat gevolg gaan word tydens die vergadering. Die agenda word voor die vergadering voorberei. ’n Notule is ’n geskrewe rekord van wat bespreek en besluit is tydens ’n vergadering. ’n Notule word afgeneem tydens die vergadering. Agenda en notule van ’n vergadering (Huistaal & Eerste Addisionele Taal ) Die agenda en notule word as ’n eenheid aangebied. 96
Agenda ’n Agenda is die sakelys (’n uiteensetting) van besprekingspunte wat volgens ’n bepaalde volgorde tydens ’n vergadering bespreek moet word. 3.4.1 Kenmerke van die Agenda • Die agenda verwys na die inligtingsvergadering. • Beskryf in hooftrekke wat tydens die vergadering gaan gebeur. • Rangskik sake in orde van belangrikheid. 97
Voorbeeld: Wenke: Agenda van ’n vergadering van die Sportkomitee wat op Maandag 24 • ’n Agenda is kort, Augustus 2021 om 10:00 in die Konferensiekamer gehou sal word. duidelik, spesifiek en ondubbelsinnig. AGENDA • Die naam van die instelling word genoem. 1. Opening en verwelkoming • Die datum, tyd en plek 2. Bywoning en verskonings van die vergadering 3. Notule van die vorige vergadering word genoem. 4. Sake uit die vorige notule • Dit lys die 4.1 besprekingspunte/sake 4.2. wat volgens ’n bepaalde 5. Nuwe sake volgorde bespreek moet 5.1. Finansiële verslag word. 5.2. Verslag van hokkiekomitee • Die doel van ’n agenda 6. Algemeen is om te verseker dat 6.1 belangrike sake nie 6.2 agterweë bly nie en in 7. Datum van volgende vergadering orde van belangrikheid 8. Afsluiting gerangskik word. ____________ ___________ • Dit rig en gee orde aan M. A. van Wyk C. R. Beukes ’n vergadering. Dit Voorsitter Sekretaresse bepaal ook die tyd wat aan elke onderwerp bestee moet word. Notule ’n Notule is die verkorte, geskrewe verslag van alle besprekings wat tydens ’n vergadering plaasgevind het. 3.4.2 Kenmerke van die notule • Dit bevat die volgende inligting: Die naam van die vereniging/organisasie/span, die datum, tyd en plek van die vergadering en ’n aanduiding van wie tydens die vergadering teenwoordig was. • Besluite/inligting word woord vir woord, in opsommende wyse, genotuleer. • Dit word in die teenwoordige tyd geskryf. • Onbenullighede word uitgelaat. • Die voorsitter teken en dateer aan die einde. • Die notule en agenda se opskrifte moet bymekaar aansluit. 98
Voorbeeld: Opskrif: Wenke: Die naam van die organisasie, aard van die vergadering, dag, datum, tyd en • Dit moet ’n lid, wat nie plek word aangedui. teenwoordig was nie, ’n idee gee van wat tydens Notule van ’n vergadering van die Sportkomitee wat op Maandag 24 die vergadering gebeur Augustus 2021 om 10:00 in die Konferensiekamer gehou is. het. • Dit gee dus ’n opsomming 1. Opening en verwelkoming: van die voorstelle en Die voorsitter verklaar die vergadering geopen en heet die besluite wat tydens ’n lede welkom. vergadering geneem is. • Alle besluite moet woord 2. Bywoning en verskonings: vir woord genotuleer Noem die titel, voorletters en vanne van lede teenwoordig en van dié wat word. verskoning gemaak het. • In ’n geskrewe notule word die verskillende 3. Notule van die vorige vergadering: opskrifte onderstreep. Die notule van die vorige vergadering word gelees, goedgekeur en • Onbenullighede word onderteken. uitgelaat. • Gebruik kort sinne. 4. Sake uit die notule: • Die notule word altyd in Sake uit die vorige notule word bespreek. die teenwoordige tyd geskryf. 5. Nuwe sake: • Die notule stem Sake wat tydens die vergadering bespreek sal word. puntsgewys ooreen met die agenda. 6. Algemeen: • Taal en styl is formeel. Ander belangrike sake wat tydens die vasstelling van die agenda genoem is, word nou bespreek. 7. Datum van volgende vergadering: 8. Afsluiting: Die tyd waarop die vergadering verdaag, word hier genoem. Maak voorsiening vir die handtekeninge van die voorsitter en sekretaris/sekretaresse. 99
3.4.3 Aktiwiteit: Kies EEN van die volgende opdragte. 3.4.3.1 Gedurende die Junievakansie bied organiseerders in Reitz, Mosselbaai, Christiana en Estcourt elk ’n kultuurfees of sportontwikkelingstoernooi aan. Die skoolkoor/’n Sportspan beplan om een van die feeste of toernooie by te woon. As sekretaris van die skoolkoor/sportspan moet jy die reëlingsvergadering beplan en die notule daarvan neem. Stel die AGENDA vir hierdie reëlingsvergadering op en skryf dan die toepaslike NOTULE. 3.4.3.2 As sekretaris van Checkers se personeelkomitee moet jy na afloop van die vergadering die notule skryf. Skryf die NOTULE. 100
3.4.4 KONTROLELYS VAN AGENDA EN NOTULE SO VERBETER EK MY EIE SKRYFSTUKKE: MERK AF OP DIE VOLGENDE LYSIE: KONTROLELYS VIR DIE AGENDA EN NOTULE √ X 1. Instruksies is goed uitgevoer. 2. Die agenda is kort, duidelik, spesifiek en ondubbelsinnig. 3. Die naam van die instelling word genoem. 4. Die datum, tyd en plek van die vergadering word genoem. 5. Dit lys die besprekingspunte/sake wat volgens ’n bepaalde volgorde bespreek moet word. 6. Alle besluite is in die notule genotuleer. 7. Die notule is in die teenwoordige tyd geskryf en stem puntsgewys ooreen met die agenda. 8. Die naam van die vergadering, datum en plek van die vergadering is boaan die notule geskryf. 9. Die notule bevat ’n opening, verwelkoming, lys van verteenwoordigers, lys van afwesiges, notule van die vorige vergadering wat gelees en goedgekeur moet word. 10. Die notule is deur die voorsitter en die sekretaris/sekretaresse onderteken. 11. Die aantal woorde is getel en onderaan die skryfstuk geskryf. 12. My opdrag het ’n titel en datum boaan die finale produk. 13. Die eerste poging is geredigeer. 14. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. Die agenda moet ’n duidelike skakel met die notule vorm. Ja, jy is reg. Die agenda gee ’n opsomming van alles wat in die notule verduidelik gaan word. 101
3.5.Skryf van die formele verslag Formele verslae ’n Formele verslag is ’n geskrewe beskrywing van ’n gebeurtenis na afloop bevat inligting wat kan help om van ’n ondersoek. Formele verslae bevat inligting en idees wat kan help om ’n moeilike situasies op te los. moeilike saak op te los. wenk Aanbevelings is voorstelle ’n Ondersoek is ’n formele ondersoek of van die beste roete om te studie van ’n situasie gebruik na ’n ondersoek. of geval. 102
Informele en formele verslag (Huistaal & Eerste Addisionele Taal) Kort verslag (Tweede Addisionele Taal) ’n Verslag is die bevindings van versamelde inligting of ’n navorsingsprojek of gebeurtenis. Dit is ’n dokument wat oor die vordering van ’n gebeurtenis of bepaalde werk verslag lewer. 3.5.1 Informele/kort verslag 3.5.1.1 Kenmerke van ’n informele/kort verslag • Die inligting moet korrek wees. • Die verslag moet ’n opskrif hê. • Die verslag moet onderteken word met die datum by. • Kort inleiding. • Paragrawe volgens logiese verloop van die gebeure. • Verskaf kortliks inligting oor die vrae: Wat? Wie? Waar? en Wanneer? • Die vrae kan subopskrifte hê. • Taal en styl moet by die informele verslag pas. Voorbeeld: Wenke: • Gee aan die verslag ’n interessante opskrif (kop). • ’n Informele verslag handel oor • Skryf ’n bondige, interessante inleiding wat die doel van die verslag byvoorbeeld ’n weergee. sporttoer/klasuitstappie/ • Verskaf kortliks inligting oor die vrae : Wie? Wat? Waar? en matriekafskeid. Wanneer? Die vrae kan subopskrifte wees. • Dit is ’n presiese weergawe van die • Brei uit op die vrae in die volgende paragrawe. gebeure. • Skryf ’n treffende slot wat alles saamvat. • Paragrawe moet volgens die • Taal, register en styl moet by die informele verslag pas. logiese verloop van die gebeure • Visuele materiaal kan ingesluit word om die verslag interessant te wees. maak. • Dit is kort en bondig. • Bywoorde en byvoeglike naamwoorde kan gebruik word om die verslag interessant te maak en om te beskryf. 103
Aktiwiteit: Jou skool het ’n koorkompetisie aangebied. Die skoolhoof het jou gevra om ’n kort verslag oor die koorkompetisie te skryf. Skryf die VERSLAG. 3.5.2 Formele verslag 3.5.2.1 Kenmerke: • Gebruik formele taal, register en styl. • Die verslag word in die eerste persoon geskryf. • Gee presiese terugvoer oor gebeure. • Die inligting moet korrek wees. • Die verslag moet ’n opskrif hê. • Die verslag moet onderteken word met die datum by. • Kort inleiding. • Paragrawe volgens logiese verloop van die gebeure. • Verskaf kortliks inligting oor die vrae: Wat? Wie? Waar? en Wanneer? • Die vrae kan subopskrifte hê. • Taal en styl moet by die formele verslag pas. 104
Wenke: Paragraaf 1: Persoonlike inligting (Volle name, identiteitsnommer, • Die formele verslag is adres en kontaknommer van die persoon wat die gewoonlik ’n verslag wat vir verslag saamstel.) die polisie/ versekering geskryf word. Paragraaf 2: • Die inligting en feite moet Besonderhede van gebeure: (datum, tyd, plek) korrek wees. • Paragrawe moet volgens die Paragraaf 3: logiese verloop van die Uitbreiding van besonderhede. gebeure wees en fyn detail moet gegee word. Paragraaf 4: • Dit is kort en bondig. Samevatting of gevolgtrekking. Die verslag word laastens onderteken en van ’n datum voorsien. • Die verslag word in die eerste persoon gedoen. (Toe ek om 13:30 daar aankom, het ek gesien ...). • Die ooggetuie moet dit wat hy/sy gesien het, weergee. • Die verslag word saaklik geskryf. • Emosioneel gelaaide woorde is ontoepaslik. • Taal en styl moet by die formele verslag pas. 3.5.2.2.Aktiwiteit: Die onderneming waar jy werk se personeel ervaar daagliks uitdagings met vervoer om by die werkplek te kom. Die bestuurder vra jou om ’n verslag oor hierdie uitdagings, wat by die volgende bestuursvergadering bespreek sal word, saam te stel. Skryf nou die VERSLAG. 105
Leerdervoorbeeld: Ek, Inus Prinsloo, is ’n seun van 18 jaar. Identiteitsnommer: 2003760142058, woonagtig te Hoopstraat 16, Nelspruit. Ek verklaar onder eed dat ek ’n ooggetuie was van ’n rooftog. Op 21 Mei 2021, ongeveer 07:00, was ek op pad na my skool, Hoërskool Nelspruit. Ek het verby die Absa Bank in Park Straat gestap. Met my aankoms het ek oombliklik opgemerk dat alles nie pluis is by die bank nie. Hierdie perseel is aan my bekend, aangesien ek elke dag verby die bank stap oppad skool toe. Ek was ongeveer 10 m van die bank en het gestop om eers seker te maak wat aan die gang is, want daar was 2 (twee) persone, onbekend aan my, besig om swart sakke te dra vanaf die bank na hulle motor. Ek het onmiddellik besef dat dit ’n rooftog is en het probeer vasstel wat die fabrikaat van die voertuig en die registrasienommer is. Dit was ’n swart Volkswagen Polo met registrasienommer ABC 134 MP. Ek verklaar dat die inhoud korrek en waar is. Ek besef ook dat enige valse verklaring wat hierdie dokument bevat, strafbaar is en dat ek my blootstel aan strafregtelike optrede. Ek sal die persone nie kan uitken as ek hulle weer sien nie aangesien hulle balaklawas aangehad het wat hulle gesigte bedek het. Ek is bereid om in die hof te getuig oor wat daardie dag gebeur het. Geteken: I. Prinsloo 21 Mei 2021 106
3.5.3. SO VERBETER EK MY EIE SKRYFSTUKKE: MERK AF OP DIE VOLGENDE LYSIE: KONTROLELYS VIR ’N VERSLAG √ X 1. Instruksies is goed uitgevoer. 2. Toon, styl en woordkeuse is gepas. 3. Die verslag is in die eerste persoon geskryf. 4. Nodige inligting is logies verskaf. 5. Die verslag is onderteken en die datum is by. 6. Daar is in die verlede tyd geskryf. 7. Taalreëls word nagekom. 8. Die aantal woorde is getel en onderaan die skryfstuk geskryf. 9. My opdrag het ’n titel en datum bo aan die finale produk. 10. Die eerste poging is geredigeer. 11. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 107
3.6.Skryf ’n huldeblyk ’n Huldeblyk is ’n teks oor ’n persoon wat onlangs oorlede is. Dit mag ook in ’n koerant gepubliseer word as ’n artikel of mag voorgelees word tydens die begrafnisdiens. Dit kan egter ook ʼn teks wees oor ʼn lewendige persoon wat vereer word. wenk Naam en van van die oorledene, adres, ouderdom, datum van afsterwe, plek waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, duur van siekte, name van gesinslede agtergelaat en gevolge van die dood. (doodsberig) Prestasies/hoogtepunte van opleiding en gemeenskapsbetrokkenheid word gegee. Gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene word gegee. (lofrede) Persoonlike herinneringe van familie en vriende kan ook gegee word. Die leser moet ’n duidelike beeld van die oorledene kan vorm. (huldeblyk) Vermy sentimentaliteit, maar eufemismes is aanvaarbaar. Die familie kan ook vertroos word. Die taal, styl en register is formeel en moet by ’n huldeblyk 3.6.1 Huldeblyk (vir oorledene) (Eerste Addisionele Taal en [Huistaal – kategorie C]) ’n Huldeblyk bevat die geskiedenis en besonderhede van ’n oorledene en is gewoonlik ’n kennisgewing in die koerant – ’n doodsberig. Belangrike gebeurtenisse uit die oorledene se lewe word ook oorgedra. Dit kan ook vir ’n gedenkdiens van die oorledene geskryf word. 3.6.1.1 Kenmerke van ’n huldeblyk (oorledene) • Die styl van die huldeblyk is formeel. • Die huldeblyk handel oor die oorledene wat ’n belangrike rol in die leerder se lewe gespeel het. • Die volgende besonderhede van die oorledene kan gegee word: naam en van, datum van afsterwe, waar persoon tydens dood gebly het, geboortedatum, geboorteplek, oorlewendes (eggenoot, kinders) en hul name, inligting oor begrafnis (plek, tyd, datum) ouderdom. • Die volgende inligting kan ook ingesluit word: oorsaak van dood, biografiese besonderhede, inligting oor huldigingsdiens. • Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf. • Die vertroosting en bemoediging word in die teenwoordige/toekomende tyd geskryf. • Die toon, styl en woordkeuse is formeel, versagtend, liefdevol, vertroostend, bemoedigend en taktvol van aard. 108
Daar is drie aspekte vervat in die huldeblyk, naamlik: • kennisgewing van afsterwe (doodsberig – obituary) • lofrede van die persoon se lewe (eulogy) • huldeblyk aan die afgestorwene (tribute) Voorbeeld: Koos du Plessis: Die meester van die liriek Koos is vereer vir sy bydrae tot die Afrikaanse musiek. En het hy dit nie verdien nie! Daar was net een Koos du Plessis. Hy was, en is, seker die beste liedjieskrywer wat nóg die gul klank van Afrikaans met musiek laat saamvloei het. • Die volgende belangrike persoonlike besonderhede behoort funksioneel en met groot sensitiwiteit en omsigtigheid ingesluit te word: die naam en van van die oorledene, adres, ouderdom, datum van afsterwe, plek waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, duur van siekte, name van gesinslede agtergelaat en gevolge van die dood, prestasies/hoogtepunte van opleiding en gemeenskapsbetrokkenheid, gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene word gegee, persoonlike herinneringe van familie en vriende kan ook gegee word. Die familie kan ook vertroos word. • Die leser moet ’n duidelike beeld van die oorledene kan vorm. • Vermy sentimentaliteit. • Die taal, styl en register is formeel en moet by ’n huldeblyk pas. • Dit moet kort en bondig wees. 109
Huldeblyk: My gedagtes oor Lucas Van die eerste keer dat ek Lucas Maree gesien het, het hy dit reggekry om ’n blywende indruk te maak. Almal onthou die program waarin Leon Schuster vir Lucas uitgevang het en hoe eerlik en opreg Lucas sy emosies gewys het. Na daardie eerste liedjie wat ek gehoor het, Kiekies, was ek ’n groot Lucas-aanhanger. Lucas was ’n fyn waarnemer en later het hy alles in sy liedjies en stories vas-gevang. Met elke vertoning was ek verstom om te sien hoe hy die mense kon vasgryp met sy beskrywing van ’n situasie. ’n Paar blywende indrukke van Lucas is sy ope arms (letterlik) waarmee hy my altyd gegroet het. Altyd met sy spesiale lag en drukkie. Die baie lang kueirs en gesels oor alles; van kameras tot sterre. In die nege jaar wat ek en Lucas saam ’n vertoning gedoen het, het ek nooit gewoond geraak aan daardie gevoel om langs Lucas te kan sit en sing nie. En om hom as my kollega en baie spesiale vriend te kan ag. “Onvoorwaardelik vriende,” soos Lucas dit aan my gestel het toe hy my daagliks in die hospitaal besoek het. Lucas kon op ’n spesiale manier met ander kommunikeer. Ek sal my laaste kuiers saam met hom nooit vergeet nie en vir altyd as kosbaar bêre. Selfs tóé het ek nog die idee gekry dat hy my wil beskerm en dra soos toe hy my besoek het, toe ek sy vriendskap so nodig gehad het. Lucas, jy het soveel vir ons gelaat om jou te kan onthou. En elke onthougedagte en –ervaring is iets om te koester. My vriend met die grootste hart. [Verwerk uit: www.beeld.com, 22 Februarie 2011] 110
3.6.1.2 Aktiwiteit: Jou gunstelling sanger, Mandoza, is skielik oorlede. Almal het baie van sy musiek gehou. Jy is gevra om namens jou vriende ’n huldeblyk te lewer. 3.6.2 ’n Huldeblyk kan ook gelewer word wanneer daar hulde aan ’n lewende persoon betoon word soos byvoorbeeld aan ’n skoolhoof/onderyser wat die skool verlaat, die direkteur van ’n maatskappy wat aftree of aan iemand wat ’n groot/belangrike mylpaal in sy/haar lewe bereik het. 3.6.2.1 Kenmerke van ’n Huldeblyk (vir lewende persoon) • Die styl van die huldeblyk is formeel, dog waarderend. • Die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om die persoon se lewe te vereer en om die betekenisvolle bydrae wat hy/sy gelewer het, uit te lig. • Die mense wat die funksie bywoon, moet ’n geheelbeeld van die persoon kry. • Die huldeblyk word met die groet ingelei en die aanwesiges se aandag word vasgevang. • Die volgende besonderhede kan van die persoon gegee word: naam en van. • Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure en staaltjies bevat. • In die slot kan die spreker waardering uitspreek vir jare se bydrae en ook vrede en goeie gesondheid. • Die huldeblyk kan in die teenwoordige of verlede tyd geskryf word. Voorbeeld: Laurika Rauch: Wenner van ’n Fiësta Laurika Rauch word vanjaar vereer vir haar bydrae tot die Afrikaanse luisterlied. En verdien sy dit nie! Daar is net een Laurika Rauch. Sy het vandat sy in 1980 begin sing het, die wêreld van die Luisterlied stadig maar seker verower ... • Die volgende inligting kan in ’n huldeblyk wat oor ’n lewende persoon handel, gegee word: Naam en van, prestasies en hoogtepunte van opleiding en loopbaan, gemeenskapsbetrokkenheid, gebeurtenisse en staaltjies, persoonlike herinneringe. • Onthou ook om te sê waarom hierdie huldeblyk gelewer word. • Vermy sentimentaliteit. • Die taal, styl en register is formeel en moet by ’n huldeblyk pas. • Dit moet kort en bondig wees. 111
3.6.2.2.Aktiwiteit: 3.6.2.2.1 Huldeblyk aan iemand wat oorlede is: Jou gunsteling neef/-niggie is onlangs onverwags oorlede. Jy sal hom/haar altyd onthou vir sy/haar positiewe gesindheid. Skryf ’n HULDEBLYK om sy/haar nagedagtenis tydens die begrafnisdiens te eer. 3.6.2.2.2 Huldeblyk van iemand wat lewe: ’n Oudleerder het onlangs nasionele kleure in ’n sportsoort ontvang. Skryf ’n HULDEBLYK oor hierdie persoon wat jy tydens ’n spesiale skoolfunksie gaan lewer. Leerdervoorbeeld van ’n HULDEBLYK: OPDRAG: Jy is gevra om namens die familie aan jou pa se sussie, Tannie Hettie, vir wie jy baie lief was, ’n huldeblyk tydens die roudiens te lewer. HULDEBLYK -Tannie Hettie Jy kry spesiale mense wat ’n wesenlike verskil in jou lewe kan maak. Ek het op 2 Januarie een van dié mense in my lewe aan kanker verloor... Sy was maar 56 jaar oud! Sy het op Worcester grootgeword - my tannie Hettie! Vandat ek kan onthou, was sy maar altyd een van my gunstelingmense. Ek onthou hoe ek gerééld vir ’n week by haar, oom Toekels en nig Christa tydens skoolvakansies in die Karoo gaan kuier het. Sy was ’n ekspert in die kombuis en min dinge het haar soveel plesier verskaf. Ek onthou ook heerlike vakansies op Buffelspoort! Sy was altyd so besorg oor ander – ’n regte moederhen. Sy het so baie vir die gemeenskap gedoen deur haar liefdadigheidswerk - veral by die kinderhuis. Sy was ook ’n befaamde skrywer en van haar werk is met verskeie toekennings bekroon! Al het sy baie pyn gehad, was daar altyd ’n glimlag. Dit ruk ’n mens as iemand soos dié van ons weggeneem word. Dit klink so leeg om te sê: “Sy is op ’n beter plek.” Die leemte wat sy in ons lewens los, is groot. Sy laat haar man, Oom Toekels en haar dogter, Christa, agter. Ek sal altyd met heimwee en aangename herinneringe aan haar dink. Tannie Hettie, ons gaan jou mis! 112
3.6.2.3 SO VERBETER EK MY EIE SKRYFSTUKKE: MERK AF OP DIE VOLGENDE LYSIE: KONTROLELYS VIR ’N HULDEBLYK VIR ʼn OORLEDENE √ X 1. Instruksies is goed uitgevoer. 2. Toon, styl en woordkeuse is formeel. 3. Nodige inligting is verskaf. 4. Familie word vertroos. 5. Dit is in die verlede tyd geskryf. 6. Taalreëls word nagekom. 7. Die aantal woorde is getel en onderaan die skryfstuk geskryf. 8. My opdrag het ’n titel en datum boaan die finale produk. 9. Die eerste poging is geredigeer. 10. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 113
4.Kategorie C-tekste Kategorie C in die eksamenvraestel handel oor die volgende: • Dialoog Een vraag van • Geskrewe onderhoud Kategorie C sal in die eksamen voorkom. • Geskrewe formele en informele toespraak • Huldeblyk (Huistaal) Elkeen van hierdie tekste het ’n ander formaat, dien ’n ander doel en het ’n ander register. 4.1.Skryf ’n dialoog ’n Dialoog is ’n gesprek tussen twee of meer mense. Die mense praat oor ’n spesifieke onderwerp. wenk Dialoog Wanneer ’n dialoog geskryf word: • Skryf die name van die sprekers aan die linkerkant van die bladsy. • Gebruik ’n dubbelpunt na die naam van elke spreker. • Begin elke nuwe spreekbeurt op ’n volgende reël. • Inligting vir die sprekers/karakters oor hoe om te praat, moet tussen hakies, direk voor die spreker/karakter se woorde, geskryf word. • Skets ’n scenario voordat die dialoog geskryf word. . 114
Dink aan elke spreker as ’n karakter. Elkeen kan sy/haar eie opinie lewer. Dit maak die dialoog meer interessant. Dialoog (Huistaal, Eerste Addisionele Taal – Kategorie C [Tweede Addisionele Taal - Kategorie B]) Dit is ’n verslag van die spreekbeurte tussen twee of meer mense in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die spreker se perspektief. 4.1.1 Kenmerke: • Die dialoog het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees. • Die teks moet duidelik as dialoog herkenbaar wees. • Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog. • Die taal en styl is informeel en gemaklik. • ʼn Verslag van spreekbeurte tussen twee persone vind plaas. • ʼn Scenario word geskets voordat die dialoog begin. • Inhoud, insluitend idees en detail: o Die inhoud van die dialoog moet die fokus ondersteun. o Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die gesprek. 115
• Formaat: o Die sprekers se name staan teen die linkerkantste kantlyn. o Die kandidaat se naam kan met "Ek" vervang word. o Daar kom ’n dubbelpunt na elke naam. o Geen aanhalingstekens word gebruik nie. o Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop. o Spreekbeurte is in blokvorm. o ʼn Konteks behoort geskep te word voordat die dialoog geskryf word. o Ekstra inligting word tussen hakies en direk voor die spreker se woorde geskryf, waar dit toepaslik is. • Styl, toon en register: o Die toon en register moet pas by die situasie, nl. informeel, dog hoflik/met respek. • Taal o Die woordeskat is gepas en uitgebreid. o Die woordkeuse word vaardig uitgeoefen. o Die grammatika is akkuraat. o Spelling is goed. o Die leestekens is funksioneel aangewend om atmosfeer en emosie te beskryf. o Geen slordige taal, sleng woorde en sms-taal word gebruik nie. 116
Voorbeeld: Wenke Thandi: Wat gaan ons môre doen? • Die sprekers se name staan links, Vuyo: Ek moet my ma in die huis help. teen die kantlyn. Daar is ’n Ek sal eers môremiddag iets kan dubbelpunt na die naam. doen. • Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie. Thandi: Dit maak nie saak nie. Ek is baie • ’n Reël word na elke spreker lus om ... (spreekbeurt) oopgelaat. • Ekstra inligting word tussen hakies Vuyo: ... geskryf. • Geen punte word na die hakies • Twee of meer mense voer ’n gesprek met mekaar. gebruik nie. • Die taal en styl moet by die onderwerp pas. Indien die • ’n Dubbelpunt volg direk na die naam dialoog tussen familielede of nabye vriende plaasvind, van ’n spreker. word ’n gemaklike, informele styl gebruik. Bekende taalvorme word vir versoeke, vrae, opdragte, voorstelle en erkennings gebruik. Wanneer die gesprek tussen vreemdelinge plaasvind, is dit meer formeel. • Gebruik leestekens om emosie aan te dui eerder as wat dit in woorde in die neweteks geskryf word. • Inligting vir sprekers/karakters (of die leser) oor hoe om te praat of om die handeling uit te beeld, moet tussen hakies, direk voor die spreker/karakter se woorde geskryf word, byvoorbeeld: Anna: (met dringenheid) Jan, hou op om ... • ’n Scenario kan geskets word voordat die dialoog geskryf word byvoorbeeld: Susan en Renske het sopas besef hulle is op dieselfde seun verlief. Susan: Nee, o aarde, Renske, dít gaan beslis nie werk nie. Renske: Ek stem saam: dit gaan ons vriendskap ruïneer! 117
ʼn Leerder se voorbeeld: Die internetsensasie Herman: Giepie! Waar is jy? Giepie: Herman, wat nou? Het jy seergekry? Herman: Hoekom dink jy sal ek jou eerste roep as ek seergekry het? In elk geval, het jy gesien wat op “You Tube” gebeur? Giepie: Op “You Tube”? Waarvan praat jy? Herman: Ons video! Dit is twee miljoen keer gekyk en daar is heelwat positiewe kommentaar. Giepie: Ons video? Wag, ek verstaan nie. Twee miljoen keer gekyk? Honderde positiewe reaksies? Waarvan praat jy? Herman: Verlede week het jy my toegelaat om ʼn video van jou te neem. Vrek, maar dit was skreeusnaaks! Giepie: Ek het jou verlede week toegelaat om my af te neem? Wag, praat jy van daardie oomblik…? Herman: Daardie oomblik? Bedoel jy toe jy gehardloop het en bo-oor die kruiwa geval het en in die dam geduik het? Giepie: Ummm, ja, wat sê hulle nou van my ongeluk? Wat is die kommentaar? Herman: Nee, alles heel positief. Net dat jy lyk soos ʼn totale skollie! Giepie: Nee tjom, ek is teleurgesteld in jou, nou het jy veroorsaak dat ek my naam met ʼn plank geslaan het. Sies man, dis nie wat vriende doen nie. Herman: Ja, dit was seker naar van my, maar dink daaroor, jy is nou beroemd! ʼn Bekende, amper soos Johnny Depp! Gielie: Ek is darem trots daarop dat ek die bekende “masker-video” ore aangesit het! O genade, Dink jy ek gaan daaroor vervolg word? Aantal woorde: 209 118
4.1.2 Aktiwiteit: Eerste Addisionele Taal Jy het iemand ontmoet en is nou verlief. Ongelukkig hou jou ma glad nie van hierdie persoon nie. Jy wil jou ma van opinie laat verander. Skryf die DIALOOG tussen jou en jou ma neer. Tweede Addisionele Taal [Kategorie B] Daar is 'n onderwyser by jou skool wat ekstra dinge vir al die leerders doen. Jy het besluit om vir hierdie onderwyser dankie te sê vir alles wat hy/sy vir jou doen/gedoen het. Skryf die GESPREK tussen jou en jou onderwyser neer. Begin die gesprek só: Ek: Ek wil graag dankie sê vir alles wat u vir my gedoen het. Onderwyser: Wat bedoel jy? Ek: ... Onderwyser: ... LET WEL: Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop. 119
4.1.3 Kontrolelys KONTROLELYS VIR DIE DIALOOG ü X 1. Die doel is bereik: ʼn Suksesvolle gesprek tussen twee persone vind plaas. 2. ʼn Konteks is geskep voordat die dialoog geskryf is. 3. Die inhoud van die dialoog ondersteun die fokus. 4. Ekstra inligting word tussen hakies en direk voor die spreker se woorde (waar dit toepaslik is) geskryf. 3. Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die gesprek. 4. Die leser se belangstelling word geprikkel. 5. Die sprekers se name staan teen die linkerkantste kantlyn. 6. ʼn Dubbelpunt is na elke naam geskryf. 7. Die toon, styl en woordkeuse is respekvol en pas by die aard van die dialoog. 8. Die kommunikasieproses is gemaklik en natuurlik. 9. Die taal en styl is informeel en gemaklik. 10. Die eerste poging is geredigeer. 11. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 120
4.2.Skryf van ’n onderhoud Onderhoude word geskryf asof dit ’n Onderhoud is ’n formele vergadering waar iemand vrae vra, soos die ware weergawe van elke ʼn onderhoud vir ’n pos. Dit kan ook ’n onderhoud op die radio of TV spreker se woorde is. wees. Onderhoud 121
Geskrewe onderhoud (Huistaal & Eerste Addisionele Taal) Die onderhoud word in ’n vraag-en-antwoordmetode gedoen of word as ’n artikel geskryf. Dit is gewoonlik gerig op die versameling van kennis of vir navorsingsdoeleindes. 4.2.1Kenmerke: • Die doel van die onderhoud is om inligting in te win oor ʼn saak/onderwerp. • ʼn Inleidende sin/paragraaf/scenario behoort waarde tot die skryfstuk toe te voeg. • Die slot vat die kern van die onderhoud saam. • Die leser se belangstelling moet geprikkel word. • Duidelike en kort vrae is nodig. • Relevante antwoorde moet verskaf word. • Die toon, styl en woordkeuse moet respekvol wees en by die aard van die onderhoud pas. • Die toon en woordkeuse word ook bepaal deur die persoon met wie die onderhoud gevoer word. • Die kommunikasieproses is gemaklik en natuurlik. • Die fokus moet val op die onderhoud met die betrokke persoon. • Formaat: o Dit stem grootliks ooreen met die formaat van ʼn dialoog. o Die onderhoud behoort in vraag-en-antwoordmetode/dialoogvorm geskryf te word. o As die onderhoud in vraag-en-antwoordmetode aangebied word, word die vrae en antwoorde onder mekaar neergeskryf. o ʼn Reël word na elke vraag-en-antwoordstel oopgelaat. o Na die woorde VRAAG en ANTWOORD is ʼn dubbelpunt. o Geen aanhalingstekens word gebruik nie. 122
Voorbeeld: Wenke: Idols groei steeds: Dewald Louw • Feite of inligting Adriaan Louw kan in ’n onderhoud gegee word. Dewald Louw is die eerste wenner van die Afrikaanse Idol reeks. Hy is ’n talentvolle • Die titel vat die sanger en het pas ’n nuwe CD uitgereik. onderwerp saam. • ’n Subtitel kan Baie van die Suid-Afrikaanse Idols verdwyn van die toneel ná hul debuut-CD. ook gegee word. Hoe verseker jy dat dieselfde lot jou nie tref nie? • Die onderhoud Idols stel jou aan ’n groot aantal mense bloot, maar wanneer die reeks verby is, word kan in ’n vraag- jy in die duister gelaat. … en- antwoordmetode • Begin dadelik met die onderhoud. (dialoog) gedoen • Die onderhoud moet interessant wees en moet die leser se belangstelling word of as ’n prikkel. artikel geskryf • Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderhoud pas. word. • Die inhoud/inligting moet logies en georden wees. • Deeglike • Die inligting moet duidelik uiteengesit word. navorsing, beplanning en • Die vrae en antwoorde moet duidelik en relevant wees. kennis oor die • Taal en styl moet toepaslik wees en die teikenlesers moet in gedagte gehou onderwerp is word. belangrik. • Die kommunikasieproses moet gemaklik, natuurlik en vloeiend wees. • Dit word in die Waarheen nou? teenwoordige tyd geskryf en is Ek sien daarna uit om in die toekoms my nuwe album behoorlik te bemark en seker tydgebonde. te maak ek kom by my ondersteuners uit. Verder wil ek graag … • Die slotparagraaf vat die onderhoud (Voorbeeld verwerk uit: LitNet, Menings/Onderhoude, Februarie 2009) saam. 123
4.2.2 Aktiwiteit: Huistaal: ʼn Bekende sport-/musiekster besoek julle skool. Jy het die voorreg om vir jul skoolkoerant met hom/haar ʼn onderhoud te voer oor die grootste struikelblok wat hy/sy in sy/haar lewe oorkom het. Skryf die ONDERHOUD. Eerste Addisionele Taal: Die bestuurder van ʼn winkelsentrum in jou omgewing voer onderhoude met mense wat by hierdie winkelsentrum inkopies doen. Hy voer ʼn onderhoud met jóú en wil weet wat jy van die sentrum dink. Hy vra jou uit oor wat jy dink van die winkels wat daar is, parkering, toiletgeriewe, sekuriteit, ensovoorts. Skryf die ONDERHOUD tussen jou en die winkelbestuurder neer. Verwys na die dinge waaroor die winkelbestuurder jou uitgevra het. 4.2.3 Kontrolelys KONTROLELYS VIR DIE ONDERHOUD ü X 1. Die doel is bereik: Ek het inligting ingewin oor ʼn saak/onderwerp. 2. Die inleidende sin/paragraaf/scenario voeg waarde tot die onderhoud toe. 3. Die slot vat die kern van die onderhoud saam. 4. Die leser se belangstelling word geprikkel. 5. Duidelike en kort vrae is gevra. 6. Relevante antwoorde is verskaf. 7. Die toon, styl en woordkeuse is respekvol en pas by die aard van die onderhoud. 8. Die kommunikasieproses is gemaklik en natuurlik. 9. Die onderhoud is in vraag-en-antwoordmetode/dialoogvorm geskryf. 10. Taalstrukture en -konvensies word korrek gebruik. 11. Die eerste poging is geredigeer. 12. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 124
4.3.Skryf ’n toespraak ’n Toespraak is ’n formele praatjie wat aan ’n groep mense gelewer word oor ’n bepaalde onderwerp. wenk Geskrewe formele en informele toespraak (Huistaal, Eerste en Tweede Addisionele Tale) 4.3.1 Formele toespraak ’n Toespraak word gehou om die gehoor van jou standpunt te oortuig, om hulle oor ’n saak in te lig, om iemand geluk te wens of te bedank. 125
Wenke: Opskrif • Die keuse van die Paragraaf 1: Inleiding: Onderwerp word ingelei. Die gehoor se aandag word onderwerp is baie belangrik. getrek. • Toesprake word gewoonlik gelewer by troues, Paragraaf 2: Die onderwerp word in verskillende hoofpunte verdeel en dit begrafnisse, seremonies, word in verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek. partytjies, prysuitdelings, ens. Slotparagraaf: ’n Treffende slot wat die onderwerp saamvat. • Die feite moet korrek wees. Dit is noodsaaklik dat goeie navorsing gedoen word en bronverwysings sal feite versterk. • Die inleiding moet só interessant wees dat dit die gehoor se aandag onmiddellik boei. Die openingsin is baie belangrik. • Elke paragraaf handel oor ’n nuwe feit. • Die inhoud moet bruikbaar en geskik wees. • Die inhoud moet georden en logies wees. • Daar moet ’n duidelike spanningslyn of ’n stygende lyn van belangrikheid wees. • Die taal, styl en register moet by die gehoor en die onderwerp pas. Vermy clichés • Maak gebruik van formele spreektaal. • Kort en kragtige sinne het trefkrag. • Koherensie (samehang) is baie belangrik. • Interessante voorbeelde, staaltjies, grappies en aanhalings maak die toespraak interessant. • Die slot moet die gehoor prikkel, oortuig en tot nadenke stem. • Dit is nie ’n samevatting van die toespraak nie. 126
4.3.2 Informele toespraak ’n Informele toespraak is ’n toespraak wat gewoonlik onvoorbereid is. Dit kan aangebied word om ’n heildronk in te stel of om van ’n persoon afskeid te neem, of om ’n persoon geluk te wens, ens. Hierdie formaat kan leerders help met die skryf van ’n formele / informele toespraak. Formele / informele toespraak: Beplanning Inleiding: Stel jou rede/standpunt/stelling/duidelik hier. Dink aan ’n kreatiewe manier om die gehoor se belangstelling te wek. ................................................................................................................................. ................................................................................................................................. Inhoud / liggaam: Vul die inhoud met ten minste drie argumente aan om jou standpunt of stelling te staaf – maak ook van voorbeelde gebruik. Argument/Stelling/Voorbeeld 1: ................................................................................................................................. ................................................................................................................................. Argument/Stelling/Voorbeeld 2: ................................................................................................................................. ................................................................................................................................. Argument/Stelling/Voorbeeld 3: ................................................................................................................................. ................................................................................................................................. ................................................................................................................................. Slot: Vat jou redes/stellings/argumente/voorbeelde bondig saam om treffend af te sluit. ................................................................................................................................. ................................................................................................................................ 4.3.2.1.Aktiwiteit: Skryf ʼn FORMELE TOESPRAAK vir die afsluiting van die prysuitdeling by jou skool. Jy is die hoofdogter/hoofseun. 127
4.3.2.2. Kontrolelys: KONTROLELYS VIR DIE TOESPRAAK ü X Die doel is bereik: Ek het inligting ingewin oor ʼn saak/onderwerp. Die inleidende sin/paragraaf/scenario voeg waarde tot die toespraak toe. Die slot vat die kern van die toespraak saam. Die leser se belangstelling word geprikkel. Die toon, styl en woordkeuse is respekvol en pas by die aard van die toespraak. Die kommunikasieproses is gemaklik en natuurlik. Taalstrukture en -konvensies word korrek gebruik. Die eerste poging is geredigeer. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 128
4.4.Wat word van jou verwag in die eksamen? In die eksamen moet jy Afdeling B soos volg beantwoord: Huistaal TWEE transaksionele tekste van 180-200 woorde elk Eerste Addisionele Taal EEN lang transaksionele teks van 120-150 woorde Tweede Addisionele Taal EEN lang transaksionele teks van 80-100 woorde Die transaksionele teks word as volg bepunt: Vlak Punt Huistaal 25 x 2= 50 Eerste Addisionele Taal 30 Tweede Addisionele Taal 20 Die transaksionele teks word op die volgende wyse nagesien Vlak Inhoud, beplanning Taal, styl, redigering en formaat Huistaal 15 10 Eerste Addisionele 18 12 Taal Tweede Addisionele 12 8 Taal Die vraestel is 3 uur lank vir Huistaal en 2 ½ uur lank vir Eerste en Tweede Addisionele Tale. Jy moet 80 minute gebruik vir die skryf van jou 2 transaksionele tekste (HT) en 40 minute vir jou lang transaksionele teks (Eerste Addisionele Taal) en 38 minute vir die lang transaksionele teks (Tweede Addisionele Taal). Die rubriek is op die volgende bladsy wat deur nasieners gebruik word om die transaksionele teks na te sien. Dit dui die vyf kategorieë aan wat die eksaminators gebruik om die transaksionele tekste te beoordeel van die laagste kategorie (Onvoldoende) tot die hoogste kategorie (Uitsonderlik). Die rubriek verwys ook na die vaardighede waarna die eksaminator kyk by die nasien van die teks. Die eksaminator sal assesseer hoe goed die onderwerp beantwoord word deur te let op idees wat verband hou met die onderwerp, die beplanning en formaat. 129
Die rubriek is ’n goeie gids om te gebruik as jy jou transaksionele teks bestudeer, want dit herinner jou aan die vaardighede waarna die eksaminator kyk wanneer jou teks nagesien word. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3 BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp 15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie 10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig belemmer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 131 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons toon -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer en toon voldoende geringe kennis van kennis van kenmerke van verwagting goeie kennis van kennis van kenmerke kenmerke van die die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en kenmerke van die van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik organisering van idees volwasse soort teks -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking vir beplanning; -Grondige kennis van -Behou fokus; geen gefokus nie; enkele fokus, maar met -Geen samehang in doel, gehoor, kenmerke van die afwyking nie afwykings afwykings idees en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks -Samehang in inhoud -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail en konteks -Skryfwerk behou en idees; baie goed in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die fokus uitgebrei met detail -Sommige detail nie onderwerp 18 PUNTE -Samehang in inhoud wat die onderwerp ondersteun die -Min detail ondersteun -Nodige reëls van en idees ondersteun onderwerp die onderwerp formaat nie toegepas nie -Idees behoorlik -Gepaste formaat -Formaat oorwegend -Nodige reëls van uitgebrei met detail met onbeduidende gepas, maar met formaat vaagweg wat die onderwerp foute enkele foute toegepas ondersteun -Kritiese foute begaan -Gepaste en akkurate formaat TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is woordeskat minder woordeskat stem nie Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, gehoor ooreen met doel, gehoor woordeskat geskik vir gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks en konteks en konteks nie doel en konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele -Grammatika -Besaai met foute en taalgebruik en akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute onakkuraat met etlike verwarrend konvensies; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende foute -Woordeskat nie geskik woordkeuse; -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat -Basiese woordeskat vir doel nie punktuasie en spelling woordeskat -Foute belemmer nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig -Oorwegend foutloos betekenis nie belemmer 12 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Assesseringsrubriek: Skryf: Lang Transaksionele Teks - Tweede Addisionele Taal [20 Punte] KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O) INHOUD, BEPLANNING 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3 & - Grondige kennis van - Goeie kennis van - Toon voldoende kennis - Toon elementêre - Toon weinig, indien FORMAAT kenmerke van teks. kenmerke van teks. van kennis enige - Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed. kenmerke van teks. van kenmerke van kennis van kenmerke Kenmerke van teks treffend en bo verwagting. - Inhoud en idees - Respons is voldoende. teks. van Respons op opdrag - Idees is intelligent en samehangend. - Respons is basies. - Inhoud en idees redelik teks. Idees in teks volwasse. - Behou fokus. samehangend. - Inhoud en idees nie - Respons toon weinig, Organisering van idees - Inhoud en idees is - Idees is baie goed - Nie meer heeltemal meer altyd indien enige verband Konvensies en konteks samehangend. uitgebrei met detail gefokus nie; enkele samehangend met - Behou fokus. wat die onderwerp afwykings. nie. opdrag. 12 PUNTE - Idees is behoorlik uitgebrei ondersteun. - Sommige detail - Aanduiding van fokus; - Geen samehang in met - Gepaste formaat; ondersteun met afwykings. idees detail wat die onderwerp onbeduidende foute. die onderwerp. - Min detail ondersteun en inhoud nie. ondersteun. - Formaat oorwegend die - Fokus onvoldoende en - Gepaste en akkurate gepas, onderwerp. onvanpas. formaat. maar met foute. - Noodsaaklike reëls - Baie min indien enige van detail ondersteun die 7-8 5-6 4 die formaat 3 is onderwerp.0-2 TAAL, STYL & vaagweg - Noodsaaklike reëls - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - toegepas. Toon, styl,Kritiese register en - Toon, styl, register en REDIGERING van die woordeskat is hoogs geskik woordeskat is baie woordeskat is geskik vir woordeskat foute is is minder woordeskat is nie meer formaat is nie toegepas vir geskik doel, gehoor en geskik vir doel, egter begaan. gehoor geskik nie. vir doel, gehoor Toon, styl, register en doel, gehoor en konteks. vir doel, gehoor en konteks. en en woordeskat is geskik vir - Baie goeie woordeskat. konteks. - Woordeskat is konteks. konteks nie. doel/effek en konteks voldoende. - Toon goeie - Knap woordeskat. - Basiese woordeskat. - Woordeskat is Woordkeuse taalkonstruksie. - Toon oor die algemeen - Toon gemiddelde - Toon basiese onvoldoende. Taalgebruik en - taalkonstruksie. - Grammatika is akkuraat. goeie taalkonstruksie. taalkonstruksie. - Toon feitlik geen konvensies - Baie min spel- en -Grammatika is oor die - Enkele - Grammatika is nie taalkonstruksie nie. Punktuasie punktuasiefoute. algemeen korrek. grammatikafoute. meer - Grammatikafoute Grammatika - Min spel- en - Spel- en akkuraat nie. belemmer betekenis. Spelling punktuasiefoute. punktuasiefoute - Etlike spel- en - Besaai met spel- en belemmer nie betekenis punktuasiefoute wat punktuasiefoute; 8 PUNTE nie. betekenis belemmer. belemmer betekenis. Hoog Gemiddeld Laag 132
Afdeling C: Kort transaksionele tekste (EAT en TAT) Hierdie tipe transaksionele teks is ’n kort geskrewe oordra van inligting of ’n geskrewe bewys van kommunikasie. Elke tipe tekssoort het ’n bepaalde funksie en formaat byvoorbeeld om besigheid te doen of nuus mee te deel. In hierdie afdeling sal jy die eienskappe van die kort transaksionele tekste bestudeer wat vir jou punte gaan besorg in die finale graad 12-eksamen. Daar is drie kategorieë vir kort transaksionele tekste. Die eksamen sal een vraag van elke kategorie bevat van die drie kategorieë wat hier Kategorie A genoem is. Jy moet slegs EEN • Advertensie vraag beantwoord. • Uitnodigingskaartjie • Strooibiljet • Plakkaat Kategorie B • Dagboekinskrywing • Kortteksboodskap Kategorie C • Instruksies • Aanwysings Wat word van jou verwag in die eksamen? 133
1. Stappe vir die skryf van die kort transaksionele tekste Daar is vier stappe betrokke by die skryf van die kort transaksionele teks in die eksamen: • Stap 1: Kies die korrekte onderwerp asook die titel. • Stap 2: Beplan jou teks. Woordeskat • Stap 3: Skryf en redigeer jou eerste poging. Ek kies die tekssoort waaroor ek die beste • Stap 4: Skryf jou finale poging. kan skryf. Stap 1: Kies die korrekte onderwerp asook die titel Daar is drie kategorieë van kort transaksionele tekste. In die eksamen sal daar drie tekssoorte wees om van te kies. Jy moet EEN van hierdie tekssoorte kies waaroor jy gaan skryf. Kies die tekssoort wat jy die beste ken. Die drie kategorieë van die kort transaksionele teks 1. Kategorie A • • Advertensie • Uitnodiging • Strooibiljet • Plakkaat 2. Kategorie B • Dagboekinskrywing • Kortteksboodskap (SMS, WhatsApp, Facebook Messenger) 3. Kategorie C • Instruksies • Rigtingaanwysing Kies ʼn kort transaksionele teks in die eksamen Daar is drie kategorieë waarvan jy EEN moet kies. Lees al drie vrae deeglik deur. Kies die vraag waarvan jy die formaat die beste ken en waarvan jy oor genoegsame woordeskat beskik. Beplan deeglik voordat jy die vraag beantwoord. 134
Stap 2: Beplan jou onderwerp Sien toe dat jy die korrekte formaat vir die tekssoort van jou keuse ken. Beplan jou teks deur jou idees vir die inhoud neer te skryf. Onthou dat jou idees relevant moet wees met betrekking tot die onderwerp en die tekssoort wat jy kies. Daar is verskillende maniere om jou teks te beplan. Byvoorbeeld: jy kan ʼn breinkaart, of 'n vloeidiagram of sleutelwoorde gebruik. Gebruik die plan wat die beste vir jou werk. Daar is voorbeelde van beplanningsinstrumente op bladsy 136. As jy ’n paar idees neergeskryf het, kan jy dit organiseer deur dit in logiese volgorde te nommer. Dit is die volgorde waarin jou idees in jou teks gaan verskyn. wenk Maak seker jy verstaan die instruksies en dat jy genoegsame kennis het van die kenmerke van die gegewe teks. Toon, styl en register moet gepas wees vir die tipe teks wat jy gekies het. Deeglike beplanning is nodig voor jy die finale poging skryf. 135
Maniere om die kort transaksionele teks te beplan ‘n Plan help jou om te dink oor idees wat jy in jou teks wil insluit. Dit help jou ook om jou idees struktuur te gee. Jy kan ‘n breinkaart of ideelys gebruik om jou teks te beplan. Hier is ‘n diagram van idees. Die titel is in die middel van die vertakkings wat die idees en gedagtes toon. Hieronder is ‘n voorbeeld van ‘n breinkaart. Besonderhede van idee Besonderhede van idee 136
2. Ideelys Hierdie lys help jou om vinnig idees vir elke paragraaf neer te skryf. Skryf jou gedagtes neer soos wat jy daaroor dink en organiseer dit dan in logiese volgorde. Hieronder volg ʼn voorbeeld. Willekeurige lys Geordende lys Kort transaksionele skryf Kort transaksionele skryf teksonderwerp Besonderhede van idee Ø Idee Idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Ø Idee Idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Ø Idee Idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee Besonderhede van idee 137
Stap 3: Skryf en redigeer jou teks Skryf die eerste poging van jou teks en gebruik die idees van jou plan. Kontroleer of die formaat korrek is vir die soort teks wat jy gekies het. Lees versigtig deur elke sin en redigeer dit. Kyk vir enige spelfoute, leestekenfoute asook taalfoute. Redigeer jou eerste poging deur die foute reg te maak en dan veranderinge aan te bring waar nodig. Dit sal jou finale teks verbeter. Tel die hoeveelheid woorde van jou teks en maak die nodige aanpassings sodat dit by die minimum hoeveelheid woorde bly. Byvoorbeeld jy kan nog woorde byvoeg indien dit te min woorde is. wenk Kyk of jou teks in die gepaste register, toon en styl geskryf is. Kyk of die woordeskat geskik is vir die doel van die teks. Taalgebruik en konvensies moet volgens reëls toegepas word. Verskillende tekste het verskillende gehore byvoorbeeld ‘n plakkaat word ontwerp sodat die publiek daarna kan kyk en die dagboekinskrywing word slegs deur die skrywer daarvan gelees. Elke soort teks het ʼn doel Die doel en die byvoorbeeld ʼn advertensie word gehoor sal jou lei of gebruik om goedere te verkoop jou register van die teks formeel of terwyl instruksies verduidelik hoe informeel is. Kyk op bl. iets gedoen word. 140 vir meer inligting 138
Stap 4: Skryf jou finale poging Skryf jou finale poding deur die eerste poging oor te skryf. Maak seker dat jy al die foute wat jy aangetoon het verander in jou finale produk sodat dit foutvry is en jou beste idees duidelik weergee. Kyk weer of die formaat korrek is vir die soort teks wat jy gekies het. As jy jou finale teks klaar geskryf het, trek jou beplanning en eerste poging dood. Indien jy dit nie doen nie, kan die eksaminator die beplanning merk en nie die finale teks nie. wenk Belangrike verskille tussen formele en informele skryfwerk Formele skryf Informele skryf Register: Register: • Formeel, bv. Meneer, u veter is los. • Informeel, bv. Jan, jou veter is los. • Geagte Dame • Liewe/Beste Lilian • Die uwe • Groete/Liefdegroete. Woorde Woorde • Moenie verkorte woordvorme gebruik nie, bv. • Moenie verkorte woordvorme gebruik nie, bv. Daar’s … (Daar is …) Daar’s … (Daar is …) • Gebruik “u” (kleinletter in die middel van ʼn • Gebruik jy, jou, julle, hulle, ons sin. Gebruik “u” vir meer as een persoon;”u- Sinne hulle” is verkeerd) Sinne • Kort en bondig • Gebruik adjektiewe en bywoorde Gebruik die eerste persoon Gebruik die eerste persoon Lydende vorm Bedrywende vorm 139
2. Kategorie A-tekste Daar sal EEN vraag in Kategorie A in die eksamenvraestel handel oor die volgende tekssoorte: kategorie A in die eksamen. • Advertensie Wees. • Uitnodigingskaartjie • Strooibiljet • Plakkaat 2.1 Skryf van ’n advertensie ’n Advertensie is ’n kommunikasiewyse waarmee bemarkers en vervaardigers hul teikenmark probeer oortuig om hul produkte te koop of om van hul dienste gebruik te maak. 140
wenk • Die advertensie se formaat is duidelik herkenbaar. • Die doel van hierdie advertensie is om mense te oorreed om op die advertensie te reageer. • Daar is ʼn definitiewe teikenmark, bv. mense wat ʼn produk wil koop. • Die nodige inligting word in die advertensie gegee. • Die krag van ʼn advertensie lê in sy eenvoud. • Die leser moet die advertensie maklik verstaan. • Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel: o Die advertensie moet ʼn leser se aandag trek deur verskillende lettertipes en lettergroottes. o Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van interessante inhoud en uitleg. o Hierdie advertensie moet ʼn begeerte by die leser wek om die produk te koop, deur middel van manipulerende taal, bv. die gebruik van byvoeglike naamwoorde, intensiewe vorme, leestekens, ens. o As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en die produk koop. Die advertensie moet hierdie aksie vergemaklik deur volledige inligting soos bv. kontaknommers, ens. te verskaf. Skryf van ʼn advertensie ’n Advertensie is ’n kommunikasiewyse waarop bemarkers en vervaardigers hul teikenmark probeer oortuig om hul produkte te koop of om van hul dienste gebruik te maak. 141
2.1.1 Kenmerke • Die advertensie se formaat is duidelik herkenbaar. • Die aanslag is oorredend/manipulerend. • Die doel van hierdie advertensie is om mense te oorreed om op die advertensie te reageer. • Daar is ʼn definitiewe teikenmark, bv. mense wat ʼn produk wil koop of van die dienste gebruik wil maak.. • Die nodige inligting word in die advertensie gegee. • Die krag van ʼn advertensie lê in sy eenvoud. • Die leser moet die advertensie maklik verstaan. • Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel: o Die advertensie moet ʼn leser se aandag trek deur verskillende lettertipes en lettergroottes. o Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van interessante inhoud en uitleg. o Hierdie advertensie moet ʼn begeerte by die leser wek om die produk te koop, deur middel van manipulerende taal, bv. die gebruik van byvoeglike naamwoorde, intensiewe vorme, leestekens, ens. o As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en die produk koop. Die advertensie moet hierdie aksie vergemaklik deur volledige inligting soos bv. kontaknommers, ens. te verskaf. 142
Voorbeeld: Wenke: • ’n Advertensie berus op die sogenaamde Die beste jeans ooit!! Wat? ABBA-beginsel. ’n Advertensie moet ʼn HIP-HOP-JEANS mens se AANDAG trek. Die mens se Ntjobokostraat, Wepener Waar? BELANGSTELLING vir die produk moet gewek word. Die Nou pype, uitklokpype, wye pype!! Wat advertensie moet ’n alles? BEGEERTE by die Ligblou, donkerblou. Uitgewas!! mens wek. As die advertensie in sy doel Met of sonder gate slaag, sal die mens tot AKSIE oorgaan. geskeur of heel • Dit word geskep vir ’n spesifieke groep Iets vir elke Hip-Hop-tiener! mense. Vir • Die krag van ʼn wie? advertensie lê in sy eenvoud. • Die leser moet die advertensie maklik verstaan. • Lettergroottes en lettertipes is baie belangrik. • Dit moet al die inligting oor die produk gee. • Die vrae: wat?, waar?, wat alles? en vir wie? moet beantwoord kan word. 143
[Bron: Google Images- Aangepas] 2.1.2 Aktiwiteit: Jou ouma maak die lekkerste vetkoeke en samoesas. Sy wil dit graag van haar huis af verkoop. Sy vra vir jou om ʼn advertensie te ontwerp om haar eetgoed te adverteer. Ontwerp hierdie ADVERTENSIE. 2.1.3 Kontrolelys: KONTROLELYS VIR DIE ADVERTENSIE ü X 1. Die doel is bereik: Ek het die teikengroep/mense oorreed om op die advertensie te reageer. 2. Die advertensie se formaat is duidelik herkenbaar. 3. Die advertensie is geskep vir ’n spesifieke groep mense (teikengroep). 4. Die teikengroep verstaan die advertensie. 5. Die nodige inligting van die produk (bv. Wat? Waar? Hoeveel?) verskyn in die advertensie. 6. Die advertensie berus op die ABBA-beginsel: Trek aandag. Wek belangstelling. Wek begeerte. Gaan oor tot aksie. 7. Die advertensie bevat ʼn slagspreuk. 8. Verskillende lettergroottes en lettertipes is gebruik. 9. Sinne word korrek gebou. 10. Taalstrukture en -konvensies word korrek gebruik. 11. Die eerste poging is geredigeer. 12. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 144
2.2. Skryf ʼn uitnodiging (en antwoord) Dit is ’n manier waarop ’n mens na een of ander funksie uitgenooi kan word. wenk • Die aanslag is vriendelik en uitnodigend. • Die doel van die uitnodigingskaartjie moet duidelik wees, nl. om mense uit te nooi na ʼn geleentheid. • Die nodige inligting moet in die uitnodigingskaartjie gegee word. § Wie is die teikengroep/Wie word genooi? § Waarom word die funksie gehou? § Wanneer (dag, datum en tyd) is die funksie? § Waar word die funksie gehou? § Wat gaan alles by die funksie gebeur? § Kontakbesonderhede, ens. Uitnodiging (en antwoord) Dis ’n manier waarop ’n mens na een of ander funksie uitgenooi kan word. 2.2.1 Kenmerke: • Die aanslag is vriendelik en uitnodigend. • Die doel van die uitnodigingskaartjie moet duidelik wees, nl. om mense uit te nooi na ʼn geleentheid. • Die nodige inligting moet in die uitnodigingskaartjie gegee word. • Inhoud, insluitend idees en detail: o Die inhoud van die uitnodigingskaartjie moet die fokus ondersteun. o Die volgende inligting behoort in die uitnodigingskaartjie gegee te word: § Wie is die teikengroep/Wie word genooi? § Waarom word die funksie gehou? § Wanneer (dag, datum en tyd) is die funksie? § Waar word die funksie gehou? § Wat gaan alles by die funksie gebeur? § Is daar enige koste aan verbonde? § Kontakbesonderhede § Hoe moet die gaste laat weet of hulle die funksie gaan bywoon of nie? • Die uitnodigingskaartjie het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees. 145
• Formaat: o Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag. o Verskillende lettertipes (fonts) en lettergroottes kan gebruik word om die uitnodigingskaartjie interessant en leservriendelik te maak. o Geen omslagtige paragrawe nie. o Inligting kan puntsgewys gegee word. • Taal en styl, insluitend toon en register: o Die toon is uitnodigend en spreek die leser direk aan. o Die taal en styl is informeel en gemaklik of meer formeel. o Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat hierdie uitnodiging vereis. o Grammatika: § Sinne, indien van toepassing, word korrek gebou. § Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. § Spelling is korrek. Voorbeeld: Wenke: UITNODIGING Uitnodiging: Mense word Mnr. Jan en mev. Mathie Snyman (Wie word na verjaarsdagpartytytjies, word hartlik uitgenooi genooi?) troues en ander sosiale na die funkies uitgenooi. Mondigwordingspartytjie (Waarheen?) Die volgende inligting moet van op ’n uitnodigingskaartjie Lerato van Wyk (Wie?) verskyn: op Vrydag 14 Augustus 2021 om 19:00 (Wanneer?) • Wie word genooi? in die Bloemfonteinse stadsaal, • Na watter geleentheid? Nelson Mandelarylaan 104. (Hoe laat?) • Waar? • Hoe laat? Kleredrag: Formeel (Waar?) • Wanneer? • Van wie? Antwoord asseblief voor 1 Augustus 2018. • Hoe, wanneer en en vir Skakel Lerato: 084 274 8856 (Kleredrag?) wie moet gaste antwoord? (Hoe en wanneer en vir wie moet die gaste antwoord?) 146
2.2.2 Aktiwiteit: Eerste Addisionele Taal: Julle matriekgroep besluit om die oumense in julle omgewing na 'n ontbyt by die skool te nooi. Die doel van die ontbyt is om die oumense te bederf. Skryf 'n UITNODIGING om die oumense na hierdie ontbyt te nooi. Tweede Addisionele Taal: Julle oupa tree aan die einde van die maand af met pensioen. Julle organiseer ʼn afskeidsfunksie vir hom. Jy is gevra om ʼn uitnodiging te skryf om die familie na die afskeidsfunksie te nooi. Skryf nou die UITNODIGING aan die familie om hulle na die afskeidsfunksie uit te nooi. Dink aan die volgende: • Wie word uitgenooi? • Wanneer, waar en hoe laat gaan die afskeidsfunksie plaasvind? • Wat is die kleredrag? • Wie is die kontakpersoon, wat is die kontaknommer en hoe moet die familie antwoord? 2.2.3 Kontrolelys: KONTROLELYS VIR DIE UITNODIGING EN ANTWOORD ü X 1. Die doel van die uitnodiging is duidelik, m.a.w. die mense word uitgenooi na ʼn geleentheid. 2. Die uitnodiging se formaat is duidelik herkenbaar. 3. Die uitnodiging is geskep vir ’n spesifieke groep mense (teikengroep). 4. Die teikengroep verstaan die uitnodiging. 5. Die nodige inligting (bv. Wat? Wie? Wanneer? Waar?) verskyn in die uitnodiging. 6. Verskillende lettergroottes en lettertipes is gebruik. 7. Sinne is korrek gebou. 8. Taalstrukture en -konvensies is korrek gebruik. 9. Die eerste poging is geredigeer. 10. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 147
2.3.Ontwerp ʼn strooibiljet en pamflet Die doel van ’n strooibiljet of pamflet is om iemand te oorreed om iets te koop of te gebruik. Dit kan aandag trek, mense opvoed, reaksies uitlok, ens. Wenk • Die strooibiljet moet die mense aanspoor om die funksie by te woon, te gaan toer, ʼn plek te besoek, ens. • Die inligting moet duidelik wees. • Die krag van ʼn strooibiljet lê in sy eenvoud. • Dit moet onmiddellik die leser se aandag trek. • Moenie te veel woorde gebruik nie. • Die leser moet die strooibiljet maklik verstaan. • Die vrae wat?, wanneer?, waar? en vir wie? moet beantwoord kan word. Strooibiljet en pamflet Die doel van ’n strooibiljet of pamflet is om iemand te oorreed om iets te koop of te gebruik. Dit kan aandag trek, mense opvoed, reaksies uitlok, ens. 2.3.1 Kenmerke: • Die strooibiljet word geskep vir ’n spesifieke groep mense, nl. mense wat moontlik ʼn talentaand sal bywoon, gaan toer, ʼn plek sal besoek, ens. • Die inligting moet duidelik wees. • Die krag van ʼn strooibiljet lê in sy eenvoud. • Dit moet onmiddellik die leser se aandag trek. • Moenie te veel woorde gebruik nie. • Die leser moet die strooibiljet maklik verstaan. • Slordige taal, slengwoorde en sms-taal moet vermy word. • Inhoud: o Die vrae wat?, wanneer?, waar? en vir wie? moet beantwoord kan word. o Jy kan oor die volgende skryf: § Jy moet die mense motiveer om die talentaand by te woon, aan die toer mee te doen, ʼn plek te besoek, ens. § Jy moet aandui wat alles by die talentaand gaan gebeur, waarheen getoer sal word, watter plek besoek gaan word, ens. § Jy moet aandui wat alles by die talentaand gedoen en gekoop kan word, wat op die toer ervaar sal word, wat jy alles in die plek wat jy besoek, kan doen, ens. § Jy moet aandui wie die kontakpersoon is en wat sy/haar kontaknommer en adres is. 148
• Formaat: o Lettergroottes, lettertipes en uitleg (plasing van die woorde) is baie belangrik. o Dit moet al die inligting oor die talentaand, toer, plek wat besoek word, ens. gee. o Die strooibiljet berus op die sogenaamde ABBA-beginsel. ’n Strooibiljet moet ʼn mens se aandag trek. Die mense se belangstelling vir die talentaand, toer, plek wat besoek word, ens. moet gewek word. Dit moet hulle behoefte aanspreek. As die strooibiljet in sy doel slaag, sal die mense tot aksie oorgaan. • Styl: o Die taal en styl moet by die strooibiljet pas. o Die strooibiljet en pamflet behoort vir Eerste Addisionele Taal 80-100 woorde en vir Tweede Addisionele Taal 50-80 woorde te hê. 149
Voorbeeld: Wenke: SPRINGBOK WILDSPLAAS (Naam moet duidelik • Lettertipes en wees.) lettergroottes kan Is jy dodelik moeg? gebruik word om die Wil jy rus? (’n Reël om die leser se inligting duidelik te Dan is die natuur net die plek vir jou! aandag te trek.) laat uitstaan. • Visuele inligting mag Hier is TWINTIG JAGHUISIES! gebruik word, soos Elke huisie is modern en goed toegerus! ontwerpelemente. Tennisbane en ’n sprankelswembad sorg vir • Die inligting moet lekker ontspanning! (Algemene inligting duidelik en kortliks word gegee. Let op die oorgedra word. ’n Restaurant is beskikbaar vir vroue wat gebruik van leestekens • Dit moet die leser moeg vir kosmaak is! en verskillende direk aanspreek. lettertipes(fonts) en – • Gebruik bondige Ritte in 4X4-voertuie elke aand! groottes.) taal. • Gebruik taal wat Die plaas is op die Lesothogrens naby impak maak bv. Hobhouse geleë. bywoorde, byvoeglike Ry vanaf Bloemfontein na Tweespruit. Draai naamwoorde, links by die Hobhouse-Wepener kruising en figuurlike taal soos 10 km verder is die uitdraaibord na metafore en SPRINGBOK WILDSPLAAS. vergelykings. (Die wildsplaas se • Die uitleg moet Navrae en besprekings: Melanie (082 274 ligging.) duidelik en sinvol 8856) of besoek ons by wees. www.springbokwildsplaas.co.za • Kontakbesonderhede moet duidelik sigbaar wees. Kontakbesonderhede. 150
2.3.2 Aktiwiteit: Eerste Addisionele Taal: Jy gaan ʼn groentewinkel begin. Jy wil ʼn strooibiljet in die dorp versprei om die opening van jou groentewinkel te adverteer. Ontwerp ʼn STROOIBILJET waarin jy die openingsdag van die groentewinkel adverteer en aandui watter groente teen watter prys verkoop sal word. Tweede Addisionele Taal: Julle skool hou ʼn valentynsdag. Die skoolhoof het jou gevra om ʼn strooibiljet te maak om mense in te lig oor wat alles by die valentynsdag gaan gebeur. Maak ʼn STROOIBILJET om mense van die valentynsdag te vertel. Dink aan die volgende: • Waar en wanneer word die valentynsdag gehou? • Wat gaan alles by die valentynsdag gebeur? • Wat kan mense alles by die valentynsdag doen en koop? • Wie kan vir meer inligting gekontak word? LET WEL: Punte word vir inhoud toegeken, NIE vir versierings NIE. 2.3.3 Kontrolelys: KONTROLELYS VIR DIE STROOIBILJET EN PAMFLET ü X 1. Die doel van die strooibiljet/pamflet is duidelik, m.a.w. die mense word uitgenooi na ʼn geleentheid of ingelig oor ʼn saak. 2. Die strooibiljet/pamflet se formaat is duidelik herkenbaar. 3. Die strooibiljet/pamflet is geskep vir ’n spesifieke groep mense (teikengroep). 4. Die teikengroep verstaan die inligting in die strooibiljet/pamflet. 5. Die nodige inligting (bv. Wat? Vir wie? Wanneer? Waar?) verskyn in die strooibiljet/pamflet. 6. Verskillende lettergroottes en lettertipes is gebruik. 7. Sinne is korrek gebou. 8. Taalstrukture en -konvensies is korrek gebruik. 9. Die eerste poging is geredigeer. 10. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 151
2.4. Skryf ʼn plakkaat Die doel van ’n plakkaat is om ’n boodskap vinnig en maklik en sonder baie moeite in die openbaar te versprei. Dit is ’n effektiewe manier om groot getalle mense te bereik om sodoende geleenthede te adverteer en deelname te bevorder • Die plakkaat adverteer ʼn aktiwiteit/gebeurtenis. • Die plakkaat teiken enigiemand wat in die aktiwiteit belangstel of aangemoedig/gemotiveer moet word om die aktiwiteit/gebeurtenis te ondersteun. • Die plakkaat moet die nodige inligting verskaf. Die vrae wanneer?, wat?, waar? en vir wie? moet beantwoord kan word. • Die plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel. Alhoewel plakkate prente gebruik om mense se aandag te trek, hoef jy nie prente in die eksamen te gebruik nie. 152
Voorbeeld: 2.4.1 Aktiwiteit: Eerste Addisionele Taal: Iemand van die Departement van Omgewingsake gaan julle gemeenskap besoek om met julle oor besoedeling te kom praat. Ontwerp ʼn PLAKKAAT waarin jy die gemeenskap uitnooi om na die praatjie te kom luister. 153
Tweede Addisionele Taal: Daar is ʼn winkel naby jou huis wat tradisionele klere verkoop. Die eienaar van hierdie winkel het vir jou gevra om ʼn plakkaat te maak om vir die mense van die gemeenskap van die winkel te vertel. Maak ʼn PLAKKAAT om vir die mense van hierdie winkel te vertel. Dink aan die volgende: • Die inligting wat op die plakkaat moet verskyn. • Die korrekte formaat vir ʼn plakkaat. LET WEL: Punte word vir inhoud toegeken, NIE vir versierings NIE. 2.4.2. Kontrolelys: KONTROLELYS VIR DIE PLAKKAAT ü X 1. Die doel is bereik: Ek het die teikengroep/mense oorreed om op die plakkaat te reageer. 2. Die plakkaat se formaat is duidelik herkenbaar. 3. Die plakkaat is geskep vir ’n spesifieke groep mense (teikengroep). 4. Die teikengroep verstaan die plakkaat. 5. Die nodige inligting van die produk (bv. Wat? Waar? Hoeveel?) verskyn in die plakkaat. 6. Die plakkaat berus op die ABBA-beginsel: Trek aandag. Wek belangstelling. Wek begeerte. Gaan oor tot aksie. 7. Die plakkaat bevat ʼn slagspreuk. 8. Verskillende lettergroottes en lettertipes is gebruik. 9. Sinne word korrek gebou. 10. Taalstrukture en -konvensies word korrek gebruik. 11. Die eerste poging is geredigeer. 12. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 154
3. Kategorie B-tekste Daar sal EEN Kategorie B in die eksamen handel oor die volgende tekste: vraag in die eksamen uit kategorie B se tekste wees. • Dagboekinskrywing • Kort teksboodskappe (SMS, WhatsApp, Facebook messenger) 3.1. Skryf ʼn dagboekinskrywing Dagboekinskrywings is aantekeninge in ’n dagboek van persoonlike gebeurtenisse, of van ervarings wat opgedoen is, of van gevoelens wat ervaar is, wat mens nie wil vergeet nie. • Die aanslag is informeel. wenk • Inhoud, insluitend idees en detail o Die inhoud van die dagboekinskrywings moet die fokus ondersteun. o ʼn Verskeidenheid interessante idees word gegee. Dit moet spreek van die skrywer se gevoelens/gedagtes. o Gevoelens/ervarings of gedagtes wat beleef word, word beskryf. • Die dagboekinskrywings het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees. o Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf word. o Die persoon skryf vir hom-/haarself. o Die styl is informeel. o Die persoon skryf in die teenwoordige/verlede tyd. Dagboekinskrywing Dagboekinskrywings is aantekeninge in ’n dagboek van persoonlike gebeurtenisse, of van ervarings wat opgedoen is, of van gevoelens wat ervaar is, wat mens nie wil vergeet nie. 155
3.1.1 Kenmerke • Die doel van die dagboekinskrywings moet duidelik wees, nl. om persoonlike ervarings (gedagtes en emosies) te oordink en te verwoord. • Die aanslag is informeel. • Inhoud, insluitend idees en detail o Die inhoud van die dagboekinskrywings moet die fokus ondersteun. o ʼn Verskeidenheid interessante idees word gegee. Dit moet spreek van die kandidaat se gevoelens/gedagtes. o Gevoelens/ervarings of gedagtes wat beleef word, word beskryf. • Die dagboekinskrywings het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees. o Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf word. o Die kandidaat moet dagboekinskrywings volgens voorskrif (vir een of twee dae) maak. o Die kandidaat hoef nie met "Liewe Dagboek" te begin nie. o Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees. • Taal en styl, insluitend toon en register o Die toon is persoonlik: beangs/verlig/skaam/hartseer, ens. o Die persoon skryf aan hom-/haarself. o Die styl is informeel. o Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes en emosies met min woorde te beskryf. o Beskrywende woorde word fyn gekies. o Die persoon skryf in die teenwoordige/verlede tyd. o Grammatika: § Sinne word korrek gebou. § Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied. § Spelling is korrek. § Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. • Die dagboekinskrywings behoort vir Eerste Addisionele Taal 80-100 woorde en vir Tweede Addisionele Taal 50-80 woorde te hê. 156
Voorbeeld: Wenke: Datum • Die dag en datum word boaan geskryf. • Dagboekinskrywings word, soos ’n Vandag was seker een van die beste dae in maande. Ek het opstel, in paragrawe geskryf. vanoggend vroeg opgestaan, ’n heerlike koppie tee buite • Dit kan gebeur dat die gedrink en na die vroeë sang van die voëls geluister. dagboekinskrywings oor meer as een dag (twee/drie dae) geskryf moet word. Ek het ook heerlik in die tuin gewerk. ... Let veral op die opdrag: ’n inskrywing oor ’n dag voor en ’n dag na ’n • Daar hoef nie met “Liewe Dagboek” begin te word nie. gebeurtenis kan gevra word. • Skryf altyd in die eerste persoon. • Skryf in die verlede tyd oor dinge wat in die verlede tyd plaasgevind het. • Gebruik woorde soos vandag, gister en môre. • Gevoelens wat nou ondervind word, kan in die teenwoordige tyd geskryf word. • Gebruik bywoorde, byvoeglike naamwoorde, leestekens, en hoofletters om oortuigend te skryf. • Vrae en wense is ’n doeltreffende manier om gevoelens oor te dra. • Noem familie en vriende op die naam. 3.1.2 Aktiwiteit: Eerste Addisionele Taal: Jy het iets by die skool gedoen wat verkeerd was. Die skoolhoof wou met jou ouers daaroor praat. Jy moes vir jou ouers vertel wat jy gedoen het en dat die skoolhoof hulle daaroor wou spreek. Dit het jou slapelose nagte gegee. Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS: • Die dag vόόrdat jy vir jou ouers vertel dat die skoolhoof met hulle wil praat. • Die dag nádat jou ouers by die skoolhoof was. 157
Tweede Addisionele Taal: Dit was vandag die juffrou van wie jy die meeste hou, se laaste dag by die skool. Die skool het vir haar ʼn afskeidsfunksie gehou. Skryf in jou dagboek. Vertel van die afskeidsfunksie en hoe jy voel oor die juffrou se weggaan. Dink aan die volgende: • Waar en wanneer was die funksie? • Wie was almal by die funksie? • Hoe voel jy oor die juffrou wat weggaan? • Watter goeie dinge het jy by hierdie juffrou geleer? 3.1.3 Kontrolelys: KONTROLELYS VIR DIE DAGBOEKINSKRYWING ü X 1. Die doel van dagboekinskrywing is duidelik, m.a.w. die persoonlike ervarings (gedagtes en emosies) word oordink en verwoord. 2. Die dagboekinskrywing se formaat is duidelik herkenbaar. 3. Die dagboekinskrywing is aan die persoon self geskryf; m.a.w. ek skryf aan myself. 4. Die dagboekinskrywing is in die teenwoordige/verlede tyd. 5. Sinne is korrek gebou. 6. Taalstrukture en -konvensies is korrek gebruik. 7. Die eerste poging is geredigeer. 8. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 158
3.2. Skryf van ’n kortteksboodskap ʼn Kortteksboodskap is ʼn boodskap wat via sosiale media gestuur word. Jy laat mense weet dat jy aan hulle dink. 3.2.1 Informele en formele kortteksboodskap [Short Message Service (SMS, WhatsApp, Facebook messenger] 3.2.1.1 Definisie: ʼn Diens waar ʼn mens jou selfoon en/of rekenaar kan gebruik om d.m.v. die netwerk kortteksboodskappe te stuur of inligting te deel. 3.2.1.2 Struktuur: Wanneer jy ʼn boodskap stuur, sal die volgende verskyn: • Die naam van die ontvanger aan die bokant van die skerm. • Die getikte boodskap. • Die ontvanger se antwoord sal onderaan die gestuurde boodskap verskyn, indien onmiddellik op die boodskap gereageer word. • Datum en tyd wanneer dit gestuur is. Wanneer jy ʼn boodskap ontvang, sal die volgende verskyn: • Die naam of nommer van die sender aan die bokant van die skerm. • Die gestuurde boodskap. • Datum en tyd wanneer die boodskap gestuur is. 3.2.1.3 Kenmerke: • Die taalgebruik kan formeel of informeel wees afhangende van die konteks. • Die tydsvorm (teenwoordig, verlede, toekomend) hang van die konteks af. • Die boodskap moet duidelik en bondig wees. • Die gebruik van afkortings (SMS-taal) word nie aanbeveel nie. 159
Voorbeeld van ʼn informele kortteksboodskap: Wenke: Goeiemôre, Nellie. Ek hoop om 2-uur te vertrek sodat • Dit is beleefd om eers te groet voordat jy die ek teen 6-uur my bestemming kan bereik. Ek wil nie boodskap skryf. jaag nie; hoop die verkeer is nie te besig nie. Moenie • Die inhoud is persoonlik van aard. vergeet om inkopies te doen nie. Ek sal nie daarvoor • Reëls hoef nie tussen paragrawe oopgelaat te tyd kry nie. Ek bring vir julle ʼn verrassing saam. Sien word nie. jou binnekort! • Die tyd wanneer die boodskap gestuur is, word in die laaste reël of onderaan in die regterkantse hoek geskryf. Voorbeeld van ʼn formele kortteksboodskap: Beste Mnr. Steyn Wenke: Kan ek u môremiddag om 16:00 by die skool • Die aanslag is formeel met bepaalde ontmoet om ons studietye te bespreek. Ek bring ses skryfkonvensies van my klasmaats saam wat belangstel om aan ʼn • Die taal en styl van die brief is formeel, bv. die studiegroep te behoort. Hulle was aanvanklik ontvanger word as ''u'' aangespreek. bekommerd oor sosiale afstand, maar ek het hulle • Die doel van die brief moet duidelik wees vrese besweer. Hulle weet nou dat ons die skoolsaal • Reëls hoef nie tussen paragrawe oopgelaat te word sal gebruik. Vervoer is ook gereël om hulle na die nie. studietyd huis toe te neem. Hulle is bewus daarvan • Die tyd wanneer die boodskap gestuur is, verskyn dat onderwysers teenwoordig sal wees om hulp en outomaties in die laaste reël of onderaan in die leiding te gee, sou hulle hulp nodig kry. regterkantse hoek. Groete. 3.2.1.4.Aktiwiteit: Eerste Addisionele Taal: Jy het jou ma se selfoon sonder haar toestemming geleen en die selfoon het weggeraak. Jy moet die hele situasie aan jou ma verduidelik en jy weet nie wat om te verwag nie. Skryf aan jou ma ʼn KORTTEKSBOODSKAP waarin jy die hele situasie aan jou ma verduidelik. Tweede Addisionele Taal: Jy het gedurende die begin van die jaar met ʼn baie moeilike vak begin. Jy was bang dat jy hierdie vak sommer in die eerste kwartaal sou druip. Skryf aan jou beste maat ʼn KORTTEKSBOODSKAP waarin jy jou vreugde deel dat jy die vak geslaag het. Dink aan die volgende: • Watter vak is dit? • Wie onderrig die vak? • Waarom is die vak moeilik? 160
• Wat het jy gedoen dat jy geslaag het? 3.2.1.5 Kontrolelys: KONTROLELYS VIR DIE KORTTEKSBOODSKAP ü X 1. Die doel van die kortteksboodskap is duidelik, m.a.w. die ontvanger sal die boodskap goed vertstaan. 2. Die formaat is duidelik herkenbaar. 3. Die boodskap is duidelik en bondig. 4. Die taalgebruik is formeel of informeel afhangende van die konteks. 5. Woorde is korrek gespel. 6. Sinne is korrek gebou. 7. Taalstrukture en -konvensies word korrek gebruik. 8. Die eerste poging is geredigeer. 9. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 161
4. Kategorie C-tekste Kategorie C in die eksamenvraestel handel oor die volgende tekste: Daar sal in die eksamen EEN vraag • Instruksies uit kategorie C gevra word. • Aanwysings 4.1.Skryf van instruksies Instruksies en wenke verduidelik hoe iemand iets stapsgewys moet gebruik/doen om ʼn spesifieke resultaat te verkry, bv. hoe om ʼn lekker toebroodjie te maak. wenk • By instruksies en wenke word die bevelsin gebruik. • Die werkwoord word gewoonlik aan die begin van die volsin gebruik, maar nie in alle gevalle nie, bv. Pasop vir die hond. Jy moet oppas vir die hond. • Gepaste voorsetsels word gebruik om die woorddele te verbind, bv. Wees versigtig vir die hond op die werf. • Die instruksies moet in die teenwoordige tyd wees. • Persoonlike voornaamwoorde word gebruik, bv. Jy moet ... • Jou sinne moet chronologies volg (in die regte volgorde). • ONTHOU om puntsgewys te skryf. Instruksies Instruksies verduidelik hoe iemand iets stapsgewys moet gebruik/doen om ʼn spesifieke resultaat te verkry, bv. hoe om ʼn lekker toebroodjie te maak. 162
4.1.1 Kenmerke • Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word. • Die instruksies is bedoel om te verduidelik hoe iets werk of gebruik kan word. • Toon, styl en woordkeuse moet by die instruksies pas. o By instruksies en wenke word die bevelsin gebruik, bv. Pasop vir die hond. o Die bevelsin word in ʼn volsin geskryf, bv. Pasop vir die hond. o Die werkwoord word gewoonlik aan die begin van die volsin gebruik, maar nie in alle gevalle nie, bv. Pasop vir die hond. Jy moet oppas vir die hond. o Die bywoord word gebruik om die werkwoord te beskryf, bv. Jy moet baie versigtig vir die hond wees. o Gepaste voorsetsels word gebruik om die woorddele te verbind, bv. Wees versigtig vir die hond op die werf. o Die instruksies moet in die teenwoordige tyd wees, bv. Pasop vir die hond. Wees versigtig vir die hond. o Onthou om die persoonlike voornaamwoorde te gebruik, bv. jy, jou, julle, ens. Bv. Jy moet versigtig vir die hond wees. o Jou sinne moet chronologies volg (in die regte volgorde wees), anders gaan dit wat die persoon moet doen nie slaag nie. o ONTHOU om instruksies puntsgewys te skryf, bv. nommer 1, 2, 3 … 10. Voorbeeld: Instruksies: Wenke: 1. Maak ... • Elke reël van die instruksie begin met ʼn werkwoord wat aandui 2. Skryf ... HOE jy te werk moet gaan om iets te doen, bv. Sny vier stukkies 3. Lees ... brood in ewe dik snye. 4. 5. 163
Aktiwiteit: Die skool het heropen. Jou maat moet nou leer om sy eie hemp/bloes te stryk. Gee vir hom/haar TIEN duidelike instruksies of wenke oor hoe om sy hemp/haar bloes te stryk. Begin só: 1. Stel die strykyster op die regte temperatuur. 2. ... 3. ... Voorbeeld: Antwoord 1. Stel die strykyster op die regte temperatuur. 2. Skakel die strykyster aan. 3. Spuit die hemp liggies nat/Maak die hemp klam. 4. Sorg dat die strykyster nie te warm is nie. 5. Stryk eerste die kraag. 6. Stryk die voorste pant/deel van die hemp. 7. Stryk nou die tweede/ander voorste deel van die hemp. 8. Stryk die rugkant van die hemp. 9. Stryk die eerste mou. 10. Stryk die tweede mou. 11. Hang die hemp aan die hanger (as jy klaar is)./Skakel die strykyster af. 4.1.2 Aktiwiteit: Eerste Addisionele Taal Jou pa is bekommerd dat jy te veel tyd op jou selfoon deurbring. Hy het instruksies gegee oor wanneer en waar jy jou selfoon mag of nie mag gebruik nie. Skryf die SEWE INSTRUKSIES neer wat jou pa vir jou gegee het. 164
Tweede Addisionele Taal Jou jonger boetie wil vir hom en sy maats springmielies maak. Hy het vir jou gevra om die instruksies neer te skryf. Skryf die instruksies puntsgewys in volsinne neer. Jy kan die prentjies hieronder gebruik om jou te help. 165
Voorbeeld: 1. Sny die pakkie springmielies oop. 2. ... 3. … 4.1.3 Kontrolelys KONTROLELYS VIR DIE INSTRUKSIES EN WENKE ü X 1. Die doel van die plakkaat is duidelik, m.a.w. die instruksie/wenke volg stap vir stap? 2. Die formaat is duidelik herkenbaar. 3. Bevelsinne is gebruik. 4. Die sinne is in die teenwoordige tyd. 5. Sinne is korrek gebou. 6. Die sinne volg chronologies m.a.w. dit is in die regte volgorde. 7. Die eerste poging is geredigeer. 8. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 4.2 Skryf van rigtingaanwysings Rigtingaanwysing verduidelik hoe iemand aanwysings stapsgewys moet volg om ʼn spesifieke plek te vind of te bereik. Kenmerke van rigtingaanwysing • Die aanslag is informeel en informatief. • In hierdie teks kan tipiese bevelsinne gegee word. • Dit kan afgewissel word met bakenaanduidings in die vorm van stelsinne. • Die bevelsin word in ʼn volsin geskryf, bv. Draai regs. • Die aanwysings moet in die teenwoordige tyd wees, bv. Hou links. Draai regs. Ry reguit aan. • Jou sinne moet chronologies volg (in die regte volgorde wees). • ONTHOU om puntsgewys te skryf, bv. nommer 1, 2, 3 … 10. (Rigting)aanwysings Aanwysings word gebruik om te sê WAT iemand moet doen om by ʼn sekere bestemming uit te kom. Aanwysings sal dus altyd op die een of ander beweging van die een plek na ʼn ander plek dui, bv. hoe om van die skool na die huis te beweeg. 166
4.2.1 Kenmerke • Die aanslag is informeel en informatief. • Die doel van die rigtingaanwysings moet duidelik wees, nl. om rigting aan te dui. • Die rigtingaanwysings moet duidelik en puntsgewys uiteengesit word. • In hierdie teks kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan afgewissel word met bakenaanduiding in die vorm van stelsinne. • Rigtingaanwysings het ʼn bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees. o By rigtingaanwysing word die bevelsin gebruik, bv. Hou links. o Die bevelsin word in ʼn volsin geskryf, bv. Draai regs. o Die gepaste leesteken word aan die einde van die sin geskryf, bv. Hardloop! (uitroepteken) Draai links. (punt) o Die bywoord word gebruik om die werkwoord te beskryf, bv. Draai onmiddellik links. o Gepaste voorsetsels word gebruik om die woorddele te verbind, bv. Draai onmiddellik links by die verkeerslig. o Die aanwysings moet in die teenwoordige tyd wees, bv. Hou links. Draai regs. Ry reguit aan. o Gebruik woorde wat rigting aandui, bv. aan die linkerkant, regs, links, ensovoorts. Bv. Jy sal die skool aan jou linkerkant sien. o Gebruik name van padtekens, bv. verkeerslig, verkeerssirkel, stopstraat, ens. (Jy moet die woorde korrek spel.) o Noem bakens (selfstandige naamwoorde), bv. kerk, poskantoor, skool, ens. (Jy moet die woorde korrek spel.) o Onthou om die korrekte persoonlike voornaamwoorde te gebruik, bv. jy, jou, julle, ens. Bv. Jy sal die skool aan jou linkerkant sien. o Jou sinne moet chronologies volg (in die regte volgorde wees), anders gaan die persoon verdwaal. o ONTHOU om puntsgewys te skryf, bv. nommer 1, 2, 3 … 10. • Die rigtingaanwysings behoort vir Eerste Addisionele Taal 80–100 en vir Tweede Addisionele Taal 50-80 woorde te hê. Woordeskat 167
Voorbeeld: Aanwysings: Wenke: 1. Ry reguit tot by ... Aanwysings: 2. Draai links by ... • Gee rigtingaanwysers oor hoe om by ’n plek uit te kom. 3. Loop tot by ... • Dit is baie belangrik om die rigtingaanwysers van punt A na punt 4. B te beskryf. 5. • Elke instruksie begin gewoonlik met ’n werkwoord / bevelsin, bv. 6. draai links by die skool / Jy moet by die verkeerslig links draai. 7. • Dui die chronologiese volgorde puntgewys aan. 8. • Verwys na bakens langs die roete. 9. • Gebruik persoonlike voornaamwoorde in plaas van eiename. 10. • Gebruik sinne wat op oorsaak en/of gevolg dui. Jy wil Aqua World besoek. Lees die aanwysings op die padkaart aandagtig deur om jou bestemming te bereik. Padkaart Aanwysings 1. Hou reguit aan in die hoofstraat. 2. Loop verby die verkeerslig. 3. Draai regs in Parkstraat. 4. Loop verby die park aan jou linkerkant. 5. Hou reguit aan in Parkstraat 6. Loop reguit aan totdat jy Aqua World aan jou regterkant sien. 7. Draai regs in Waterweg. 8. Hou reguit aan totdat jy die naambord, Aqua World, sien. 9. Draai onmiddellik regs. 10. Jy het jou bestemming bereik. 4.2.2 Aktiwiteit: Eerste Addisionele Taal: ʼn Nuwe winkel het in julle dorp geopen. Jou maat wat in die koshuis woon was nog nooit in die dorp nie. Gebruik die pyltjies op die padkaart om vir hom/haar duidelike rigtingaanwysings vanaf die koshuis tot by die winkel in julle dorp te gee. Noem ʼn paar straataanduidings en bakens wat jou maat langs die pad sal sien. 168
Tweede Addisionele Taal: Iemand kry seer tydens ʼn musiekkonsert wat op julle dorp se sportveld gehou word. Verduidelik hoe om van die sportveld af tot by die hospitaal te kom. Gebruik die pyltjies, straatname en bakens. Skryf die aanwysings puntsgewys neer. Begin só: 1. Ry in Bloustraat af tot by ... . 2. ... 3. ... 169
4.2.3 Kontrolelys KONTROLELYS VIR DIE RIGTINGAANWYSING ü X 1. Die doel van rigtingaanwysing is duidelik, m.a.w. rigting word aangedui. 2. Die rigtingaanwysings is puntsgewys neergeskryf. 3. Die sinne volg chronologies, m.a.w. dit volg in die regte volgorde. 4. Woorde wat rigting aandui, is gebruik. 5. Die aanwysings is in die teenwoordige tyd. 6. Bevelsinne is gebruik. 7. Sinne is korrek gebou. 8. Die eerste poging is geredigeer. 9. Die finale poging is netjies en leesbaar oorgeskryf. 170
Wat word van jou verwag in die eksamen? In die eksamen moet EEN kort transaksionele teks geskryf word. Die hoeveelheid woorde per vlak is: Vlak Hoeveelheid woorde Eerste Addisionele Taal 80-100 Tweede Addisionele Taal 50-80 Die kort transaksionele teks tel 20 punte in die eksamen. Eksaminators gaan punte gee vir kort transaksionele skryf gebaseer op: • Inhoud, beplanning en formaat (12 punte) • Taal, styl en redigering (8 punte) Die eksamen is 2 ½ uur en jy behoort 30 minute op die kort transaksionele afdeling (Eerste Addisionele Taal) en 37 minute (Tweede Addisionele Taal) te spandeer. Die rubriek op die volgende bladsy is die instrument wat die eksaminators gebruik om die kort transaksionele teks te merk. Dit dui die vyf kategorieë aan wat die eksaminators gebruik van die laagste kategorie (Onvoldoende) tot by die hoogste kategorie (Uitsonderlik). Die rubriek verduidelik die vaardighede waarna die eksaminator kyk. Byvoorbeeld tydens die nasien van die vraestel, sal die eksamninator assesseer hoe goed die onderwerp bespreek is en of die korrekte formaat vir die soort teks gebruik is. Die rubriek is ʼn goeie gids om te gebruik as jy oefen vir die eksamen, want dit herinner jou aan die vaardighede waarna die eksaminator soek tydens die nasienproses. Onthou: aanhouer wen. Om sukses te behaal, gebruik die rubriek om jou te herinner aan die vaardighede wat jy moet gebruik. 171
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons -Basiese respons -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer voldoende en toon toon geringe kennis kennis van kenmerke verwagting goeie kennis van voldoende kennis van kenmerke van van die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en kenmerke van die van kenmerke van die soort teks -Betekenis onduidelik organisering van idees vir volwasse soort teks die soort teks -Aanduiding van met groot afwyking beplanning; -Grondige kennis -Behou fokus; geen -Nie heeltemal fokus, maar met -Geen samehang in doel, gehoor, van kenmerke van afwyking nie gefokus nie; enkele afwykings idees en inhoud nie kenmerke/konvensies die soort teks -Samehang in afwykings -Inhoud en idees nie -Baie min detail en konteks -Skryfwerk behou inhoud en idees; -Redelike altyd samehangend ondersteun die fokus baie goed uitgebrei samehang in inhoud nie onderwerp 12 PUNTE -Samehang in met detail wat die en idees -Min detail -Nodige reëls van inhoud en idees onderwerp -Sommige detail ondersteun die formaat nie toegepas -Idees behoorlik ondersteun ondersteun die onderwerp nie uitgebrei met detail -Gepaste formaat onderwerp -Nodige reëls van wat die onderwerp met onbeduidende -Formaat formaat vaagweg ondersteun foute. oorwegend gepas, toegepas -Gepaste en maar met enkele -Kritiese foute akkurate formaat foute begaan TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en en woordeskat en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie Toon, register, styl, hoogs geskik vir geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir ooreen met doel, woordeskat geskik vir doel, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks nie doel en konteks; konteks -Grammatika oor -Enkele konteks -Besaai met foute en taalgebruik en -Grammatika die algemeen korrek grammatikafoute -Grammatika verwarrend konvensies; akkuraat en goed en -Voldoende onakkuraat met -Woordeskat nie geskik woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer woordeskat etlike foute vir doel nie punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie -Foute belemmer -Basiese -Betekenis ernstig woordeskat nie woordeskat belemmer 8 PUNTE -Oorwegend betekenis nie -Betekenis foutloos belemmer Section C 172
Assesseringsrubriek: Skryf: Kort Transaksionele Teks - Tweede Addisionele Taal [20 Punte] KRITERIA UITSONDERLIK KNAP GEMIDDELD ELEMENTÊR ONVOLDOENDE INHOUD, BEPLANNING & 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3 FORMAAT - Grondige kennis van - Goeie kennis van - Toon voldoende kennis van - Toon elementêre - Toon weinig, indien kenmerke van teks. kenmerke van teks. kenmerke van teks. kennis van kenmerke enige kennis van Kenmerke van teks - Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed. - Respons is voldoende. van teks. kenmerke van teks. Respons op opdrag treffend en bo verwagting. - Inhoud en idees - Inhoud en idees - Respons is basies. - Respons toon weinig, Idees in teks - Idees is intelligent samehangend. redelik samehangend. - Inhoud en idees nie indien enige verband Organisering van idees en volwasse. - Behou fokus. - Nie meer heeltemal meer altyd samehangend met opdrag. Konvensies en konteks - Inhoud en idees - Idees is baie goed gefokus nie; enkele nie. - Geen samehang in is samehangend. uitgebrei met detail wat die afwykings. - Aanduiding van fokus; idees en inhoud nie. 12 PUNTE - Behou fokus. onderwerp ondersteun. - Sommige detail met afwykings. - Fokus onvoldoende - Idees is behoorlik uitgebrei - Gepaste formaat; ondersteun die onderwerp. - Min detail ondersteun en onvanpas. met detail wat die onderwerp onbeduidende - Formaat oorwegend die onderwerp. - Baie min indien enige ondersteun. foute. gepas, maar met foute. - Noodsaaklike reëls van detail ondersteun die - Gepaste en akkurate formaat. die formaat is vaagweg onderwerp. toegepas. Kritiese foute - Noodsaaklike reëls van is egter begaan. die formaat is nie toegepas nie. 7-8 5-6 4 3 0-2 TAAL, STYL & - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en REDIGERING woordeskat is hoogs geskik woordeskat is baie woordeskat is geskik vir woordeskat is minder woordeskat is nie meer vir doel, gehoor en konteks. geskik vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks. geskik vir doel, gehoor geskik vir doel, gehoor Toon, styl, register en - Baie goeie woordeskat. konteks. - Woordeskat is voldoende. en konteks. en konteks nie. woordeskat is geskik vir - Toon goeie taalkonstruksie. - Knap woordeskat. - Toon gemiddelde - Basiese woordeskat. - Woordeskat is doel/effek en konteks - Grammatika is akkuraat. - Toon oor die algemeen taalkonstruksie. - Toon basiese onvoldoende. Woordkeuse - Baie min spel- en goeie taalkonstruksie. - Enkele grammatikafoute. taalkonstruksie. - Toon feitlik geen Taalgebruik en -konvensies punktuasiefoute. -Grammatika is oor - Spel- en punktuasiefoute - Grammatika is nie meer taalkonstruksie nie. Punktuasie die algemeen korrek. belemmer nie betekenis akkuraat nie. - Grammatikafoute Grammatika - Min spel- en nie. - Etlike spel- en belemmer betekenis. Spelling punktuasiefoute. punktuasiefoute wat - Besaai met spel- en betekenis belemmer. punktuasiefoute; 8 PUNTE belemmer betekenis. 173
BYLAAG VOORBEELDE VAN SKRYFTEKSTE OPSTEL – Aanhaling /Idioom Hierdie OPSTEL leen hom tot ’n verskeidenheid soorte opstelle Die appel val nie ver van die boom af nie – of hoe? Enkeling. Vreemdeling. Verstoteling. Ongeveer driehonderd en vyftig jaar gelede het ’n handjie vol miskendes hul stormagtige bestaan in Europa verlaat en verruil vir die onbekende aan die suidpunt van Afrika. As hulle maar net geweet het wat vir hulle gewag het. Die Afrikaner moes van die begin af teenspoed oorkom en ’n sukkelbestaan leef. As dit nie siekte en dood was nie, was dit oorlog en droogte of Zoeloes en Britte. Dit is egter interessant hoe die moderne Afrikaner, nog steeds dieselfde perd opsaal as wat Oupa en Oupagrootjie opgesaal het. Die Afrikaner hou van sukkel. Kyk eerstens na die rede waarom die Afrikaner in Suid-Afrika beland het. Daar was hewige binnegevegte tussen die Protestante en die Katolieke. Die Protestante het vir hul veiligheid gevrees en hul uiteindelik onder die Afrika son kom vestig. Net so is die Afrikaner vandag ’n verstoteling in sy eie land, weens die konflik tussen rasse groepe en regeringsbeleid. Die Afrikaner het van die begin af rooimiere gehad en het alewig agter sogenaamde groener weivelde aangetrek. Die trekkery was veral aangevuur wanneer ander, soos die Britte, kom moles maak het. Die wilskrag van die Afrikaner het duidelik nie gaan lê nie. Laat Buurman nou net te veel raas op ’n Sondagmiddag, of Skoolhoof net ’n skewe woord van Spruit sê, dan pak ons, ons tasse en trek. Dit is tog ironies hoe die moderne Afrikaner weer terugtrek na die einste plek, waarvan hul voorsate af gevlug het. Die Franse Hugenote draai in hulle grafte om as hulle dit moet aanskou! Die Afrikaner se vurige humeur was ook nog nooit geblus nie. Oorlog was so algemeen soos ’n ossewa op die Drakensberge. Die ergste was die feit dat dit gewoonlik uitgebreek het oor onbenullige kwessies soos grond en meningsverskille. Vandag sit die Afrikaner in presies dieselfde bootjie. As jy net waag om jou voete op Van der Merwe se plaas te sit, of om sy nuwe Toyota te misgis vir ’n Ford, dan word daar sommer appels geswaai. 174
Daar heers ook nog altyd ’n gees van pronksug onder die Afrikaner. Van die begin af was daar gekyk wie die grootse plaas het, of die meeste osse besit. Net so moet jy vandag ’n groter huis as die Fourie’s hê, ’n nuwer model bakkie ry. Iewers het die Afrikaner egter die appelkar omgegooi en gedink dit is ’n goeie idee om ander te onderdruk, om sodoende self beter te voel oor hulself. Waar hulle daardie idee gekry het, is tot vandag toe, nes die Krugermiljoene, ’n groot geheim. Die Afrikaner moes nog altyd letterlike en figuurlike berge versit om ’n bestaan uit die harde klip wat Suid- Afrika is te kap. Die Afrikaner. Enkeling. Vreemdeling. Verstoteling. Vandag nog val die Afrikaner-appel nie ver van die boom af nie.... Hoërskool Nelspruit 175
OPSTEL – Aanhaling My verhouding - Afrikaans “Jy wil weet waarom herstel ek nie – want jy het my die maan, sterre en uitspansel beloof” Die bekende aanhaling uit Joan Hambidge se gedig, Een sprong vir..., verwys vir baie mense na gebroke verhoudings. Die gedig verwys vir my ook na ’n verhouding, maar dit was egter nie net ’n kortstondige verhouding nie. Dit voel soos gister wat ek nog as matriekleerling in die veilige omgewing van my Afrikaanse klas gesit het. Waar ek voorberei is vir die aanslae wat in die vorm van vraestelle vir my sou wag. Die gedagte aan my Afrikaanse klas herroep ’n see van herinneringe. Dit het alles begin die eerste oomblik toe daar ’n woordjie oor my bloedrooi lippies gerol het. Dit was nie enige woord nie, maar wel ’n AFRIKAANSE woordjie. Dié taal het my voete onder my uitgeslaan, maar soos enige meisie was ek maar traag om te erken dat ek wel aangetrokke tot my eerste liefde voel. Later het die klein woordjies verander na al meer woorde om sodoende op die ou einde sinne te vorm. Toe ek eers kon praat, was daar nie keer aan my nie. Ek was van kindsbeen af ’n babbelkous. Ek was oortuig daarvan dat niks lekkerder kon wees as om in my Moedertaal te praat nie. Maar toe kom Afrikaans en oortuig my om aan te beweeg na die volgende stap in ons verhouding .... Ek was onwillig, maar het nietemin ingestem. Dit was toe die tyd dat ek begin lees het. Afrikaans het my oortuig om my skanse te laat sak. Ek het met oorgawe die aantrekkingskrag tussen my en hierdie taal erken. Ek het besef ek kan nie langer my gevoelens onderdruk nie. Ek het verskillende boeke, een na die ander, verslind. Ek het aan Afrikaans se lippe gehang. Ek het die liefde van my lewe gevind; my pot se deksel gekry. Ek was in vervoering en smoorverlief! In my tienerjare het ek besluit dat dit my beurt is om die volgende stap te neem. Ek het ’n pen gegryp en begin skryf. Dit was die beste besluit wat ek kon maak, aangesien skryf die beste kommunikasiemiddel tussen my en Afrikaans geword het. Ek kon my liefde op soveel verskillende wyses met soveel verskillende woorde uitdruk. Vanaf digkuns tot uitklop-opstelle is gebruik om Afrikaans te wys dat hierdie verhouding op die fondamente van ware liefde gebou is. Skielik word ek nes Joan Hambidge na die maan gestuur. Na ’n verhouding van meer as twaalf jaar, moes ek my liefde vir Afrikaans opsy skuif. Die dae van opstelle skryf, was verby. My hart was in skerwe. Ek is oortuig daarvan dat Afrikaans dit wat ons gehad het ook koester soos ek dit in my hart koester. “Afrikaans, nou weet jy waarom ek nie vergeet.” Hoërskool Die Anker 176
OPSTEL – Verhalend Agter glas Hy sit en wag. Hy wag in sy kamer agter die glasvenster waar hy haar mooi dophou. Hy wag vir haar. Hy wag al jare vir haar. Izel Meyer was iets anders. Sy het skoonheid gehad uit ’n ander wêreld. Sy was ’n top presteerder op skool in al haar vakke. Eerstespan netbal het sy al van graad agt af gespeel, en as jy nou ’n meisie wou sien met verleidelike bene, was sy die een om na te kyk. Izel was nie soos die ander matriekmeisies nie, maar sy het wel so maklik verlief geraak soos hulle! Ek onthou dit nog soos gister … Maandagoggend 27 April 2017 het Izel ’n boodskap ontvang. Dit was van ’n seun met die naam Lucas Burger. Lucas was ook ’n matriekleerling, maar hy het nie na dieselfde skool as Izel gegaan nie. Die seun was aantreklik verby met ’n glimlag wat gebruik kan word om die nuutste tandepasta te adverteer. Alhoewel, dis wat Izel gedink het. Soos met deesdae se tieners, het dit nie lank gevat of Izel is ‘foon-verlief’ nie. Daagliks het Izel boodskappe van Lucas af ontvang. Sy het werklik verlief geraak op hierdie Apollo. Lucas het aan haar die son en maan belowe en sy het dit opgeëet asof dit soet koekies was. Terwyl Izel besig was om haarself te verloor in Lucas se woorde, het hy bly wag. Hy sou so lank wag as wat dit nodig sou wees, want hy wag al jare vir haar. Lucas het met Izel begin gesels op wyses waaraan sy nie gewoond was nie. Hy het haar vertel dat dit ’normaal’ is en die woord ’as jy vir my lief is’ het vinnig deel geword van Lucas se woordeskat. Lucas het by Izel foto’s begin kry en hy wou al hoe meer en meer hê. Izel wou Lucas graag in persoon ontmoet, want hulle praat al meer as vier maande oor die foon. Min het Izel geweet dat hy vir haar sit en wag. Agter glas. Hy kan by haar ruit in kyk vanuit sy glasvenster. Wanneer sy saans vergeet het om haar gordyne toe te maak, wanneer sy in die bad sit, het hy vir haar gesit en kyk. Hy het geweet dat hy in haar gedagtes kon inkruip en haar misbruik. Hy het geweet sy is soos klei in sy hande en hy gaan haar vorm, vorm na sy wil. Hy het geweet dat hy nie meer lank vir haar hoef te wag nie. Die dag het aangebreek dat die twee verliefdes sou ontmoet. Die plek waar hulle moes ontmoet was onverwags, want ’n parkie was nie juis Izel se idée van ’n eerste ontmoeting nie. Haar rokkie was verleidelik en haar bene aanloklik, mooi om na te kyk. Izel het in die park gewag, maar Lucas was skoonveld. Toe sy haar naam hoor vanuit die bosse, het sy dadelik sy stem herken, maar nie sy gesig nie. Lucas Burger was nie Lucas nie. Lucas was die een wat al die jare lank gewag het vir sy volgende slagoffer. En nou het hy sy kans gehad en hy het dit beslis misbruik. Hy het haar vertel dat hy jammer was dat hy moes voorgee oor hoe hy lyk, maar hy het nie gedink sy sou ooit verlief raak op hom nie. Die geprek was ongemaklik, maar tog dieselfde as altyd. Terwyl hulle dieper in die bos ingeloop het, het Lucas se bekende woorde ‘as jy vir my lief is’ vinnig deel van die gesprek geword. Sy skurwe hande het haar begin seermaak toe hy hard aan haar vat, stuk vir stuk het hy sy merk op haar gelos. 177
In die 21ste Augustus 2017 se koerant was dit die hoofopskrif … Almal was geskok: 18-jarige dogter verkrag nadat die man agter die glas haar om die bos gelei het” Hoërskool Wagpos – Mnr. Freddy Mouton 178
OPSTEL: Visuele Prikkel - Woorde Woorde kan nie regmaak waar dit die mens versplinter het nie. Ek kyk gereeld deur al my foto’s. Spatsels van geluk vasgevang in ’n oomblik. Almal ervaar een of ander tyd geluk in hulle lewens. ’n Handjievol mense is egter gelukkig om dié geluk te behou totdat hulle doodgaan. Geluk verbrokkel egter wanneer verskille tussen mense ontstaan. Verskille veroorsaak konflik - skeiding – seer. ’n Mens hoor dikwels dat genesende woorde die pleister op daardie wonde is. Ongelukkig is woorde nie meer vir my ’n geneesmiddel nie... My sosiale vaardighede was nooit van ’n hoogstaande gehalte nie, maar met verloop van tyd ontwikkel selfs die stadigste mens. My ma sê altyd, “Agteros kom ook in die kraal.” Ek was ’n baie teruggetrokke kind gewees. Verskuil. Vasgevang in my eie gedagtes en drome. Niemand wou met my vriende wees nie. Ek het later stadig my teruggetrokkenheid begin afskud. Ek het besef die meisietjie van die klein plattelandse dorpie was toe nie so vreemd nie. Iemand het na my uitgereik. Dalk my prins waarvan ek nog altyd gedroom het? Ek kon nie genoeg kry van die wonderlike gevoel dat daar iemand was waarop ek kon staatmaak nie. Vreugde, aanvaarding – liefde. Ek het vir die eerste keer in my lewe woorde leer ken wat soeter as heuning is. Dag-vir-dag het ek al meer begin glo dat ek ook in ewige geluk mag deel. Het ek maar besef dat die tong ’n tweesnydende swaard is.... In enige normale verhouding is konflik onvermydelik. Ons is nie almal dieselfde nie. Ek was oortuig daarvan dat konflik ons verhouding net sterker kon maak. Ek was ’n dwaas en met elke argument het ek stukkie-vir-stukkie geleer dat die mens se tong vlymskerp is. Woorde wat uit sy mond geborrel het, kon tot op die murg sny. Die verskille in opinies tussen ons het al meer geword. Die woorde het al leliker geraak. Soms was daar ’n wapenstilstand, maar na ’n rukkie het hierdie vergifnis-proses leeg gevoel. Jammer – maar nie eintlik nie. Ek het na elke argument besef ek bly vasklou aan leë beloftes. Sy snyende woorde eggo’s wat die heuning van vroeër laat verdwyn het. Ons het vir ’n laaste keer baklei. Die woorde, “Jy het my teleurgestel”, het my finaal gebreek. My geluk het in duisende stukkies gespat. Sy tong het my menswees vernietig. Woorde het my siel versplinter. Hoërskool Die Anker 179
OPSTEL - Verhalend Onderwerp: 2020 Regtig! Regtig? 52 weke van maskers dra en sanitering dat ek soos die koudbloediges onder die lampie vervel. Ons suiwer, pragtige Afrikaans het binne ’n paar minute, in ’n oogwink, in ’n vreemde dialek verander. Tussen vier mure het al ons geheime gelê. Met my bloedrooi masker sweef ek soos ’n veer deur Spar op soek na ’n pen, vir een van my laaste eksamenvraestelle as ’n mediese student. Ek verkyk my so aan die kleurvolle kinderboekies dat ek in ’n muur vasloop, ‘n muur met die mooiste bruin, gespierde arms. “Sjoe, is jy haastig?”, vra ’n diep stem. My asem is weggeslaan. Hy strek ’n gespierde arm voor hom uit. Ek staan stom en staar na sy stormblou oë en meet elke sproet, kuiltjie en frons. Hy vra ’n vraag en al wat ek kan uitkry is: “Ja, natuurlik.” Ek het vir ’n wildvreemde man, ja gesê, vir ’n koppie koffie. Met dié koppie koffie vasgeklou tussen my vingers hang ek aan sy lippe, ons praat oor ons drome en ons droom om die wêreld te gaan sien. Die vonk tussen ons het met tyd groter geword. Koffie het gereelde kuiers geword en ons het ure gesels oor ons gunsteling genres, van Breytenbach uit Parys tot Barnard uit die Laeveld van Mpumalanga. Ons liefde vir diere hou my vas, hy gee ook om vir verwerpte, weggegooide, mishandelde diere. Laat een middag het ek en Logan op die stoep gesels toe my bors skielik toeklap en ek blou word in die gesig. Na ’n reeks toetse kom die dokter met ’n lang gesig aangestap en sy sagte oë rus op my. Die hospitaalkamer is alleen, koud. “Mejuffrou Nel, dit is kanker,” speel soos ’n irriterende deuntjie in my kop. Ek word die verwerpte, weggegooide, mishandelde dier. Ek is alleen vasgekluister in ’n hospitaalkamer, Covid sien, almal moet wegbly. Ek vra woordeloos hoekom ek? Logan bel my daagliks en probeer sy trane sluk. Die chemo maak my naar. Ek staar by die venster uit. Daar staan my blonde held in die parkeerterrein en dans. Eers wonder ek, is hy bly? Dan hoor ek veraf die musiek…ons lied, ons liefdeslied, hy dans vir my. Hy dans om my te laat onthou ek moet leef. Hy dans sodat die goeie tye weer sal kom. Hy dan soos die reëngodin in hoop en aanbidding vir die volgende druppels goedheid. Dans elke dag tot ek weer kan huis toe gaan. Na vier jaar staar ek na die diamant aan my vinger. Pandemie vergete, kanker oorwin en nou wonder ek: was 2020 regtig so erg? Hoërskool Dinamika 180
LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE Huldeblyk aan iemand wat nog leef: OPDRAG: Die Adjunkhoof van Hoërskool Lourieskloof het jou in die hoedanigheid as hoofseun/hoofdogter afgevaardig om aan Meneer Potgier ’n HULDEBLYK tydens sy afskeidsfunksie te lewer. Totsiens Meneer Potgieter Ons neem vandag afskeid van een van die hardwerkendste skoolhoofde. Mnr. Gert Potgieter tree vandag na 30 jaar aan Hoërskool Lourieskloof af. Hy het hom in 1986 as Departementshoof by die skool aangesluit en het in 1997 die leisels as skoolhoof oorgeneem. Hy het in 1975 sy onderwysloopbaan by die Hoërskool Kragfontein begin. Hy het reeds van jongs af geweet hy wil kinders onderrig en onderwys sy roeping gemaak. Daar was vele hoogtepunte wat mnr. Potgieter na aan die hart sal hou. Mnr. Potgieter het altyd gesê: “Goeie dissipline word aan motivering toegeskryf”. Hy het nog nie ’n plan vir sy aftrede nie - ons hoop hy gaan vir die eerste maand of twee niks doen nie! Hy gaan beslis meer gholf en tennis speel – hy is ’n bobaas tennisspeler! Behalwe vir skoolgee, is hy fanaties oor tuinmaak en het groenvingers... Hy word beskryf as iemand na wie jonk en oud kan opkyk – iemand met ’n goeie sin vir humor en wat elke dag ’n navolgingswaardige voorbeeld stel. Dissipline en ’n hoë akademiese standaard was nie vir hom onderhandelbaar nie! Hy het altyd ’n oop-deur- beleid gehandhaaf. Die ouers, kinders en personeel gaan Meneer voorwaar mis - die gemeenskap salueer u! Sterkte vir wat voorlê, Meneer – geniet die aftrede! Noord-Kaap COP 181
Huldeblyk Die sonskynkind het gegroet. 2001-2019 Die sonskynkind, Megan Venter, het ons op 13 April 2019 verlaat. Haar lewensdraad is veels te vroeg geknip en sy is na ’n kort siekbed oorlede. Melancholie het my in rou gedompel na ek die oproep van haar ma ontvang het die aand van die 13de. My merkwaardige vriendin en inspirasie is gebore op 18 Oktober 2001 en vanaf Besige Handjies- kleuterskool was ons onafskeidbaar. Soos vinkel en koljander! My hart is broos vandag, om jou hier in die kerk waar ons grootgeword het te groet. Dit was nie net haar persoonlikheid wat haar spesiaal gemaak het nie, néé die prestasies spreek vir hulself. Sy was ’n sportvrou in murg en been! Met ’n string titels agter haar naam, van kapteine van die netbalspan, hoofdogter en voorsitter van die debatspan het sy oral haar sonskyn laat val. Megan was sinoniem met lag, pret en liefde. Sy het dit soos konfetti gestrooi. Sy was veel meer as net my vriendin. Sy was my regterhand, my steunpilaar en my inspirasie. Die lewe is onregverdig en sy het dit nie verdien nie! Niemand sal haar plek in my lewe kan vul nie. Al wat ek het, is histeriese trane waarmee ek die sonneblomme van haar lewe sal water gee en hopelik dra hulle sonskynherinneringe wat ek vir ewig sal koester. Rus sag, my sonneblom-sonskynvriendin. Hoërskool Dinamika 182
RESENSIE 'n Nuwe eetplek het onlangs in julle dorp oopgemaak. Jy moet 'n resensie vir julle skoolkoerant oor die nuwe eetplek skryf. Roco Mama's, is dit jou tyd en geld werd? Dylan Cerejo Die nuwe Roco Mama's het net verlede week hier in Klerksdorp oopgemaak. Hulle is baie bekend in Gauteng vir hulle groot, smullekker bugers. Maar sal dit dieselfde hier in Klerksdorp wees? Ek het 'n paar dae terug daar gaan eet en die bestuurder 'n paar vrae gevra. Kom ons begin met die kos. Die kos wat ek geëet het, was heerlik. Hulle het baie mooi borde en die aanbieding van die kos lyk baie mooi. Hulle spyskaart is maklik om te lees en te verstaan. Die foto's is so goed en maak jou nog meer honger. Die gehalte van die kos is baie goed. Die bestuurder het my agter na die kombuis gevat om my te wys hoe hulle al die Covid-19 prosedures volg. Ek was baie beïndruk met wat ek gesien het en die pryse was glad nie sleg nie. Ek sal definitief weer terug gaan. HTS Klerksdorp 183
Toespraak vir die onderwysers Onderwysers is ons rigtingwysers, want hulle gebruik hul kennis om studente die lig en die pad na daardie lig te wys. Geagte Personeel Om tot siens te sê, kan ’n bitter saak wees, veral as jy ’n leerder van Hoërskool Homevale is. Ons het gekom aan die einde van ’n uitstekende jaar. ’n Jaar van veranderinge. ’n Jaar van vernuwing. Die leerders van Hoërskool Homevale kon hierdie sukses nie behaal het sonder die hulp van hierdie hulpvaardige personeel nie. Eerstens wil ek en die res van die leerders dankie sê aan die onderwysers. Baie dankie vir al die ure wat u ingesit het om ons kennis uit te brei en ons te help groei. Dankie vir al die inspirerende woorde, sowel as die streng woorde wat ons gehoor het as ons nie ons huiswerk gedoen het nie of nie ons geld vir die drama- opvoering, Krismis van Map Jacobs, gebring het nie. So ongelooflik soos dit mag klink, is ons selfs ook dankbaar vir die detensies, want dit het baie van ons geleer om nie weer die verkeerde pad te kies nie. Tweedens wil ek baie dankie sê vir die skoonmaakpersoneel van die skool. As dit nie vir u was nie, sou ons sonder beligting in ons klasse gesit het of ’n skoolterrein gehad het wat soos ’n vullishoop lyk. Die bydrae wat u gemaak het, sal ons altyd waardeer. Ja, u is ook “important”! Laastens wil ek dankie sê vir ons skoolhoof: Baie dankie, Meneer, dat u hierdie instelling so uitstekend bestuur. Medematrieks, dit mag wel vir ons voel soos die einde, maar onthou: dit is net die begin! Shanley Booysen, Gr. 12 Hoërskool Homevale 184
KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE Dagboekinskrywing Sondag, 17 Julie 2020 Liewe Dagboek Jy sal nie glo wat vandag met my gebeur het nie! Ek wou iets persoonlik met Ann deel. Raai toe wat?? Soos die duiwel dit wil hê, stuur ek toe hierdie boodskap per ongeluk na Zoë toe. Wie sou kon raai dat iets so onaangenaam met my sou gebeur? As Ann moet uitvind … Nee wat, gedane sake het geen keer nie. Hou vir my duim vas! Maandag, 20 Julie 2020 Liewe Dagboek Daardie agterbakse Zoë, Hoe kon sy!? My hart was in twee geskeur toe ek Ann vandag sien. Ek het dadelik probeer om myself te verduidelik, maar sy wou niks hoor nie. Ek hoop dat sy dit in haar hart sal vind om my te vergewe. Ek het my les op die moeilike manier geleer. Hoërskool Noord-Kaap Instruksies Hoe om van onnodige spanning ontslae te raak • Bly altyd positief onder alle omstandighede. • Aanvaar dat daar goed is wat jy nie kan verander nie en fokus op dié wat jy kan. • Maak seker dat jy gereeld oefen. • Eet gesond. ʼn Gesonde liggaam bou ʼn gesonde gees. • Leer om jou tyd meer effektief te gebruik • Kry genoeg slaap sodat jy meer effektief kan dink. • Maak tyd vir jou stokperdjies en belangstellings. • Moenie te hard wees op jouself nie • Wees jou eie beste vriend. Hoërskool Noord-Kaap 185
Ll dei entSelf Study Guide Series » basic education This publication is not for sale. ©) Bane Coeeation © Copyright Department of Basic Education REPUBLIC OF SOUTH AFRICA www.education.gov.za | Call Centre 0800 202 993 186

Published documents with matching subject and grade metadata.