Skip to content

Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 12201818 pages

Grade 12 Accounting question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENINGKUNDE FEBRUARIE/MAART 2018 PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n 16 bladsy-antwoordeboek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 3 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS 8. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG 1: 40 punte; 25 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Finansiële rekeningkunde Debiteureversoening Debiteureversoening en BTW BTW-berekeninge Bestuur van hulpbronne Interne beheer en etiek VRAAG 2: 35 punte; 20 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Bestuur van hulpbronne Voorraadwaardasie en EIEU en geweegdegemiddelde-waardasie- Interne Beheer metodes Interne beheer VRAAG 3: 45 punte; 25 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Bestuursrekeningkunde Produksiekostestaat Vervaardiging Gelykbreekontleding Bestuur van hulpbronne Interne beheer VRAAG 4: 65 punte; 40 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Finansiële rekeningkunde Begrippe Balansstaat en Ouditverslag Balansstaat en notas Bestuur van hulpbronne Ouditproses VRAAG 5: 70 punte; 45 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Finansiële rekeningkunde Kontantvloeistaat Vaste Bates, Kontantvloei en Vertolking van finansiële inligting Vertolking Bestuur van hulpbronne Vaste bates VRAAG 6: 45 punte; 25 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Bestuursrekeningkunde Berekeninge Geprojekteerde Inkomstestaat Vertolking van begrotingsinligting Bestuur van hulpbronne Interne beheerprosesse Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 4 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS VRAAG 1: DEBITEUREVERSOENING EN BTW (40 punte; 25 minute) 1.1 DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE Die inligting hieronder het betrekking op Witbank Hardeware. GEVRA: 1.1.1 Verduidelik waarom die debiteure-ouderdomsanalise as 'n doeltreffende interne beheermaatreël beskou word. Noem EEN punt. (2) 1.1.2 Verduidelik TWEE verskillende probleme wat deur die debiteure- ouderdomsanalise uitgelig word. Verskaf in ELKE geval die naam van 'n debiteur en syfer(s). (6) INLIGTING: A. Debiteure word 30 dae gegun om hulle rekeninge te vereffen. B. Debiteure-ouderdomsanalise op 31 Oktober 2017: KREDIET- BEDRAG HUIDIGE 30 60 90 DEBITEURE LIMIET VERSKULDIG MAAND DAE DAE DAE Z Zulu 6 000 5 000 2 100 2 900 P Botha 3 500 4 200 3 800 400 M Valley 7 000 1 450 500 950 S Walker 13 000 12 500 1 000 3 000 4 500 4 000 O Klein 3 000 3 000 1 900 1 100 26 150 9 300 6 300 5 600 4 950 100% 36% 24% 21% 19% 1.2 DEBITEUREVERSOENING Inligting uit die rekords van Amber Handelaars vir November 2017 word voorgehou. Enkele foute en weglatings is opgemerk. Sien inligting B. GEVRA: 1.2.1 Bereken die korrekte Debiteurekontrolesaldo op 30 November 2017. Toon syfers en dui '+', '–' of 'Geen verandering nie' by ELKE aansuiwering aan. (7) 1.2.2 Bereken die korrekte totaal van die debiteurelys op 30 November 2017. (10) INLIGTING: A. Saldo's op 30 November 2017 voor foute en weglatings: (i) Debiteurekontrole, R25 700 (ii) Debiteurelys: DEBIET KREDIET L Nkosi R5 700 S Muller R11 100 M Welthagen R1 900 B Sandleni R15 900 R32 700 R1 900 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 5 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS B. Foute en weglatings: (i) Die totaal van die Debiteurejoernaal is met R2 700 te min bereken. (ii) Rente van R350 moet op die agterstallige rekening van S Muller gehef word. (iii) 'n Bedrag van R3 100, ontvang van L Nkosi, is foutief as R1 300 in die Kontantontvangstejoernaal geboekstaaf en as sulks na die Algemene Grootboek en die Debiteuregrootboek oorgeboek. (iv) Handelsvoorraad deur B Sandleni teruggestuur, is na die verkeerde kant van sy Debiteuregrootboekrekening oorgeboek, R1 200. (v) Geen inskrywing is gemaak vir 'n kredietverkoopfaktuur wat aan M Welthagen uitgereik is nie, R1 500. 1.3 BTW Die inligting het betrekking op Aqua Winkels vir die BTW-tydperk geëindig 31 Julie 2017. Nomvula Sithole is die eienaar van die onderneming. Alle goedere verkoop, is onderhewig aan 14% BTW. GEVRA: 1.3.1 Bereken die BTW-bedrag wat op 31 Julie 2017 óf ontvangbaar van is óf aan SAID betaalbaar is. (11) 1.3.2 Nomvula het goedere met 'n merkprys van R35 000 by Beta Verskaffers bestel. Die verkoopsdirekteur van Beta Verskaffers, Jim Frow, het aangebied om hierdie goedere vir R15 000 aan Nomvula te verkoop, op voorwaarde dat hulle nie 'n faktuur hoef uit te reik nie. Lewer kommentaar op die aanbod wat Jim gemaak het. Noem TWEE punte. (4) INLIGTING: A. Bedrag op 1 Julie 2017 deur SAID verskuldig, R27 200. B. Bedrae uit die Joernale op 31 Julie 2017: BTW BTW- BTW BESONDERHEDE UITGESLUIT BEDRAG INGESLUIT Totale verkope R495 000 R69 300 R564 300 Aankope van voorraad 159 000 22 260 181 260 Voorraad deur debiteure teruggestuur 15 000 ? 17 100 Oninbare skulde ? ? 34 200 C. Die volgende transaksies is nie in berekening gebring nie:  Voorraad deur eienaar geneem, kosprys R9 000 (BTW uitgesluit).  BTW op korting wat van verskaffers ontvang is. Totale korting ontvang, beloop R33 630. 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 6 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS VRAAG 2: VOORRAADWAARDASIE EN INTERNE BEHEER (35 punte; 20 minute) 2.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1 Goedere aangekoop word in die deurlopende voorraadstelsel as 'n (bate/uitgawe) vir die onderneming geboekstaaf. (1) 2.1.2 Die (spesifieke-identifikasie/geweegdegemiddelde)-voorraadwaardasie- metode is die geskikste vir unieke produkte met hoë waarde. (1) 2.1.3 Koste van verkope word gewoonlik aan die einde van die finansiële jaar in die (periodieke/deurlopende) voorraadstelsel bereken. (1) 2.2 MONGI HANDELAARS Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Mongi Handelaars. Die onderneming verkoop een soort plastiektafel. Hulle finansiële jaar eindig op 31 Desember. Die onderneming gebruik die EIEU-metode om hulle voorraad te waardeer. Hulle gebruik die periodieke voorraadstelsel. GEVRA: 2.2.1 Bereken die waarde van die slotvoorraad op 31 Desember 2017 volgens die EIEU-metode. (6) 2.2.2 Bereken die volgende vir die jaar geëindig 31 Desember 2017:  Koste van verkope  Bruto wins (8) 2.2.3 Die eienaar oorweeg dit om die voorraadwaardasiemetode na die geweegdegemiddelde-metode te verander.  Bereken die waarde van die eindvoorraad op 31 Desember 2017 deur die geweegdegemiddelde-metode te gebruik. (6)  Wat sal die effek op die bruto wins wees indien die eienaar na hierdie waardasiemetode verander? Verskaf syfers. (3) INLIGTING: A. Voorraad: GETAL PER TOTALE DATUM EENHEDE EENHEID WAARDE 1 Januarie 2017 540 R350 R189 000 31 Desember 2017 440 ? ? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 7 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS B. Aankope en terugsendings in 2017: Aankope: GETAL VRAGGELD TOTALE TOTALE PER TOTALE DATUM EEN- PER VRAG- AANKOOP- EENHEID AANKOPE HEDE EENHEID GELD KOSTE 31 Mrt. 550 R370 R203 500 R13 750 R217 250 30 Jun. 900 R380 R342 000 R22 850 R364 850 30 Sep. 500 R350 R175 000 R25 R12 500 R187 500 30 Nov. 300 R400 R120 000 R30 R9 000 R129 000 Totale 2 250 R840 500 R58 100 R898 600 Terugsendings: GETAL PER TOTALE VRAGGELD TOTALE DATUM EEN- EENHEID TERUGSENDINGS PER EENHEID VRAGGELD HEDE 5 Jul. 50 R380 R19 000 0 0 Hierdie terugsendings is van die aankope van Junie 2017. Daar is geen terugbetaling van vraggeld nie. C. Verkope: 2 300 eenhede teen R600 elk = R1 380 000 2.3 INTERNE BEHEER Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Leno Meubileerders. Hulle verkoop tafels, stoele en beddens slegs vir kontant. Die eienaar is bekommerd dat die syfers verskaf, swak interne beheer en besluitneming toon. Identifiseer EEN probleem vir elke produk. Haal syfers aan. Gee in ELKE geval raad oor hoe om die probleem op te los. (9) INLIGTING: Inligting uit die rekords vir die finansiële jaar: TAFELS STOELE BEDDENS Aanvangsvoorraad (eenhede) 50 209 300 Eenhede aangekoop 670 2 390 380 Eenhede verkoop 600 2 400 480 Eenhede volgens fisiese telling by 90 199 200 jaareinde Verkoopprys per eenheid R1 500 R800 R3 000 Totale verkope (bedrae werklik R900 000 R1 800 000 R1 440 000 gedeponeer) 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 8 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS VRAAG 3: VERVAARDIGING (45 punte; 25 minute) 3.1 GLAMOUR ROKSKEPPINGS Glamour Rokskeppings vervaardig een soort damesrok. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2017 geëindig. GEVRA: 3.1.1 Stel die Produksiekostestaat op vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017. (21) 3.1.2 Bereken die netto wins vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017. (7) INLIGTING: A. Voorraadsaldo's, onder andere, geneem uit die Algemene Grootboek: 28 FEBRUARIE 2017 1 MAART 2016 Goedere-in-bewerking-voorraad ? R76 000 Klaarproduktevoorraad R190 000 R110 000 B. Inligting geneem uit die finansiële rekords op 28 Februarie 2017: Administrasiekoste R259 010 Grondstofkoste/Direkte materiaalkoste 918 550 Fabrieksbokoste 227 240 Verkoop- en verspreidingskoste 410 000 Netto lone aan fabriekwerkers betaal (direkte arbeid) 753 300 SAID: LBS 48 600 WVF-aftrekkings 1% Verkope ? Koste van verkope 1 860 000 C. Die volgende inligting is nie in berekening gebring nie:  'n Probleem met betrekking tot die waardasie van die eindvoorraad van grondstowwe is geïdentifiseer: 5 000 meter materiaal voorhande, met 'n eenheidskoste van R2,75 per meter, is foutiewelik as R3,80 per meter geboekstaaf. Dit moet reggestel word.  Huuruitgawe is uit die bostaande syfers weggelaat. Totale huur wat vir die finansiële jaar betaal is, het R87 100 beloop. Die huur vir Maart 2017 is vooruit betaal. Die huur is op 1 Desember 2016 met R650 verhoog. 80% van hierdie uitgawe moet aan die fabriek toegeken word en die res moet as 'n kantooruitgawe beskou word.  Die werkgewer dra 1% namens die werknemers tot WVF by. D. Die onderneming gebruik 'n winsopslagpersentasie van 75% op kosprys. Spesiale kortings van R85 000 is gedurende die finansiële jaar aan kontantklante gebied wat op grootmaat aangekoop het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 9 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS 3.2 LIGHTING SOLUTIONS George Mkize is die eienaar van Lighting Solutions, 'n vervaardigings- onderneming wat een soort energiebesparende gloeilamp vervaardig. Die finansiële jaar het op 31 Desember 2017 geëindig. LET WEL:  Produksie word gebaseer op bestellings ontvang; daarom is daar geen saldo's vir goedere-in-bewerking nie.  Die huidige inflasiekoers is 8%. GEVRA: 3.2.1 Bereken die fabrieksbokoste per eenheid vir die jaar geëindig 31 Desember 2017. (2) 3.2.2 Verduidelik waarom George nie bekommerd sal wees oor die toename van 28,1% in die totale veranderlike koste van R936 000 na R1 200 000 nie. (3) 3.2.3 Gee TWEE redes vir die toename in die verkoop- en verspreidingskoste per eenheid. (2) 3.2.4 George wil weet of die produksievlak vir hierdie finansiële jaar bevredigend is.  Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 31 Desember 2017. (4)  Lewer kommentaar op die produksievlak vir 2017. Noem TWEE punte. Haal syfers aan. (4) 3.2.5 Lighting Solutions oorweeg dit om grondstowwe in te voer omdat dit goedkoper en van 'n hoër gehalte is. Noem TWEE aspekte wat hulle moet oorweeg voordat hulle hul besluit finaliseer. (2) INLIGTING: Inligting uit die rekords van Lighting Solutions op 31 Desember: 2017 2016 EENHEIDS- EENHEIDS- TOTAAL TOTAAL KOSTE KOSTE (R) (R) (R) (R) Vaste koste: 575 000 11,50 428 400 10,20 Fabrieksbokoste 395 000 (3.2.1) 310 800 7,40 Administrasiekoste 180 000 117 600 2,80 Veranderlike koste: 1 200 000 24,00 936 600 22,30 Direkte materiaalkoste 435 000 8,70 344 400 8,20 Direkte arbeidskoste 560 000 11,20 441 000 10,50 Verkoop- en verspreidingskoste 205 000 4,10 151 200 3,60 Verkoopprys per eenheid R45,00 R41,50 Getal eenhede vervaardig en verkoop 50 000 42 000 Gelykbreekpunt (eenhede) ? 22 313 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 10 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS VRAAG 4: BALANSSTAAT EN OUDITVERSLAG (65 punte; 40 minute) 4.1 Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 4.1.1 Inkomstestaat A 'n verduideliking van die bedrywighede van die maatskappy 4.1.2 Balansstaat gedurende 'n finansiële jaar 4.1.3 Kontantvloeistaat B toon of die aandeelhouers op die finansiële state kan staatmaak, of nie 4.1.4 Direkteursverslag C toon die wins/verlies van die 4.1.5 Onafhanklike maatskappy vir die jaar ouditeursverslag D toon die uitwerking van die bedryfs-, finansierings- en beleggingsaktiwiteite op die kontantmiddele E toon die netto waarde van die maatskappy (5 x 1) (5) 4.2 ORBIT BPK. Verwys na die inligting uit die rekords van Orbit Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2017. GEVRA: 4.2.1 Stel die volgende notas tot die Balansstaat op: (a) Gewone aandelekapitaal (8) (b) Behoue inkomste (11) 4.2.2 Voltooi die Balansstaat op 30 Junie 2017. Waar notas nie gevra word nie, toon ALLE bewerkings tussen hakies. (28) 4.2.3 Die HFB (hoof- finansiële beampte), Barry Wright, het die maatskappy oortuig om gedurende die volgende finansiële jaar 'n verdere 400 000 aandele by 'n nabye familielid terug te koop. Barry besit tans 1 904 400 aandele in hierdie maatskappy, wat 46% van die uitgereikte aandele is. As 'n aandeelhouer, verduidelik jou bekommernis oor die voorgestelde terugkoop van aandele. Verskaf berekeninge om jou bekommernis te ondersteun. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 11 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS INLIGTING: A. Uittreksel uit die boeke op 30 Junie 2017: Vaste/Tasbare bates (drawaarde) ? Vaste deposito: Marokko Bank 380 000 Gewone aandelekapitaal (1 Julie 2016) 3 150 000 Behoue inkomste (1 Julie 2016) 874 000 Bank (gunstig) 250 700 Lening: Helping Bank 302 400 Handelsvoorraad 478 000 Debiteurekontrole 317 000 Krediteurekontrole 239 800 Inkomste vooruit ontvang 6 600 SAID: Inkomstebelasting (voorlopige betalings) 390 000 Dividende op gewone aandele (tussentydse dividende) 630 000 B. Aandelekapitaal:  Die onderneming het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 6 000 000 aandele.  70% van die aandele is reeds op 1 Julie 2016 uitgereik.  60 000 gewone aandele is op 1 Desember 2016 by 'n ontevrede aandeelhouer teruggekoop. Die maatskappy het R3,50 per aandeel betaal. Dit is op 1 Desember 2016 betaal en geboekstaaf. C. 'n Finale dividend van 22 sent per aandeel is op 30 Junie 2017 verklaar. Slegs aandele in die aandeleregister kwalifiseer vir finale dividende. D. Die volgende aansuiwerings is nog nie in berekening gebring nie:  Voorsiening vir oninbare skulde is op 5% van die uitstaande debiteure vasgestel.  Versekering het 'n jaarlikse premie van R31 800 ingesluit, wat vir die tydperk 1 Oktober 2016 tot 30 September 2017 betaal is. E. Die leningstaat van Helping Bank toon die volgende: Saldo op 1 Julie 2016 R480 000 Terugbetalings gedurende finansiële jaar (rente ingesluit) R177 600 Rente gekapitaliseer R57 600 Saldo op 30 Junie 2017 ? R40 000 van die lening sal in die volgende finansiële jaar terugbetaal word. F. Inkomstebelasting vir die jaar het R408 800 beloop. Dit is op 28% van die reggestelde netto wins bereken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 12 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS 4.3 OUDITVERSLAG: DF ONDERNEMINGS BPK. GEVRA: 4.3.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (4.3.1(a)–4.3.1(b)) in die ANTWOORDEBOEK neer. (a) Die ouditverslag word deur die (interne/eksterne) ouditeur voltooi. (1) (b) Die (direkteure/aandeelhouers/ouditeurs) is vir die voorbereiding van die finansiële state verantwoordelik. (1) 4.3.2 Verwys na die ouditverslag hieronder. (a) Die ouditverslag hieronder dui 'n (gekwalifiseerde/ ongekwalifiseerde) mening aan. (1) (b) Verduidelik waarom die aandeelhouers oor hierdie ouditverslag bekommerd moet wees. Noem TWEE punte. (4) INLIGTING: UITTREKSEL UIT DIE OUDITVERSLAG VAN DF ONDERNEMINGS BPK. Basis vir Kwalifisering van Mening Brondokumente vir uitgawes ten bedrae van R550 000 kon nie opgespoor word nie. Ouditmening Na ons mening, behalwe vir die gevolge van die onbevestigde uitgawes beskryf in die paragraaf Basis vir Kwalifisering van Mening, is die finansiële state 'n redelike voorstelling van die finansiële posisie van die maatskappy op 30 Junie 2017 en die resultate van hulle bedrywighede en kontantvloei vir die jaar geëindig, in ooreenstemming met die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde, en op die wyse soos deur die Maatskappywet (Wet 61 van 1973) van Suid-Afrika voorgeskryf. 65 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 13 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS VRAAG 5: VASTE BATES, KONTANTVLOEI EN VERTOLKING (70 punte; 45 minute) MAFOKO BPK. Die gegewe inligting het betrekking op Mafoko Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2017. GEVRA: 5.1 Verwys na Inligting A en Inligting B. Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (a) tot (c) in die Vastebate- nota. (15) 5.2 Bereken die volgende bedrae in die Kontantvloeistaat: 5.2.1 Inkomstebelasting betaal (5) 5.2.2 Dividende betaal (3) 5.2.3 Netto verandering in kontant- en kontantekwivalente (4) 5.3 Voltooi die afdeling Kontantgevolge van Finansieringsaktiwiteite van die Kontantvloeistaat. (10) 5.4 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2017: 5.4.1 Skuld-ekwiteit-verhouding (3) 5.4.2 Verdienste per aandeel (in sent) (3) 5.4.3 Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) (5) 5.5 Verduidelik waarom die direkteure gevoel het dat die 630 sent wat vir die terugkoop van die aandele aangebied is, 'n regverdige prys was. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan. (4) 5.6 Die direkteure het die dividenduitbetalingsbeleid vir die huidige finansiële jaar hersien. 5.6.1 Bereken die persentasie verdienste wat as dividende vir elke jaar verdeel is om hierdie verandering te toon. (4) 5.6.2 Gee EEN rede waarom die direkteure hierdie besluit geneem het. (2) 5.6.3 Verduidelik waarom die aandeelhouers dalk nie met die opbrengs wat hulle verdien het, tevrede sal wees nie. Haal 'n finansiële aanwyser of syfer(s) aan. (3) 5.7 Die Kontantvloeistaat toon enkele belangrike besluite wat die direkteurs geneem het. Behalwe vir die dividende, identifiseer DRIE goeie besluite. Verduidelik die effek van elke besluit op die maatskappy. Haal syfers aan. (9) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 14 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS INLIGTING: A. Inligting uit die finansiële state op 28 Februarie: 2017 2016 R R Waardevermindering ? ? Rente-uitgawe 123 000 126 500 Netto wins voor inkomstebelasting 422 500 157 500 Netto wins na inkomstebelasting 295 750 113 400 Vaste bates (drawaarde) 4 934 450 3 993 390 Aandeelhouersbelang 4 375 250 3 135 000 Gewone aandelekapitaal 4 117 500 3 000 000 Behoue inkomste 257 750 135 000 Niebedryfslaste 750 000 1 300 000 Voorrade (slegs Handelsvoorraad) 288 000 363 000 Debiteure 318 000 254 000 Krediteure 287 000 367 000 Kontant- en kontantekwivalente 2 500 245 000 Oortrokke bankrekening 27 500 - SAID: Inkomstebelasting 5 200 (Kt.) 3 390 (Kt.) Aandeelhouers vir dividende 98 000 50 000 B. Vastebatenota: Vaste bates bestaan slegs uit Geboue en Toerusting. GEBOUE TOERUSTING Drawaarde (01/03/2016) 2 866 990 1 126 400 Kosprys (01/03/2016) 2 200 000 Opgehoopte waardevermindering (1 073 600) (01/03/2016) Bewegings: Toevoegings (a) 300 000 Verkope (c) Waardevermindering (b) Drawaarde (28/02/2017) 1 058 520 Kosprys (28/02/2017) Opgehoopte waardevermindering (28/02/2017)  Bykomende toerusting is op 1 Junie 2016 aangekoop.  Uitbreidings van die gebou is op 31 Augustus 2016 voltooi.  Ou toerusting is op 28 Februarie 2017 teen drawaarde verkoop.  Toerusting word teen 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode verminder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 15 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS C. Aandelekapitaal en dividende  Die maatskappy is met 'n gemagtigde aandelekapitaal van 1 000 000 gewone aandele geregistreer.  Op 1 Maart 2016 is 500 000 aandele reeds uitgereik. 'n Verdere 200 000 aandele is op hierdie datum uitgereik.  'n Tussentydse dividend van R70 000 is op 31 Augustus 2016 betaal.  25 000 gewone aandele is op 28 Februarie 2017 teen R6,30 per aandeel uit die boedel van 'n oorlede aandeelhouer teruggekoop. Die gemiddelde uitreikprys op hierdie stadium was R6,10.  'n Finale dividend is op 28 Februarie 2017 verklaar. D. Finansiële aanwysers op 28 Februarie: 2017 2016 Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,4:1 Verdienste per aandeel ? 23 sent Dividend per aandeel 24 sent 20 sent Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang ? 3,6% Opbrengs op totale kapitaal aangewend 11,4% 6,4% Netto batewaarde per aandeel 648 sent 627 sent Markprys van aandele (die JSE) 640 sent 630 sent Rentekoers op lenings 12% 11% Rente op vaste deposito's 9% 8% 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 16 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS VRAAG 6: GEPROJEKTEERDE INKOMSTESTAAT (45 punte; 25 minute) Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Mabuso Outo-herstelwerk vir die tydperk 1 Maart 2018 tot 30 April 2018. Die onderneming word deur Vusi Mabuso besit.  Alle transaksies is streng kontant.  Die finansiële jaar eindig op 30 April elke jaar.  Die onderneming herstel voertuie waarvoor hulle diensfooie hef.  Indien die herstelwerk nuwe onderdele vereis, word dit afsonderlik op elke klant se rekening gesit.  Verbruiksgoedere word vir die herstel van voertuie gebruik. Hierdie items is gratis. GEVRA: 6.1 Bereken die: 6.1.1 Winsopslagpersentasie op onderdele gebruik in die Geprojekteerde Inkomstestaat vir Maart 2018 (3) 6.1.2 % afname in die diensfooi-inkomste wat in April 2018 verwag word (3) 6.1.3 Bykomende ruimte (in vierkante meter) wat die onderneming vanaf April 2018 sal huur (4) 6.1.4 Rentekoers op die vaste deposito (5) 6.2 Lewer kommentaar op die beheer van voorraad en verduidelik hoe Vusi beoog om dit reg te stel. Haal syfers aan. (4) 6.3 Vusi oorweeg veranderinge aan die vaste bates wat deur die onderneming besit word. 6.3.1 Vusi dink daaraan om die sakeperseel te koop eerder as om dit te huur. Noem EEN voordeel en EEN nadeel van hierdie opsie. (4) 6.3.2 Vusi bied 'n gratis afleweringsdiens van onderdele aan klante, maar beplan om hierdie diens op 31 Maart 2018 te staak. Noem TWEE punte om hierdie besluit te staaf. (4) 6.3.3 Bereken die koste van die nuwe voertuig wat hy beplan om op 1 April 2018 aan te koop. (4) 6.4 Verwys na Inligting E. Jy word voorsien van die geprojekteerde en werklike syfers vir Februarie 2018. Haal syfers in jou verduideliking in ELKE geval hieronder aan. 6.4.1 Verduidelik of Water en elektrisiteit goed beheer is, of nie. (3) 6.4.2 Verduidelik of jy met Vusi se besluit saamstem om nie die volle begroting vir Advertensies te gebruik nie. (3) 6.4.3 Verduidelik of Verbruiksgoedere goed beheer is, of nie. (4) 6.4.4 Verduidelik hoe Vusi se besluit oor die winsopslagpersentasie op onderdele die onderneming beïnvloed het. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 17 DBE/Feb.–Mar. 2018 NSS INLIGTING: A. Uittreksel uit die Geprojekteerde Inkomstestaat vir die tydperk 1 Maart 2018 tot 30 April 2018: MAART 2018 APRIL 2018 R R Diensfooi-inkomste van klante 150 000 136 500 Wins op verkope van onderdele 22 875 31 500 Verkope 53 375 76 500 Koste van verkope (30 500) (45 000) Ander bedryfsinkomste Wins op verkoop van afleweringsvoertuig 8 000 0 Bruto bedryfsinkomste Bedryfsuitgawes Huuruitgawe (sien B hieronder) 6 000 9 200 Water en elektrisiteit 5 200 5 200 Motorvoertuiguitgawes 7 500 1 500 Veiligheidsuitgawes 5 000 9 200 Advertensies 4 700 4 700 Verbruiksgoedere (gebruik vir hersteldiens) 30 000 30 000 Herstel en instandhouding van toerusting 15 000 0 Waardevermindering op voertuie (sien D hieronder) 3 000 9 000 Waardevermindering op toerusting 1 500 1 500 Handelsvoorraadtekort 14 000 2 000 Bedryfswins Rente op vaste deposito (sien C hieronder) 5 700 2 700 Netto wins B. Huuruitgawe word op 'n vaste bedrag per vierkante meter bereken. Die onderneming sal 75 vierkante meter in Maart 2018 huur. Bykomende vloerruimte sal op 1 April 2018, as gevolg van uitbreiding, teen dieselfde tarief gehuur word. C. 'n Vaste deposito van R450 000 sal op 31 Maart 2018 verval. D. Voertuie: OPGEHOOPTE WAARDE- WAARDE- VERMINDERINGS- ITEM KOSPRYS VERMINDERING: KOERS EN 31/03/2018 -METODE Afleweringsvoertuig R240 000 R108 000 15% p.j. op kosprys Audi Q7 ? 0 Die afleweringsvoertuig sal op 31 Maart 2018 verkoop word. Die Audi Q7- voertuig sal op 1 April 2018 aangekoop en deur die eienaar gebruik word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 18 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS E. Syfers vir Februarie 2018 verskaf: GEPROJEKTEER WERKLIK Water en elektrisiteit (*sien nota R 4 500 R 5 000 hieronder) Advertensies 4 700 1 800 Diensfooi-inkomste 150 000 127 500 Verbruiksgoedere 30 000 36 450 Verkoop van onderdele 128 700 97 200 Koste van verkope 78 000 54 000 Wins op verkoop van onderdele 50 700 43 200 Winsopslagpersentasie (op kosprys) 65% 80% *LET WEL: Die water-en-elektrisiteitstarief het vanaf 1 Februarie 2018 onverwags met 15% gestyg. 45 TOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all