NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2024
REKENINGKUNDE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*IACCNA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, insluitend
ƌ formuleblad en ƌ 7 bladsy-antwoordeboek.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 





View all



%20June%202023%20Answerbook_hlayiso.com_--4b61a1af-b499-47c2-813a-2e27bffe45f3/v1-4962c0ac93372be08b0e/card.webp)
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 190.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape November Exam 2024
- Paper 1Question paper · AfrAddendum · EngMemo · Eng
- Paper 2Question paper · AfrAddendum · AfrMemo · Eng
- Other filesErrata
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ƌ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. ƌ Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie
vraestel aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ƌ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ƌ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ƌ riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
TYD
VRAAG ONDERWERP PUNTE
(minute)
1 Vaste bates en interne beheer 25 20
Begrippe en Staat van Omvattende
2 50 40
Inkomste
Staat van Finansiële Posisie en Notas tot
3 40 30
Finansiële State
Finansiële aanwysers en Vertolking van
4 35 30
Finansiële State
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) REKENINGKUNDE V1 3
VRAAG 1: VASTE BATES EN INTERNE BEHEER (25 punte; 20 minute)
Die volgende inligting het betrekking op Asande Handelaars vir die jaar geëindig 29
Februarie 2024.
GEVRA:
1.1 Bereken die ontbrekende syfers wat deur (i) tot (iv) in die vaste bate-nota
aangedui word. (12)
1.2 Stel die Bateverkoperekening op. (7)
1.3 Bereken die persentasie toename in die waarde van Grond en Geboue indien hul
markwaarde soos op 29 Februarie 2024, R5 500 000 beloop. (4)
1.4 Die eienaar merk op dat die kilometers op een van die voertuie uiters hoog is. Hy
het dus tot die gevolgtrekking gekom dat die bestuurder die voertuig misbruik.
Stel TWEE interne beheermaatreëls voor wat geimplementeer kan word om die
besigheid teen die misbruik van voertuie te beskerm. (2)
INLIGTING:
A. Vastebatenota: GROND EN TOERUSTING VOERTUIE
GEBOUE
Drawaarde op 1 Maart 2023 (ii) 200 000
Koste (i) 600 000 680 000
Opgehoopte waardevermindering 180 000 480 000
Byvoegings teen koste 750 000 90 000 120 000
Vervreemding teen drawaarde (iv)
Waardevermindering vir die jaar (iii)
Drawaarde op 29 Februarie 2024 4 000 000
Koste 4 000 000 690 000 440 000
Opgehoopte
waardevermindering
B. Inligting uit die Vastebateregister:
x Waardevermindering word soos volg bereken:
- Op toerusting teen 10% p.j. op verminderdesaldo-metode.
- Op voertuie teen 12% p.j. op koste.
x Nuwe toerusting is op 1 Julie 2023 aangekoop. Geen toerusting is verkoop
nie.
x Geen grond en geboue is gedurende die jaar verkoop nie.
x ƌ Afleweringsvoertuig is op 31 Desember 2023 vir R115 000 kontant verkoop.
Besonderhede wat uit die bateregister oor hierdie voertuig onttrek is:
Kosprys ?
Opgehoopte waardevermindering op 1 Maart 2023 R215 000
25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
4 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
VRAAG 2: BEGRIPPE EN STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE
(50 punte; 40 minute)
2.1 Kies die konsepte in KOLOM B wat die beste by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) op die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 2.1.6 G
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 ƌ Vaste bedrag vir waardevermindering A Drawaarde
word elke jaar op vaste bates afgeskryf
2.1.2 ƌ Aparte rekord word vir elke bate in die B Waardevermindering
besigheid gehou
2.1.3 Die vervreemde bate sal teen hierdie C Waardevermindering op
waarde in die rekeningkundige rekords kosprys
weerspieël word
2.1.4 Die waarde wat ƌ bate gedurende die jaar D Historiese kostebeginsel
verloor
2.1.5 In die nota vir vaste bates word die E Vastebateregister
oorspronklike kosprys getoon
F Besigheidsentiteitsreël
(5 x 1) (5)
2.2 Die volgende inligting hou verband met Eshowe Handelaars. Hul finansiële jaar
eindig op 30 Junie 2024.
GEVRA:
Stel die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig 30
Junie 2024 op. (45)
A. INLIGTING:
Lys van sommige van die saldo’s en totale van Eshowe R
Handelaars op 30 Junie 2024.
Handelsvoorraad 371 000
Toerusting 118 000
Voertuie 450 000
Debiteurkontrole 88 480
Vastedeposito: AC Bank 120 000
Voorsiening vir oninbare skulde (1 Julie 2023) 4 444
Lening: Amazing Bank ?
Verkope 1 696 080
Koste van verkope 998 000
Salarisse en lone 156 000
Versekering 56 400
Telefoon 18 000
Huur inkomste 95 600
Verpakkingsmateriaal 21 450
Oninbare skulde verhaal 640
Werkgewersbydraes 54 000
Oninbare skulde 3 450
Bankkoste 5 800
Korting toegestaan 1 200
Rente op vaste deposito ?
Diverse uitgawes 34 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) REKENINGKUNDE V1 5
B Aansuiwerings en addisionele inligting.
(i) ƌ Kredietnota vir goedere wat R2 800 kos, uitgereik aan ƌ debiteur is nie
aangeteken nie. Goedere is teen ƌ winsopslag van 60% op kosprys verkoop.
Goedere is terug op die rakke geplaas.
(ii) ƌ Brand het in die stoorkamer ontstaan en goedere wat R18 000 gekos het,
vernietig. Die versekeringsmaatskappy het ingestem om 85% van die totale
eis te betaal. Geen inskrywings is gemaak nie.
(iii) Voorraadtelling op 30 Junie 2024 het die volgende aan die lig gebring:
Handelsvoorraad R358 000
Verpakkingsmateriaal R4 000
(iv) ƌ Debiteur A. Susan is insolvent verklaar. Haar boedel het R480 betaal, wat
30 sent in die rand verteenwoordig, uit die insolvente boedel, wat behoorlik
aangeteken is. Die balans moet nog as oninbaar afgeskryf word.
(v) Voorsiening vir oninbare skulde moet teen 5% van uitstaande debiteure
bereken word.
(vi) Ingesluit by die bedrag vir versekering is R4 800 wat vir die tweede en derde
kwartaal van 2024 betaal is.
(vii) Huur is tot 31 Augustus 2024 ontvang. Die maandelikse huur is op 1 April 2024
met 8% verhoog.
(viii) 20% van die telefoonrekening was nog uitstaande.
(ix) Die salaris van ƌ werknemer, mnr Osana, is uit die Junie 2024-salarisjoernaal
weggelaat. Sy salarisbesonderhede is soos volg:
Netto salaris R7 800
Aftrekkings R1 200
Werkgewer se bydrae tot die WVF is 1% van die bruto salaris.
(x) Die volgende inligting verskyn in die bankstaat wat van IFM bank ontvang is:
x Internetbankfooie, R420
x Diensfooie, R880
(xi) Die volgende leningstaat is van Africa Bank ontvang:
Saldo op 1 Julie 2023 280 000
Maandelikse terugbetalings gedurende die jaar gemaak
(rente ingesluit) 4 500
Rente gekapitaliseer ?
Saldo op 30 Junie 2024 249 800
(xii) Maak voorsiening vir waardevermindering van R17 250.
(xiii) Die volgende finansiële aanwyser is aan die einde van die finansiële jaar
bereken, nadat al die bogenoemde aansuiwerings aangeteken is:
Persentasie Netto wins op verkope 22%.
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
6 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
VRAAG 3: STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE EN NOTAS (40 punte; 30 minute)
3.1 Tiny-Tony Handelaars
Die volgende inligting hou verband met Tiny-Tony Handelaars vir die finansiële
jaar geëindig 30 September 2024.
GEVRA:
3.1.1 Stel die Handels- en Ander Ontvangbaresnota op. (5)
3.1.2 Stel die Ekwiteit en Laste-afdeling van die Staat van Finansiële Posisie
op 30 September 2024 op. (17)
INLIGTING:
A. Die volgende saldo’s het onder andere in die Algemene
Grootboek van Tiny-Tony Handelaars op 30 September 2024
verskyn.
Kapitaal: Tiny (01/10/2023) 210 000
Kapitaal: Tony (01/10/2023) 230 000
Privaatrekening: Tiny (Kt.) 15 600
Privaatrekening: Tony (Dt.) 3 600
Handelsvoorraad 125 600
Debiteurekontrole 85 800
Lening: AMP Bank 180 000
Krediteurekontrole 79 500
Toerusting 107 900
Bank (Kt) 5 250
Kleinkas 580
Opgelope inkomste 1 200
SARS: LBS 3 980
Deposito vir elektrisiteit 620
Opgelope uitgawes 450
Pensioenfonds 1 210
Vooruitontvange inkomste 990
B. Aansuiwerings en addisionele inligting:
(i) Die debietsaldo van A. Sign, R800, in die debiteuregrootboek
moet na hul rekening in die krediteuregrootboek oorgeplaas
word.
(ii) Die lening van AMP Bank is oorspronklik op
1 Oktober 2022 ontvang en sou in gelyke maandelikse
paaiemente oor 5 jaar terugbetaal word. Terugbetalings is
tot op datum gemaak en aangeteken. Rente word nie
gekapitaliseer nie.
(iii) Tiny het halfpad deur die jaar addisionele toerusting ter
waarde van R40 000 in die vennootskap bygedra. Geen
inskrywings is in die boeke vir hierdie transaksie gemaak nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) REKENINGKUNDE V1 7
3.2 BECO HANDELAARS
Die volgende inligting is uit die rekeningkundige rekords van BECO
Handelaars onttrek. Die winkel word deur Ben en Collin besit.
GEVRA:
Stel die Privaatrekeningnota op soos dit in die notas by die finansiële state vir
die jaar geëindig 30 September 2024 sal verskyn. (18)
INLIGTING:
A. Die volgende saldo’s het op 30 September 2024 in die grootboek
van BECO Handelaars verskyn:
Kapitaal: Ben 160 000
Kapitaal: Collin 190 000
Privaatrekening: Ben (01/10/2023) (Dt.) 13 500
Privaatrekening: Collin (01/10/2023) (Kt.) 29 000
Onttrekkings: Ben 119 600
Onttrekkings: Collin 105 550
Wins en verlies ?
B. Aansuiwerings en addisionele inligting:
(i) Ben het op 31 Mei 2024 sy kapitaalbydrae met R40 000 kontant
verminder. Dit is in hul boeke aangeteken.
(ii) Collin het die goedere teruggegee wat nie vir sy persoonlike gebruik
geskik was nie, voordat die voorraadopname afgehandel is. Die
kosprys was R750. Geen inskrywing is in die boeke vir die goedere
wat teruggestuur is gemaak nie.
C. Vennootskapsooreenkoms:
(i) Vennote se salarisse:
Ben verdien ƌ maandelikse salaris van R8 500. Collin verdien 8%
minder as Ben.
(ii) Rente op kapitaal:
Rente op kapitaal word bereken teen 15% p.j. Let wel inligting B (i).
(iii) Bonus aan vennote:
Slegs Ben is geregtig om ƌ bonus van R15 300 aan die einde van
die finansiële jaar te ontvang.
(iv) Oorblywende winste/verliese:
Die oorblywende winste/verliese word tussen Ben en Collin in die
verhouding 3 : 2 onderskeidelik gedeel. Collin se sekondêre
verspreiding het R23 980 beloop.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
8 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
VRAAG 4: ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE
(35 punte; 30 minute)
Die volgende inligting is onttrek uit die rekeningkundige rekords van Mila Handelaars,
ƌ vennootskap tussen Mills en Langa. Hul finansiële jaar eindig elke jaar op die
laaste dag van Februarie.
GEVRA:
4.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig 29 Februarie
2024:
4.1.1 % Bedryfsuitgawes op omset (3)
4.1.2 Vuurproefverhouding (4)
4.1.3 % Opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang verdien deur vennote. (5)
4.2 Verduidelik of die onderneming sy bedryfsaktiwiteite doeltreffend bestuur. Haal
TWEE finansiële aanwysers met syfers aan. (4)
Verduidelik hoe die onderneming hul verkope in die toekoms kan verbeter. Haal
EEN finansiële aanwyser aan. (2)
4.3 Die vennote het besluit om hul besigheidsaktiwiteite in 2024 te verhoog en het
ingestem om ƌ lening aan te gaan. Verduidelik hoe hul besluit die finansiële
risiko van die onderneming beïnvloed het. Haal EEN finansiële aanwyser met
syfers aan. (4)
Verskaf TWEE voorstelle wat die vennote kan oorweeg in plaas van om die
lening te verhoog. (2)
4.4 Moet die vennote tevrede wees met die % opbrengs op hul belegging?
Verduidelik en verskaf TWEE punte met relevante syfers. (5)
4.5 Lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van die onderneming vir 2024. Haal
TWEE finansiële aanwysers met vergelykende syfers aan. (6)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste:
2024 2023
Verkope 3 459 000 3 450 000
Koste van verkope 2 161 875 2 156 250
Bedryfsuitgawes 585 000 621 000
Rente uitgawe 83 100 64 500
Netto wins vir die jaar 629 025 608 250
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) REKENINGKUNDE V1 9
B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie:
2024 2023
Nie-bedryfsbates (vaste bates) 810 000 670 000
Voorraad 323 100 300 000
Handels- en ander ontvangbares 223 100 175 000
Kontant en kontantekwivalente 100 000 25 000
Kapitaalrekeninge 2 550 000 1 830 000
Privaatrekeninge 120 000 140 000
Verbandlening 1 869 000 591 000
Bedryfslaste 359 000 250 000
C. Finansiële aanwysers:
2024 2023
% bedryfswins op verkope 22,2% 19,5%
% brutowins op koste van verkope 60% 60%
% bedryfsuitgawes op verkope ? 18%
Bedryfsverhouding 1,8 : 1 2:1
Vuurproefverhouding ? 0,8 : 1
Voorraadomsetkoers 5,2 keer 8 keer
Debiteure-invorderingsperiode 56 dae 32 dae
Krediteure-betalingperiode 35 dae 40 dae
Skuld-ekwiteit-verhouding 0,7 : 1 0,3 : 1
% opbrengs op vennoot se belang ? 22%
Rente op vaste deposito 8,5% 7,5%
35
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
10 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
GRAAD 11 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Netto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale verdienste per vennoot x 100 Netto wins x 100
Gemiddelde eienaarsbelang van vennoot 1 Gemiddelde eienaarsbelang 1
Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste
(Handel en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Kredietaankope 1
Gemiddelde voorraad x 365 of 12 Koste van verkope
Koste van verkope 1 Gemiddelde voorraad
Langtermynlenings : Eienaarsbelang Totale bates : Totale laste
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Addendum

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Addendum

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 QP

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo (Afr)
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202023%20Answerbook_hlayiso.com_--4b61a1af-b499-47c2-813a-2e27bffe45f3/v1-4962c0ac93372be08b0e/card.webp)
Addendum