Skip to content

Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 11201913 pages

Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2019 GRAAD 11 REKENINGKUNDE VRAESTEL 2 TYD: 2 uur PUNTE: 150 12 bladsye, 1 inligtingsblad en 'n antwoordboek van 9 bladsye Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 2 GP/November 2019 Graad 11 NSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig na. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. ʼn FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers is voorsien aan die agterkant van hierdie vraestel. Jy mag dit gebruik indien nodig. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ʼn donker potlood of swart / blou ink gebruik om jou vrae te beantwoord. 7. Waar van toepassing, toon alle berekeninge tot EEN desimale plek. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel as ʼn gids om vraestel te beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk nie. VRAAG 1: 40 punte; 32 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Konsepte Vervaardiging Grootboekrekeninge Kosteberekeninge Gelykbreekpunt Interne kontrole VRAAG 2: 42 punte; 34 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Bankversoening Rekonsiliasies Krediteurerekonsiliasie Interne kontrole en Etiek VRAAG 3: 52 punte; 42 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Debiteure-invorderingskedule Begroting en Finansiële aanwysers Kontantbegroting Etiek Finansiële aanwysers VRAAG 4: 16 punte; 12 minute Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: BTW BTW en Tasbare Bates Tasbare Bates Interne Kontrole Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 3 GP/November 2019 Graad 11 VRAAG 1: KONSEPTE EN VERVAARDIGINGSREKENINGE (40 punte; 32 minute) 1.1 KONSEPTE Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande lys sodat dit by die gegewe beskrywings pas. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer. fabrieksbokoste; administratiewekoste; verkoop- en verspreidingskoste; direkte materiaalkoste; direkte arbeidskoste 1.1.1 Salarisse betaal aan werkers wat betrokke is by die produksie (1) 1.1.2 Koste van grondstowwe wat in die produksieproses gebruik word (1) 1.1.3 Advertensie-uitgawes (1) 1.1.4 Huur betaal vir kantoorgeboue (1) 1.1.5 Salaris betaal aan die fabrieksvoorman (1) 1.2 GROOTBOEKREKENING EN KOSTEBEREKENINGE WISHY-WASHY VERVAARDIGERS Die onderneming vervaardig wasmasjiene en verkoop dit teen ʼn winsopslag van 70% op die kosprys. Hulle gebruik die deurlopende voorraadstelsel vir voltooide goedere en die periodieke voorraadstelsel vir grondstowwe en indirekte materiaal. GEVRA: 1.2.1 Stel die grondstofvoorraadrekening op. (8) 1.2.2 Voorsien berekeninge vir Direkte Arbeidskoste en Fabrieksoorhoofse / bokoste. (13) INLIGTING: A. Die volgende saldo’s het onder andere, in die boeke van Wishy-Washy Vervaardigers verskyn. 1 Maart 2018 28 Februarie 2019 Grondstofvoorraad 95 000 110 500 Goedere-in-bewerking voorraad 71 500 191 600 Klaarproduktevoorraad 480 000 96 200 Indirekte materiaalvoorraad 20 500 18 000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 4 GP/November 2019 Graad 11 B. Transaksies gedurende die jaar 1. Grondstowwe op krediet aangekoop, R521 000 2. Betaal die vervoerkoste van grondstowwe na die fabriek van R29 500, kontant 3. Indirekte materiaal vir kontant aangekoop, R77 500. 4. Lone wat aan werkers betaal is, beloop R300 800. Die bedrag sluit die werkgewersbydrae ten opsigte van die pensioenfonds van R28 000, in. 5. Salaris betaal aan die fabrieksvoorman, R105 000. 6. Kommissie betaal aan die verkoopspersoneel beloop R90 000. 7. Betaal R37 000 vir instandhouding op fabriekstoerusting, ʼn verdere R11 000 is nog steeds verskuldig. 8. Water en elektrisiteit betaal, R21 000. Die bedrag word verdeel tussen die fabriek en die kantoor. Die verhouding van fabriek tot kantoor is 4 : 1. 9. Huur betaal beloop R108 000. Die fabriek is verantwoordelik om 80% van die huur te betaal. 10. Waardevermindering op fabriekstoerusting beloop R60 500. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 5 GP/November 2019 Graad 11 1.3 BEREKENINGE VIR EENHEIDSKOSTE KRUISPAD TAFELVERVAARDIGERS Jy word voorsien van die inligting met betrekking tot Kruispad Tafelvervaardigers vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019. Die fabriek vervaardig tafels van hout. GEVRA: 1.3.1 Bereken die direkte materiaalkoste per eenheid. (2) 1.3.2 Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019. (4) 1.3.3 Behoort die onderneming tevrede te wees met die aantal eenhede wat gedurende 2019 vervaardig is? Verduidelik en verskaf relevante inligting en berekeninge. (4) 1.3.4 Die direkte materiaalkoste per eenheid is R152 in 2018. Verduidelik TWEE redes vir die verskil tussen die kostes oor die afgelope die twee finansiële jaar. (4) A. INLIGTING VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2019 Totale Koste Per Eenheid Direkte materiaalkoste 768 960 ? Direkte arbeidskoste 224 640 R52 Totale veranderlike koste 1 058 400 R245 Totale vaste koste 518 400 R120 Verkope 1 728 000 R400 B. ADDISIONELE INLIGTING  Die besigheid vervaardig en verkoop 4 320 tafels gedurende die jaar.  Daar is geen goedere-in-bewerking aan die begin of aan die einde van die finansiële jaar nie. 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 6 GP/November 2019 Graad 11 VRAAG 2: REKONSILIASIES, INTERNE KONTROLE EN ETIEK (42 punte; 34 minute) 2.1 BANKREKONSILIASIE GAUTENG HANDELAARS Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Gauteng Handelaars vir Augustus 2019. GEVRA: 2.1.1 Verskaf TWEE redes waarom dit belangrik is vir ʼn besigheid om maandeliks ʼn Bankversoeningstaat op te stel. (4) 2.1.2 Verduidelik hoekom die boekhouer tjek nr. 706 gekanselleer het en in watter joernaal hy die inskrywing gekanselleer het. (3) 2.1.3 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Augustus 2019, op. (10) INLIGTING: A Die volgende tjeks is as uitstaande gelys op die Bankversoeningstaat van 31 Julie 2019:  Nr. 706 (gedateer 16 Februarie 2019) R 500  Nr. 949 (gedateer 28 Julie 2019) R3 200  Nr. 950 (gedateer 30 September 2019) R1 800 Die boekhouer het reeds tjek nr. 706 gekanselleer toe hy die kontantjoernale opgedateer het. Tjek nr. 949 verskyn op die bankstaat op 12 Augustus 2019. B ʼn Deposito van R13 800 wat op 31 Augustus gemaak is, verskyn nie op die bankstaat nie. C Die volgende tjeks wat gedurende Augustus 2019 uitgereik is, verskyn nie op die bankstaat van Augustus nie.  Nr. 980 R8 400  Nr. 992 R4 420 D Die bankstaat van Future Bank vir Augustus weerspieël ʼn bedrag van R1 500 wat verkeerdelik teen die rekening van Gauteng Handelaars gekrediteer is. E Die bankstaat toon ʼn gunstige saldo van R6 380 op 31 Augustus 2019. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 7 GP/November 2019 Graad 11 2.2 KREDITEUREREKONSILIASIE SELAHLE HANDELAARS Selahle Handelaars het ʼn rekeningstaat vir Junie 2019 ontvang van ʼn krediteur, Manyaka Verskaffers. Die krediteur se rekeningstaat weerspieël ʼn saldo wat verskil van die Krediteuregrootboek. GEVRA: Versoen die verskille tussen die saldo's in die krediteuregrootboekrekening en die rekeningstaat. Gebruik die antwoordboek soos voorsien. Skryf die bedrae in die toepaslike kolomme en dui ʼn toename of ʼn afname aan met (+) of (-) met elke bedrag. Totaliseer die kolomme om die korrekte saldo's aan die einde van Junie 2019 aan te toon. (11) INLIGTING: Die volgende saldo's vir Junie word voorsien: Krediteuregrootboek van Manyaka Verskaffers in die boeke van R16 555 Selahle Handelaars Rekeningstaat ontvang van Manyaka Verskaffers R10 055 ʼn Vergelyking tussen die krediteuregrootboekrekening van Manyaka Verskaffers en die rekeningstaat het die volgende verskille getoon: A. ʼn Betaling van R3 500 aan Manyaka Verskaffers op 7 Junie is foutiewelik deur die boekhouer uit die krediteuregrootboek weggelaat in die rekords van Selahle Handelaars. B. ʼn Faktuur ontvang vir R6 950 van Manyaka Verskaffers is korrek in die Krediteuregrootboekrekening aangeteken. Die bedrag is verkeerdelik as R9 650 op die rekeningstaat aangeteken. C. Die rekeningstaat ontvang van Manyaka Verskaffers weerspieël nie die korting van 8% wat aan Selahle Handelaars toegestaan sou word nie, tensy die bedrag van R8 000 voor 20 Junie vereffen word. Die bedrag is egter binne die vereiste tydperk vereffen. D. Goedere wat aan Manyaka Verskaffers teruggestuur is, is verkeerdelik as aankope in die Krediteuregrootboek aangeteken; die bedrag beloop R520. E. ʼn EFO-betaling (elektroniese geldoorplasing) van R3 000 is op 28 Junie 2019 in die Kontantbetalingsjoernaal van Selahle Handelaars aangeteken. Die rekeningstaat van Manyaka is gedateer 27 Junie 2019. F. Goedere wat teen R2 000 van Manyuka Verskaffers gekoop is, is verkeerdelik in die krediteuregrootboek van Manyaka Verskaffers aangeteken. G. Faktuur nr. 678 vir goedere wat op 27 Junie aangekoop is, word nie in die rekeningstaat van Manyaka Verskaffers aangetoon nie; die bedrag beloop R6 300. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 8 GP/November 2019 Graad 11 2.3 INTERNE KONTROLE Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Die rekenmeester van Thaba Mode-Ontwerpe het in Julie 2019 vakansieverlof geneem. Die eienaar van die onderneming het Lethabo Mooi tydelik in diens geneem wat deur ʼn werkgewersagentskap as ʼn plaasvervanger vir die maand van Julie aangestel is. Lethabo Mooi het die volgende waarnemings gemaak: A. Die Bankversoening vir Mei en Junie is nie gedoen nie. B. Twee tjeks is nie aangeteken in die Kontantbetalingsjoernaal vir Mei nie. Beide tjeks het uit die tjekboek verdwyn en die tjekteenbladjies is netjies verwyder. C. Tjek nr. 1555 was uitgereik aan die eienaar vir sy persoonlike gebruik. Die tjek is aangeteken as ʼn “Donasie”. Bogenoemde is na die bestuurder verwys, maar hy het geen kennis van die rekeningkundige prosedures en interne beheer nie. GEVRA: 2.3.1 Watter DRIE stappe moet geneem word aangaande die twee verlore tjeks? (6) 2.3.2 Wat is die implikasies om “Onttrekkings” aan te teken as “Donasies”? (2) 2.3.3 Gee DRIE voorstelle aan bestuur vir effektiewe kontrole oor kontant. (6) 42 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 9 GP/November 2019 Graad 11 VRAAG 3: BEGROTINGS, ETIEK EN FINANSIËLE AANWYSERS (52 punte; 42 minute) 3.1 KONTANTBEGROTING Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Greyston Winkels. Die besigheid word besit deur Jerry Williams. Die onderneming maak gebruik van ʼn winsopslag van 80% op die kosprys. Die begrotingsperiode eindig op 31 Desember 2018. GEVRA: 3.1.1 Stel die debiteure-invorderingsskedule vir November en Desember 2018 op. (7) 3.1.2 Voltooi die kontantbegroting vir twee geëindig op 31 Desember 2018. (29) 3.1.3 Verwys na transaksie J, en verduidelik waarom die werknemers nie tevrede sal wees met die verhoging van 4% op hul salarisse nie. (2) INLIGTING: A. Saldo’s op 31 Oktober 2018 Bank (gunstig) R138 400 Lening: Terrie Bank (10% p.j.) R360 000 Vaste Deposito teen 6,5% rente p.j. R80 000 B. Totale Verkope Werklik September R360 000 Oktober R374 400 Begroot November R403 200 Desember R468 000 C. Kredietverkope beloop 40% van totale verkope. D. Die onderstaande inligting toon die gemiddelde invordering van debiteure oor die afgelope ses maande. Hierdie tendens sal na verwagting oor die begrotingsperiode voortduur.  25% betaal in die maand van verkope.  60% betaal een maand na die maand van verkope.  10% betaal twee maande na die maand van verkope.  Die saldo word as oninbaar afgeskryf in die derde maand na die maand van verkope. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 10 GP/November 2019 Graad 11 E. Die onderneming vervang die voorraad op ʼn maandelikse basis ten einde ʼn vaste voorraadvlak van R200 000 te handhaaf. F. Die onderneming koop 70% van sy handelsvoorraad op krediet. Krediteure word in die maand wat volg op die maand van aankope betaal ten einde 5% kontantkorting te kry. G. ʼn Terugbetaling van R24 000 op die lening vind op 1 Desember 2018 plaas. Die rente op die lening word maandeliks betaal. H. Rente op die vaste deposito word kwartaalliks ontvang. Die rente vir die laaste kwartaal van 2018 sal op 31 Desember 2018 ontvang word. I. Salarisse:  Die winkelbestuurder verdien R20 000 per maand. Vanaf 1 Desember 2018 sal sy salaris met 20% styg. Hy sal ook ʼn bonus in Desember ontvang wat gelykstaande is aan sy salaris van Desember.  Die onderneming het tien verkoopsassistente in diens wat elk R6 000 per maand verdien. Hulle sal vanaf 1 Desember ʼn verhoging van 4% ontvang. Hulle kry nie bonusse nie. J. Die eienaar se maandelikse onttrekkings is soos volg:  Goedere: R 5 000  Kontant: R30 000 Die eienaar beoog om sy kontantonttrekkings in Desember tot R50 000 te verhoog, aangesien hy sy gesin op vakansie neem. K. Toerusting wat R20 000 kos, gaan aan die begin van Desember vir kontant aangekoop word. L. Bedryfsuitgawes sal na verwagting maandeliks styg in ooreenstemming met die huidige inflasiekoers van 5,7%. M. ʼn Gedeelte van die gebou word teen ʼn maandelikse huur van R5 000 verhuur. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 11 GP/November 2019 Graad 11 3.2 FINANSIËLE AANWYSERS NKOSI HANDELAARS Die volgende inligting is verkry uit die boeke van Nkosi Handelaars vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019. GEVRA: 3.2.1 Bereken die volgende aanwysers vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019.  Gemiddelde krediteure-betalingsperiode (4)  Voorraadhoudingstydperk (4) 3.2.2 Vergelyk die finansiële aanwysers vir Februarie 2018 en 2019 en beantwoord die volgende vrae.  Lewer kommentaar op die voorraadomsetsnelheid en voorraadhoudingstydperk. (Haal syfers aan.) (2)  Verduidelik waarom Nkosi Handelaars bekommerd behoort te wees oor die twee aanwysers en gee EEN punt van advies aan Nkosi Handelaars. (4) INLIGTING: A. SALDO’S EN TOTALE OP 28 FEBRUARIE 2019 2018 Verkope 585 000 340 000 Koste van verkope 235 000 210 000 Bruto wins 350 000 130 000 Debiteurekontrole 35 000 32 000 Krediteurekontrole 47 000 43 000 Handelsvoorraad 40 000 30 000 B. FINANSIËLE AANWYSERS OP 28 FEBRUARIE 2019 2018 Voorraadomsetsnelheid 6,7 keer 8 keer ʼn jaar Voorraadhoudingsperiode ? 45,62 dae Gemiddelde debiteure-invorderingstermyn 20,9 dae 48 dae Gemiddelde krediteure-betalingsperiode ? 60 dae C. Al die goedere is op krediet aangekoop deur Nkosi Handelaars. 52 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 12 GP/November 2019 NSS – Graad 11 VRAAG 4: BTW EN TASBARE BATES (16 punte; 12 minute) 4.1 BTW Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Little Supply Winkels. Die eienaar is ʼn geregistreerde BTW-ondernemer en BTW op belasbare items word teen 15% gehef. Die totale / syfers vir Julie 2019 word hieronder verskaf. GEVRA: 4.1.1 Bereken die ontbrekende syfers soos aangedui deur a, b, c en d. (5) 4.1.2 Voltooi die BTW-inset- en uitsetkolomme deur gebruik te maak van die BTW-bedrae wat bereken is en voorsien is in die inligting. (5) 4.1.3 Bereken die bedrag betaalbaar aan / ontvangbaar van die SAID. (2) INLIGTING: A. INLIGTING VERKRY UIT DIE JOERNALE VIR JULIE 2019 BTW BTW BTW Ingesluit Uitgesluit Bedrag (R) (R) (R) Fakture vir kontant en kredietverkope (a) 500 000 75 000 Aankope van handelsvoorraad 287 500 250 000 (b) Debiteure se rekeninge as oninbaar 1 830 afgeskryf Voorraad teruggestuur aan verskaffers 6 400 960 Kantoorrekenaar op krediet aangekoop 9 800 (c) Korting toegestaan aan debiteure 5 405 (d) B. Saldo verskuldig aan die SAID op Julie 2019 beloop R6 700. 4.2 TASBARE BATES Interne Kontrole Lebo Mokoena is onlangs as assistent-rekenmeester aangestel. Sy taak is om beheer oor tasbare bates uit te oefen. Toe hy die bates verifieer, het hy opgemerk dat ʼn drukker en ʼn skootrekenaar van die onderneming weg is. In sy ondersoek het egter agtergekom dat die rekenmeester die bates huis toe geneem het en vir sy kind gegee het om sy graad 11 Rekeningkundeprojek te voltooi. GEVRA Verduidelik die TWEE maatreëls wat jy in plek sal instel om te voorkom dat werknemers besigheidsbates vir persoonlike gewin te gebruik? (4) 16 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde/V2 13 GP/November 2019 NSS – Graad 11 FORMULEBLAD Bruto wins X 100 Bruto wins X 100 Netto wins X 100 Verkope 1 Koste van Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes X 100 Bedryfswins X 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale verdienste deur vennoot X 100 Netto wins X 100 Vennoot se gemiddeldebelang 1 Gemiddelde eienaarsbelang 1 Bedryfbates : Bedryfslaste (Bedryfbates – Voorraad) : Bedryfslaste Gemiddelde debiteure X 365 of 12 Gemiddelde krediteure X 365 of 12 Kredietverkope 1 Kredietaankope 1 Gemiddelde voorraad X 365 of 12 Koste van verkope Koste van verkope 1 Gemiddelde voorraad Nie-bedryfslaste: Eienaarsbelang Totale bates : Totale laste Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 11 Accounting

View all