Skip to content

Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 11202416 pages

Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2024 REKENINGKUNDE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *IACCNA2* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye insluitend ʼn formuleblad en ʼn 11-bladsy antwoordeboek. Hosted by www.ecexams.co.za.
2 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. TYD VRAAG ONDERWERP PUNTE (minute) 1 Rekonsiliasies en Interne beheer 35 30 Periodieke voorraadstelsel en 2 50 40 Kosterekeningkunde 3 Begroting 35 30 4 BTW, Probleemoplossing en Etiek 30 20 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 3 VRAAG 1: REKONSILIASIES EN INTERNE BEHEER (35 punte; 30 minute) 1.1 KREDITEUREREKONSILIASIE Muller Winkels het aan die einde van Oktober 2024 ʼn staat van ʼn krediteur, Kouga Handelaars, ontvang. Die saldo op die staat stem nie ooreen met die saldo in die Krediteuregrootboek van Muller Winkels nie. INLIGTING: KREDITEUREGROOTBOEK VAN MULLER WINKELS KOUGA HANDELAARS Verwysing: KGB 11 Datum Besonderhede Debiet Krediet Saldo 1 Okt Saldo 13 500(kt) 4 Okt Faktuur nr. 5270 21 600 35 100 6 Okt EFO nr. 340 6 400 28 700 6 Okt Korting ontvang 640 28 060 13 Okt Faktuur nr. 5575 9 760 37 820 16 Okt Debietnota nr. 215 140 37 680 24 Okt Faktuur nr. 5601 2 494 40 174 28 Okt EFO nr. 388 10 000 30 174 28 Okt Korting ontvang 1 000 29 174 KOUGA HANDELAARS DEBITEURESTAAT Muller Winkels Verwysing: DGB 3 Bakenstraat 8 Joubertina 6540 Staatdatum: 25 Oktober 2024 DEBIET KREDIET SALDO 1 Okt Saldo 13 500(dt) 4 Okt Faktuur nr. 5270 11 600 25 100 8 Okt Kwitansie nr. 868 6 400 18 700 13 Okt Faktuur nr. 5575 9 760 28 460 16 Okt Kredietnota nr. 364 1 400 27 060 24 Okt Faktuur nr. 5601 2 494 29 554 Addisionele inligting: (i) Muller Winkels het ʼn fout gemaak met die verwerking van faktuur 5270. (ii) Kouga Handelaars moes die afslag op 6 Oktober 2024 toegestaan het. (iii) ʼn Ondersoek het getoon dat die bedrag wat op 16 Oktober 2024 getoon word, met betrekking tot die goedere wat deur Muller Handelaars teruggestuur is, korrek in Kouga Handelaars se boeke aangeteken is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
4 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2024) GEVRA: 1.1.1 Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK verskaf om veranderinge/ regstellings in die Krediteuregrootboek van Muller Handelaars op 31 Oktober 2024 te toon. Gebruik die kolom vir die Debiteurestaat wat van Kouga Handelaars ontvang is om die veranderinge/regstellings wat op die staat van Kouga Handelaars gemaak moet word, aan te dui. Dui ʼn toename aan met (+) of ʼn afname met ʼn (–) langs elke bedrag. (11) 1.1.2 Noem TWEE take van die krediteureklerk om die interne beheer oor krediteure te handhaaf of te verbeter. (2) 1.1.3 Voordat krediet aan nuwe debiteure toegestaan word, is dit belangrik dat Kouga Handelaars doeltreffende beheermaatreëls instel. Voordat krediet toegestaan word, is dokumentasie soos identifikasie en bewys van adres verpligtend. Identifiseer ʼn spesifieke dokument wat Kouga Handelaars van nuwe debiteure kan aanvaar as geldige bewys van adres. (1) 1.2 BANKREKONSILIASIE Time Tech Handelaars koop en verkoop slimhorlosies. Die besigheid word deur Elgin Timekeeper besit. Time Tech Handelaars koop en verkoop voorraad op krediet en vir kontant. Die amptelike bankstaat vir September 2024 is op 25 September 2024 ontvang. Alle kontanttransaksies word deur Carro Johnson beheer. GEVRA: 1.2.1 Ontleed elke transaksie hieronder deur die kolomme in die tabel in die ANTWOORDEBOEK te voltooi. (15) 1.2.2 As die interne ouditeur is jy nie tevrede met die beheer van kontant in die onderneming nie. x Verduidelik TWEE probleme wat jy uit die transaksies kon identifiseer wat ʼn gebrek aan beheer oor kontant toon. Haal syfers aan. x Gee advies oor hoe ELKE probleem in die toekoms vermy kan word. (6) INLIGTING: TRANSAKSIES vir September 2024: (i) ʼn Aftrekorderbetaling van R6 600 vir die maandelikse terugbetaling op die lening van Tempo Bank moet nog deur die besigheid aangeteken word. (ii) EFO 283 vir R2 400 uitgereik aan ʼn krediteur as gedeeltelike betaling van die rekening van R4 000 het slegs in die kontantjoernaal verskyn. (iii) EFO 288 vir R375 verskyn op die bankstaat. Hierdie EFO is aan Chrono Link Verskaffers uitgereik vir voorraad wat op 12 September 2024 gekoop is. Dit is verkeerdelik as R357 in die kontantjoernaal ingeskryf. (iv) ʼn Deposito van R52 000 wat op 17 September 2024 gemaak is, is in die kontantjoernaal aangeteken, maar het nie op die bankstaat verskyn nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 5 (v) Die bankstaat toon bankkoste van R359 wat nog nie deur die onderneming aangeteken is nie. (vi) EFO 293 vir R1 250 van die vorige maand se Rekonsiliasiestaat, uitgereik aan Vodamoda, vir die maandelikse telefoonrekening, verskyn op die bankstaat vir September 2024. (vii) ʼn Deposito van R15 000 vir huur wat van Moses Handelaars ontvang is, verskyn nie op die bankstaat vir September 2024 nie. Na ʼn ondersoek het Carro gesê dat sy op pad bank toe beroof is. Die eienaar het die kansellasie van hierdie deposito gemagtig aangesien hy nie seker was dat enige van hierdie geld ooit teruggekry sal word nie. (viii) ʼn Betaling van R10 000 wat van ʼn debiteur ontvang is, is korrek op die Bankstaat aangeteken, maar is as ʼn betaling in die Bankrekening aangeteken. 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
6 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2024) VRAAG 2: PERIODIEKE VOORRAADSTELSEL EN KOSTEREKENINGKUNDE (50 punte; 40 minute) 2.1 CARLON UITRUSTERS Carlon Uitrusters is ʼn kleinhandelonderneming wat in sokkertoerusting handel dryf. Carlon gebruik ʼn winsopslag van 50% op kosprys op al sy produkte. GEVRA: 2.1.1 As hierdie besigheid die periodieke stelsel sou gebruik, gebruik die inligting om die volgende te bereken: x Totale Aankope x Totale Verkope (8) 2.1.2 Help Carlon om die bruto wins te bereken deur ʼn Handelsrekening in die Algemene Grootboek op te stel. (7) 2.1.3 Carlon is besorg oor die hoë vervoerkoste wat hy op voorraadaankope moet betaal (verwys na vraggeld op aankope). Gee vir Carlon advies oor hoe hy hierdie probleem kan oplos. (2) INLIGTING: Die inligting hieronder is uit die Algemene Grootboek op 31 Augustus 2024, die einde van die finansiële jaar, geneem. Aanvangsvoorraad R400 200 Aankope op krediet 715 000 Aankope vir kontant 174 000 Kredietverkope 900 650 Kontantverkope 1 140 000 Debiteureafslag 46 200 Doeaneregte 46 100 Vraggeld op verkope 93 400 Vraggeld op aankope 170 000 Addisionele inligting: Die volgende is nog nie in ag geneem nie: (i) ʼn Debiteur het voorraad wat sy vir R2 000 gekoop het teruggebring (kosprys R1 000). (ii) ʼn Sokkerstel is aan die plaaslike klub geskenk. Die kosprys van die stel is R3 200. (iii) Carlon het voorraad ter waarde van R900 huis toe geneem. Hy het dit gedoen voordat die voorraadopname gedoen is. (iv) Volgens ʼn voorraadopname gedoen op 31 Julie 2024, is die waarde van voorraad voorhande R265 000 (nadat die inligting hierbo in ag geneem is). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 7 2.2 VERVAARDIGINGSKONSEPTE Drie opsies word vir elk van die stellings hieronder verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die korrekte antwoord in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.2.1 direkte arbeidskoste; administratiewe koste; fabrieksbokoste Die lone betaal aan ʼn fabriekskoonmaker, sal as ... geklassifiseer word. (1) 2.2.2 versekering; verpakkingsmateriaal; skryfbehoeftes Watter EEN van die bogenoemde sal NIE as ʼn administrasiekoste beskou word nie? (1) 2.2.3 Advertensie; Grondstof; Waardevermindering op aanleg en masjinerie … is ʼn voorbeeld van verkoops- en verspreidingskoste. (1) 2.3 TIAN LANGA Die onderneming is in Butterworth gebaseer en vervaardig leerrugsakke. Die eienaar is Tian Langa. Die huidige finansiële jaar het op 30 Junie 2024 geëindig. GEVRA: 2.3.1 Bereken die volgende vir die jaar geëindig 30 Junie 2024: x Fabrieksbokoste (14) 2.3.2 Stel die volgende rekening in die Algemene Grootboek op: x Goedere-in-bewerking (8) INLIGTING: 1. Saldo’s 30 Junie 2024 30 Junie 2023 Goedere-in-bewerking 20 400 32 440 Klaarproduktevoorraad ? 37 600 Fabrieksindirekte materiaal 7 200 10 870 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
8 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2024) 2. Transaksies en ander finansiële inligting vir die jaar geëindig 30 Junie 2024. Totale Primêre koste 452 680 Direkte Arbeidskoste 228 080 Salarisse: x Fabrieksvoorman 66 000 x Verkoopsbestuurder 36 000 Fabrieksindirekte materiaal aangekoop 30 400 Water en Elektrisiteit 28 700 Huuruitgawe 66 900 Versekering (fabriek) 10 600 Waardevermindering op fabriekaanleg en masjinerie 11 400 Diverse fabrieksuitgawes 12 420 Advertensies 10 980 Verkope van klaarprodukte 900 000 (Goedere word verkoop teen ʼn winsopslag van 50% op kosprys) x Huur word toegedeel in verhouding tot vloeroppervlakte wat deur die verskillende departemente beset word, wat soos volg is: VERKOPE FABRIEK KANTOOR Vierkante meter 100 2 800 600 x 20% van die water en elektrisiteit word aan die kantoor toegedeel en 10% aan die verkoopsafdeling. Die verskil is vir die fabriek. x Die versekering is verkeerdelik in die verhouding 1 : 1 : 1 toegedeel. Die ଶ fabriek gebruik 66ଷ % van die elektrisiteit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 9 2.4 BT RUGBYBALLE GEVRA: Bestudeer die inligting wat verskaf word en beantwoord die volgende vrae: 2.4.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024. (4) 2.4.2 Moet Bevan tevrede wees met die vlak van produksie van rugbyballe in die 2024 finansiële jaar? Verduidelik kortliks deur toepaslike syfers aan te haal. (2) 2.4.3 Verduidelik kortliks wat met “ekonomie van skaal” bedoel word met spesifieke verwysing na vaste koste. (2) INLIGTING: (i) Die besigheid, wat deur Bevan besit word, het 4 700 sokkerballe vervaardig en verkoop gedurende die jaar geëindig 29 Februarie 2024. Die verkoopprys is R260 per bal. Gedurende die vorige jaar is 4 200 balle vervaardig en verkoop. Die verkoopprys in 2023 was R285, maar dit moes verlaag word weens groter mededinging van ander vervaardigers. (ii) Berekeninge uit die rekeningkundige rekords: 2024 2023 Tipe koste Per eenheid Per eenheid gebaseer op gebaseer op 4 700 4 200 eenhede eenhede Verkoopprys R260,00 R285,00 Administrasie en fabrieksbokoste Vaste R76,60 R89,82 Direkte arbeidskoste Veranderlik R66,00 R53,50 Verkoop- en verspreidingskoste Veranderlik R35,00 R18,40 Direkte materiaalkoste Veranderlik R77,50 R80,00 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
10 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2024) VRAAG 3: BEGROTINGS (35 punte; 30 minute) 3.1 MOSES HANDELAARS Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Moses Handelaars, ʼn alleeneienaar. GEVRA: 3.1.1 Noem enige TWEE items wat nie in die Kontantbegroting sal verskyn nie. (2) 3.1.2 Bereken die persentasie goedere wat gedurende September 2024 op krediet verkoop is. (3) 3.1.3 Bereken die bedrag wat die besigheid verwag om gedurende Oktober 2024 van debiteure te ontvang. (6) 3.1.4 Verwys na INLIGTING A en voltooi die Kontantbegroting in die ANTWOORDEBOEK. (18) 3.1.5 Verwys na INLIGTING B: Vergelyk die werklike syfers van September 2024 met die begrote bedrae. Adviseer die eienaar oor moontlike redes vir die verskille en wat hy kan doen om die situasie gedurende Oktober 2024 te verbeter. Geen syfers word benodig nie. (6) INLIGTING A: 1. Verkoopsyfers vir 2024: WERKLIK BEGROOT MAANDE KONTANT KREDIET KONTANT KREDIET AUGUSTUS 22 800 90 200 SEPTEMBER 16 600 60 400 OKTOBER 12 600 10% minder as krediet- verkope van September 2. Kredietverkope word gewoonlik as volg ingesamel: x 50% in die maand van verkope (hierdie debiteure ontvang 5%-korting) x 30% na 30 dae (in die maand na verkope) x 15% na 60 dae (twee maande na verkope) x 5% word as oninbare skuld afgeskryf 3. Die volgende moet in ag geneem word i.v.m handelsvoorraad: x Die besigheid handhaaf ʼn winsopslagpersentasie van 40% op kosprys vir verkope en ʼn vaste basisvoorraadvlak (voorraad wat in ʼn maand verkoop word, word in daardie maand vervang). x Alle aankope van voorraad word op krediet gedoen. x Krediteure word betaal in die maand na die aankoop van die voorraad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 11 4. Rente op vaste deposito beloop R14 100 per jaar. Dit word elke jaar in drie gelyke paaiemente op 1 Februarie, 1 Junie en 1 Oktober ontvang. 5. R3 000 per maand word vir instandhouding van geboue toegeken. 6. Die totale huurinkomste vir die vorige finansiële jaar was R48 000. Die huur sal na verwagting op 1 Oktober 2024 met 10% daal. 7. Die eienaar het besluit dat sy onttrekkings per maand nie R9 000 mag oorskry nie. Dit bestaan uit R7 000 kontant en R2 000 se handelsvoorraad. 8. Moses het besluit dat hy sy kapitaalbydrae gedurende Oktober 2024 met R50 000 kontant en R25 000 se toerusting sal verhoog. 9. Die munisipaliteit word die maand nadat hulle die water- en elektrisiteitsrekeninge uitgestuur het, betaal. Hulle het die rekening vir Augustus 2024, R2 400, laat gestuur, so dit kon nie in September betaal word nie. Die rekening vir September 2024, wat 10% hoër is as die vorige een, het betyds gekom en sal saam met die agterstallige Augustus 2024- rekening betaal word. 10. Die banksaldo het ʼn oortrekking van R24 800 op 30 September 2024 getoon. INLIGTING B: SEPTEMBER 2024 WERKLIK BEGROOT Huurinkomste R3 000 R4 000 Onttrekkings R10 500 R9 000 Instandhouding van geboue R3 000 R4 500 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
12 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2024) VRAAG 4: BTW, PROBLEEMOPLOSSING EN ETIEK (30 punte; 20 minute) 4.1 BTW Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Mia se Vars Produkte vir die maand Oktober 2024. Die besigheid gebruik die deurlopende voorraadstelsel en koop en verkoop al sy voorraad vir kontant. Die standaard BTW-koers is 15%. GEVRA: 4.1.1 Waarvoor staan die afkorting BTW? (1) 4.1.2 Waarom klassifiseer die regering sekere items as nulkoers vir BTW? Noem TWEE nulkoersitems. (4) 4.1.3 Verduidelik kortliks aan Mia wat word met Uitset BTW en Inset BTW bedoel. (2) 4.1.4 Verwys na INLIGTING A: Bereken die BTW betaal op die nuwe winkeltoerusting wat gekoop is. (3) 4.1.5 Verwys na INLIGTING B: Gebruik die inligting i.v.m die goedere wat gedurende Oktober 2024 van verskaffers gekoop is. Bereken: x BTW op hierdie goedere x Die koste van alle goedere aangekoop, BTW uitgesluit (7) INLIGTING A: Mia het op 1 Oktober 2024 winkeltoerusting kontant gekoop vir R8 500, BTW uitgesluit. INLIGTING B: Mia het goedere op krediet by verskaffers vir R62 974 gekoop, 15% BTW ingesluit. Sy het ook goedere vir R12 800 wat nulkoers BTW-items was, gekoop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 13 4.2 PROBLEEMOPLOSSING EN ETIEK Kyle se Fietse verkoop een handelsmerk fietse. Die eienaar, Kyle Rob, het drie takke wat in Qonce, Camdeboo en Humansdorp bedryf word. Die drie takke word onderskeidelik deur Sassa, Jaco en Bevan bestuur. Kyle Rob het die jaar se syfers van die drie takke vir die finansiële tydperk wat op 31 Oktober 2024 eindig, gekry. GEVRA: 4.2.1 Verwys na INLIGTING A: Identifiseer EEN probleem met betrekking tot elke tak, en haal syfers aan om die probleem te ondersteun. Bied in elke geval vir Kyle Rob advies oor hoe om die probleem op te los. (9) 4.2.2 Verwys na INLIGTING B: Wat is ʼn fluitjieblaser? (2) 4.2.3 Wat is die etiese kenmerke van ʼn fluitjieblaser, na jou mening? Noem TWEE kenmerke. (2) INLIGTING A: TAK QONCE CAMDEBOO HUMANSDORP BESTUURDER Sassa Jaco Bevan Verkoopprys per fiets R2 500 R2 500 R2 500 Aantal fietse verkoop 400 200 380 Inkomste uit verkope R900 000 R500 000 R950 000 Salarisse van bestuurders R18 000 p.m. R22 000 p.m. R18 000 p.m. Verlof geneem deur bestuurders 22 dae 21 dae 34 dae Aantal fietse teruggebring deur klante 15 14 32 INLIGTING B: Matt is die Menslike Hulpbronnebestuurder van Kyle se Fietse. ʼn Werker met die naam Carter het Matt genader en verduidelik dat hy hom wil vertel van die misbruik van die besigheid se bates, maar dat hy oor sy werk bekommerd is. Matt het hom daaraan herinner dat hy eties en wetlik verplig is om hierdie kwessies aan Kyle Rob te rapporteer. Hy het aan Carter gesê dat hy onder die fluitjieblaserwette beskerming het. 30 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
14 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2024) GRAAD 11 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Netto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale verdienste van vennoot x 100 Netto wins x 100 Vennoot se gemiddelde ekwiteit 1 Gemiddelde eienaarsekwiteit 1 Bedryfsbates: Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste (Handels- en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Kredietaankope 1 Gemiddelde voorraad x 365 of 12 Koste van verkope Koste van verkope 1 1 Gemiddelde voorraad Nie-bedryfslaste: Eienaarsekwiteit Totale bates: Totale laste Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 11 Accounting

View all