Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye en 'n 16 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)
Grade 12 Accounting question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 478.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
NSC Supplementary Exam 2016
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Waar van toepassing moet alle bewerkings tot EEN desimale punt bereken
word.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
8. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n gids wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 30 punte; 15 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Krediteure-rekonsiliasie en Rekonsilieer 'n Krediteurerekening met 'n staat
Interne Beheer Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en interne oudit
VRAAG 2: 50 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Produksiekostestaat
Vervaardiging Gelykbreekpunt
Bestuur van hulpbronne
Etiese gedrag
VRAAG 3: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
BTW-konsepte en berekeninge
BTW en Voorraadwaardasie Bestuur van hulpbronne
Spesifieke identifikasie en
geweegdegemiddelde-metodes
VRAAG 4: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
AARP-beginsels
Inkomstestaat, Nota tot die
Inkomstestaat
Balansstaat en Ouditverslag
Handels- en ander ontvangbare bedrae
Ouditverslag
VRAAG 5: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Kontantvloeistaat
Kontantvloeistaat, Ontleding
Ontleding en vertolking van finansiële inligting
en Vertolking van Finansiële
Notas tot die Balansstaat
State
Bestuur van hulpbronne
Bateverkope
VRAAG 6: 50 punte; 35 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Ontleed en vertolk 'n Kontantbegroting
Begrotings
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en interne oudit
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 1: KREDITEURE-REKONSILIASIE EN INTERNE BEHEER
(30 punte; 15 minute)
Machu Handelaars koop goedere op krediet by Pikor Verskaffers. Die besigheid het 'n
staat vir April 2015 van die krediteur ontvang.
GEVRA:
1.1 Verduidelik hoe die Krediteure-rekonsiliasiestaat die besigheid ten opsigte van
hulle interne beheermaatreëls kan bystaan. Noem TWEE punte. (4)
1.2 Bereken die korrekte saldo van Pikor Verskaffers in die Krediteure-
grootboekrekening van Machu Handelaars. Toon die veranderinge aan die syfer
R116 400. (12)
1.3 Stel 'n Krediteure-rekonsiliasiestaat vir Pikor Verskaffers op 30 April 2015 op. (10)
1.4 Die eienaar van Machu Handelaars is nie heeltemal tevrede met die diens en
kwaliteit van goedere wat van Pikor Verskaffers ontvang word nie. Stel TWEE
faktore voor wat hy moet oorweeg voordat hy van verskaffer verander. (4)
INLIGTING:
A. Krediteuregrootboek van Machu Handelaars
PIKOR VERSKAFFERS (KG4)
Datum Debiet Krediet Saldo
2015
April
01 Saldo 44 220
08 Faktuur 153 54 000 98 220
10 Tjek 1449 22 500 75 720
12 Debietnota 746 5 760 69 960
15 Faktuur 111 27 300 97 260
17 Faktuur 214 91 500 188 760
21 Faktuur 273 20 250 209 010
24 Debietnota 966 5 400 214 410
27 Joernaalbewys 490 3 600 210 810
31 Tjek 2346 93 000 117 810
Korting 1 410 116 400
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
B. Staat op 30 April 2015 ontvang:
PIKOR VERSKAFFERS
Posbus 249, Sabie, 8234. Tel: 013 748 0703
Machu Handelaars Datum: 25 April 2015
Posbus 313 Kredietlimiet: R100 000
Graskop, 8250 Betalingsvoorwaardes: 50 dae
Rente op uitstaande rekeninge: 6%
DATUM DEBIET KREDIET BEDRAG
2015
April
01 Rekening gelewer 44 220
05 Rente 780 45 000
08 Faktuur 153 54 000 99 000
10 Kwitansie 491 22 500 76 500
Korting 480 76 020
12 Kredietnota 511 6 570 69 450
17 Faktuur 214 91 500 160 950
19 Kwitansie 654 84 000 76 950
21 Faktuur 273 50 250 127 200
24 Kredietnota 632 5 400 121 800
C. Addisionele inligting
1. Die korting van R480 wat op 10 April 2015 van Pikor Verskaffers ontvang
is, is foutiewelik uit die boeke van Machu Handelaars gelaat.
2. Faktuur 111 is foutiewelik in Pikor Verskaffers se rekening in die
Krediteuregrootboek van Machu Handelaars getoon. Dit verwys na
voorraad wat by 'n ander verskaffer, Lethu Verskaffers, gekoop is.
3. Pikor Verskaffers het 'n fout gemaak met die boekstawing van faktuur 273
op die staat.
4. Goedere wat op 12 April 2015 teruggestuur is, is korrek in Pikor Verskaffers
se staat geboekstaaf. Die inskrywing in die boeke van Machu Handelaars
is foutief.
5. Kwitansie 654 is foutiewelik in die staat van Pikor Verskaffers getoon.
Hierdie transaksie is nie van toepassing op Machu Handelaars nie en sal
op die volgende staat reggestel word.
6. Pikor Verskaffers koop ook goedere op krediet by Machu Handelaars.
Verwys na Joernaalbewys 490. Machu Handelaars het 'n debietsaldo uit die
Debiteuregrootboek oorgeplaas. Hierdie inskrywing is nie deur Pikor
Verskaffers geboekstaaf nie
7. Die transaksie op 24 April 2015 is ten opsigte van goedere wat aan Pikor
Verskaffers teruggestuur is.
8. Die rekeningstaat toon transaksies tot en met 25 April 2015.
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 2: VERVAARDIGING (50 punte; 25 minute)
2.1 KONSEPTE
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK.
2.1.1 Kommissie op verkope sal as 'n administrasiekoste geklassifiseer word. (1)
2.1.2 Advertensies is deel van fabrieksbokoste. (1)
2.1.3 Vraggeld op grondstof gekoop, verhoog die koste van grondstof
uitgereik vir produksie. (1)
2.2 STAR WHEELS VERVAARDIGERS
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Star Wheels Vervaardigers vir
die jaar geëindig 31 Desember 2015. Die onderneming vervaardig een soort
fiets.
GEVRA:
2.2.1 Stel die volgende notas tot die Produksiekostestaat op:
• Direkte arbeidskoste (9)
• Fabrieksbokoste (13)
2.2.2 Stel die Produksiekostestaat op. (10)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo's:
31 Desember 2015 1 Januarie 2015
Grondstofvoorraad
Goedere-in-bewerkingvoorraad ? R160 000
Klaarproduktevoorraad R95 000 R110 000
Indirekte fabrieksmateriaal R15 100 R13 200
B. Werknemers in die produksieproses:
Getal werknemers 14 werknemers
Basiese maandelikse salaris van elke werknemer R7 000
Totale ure oortyd gewerk per werknemer vir die jaar 144 uur
Oortydtarief per uur R65
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
Indiensnemingsvoordele:
• Alle werknemers in die produksieproses werk dieselfde aantal ure
oortyd.
• WVF-aftrekkings van die basiese salaris is 1%. Die werkgewer dra
'n bykomende 1% van die basiese salaris tot die WVF by.
C. Die fabrieksvoorman is geregtig op 'n jaarlikse salaris van R156 000
(WVF en pensioenvoordele ingesluit).
D. Rekeninge wat op 31 Desember 2015 in die Algemene Grootboek verskyn:
Water en elektrisiteit R104 000
Huuruitgawe R115 200
Versekering R71 400
• 10% van die water en elektrisiteit is deur die administrasiekantoor
gebruik. Die fabriek het die res gebruik.
• Huur word tussen die verskillende afdelings volgens vloerspasie
verdeel:
Totaal Fabriek Administrasie Verkope
Vloerspasie 1 500 m2 600 m2 400 m2 500 m2
• Versekering van R2 800 vir Desember 2015 is steeds uitstaande.
Versekering word in 'n verhouding 3 : 2 : 2 tussen die fabriek, verkoops-
en administrasieafdelings verdeel.
E. Indirekte materiaal van R38 400 is in die finansiële jaar vir die fabriek
aangekoop.
F. Die volgende syfers is vir die finansiële jaar bereken:
• Waardevermindering op fabriekstoerusting, R277 220
• Direkte materiale (grondstowwe) uitgereik vir vervaardiging, R2 100 000
G. Besonderhede uit die Inkomstestaat vir die jaar:
Verkope van klaarprodukte R6 200 000
Koste van verkope van klaarprodukte R4 015 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
2.3 NUTRITIOUS EATS
Hierdie besigheid vervaardig en verkoop een soort ontbytgraankos. Craig
Manning is die alleeneienaar. Die finansiële jaareinde is 31 Oktober.
GEVRA:
2.3.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 31 Oktober 2015. (4)
2.3.2 Behoort die onderneming tevrede te wees met die getal eenhede wat
hulle in die huidige finansiële jaar vervaardig en verkoop het?
Verduidelik. Haal syfers aan. (3)
2.3.3 Gee TWEE moontlike redes vir die styging in die direkte materiaalkoste
per eenheid in die huidige finansiële jaar. (4)
2.3.4 Craig stel voor dat, om die finansiële resultate in die nuwe finansiële jaar
te verbeter, die hoeveelheid graankos per houer met 10% verminder
moet word en dat die verkoopprys dieselfde moet bly. Gee TWEE
geldige redes waarom hy dit nie moet doen nie. (4)
INLIGTING:
Die volgende inligting is uit die rekeningkundige rekords geneem:
31 Oktober 2015 31 Oktober 2014
Per Per
Totaal Totaal
eenheid eenheid
Verkope R1 792 000 R28,00 R1 794 000 R23,00
Veranderlike koste R1 024 000 R16,00 R975 000 R12,50
Vaste koste R736 000 R11,50 R630 000 R8,08
Direkte materiaalkoste R656 000 R10,25 R592 800 R7,60
60 000
Gelykbreekpunt ?
eenhede
Getal eenhede gemaak
64 000 78 000
(vervaardig) en
eenhede eenhede
verkoop
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 3: BTW EN VOORRAADWAARDASIE (40 punte; 25 minute)
3.1 BTW-KONSEPTE
Verander die onderstreepte gedeeltes in die volgende sinne om die stellings
WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord neer langs die vraagnommer
(3.1.1–3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK.
3.1.1 Inset-BTW is BTW wat teen kliënte gehef word. (1)
3.1.2 BTW is aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank betaalbaar. (1)
3.1.3 BTW op vrugte en groente word teen 14% gehef. (1)
3.2 BTW-BEREKENINGE
Wandile Handelaars is 'n BTW-geregistreerde onderneming. Die standaardkoers
vir BTW is 14%.
GEVRA:
Bereken die korrekte bedrag BTW wat die besigheid moet betaal. Toon ALLE
bewerkings. (12)
INLIGTING:
Die boekhouer, Felix, het die BTW-kontrolerekening vir die belastingtydperk wat
op 31 Mei 2015 eindig, opgestel en by 'n bedrag R43 820, wat vir BTW betaal
moet word, uitgekom.
Die interne ouditeur het egter die volgende foute en weglatings geïdentifiseer
wat steeds in ag geneem moet word om die korrekte BTW-betaalbare bedrag te
bereken:
A. Verkoopsfakture uit die Debiteurejoernaal weggelaat,
R10 830
BTW ingesluit
B. Beskadigde goedere aan verskaffers teruggestuur,
18 600
BTW uitgesluit
C. BTW op diverse besigheidsuitgawes uitgelaat 6 818
D. BTW op kortings van verskaffers ontvang 756
E. BTW op oninbare skulde ingevorder 112
F. BTW op oninbare skulde is aan die verkeerde kant van die
92
BTW-kontrolerekening geboekstaaf
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
3.3 VOORRAADWAARDASIE
Bamjee Winkels verkoop twee soorte manshorlosies:
• Johx, van Duitsland ingevoer
• Kwatz, plaaslik vervaardig
Die finansiële jaar het op 31 Augustus 2015 geëindig.
GEVRA:
3.3.1 Bereken die volgende met betrekking tot Johx-horlosies op
31 Augustus 2015:
(a) Eindvoorraad (5)
(b) Koste van verkope (4)
(c) Gemiddelde voorraadhoudingstydperk (in dae) (4)
3.3.2 Bereken die volgende waardes (in rand) met betrekking tot Kwatz-
horlosies op 31 Augustus 2015:
(a) Eindvoorraad (7)
(b) Verkope (3)
3.3.3 Verduidelik waarom die besigheid verskillende metodes gebruik om elke
soort horlosie te waardeer. Noem EEN geldige punt. (2)
INLIGTING
A. • Die besigheid gebruik die volgende metodes om die voorraad
horlosies te waardeer:
o Johx – spesifieke identifikasie
o Kwatz – geweegde gemiddeld
• Geen horlosies is in die finansiële jaar gesteel of vermis nie.
B. Inligting met betrekking tot Johx-horlosies:
EEN- EENHEIDS- TOTALE EENHEDE TOTALE
HEDE PRYS BEDRAG VERKOOP VERKOPE
Aanvangsvoorraad 12 R6 500 R78 000 11 R125 125
Aankope: 35 R252 000
September 2014 15 R6 800 R102 000 10 R119 000
Januarie 2015 12 R7 300 R87 600 10 R127 750
April 2015 8 R7 800 R62 400 5 R68 250
47 R330 000 36 R440 125
• Die kosprys van Johx-horlosies sluit alle vervoerkoste en
doeaneverpligtinge in.
• Hierdie horlosies word teen 'n winsopslag van 75% op kosprys
verkoop.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
C. Inligting met betrekking tot Kwatz-horlosies:
TOTALE
EENHEDE EENHEIDSPRYS
BEDRAG
Aanvangsvoorraad 95 R340 R32 300
Aankope: 675 R259 900
September 2014 320 R375 R120 000
Januarie 2015 210 R390 R81 900
April 2015 145 R400 R58 000
• Kwatz-horlosies word teen 'n vaste verkoopprys van R520 elk
verkoop.
• Koste om Kwatz-horlosies vanaf plaaslike verskaffers te vervoer, het
R11 950 vir die finansiële jaar beloop en is nie by die syfers hierbo
ingesluit nie.
• Daar was 92 Kwatz-horlosies in voorraad op 31 Augustus 2015.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 4: INKOMSTESTAAT, NOTA TOT DIE BALANSSTAAT EN
OUDITVERSLAG (65 punte; 40 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Musica Beperk vir die jaar geëindig
31 Desember 2015.
GEVRA:
4.1 Stel die Inkomstestaat op. (50)
4.2 Stel die Nota tot die Balansstaat vir Handels- en Ander Ontvangbare Bedrae op. (10)
INLIGTING:
Uittreksel uit Vooraansuiweringsproefbalans op 31 Desember 2015:
Balansstaatrekeninge-afdeling Debiet Krediet
Gewone aandelekapitaal 3 000 000
Behoue inkomste (1 Januarie 2015) 628 000
Lening van Paris Bank 540 800
Debiteurekontrole 125 000
Krediteurekontrole 96 200
Voorsiening vir oninbare skulde 7 150
Handelsvoorraad 376 000
SAID: Inkomstebelasting 315 000
Nominalerekeninge-afdeling
Verkope 8 412 000
Koste van verkope 4 595 000
Debiteure-afslag 112 000
Diverse uitgawes 257 400
Bankkoste 41 905
Ouditfooie 75 600
Verpakkingsmateriaal 15 400
Herstelwerk en instandhouding 107 500
Kommissie-inkomste 64 140
Direkteursvergoeding 736 000
Salarisse en lone 1 020 000
Werkgewersbydraes 156 000
Rente op lopende bankrekening 3 000
Oninbare skulde 17 600
Huurinkomste 87 720
Dividende op gewone aandele 360 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
Aansuiwerings en addisionele inligting:
A. Voorsien vir R278 200 waardevermindering vir die finansiële jaar.
B. 'n Debiteur, P Maine, het op 27 Desember 2015 handelsware
teruggestuur. 'n Kredietnota vir R1 600 is aan haar uitgereik. (Die kosprys
was R900.) Geen inskrywings vir die terugstuur van die handelsware is
gemaak nie. Hierdie items is weer in die voorraad opgeneem.
C. Die insolvente boedel van 'n debiteur, J Jabaroo, het 45 sent in die rand
uitbetaal en op 31 Desember 2015 'n direkte deposito van R2 025
gemaak. Die uitstaande saldo moet afgeskryf word. Geen inskrywings is
gemaak om die direkte deposito en die bedrag afgeskryf, te boekstaaf
nie.
D. Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot R8 000 verhoog word.
E. Die voorraadopname op 31 Desember 2015 het die volgende getoon:
• Handelsvoorraad R369 100
• Verpakkingsmateriaal R2 400
F. Die maatskappy het twee direkteure. Elke direkteur ontvang dieselfde
maandelikse vergoeding. Een van die direkteure het nie sy
direkteursvergoeding vir Desember 2015 ontvang nie.
G. Rente op die lening van Paris Bank is nog nie geboekstaaf nie. Rente
word gekapitaliseer. Die leningstaat van Paris Bank ontvang, het die
volgende getoon:
Saldo op 1 Januarie 2015 R601 600
Terugbetalings gedurende die jaar gemaak R100 800
Saldo op 31 Desember 2015 R540 800
H. Daar was geen verandering in die maandelikse huur in die finansiële jaar
nie. Die huurder het R6 000 vir herstelwerk aan die geboue betaal.
Aangesien Musica Beperk vir alle herstelwerk verantwoordelik is, het die
huurder hierdie bedrag van die huur wat hy vir November 2015 betaal
het, afgetrek. Die herstelwerk is nog nie geboekstaaf nie, en die huur vir
Desember 2015 is nog nie ontvang nie.
I. 'n Werknemer is uit die Salarisjoernaal weggelaat.
Sy besonderhede is:
Netto salaris R12 150
Aftrekkings R6 350
Werkgewersbydraes R5 050
J. Inkomstebelasting vir die jaar is korrek as R300 300 bereken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
4.3 OUDITVERSLAG
Jy word voorsien van 'n uittreksel uit die onafhanklike ouditverslag van
Sumba Bpk.
UITTREKSEL UIT DIE OUDITVERSLAG VAN SUMBA BPK.
Ons het bevind dat interne beheerprosedures nie nagekom is nie en dat
dokumentasie vir 'n beduidende gedeelte van die transaksies getoets, nie
bestaan het nie.
As gevolg van die gewigtigheid van die saak wat in die vorige paragraaf beskryf
word, kon ons nie genoeg ouditbewyse bekom om as basis vir 'n ouditmening te
dien nie. Gevolglik spreek ons nie 'n mening uit oor die finansiële state vir die
jaar geëindig 28 Februarie 2014 nie.
GEVRA:
4.3.1 Die ouditverslag is 'n voorbeeld van 'n (gekwalifiseerde/
ongekwalifiseerde/weerhouding-van-mening-) ouditverslag. (1)
4.3.2 Aan wie is die ouditverslag gerig? Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
4.3.3 Verduidelik waarom hierdie ouditverslag waarskynlik 'n negatiewe
uitwerking op die waarde van die maatskappy se aandele op die JSE
sal hê. (2)
65
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 5: KONTANTVLOEISTAAT, ONTLEDING EN VERTOLKING VAN
FINANSIËLE STATE (65 punte; 40 minute)
Jy word voorsien van inligting vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2016,
geneem uit die boeke van Chuta Bpk., 'n genoteerde publieke maatskappy.
5.1 Verwys na Inligting C.
Stel die Bateverkoperekening op ten opsigte van toerusting wat op
31 Augustus 2015 verkoop is. (9)
5.2 Verwys na Inligting C.
Bereken die bedrae wat deur (a) tot (c) aangedui is. (12)
5.3 Bereken die volgende syfers wat in die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig
28 Februarie 2016 sal verskyn: (Toon ALLE bewerkings.)
5.3.1 Inkomstebelasting betaal (5)
5.3.2 Netto verandering in kontant en kontantekwivalente (4)
5.4 Stel die afdeling vir kontantgevolge van finansieringsaktiwiteite van die
Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2016 op. (7)
5.5 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2016: (Rond jou berekening tot EEN desimale punt of die naaste
sent af, waar van toepassing.)
5.5.1 Netto batewaarde per aandeel (3)
5.5.2 Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (5)
5.5.3 Skuld-ekwiteitverhouding (3)
5.6 Verwys na Inligting F.
5.6.1 Die direkteure is nie tevrede met die likiditeitsposisie nie. Haal aan en
verduidelik DRIE relevante finansiële aanwysers (met syfers) om hierdie
stelling te staaf. (6)
5.6.2 Die direkteure het besluit om die lening in die huidige finansiële jaar te
verhoog. Verduidelik waarom dit 'n goeie besluit was. Haal aan en
verduidelik TWEE finansiële aanwysers (met syfers) in jou antwoord. (8)
5.6.3 Die direkteure was tevrede met die prys waarteen die maatskappy die
40 000 aandele teruggekoop het. Gee 'n geskikte rede waarom die
direkteure so gevoel het. Haal relevante finansiële aanwysers (met
syfers) aan om jou antwoord te ondersteun. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig
28 Februarie 2016:
Verkope R2 800 000
Netto wins voor belasting 1 240 000
Inkomstebelasting ?
Netto wins na belasting 892 800
B. Uittreksel uit die Balansstaat op 28 Februarie 2016:
2016 2015
Vaste bates (drawaarde) ? ?
Vaste deposito: FS Bank 1 450 000 1 200 000
Bedryfsbates 1 944 280 1 010 000
Voorraad 975 700 345 000
Debiteure en ander ontvangbare bedrae 419 000 629 600
SAID (Inkomstebelasting) 0 17 400
Kontant en kontantekwivalente 549 580 18 000
Aandeelhouersbelang 5 950 800 4 345 000
Aandelekapitaal 5 402 000 4 200 000
Behoue inkomste 548 800 145 000
Verbandlening: TKO Bank 1 950 000 400 000
Bedryfslaste 587 200 555 000
Krediteure en ander betaalbare bedrae 437 800 165 000
Opgelope uitgawes 8 700 5 000
SAID (Inkomstebelasting) 35 700 0
Aandeelhouers vir dividende 105 000 275 000
Oortrokke bankrekening 0 110 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 17 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
C. Vaste Bates
(i) Grond en Voertuie Toerusting
Geboue
Drawaarde aan die begin van
2 000 000 (b)
die jaar
Kosprys 2 000 000 900 000
Opgehoopte waardevermindering 0 (470 000)
Bewegings:
Toevoegings (a) 150 000
Bateverkope 0
Waardevermindering 0 (c)
Drawaarde aan die einde van
3 900 000
die jaar
Kosprys 3 900 000 930 000
Opgehoopte waardevermindering 0
(ii) Toerusting
• 'n Ou drukker, gekoop vir R120 000, is op 31 Augustus 2015 teen
drawaarde vir kontant verkoop. Opgehoopte waardevermindering
op die drukker was op 1 Maart 2015, R38 400.
• 'n Nuwe drukker is op 1 September 2015 vir R150 000 gekoop.
• Waardevermindering op toerusting word teen 20% p.j. volgens die
verminderdesaldo-metode afgeskryf.
D. Aandelekapitaal
• Gemagtigde aandelekapitaal is 3 000 000 gewone aandele.
• In 2012 is 1 200 000 gewone aandele vir R3,50 per aandeel uitgereik.
• Op 1 November 2015 is 300 000 gewone aandele vir R4,50 elk
uitgereik.
• Op 28 Februarie 2016 is 40 000 aandele teen R0,60 meer as die
gemiddelde uitreikprys per aandeel teruggekoop.
E. Dividende
Die direkteure het 'n finale dividend van 7 sent per aandeel verklaar.
Die aandele wat op 28 Februarie 2016 teruggekoop is, kwalifiseer ook vir
die finale dividende.
F. Finansiële Aanwysers op 28 Februarie:
2016 2015
Netto wins na belasting op verkope 31,9% 24,5%
Bedryfsverhouding 3,3 : 1 1,8 : 1
Debiteure-invorderingstydperk 36 dae 28 dae
Krediteurebetalingstydperk 45 dae 80 dae
Vuurproefverhouding 1,7 : 1 1,2 : 1
Omsetsnelheid van voorraad 3 keer 5 keer
Opbrengs op aandeelhouersbelang ? 17,5%
Opbrengs op totale kapitaal aangewend 24,2% 21,2%
Skuld-ekwiteitsverhouding ? 0,09 : 1
Rentekoers op lenings 10,5% 10,5%
Netto batewaarde per aandeel ? 362 sent
Markprys per aandeel 505 sent 480 sent
65
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 18 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 6: BEGROTINGS (50 punte; 35 minute)
6.1 KOBUS HARDEWARE
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Kobus Hardeware, waarvan
Kobus Groenewald die eienaar is.
GEVRA:
6.1.1 Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (a) tot (e) in die
Kontantbegroting vir Maart en April 2016. (17)
6.1.2 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir April 2016. (8)
6.1.3 Bereken die persentasie toename in diverse uitgawes. (4)
6.1.4 Die Kontantbegroting vir Maart en April 2016 dui daarop dat hierdie
besigheid ernstige finansiële probleme in die gesig sal staar. Identifiseer
TWEE items om hierdie stelling te staaf. Haal relevante syfers aan. (4)
6.1.5 Verwys na Inligting K.
Verduidelik waarom elk van die items 'n probleem vir die besigheid is.
Noem TWEE punte in ELKE geval. (4 x 2) (8)
INLIGTING:
A. 'n Uittreksel uit die
MAART 2016 APRIL 2016
Kontantbegroting
KONTANTONTVANGSTES
Kontantverkope (a) 237 600
Kontant van debiteure 144 400 ?
Huurinkomste 3 000 (c)
Lening: Bull Bank - 180 000
Kommissie-inkomste 26 600 28 000
KONTANTBETALINGS
Kontantaankope van handelsvoorraad (b) 257 500
Betalings aan krediteure vir voorraad 32 350 28 250
Salarisse en lone 61 240 61 240
Leningpaaiement - (d)
Rente op lening - (e)
Versekering 2 260 2 260
Onttrekkings 18 000 18 000
Afleweringsuitgawes 30 000 30 000
Diverse uitgawes 87 600 89 790
Kontantsurplus/(-tekort)
Bank: Beginsaldo
Bank: Eindsaldo (75 300) (44 900)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 19 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
B. Die onderneming het slegs een verskaffer. Kommissie van 7% van die
totale verkope is ontvangbaar in die maand wat op die verkope volg.
C. Kontantverkope beloop 60% van totale verkope.
D. Totale verkope vir Februarie 2016 was R380 000.
E. 10% van die handelsvoorraad word op krediet gekoop. Krediteure word
ten volle betaal in die maand wat op die maand van aankope volg.
F. Invorderings van debiteure:
• 45% vereffen rekeninge in die maand van verkope en ontvang
5% korting.
• 50% vereffen rekeninge in die volgende maand.
• Voorsiening word vir 5% oninbare skulde gemaak.
G. 'n Huurder het 'n stoorkamer in ons gebou gehuur. Hy het op
15 Maart 2016 ingetrek en moes slegs die helfte van die huurbedrag
betaal. Hy is in kennis gestel dat die huur jaarliks op 1 April met 5,5%
verhoog.
H. Diverse uitgawes sal na verwagting maandeliks met 'n vaste persentasie
verhoog.
I. Die lening, teen 10,5% p.j. rente, sal op 1 April 2016 uitgeneem word.
• Die lening sal met aanvang 30 April 2016 in 24 gelyke maandelikse
paaiemente terugbetaal word.
• Rente op die lening is ook met aanvang 30 April 2016 aan die einde
van elke maand betaalbaar. Rente word nie gekapitaliseer nie.
J. Die bank het vir Kobus 'n oortrekkingslimiet van R40 000 goedgekeur.
K. Kobus is bekommerd oor die volgende items wat onder/oor die begroting
vir Februarie 2016 was:
Onder/oor
Item Begroot Werklik
begroting
Invordering van debiteure 174 200 61 800 Onder
Betalings aan krediteure 39 400 15 600 Onder
Versekering 2 260 0 Onder
Onttrekkings 18 000 52 000 Oor
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 20 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
6.2 BESTUUR VAN VASTE BATES
Jy is die interne ouditeur vir Kobus Hardeware. Kobus is bekommerd dat hy
te veel aan die aflewering van goedere by klante spandeer. Hy het die syfers vir
'n tipiese maand, Februarie 2016, aan jou voorsien.
GEVRA:
Identifiseer EEN probleem met betrekking tot elke voertuig/drywer. Haal syfers
aan om jou antwoorde te staaf. Gee Kobus EEN voorstel (raad) vir ELKE
probleem geïdentifiseer. (9)
INLIGTING:
A. Kobus het drie afleweringsvoertuie en drie drywers werk vir hom om
goedere gratis by klante af te lewer. Daar word van die drywers verwag
om vyf dae 'n week te werk. Daar is vier weke in Februarie.
B. Sommige klante woon naby terwyl ander verder weg woon. Geen klant
woon verder as 20 km van die winkel af nie (d.i. maksimum 40 km heen
en weer).
C. Inligting uit die rekeningkundige rekords vir Februarie 2016:
Voertuig 1 Voertuig 2 Voertuig 3
Naam van drywer Leroy Fred Bheki
Datum aangekoop 1 Mrt. 2014 2 Feb. 2012 1 Mei 2007
Drawaarde R270 000 R102 000 R1
Getal dae deur drywer
12 20 20
gewerk
Salaris van drywer per R8 000 R5 000 R5 000
maand
Getal aflewerings gemaak 48 80 120
Gemiddelde getal ritte per
4 4 6
dag
Kilometer gery 1 300 4 600 3 000
Gemiddelde getal kilometer
27 58 25
per rit
Brandstof (liter) gebruik 59 209 214
Kilometer per liter 22 22 14
Brandstofkoste
R668 R2 365 R2 424
(R11,31 per liter)
Brandstofkoste per km R0,51 R0,51 R0,81
50
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 KZN June 2016 Question Paper

Question paper
Accounting Grade 12 KZN Prelim 2016 Question Paper

Question paper
Accounting Grade 12 NSC November 2016 Question Paper (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 KZN June 2016 Memo
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum