Skip to content

Accounting Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperAccountingGrade 12201819 pages

Grade 12 Accounting question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN REKENINGKUNDE 2018 PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 16 bladsy-antwoordeboek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 2 DBE/2018 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 3 DBE/2018 SSE 8. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG 1: 35 punte; 20 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Finansiële rekeningkunde Bankversoening Bankversoening en Beheer Bestuur van hulpbronne Interne beheer VRAAG 2: 45 punte; 30 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Bestuursrekeningkunde Begrippe en Produksiekostestaat Vervaardiging Eenheidskoste en gelykbreek Bestuur van hulpbronne Interne beheer VRAAG 3: 40 punte; 25 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Bestuur van hulpbronne Voorraadwaardasie Begrippe en spesifieke identifikasiemetode Interne beheer VRAAG 4: 70 punte; 40 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Finansiële rekeningkunde Begrippe, Nota en Balansstaat Balansstaat en Ouditverslag Bestuur van hulpbronne Ouditverslag en korporatiewe bestuur VRAAG 5: 70 punte; 40 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Finansiële rekeningkunde Kontantvloeistaat en verhoudings Vaste Bates, Kontantvloei en Vertolking van finansiële inligting Vertolking Bestuur van hulpbronne Vaste bates VRAAG 6: 40 punte; 25 minute Onderwerp: Hierdie vraag integreer: Bestuursrekeningkunde Kontantbegroting: ontleed en vertolk Begroting Bestuur van hulpbronne Interne beheer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 4 DBE/2018 SSE VRAAG 1: BANKVERSOENING EN BEHEER (35 punte; 20 minute) Die volgende inligting het betrekking op Hartfield Verskaffers vir April 2018. GEVRA: 1.1 Bankversoening: 1.1.1 Toon die inskrywings wat in die Kontantjoernale geboekstaaf moet word deur die tabel in die ANTWOORDEBOEK te voltooi. (14) 1.1.2 Bereken die Bankrekeningsaldo op 30 April 2018 in die Grootboek van Hartfield Verskaffers. (3) 1.1.3 Stel die Bankversoeningstaat op 30 April 2018 op. (8) 1.2 Die interne ouditeur is bekommerd oor die bestuur van kontant. 1.2.1 Verduidelik TWEE verskillende probleme om haar bekommernis te regverdig. Haal syfers aan. (4) 1.2.2 Gee raad (TWEE punte) oor hoe om sulke probleme in die toekoms te vermy. (2) 1.3 Verduidelik TWEE voordele van die gebruik van die elektroniese-fondsoordrag- (EFO/'EFT')-stelsel eerder as tjeks vir direkte betalings aan verskaffers. (4) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 31 Maart 2018: Gunstige saldo volgens Bankstaat R18 450 Uitstaande deposito's: Gedateer 10 Maart 2018 12 675 Gedateer 25 Maart 2018 25 000 Uitstaande tjeks: 502 (gedateer 19 Oktober 2017) 4 800 613 (gedateer 24 April 2018) 13 400 614 (gedateer 26 April 2018) 6 950 Gunstige saldo volgens Grootboekrekening 30 975 LET WEL: • Die uitstaande deposito van R12 675 verskyn op die Bankstaat op 28 April 2018. • Die uitstaande deposito van R25 000 verskyn nie op die Bankstaat vir April 2018 nie. 'n Ondersoek het getoon dat hierdie geld nooit gedeponeer is nie. Die kassiere wat in Maart in diens geneem is, het die land verlaat en kan nie opgespoor word nie. • Tjek 614, R6 950, is vir betaling aangebied. B. Voorlopige totale in die Kontantjoernale op 30 April 2018 voordat die Bankstaat ontvang is: • Kontantontvangstejoernaal, R510 607 • Kontantbetalingsjoernaal, R488 260 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 5 DBE/2018 SSE C. Inskrywing in die April 2018-Kontantontvangstejoernaal, nie in die April 2018-Bankstaat nie: DOKUMENTE DATUM BESONDERHEDE BANK Depositostrokie 998 20 Verkope R10 000 D. Inskrywings in die April 2018-Kontantbetalingsjoernaal, nie in die April 2018-Bankstaat nie: DOKUMENTE DATUM BESONDERHEDE BANK Tjek 652 (gedateer 24 Junie 2018) 25 MM Verskaffers R5 650 S Small (*EFO) 30 Onttrekkings R2 500 *EFO: elektroniese fondsoordrag/direkte betaling E. Inligting op die April 2018-Bankstaat wat nie in die April 2018- Kontantjoernale verskyn nie: DATUM BESONDERHEDE DEBIET KREDIET 10 M Mamba (*EFO deur huurder) 6 250 17 Kontantdeposito-geld 575 18 Rente 145 21 Onbetaalde tjek: Apple 230 24 Diensgeld 1 425 28 Debietorder (Kruger Insurers) 1 850 28 Debietorder (Kruger Insurers) 1 850 LET WEL: • Die onbetaalde tjek is van debiteur A Apple ontvang om sy rekening van R250 te vereffen. • Die debietorder vir die maandelikse versekering verskyn twee keer op die Bankstaat. Die bank sal dit op die Bankstaat vir volgende maand regstel. F. Inligting in die April 2018-Bankstaat wat nie met die Kontantbetalingsjoernaal vir April 2018 ooreenstem nie: Tjek 633, geboekstaaf as R2 630 in die Kontantbetalingsjoernaal, verskyn korrek soos volg op die Bankstaat: R6 230 G. Die Bankstaat op 30 April 2018 toon 'n saldo van R?. 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 6 DBE/2018 SSE VRAAG 2: VERVAARDIGING (45 punte; 30 minute) 2.1 Identifiseer EEN kosterekening vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die kosterekeninge langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. direkte arbeidskoste; direktemateriaal-/grondstofkoste; fabrieksbokoste; administrasiekoste; verkoop- en verspreidingskoste 2.1.1 Oninbare skulde gedurende die finansiële jaar afgeskryf 2.1.2 Pensionfondsbydraes namens die werkers in die produksieproses betaal 2.1.3 Vervoerkoste betaal vir grondstowwe aangekoop 2.1.4 Waardevermindering op kantoortoerusting (4 x 1) (4) 2.2 TIGHT-FIT VERVAARDIGERS Die inligting het betrekking op Tight-Fit Vervaardigers, 'n onderneming wat denimbroeke vervaardig, vir die finansiële jaar geëindig 31 Maart 2018. GEVRA: 2.2.1 Bereken: • Die waarde van die slotvoorraad van grondstowwe van Kledingstof (materiaal) deur die geweegdegemiddelde-metode te gebruik (4) • Die waarde van direkte materiaal/grondstowwe vir produksie uitgereik (3) • Die korrekte fabrieksbokoste (6) 2.2.2 Voltooi die Produksiekostestaat op 31 Maart 2018. (12) 2.2.3 Die onderneming koop grondstowwe by 'n oorsese verskaffer aan, alhoewel daar verskeie plaaslike verskaffers is. Gee TWEE redes waarom die onderneming plaaslike verskaffers moet ondersteun. (2) INLIGTING: A. Voorraadsaldo's op 31 Maart: 2018 2017 Goedere-in-bewerking ? R147 500 Klaarprodukte R118 000 R231 000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 7 DBE/2018 SSE B. Grondstowwe (kledingstof/materiaal): Grondstowwe, wat uit meters kledingstof bestaan, word deur die stoorkamer na die fabriek uitgereik. Stoorkamervoorraadrekords: TOTALE BEDRAG METER R Voorraad op 1 April 2017 5 000 535 000 Aankope: 18 700 2 072 000 Julie 2017 6 200 620 000 Oktober 2017 4 800 528 000 Januarie 2018 7 700 924 000 Totaal beskikbaar vir produksie 23 700 2 607 000 Voorraad op 31 Maart 2018 3 900 ? C. Syfers wat op 31 Maart 2018 deur die boekhouer verskaf is: Lone van fabriekswerkers (direkte arbeid) R3 522 000 Fabrieksbokoste (sien Inligting D hieronder) R746 670 Administrasiekoste R655 700 Verkoop- en verspreidingskoste R413 900 D. Aansuiwerings moet aan fabrieksbokoste gedoen word met betrekking tot die volgende: • Versekering van fabrieksaanleg en toerusting betaal was R69 600 en dit is foutiewelik na die Administrasiekosterekening gedebiteer. Hierby ingesluit is 'n nuwe jaarlikse premie van R17 400 wat op 1 Januarie 2018 betaal is. • Huur word volgens die vloerspasie toegeken. Die boekhouer het egter slegs R14 820 korrek aan die administrasie-afdeling toegeken. ADMINISTRASIE- TOTALE FABRIEK KANTOOR VLOEROPPERVLAKTE 520 m2 130 m2 650 m2 E. Besonderhede van die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 31 Maart 2018: Verkope R9 747 000 Koste van verkope 6 518 000 Bruto wins 3 229 000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 8 DBE/2018 SSE 2.3 BREAK-TIME VERVAARDIGERS Break-Time Vervaardigers is 'n vervaardigingsonderneming wat kosblikke vir skoolkinders vervaardig. GEVRA: 2.3.1 Bereken die volgende vir die jaar geëindig 30 April 2018: • Direkte arbeidskoste (2) • Gelykbreekpunt (4) 2.3.2 Verduidelik waarom die eienaar oor die gelykbreekpunt bekommerd moet wees. Haal syfers aan. (3) 2.3.3 Die eienaar is bekommerd oor die direkte arbeidskoste. • Verduidelik waarom die eienaar NIE met die direkte arbeidskoste per eenheid tevrede sal wees NIE. Haal syfers aan. (3) • Gee EEN oplossing vir hierdie probleem. (2) INLIGTING OP 30 APRIL: 2018 2017 TOTALE PER TOTALE PER KOSTE EENHEID KOSTE EENHEID Direkte arbeidskoste ? R7,56 R1 646 400 R5,60 (basies en oortyd) Totale vaste koste R3 102 500 R9,36 R1 989 000 R6,77 Totale veranderlike koste R6 464 250 R19,50 R4 704 000 R16,00 Verkoopprys per eenheid R28,00 R24,50 Getal eenhede vervaardig 331 500 eenhede 294 000 eenhede en verkoop Gelykbreekpunt ? 234 000 eenhede 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 9 DBE/2018 SSE HOU HIERDIE BLADSY BLANKO. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 10 DBE/2018 SSE VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE (40 punte; 25 minute) 3.1 SPEEDY FIETSE Jy word voorsien van inligting vir die jaar geëindig 31 Mei 2018. Die eienaar is Fred Fakude. Die onderneming verkoop verskillende fietsmodelle. Fred gebruik die periodieke voorraadwaardasiestelsel en die spesifieke identifikasiemetode om voorraad te waardeer. GEVRA: 3.1.1 Bereken: • Waarde van die slotvoorraad van fietse op 31 Mei 2018 (8) • Koste van verkope vir die jaar geëindig 31 Mei 2018 (4) • Bruto wins vir die jaar geëindig 31 Mei 2018 (3) 3.1.2 Fred is tevrede dat hy ongeveer 18 Cruze-fietse per maand verkoop. Hy is egter bekommerd dat die nuwe Ryder-model, ten spyte van die laer verkoopprys daarvan, nie so vinnig soos die Cruze-model verkoop nie. • Bereken die verkoopprys van 'n Ryder-fiets. (3) • Bereken die gemiddelde getal Ryder-fietse wat per maand verkoop word. (3) • Dui aan hoe lank dit Fred sal neem om die slotvoorraad van die Ryder-fietse te verkoop. Toon berekeninge. (3) • Gee EEN moontlike rede vir die stadige verkoop van Ryder-fietse, en gee vir Fred raad (EEN punt) in hierdie verband. (4) INLIGTING: A. Drie verskillende fietsmodelle is gedurende die 2018 finansiële jaar verkoop. WINS- EENHEDE ANDER MODEL VERKOPE OPSLAG VERKOOP INLIGTING Hierdie model word nie Tempo 60% 66 R897 600 meer vervaardig nie. Cruze 60% 220 R3 308 800 Hierdie model is op Ryder 35% 98 R979 020 1 Sep. 2017 bekendgestel. TOTALE VERKOPE R5 185 420 B. Aanvangsvoorraad: DATUM MODEL EENHEDE KOSPRYS PER EENHEID TOTAAL Tempo 70 R8 500 R595 000 1 Jun. 2017 Cruze 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 11 DBE/2018 SSE C. Aankope en terugsendings: DATUM MODEL EENHEDE KOSPRYS PER EENHEID TOTAAL AANKOPE: 1 Jun. 2017 Cruze 260 R9 400 R2 444 000 1 Sep. 2017 Ryder 200 R7 400 R1 480 000 TERUGSENDINGS: Feb. 2018 Ryder 45 R7 400 (R333 000) Netto aankope R3 591 000 3.2 BESTUUR VAN VOORRADE: CELIA SE KLERE Celia Mtolo besit 'n klein klere-onderneming. Jy word voorsien van inligting vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018. Die onderneming verkoop T-hemde, baadjies en broeke. Celia het aan die begin van die 2018 finansiële jaar sekere besluite geneem. GEVRA: Haal relevante syfers vir AL die vrae hieronder aan. 3.2.1 T-hemde: Verduidelik waarom dit NIE 'n goeie idee was om na 'n goedkoper verskaffer van T-hemde te verander NIE. Noem TWEE punte. (4) 3.2.2 Baadjies: Celia het besluit om in 2018 van verskaffer te verander en om die winsopslag-% te verander. Hoe het hierdie besluit die onderneming geraak? Noem TWEE punte. (4) 3.2.3 Broeke: Celia het in die 2018 finansiële jaar die verkoopprys van broeke beduidend verlaag in reaksie op 'n nuwe mededinger wat soortgelyke broeke teen R990 verkoop Gebaseer op die inligting hieronder, maak TWEE afsonderlike voorstelle aan Celia om in 2019 die wins op broeke te verbeter. (4) INLIGTING: T-HEMDE BAADJIES BROEKE 2018 2017 2018 2017 2018 2017 Bruto eenhede verkoop 1 200 1 080 150 165 280 325 Terugsendings deur klante 40 0 0 5 15 15 Verkoopprys R75 R120 R1 650 R1 085 R910 R1 054 Kosprys R50 R80 R1 000 R700 R650 R620 Winsopslag-% 50% 50% 65% 55% 40% 70% Bruto wins R29 000 R43 200 R97 500 R61 600 R68 900 R134 540 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 12 DBE/2018 SSE VRAAG 4: BALANSSTAAT EN OUDITVERSLAG (70 punte; 40 minute) 4.1 BEGRIPPE Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs die 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 4.1.1 'n Vaste deposito wat binne die volgende 12 maande verval, sal as kontant en kontantekwivalente in die Balansstaat getoon word. 4.1.2 Verdienste per aandeel word bereken deur die netto wins voor belasting te gebruik. 4.1.3 Daar word ook na netto bedryfsbates as netto bedryfskapitaal verwys. 4.1.4 Voorsiening vir oninbare skulde is 'n las. 4.1.5 Totale kapitaal aangewend bestaan slegs uit gewone aandeelhouers- kapitaal en behoue inkomste. (5 x 1) (5) 4.2 MODISE BPK. Die inligting hieronder het betrekking op Modise Bpk. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2018 geëindig. GEVRA: 4.2.1 Stel die Behoue-inkomste-nota tot die Balansstaat op 28 Februarie 2018 op. (12) 4.2.2 Voltooi die Balansstaat op 28 Februarie 2018. Toon ALLE bewerkings. (38) 4.2.3 Die direkteure wil R500 000 aan 'n plaaslike skool gee. Gee TWEE redes waarom maatskappye sulke besluite neem. (4) INLIGTING: A. Uittreksel van saldo's op 28 Februarie 2018: R Gewone aandelekapitaal 13 650 000 Behoue inkomste (1 Maart 2017) 567 000 Vaste bates teen drawaarde ? Vaste deposito: Peoples Bank ? Lening van direkteur 630 000 Debiteurekontrole 554 000 Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2017) 31 300 Bank (gunstig) ? Handelsvoorraad 1 015 000 Verbruiksgoedere voorhande 25 000 Krediteurekontrole ? Vooruitbetaalde uitgawes 19 240 SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings) 900 000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 13 DBE/2018 SSE B. Aandelekapitaal: • Die gemagtigde aandelekapitaal van Modise Bpk. is 6 500 000 gewone aandele. • 250 000 aandele is op 20 Februarie 2018 teen 25 sent bo die gemiddelde aandeelprys teruggekoop. Dit is aangeteken. • Die gewone aandelekapitaal het op 28 Februarie 2018 uit 4 550 000 gewone aandele bestaan. C. Dividende: • Interimdividende van R672 000 is op 28 Augustus 2017 betaal. • 'n Finale dividend van 36 sent per aandeel is op 28 Februarie 2018 verklaar. Alle aandele (insluitend die aandele wat op 20 Februarie 2018 teruggekoop is) kwalifiseer vir finale dividende. D. Netto wins voor belasting: • Nadat alle relevante inligting in berekening gebring is, is die netto wins voor belasting akkuraat op R3 400 000 bereken. • Inkomstebelasting teen 27% van die netto wins moet in berekening gebring word. E. Vaste deposito: Die rente op die vaste deposito is R48 000. Die vaste deposito is op 1 Mei 2017 teen 8% p.j. belê. F. Lening van direkteur: • Die rentevrye lening is op 1 September 2015 ontvang. • Die lening moet oor ses jaar in gelyke maandelikse paaiemente terugbetaal word. Die eerste terugbetaling is op 30 September 2015 gemaak. Alle betalings is tot op datum gedoen. G. Voorsiening vir oninbare skulde: Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot 6% van die uitstaande debiteure aangepas word. H. Die bedryfsverhouding na alle aansuiwerings is as 1,5 : 1 bereken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 14 DBE/2018 SSE 4.3 OUDITVERSLAG Jy word voorsien van 'n uittreksel van die ouditverslag van die onafhanklike ouditeure van Denga Beperk. GEVRA: 4.3.1 Verduidelik kortliks die rol van 'n onafhanklike ouditeur. (2) 4.3.2 Het Denga Beperk 'n gekwalifiseerde/ongekwalifiseerde/weerhouding- van-mening-ouditverslag gekry? Verduidelik jou keuse kortliks. (3) 4.3.3 Noem DRIE moontlike gevolge vir die onafhanklike ouditeur as hy die advertensieuitgawe NIE in sy verslag genoem het NIE. (6) INLIGTING: UITTREKSEL UIT DIE VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURE Onafhanklike Ouditeure se Verantwoordelikheid Ons het die jaarlikse finansiële state van Denga Beperk, op bladsye 27 tot 41 uiteengesit, vir die jaar geëindig 31 Maart 2017, geoudit. Hierdie finansiële state is die verantwoordelikheid van die maatskappy se direkteure. Ons verantwoordelikheid is om 'n mening, wat op ons oudit gebaseer is, oor hierdie finansiële state uit te spreek. Basis vir ...-mening Die advertensie-uitgawe van R500 000 in die Inkomstestaat kon nie geverifieer word nie, aangesien geen dokumentasie vir 'n gedeelte van hierdie uitgawe bestaan het nie. … Ouditmening Na ons mening, behalwe vir die advertensie-uitgawe in die Inkomstestaat wat nie geverifieer kon word nie, is die finansiële state 'n redelike weergawe van die finansiële posisie van die maatskappy op 31 Maart 2017. Khan & Kruger Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA), 15 Mei 2017 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 15 DBE/2018 SSE VRAAG 5: VASTE BATES, KONTANTVLOEI EN VERTOLKING (70 punte; 40 minute) 5.1 Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by die gebruiker van finansiële state in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A tot D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 5.1.1 Vakbonde A wil verseker word dat hulle belegging in die maatskappy wys gebruik word 5.1.2 SAID B gebruik die finansiële state om besluite oor 5.1.3 Aandeelhouers die bestuur van die maatskappy te neem 5.1.4 Direkteure C sien toe dat hulle lede regverdig betaal word D moet verseker word dat inkomstebelasting op die netto wins korrek bereken word (4 x 1) (4) 5.2 MALOTRA BPK. Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Malotra Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2018. Die maatskappy is met 'n gemagtigde aandelekapitaal van 1 200 000 gewone aandele geregistreer. GEVRA: 5.2.1 Verwys na inligting A. Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (a) tot (d) op die Vastebatenota. (16) 5.2.2 Bereken die netto wins na inkomstebelasting op 28 Februarie 2018. (3) 5.2.3 Bereken die volgende vir die Kontantvloeistaat: • Dividende betaal (4) • Fondse gebruik om aandele terug te koop (5) • Opbrengs uit aandele uitgereik (5) 5.2.4 Voltooi die afdeling vir Kontant en Kontantekwivalente in die Kontantvloeistaat. (4) 5.2.5 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2018: • Vuurproefverhouding (4) • Skuld-ekwiteit-verhouding (3) • Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 16 DBE/2018 SSE 5.2.6 Die direkteure het besluit om die lening gedurende die huidige finansiële jaar te verhoog. Verduidelik of dit 'n goeie besluit was, of nie. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan. (6) 5.2.7 Lewer kommentaar op die prys betaal vir die aandele teruggekoop op 1 Januarie 2018. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan. (5) 5.2.8 Thandi Nene besit 416 000 aandele in die maatskappy. Toe die direkteure in Oktober 2017 besluit het om 'n verdere 200 000 aandele uit te reik, het sy besluit om nie nog aandele te koop nie en eerder haar fondse op 'n oorsese vakansie te bestee. Verduidelik waarom jy voel dat Thandi die verkeerde besluit geneem het. Haal relevante syfers of berekeninge aan om jou mening te staaf. (6) INLIGTING: A. Onvolledige Vastebatenota: GROND EN VOERTUIE TOERUSTING GEBOUE Drawaarde (1 Mrt. 2017) 4 256 350 535 250 Kosprys (b) 1 500 000 Opgehoopte waardevermindering (419 750) (595 000) Bewegings: Toevoegings (a) (c) 0 Verkope 0 (e) Waardevermindering (195 000) (d) Drawaarde (28 Feb. 2018) 6 192 350 626 000 Kosprys 1 415 000 Opgehoopte waardevermindering • 'n Uitbreiding van die stoorkamer en verbeteringe aan die geboue is gedurende die finansiële jaar voltooi. • 'n Nuwe voertuig is op 1 Junie 2017 aangekoop. • Ou toerusting is op 28 Februarie 2018 teen drawaarde geskrap. • Waardeverminderingsbeleid: Voertuie: 15% op kosprys Toerusting: 20% op drawaarde B. Inkomstebelasting: • Inkomstebelasting teen 30% van die netto inkomste beloop R286 200. C. Dividende: • Interimdividende is op 31 Augustus 2017 betaal. • Finale dividende is op 28 Februarie 2018 verklaar. • Slegs aandeelhouers in die aandeleregister het vir dividende gekwalifiseer. • Dividende vir die huidige finansiële jaar betaal en verklaar: R332 000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 17 DBE/2018 SSE D. Gewone Aandelekapitaal: 800 000 Gewone aandele op 1 Maart 2017 R5 760 000 200 000 Aandele uitgereik op 1 Oktober 2017 ? (120 000) Aandele teruggekoop op 1 Januarie 2018 ? 880 000 Gewone aandele op 28 Februarie 2018 R6 512 000 LET WEL: Aandele is teen 60 sent bo die gemiddelde aandeleprys teruggekoop. E. Inligting geneem uit die Finansiële State op 28 Februarie: 2018 2017 R R Vaste deposito: Sisi Bank 100 000 240 000 Lening: Mihla Bank 1 500 000 600 000 Bedryfsbates (voorrade ingesluit) 1 136 700 1 246 400 Voorrade 471 100 717 550 Bedryfslaste 512 000 755 500 Kontant en kontantekwivalente 36 400 2 400 Oortrokke bankrekening 0 112 000 Aandeelhouersbelang 6 843 300 5 826 500 Aandeelhouers vir dividende 132 000 176 000 F. Finansiële aanwysers op 28 Februarie: 2018 2017 Bedryfsverhouding 2,2 : 1 1,6 : 1 Vuurproefverhouding ? 0,7 : 1 Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,1 : 1 Verdienste per aandeel 77 sent 87 sent Dividende per aandeel 40 sent 80 sent Opbrengs op gemiddelde ekwiteit ? 11,9% (OOAB) Opbrengs op totale kapitaal aangewend 14,6% 16,4% (OTKA) Netto batewaarde 778 sent 728 sent Rentekoers op lenings 12% 11% Markwaarde van aandele op JSE *780 sent 725 sent *LET WEL: Hierdie waarde is onveranderd oor die afgelope drie maande. 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 18 DBE/2018 SSE VRAAG 6: BEGROTING (40 punte; 25 minute) Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Magic Handelaars. Die eienaar van die onderneming is Tony Salotte. GEVRA: 6.1 Voltooi die volgende stellings: 6.1.1 Die hoofdoel van 'n Kontantbegroting is om … (2) 6.1.2 Die hoofdoel van 'n Geprojekteerde Inkomstestaat is om … (2) 6.2 Debiteure-invorderingskedule en Geprojekteerde Inkomstestaat: 6.2.1 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Junie 2018. (7) 6.2.2 Bepaal die volgende bedrae wat in die Geprojekteerde Inkomstestaat sal verskyn: • Korting toegestaan vir Mei 2018 (3) • Oninbare skulde in Junie 2018 afgeskryf (3) 6.3 Bereken die volgende: • Kontantverkope vir Mei 2018 (2) • Betaling aan krediteure in Junie 2018 (4) • Salarisse vir Mei 2018 (5) 6.4 Tony het die begrote syfers met die werklike syfers vir April 2018 vergelyk. BEGROOT WERKLIK Verkope R480 000 R576 000 Advertensies R8 000 R11 000 Lone van skoonmakers R9 000 R12 500 Skoonmaakmateriaal R1 200 R2 700 Betaling aan krediteure R224 000 R0 6.4.1 Tony is nie bekommerd oor die oorbesteding in advertensies nie. Verduidelik waarom dit so is. Haal syfers aan om jou antwoord te staaf. (4) 6.4.2 Noem EEN gevolg daarvan as die bedrag verskuldig aan krediteure in April 2018 nie betaal word nie. (2) 6.4.3 Verwys na die syfers hierbo en Inligting F. Noem TWEE punte ten gunste van die aanstelling van Gentex Skoonmaakdienste. Verduidelik ook EEN punt wat Tony in aanmerking moet neem voordat hy hierdie besluit neem. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 19 DBE/2018 SSE INLIGTING: A. Totale verkope: WERKLIK BEGROOT Maart 2018 R420 000 April 2018 R480 000 Mei 2018 R300 000 Junie 2018 R360 000 B. Kontantverkope beloop 40% van totale verkope. C. Daar word van debiteure verwag om soos volg te betaal: • 30% in die maand van verkope. Hulle ontvang 'n korting van 5% vir vereffening. • 60% in die maand wat op die verkope volg • 9% in twee maande na die maand van verkope • 1% word as oninbare skuld in die derde maand na verkope afgeskryf D. Aankope en betaling aan krediteure: • Die onderneming handhaaf 'n vastevoorraad-basisvlak. • Goedere word teen 'n winsopslag van 50% op kosprys verkoop. • 80% van alle goedere aangekoop, is op krediet. • Krediteure word ten volle betaal in die maand wat op die aankope volg. E. Salarisse: • Totale salarisse vir April 2018 is R101 500. • Daar is 7 werknemers wat dieselfde maandelikse salaris verdien. • 1 werknemer sal op 30 April 2018 bedank en vertrek. • 4 werknemers sal elk in Mei 2018 'n bonus van 80% van hul salaris ontvang. F. Die onderneming betaal lone aan twee skoonmakers, waarvan een in April op siekverlof was en 'n plaasvervanger in diens geneem moes word. Tony is bekommerd dat te veel geld op skoonmaak vermors word. Hy dink dat hy Gentex Skoonmaakdienste moet kontrakteer om die hele skoonmaakproses oor te neem. Hulle sal R8 000 per maand hef. 40 TOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all