You're offline
Skip to content
Question paper

Gr11 Acc (Afrikaans) November 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Subject: AccountingGrade 11201818 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2018 GRAAD 11 REKENINGKUNDE TYD: 3 uur PUNTE: 300 18 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 2 GRAAD 11 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN REKENINGKUNDE TYD: 3 uur PUNTE: 300 INSTRUKSIES: 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien. 3. Lees die instruksies sorgvuldig en volg dit noukeurig. 4. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Beantwoord die vrae in blou ink. 6. Die vraestel bestaan uit 18 bladsye. 7. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. Vraag Onderwerp Punte Tyd in minute 1 Rekonsiliasies 55 33 minute 2 Voorraad 50 30 minute Finansiële state: Inkomstestaat & 3 90 55 minute Balansstaat. Ontleding en vertolking van 4 25 15 minute Finansiële state 5 Vervaardiging 45 27 minute 6 Begrotings 35 20 minute Totaal 300 180 minute b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 3 GRAAD 11 VRAAG 1: REKONSILIASIE (55 punte; 33 minute) 1.1 BANKREKONSILIASIE (37 punte; 22 minute) 1.1.1 Wat is die doel daarvan om ʼn Bankrekonsiliasiestaat op te stel? (2) 1.1.2 Die inligting verskaf is uit die boeke van Rina Handelaars. GEVRA: (a) Bereken die banksaldo in die boeke van Rina Handelaars op 31 Desember 2017. (2) (b) Bereken die korrekte totale vir die Kontantontvangste-joernaal en Kontantbetalingsjoernaal vir Januarie 2018. (20) (c) Berei die Bankrekonsiliasiestaat voor op 31 Januarie 2018. (8) (d) Verwys na tjek nr. 270 in die Bankrekonsiliasiestaat van Desember 2017. Hoe sal die tjek in die Finansiële state opgeteken word aan die einde van die finansiële jaar vir Februarie 2018? Verduidelik waarom dit so hanteer word. (5) INLIGTING: A. Bankrekonsiliasiestaat op 31 Desember 2017: Kredietsaldo volgens die Bankstaat 3 055 Krediteer uitstaande deposito 9 990 Debiteer uitstaande tjeks en EFO: Nr. 15 (gedateer 20 Junie 2017) 2 800 Nr. 191 1 600 Nr. 270 (gedateer 5 Maart 2018) 1 938 EFO 1 772 Saldo volgens die Bankrekening ???? B. Voorlopige totale vir Januarie 2018: KONTANTONTVANGSTE 22 100 KONTANTBETALINGS 17 300 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 4 GRAAD 11 C. ʼn Vergelyking van die Bankrekonsiliasie op 31 Desember 2017 en die Bankstaat vir Januarie 2018 van Best Bank het die volgende uitgewys: 1 Die volgende items verskyn op die Bankstaat vir Januarie 2018:  Uitstaande deposito, R9 990  EFO, R1 772 2 Tjek nommer 15 was vir ʼn donasie aan BH Kinderhuis, die tjek verskyn nie in die Bankstaat vir Januarie nie. 3 Tjek nommer 191 is op 25 Oktober 2018 uitgereik aan Zizzy Aircons vir herstelwerk, die tjek het weggeraak en is gestop. Dit is vervang met tjek nommer 302 vir R2 000. Geen inskrywings is gedoen nie, en die nuwe tjek verskyn nie op die Bankstaat nie. B. ʼn Vergelyking van die Bankstaat van Januarie 2018 met die Kontant Joernale vir Januarie 2018 het die volgende verskille aan die lig gebring: 1 Die volgende inskrywings verskyn slegs op die Bankstaat:  Bankkoste, R630  Rente op kredietsaldo, R145 2 Tjek nommer 269 is uitgereik aan Easy Municipality ter betaling van die water en elektrisiteit. Dit is in die Kontantbetalingsjoernaal opgeteken as R1 727. Die tjek verskyn korrek op die Bankstaat as R1 227. 3 ʼn Huurder, N.Utella, het ʼn EFO van R2 500 in die lopende rekening van Rina Handelaars gemaak. 4 ʼn Tjek vir R460 van ʼn debiteur, I. Donpay ter vereffening van sy skuld van R490, is deur die bank terugontvang a.g.v. onvoldoende fondse. 5 ʼn Debietorder vir R1 900 ten gunste van Furious Motors vir die maandelikse betaling van die eienaar se persoonlike voertuig. 6 Uitstaande tjeks en EFO’s:  Nr. 303 vir R1 627  Nr. 305 vir R1 545  EFO, R1 380 7 ʼn Deposito van R2 000 op 31 Januarie 2018 verskyn nie op die Bankstaat nie. 8 Bereken die saldo van die Bankstaat vir die einde van Januarie 2018, in die Bankrekonsiliasiestaat. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 5 GRAAD 11 1.2 KREDITEURE REKONSILIASIE (18 punte 11 minute) Shade Handelaars het ʼn staat van ʼn krediteur, Sun Verskaffers, ontvang. Die saldo op die staat stem nie ooreen met die saldo in die Krediteuregrootboek nie. GEVRA: 1.2.1 Voltooi die tabel in die ANTWOORDBOEK om die saldo in die Krediteuregrootboek met dié van die Rekeningstaat te rekonsilieer. Skryf die bedrae in die toepaslike kolomme, wys of die saldo vermeerder of verminder met ʼn (+) of (-). Bereken die korrekte saldo’s aan die einde van Maart 2018. (10) 1.2.2 Die eienaar van Shade Handelaars is ongelukkig met die foute wat die rekenmeester gemaak het. Verduidelik TWEE interne maatreëls wat die boekhouer in plek kan stel om beter beheer oor die krediteure te hê en om te verhoed dat sulke foute in die toekoms voorkom. (4) 1.2.3 Shade Handelaars ondervind kontantvloeiprobleme en is tans nie in staat om hul krediteure te betaal nie. Die kredietterme vir hulle kliënte is 60 dae. Stel TWEE maniere voor wat hulle kan gebruik om die kontantvloei van die besigheid te verbeter. (4) INLIGTING: Saldo volgens Krediteuregrootboek van Shade Handelaars R 5 600 Saldo volgens Krediteurestaat van Sun Verskaffers R 4 640 ʼn Vergelyking van die Krediteuregrootboek en die Krediteurestaat het die volgende verskille aan die lig gebring: A. ʼn Faktuur van R5 980 is in die Krediteurejoernaal van Shade Handelaars aangeteken op 29 Maart 2018. Die staat van Sun Verskaffers is gedateer 25 Maart 2018. B. Shade Handelaars het ʼn korting van R600 aangeteken op die betaling van R3 000 wat op 15 Maart 2018 gemaak is. Sun Verskaffers het nie die korting goedgekeur nie omdat die betaling laat ontvang is. C. ʼn Faktuur vir R8 780 ontvang van Sun Verskaffers is korrek aangeteken in die krediteuregrootboek. Die bedrag is foutief aangeteken op die staat as R7 880. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 6 GRAAD 11 D. ʼn Tjek vir R1 260 deur Shade Handelaars is foutiewelik aangeteken as ʼn faktuur in die krediteurestaat. E. Die staat reflekteer goedere ter waarde van R720 wat teruggestuur is. Die krediteuregrootboek toon die bedrag as R270. Die fout is deur Shade Handelaars begaan. F. Die krediteurestaat wys uitstaande rente van R250. G. Die krediteuregrootboek reflekteer ʼn tjek van R3 000. Die tjek is uitgereik ten gunste van ʼn ander krediteur, Sunny Groothandelaars. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 7 GRAAD 11 VRAAG 2: VOORRAAD (50 punte; 30 minute) 2.1 Verskaf die ontbrekende woord in elk van die volgende sinne. (10) A In die … voorraadstelsel word die koste van verkope aangeteken elke keer as ʼn item verkoop word. B Fisiese voorraadopname is nodig om die voorraad op hande te bevestig in die … voorraadstelsel. C Fisiese voorraadopname is nodig om die koste van verkope te bereken in die … voorraadstelsel. D In die deurlopende voorraadstelsel, sal voorraad verliese ʼn … bruto wins toon. E Voorraadverliese kan maklik geïdentifiseer word in die … voorraadstelsel. 2.2 Die volgende inligting is verkry uit die boeke van Bags Galore op 28 Februarie 2018. Die besigheid verkoop handsakke. Die onderneming gebruik die periodieke voorraadstelsel en goedere word met ʼn winsopslag van 70% op die kosprys verkoop. 2.2.1 Bereken die netto verkope vir die jaar. (5) 2.2.2 Bereken die netto aankope vir die jaar. (6) 2.2.3 Bereken die eindvoorraad op 28 Februarie 2018. Toon alle berekeninge. (6) 2.2.4 Stel die Handelsrekening op 28 Februarie 2018 op. (15) 2.2.5 Die eienaar is nie seker of die vorige boekhouer die regte voorraadstelsel gebruik het nie. Gee TWEE redes om hom te oortuig dat die Deurlopende Voorraadstelsel die beste opsie is vir sy onderneming. (4) 2.2.6 Verskaf ʼn rede, behalwe diefstal van voorraad, om die verlaging in die bruto wins op verkope te verduidelik en noem die gevolge van die verlaging vir die onderneming. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 8 GRAAD 11 INLIGTING: A. Transaksies vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2018: Handelsvo rraad (1 Maart 2017) 341 000 Aankope 1 850 000 Vraggeld op aankope 27 510 Vraggeld op verkope 15 390 Verkope 3 190 700 Debiteure-afslag 26 620 B. ADDISIONELE INLIGTING WAT IN BEREKENING GENEEM MOET WORD: 1. Goedere ter waarde van R8 000 is geskenk aan een van die skole. 2. Sakke met ʼn waarde van R4 200 is deur die eienaar geneem vir sy persoonlike gebruik. Die bedrag is gekrediteer na die Verkoperekening. 3. Ontvang ʼn faktuur van Xpress Afleweraars vir die vervoer van goedere:  Na die onderneming, R1 290  Na kliënte, R600 4. Geen inskrywing is gedoen vir ʼn debietnota wat uitgereik is aan ʼn krediteur nie, R2 750. 5. Fisiese voorraad voorhande op 28 Februarie 2018 beloop R298 000. 6. Die volgende transaksies het op 28 Februarie 2018 plaasgevind na die voorraadopname gedoen is:  Verkope van goedere teen ʼn afslag van 10%, R38 250.  Aankope van goedere, R23 630 7. Finansiële aanwysers: Jaar geëindig 2018 2017 Bruto wins op verkope 38% 53% b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 9 GRAAD 11 VRAAG 3: FINANSIËLE STATE (90 punte; 55 minute) Die vraag bestaan uit TWEE onafhanklike vrae. 3.1 INKOMSTESTAAT (37 punte; 22 minute) Die volgende inligting het betrekking op Star Handelaars. Die onderneming se finansiële jaar eindig jaarliks in Februarie. Die onderneming spesialiseer in die verkoop van elektroniese onderdele van verskillende radio’s en televisiestelle. GEVRA: Stel die Inkomstestaat op vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2018. . (37) INLIGTING: A. VOOR-AANSUIWERINGSPROEFBALANS OP 28 FEBRUARIE 2018 Balansstaatrekeninge-Afdeling Debiet Krediet Kapitaal 952 800 Onttrekkings 265 000 Grond en geboue 1 269 100 Lening: Infinity Bank 131 520 Toerusting teen kosprys 192 000 Opgehoopte waardevermindering op Toerusting 91 200 [1/3/2017] Vaste Deposito: Infinity Bank [8% p.j.] 100 000 Handelsvoorraad 316 240 Debiteurekontrole 119 300 Voorsiening vir oninbare skulde 5 000 Krediteurekontrole 220 840 Bank 25 480 Kleinkas 1 800 Wisselgeld 6 000 Verbruiksgoedere voorhande 40 000 [Verpakkingsmateriaal] b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 10 GRAAD 11 Nominale Rekening-Afdeling Verkope 2 292 660 Koste van Verkope 1 066 880 Debiteure-afslag 29 520 Huurinkomste 247 650 Kommissie-inkomste 22 680 Korting ontvang 7 620 Rente-inkomste [Agterstallige debiteure rekeninge] 19 600 Rente op Vaste Deposito 10 000 Oninbare skulde verhaal 6 400 Korting toegestaan 9 060 Voertuiguitgawes 47 200 Salarisse 336 800 Verpakkingsmateriaal 14 000 Advertensies 39 240 Oninbare skulde 10 000 Herstelwerk 26 400 Rente op oortrokke rekening 29 260 Diverse uitgawes 265 200 Depresiasie 15 120 B. Aansuiwerings en addisionele inligting 1. Geen inskrywings is gedoen vir goedere wat op krediet vir R11 200 verkoop is nie. Die winsopslag is 75% op kosprys. 2. ʼn Tjek vir R2 800 is van die insolvente bedoel van ʼn debiteur ontvang as ʼn finale dividend van R0.40 in die rand. Skryf die balans van sy rekening as oninbaar af. 3. Voorsiening vir oninbare skulde moet aangesuiwer word tot R4 600. 4. Voorraad voor hande soos bepaal deur ʼn fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2018:  Handelsvoorraad, R312 440  80% van verpakkingsmateriaal is gedurende die jaar gebruik. NOTA: Die terugskrywing van verpakkingsmateriaal voorhande op 1 Maart 2017 is nie gedoen nie. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 11 GRAAD 11 5. Huurinkomste is met ingang 1 Januarie 2018 met 10% verminder. Huurinkomste sluit die huur vir Maart 2018 in. 6. ʼn Advertensiekontrak vir R14 400 is betaal vir die tydperk Januarie 2018 tot 31 Desember 2018. 7. Betalings vir internetdienste en die telefoon is in die Diverseuitgawes-rekening aangeteken. Die telefoonrekening van R4 060 vir Februarie 2018 sal eers in Maart 2018 betaal word. 8. Kommissie op verkope van R7 320 van TV Teck Ltd. is nog ontvangbaar. 9. Die boekhouer het die bruto salarisse korrek aangeteken in die Algemene Grootboek, maar het vergeet om die Aftrekkings en die Onderneming se Bydraes oor te pos. Uittreksel uit die Salarisjoernaal vir Februarie 2018: LBS 22 500 Pensioenfonds-aftrekking 6 300 WVF-aftrekking 900 Nota: Die onderneming dra ʼn derde by tot die Pensioenfonds en op ʼn rand-tot- rand grondslag tot die WVF. Al die uitgawes vir salarisse word in een uitgawerekening aangeteken. 10. Lening: Infinity Bank (Rente word gekapitaliseer.)  Terugbetalings vir die jaar, insluitende die rente, R28 080  Saldo soos op die leningstaat van Infinity Bank op 28 Februarie 2018, R152 560 11. Waardevermindering op Toerusting vir die jaar beloop R15 120. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 12 GRAAD 11 3.2 BALANSSTAAT (53 punte; 33 minute) Die inligting verskaf is verkry uit die finansiële rekords van Newton Handelaars, ʼn vennootskap tussen Naude en Dlamini. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2018. GEVRA: 3.2.1 Verduidelik hoe ʼn Vastebate-Register die interne ouditeur sal help met die uitvoering van sy pligte. (2) 3.2.2 Newton Handelaars will hulle eiendom teen kosprys verkoop om die kontantvloei van die onderneming te verbeter. Stem jy saam met die besluit? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3) 3.2.3 Bereken die waardevermindering op voertuie vir die finansiële jaar geëindig op 28 Februarie 2018. (9) 3.2.4 Voltooi die nota vir Vaste Bates. Toon alle berekeninge. (11) 3.2.5 Voltooi die Balansstaat op 28 Februarie 2018. Toon alle berekeninge in hakies. (28) INLIGTING: A. Lys van saldo’s op 28 Februarie 2018: DEBIET KREDIET Kapitaal: Naude ? Kapitaal Dlamini ? Lopende rekening: Naude (28 Februarie 2018) 34 400 Lopende rekening: Dlamini (28 Februarie 2018) 88 700 Grond en geboue 922 820 Voertuie (1 Maart 2017) 500 000 Toerusting 410 320 Opgehoopte waardevermindering op Voertuie 172 000 Opgehoopte waardevermindering op Toerusting 123 900 Vaste Deposito: ZA-Bank (9% p.j.) 220 000 Lening: United Bank 440 000 Handelsvoorraad 84 760 Verbruikersgoedere voorhande 1 000 Debiteurekontrole 126 000 Krediteurekontrole 43 200 SAID: LBS 2 400 Pensioenfonds 1 800 Bank 11 000 Wisselgeld 800 Voorsiening vir oninbare skulde 6 300 Vooruitbetaalde uitgawes 6 400 Opgelope uitgawes 7 400 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 13 GRAAD 11 B. Aansuiwerings en addisionele inligting: Alle aansuiwerings is in ag geneem toe die Inkomstestaat opgestel is, met die uitsondering van die onderstaande: 1. ʼn LBS-aftrekking van R1 600 vir ʼn tydelike werknemer is nie na die Grootboek oorgeboek nie. 2. Die lening sal verminder gedurende die volgende finansiële jaar. 3. ʼn Vaste Deposito van R100 000 sal op 31 Mei 2018 verval. 4. Die banksaldo moet met die volgende bedrae aangepas word:  Bankkoste, R600  Rente op oortrokke rekening, R400  Deposito deur S Moodley (voorheen afgeskryf as oninbaar), R2 600 5. ʼn Voertuig met ʼn kosprys van R180 000 en ʼn drawaarde van R115 200 (soos op 28 Februarie 2017) is ingeruil op 30 September 2017 vir R71 000. Die koste van die nuwe voertuig is R150 000. Waardevermindering op voertuie word bereken teen 20% per jaar op die drawaarde. 6. Toerusting is gedurende die jaar aangekoop. 7. Bereken waardevermindering op voertuie teen 20% per jaar op die drawaarde. 8. Waardevermindering op Toerusting vir die jaar, R61 540. 9. Die Bedryfsverhouding vir 2018 was 2,7 : 1 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 14 GRAAD 11 VRAAG 4: ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE AANWYSERS (25 punte; 15 minute) Die volgende inligting is verkry uit die finansiële rekords van Slimfit Handelaars, ʼn vennootskap tussen S.Slim en F.Fit. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2018. GEVRA: 4.1 Lewer kommentaar op die bedryfsdoeltreffendheid van die onderneming. Verwys na TWEE aanwysers met getalle om jou antwoord te staaf. (4) 4.2 Bereken die Vuurproefverhouding vir Februarie 2018. (4) 4.3 Lewer kommentaar op die Likiditeitsposisie van die onderneming. Noem TWEE finansiële aanwysers met syfers om jou antwoord te staaf. (4) 4.4 Bereken die Skuld-Ekwiteitsverhouding en lewer kommentaar op die risiko van die onderneming. Gebruik syfers om jou antwoord te staaf. (7) 4.5 Bereken S. Slim se opbrengs op sy belegging. Lewer kommentaar. (6) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Balansstaat op 28 Februarie 2018: Vennote se Kapitale Bydrae (gelyke bydrae) 900 000 Lopende rekening: Slim 14 250(DT) Lopende rekening: Fit 16 000(KT) Vennoot Slim se verdienste 185 000 Nie-Bedryfslaste 600 000 Bedryfslaste (Slegs krediteure) 90 000 Bedryfsbates 230 000 Voorraad 120 000 Debiteure 80 000 Kontant 30 000 B. Finansiële aanwysers: 2018 2017 Bruto wins op koste van verkope 85% 85% Bruto wins op omset 47,79% 44,2% Netto wins op omset 8,6% 7,2% Skuld : Ekwiteitsverhouding ? 0.82 :1 Bedryfskapitaalverhouding 1.67:1 1,84:1 Vuurproefverhouding ? 1,32:1 Voorraadomsetsnelheid 5.6 keer 4.7 keer Voorraadhoudingstermyn 33 dae 45 dae Vaste Deposito-Rentekoers 9% 9% b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 15 GRAAD 11 VRAAG 5: VERVAARDIGING (45 punte; 27 minute) Die vraag bestaan uit TWEE onafhanklike vrae. 5.1 ALGEMENE GROOTBOEKREKENINGE (35 punte: 21 minute) Round-tree Vervaardigers vervaardig en verkoop sokker- en netbalballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie 2018. GEVRA: 5.1.1 Bereken die grondstowwe gebruik in produksie. (4) 5.1.2 Voltooi die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek: (a) Fabrieksbokoste-rekening (14) (b) Goedere-in-bewerkingvoorraad-rekening (10) (c) Klaarproduktevoorraad-rekening (7) INLIGTING: A. Saldo’s: 1 Julie 2017 30 Junie 2018 Grondstowwe voorrraad 138 800 73 600 Goedere-in-bewerkingvoorraad 31 200 ? Klaarproduktevoorraad 93 200 ? Indirekte aterial (voorhande) 23 600 16 800 B. Transaksies vir die jaar geëindig 30 Junie 2018: Grondstowwe aangekoop (kontant) 382 000 Vraggeld op aankope van grondstowwe (kontant) 11 600 Grondstowwe uitgereik vir produksie ? Indirekte aterial aangekoop (kontant) 69 200 Direkte lone 368 000 Lone vir die skoonmaker: Verkoopsafdeling 23 925 Salaris-Verkoopspersoneel 74 400 Advertensies 12 400 Huuruitgawe 46 400 Fabrieksonderhoud 26 000 Water en elektrisiteit 50 000 Waardevermidering op fabrieksmasjinerie 26 400 Kommissie op Verkope (3% van Verkope) 41 400 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 16 GRAAD 11 C. Addisionele Inligting 1. Huur word verdeel volgens die gebruikte vloerspasie. Die fabriek gebruik 600 vierkante meter en die oorblywende 400 vierkante meter spasie word gelykop tussen die twee ander departemente verdeel. 2. Skoonmakers se lone word verdeel in die verhouding 14:11:5 tussen die fabriek, verkoops- en administratiewe afdelings. 3. Die fabriek gebruik 75% van die water en elektrisiteit. 4. 14 300 eenhede is vervaardig teen ʼn koste van R70 per eenheid. 5. Koste van verkope is gelyk aan 70% van verkope. 5.2 GELYKBREEKPUNT (10 punte: 6 minute) Katlego Monjape het sy eie onderneming begin. Hy maak en verkoop sleutelhouers. GEVRA: 5.2.1 Verduidelik vir Katlego hoekom dit vir hom nodig is om die Gelykbreekpunt te bereken. (2) 5.2.2 Bereken die Gelykbreekpunt vir Katlego. (6) 5.2.3 Lewer kommentaar oor die produksievlak van Katlego se onderneming. (2) INLIGTING: Produksie en verkoopsyfers aan die einde van 2018. Besonderhede Totaal Per eenheid Direkte materiaalkoste R 9 800 R 10 Direkte Lone R 5 880 R6 Fabrieksbokoste R 6 860 Verkoops- en verspreidingskoste R 2 940 R3 Administratiewe koste R 700 Verkope: 2018 = 1 100 eenhede R30 800 R28 2017 = 900 eenhede Gelykbreekpunt: 2017 870 eenhede b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 17 GRAAD 11 VRAAG 6: BEGROTING (35 punte; 20 minute) Die inligting is verkry uit die finansiële rekords van Reddan Handelaars. GEVRA: 6.1 Stel die Debiteure Invorderingskedule op vir die tydperk 1 Januarie 2018 tot 28 Februarie 2018. (9) 6.2 Stel die Kontantbegroting op vir die tydperk 1 Januarie 2018 tot 28 Februarie 2018. (22) 6.3 Wat is die doel om ʼn kontantbegroting op te stel? (2) 6.4 Noem TWEE uitgawes wat nie in die kontantbegroting ingesluit sal word nie. Gee ʼn rede hiervoor. (2) INLIGTING: A. WERKLIKE BEGROTE 2017/2018 November Desember Januarie Februarie Totale verkope 180 000 170 000 200 000 220 000 Totale aankope ? ? Huurinkomste 3 000 3 000 ? ? Onttrekkings 10 000 10 000 ? ? [kontant] Ander bedryfs- ? 38 500 uitgawes B. 10% van alle verkope is kontant. C. Winspersentasie is 60% op kosprys. D. AANKOPE  Alle goedere word op krediet aangekoop. Handelsvoorraadvlakke word konstant gehou.  Krediteure word betaal in die maand direk nadat die aankope gedoen is, sodat die onderneming ʼn 5% korting kan ontvang. E. Debiteure se krediet-terme is 30 dae. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 18 GRAAD 11 F. Debiteure-invordering word soos volg gedoen:  10% in dieselfde maand wat die transaksie plaasgevind het.  50% in die maand na die transaksie plaasgevind het.  40% twee maande na die transaksie plaasgevind het. G. ʼn Gebruikte voertuig is op krediet aan ʼn debiteur verkoop vir R50 000. Die verlies op die verkoop van die bate beloop R6 000. ʼn Tjek vir die volle bedrag gedateer 25 Januarie 2018 is ontvang van die debiteur. H. Die huurooreenkoms maak voorsiening vir ʼn jaarlikse verhoging van 15% met ingang 1 Februarie 2018. I. ʼn Advertensiekontrak word beoog vir die begrotingstydperk. Die advertensie- uitgawe van R12 000 sal in twee gelyke paaiemente betaal word. J. Ander bedryfsuitgawes sal met 10% verhoog met ingang 1 Februarie 2018. K. Die eienaar se onttrekkings:  Hy onttrek dubbel sy maandelikse onttrekings van R10 000 gedurende Januarie om sy seun se skoolfonds te betaal.  Handelsvoorraad ter waarde van R10 000 gedurende Februarie onttrek as ʼn donasie in sy private hoedanigheid. L. Personeelbonusse van R24 000 sal in Februarie 2018 betaal word. M. ʼn Finale betaling van R20 000 op die lening sal op 31 Januarie 2018 gemaak word. N. Die bankrekening toon ʼn ongunstige saldo van R29 000 op 31 Desember 2017. 300 EINDE

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Accounting

Explore more published documents in this catalogue.

View all