You're offline
Skip to content
Study guide

Afrikaans HT Oorlewingsgids

Subject: AfrikaansGrade 1243 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Gr 12 Afrikaans HT maak jou sommetjie… 2022 Wes-Kaap Onderwysdepartement Direktoraat: Kurrikulum VOO AFRIKAANS HUISTAAL Graad 12 2022 maak jou sommetjie…
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Beste Graad 12-leerder Hierdie bronmateriaal het ten doel om te verseker dat jy suksesvol sal wees in die NSS Afrikaans Huistaal. Dit bevat ‘n beknopte weergawe vir hersiening wat waardevolle wenke, leerwerk en oefeninge bevat wat verseker dat jy ten minste Kode 3 (160/400) sal behaal. Let Wel: daar is ook ‘n meer volledige pakket en ander material beskikbaar, vra jou onderwyser hieroor. Voordat jy die Nasionale Seniorsertifikaat aflê, het jy alreeds die volgende punte behaal: 1. Vraestel 5 (jaarpunt) wat uit al jou formele assesseringstake verwerk word – hier is die minimum 40 punte; én 2. Vraestel 4 (Mondeling) wat uit al die toesprake/lees/luisterbegrip verwerk word – hier is die minimum 30 punte. Die minimum punt voordat jy in die eksamenlokaal stap, is dus 70/400. Onthou: jy moet 160/400 behaal. In die bronmateriaal gaan ons dus op sekere aspekte/afdelings by elke vraestel konsentreer waarin jy met ‘n bietjie leer, oefening en hersiening die res van die punte (160–70 = 90 punte) sal behaal. Dit is egter van kardinale belang dat JY moet voorberei en gereed wees vir die NSS – Afrikaans 2022. Dankie dat jy dié bronmateriaal, tesame met dit wat jou onderwyser alreeds met julle behandel het, optimaal sal benut om sukses in Afrikaans Huistaal te behaal. Die oefenvrae in die bronmateriaal is voorbeelde uit vorige vraestelle en die antwoorde van al die oefenvrae word verskaf om jou spesifieke leiding te gee oor hoe om vrae te benader en antwoorde te konstrueer/bymekaar te sit. Probeer egter om eers self die vrae te beantwoord voordat jy die memorandum/riglyne raadpleeg. Die volgende is ook belangrik vir sukses: 1. Lees die voorgeskrewe tekste en gedigte weer deur om die detail te verstaan; 2. Leer taalaspekte; en 3. Doen deeglike voorbereiding vir skryfwerk. Alle sterkte! Bl 2 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 LEESBEGRIP Hierdie afdeling in Vraestel 1 is nie werklik problematies nie, maar let net op die volgende: Hier volg ’n lys van vraagwoorde en watter soort antwoord by elkeen pas. VRAAGWOORD BEANTWOORD VRAAG SO... Wat bedoel sy as sy/hy ... sê ...? Gee ’n beskrywing / interpretasie. Wat word bedoel met die volgende stelling ...? Wat dink jy … ? Motiveer Gee jou eie mening / opinie en motiveer (motivering verdien die punt). Hoe weet jy dat ...? Bewys uit die teks, maar in jou eie woorde, tensy daar vir ‘n aanhaling gevra word. Wat beteken …? Gee ’n verduideliking. Sê of die volgende waar of onwaar/vals Kies een, skryf neer en motiveer (motivering is en motiveer verdien die punt). Antwoord Ja/Nee en motiveer Noem drie verskille/ gee die verskil/ hoe Noem elke keer 2 dinge: die een is so, terwyl verskil sy mening van die skrywer s’n die ander ... Waarom is dit ironies/Wat is ironies aan Noem twee dinge: wat jy verwag teenoor ...? dit wat eintlik plaasvind / gesê word... Wat word geïmpliseer deur die .../ deur Wat kan jy aflei wat nie eksplisiet gesê word haar woorde/optrede? nie. LET OP DAT JY HIER NIE DIE DIREKTE WOORDE UIT DIE TEKS MOET GEBRUIK NIE, WANT DAN IS DIT NIE MEER GEÏMPLISEER NIE. Wat is die houding van die skrywer/ Druk gewoonlik ’n gevoel uit: afkeer, nie ten persoon in die artikel? guste, gekant teen... verskaf rede. Is die woorde/stelling feit of mening? Kies een en motiveer. Die motivering Motiveer. verdien die punt. Onthou dis slegs ‘n feit as dit op navorsing/ direkte getuienis van gebeure gebaseer is. Hoekom is die stelling/ optrede Gee bewyse uit die teks bv. statistiek, die geloofwaardig? kundigheid van die persoon wat die stelling maak. Stem jy saam met die skrywer/skrywer se Antwoord die vraag JA/NEE en motiveer houding/ woorde/standpunt? Motiveer. dan jou keuse. Jou motivering moet pas by jou keuse. Onthou dis jou eie mening wat hier vereis word en is as sulks altyd korrek, mits jy dit voldoende motiveer. Die motivering verdien die punt. Lewer kommentaar/Lewer kritiese Druk jou mening uit deur te bewys hoe kommentaar.. goed/sleg/negatief/positief ...beoordeel dus die inligting en kom tot ’n gevolgtrekking ...(daarom sê/voel ek dat ...) Beoordeel / evalueer Gee ’n idee van iets se waarde – sê of dit goed/ sleg/ negatief/ positief/ onsuksesvol is en gee bewyse. Bl 3 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Gebruik die volgende as oefening om te verseker dat jy ten minste 15/30 punte behaal: Lees die onderstaande tekste en beantwoor die vrae. TEKS A: Artikel Mindfulness*: van gonswoord tot skoolvak 1 Mindfulness. Dis tans die gróót gonswoord. Dit bied ’n oplossing vir ons gejaagdheid. Dis ook ’n teenvoeter vir ons nuutste kwaal: digitale uibranding. 2 Dit het die wêreld aan die praat. 3 Artikels hieroor verskyn gereeld in onder meer The New York Times, The Huffington Post en National Geographic. Die nuustydskrif TIME het verlede jaar ’n voorbladartikel, “The Mindfulness Revolution”, gehad. 4 By Google, ’n maatskappy bekend daarvoor dat hy uit die boks dink, leer werknemers dit as deel van ’n “ondersoek-jouself”-kursus. Dis ’n nuutjie by styweboordjie, tradisionele Britse instellings. Britse parlementslede en ook werknemers by die Bank van Engeland doen kursusse daarin. 5 Nou gaan Mindfulness by tot 370 skole in Engeland as vak ingevoer word as deel van ’n projek om die psigiese gesondheid van leerders te probeer verbeter, het die Britse regering onlangs aangekondig. Dit behels dat dié kinders in skooltyd ontspanningstegnieke, asemhalingsoefeninge en ander metodes sal aanleer om hulle “hul emosies te help reguleer”, lui die verklaring wat deur die Britse owerheid uitgereik is. Bl 4 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 6 “Mindfulness” is ’n eenvoudige tegniek om die huidige oomblik (nóú) meer bewustelik, met deernis en nuuskierigheid te benader. Sodat jy minder verstrengel raak in dinge wat in die verlede gebeur het, of wat dalk in die toekoms kan gebeur. 7 Om jou gedagte-maalkolk te tem is nie maklik nie, sê Casper Oelofsen van Mindful Leadership, ’n maatskappy wat korporatiewe kursusse in mindfulness aanbied. Mindfulness is nie ’n gewoonte nie. Jy moet dit oefen, dit kweek. 8 In die 21ste eeu met sy stres en sosiale en tegnologiese uitdagings word groter eise aan die jeug gestel as aan vorige generasies, glo sommige kenners. Die beoefening van mindfulness kan moontlik help keer dat kinders oorweldig voel, glo dié kenners. Dit verbeter boonop konsentrasie en kan met leerprobleme help. 9 Ook in ’n handvol Suid-Afrikaanse skole het kinders al met mindfulness kennisgemaak danksy ’n projek van die nieregeringsorganisasie Wellbeing in Schools and Education (WISE). 10 “Ons bied slypskole aan vir opvoeders en vir volwassenes wat kinders grootmaak, en opleiding in mindfulness vorm deel daarvan,” sê dr. Carol Surya, ’n medestigter van WISE en sielkundige van Plettenbergbaai. 11 Mindfulness vir kinders gaan daaroor dat hulle leer hoe om bewus te wees van wat hulle op daardie spesifieke oomblik voel, verduidelik dr. Arina Fourie, ’n kindersielkundige van Kaapstad. 12 “As ’n kind byvoorbeeld angstig is oor die eksamen wat hy moet skryf, moet hy mindful raak oor wat hy beleef sodat hy dan kan bepaal hoe hy daarop gaan reageer. Dit is hoe jy die brein leer om situasies anders te hanteer.” En dis nie sommer net trooswoordjies nie – dis wetenskap. Navorsers soos dr. Dan 13 Siegal, ’n Amerikaanse professor in kliniese psigiatrie, het bevind mindfulness kan nuwe neurologiese paadjies in die brein laat vorm. “Mindfulness het die vermoë om amper ’n soort brug te bou tussen die deel in jou 14 brein wat jou emosies beheer en die deel waar jou gedagtes gesetel is,” verduidelik Surya. “Die brein verkeer dan in ’n beter toestand om situasies te hanteer pleks daarvan om daardeur oorweldig te word.” Mindfulness kan ook met dissipline in die klaskamer help. “Daar word altyd vir kinders 15 gesê om stil te sit, te kalmeer of op te hou kriewel. Maar niemand wys ooit vir hulle hoe om dit te doen nie,” sê Jeanne Welsh, ’n Suid-Afrikaanse mindfulnesspraktisyn wat by skole in die buiteland as afrigter hierin werk. Wanneer Carol met kinders werk, verduidelik sy aan hulle die waarde van 16 mindfulness deur die liggaam se senuweestelsel met ’n motor se brandstofpedaal en remme te vergelyk. Bl 5 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 17 Sy verduidelik jy trap die “brandstofpedaal” wanneer jy onder stres verkeer en gereed maak vir aksie. Dit help jou om te fokus en op te tree. 18 Gewoonlik sal jou liggaam ná die tyd natuurlik “rem aanslaan” deur daardie deel van jou senuweestelsel te aktiveer wat jou laat ontspan. Kinders kan leer hoe om self die “rempedaal” te trap as hulle mindfulness met behulp van speletjies of tegnieke leer beoefen. 19 In die storm-en-drang-jare kan mindfulness tieners help om koelkop te bly. 20 “As mindfulness ’n pil was, het dokters dit voorgeskryf,” sê Casper. * In Afrikaans was daar al pogings om die woord te vertaal – onder meer met “aandagtigheid” en “bewustheid” – maar die woord mindfulness word algemeen gebruik. [Verwerk uit: Sarie, 1 Maart 2015 & 14 September 2017 en Huisgenoot, 22 Februarie 2019] EN TEKS B: SPOTPRENT [Bron: Volksblad, 11 Januarie 2018] Bl 6 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 VRAE: TEKS A 1.1. Herlees die opskrif en die voetnota onderaan die teks. Wat dink jy is die rede vir die plasing van die voetnota? (1) (Eksamenwenk: Jy moet die opskrif en die voetnota weer lees.) 1.2. Gee die woord in paragraaf 1 wat by die sin in paragraaf 2 aansluit. (1) (Eksamenwenk: In die eksamen kan die vraag ook só geformuleer word: Gee die woord in paragraaf 1 wat die sin in paragraaf 2 ondersteun. In albei gevalle moet jy ’n woord uit paragraaf 1 neerskryf wat dieselfde betekenis as die sin in paragraaf 2 oordra.) 1.3. Watter twee probleme van die moderne samelewing kan volgens die artikel deur mindfulness opgelos word? (2) 1.4. Watter bewys is daar volgens paragraaf 3 dat mindfulness “die wêreld aan die praat” het? Skryf een sin in jou eie woorde as antwoord neer. (1) (Eksamenwenk: Hierdie vraag sluit aan by vraag 1.2, aangesien paragraaf 3 ’n uitbreiding op paragraaf 2 is.) 1.5. Watter bewys is daar in die leesstuk (paragraaf 4) dat mindfulness deur uiteenlopende groepe toegepas word? (2) (Eksamenwenk: “uiteenlopende” beteken “verskillende” In plaas van “uiteenlopende” kon die eksaminator ook “diverse” gebruik het – die woorde is sinonieme.) 1.6. Wat is die uiteindelike oogmerk met die invoer van Mindfulness as ’n skoolvak in Britse skole? (1) (Eksamenwenk: “oogmerk” beteken “doel”) 1.7. In watter opsig weespreek Casper Oelofsen se uitspraak in paragraaf 7 die inligting wat in paragraaf 6 gegee word? (2) (Eksamenwenk: Om te weerspreek beteken om die teenoorgestelde te sê.) 1.8. Verklaar “gedagte-maalkolk” (paragraaf 7) deur na die inligting in paragraaf 6 te verwys. (2) 1.9. Waarom het die hedendaagse jeug opleiding in mindfulness nodig, terwyl dit nie vir vorige geslagte nodig was nie? (2) (Eksamenwenk: Hierdie vraag vereis dat jy die inligting wat in paragraaf 8 staan op ’n ander manier moet weergee.) 1.10. “Die beoefening van mindfulness kan moontlik help keer dat kinders oorweldig voel, glo dié kenners.” (Paragraaf 8) Is die stelling hierbo 'n feit? Motiveer jou antwoord. (1) 1.11. Wat is die verskil tussen die Suid-Afrikaanse en Britse benadering ten opsigte van mindfulness? (2) (Eksamenwenk: Hierdie vraag vereis dat jy die inligting in paragraaf 5 en paragraaf 11 met mekaar vergelyk.) 1.12. Hoe kan mindfulness met dissipline in skole help? (2) 1.13. Herlees paragraaf 12 en 14. Watter ooreenstemmende sienswyse huldig Fourie en Surya ten opsigte van die brein? Kan hul uitsprake as geloofwaardig beskou word? Motiveer jou antwoord. (2) Bl 7 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 (Eksamenwenk:”ooreenstemmende” beteken “dieselfde”. Hierdie vraag bestaan uit drie dele. Nommer die drie dele en beantwoord elke deel in ’n afsonderlike reël.) 1.14. Watter vergelyking gebruik Carol Surya om die waarde van mindfulness aan kinders te verduidelik? Dink jy hierdie vergelyking is geslaagd? Motiveer jou antwoord. (3) (Eksamenwenk: Hierdie vraag bestaan uit drie dele. Nommer die drie dele en beantwoord elke deel in ’n afsonderlike reël.) 1.15. Watter afleiding kan ’n mens uit Capser Oelofsen se slotuitspraak (paragraaf 20) maak? (1) VRAE: TEKS B 1.16. Watter visuele leidraad in TEKS B dui daarop dat Marie se vriendin verbaas is oor Marie se aankope? (1) (Eksamenwenk: Watter liggaamstaal/ gesigsuitdrukking, wat verbasing aandui, sien jy?} 1.17. Wat het, volgens SPRAAKBORREL 2, aanleiding tot Marie se optrede gegee? (1) VRAAG: TEKS A EN TEKS B 1.18. Wat is die VERSKIL en die OOREENKOMS tussen Teks B en paragraaf 8 van Teks A? (3) (Eksamenwenk: Sorg dat die struktuur van jou antwoord korrek is: Gee eers die verskil tussen Teks B en paragraaf 8 van Teks A en daaarna gee jy die ooreenkoms tussen Teks B en paragraaf 8 van Teks A. ) [30] Opsomming By hierdie afdeling behoor jy 10 punte te behaal. Volg hierdie stappe en volg/voer die instruksies uit in die eksamen: Stappe vir die skryf van ’n opsomming - Begin by die instruksies van die teks: - Nie meer as 90 woorde nie - Let op die spesifieke opdrag sodat jy die korrekte feite kan selekteer. - Lees nou die teks. - Onderstreep nou al die wenke/redes/nadele/gevare wat jy moet opsom. - Skryf in ’n paragraaf in volsinne - Skryf slegs EEN paragraaf. - Stel vas wat opgesom moet word: o Sewe goeie gewoontes ... of o Sewe wenke ... of o Sewe voordele ... Proeflees altyd om onnodige/steurende foute uit te Skakel. Bl 8 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Hoe om die opsomming te skryf In jou eksamenboek trek jy nou twee kolomme Een kolom noem jy AANHALING Tweede kolom noem jy EIE WOORDE In hierdie kolom skryf jy die Hier maak jy jou eie sin van die gewoontes/wenke/voordele wat jy in aanhaling wat jy onderstreep en die teks onderstreep het net so neer. neergeskryf het. Dan is dit nie meer ‘n aanhaling nie; jy doen dit met al sewe gewoontes/wenke/voordele. So maak jy nou: • Nou het jy sewe sinne in die tweede kolom wat jy in jou eie woorde geskryf het. • Jy moet kyk na die sinne, want jy moet dit nou verkort sodat dit nie meer as 90 woorde bevat nie. Doen die volgende oefening eers op jou eie. Raadpleeg dan die riglyne om 10 punte te verseker. Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE wenke wat jy kan toepas om seker te maak dat jou gemoedstoestand meer positief is. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. SEWE STAPPE TOT 'N MEER POSITIEWE JY Soms probeer 'n mens alles om positief te bly, ondanks dit wat die lewe na jou kant toe gooi. Dikwels word jou pogings deur omstandighede in die wiele gery en dan vind jy dat die negatiwieit weer aan jou tone begin knaag. Die volgende wenke kan jou help om iets aan jou halfpap gemoedstoestand te doen. Dit klink dalk na lawwe raad, maar om meer gereeld te lag sal jou baie gelukkiger laat. Nie net voel jyself beter as jy gereeld lag nie, maar jy skep 'n vriendeliker leefatmosfeer vir almal rondom jou. Ook kan 'n mens jou brose gemoedstoestand 'n hupstoot gee deur jou werksomgewing op te kikker. As jy lekker voel oor die omgewing waarin jy werk, voel jy ook sommer stukke beter oor jouself. Benewens bogenoemde raai sielkundiges mense wat depressief is aan om gereeld nuwe vaardighede aan te leer. Om elke dag iets aan te leer sal nie net help om jou gemoedstoestand te verbeter nie, maar sal jou ook motiveer om groter kanse te waag om as individu te ontwikkel. Bl 9 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Voorts stel positiewe mense gereeld vir hulle doelwitte. Niks gee 'n pap gemoedstoestand soveel positiewe energie soos wanneer doelwitte bereik word nie. As jy weet waarna jy streef, sal dit jou al klaar help om meer positief te wees. Werk en persoonlike lewe is twee aspekte wat liefs nie saam in een mandjie hoort nie. Baie mense wat negatief voel, sukkel waarskynlik om hulle werk en persoonlike lewens te skei. Daarom moet 'n mens dit so ver as moontlik vermy om werk huis toe te neem. Verder kan jy elke dag begin deur vyf aspekte neer te skryf waarvoor jy dankbaar is. Iets kleins soos dankbaarheid kan ’n reuse verskil aan jou gemoedstoestand maak. En laastens: as jy nou weklik 'n ongelukkige persoon wil wees, moet jy die roete van selfgesentreerdheid stap. Om egter 'n verskil in ander se lewens te maak is 'n doelbewuste besluit wat uiteindelik ook wondere vir jou eie gemoedstoestand inhou. Hierdie sewe wenke kan help dat jou gemoedstoestand positief bly ondanks dit wat die lewe na jou kant toe slinger. [Verwerk uit https://jouloopbaan.solidariteit.co.za] Onthou: - Jy moet die korrekte getal woorde aandui. - Punte word soos volg toegeken: - 7 punte vir 7 wenke (1 punt vir elke wenk) en 3 punte vir taal (so maak seker van spelling en volsinne) Totaal 10 - Die nasieners sal die aantal woorde wat jy gebruik het, tel. Bl 10 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Advertensies By advertensies behoort jy ten minste 5/10 punte te verdien. Kyk na die volgende aspekte wat jou maklike punte in die sak sal bring: Advertensies se doel is om jou te oorreed om ‘n produk te koop of ‘n diens te gebruik. Let op die volgende aspekte van ‘n advertensie: - Beelde/prentjies, en nog – die prentjie as geheel. Wat sien ek? (visuele uitbeelding) - logo – letter, simbool, embleem, teken wat maatskappye/ontwerpers gebruik om te bemark slagspreuk – kort, treffende sin vir reklame - gehoor/teikengroep/teikenleser – Vir wie is die advertensie geskryf? - emotiewe taal) aanspreekvorm – fokus op “jy”, “jou”, “ons” – versterk die idee “jy” is belangrik uitleg en tipografie – die formaat van die advertensie agtergrond - vertel ook ’n storie om diens/produk te bemark skaal – Is een karakter groter as die ander? - praatborrels en gedagteborrels – herhaling, retoriese vraag (stylmiddel); gebruik/ funksie van leestekens lettertipe; vetdruk en grootte van skrif – tegniek(e) om aandag te trek. 3.2 Basiese vrae oor die advertensie wat in vraestelle voorkom Wie is die teikengroep? Motoradvertensie = mense/persoon wat kar wil koop/benodig WAT word geadverteer? (Produk/diens se naam) Die KOP van die advertensie – wat is die funksie? (beklemtoon/trek aandag) Hoe word die leser se aandag getrek? (lettertipe: vetdruk/hoofletters/verskillende lettergroottes/skuinsdruk; kleur; visuele – prentjies; vraagstelling) Wat is die boodskap van die advertensie? Informele/Formele taalgebruik Vervang die emotiewe woord met ’n neutrale woord. Wat is die verband tussen die opskrif en die visuele uitbeelding Hoe sluit die visuele uitbeelding aan by die boodskap van die advertensie? Manipuleer: hoe? (woorde soos eksklusief/spesiaal, ens.) Watter woord in die advertensie oortuig die leser...? Oorredend: 2 vir die prys van 1/ solank voorraad hou…/ beperkte hoeveelheid Stereotipering: manne werk & vrou maak huis skoon Slagspreuk teenoor die kenteken Kontakbesonderhede (telefoonnommer, e-posadres, straatnaam) Voet van die advertensie – gebruik van direkte woorde. Let Wel: Daar is 8 punte oor afleiding & interpretasie plus 2 punte oor taal. Bl 11 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Kyk hoe hierdie advertensie “gelees” word. Maak aantekening op die blad/advertensie oor wat jy alles sien en veral opvallend is Lees en bestudeer die advertensie in geheel voordat jy met die vrae begin. Bl 12 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae. Vrae: 3.6.1 Wie dink jy is die teikengroep van die advertensie? Motiveer. (2) Wenk – aan wie is die advertensie gerig/wie moet lees? 3.6.2 Watter woord in die advertensie manipuleer die leser om deel te neem? (1) Wenk – dwing jou / laat jou voel / speel met jou gedagte 3.6.3 Hoe sluit die visuele prent, naamlik die eiland en emoji, by die boodskap van die advertensie aan?* (2) Wenk – watter ooreenkoms is daar / hoe is dit dieselfde / wat in gemeen 3.6.4 Op watter wyse kan daar meer inligting oor die kompetisie bekom word? (1) Wenk – hoe kan jy met die adverteerder in aanraking kom / skakel 3.6.5 Noem ’n tegniek wat die adverteerder gebruik om die waarde van die prys te beklemtoon. (1) Wenk – wat gebruik die adverteerder / hoe doen hy dit 3.6.6 Vervang die emotiewe woord, skater, (reël 5) met ’n meer neutrale woord. (1) Wenk – emotief druk sterk die emosie uit / neutrale woord is “sagter” 3.6.7 Haal ’n parentese uit reëls 1- 6 en skryf dit neer. (1) Wenk – parentese verwys na in/byvoeging (woord of sinsdeel bygevoeg) 3.6.8 Gee die stellende trap van “beste” in reël 5. (1) Wenk – trappe van vergelyking: onderste/eerste/begin trap /10/ Bl 13 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Strokiesprente By strokiesprente behoort jy ten minste 5/10 punte te verdien. Kyk na die volgende aspekte wat jou maklike punte in die sak sal bring: Onthou ook: Daar is 8 punte oor afleiding & interpretasie plus 2 punte oor taal. Let veral op die volgende aspekte in strokiesprente: - Lettertipe en lettergrootte – bv. groter of soms vetter gedruk/hoofletters - Bewegingslyne/aksielyne – bv. twee strepies wat beweging aandui - Gesigsuitdrukkings/liggamshouding/liggaamsbewegings/liggaamsposisie - Plasing van prente/woorde/persoon - Ander detail in die prent bv bank, wolkie, hartjie, ensovoorts. - Leestekens soos vraag- of uitroepteken [Verwerk uit: https://gocomics.com/] Bl 14 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Oefening Bestudeer die onderstaande strokiesprent en beantwoord die vrae. Agtergrond: Hägar is ’n gevreesde Viking krygsman. Sy dogter, Honi, is verlief op Lute, ’n musikant en sanger, en hulle twee wil trou. Vrae: 1.1. Watter gemoedstemming heers volgens Raam 1 en Raam 2 tussen Lute en Honi? Gee TWEE visuele bevestigings van hierdie stemming. (3) Wenk: “gemoedstemming” verwys na “gevoel”. “visuele bevestigings” verwys na bewyse wat in prente/ beelde/ simbole/ lyne voorkom 1.2. Hoe word Lute se woorde in Raam 4 deur sy handgebaar ondersteun? (1) Wenk: Om te “ondersteun” beteken om dieselfde boodskap oor te dra. Lees dus eers sy woorde en bepaal wat dit beteken. Dan skryf jy neer of sy handgebaar dieselfde boodskap as sy woorde oordra. 1.3. Waarop dui die beletseltekens in Sin 3 (Raam 4)? (1) Wenk: Jy kan jou kennis van die funksies van beletseltekens gebruik, of jy kan ’n afleiding maak deur Raam 4 en Raam 5 weer te lees/ bestudeer. 1.4. Hägar se liggaamstaal in RAAM 6 en RAAM 7 verskil. Motiveer hierdie stelling deur na TWEE visuele aspekte te verwys. (2) Wenk: Kyk weer na die liggaamstaal en skryf dan TWEE opsigte neer waarin dit verskil. 1.5. Hoe weet die leser dat Hägar se stemtoon in Raam 7 kwaai is? (1) Wenk: “kwaai stemtoon” beteken dat iemand kwaad is. Dink nou aan maniere waarop woede in strokiesprente aangedui word. 1.6. 1.6.1. Kies die korrekte antwoord. Die strekking van hierdie strokiesprent kan as ... beskou word. A. Stereotiperend B. Humoristies C. Partydig D. Seksisties (1) 1.6.2. Motiveer jou antwoord by 1.6.1 deur na TWEE aspekte te verwys. (2) Bl 15 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Taalleer By hierdie afdeling behoort jy nog ‘n ekstra 5/10 punte te verdien. Onthou: jy moet taalstrukture- en konvensies LEER. Maak seker dat jy dié ken wat gereeld in vraestelle voorkom. Maak seker jy ken die taalstrukture en -konvensies wat elke jaar van jou skoolloopbaan met jou gedoen is. Daar word twee (2) punte in Vraag 3, twee (2) punte in Vraag 4 en tien (10) punte in Vraag 5 (Artikel) daaroor gevra. Veertien punte (14) word dus vir Woordeskatontwikkeling en taalgebruik sowel as vir Sinstrukture en die organisering van tekste toegeken. Oefeninge Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1 MOENIE DIE NAGUIL VLAK KYK NIE! 2 Die Afrikaanse naguil se roepgeluid – wat klink soos “good Lord deliver us” – is een 3 van die bekende bosgeluide in Afrika en een wat ʼn mens altyd (5.4.4) roer. 4 Ongelukkig verwerdig min mense die klein voëltjies met min of meer ʼn vinnige blik. 5 Van al die naguilspesies is die wimpelvlerknaguil die treffendste. 6 Al die ander is redelik vaal en inspirerend – iets waarvan baie voëlkykers kan 7 getuig omdat dit so moeilik is om een spesie van ʼn ander te onderskei. 8 Ondanks hulle voorkoms, is naguile eintlik ʼn interessante spesie. Hulle het 9 byvoorbeeld ʼn weerkaatsende laag agter in hul oë wat ʼn tapetum genoem word 10 en lig terug op die retina weerkaats. Dit gee hulle beter nagvisie. 11 As jy met ʼn kollig op hulle skyn, weerkaats die laag rooi – wat ons weer help om 12 hulle raak te sien. Hulle word dikwels vasgevang in die hoofligte van wildritvoertuie 13 sodat ʼn mens hulle betreklik maklik kan sien. 14 Hulle oë is buitengewoon groot en hulle snawels is korter as wat dit breed is en 15 maak horisontaal en vertikaal oop. Hulle kan saans makliker vlieënde insekte 16 vang. [Verwerk uit WEG, 24 Mei 2019] Bl 16 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 5.4.1 Skryf die eerste woord in die titel (reël 1) wat ʼn diftong bevat, neer en onderstreep die klank. (1) 5.4.2 Is naguil (reël 1) ʼn simpleks of ʼn kompleks? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 5.4.3 Plaas ’n gepaste skryfteken op die onderstreepte woord (reël 4)en sê hoe dit die woordsoort verander. (2) 5.4.4 Vorm deur middel van ʼn premorfeem die korrekte vorm van die woord roer (reël 3), wat beteken om diep aangeroer te word. (1) 5.4.5 Vervang die onderstreepte sin in reël 11 met ’n vraagsin. (1) 5.4.6 Kies die korrekte antwoord. Watter klankverskynsel kan voorkom wanneer ander (reël 7) uitgespreek word? A. Klankverspringing B. Palatalisasie C. Ontronding D. Assimilasie (1) 5.4.7 Brei die onderstreepte sin in reël 14 uit met ʼn byvoeglike bysin. (1) 5.4.8 Skryf die laaste sin in die teks oor in die lydende vorm. (1) /10/ Gedigte Hier kan jy ten minste 10/30 punte verdien. Belangrik hier is om verstegniese aspekte te ken, beeldspraak, retoriese middele en stylfigure. Onthou: die funksie van dié aspekte verskil binne konteks van elke gedig. Fokus op aspekte wat jou die 10 punte kan besorg, soos: - Titel - Tema - Boodskap Bl 17 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Kom ons ontleed gou dié gedig wat heelwat aspekte bevat wat jy moet ken: Nog in my laaste woorde N.P.van Wyk Louw 1. Nog in my laaste woorde sal jy wees, a 2. nog in die laaste skeemring van my dink b 3. en weet, as ek alleen in die bitter vrees a 4. van sterwe lê, en al die mindre sink b 5. in my deur vaal vergetelheid: veel haat, c 6. veel liefde wat kon waag om min te vra, d 7. ure wat rus geken ’t, of blote daad, c 8. en nie die teken van jou onrus dra, d 9. o jy wat vlam was: skoon en sterk en blind e 10. vir smart; wat alles tot jou beeltnis brand; f 11. wat áls kon eis en nooit volkome vind e 12. versadiging! Dán weet ek het jou hand f 13. my jeug se oopgelate kring voltooi: g 14. mooi is die lewe en die dood is mooi. g INHOUD ‘Jy’ wat hy hier aanspreek, kan 'n geliefde wees. Kontras: rus en onrus; liefde en haat Polisindeton: skoon en sterk en blind (versreël 9) Wending: Dán … (versreël 12) Voor- en agterplasing: mooi … mooi (versreël 14) Kringloop is voltooi: lewe en dood Die dubbelpunt (versreël 5): Na die dubbelpunt volg die opnoem van wat die spreker bedoel met al die mindre wat hy op sy sterfbed nie sal onthou nie. Die dubbelpunt (versreël 9): Skep afwagting en dui op die belangrikheid van dit wat gaan volg skoon en sterk en blind (versreël 9): eienskappe van die liefde (funksie van die Polisindeton – dit beklemtoon die eienskappe van die liefde) Metafoor: “laaste skeemring” (versreël 2): Skemer is verteenwoordigend van ’n oorgangstyd tussen dag en nag (lewe en dood). Personifikasie – “veel liefde wat kon waag om min te vra” (versreël 6) Metafoor (versreël 9): “jy wat vlam was” – Die aangesprokene word gelykgestel aan alles wat deur ’n vlam voorgestel kan word. Bl 18 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 TEMA ▪ Die gedig is `n liefdesverklaring waarin die spreker sy geliefde verseker dat hy haar tot aan die einde van sy lewe sal bemin en dat sy in sy woorde en gedagtes sal wees. ▪ Die dood bly onvermydelik deel van die lewe en sluit die kringloop van die lewe af. ▪ Stemming: ▪ Die stemming is aanvanklik onrustig, maar aan die einde van die gedig ervaar die leser ’n rustige stemming omdat die spreker die finaliteit van die dood aanvaar. Moontlike vrae: Onthou om eers die gedig met die nodige gevoel deur te lees. 1.1 Hierdie gedig is ’n voorbeeld van ’n Engelse sonnet. Gee TWEE bewyse hiervoor. (2) 1.2 Hoekom gebruik die digter elisie in versreëls 2 en 4? (1) 1.3 Verklaar die kontras wat in versreëls 5 en 6 voorkom. (1) 1.4.1 Benoem die stylfiguur wat in versreël 9 voorkom. (1) 1.4.2 Wat is die funksie hiervan? (1) 1.5 Wat is die funksie van die allitererende v- klanke in versreëls 11 en 12? (1) 1.6 Verklaar die betekenis van: “wat alles tot jou beeltnis brand” (versreël 10). (1) 1.7 Dink jy die woorde in die gedig kan ook simboliese betekenis hê? Motiveer. (1) 1.8 Watter lewenswaarheid het jy uit die gedig gekry? (1) [10] Bl 19 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Roman (Onderwêreld) Jy behoort die inhoud van die roman, Onderwêreld, deeglik onder die knie te hê as sukses werklik vir jou belangrik is. Jy moet die roman minstens twee keer deurlees sodat jy in staat sal wees om jou kennis van die narratief en intrige en die literêre aspekte wat jy in die klas geleer het, op die romaninhoud van toepassing te kan maak. Hier is enkele aspekte wat jy oor Onderwêreld moet Onthou/ken as jy onseker is oor jou kennis oor die storie, Onthou die volgende opsomming as kern van die roman: Ongeveer 1997 toe Proloog: Eckardt is 11 jaar oud. Hy skrik wakker en ontdek sy voëlgriep reeds pa met ‘n pistool by sy lessenaar. Sy uitroep stuit die miljoene voëls en selfmoordpoging. Wanneer hy uitstap, weet hy hy sal eendag bykans 50 gedood het. ‘n ander naam kies “om die vrees te besweer”. Waarskynlik 2006 toe voëlgriep SA bereik het. Verlede (Log file-hoofstukke) Januarie Rina bring Greg koshuis toe. Hy ontmoet Eckardt. Daar is Dag voor skool begin konflik met Eckardt en Kwanele. Eerste skooldag Trappers is in die tonnel. Greg red Eckardt. Eckardt help soek. Paar dae later Eckardt nooi Greg na die “onderwêreld van hacking”. Drink verbode Castle-bier. Volgende weke Greg slaag “challenges” 1-5, maar druip ‘n Wiskunde-toets. Februarie / Maart Dring skool se server binne met Tom se hulp. Greg weerstaan versoeking om Wiskundepunt te verander – kies om “White Hat” te wees. Aprilvakansie Eckardt saam met Greg na Johannesburg. Besoek nagklub en leer van sosiale manipulasie. Daarna na Jeffreysbaai. Greg betrap Eckardt naby Nicole se kamer. Pa tree tussenbeide. Eckardt kyk weg op strandfoto. Mei Greg en Eckardt ry te perd berg-op. Leer mekaar ken en elk wens hy was die ander. Skree hul name en hoor eggo. Besoek die uitstalling van John se prestasies. Dinsdag, 6 Mei Eckardt skryf op sy blog dat “hulle” weet wat hy doen. Mei Hede Donderdag (7 Mei?) Eckardt verdwyn. Boggom rapporteer dit aan mnr. Andersen. Vrydag Matrieks soek na Eckardt, vrees selfmoord. Saterdag Rugbywedstryd. Greg weier om te speel, maar niemand volg hom nie. Greg stuur e-pos aan media. Eckardt se rekord skoongevee. Greg sluit kamer oop, sien “White Hat”-foto wat hom lei na www.EkkO.underworld.co.za. Bl 20 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Sondag Koerant bevat niks oor Eckardt nie, maar sê voëlgriep is in SA. Greg se pa bel. Moet Dok verskoning vra. Greg hoor iemand by deur, verdwyn. Sien Eckardt se blog van 6 Mei - sê “hulle” weet wat hy doen. Maandag Greg na Dok se kantoor, sien sy wagwoord. Polisie ondervra hom. Greg plant RAT op Dok se rekenaar. Ontdek Project Nursery Rhyme, besef Dok is die Butcher. Dinsdag Greg vertel TJ van sy vermoedens. Polisie ondervra Greg weer. Greg ontdek TJ het hom verraai. Greg erken alles. Woensdag Greg kontak Plus Ultra Med en ontdek sy pa en Dok se plan. Botha vang Greg uit. Greg ontdek RAT op sy laptop. Donderdag Greg lê verklaring af. Dok gearresteer. Greg en Rina gaan na Clarens. Vrydag Eckardt verskyn, vertel alles, baklei. Tom laai Eckardt op. Greg se pa kom en vertel alles. Epiloog Greg en Rina ry huis toe met sy pa agterna. Karakterisering en karakterontwikkeling: 1. Die interaksie tussen karakters: Hier moet jy weet watter gesprekke tussen die karakters plaasvind en hoe hulle optree. Jy moet ook weet wat die oorsake en gevolge is van hierdie interaksie wat tussen die karakters plaasvind. Die belangrikste is die interaksie tussen die newekarakters en die hoofkarakter. Jy moet onderskei watter karakters newekarakters en watter karakter die hoofkarakter is. Nota: maak ‘n lys van al die karakters – wat is elkeen se verband met Greg Onthou: dit gaan eintlik oor Greg se konflikte / vrese / onsekerhede. 2. Karakterontwikkeling: Dis die persoonlike groei van ‘n karakter, die innerlike groei van ‘n karakter, hoe die karakter se idees, standpunte en lewensuitkyk verander. Dink die karakter dalk anders aan die einde as aan die begin? As ons dit vind, dan sê ons daar is karakterontwikkeling, m.a.w. die karakter het nie dieselfde gebly nie. Greg, die hoofkarakter, verander van hoofseun in ‘n “loser” wat sy beste maats uitsluit en hom in die onwettige onderwêreld van kuberkraking begeef. Hy begin sy pligte versuim en toetse druip. Hy is dislojaal teenoor die skool en die skoolhoof. Hy vertel leuens om hom en Eckardt te beskerm. Eckardt, die newekarakter, is vir die grootste deel van die roman afwesig. Ons leer hom ken uit wat Greg van hom onthou en wanneer hy uiteindelik in die slottoneel verskyn, openbaar hy homself as wraaklustige, gevoellose manipuleerder. Soos die duiwel dikwels met ‘n bokbaard uitgebeeld word, vertoon hy ook in Clarens sy ware kleure met sy blonde hare en bokkebaard. In die treffende slottoneel, waar Eckardt se beeld in die galery-venster bo-oor Greg s’n verskyn, smelt hulle visueel saam tot een persoon – soos toe hulle teen die berg mekaar se name ge-eggo het en elk gewens het hy was die ander. Só beskou, mag die leser besluit dat die twee seuns mekaar eggo en dalk die lig- en donkerkant van een karakter verteenwoordig. Bl 21 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Gebruik die volgende as hersiening: kyk na vraagwoorde, punte en die riglyne. Let Wel: beantwoord eers al die vrae op jou eie voordat jy dit met die riglyne vergelyk. Sorg dat jy ten minste 10/25 punte kan behaal. Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg: TEKS A 1 “Greg!” Dis Ma se stem agter my. 2 “Ma?” 3 “Ek het gewonder wat het van jou geword.” 4 “Sorry, Ma, ek kyk ‘n bietjie rond. Ons kon mos nooit sien waaroor die 5 Matrieks van die vorige jare so te kere gaan nie.” 6 “Ons het die koelsak in die motor vergeet. Sal jy dit gou gaan haal asseblief?” 7 Ek sit net af na die trap toe, toe ek ‘n vreemde gesig tussen die ander ouens 8 raaksien. Donkerkop, ongeskeer. Strak gesig. Sy oë kyk ‘n oomblik lank na my 9 van onder sy donker wenkbroue, flits dan weer weg. Hy stap af met die gang. 10 Oor sy skouer hang daar ‘n laptopsak. In een hand hou hy ‘n stuk gevoude 11 papier en ‘n sportsak vas, in die ander, ‘n tas. 12 En ek kan dit sommer ruik:’n nuweling. Kan jy nou meer? In ons laaste jaar. 13 Sy pa moet connections uit ‘n ander wêreld hê. 14 “Is jy seker jy’s op die regte vloer?” vra ek toe ek hom inhaal. 15 “Ek kan tel,” sê hy, terwyl sy oë ‘n oomblik lank op my vasgenael bly. 16 Moeilikheid, sien ek. Hierdie ou soek moeilikheid. 17 “Ja, maar kan jy tot vyf tel? Hierdie vloer is net vir Matrieks.” 18 “Zero’s en One’s is al wat jy nodig het,” sê hy. 19 Ek frons, weet nie wat hy bedoel nie. Ek kan sien hy weet dit. 20 “Wie’s jy?” vra ek. Bl 22 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 13.1. In watter spesifieke ruimte waarbinne die roman hoofsaaklik afspeel, bevind Greg en sy ma hulle hier? (1) Waarom is Greg as ek-verteller effektief in die roman? (1) By watter narratief is Eckardt in die roman betrokke? Verduidelik hoe Rina Owen by Eckardt se planne ingepas het en ‘n slagoffer van “social engineering” geword het. (3) 13.4. Die onderwêreldmotief word hier ontwikkel. Skryf ‘n reël uit die uittreksel neer wat hierdie motief in werking stel en verduidelik hoe dit ontwikkel. (3) 13.5. “Zero's en One's is al wat jy nodig het,” sê hy. (Reël 18) 13.5.1. Watter denotatiewe betekenis het Eckardt se woorde hier? (1) 13.5.2. Verduidelik die konnotatiewe betekenis van hierdie reël deur te verwys na die “zero” in Eckardt se kubernaam. (1) 13.6. Verduidelik waarom Eckardt as ‘n buitestander beskou kan word. (1) 13.7. Wat is Greg se aanvanklike gevoelens jeens Eckardt? Dink jy die gevoelens is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (2) 13.8. Skryf die sin uit die uittreksel neer wat as die motoriese moment in die roman beskou kan word. (1) EN TEKS B Bl 23 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 13.9. Hoe pas hierdie uittreksel by die verhaallyn in? (1) 13.10. Van watter misdaad is Greg se pa en Dok Pienaar vroeër aangekla en hoe het hulle uit die moeilikheid gekom? Bring hierdie gebeure in verband met die gebeure in reël 8 en 9. (3) 13.11. Die skrywer maak in hierdie uittreksel van 'n sikliese effek gebruik. Stem jy saam? Motiveer jou antwoord. (1) 13.12. “Daardie regter, Pa ...' sê ek toe. 'Eckhardt, of wat sy naam ook al is, is sy seun.” Verduidelik kortliks hoe die tema van verlies op Eckardt se naam en sy verlede van toepassing gemaak kan word. (2) 13.13. “Soos die eggo van 'n pistoolskoot, jare nadat die sneller getrek is, kom die knal vandag terug.” Verduidelik hoe die motief van eggo's in hierdie uittreksel na vore kom. (1) 13.14. Hoe sal jy die stemming in hierdie uittreksel beskryf? Motiveer jou antwoord deur ‘n reël uit die teks aan te haal . (2) 13.15. Die noodlot het ook 'n rol te speel as die skurke ontbloot word. Hoe word Greg ‘n slagoffer daarvan? (1) [25] Nog ‘n paar wenke wat jy kan gebruik om goeie punte te behaal: - Bestudeer die woorde, terme en soorte/tipe vrae wat in vorige jare se eindeksamenvraestelle gevra is. Oefen dit. - Kry vir jou ‘n maatjie vir ‘n praatjie! - Pas dit ook toe by die volgende afdeling: Die drama Ook hier is die kernwoorde: Lees & Leer. Jy behoort ten minste 10/25 punte te behaal. Nota: by die enkele belangrike aspekte gaan daar voorbeeldvrae wees. Jy moet eers probeer om die vrae self te beantwoord voordat jy die riglyne/memorandum raadpleeg. Onthou: jy moet die drama met volle aandag vir die nodige detail deurlees sodat jy vrae kan beantwoord. Bl 24 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Dramatiese struktuur Dis belangrik dat jy die aspek ken om vrae daaroor te beantwoord. Kom ons hersien net gou weer sodat jy dit ken: Die volgende is ‘n grafiese voorstelling van die dramatiese struktuur. Jy moet dus die inhoud/storie goed ken om die struktuur te ken & verstaan. Leer die volgende oor die dramatiese struktuur by die drama wat jy bestudeer het. Beantwoord dan die voorbeeldvrae aan die einde. Dit is belangrik dat jy eers jou eie antwoorde neerskryf voor jy na die voorgestelde antwoorde/riglyne kyk wat aan die einde van die boekie volg. Krismis van Map Jacobs: Eksposisie / uiteensetting Vind plaas in die eerste twee tonele. Dit is die bekendstelling van die verskillende karakters. Ook verwysings en beskrywings van die plek waar gebeure plaasvind deur karakters en neweteks asook die dekor en byklanke. Motoriese moment Dit sit die storie aan die gang of begin van die intrige. Map noem aan sy ma dat hy die 7de van anner maand uitkom. (Ook reeds in toneel twee deur Cyril genoem). Toe is almal op hete kole! Ontwikkeling/verwikkeling Dit is die verloop van die drama. Toenemende spanning bou op terwyl die storie ontwikkel. Die gemeenskap bespiegel oor hoe Map gaan reageer as hy uit die tronk kom en wat Bl 25 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 gaan hy doen oor die skinnerstories van Blanchie en haar werk. Cavernelis se reaksie en optrede oor die nuus. Maud se uitbarstings en aanmerkings. Krisis Dit is die toppunt van spanning net voor die klimaks. Argument tussen Maud en Blanchie waarna Cavernelis selfmoord pleeg na hy hoor dat Blanchie nie die modelkontrak gekry het nie. Hy besef dus dat hy nie uit die “township” kan ontsnap nie. (toneel elf) Klimaks/hoogtepunt Hier bereik die storie en gepaardgaande konflik tussen karakters ‘n breekpunt/uitbarsting. Ons verwag dat Map gaan moeilikheid maak oor gebeure veral oor Blanchie se werk. Die ironie of onverwagte gebeur egter: Map vergewe vir Blanchie en hy neem nie wraak nie. Map vra ook vergifnis by sy ma, Antie Grootmeisie. Ontknoping/afloop Die drama neem ‘n wending na die een of ander kant toe en daar is ‘n duidelike vermindering in spanning & konflik. Anie Grootmeisie praat weer en dit wys op vergifnis of heling het plaasgevind. Map en Blanchie vind mekaar. Dis ‘n “OOP” einde wat beteken dat die gehoor moet aflei wat uiteindelik met almal gebeur. DRAMATIESE STRUKTUUR: Voorbeeldvrae soos in vorige vraestelle gevra: TEKS ALMAL (groet): Haai, Miriam! ... Miriam ... Ons BÊREND: MIRIAM: is 'n bánd, hoor, Miriam, nie 'n choir nie! FREDDY: 'Cause ons ammal sing vals! (Lag) BÊREND: O ... FREDDY: Miriam, my meisie, ek hoor jy sê O-li-fant ... MIRIAM: (Knik Bêrend se kant toe.) Maar dis g'n OOMPIE PAULSEN: plain O-li-fant nie, jong, dis Oliphant, op DANNY: Ingils like ... BOYTJIE: Lyster jy nie na hom nie, Miriam! Miriam lag skaam. Speel maar, Bêrend ... Gie weer die noot! 1. Waar in die struktuur (bou) van die drama pas hierdie uittreksel in? Motiveer jou antwoord. (2) Bl 26 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 TEKS TWEE: O! (Dan aan EEN.) 'Is die Star of the EEN: Redemption! Hulle practise al vir Krismis! DRIE: Dan loep hulle mos! 'N ANDER: Star of the wát?! EEN: Redemption, man! DRIE: Star of the Redemption ... STEM: O! Maar hulle practise darem vroeg al TOMMY: vi'jaar! BLANCHIE: Well, Oompie Paulsen wil hê al die koppe TOMMY: moet hulle kant toe kom vi'jaar ... TOMMY: Seker so ... CYRIL: Die orkes speel. Die mense praat. RICHIE: Die lig verander. Blanchie verskyn, mooi CYRIL: aangetrek, op pad uit. Ons sien vir Maud CYRIL: by 'n venster bo, van waar sy na onder CYRIL: loer. RICHIE: Hello, Blanchie. (traag om hom te groet): O, hello, Tommy 2. Gee 'n rede waarom TEKS I deel van die eksposisie van dié drama is. (1) 3. Waarom kan die vroeëre praatjies deur Cyril oor Map Jacobs se vrylating as die motoriese moment van die drama beskou word? (1) òf MIS Eksposisie / uiteensetting Aan die begin van die drama maak die gehoor kennis met die ma, Miem, en die dogter, Meisie, wat hard moet werk, omdat die pa, Gabriël, nά die groot Depressie op die solder sit. Vrees vir onheil dryf Gertie na Miem se huis, want hulle het gehoor “‘n moordenaarverkragter” word die nag in die dorp verwag. Meisie is gefassineer en Miem geskok deur Gertie se vertelling van die “fratse” wat sy by die sirkus gesien het. Motoriese moment Konstabel se koms bring die MOTORIESE MOMENT na vore, want net wanneer Miem haar onheilvoorspooksels met Meisie en Gertie deel, “klop” die Konstabel aan die deur en word verdere gebeure aan die gang gesit: Hy belowe om die vroue te kom oppas, wat so alleen bly, omdat hy “van elders” is en “deel van die ontplooide waakeenheid” is. Die vroue voel gerus by hom, want hy het “‘n baie goeie reuksin”. Bl 27 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Ontwikkeling/verwikkeling In die VERWIKKELING word die uitwerking van die Konstabel op elk van die vroue getoon, want Miem probeer vir Meisie aan die Konstabel afsmeer as sy sê dat Meisie die lekkerste kos kook, Gertie raak in ‘n seksuele ekstase wanneer Konstabel sy mooi, dansende tant Hannie beskryf en sy transformeer tot tant Hannie. Die Konstabel beantwoord Miem se vraag oor sy blindheid deur van ‘n “sonsverduistering” te vertel waartydens hy blind geword het. Miem vertel hom hoe haar man hom in die solder toegesluit het nadat hy sy plaas die Depressie verloor het. Klimaks/hoogtepunt Die Konstabel onthul sy dubbele aard, want hy trek sy baadjie andersom aan en transformeer tot ‘n nar en haal sy donkerbril af en transformeer tot siende persoon. Ontknoping/afloop Meisie verskyn “kaalvoet in haar wit aannemingsrok” en transformeer van ‘n skaam, onseker meisie na ‘n “dansende vlinder” wat onder die Konstabel se betowering by die deur uit dans. Daar is ‘n OOP EINDE of AFLOOP en nie ‘n tradisionele ONTKNOPING nie, want die leser weet nie of Meisie saam met die Konstabel gaan verdwyn, in die sirkus gaan werk, of dalk eendag gaan terugkeer na Miem se huis toe nie. DRAMATIESE STRUKTUUR: voorbeeldvrae soos in vorige vraestelle gevra: TEKS Die gebeure in die drama speel op die vooraand van die lente af. 1. Hoe sluit hierdie seisoen by Meisie se karakterontwikkeling in die afloop van die drama aan? (1) TEKS Wanneer die stuk begin, word die harde sirkusmusiek gehoor. Die musiek vervaag. Ligte op. MIEM en MEISIE sit by die tafel. Elkeen is besig om twee stukke goiing aan mekaar vas te werk om sakke te maak. Die valdeur klap oop. Stilte. MIEM en MEISIE sit en werk. Miem: Gaan tel. Meisie: (gaan hurk by die hoop sakke en tel) Ses ... tien ... sewentien ... twintig ... vier- entwintig, sewe-en-twintig. Miem: Ons moet dertig hê voor môre. (Sug, tel haar voet op en laat dit op 'n stoel rus) Meisie: Ja, Ma. (Gaan sit en begin weer werk) Hulle werk in stilte. Meisie: Eina! (Suig haar vinger) Miem: Ja, jy wil mos nie 'n vingerhoed gebruik nie. Bl 28 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 MEISIE buig haar kop en werk verder. MIEM werk ook. Terwyl hulle werk, sak 'n tou stadig uit die valdeur tot ongeveer een meter bo die grond. Miem: (sien die tou raak) Die mandjie is op die tafel. MEISIE staan ietwat onwillig op en bind die mandjie haastig aan die onderpunt van die tou vas. Miem: Nie so vinnig nie. Maak dit ordentlik vas. Meise: (fluisterstem) Ek is bang ... As ek opkyk, sien ek sy benerige, wit hand. Miem: (sag en kwaai) Skaam jou! Jou eie pa! (Staan effens moeilik op en maak die tou styf vas) 2. TEKS K vorm deel van die eksposisie van die drama. Motiveer die stelling. (1) 3. Waarom kan Konstabel se koms by Miem se huis as die motoriese moment van die drama beskou word? (1) Titel Dit is ewe belangrik dat jy die verband tussen die titel en Inhoud (storie oor die karakters) verstaan en vrae hieroor kan beantwoord. Die titel verwys gewoonlik na die dramatiese gebeure. Hier volg nou ‘n kort verklaring oor die titel van die drama wat JY bestudeer het. Lees dit deeglik en maak vir jouself kernnotas wat jy kan leer as voorbereiding vir die NSS- eksamen 2022. Onthou om die notas te leer en hersien dit voor jy enige toets of eksamen aflê. Krismis van Map Jacobs Die woord “Krismis” in die titel dui op ‘n feestelike stemming wat gewoonlik/tradisioneel tydens die Kerstyd heers. Krismis verwys na die woord Kersfees – die tyd wanneer families saamkom om die jaar af te sluit en die geboorte van Jesus te herdenk. Map is die hoofkarakter en hy word net voor Kersfees op parool vrygelaat (7 Desember) – dit beteken dat dit vir hom ook ‘n vreugdevolle tyd saam met familie en vriende gaan wees… Die ironie in die titel is dat Map dit egter anders ervaar Map, want: - Die gemeenskap verwerp hom. - Hy sukkel om werk te kry. - Blanchie vermy hom. - Nie welkom by die Kersorkes nie Die titel verwys ook na “Map” en nie “Johnnie” nie. Hy het Map geword toe hy bendeleier word en sy lyf vol tatoeërmerke laat maak het – as teken van sy leierskap van drie bendes. Dit word ook dan vir hom ‘n tronk deurdat hy nie werk kry as gevolg van die merke nie. Bl 29 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Voorbeeldvrae: 1. Waarom is die titel juis ironies in die lig van die naderende feestyd? (2) 2. Watter verband is daar tussen Map se vrylating en die titel? (2) 3. Hoekom dink jy is die titel Krismis van Map Jacobs en nie Johnnie nie? (2) Mis Die titel kry verskillende betekenisse en verwysings uit die dramatiese gebeure. Hier volg ‘n paar: Mis as bemesting is die mees opvallende betekenis. Meisie en Miem maak `n lewe uit die mis wat hulle aan boere verkoop. Die mis is dan ook vir Meisie ‘n groot frustrasie, want sy kla teenoor Konstabel dat die mis baie sleg ruik en dat dit vlieë lok. Sy voer dit aan as rede waarom daar nie kêrels by haar kom kuier nie. Sy plant rose voor haar kamervenster om die misreuk te verdryf. Hierdie mis kan dan ook dui op vrugbaarheid. Ook menslike ontlasting kom na vore in die verwysing na die kleinhuisie in die agterplaas, die slopemmer wat uit die solder neergelaat word met Pa se ontlasting en die spatsels op die vloer wat weer die banale beklemtoon. Hierdie emmer-episonde is belangrik omdat dit aan Konstabel die geleentheid bied om met Meisie `n afspraak te maak vir die nag. Mis kan ook dui op mistigheid – iets wat verhoed dat jy duidelik kan sien. Dit is simbolies van Miem en Gertie se onvermoë om die werklikheid te sien. Hulle staar hulle blind teen die feite/realiteite soos een wat deur ‘n mistigheid na iets kyk. Vandaar ook Miem se gedurige verwysings na swak sig met bv. die naald en gare. Sy kan ook nie insien dat sy dieselfde foute maak as die ander ouers oor wie sy so baie te sê het nie. Die uitdrukking: Jy het dit mis, kan hier van toepassing wees. Miem en Gertie het dit mis as hulle dink die ander meisies is vermoor. Hulle het dit mis as hulle dink die ander meisies is vermoor. Hulle het dit mis as hulle dink hulle kan regtig die “boosheid” waarvoor hulle so bang is, besweer deur deure en vensters te grendel. Hulle het dit mis as hulle glo dat die Konstabel hulle regtig gaan beveilig. Dit gaan om `n mis verstaan van sake. Mis kan ook na Nagmaal (Rooms-Katolieke Mis) verwys. As ons na Meisie se voor- stellingsrok kyk, kom die betekenis daarvan na vore. Die idee van die ver-mis-te meisies sluit ook by die titel aan. Miem mis ook haar man. Dit erken sy ruiterlik teenoor die Konstabel. Meisie mis jong geselskap in haar lewe. Dit laat ontstaan ‟n nog groter verlange by haar na ontvlugting uit die beklemmende bestaan; dus `n verlange na die sirkus met sy magiese kragte. Bl 30 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Voorbeeldvrae: 1. Watter godsdienstige verbintenis is daar met die titel en Meisie se aanneemrok? (1) 2. Noem enige twee betekenisse van die titel met die dramatiese gebeure. (2) 3. “Ek weet nie, Gertie. Ek ... het so 'n aardige gevoel. Maar wag, ek wil nie spoke opjaag nie. Kom ons gaan slaap.” Hoekom ignoreer Miem haar voorgevoel in reël 3 en 4? Hoe sluit hierdie optrede by die titel van die drama aan? (2) 8.4. Tema In elke vraestel is daar ten minste een vraag oor die tema van die drama wat JY bestudeer het. Jy moet dus die tema/-s in die drama kan noem of sekere handeling of dialoog wat met die tema verband hou. Kom ons verfris net weer jou geheue oor die tema(-s): Krismis van Map Jacobs Tema verwys na die hoofgedagte (-s) van die drama. Die volgende temas staan sentraal in dié drama: 1. Mense wat in ’n uitsiglose bestaan vasgevang is. (Johnnie is vasgevang in rasse diskriminasie – werke is gereserveer (slegs vir blankes) Cavernelis wil uit die woonbuurt trek – hy doen twee werke) 2. In die mens se soeke na ’n eie identiteit kan hy die pad byster raak. 3. Gedwonge rasseverskuiwings het verreikende gevolge op die bruin gemeenskap gehad. 4. Maatskaplike en sosiale agterstande verhoed vooruitgang en bevorder euwels. 5. Liefde as rede om positiewe verandering in jou lewe te maak. Die volgende vrae is al in die NSS-eksamen gevra: "Sorry about … the … tattoos … Anyway …" 1. By watter tema van die drama sluit dié woorde van La Guma aan? (1) 2. So ons ammal soek 'n identity, 'n direction ... Kyk maar Map Jacobs se tattoos, man ... daai's 'n search vir identity! (r 5 & 6) (aan Cavernelis): 'n Mens moet belong ... by hook or by crook ... somehow ... That's the secret of living, believe me ... to belong, man ... (r 11 & 12) 2.1. Skryf die tema van die drama na aanleiding van (r 11 en 12) in jou eie woorde neer. (1) Bl 31 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 2.2. Op watter manier sluit Map se voorkoms (r 5 en 6 ) by dié tema van die drama aan? (1) 3. Op watter TWEE maniere ondersteun Map se tatoeëermerke die tema van vasgevangenheid in die drama? (2) Mis Tema verwys na die hoofgedagte (-s) van die drama. Die volgende temas staan sentraal in dié drama: 1. Bevryding (Gertie: deur die konstabel beleef sy kortstondige bevryding en sy leef haar uit. Miem: Gabriël is al vir 7 jaar op die solder. Sy sien die konstabel as bevryder. Meisie: Sy voel gevange deur haar ma en (mis) werk.) 2. Goeie intensies of slegte bedoelings. (Miem sien net haar eie goeie waardes, al die ander is boos (soos sirkus). Meisie verlang na sirkus; die Konstabel bevry haar.) 3. Bonatuurlike en Transformasie (Dreigende gevaar is vir Miem iets bonatuurliks. Gertie hoor ‘n uil. Konstabel het bonatuurlike sintuie. Gertie verander van vaal oujongnooi in sensuele danser. Konstabel (blind) word siende nar. Meisie van stil onseker meisie na uitbundige bevryde persoon.) 4. Liggaamlike (sensuele) - Gertie is oujongnooi en doen oefeninge om drange te besweer. - Miem is manloos (man sit in dak). - Meisie het geen vriende a.g.v. misreuk. 5. Sprokiestema - Meisie wag soos Aspoestertjie/Slapende skone om gered te word en Miem hou soos bose stiefma vir Meisie gevange. Die volgende vrae is al in die NSS-eksamen gevra: 1. Miem: Konstabel … ek was miskien 'n bietjie haastig. Ek sien … u dra tog ons belange op die hart. U moet my maar vergewe. Ek is 'n bietjie kort van draad. Dit kom van my ma se kant. Konstabel, sal u tog nie maar bly nie? Ons sal dit waardeer. Meisie & Gertie: Asseblief, Konstabel. Die KONSTABEL antwoord nie. Hy staan stil en staar voor hom uit. Miem: (oorvriendelik, na 'n stilte) Vertel ons, Konstabel, het u ondervinding van sulke sake? Verdwynings, bedoel ek? Dink jy Meisie se handeling sluit by die tema van bevryding aan? Motiveer jou antwoord. (1) Bl 32 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 2. “Nee! Ek mag nie daaroor praat nie. Ek mag nie daaraan dink nie. Om te dink, is om te doen.” 2.1. By watter tema van die drama sluit Meisie se woorde in reëls 1 tot 2 aan? (1) 2.2. Noem TWEE bewyse uit die drama dat Meisie juis die teenoorgestelde doen. (1) In die volgende tabel gaan ons sekere aspekte hersien wat gereeld/telkens in vorige vraestelle gevra is. Maak seker jy is vertroud met die begrip of aspek en probeer dan die vrae beantwoord. Kom ons spring weg! BEGRIP/ASPEK VERDUIDELIKING VOORBEELDVRAAG 1 Toneelaanwysings Dit is die aanwysings vir Mis: Herlees die (neweteks) die opvoering van die toneelaanwysings/neweteks drama. in reël 10 asook reël 12 en Dit is die handeling wat 13. die karakter(-s) moet Wat is die funksie van die uitvoer. toneelaanwysings Nota: dit het ‘n bepaalde onderskeidelik? (2) funksie binne die situasie. Dit word in skuinsdruk aangedui. 2 Maatskaplike Verwys na die leefwyse Mis: Noem TWEE omstandighede en omstandighede sosiomaatskaplike waarbinne die omstandighede wat Meisie gemeenskap moet se lewe kenmerk. (2) oorleef. In die drama heers daar: Krismis: Watter TWEE Armoede, bendegeweld, maatskaplike vasgevangendheid, omstandighede veroorsaak rassediskriminasie, vroue dat Cavernelis uit die onderdrukking, e.a. "wasteland" wil wegtrek? (2) 3 Dialoog & handeling Dialoog verwys na die Mis: Wat is die funksie van woordewisseling/gesprek die dialoog in die teks? (1) tussen die karakters. Die gehoor kan baie Met watter uiterlike agterkom of aflei deur net handeling probeer Gertie die gesprek(-ke) te volg. haar valsheid Handeling verwys na die wegsteek? (1) optrede/reaksie van die karakters in ‘n situasie bv. Bly stil, lag, skel, glip weg, terg. e.a. Bl 33 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 4 Konflik Daar is twee (2) soorte: Krismis: Dink jy Cyril ervaar, -Innerlike konflik – dis volgens reël 5 en 6, innerlike spanning of emosies wat konflik oor Blanchie? Gee 'n in die persoon se rede vir jou antwoord. (1) gemoed/wese ontstaan bv. vrese, drange, behoeftes, kwaadheid, e.a. -Uiterlike konflik – vind Krismis: Gee 'n bewys dat plaas wanneer karakters Cyril se optrede bydra tot met mekaar stry, harde uiterlike konflik in die woorde het of selfs baklei. township. (1) 5 Stemming Dit verwys na die Krismis.:Gee die stemming in emosionele atmosfeer of TEKS I (reëls 3 tot 8) en TEKS J gevoel wat deur die (reëls 9 tot 14) onderskeidelik. teks/storie/situasie (2) ontlok/veroorsaak word. Noem EEN insident wat tot die stemming in TEKS J bydra. (1) Kreatiewe skryfwerk Elkeen kan ‘n opstel skryf. Belangrik is dat jy ook vir Vraestel 3 moet voorberei. Die volgende is belangrik by die skryf van ’n opstel: Kies onderwerpwys: - een waaroor jy uit jou hart kan skryf - waarvan jy baie weet/ wat jy al waargeneem het - ’n storie wat jy al gehoor het - mense wat jy werklik ontmoet het - gebeure wat werklik plaasgevind het. - Dit hoef nie die waarheid te wees nie. Vra die volgende vrae: wie?, wat?, wanneer?, waar?, waarom en hoe? Gebruik ook jou Vyf sintuie: Beskryf wat jy sien(sig), hoor(gehoor), proe(smaak), ruik(reuk), voel(tas). Bl 34 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Goeie beplanning is noodsaaklik. Inleiding - ‘n Treffende inleiding Liggaam - Wissel lang en kort paragrawe af; elkeen oor ‘n nuwe saak. Slot - Kort slot Skryf in elke paragraaf ‘n hoofgedagte met ondersteunende idees. Moenie te veel idees in een paragraaf prop nie. Proeflees of leestekens, spelling en taalgebruik korrek en gepas is. Transaksionele tekste Hier behoort jy ten minste 20/25 punte te verdien vir: Vriendskaplike brief - Oefen die Informele/vriendskaplike brief - Raadpleeg jou skryfjoernaal/skryfwerkboek en hersien die formaat (uitleg) van die Informele brief INFORMELE BRIEF: Gebruik ‘n informele toon, styl, register. Ken Onderstreep die fokuspunte in die vraag om seker te maak jy die FORMAAT beantwoord die HELE vraag VRAAG: 'n Geliefde familielid vier 'n belangrike gebeurtenis tydens ’n naweek waartydens jy reeds ander verpligtinge het. Skryf 'n VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan hom/haar waarin jy verskoning maak deur redes aan te voer waarom dit nie vir jou moontlik sal wees om die gebeurtenis by te woon nie. • Die formaat is dié van ‘n informele brief. Daar is EEN adres regs. • Jy skryf 'n vriendskaplike brief aan 'n familielid, bv. Liewe oom Johan • Gebruik die hoofidees in die vraag as jou paragrawe, bv. die groet, noem die geleentheid, bied verskoning aan, noem verpligtinge, gee redes, sluit af. • Jy gebruik informele taal, register en styl. Daarom gebruik jy die aanspreekvorm ek en jy. Dis ‘n familielid met wie jy in die brief gesels. • Skryf logies. Dit beteken jy herhaal nie en jou idees volg op mekaar. • Proeflees jou skryfstuk vir onnodige foute. Lekker lees & leer. Sterkte! Bl 35 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Hier is die riglyne/memorandum/mootlike antwoorde op die vrae van al die afdelings: Begripstoets: Memorandum 1.1. Die voetnota verklaar waarom die Engelse woord mindfulness in die teks gebruik word. (1) 1.2. “gonswoord” (1) 1.3. gejaagdheid; digitale uitbranding (2) 1.4. Die internasionale media skryf gereeld daaroor. (1) 1.5. Die moderne Google sowel as tradisionele Britse instellings gebruik dit. (2) 1.6. om die psigiese gesondheid van leerders te probeer verbeter (1) 1.7. Casper sê mindfulness is moeilik, terwyl daar in paragraaf 6 staan dat dit eenvoudig is. (2) 1.8. Jou gedagtes maal tussen die hede en dinge wat in die verlede gebeur het. OF Jou gedagtes maal tussen die hede en dinge wat in die toekoms gaan gebeur. (2) 1.9. Die hedendaagse jeug het baie stres asook sosiale en tegnologiese uitdagings. (2) 1.10. Nee. Dit is nie deur navorsing bewys nie. (1) 1.11. In Suid-Afrika word mindfulness deur ’n nieregeringsorganisasie aangebied en in Brittanje is die regering daarvoor verantwoordelik. (2) 1.12. Kinders kan deur mindfulness geleer word hoe om stil te sit, te kalmeer of op te hou kriewel. (2) 1.13. Die brein kan geleer word om situasies beter te hanteer. Ja, hul sienswyses is geloofwaardig omdat beide sielkundiges is/Hulle is albei kenners van mindfulness. (2) 1.14. Sy vergelyk die liggaam se senuweestelsel met ’n motor se brandstofpedaal en remme. Ja. Sy verduidelik jy trap die “brandstofpedaal” wanneer jy onder stres verkeer en gereed maak vir aksie en jy slaan rem aan wanneer jy ontspan. (3) 1.15. Mindfulness werk beslis / Dokters glo dat mindfulness kan help/ genees. (1) 1.16. Haar mond hang oop /. Haar oë is wyd oop. (Enige een) (1) 1.17. Haar seun, Jannie, het baie swak gevaar in sy skoolwerk. (1) 1.18. Verskil: In Teks B glo die ma dat marmite haar kind se leerprobleme sal oplos; terwyl paragraaf 8 van Teks A beweer dat mindfulness met leerprobleme kan help. Ooreenkoms: Die brein kan geleer/gemanipuleer word om beter te presteer. (3) [30] Bl 36 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Opsomming: AANHALING UIT TEKS MOONTLIKE BEWOORDING 1 Dit klink dalk na lawwe raad, maar om A Lag meer gereeld. meer gereeld te lag sal jou baie gelukkiger laat. 2 Hand aan hand hiermee kan 'n mens B Kikker jou werksomgewing op. ook jou brose gemoedstoestand 'n hupstoot gee deur jou werksomgewing op te kikker. 3 Benewens bogenoemde raai C Leer gereeld nuwe vaardighede aan. sielkundiges mense aan wat depressief is om gereeld nuwe vaardighede aan te leer. 4 Voorts stel postiewe mense gereeld vir D Stel gereeld doelwitte. hulle doelwitte. 5 Daarom moet 'n mens dit so ver as E Vermy dit om werk huis toe te moontlik vermy om werk huis toe te neem./Skei jou werk en persoonlike neem. lewe. 6 Begin elke dag deur vyf aspekte neer te F Begin elke dag op 'n positiewe noot. skryf waarvoor jy dankbaar is 7 Maar om egter 'n verskil in ander se G Neem 'n doelbewuste besluit om lewens te maak is 'n doelbewuste 'n verskil in iemand se lewe te maak. besluit wat uiteindelik ook wondere vir jou eie gemoedstoestand inhou. Hier is die finale Paragraaf: Lag meer gereeld. Probeer om jou werksomgewing op te kikker en leer gereeld nuwe vaardighede aan. Dit help nogal as jy vir jou doelwitte stel. Moenie werk huis toe neem nie./Skei jou werk en persoonlike lewe. Begin elke dag op 'n positiewe noot en neem 'n doelbewuste besluit om 'n verskil in iemand se lewe te maak. (Getal woorde: 57) Advertensie 3.6.1 Mense wat graag grappe vertel - “ laat jou mede-Maroela-lesers skater tot hulle bly lê.” Grapvertellers word uitgedaag om ander te laat lag. Afrikaanssprekendes – dit is tekens van die Afrikaanse kultuur soos biltong ens. Wys op Afrikaansprekendes wat hul kultuur uitleef. Mense wat graag wil vakansie hou – moedig lesers aan tot deelname. Die eilandvakansie se uitbeelding trek die lesers. (2) Bl 37 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 (1) 3.6.2 “WEN” 3.6.3 Die eilandvakansie is die beloning as die leser sou deelneem aan die kompetisie. Met ander woorde die prys, naamlik die eilandvakansie, lok die leser om deel te neem. Die emoji (lag-gesiggie)saam met die roset sluit by die boodskap aan wat gedoen moet word om die eilandvakansie te wen. Die leser moet mense laat lag met sy grap(pe). (2) 3.6.4 Inligting kan bekom word deur ’n e-pos te stuur na “grootstegrap.co.za”. (1) 3.6.5 Die R120 000 word in groot letters en in donker syfers gedruk/ staan alleen in ’n reël/ Daar is ’n uitroepteken na die prys. (1) 3.6.6 lag (1) 3.6.7 (en soms onvanpaste) (1) 3.6.8 goed (1) /10/ Strokiesprent 1.1. verliefdheid/ liefde/ hulle is verlief (In dié trant) Visuele bevestigings: die hartjie-tekens/ hulle gesigsuitdrukking lyk asof hulle in droomland is/ die wolkies bokant hulle kop wys dat hulle net aan mekaar dink/ die soen-mondjies in die wolkies bokant hulle in Raam 1/ die woord “POP” in die wolkies bokant hulle in Raam 2/ hulle oë is in Raam 2 wyd oop as hulle na mekaar kyk (Enige TWEE). (3) 1.2. Hy druk met sy linkerhand op sy bors wat bevestig dat hy bedoel wat hy sê.(1) 1.3. Dit dui aan dat Hägar nog nie klaar gepraat het nie/ Dit skep afwagting/ Die skep spanning omdat die leser nie weet wat gaan volg nie.(Enige een) (1) 1.4. In RAAM 6 staan hy regop, terwyl hy sy hande beweeg. In RAAM 7 beweeg hy nader aan Lute met sy gesig baie naby aan Lute s’n (hy dring Lute se persoonlike spasie binne) en sy arms beweeg na agter. (In jou antwoord moet jy na Raam 6 en Raam 7 verwys). (2) 1.5. Die hele sin (al die woorde) is in hoofletters/ Daar is twee uitroeptekens aan die einde van die sin. (Enige een) (1) 1.6.1 D/Seksisties (1) 1.6.2 Die twee mans gesels alleen oor die moontlike troue/ Die twee mans gesels oor iets wat Honi ten diepste raak, maar hulle betrek haar nie by die gesprek nie./ Die twee mans gesels oor Honi, maar nie met haar nie. (Enige TWEE toepaslike verduidelikings) (2) Taalleer 5.4.1 naguil/ ui (1) 5.4.2 kompleks Bestaan uit twee stamme (2) Bl 38 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 5.4.3 dié Verander die lidwoord na ‘n aanwysende vnw (2) 5.4.4 ontroer (1) 5.4.5 Weerkaats die laag rooi as jy met ‘n kollig op hulle skyn? (1) 5.4.6 D/ assimilasie (1) 5.4.7 Hulle oë wat buitengewoon groot is en hulle snawels is korter/ Hulle oë is buitengewoon groot en hulle snawels wat korter is (1) 5.4.8 Vlieënde insekte kan makliker saans (deur hulle) gevang word. (1) /10/ Gedig 1.1 Die gedig bestaan uit 3 kwatryne en ’n rymende eindkoeplet – Rymskema: abab cdcd efef gg Klimaks kom voor in die rymende eindkoeplet. (2) 1.2 Die woorde word verkort om in die ritme van die gedig te pas. (1) 1.3 Die HAAT en LIEFDE wat min gevra het, word maklik vergeet. (1) 1.4.1 Polisindeton/voegwoordherhaling (1) 1.4.2 Dit beklemtoon al die geliefde se deugde./ Elke woord word afsonderlik beklemtoon. (1) 1.5 Dit maak die ritme stadiger sodat die woorde beklemtoon word. (1) 1.6 Dat sy alles dalk verander om aan haar eise te voldoen / dat sy aanpas by moeilike omstandighede. (1) 1.7 Ja, dit word aan ’n geliefde gerig, maar dit kan ook aan die skoonheid om ons gerig wees. (1) 1.8 Ons as mens is nooit volkome versadig nie, daar is altyd ’n behoefte wat vervul moet word / daar is altyd iets waarna gestreef word /die skoonheid om ons word nooit volkome vervul nie. (1) [10] Onderwêreld 13.1 Hulle is in Lawson Kollege se luukse koshuis.√ 1 13.2 Greg Owen is die eerstepersoonsverteller en is self deel van die 1 verhaal en een van die karakters. Sy emosies en gewaarwordings, hoe hy oor die gebeure voel en wat hy ervaar, word die beste op hierdie manier beskryf.√ 13.3 Eckardt wil wraak neem vir sy pa se dood. √ 3 Hy manipuleer Rina deur haar te bel om inligting oor Greg te kry toe hy hom voorgedoen het as ‘n talentsoeker. √ Sy kon nie uitgepraat raak oor Greg nie. √ 13.4 “Sy pa moet connections uit 'n ander wêreld hê. “ √ 1 Eckardt se pa (‘n regter) is vermoor deur Dok Pienaar nadat hy en 2 Greg se pa hom omgekoop het. √ Hy het dus konneksies uit 'n ander wêreld: Bl 39 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 die dood en korrupsie. √ Die onderwêreld van geld, korrupsie en misdaad waartoe Eckardt se pa ook behoort, word hier in werking gestel. √ Eckardt wend hom tot hierdie wêreld om sy pa se dood te wreek. √ Die onderwêreld verwys na die dood en die wêreld van geld. √ 13.5.1 Eckardt verwys na kuberkrakery. Nulle en ene speel hier die 1 belangrikste rol. Dis al wat hy nodig het om wraak te neem/ om ‘n rekenaar te kraak. √ 13.5.2 As hy betrokke raak by kuberkrakery, verander hy sy naam na Ekk-o. 1 Hy maak dit duidelik dat die laaste letter 'n nul is. Hy sien hom dus as iemand wat identiteitsloos en niks werd is. √ 13.6 Eckardt is misterieus. Hy staan buite die groep en deel nie aan die 1 hoofstroomaktiwiteite nie. √ / Hy is ‘n nuweling en individualisties.√ 13.7 Aanvanklik voel Greg aan dat Eckardt moeilikheid voorspel. Hulle 1 word egter goeie vriende. √ Eie mening. Moontlike antwoord:Ja as hy Eckardt eerder op 'n afstand 1 gehou het, sou sy eie lewe nie sá omver gegooi gewees het nie./ Eckardt manipuleer Greg om sy eie pa te ontbloot√. 13.8 “Oor sy skouer hang daar 'n laptopsak”. √ 1 13.9 Hierdie uittreksel speel af in die teenwoordige tyd. Greg konfronteer 1 sy pa met die inligting wat hy by Eckardt gekry het oor Project Nursery Rhyme. √ 13.10 Greg se pa en Dok Pienaar is van binnehandel aangekla. √ 1 Hulle het Eckardt se pa, wat die regter was, omgekoop. Doktor Alec 1 Pienaar en Greg se pa het die regter afgepers met 'n gesprek wat opgeneem is terwyl hulle hom afgepers het. Dok Pienaar het hierna van die regter ontslae geraak. Hy is waarskynlik vermoor. √ Eckardt het sy pa gesien probeer selfmoord pleeg met ‘n pistool 1 voor hy verdwyn het. Dit is die rede waarom hy Lawson Kollege toe gekom het om Greg en sy familie en Dok Pienaar tot ‘n val te bring. √ 13.11 Ja. In die proloog wou Eckardt se pa selfmoord pleeg. Eckardt het 1 hom in sy studeerkamer gesien met ‘n pistool in sy hand. Hier kom die eggo van daardie pistoolskoot terug. Die sirkel is dus voltooi. Daardie pistool is afgevuur. √ Bl 40 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 13.12 Eckardt se pa is vermoor. √ Eckardt verloor sy naam en word ‘n 2 kuberkraker. Sy kubernaam weerspieël die verlies: Ekk-o. Hy verloor homself en word iemand anders wat wraak wil neem. √ 13.13 Eckardt se pa se poging om selfmoord te pleeg toe hy klein was, eggo 1 by hom. Hy wou wraak neem. In hierdie uittreksel is dit 'n terugkeer van die misdaad wat teen hom gepleeg is.Die eggo van die verlede in die hede. √ 13.14 Die atmosfeer is gespanne. √ 2 “Die benoudheid in my is nou so erg dat ek skaars die woorde kan uitkry.” √ 13.15 Greg ontbloot Dok Pienaar as 'n skurk, maar stel onwetend sy eie pa in 1 gevaar omdat sy pa ook betrokke is by die komplot. √ TOTAAL AFDELING B: 25 Drama Dramatiese Struktuur Krismis van Map Jacobs 1. Verwikkeling/ontwikkeling Die gebeure loop op tot by die klimaks./hoogtepunt./Spanning neem toe, want Map word nie tot die orkes toegelaat nie./vermy. 2. Verskillende karakters word aan die gehoor bekendgestel. 3. Die noem of bekendmaking van Map se parool laat almal ongemaklik voel/ bring almal in beroering/ laat almal wonder oor wat gaan gebeur. Mis 1. Sy wys verset teen inperking/gedwonge voorskrifte/gevangeneskap deur haar eie kop te volg./haar eie besluite te neem./Sy wys haar behoefte aan bevryding deur haar ma se opdragte te ignoreer. 2. Teks K gee inligting oor Miem en Meisie se verhouding/omstandighede/die nodige agtergrondinligting oor die karakters/milieu om die drama beter te verstaan. 3. Die karakters se misleiding begin met die koms van Konstabel. of Konstabel se koms is die begin van Meisie se bevryding (enige relevante antwoord) Titel Krismis van Map Jacobs 1. Map ervaar nie die vreugde of familiegeluk wat Kersfees bring nie. Hy word eerder deur die orkes en gemeenskap verwerp. Hy kry ook nie werk nie a.g.v. sy tatoeermerke (map). Selfs Blanchie vermy hom liewer. 2. Map kom op die 7de van annermaan (Desember) uit wat vir hom vreugde moet bring. (enige relevante antwoord) 3. Die gebeure handel oor Johnnie wat in bendes verval het, moord gepleeg en tronstraf uitgedien het. Alhoewel hy vergifnis gevra en bekeer het, is sy liggam steeds vol getatoeer en kan hy nie daarvan ontsnap nie. (soortgelyk) Bl 41 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Mis 1. Mis verwys na die katolieke heilige mis. Meisie se wit aannemingsrok is dus simbool van haar grootword en sy bevry word deur saam met die konstabel te ontsnap. 2. Miem en Meisie verkoop mis om te oorleef. Die vrou misgis hul met Konstabel. Dit verwys ook na Gabriel se slopemmer. Miem mis haar man en kan dit ook na die vermiste meisies verwys. (soortgelyk). 3. Sy dink sy kan Konstabel vertrou/dat Konstabel 'n polisieman is wat hulle wil/sal beskerm/ Sy is nie ingestel op fyn suggesties/klein goedjies nie/sê self dat sy nie baie goed sien nie./mis die gevaar wat Konstabel vir hulle inhou./ Tema Krismis van Map Jacobs 1. Mense soek na/het 'n behoefte aan erkenning/identiteit. 2. 2.1 Die mens het 'n behoefte daaraan om 'n identiteit te kry/te behoort/ erkenning te kry. 2.2 Map se tatoeëermerke is 'n aanduiding van sy soeke na identiteit/aanvaarding/erkenning. 3. Map kry nie werk nie as gevolg van sy tatoeermerke. Die merke op sy lyf dui op sy betrokkenheid by bendes waarvoor die gemeenskap hom nie vergewe nie. Selfs die kersorkes wil hom nie aanvaar/vergewe nie. Mis 1. Ja. Meisie se handeling dui op haar wens om die sirkus/eksotiese/ avontuur/lewe buite die huis te ervaar, wat aansluit by die tema van bevryding. Meisie se optrede dui op haar opstand/verset teen haar ma se ongenaakbare/outoritêre aard aan deur nie 'n vingerhoed te gebruik nie – dit ondersteun die tema van bevryding. 2. Bevryding/gevangenskap/Beswering (van die bose.) 3. Meisie loer kort-kort deur die gordyne na die sirkus/sirkusliggies. Meisie vra vir Gertie uit oor die sirkustent/die liggies (al weet sy dat dit verbode is). Meisie glip self uit na die sirkus om te gaan kyk, (al weet sy dat dit verbode is). Meisie luister na die musiek (terwyl sy weet dat dit iets boos is). 1. Toneelaanwysings Die neweteks/toneelaanwysings stel Miem en Meisie onmiddellik aan die gehoor/kyker/leser bekend./ 2. Maatskaplike omstandighede Meisie-hulle is baie arm as gevolg van die Groot Depressie./die feit dat haar pa uitgeboer het./ Die mense/Meisie, Miem en Gertie is uitgelewer aan bygeloof/onkunde/ oordrewe vrees vir die bose./vreemde/nuwerwetse goed soos die sirkus./ Mense bly ver van mekaar op afgeleë plekke. Bl 42 van 43
Gr 12 Afrikaans HT Maak jou sommetjie… 2022 Armoede/Cavernelis is arm./moet baie hard werk om 'n bestaan te maak./wil beter omstandighede vir sy gesin hê./ Leeglêers pla Cavernelis en ander mense./ Misdaad…Cavernelis sluit alles toe uit vrees vir misdaad./ 3. Dialoog & handeling Dit lig die gehoor in oor die karakters, verhouding en gee inligting oor die storie Gertie gril. 4. Konflik Ja. Hy wil graag 'n verhouding met Blanchie aanknoop, maar hy is bang vir Map. Cyril treiter Cavernelis sodat hy sy fiets wil neersmyt./sodat Cavernelis hom soebat om hom (en sy gesin) uit te los./ Cyril skree goed vir Maud wat haar laat terugskree./swets./skel./ Cyril moveer vir Blanchie/noem haar name wat konflik met die Cavernelisse veroorsaak./ Cyril tart vir Tommy oor Map wat uit die tronk vrygelaat word./Blanchie. 5. Stemming In TEKS I heers 'n stemming van opgewondenheid./afwagting. Die stemming in TEKS J is mistroostig./sinies. Map word nie deur die orkes aanvaar nie./kry steeds nie werk nie./ Die gemeenskap is bang vir Map./ Map se verhouding met Blanchie/sy ma is nog nie herstel nie. Bl 43 van 43

Published documents with matching subject and grade metadata.