Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENINGKUNDE
2015
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 'n antwoordeboek van 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 



%20Answer%20Book%202015%20Prepartory%20Examination%20Answer%20Book_hlayiso.com_--1504bb7f-526b-44e4-991e-b308973bbfca/v1-83e418f7e37de78d5a9e/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--80ecb65b-378a-47eb-9e06-e8b8d08e423a/v1-017fa247df3579dd9243/card.webp)
View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 NSC June 2015 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 Accounting question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 23 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 355.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
NSC June Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 2 DBE/2015
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy ALLE vrae moet
beantwoord.
3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
beantwoord.
6. Waar van toepassing, toon ALLE berekeninge tot EEN desimale punt.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 3 DBE/2015
SSE
7. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 40 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Bankversoening
Versoen 'n Krediteuregrootboekrekening met 'n
Rekonsiliasies
Rekeningstaat
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en interne oudit
VRAAG 2: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Produksiekostestaat
Vervaardiging Ontleed en vertolk gelykbreekpunt
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en interne oudit
VRAAG 3: 50 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuur van hulpbronne
Bateverkoperekening
Bestuur van bates
Voorraadwaardasie: EIEU en geweegde gemiddeld
Interne beheer en interne oudit
VRAAG 4: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Begrippe, Inkomstestaat,
AARP-beginsels
Notas tot Balansstaat
Opstel van Inkomstestaat
Gewone aandelekapitaal en Behoue-inkomste-notas
VRAAG 5: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Kontantvloeistaat
Ontleed en vertolk finansiële inligting
Kontantvloeistaat, Vertolking en
Onafhanklike ouditeursverslag
Ouditeursverslag
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
Etiek en professionele liggame
VRAAG 6: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Ontleed en vertolk 'n Kontantbegroting
Kontantbegrotings
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en interne oudit
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 4 DBE/2015
SSE
VRAAG 1: REKONSILIASIES (40 punte; 20 minute)
1.1 BANKVERSOENING
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Protea Skryfbehoeftes vir
Mei 2015. Die alleeneienaar is Peter Pan.
GEVRA:
1.1.1 Toon die inskrywings wat in die Kontantjoernale geboekstaaf moet
word deur die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien is, te
voltooi. Totale word nie gevra nie. (15)
1.1.2 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2015 op. (10)
1.1.3 As interne ouditeur is jy nie gelukkig oor die wyse waarop kontant in
hierdie besigheid beheer word nie. Identifiseer TWEE probleme en
verskaf syfers om jou antwoord te staaf. Gee raad oor hoe hierdie
probleme in die toekoms voorkom kan word. (6)
INLIGTING:
A. Inligting uit die Bankversoeningstaat op 30 April 2015:
Gunstige saldo volgens Bankstaat 27 300
Uitstaande Gedateer 12 April 2015 16 000
deposito's: Gedateer 28 April 2015 21 500
Uitstaande Nr. 1010 (gedateer 10 November 2014) 2 000
tjeks: Nr. 1366 (gedateer 29 April 2015) 7 200
Nr. 1590 (gedateer 18 Mei 2015) 12 600
Gunstige saldo volgens Bankrekening in die Grootboek 43 000
B. 'n Vergelyking van die Bankstaat van Mei 2015 met die Kontantjoernale
van Mei 2015 het die volgende getoon:
• Bankkoste van R840 op die Bankstaat is nie in die Joernale
aangeteken nie.
• 'n Geweierde tjek van R6 800 verskyn op die Bankstaat. Hierdie tjek
is van A Apple, 'n debiteur, ontvang ter vereffening van sy rekening
van R7 250.
• Rente van R860 wat op die Bankstaat gekrediteer is, is nie in die
Joernale aangeteken nie.
• Tjeknr. 1654, uitgereik aan 'n krediteur, Hatfield Winkels, verskyn
korrek op die Bankstaat as R7 940. Dit is as R9 740 in die
Kontantbetalingsjoernaal aangeteken.
• 'n Debietorder van R880 vir die maandelikse versekering verskyn
twee keer op die Bankstaat, maar geen inskrywing is in die Joernale
gemaak nie. Die bank sal dit op volgende maand se Bankstaat
regstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 5 DBE/2015
SSE
C. Items wat in die Bankversoeningstaat van April verskyn het:
• Slegs tjeknr. 1366 en die deposito van R21 500 verskyn op die
Bankstaat vir Mei 2015.
• Tjeknr. 1010 is aan die Unie Tennisklub uitgereik ter betaling van die
eienaar se ledegeld. Die klub bestaan nie meer nie.
• Die uitstaande deposito van R16 000 is ten opsigte van kontant
ontvang as kommissie. Dit het nie op die Bankstaat verskyn nie. Die
kassiere in beheer van deposito's het gesê dat sy op pad bank toe
beroof is. Die eienaar het die afskryf van hierdie bedrag gemagtig
aangesien die besigheid nie die gelde sal kan verhaal nie.
D. Die Mei 2015 Kontantontvangstejoernaal toon die volgende uitstaande
deposito's:
• R15 500 op 14 Mei 2015
• R20 200 op 29 Mei 2015
E. Tjeks uit die Mei 2015 Kontantbetalingsjoernaal wat nie vir betaling
aangebied is nie:
• Nr. 1660 vir R5 600 (gedateer 27 Mei 2015)
• Nr. 1698 vir R7 555 (gedateer 23 Julie 2015)
F. Die Bankstaat op 31 Mei 2015 toon 'n gunstige saldo van R9 175.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 6 DBE/2015
SSE
1.2 KREDITEUREVERSOENING
Comet Handelaars ontvang 'n rekeningstaat van 'n krediteur, Meteor
Verskaffers. Die saldo op die rekeningstaat stem nie ooreen met dit wat op
die rekening van Meteor Verskaffers in die Krediteuregrootboek van Comet
Handelaars verskyn nie.
GEVRA:
Voltooi die tabel in die ANTWOORDEBOEK om aan te toon hoe die verskille
hanteer moet word om die saldo van die Krediteuregrootboekrekening met die
saldo van die rekeningstaat te versoen.
Skryf die bedrae in die toepaslike kolomme en dui die toename of afname met
'n (+) of (-) aan met elke bedrag.
Tel die kolomme op om die korrekte saldo's aan die einde van Maart 2015
aan te toon. (9)
INLIGTING:
Saldo van Meteor Verskaffers in die Krediteuregrootboek van Comet Handelaars R10 705
Saldo op die rekeningstaat wat van Meteor Verskaffers ontvang is R19 120
'n Vergelyking tussen die Krediteuregrootboekrekening van Meteor
Verskaffers en die rekeningstaat toon die volgende verskille:
A. 'n Faktuur vir R9 870 ontvang van Meteor Verskaffers is korrek in die
Krediteuregrootboekrekening geboekstaaf. Die bedrag is foutiewelik as
R8 790 op die rekeningstaat aangeteken.
B. Comet Handelaars het 'n korting van R375 opgeteken ten opsigte van 'n
betaling van R5 000 wat op 15 Maart 2015 betaal is. Meteor Verskaffers
het nie hierdie korting goedgekeur nie aangesien die betaling laat
ontvang is.
C. Die rekeningstaat toon terugsendings ter waarde van R890. Die
Krediteuregrootboekrekening toon R690. Daar is vasgestel dat Comet
Handelaars die waarde van die goedere wat teruggestuur is, verkeerd
bereken het.
D. 'n Faktuur vir R2 160 ontvang van Meteor Verskaffers is foutiewelik as 'n
debietnota in die Krediteuregrootboek geboekstaaf.
E. 'n Direkte oordrag van R5 000 deur Comet Handelaars is in
die Kontantbetalingsjoernaal op 29 Maart 2015 geboekstaaf. Die
rekeningstaat van Meteor Verskaffers is 25 Maart 2015 gedateer.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 7 DBE/2015
SSE
HOU HIERDIE BLADSY BLANKO
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 8 DBE/2015
SSE
VRAAG 2: VERVAARDIGING (40 punte; 25 minute)
2.1 KASI VERVAARDIGERS
Kasi Vervaardigers is 'n klein vervaardigingsonderneming wat een T-hemp-
styl vervaardig. Die finansiële jaar eindig op 30 April 2015.
GEVRA:
2.1.1 Voltooi die volgende:
• Fabrieksbokoste-nota (Verwys na Inligting D.) (10)
• Produksiekostestaat (14)
2.1.2 Die rekenmeester is van mening dat daar nie behoorlike toesig oor
die werkers is nie.
• Identifiseer TWEE afsonderlike probleme met betrekking tot die
toesig van werkers. Haal syfers aan om jou antwoord te staaf.
• Verskaf 'n moontlike oplossing in ELKE geval. (8)
INLIGTING:
A. Saldo's aan die einde van die finansiële jaar
30 APRIL 2015 30 APRIL 2014
Goedere-in-bewerking ? R18 680
B. Grondstofvoorraad
Materiaal (tekstielstof) word van die stoorkamer na die fabriek uitgereik
deur die geweegdegemiddelde-metode te gebruik.
HOEVEELHEID TOTALE
(METER) KOSTE
Materiaal voorhande (1 Mei 2014) 12 000 m R96 000
Materiaalaankope 48 000 m R603 000
Materiaal aan fabriek uitgereik ? ?
Materiaal voorhande (30 April 2015) 15 000 m ?
C. Direkte arbeid
Die onderneming het ses fabriekwerkers in diens wat die produkte
vervaardig.
Die volgende word van elke werker verwag:
• Om 8 uur normale tyd per dag vir 5 dae 'n week te werk
• Om 48 weke 'n jaar te werk
• Om twee T-hemde per uur te vervaardig
Alle werkers het die getal ure, soos hieronder aangedui, gewerk.
GETAL
URE TARIEF TOTAAL
WERKERS
Gewone tyd 1 400 R39 6 R327 600
Oortyd 960 R78 6 ?
2 360 ?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 9 DBE/2015
SSE
D. Fabrieksbokoste
Die boekhouer het die volgende foutiewe Fabrieksbokoste-nota opgestel:
Indirekte materiaalkoste R11 040
Indirekte arbeidskoste 33 345
Waardevermindering: Fabriektoerusting 12 945
Waardevermindering: Afleweringsvoertuie 35 000
Water en elektrisiteit 34 200
Diverse uitgawes 8 400
134 930
• Hy het nagelaat om 30% van die water-en-elektrisiteitbedrag na die
Administrasiekosterekening oor te dra.
• Diverse uitgawes: Die boekhouer het hierdie bedrag gelykop tussen die
fabrieks-, verkope- en administrasie-afdelings verdeel, maar hy moes
eintlik die verhouding 4 : 1 : 1 gebruik het.
E. Addisionele inligting
• Die onderneming het 23 100 T-hemde gedurende die finansiële jaar
vervaardig.
• Die produksiekoste van elke T-hemp was R54.
2.2 ZIPHO HOUTWERKVERVAARDIGERS
Zipho Houtwerkvervaardigers vervaardig en verkoop houttafels. Die
onderneming behoort aan Nozipho Sithole.
GEVRA:
2.2.1 Behoort die onderneming tevrede te wees met die getal tafels wat in
hierdie finansiële jaar vervaardig en verkoop is? Verduidelik. Haal
relevante syfers in jou antwoord aan. (3)
2.2.2 Nozipho, die eienaar van die onderneming, se doelwit was om 'n wins
van R200 000 vir hierdie finansiële jaar te maak.
Hoeveel tafels moet sy maak om die mikpunt van R200 000 wins te
bereik? Verskaf 'n toepaslike berekening om jou antwoord te staaf. (5)
INLIGTING:
TOTAAL PER EENHEID
Verkope R922 500 R150
Veranderlike koste R430 500 R70
Vaste koste R446 400
Getal eenhede vervaardig en verkoop 6 150
Gelykbreekpunt van eenhede 5 580
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 10 DBE/2015
SSE
HOU HIERDIE BLADSY BLANKO
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 11 DBE/2015
SSE
VRAAG 3: BESTUUR VAN BATES (50 punte; 30 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Jabulani Hipermark vir die finansiële jaar
geëindig 28 Februarie 2015.
3.1 VOORRADE
Jabulani Hipermark verkoop 'n sjampoe met 'n spesifieke handelsmerk aan die
publiek. Die onderneming gebruik die periodieke voorraadstelsel en die EIEU-
metode om hul sjampoevoorraad te waardeer.
GEVRA:
3.1.1 Waarvoor staan EIEU? (1)
3.1.2 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2015 volgens
die EIEU-metode. (7)
3.1.3 Die verskaffers het die eienaar ingelig dat die kosprys van sjampoe tot
R96 per eenheid sal styg en die vraggeld tot R8 per eenheid sal styg.
Bereken die verkoopprys wat die eienaar vir hierdie goedere sal moet hef
om 'n winsopslag van 60% te bereik. (3)
3.1.4 Die versekeringsmaatskappy is bereid om slegs 80% van die totale
waarde van die goedere wat deur 'n brand vernietig is, uit te betaal.
Bereken die verlies wat in die Inkomstestaat getoon moet word. (4)
3.1.5 Die eienaar het die eisvorm vir die verlies van voorraad as gevolg van die
brand by die versekeringsmaatskappy ingedien. Die getal eenhede wat
deur die brand vernietig is, is egter as 1 500 aangetoon. Verduidelik wat
jy aan die eienaar oor hierdie versekeringseis sal sê. (2)
INLIGTING:
Die volgende besonderhede is geneem uit die rekeningkundige rekords van
Jabulani Hipermark vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015:
Voorraad voorhande volgens
Getal items Totale waarde
fisiese opname
Op 1 Maart 2014 2 100 R147 000
Op 28 Februarie 2015 2 700 ?
Goedere aangekoop en vernietig
Let wel:
(i) Behalwe vir die eenheidspryse hieronder aangetoon, betaal die onderneming ook
R5,00 per eenheid om die goedere by die winkel te laat aflewer.
(ii) 1 050 items is deur 'n brand verwoes. Dit was alles van die Januarie 2015-aankope.
Getal items Kosprys per item Totale
(vraggeld uitgesluit) aankoopprys
Aankope 9 600 R774 500
April 2014 3 500 R75 R262 500
September 2014 3 700 R80 R296 000
Januarie 2015 2 400 R90 R216 000
Verkope
7 600 eenhede is teen R120 elk verkoop.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 12 DBE/2015
SSE
3.2 VASTE BATES
Die volgende inligting het betrekking op die vaste/tasbare bates van
Jabulani Hipermark vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015.
GEVRA:
3.2.1 Verwys na Inligting A, B en C. Bereken die bedrae wat deur (i)–(iii)
aangedui word. Toon die bewerkings in die spasie wat in die
ANTWOORDEBOEK voorsien word. (7)
3.2.2 Verwys na Inligting D. Stel die Bateverkoperekening op vir die
rekenaar wat op 30 November 2014 verkoop is. (13)
3.2.3 Verwys na Inligting E. Jy is die interne ouditeur van
Jabulani Hipermark. Die eienaar het jou gevra om ondersoek in te stel
na die beheer van trollies en mandjies wat in die onderneming
gebruik word.
(a) Verduidelik hoe die Vastebateregister jou sal help met jou pligte
as interne ouditeur. Verskaf EEN punt. (2)
(b) Die voorraad trollies en mandjies word as 'n vaste bate
geklassifiseer. Gee EEN toepaslike rede hiervoor. (2)
(c) Die eienaar het verskeie klagtes oor die trollies en mandjies van
sy klante ontvang. Op 'n besige dag het die onderneming
dikwels tot 420 klante gelyktydig in die winkel.
Identifiseer en verduidelik DRIE groot probleme (met syfers) met
betrekking tot die beheer van die trollies en mandjies. Verskaf in
ELKE geval 'n geldige, praktiese oplossing om die beheer oor
hierdie bates te verbeter. (9)
INLIGTING:
A. Inligting uit die finansiële state vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015:
GROND EN
VASTE/TASBARE BATES VOERTUIE TOERUSTING
GEBOUE
Drawaarde op 1 Maart 2014 2 500 000 264 600 (i)
Kosprys 2 500 000 552 000 900 000
Opgehoopte waardevermindering 0 (287 400) (224 000)
Beweging
Toevoegings (ii) 0 470 000
Verkope teen drawaarde 0 0
Waardevermindering 0 (iii)
Drawaarde op 28 Februarie 2015 3 200 000
Kosprys 3 200 000
Opgehoopte waardevermindering 0
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 13 DBE/2015
SSE
B. Die onderneming het twee voertuie. Die volgende inligting verskyn in die
Vastebateregister:
Voertuig 1 Voertuig 2
Kosprys 240 000 312 000
Opgehoopte waardevermindering op 1 Maart 2014 (225 000) (62 400)
Drawaarde op 1 Maart 2014 15 000 249 600
LET WEL: Voertuig 1 is oud en nader die einde van sy gebruikslewe.
C. Die onderneming maak soos volg voorsiening vir waardevermindering
op sy vaste bates:
• Op voertuie teen 25% p.j. op kosprys
• Op toerusting teen 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode.
Toerusting bestaan uit inkopiemandjies, trollies, rekenaars, yskaste
en ander algemene winkeltoerusting.
D. 'n Rekenaar is op 30 November 2014 vir kontant aan Mash Crusaders
verkoop. 'n Verlies van R250 is gely omdat die rekenaar effens beskadig
was. Volgens die Vastebateregister is die rekenaar oorspronklik vir
R9 200 aangekoop. Opgehoopte waardevermindering op hierdie item
was R6 400 op 1 Maart 2014.
E. Die volgende inligting verwys na die trollies en mandjies van die
onderneming:
TROLLIES MANDJIES
Getal eenhede voorhande op 1 Maart 2014 148 120
Addisionele eenhede aangekoop gedurende
die finansiële jaar teen R2 000 elk vir die 112 35
trollies en R250 elk vir die mandjies
Getal beskadigde eenhede gedurende die
14 60
finansiële jaar afgeskryf
Getal eenhede voorhande volgens fisiese
210 95
voorraadopname op 28 Februarie 2015
Herstelwerk- en instandhoudingskoste vir
R1 800 R16 000
eenhede gedurende die finansiële jaar
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 14 DBE/2015
SSE
HOU HIERDIE BLADSY BLANKO
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 15 DBE/2015
SSE
VRAAG 4: BEGRIPPE, INKOMSTESTAAT, NOTAS TOT BALANSSTAAT
(65 punte; 40 minute)
4.1 BEGRIPPE – AARP-BEGINSELS
GEVRA:
Kies 'n verduideliking uit KOLOM B wat by 'n begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
(BEGRIP) (VERDUIDELIKING)
4.1.1 Historiese koste A Syfers wat in finansiële state gebruik
word, behoort realisties (konserwatief)
4.1.2 Paring te wees.
4.1.3 Lopende saak B Alle belangrike items behoort
afsonderlik in finansiële state getoon
4.1.4 Wesenlikheid te word.
C Inkomste en uitgawes moet in die
korrekte finansiële jaar geboekstaaf
word.
D Finansiële state word opgestel met
die verstandhouding dat die
onderneming in die toekoms sal
voortbestaan.
E Alle bates word teen hulle
oorspronklike kosprys geboekstaaf.
(4 x 1) (4)
4.2 PRINCE BEPERK
Jy word van inligting voorsien vir die finansiële jaar geëindig op
28 Februarie 2015.
GEVRA:
4.2.1 Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015. (42)
4.2.2 Stel die Gewone-aandelekapitaal-nota op. (8)
4.2.3 Stel die Behoue-inkomste-nota op. (11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 16 DBE/2015
SSE
INLIGTING:
UITTREKSEL UIT DIE VOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS OP
28 FEBRUARIE 2015
Balansstaatrekeninge-afdeling Dt Kt
Gewone aandelekapitaal 6 800 000
Behoue inkomste (1 Maart 2014) 1 368 000
Lening: Y-Lend Bank 1 609 000
Handelsvoorraad 1 910 000
Bank 626 200
Kleinkas 6 605
Debiteurekontrole 792 000
Krediteurekontrole 974 600
SAID (Inkomstebelasting) 523 600
Voorsiening vir oninbare skulde 43 600
Vaste deposito: Money Bank (8%) 990 000
Nominalerekeninge-afdeling
Verkope ?
Koste van verkope 14 974 000
Huurinkomste 374 950
Rente op vaste deposito 53 260
Oninbare skulde verhaal 4 150
Ouditeursfooie 147 600
Advertensies 960 000
Salarisse en lone 1 300 000
Direkteursfooie 1 130 000
Verpakkingsmateriaal 76 200
Diverse uitgawes ?
Oninbare skulde 24 000
Gewone aandeledividende ?
AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING:
A. Verkooppryse word bepaal deur 'n winsopslag van 40% op kosprys te
gebruik. Handelskortings van R53 600 is egter aan spesiale klante
gedurende die finansiële jaar toegestaan.
B. Die fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2015 toon die volgende
voorraad voorhande:
• Handelsvoorraad R1 890 000
• Verpakkingsmateriaal R8 500
C. 'n Bedrag van R20 500 is steeds aan 'n direkteur verskuldig vir sy fooi.
D. Totale waardevermindering vir die jaar is R299 200.
E. 'n Debiteur, B Khozo, met 'n uitstaande saldo van R42 000, het die land
verlaat. Sy rekening moet as oninbaar afgeskryf word.
F. Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot 5% van die uitstaande
debiteure aangepas word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 17 DBE/2015
SSE
G. Een van die werknemers was op siekteverlof en is uit die Salarisjoernaal
vir Februarie 2015 weggelaat. Sy salarisbesonderhede is soos volg:
Bruto salaris Aftrekkings Netto salaris Werkgewersbydrae
? R5 000 R12 000 R3 000
Alle werknemersbydraes word in die Salarisse-en-lone-rekening
gedebiteer.
H. Maak voorsiening vir die uitstaande rente op vaste deposito. Die vaste
deposito het nie gedurende die finansiële jaar verander nie. Rente word
nie gekapitaliseer nie.
I. Die huurinkomste sluit huur ontvang vir Maart 2015 in. Die huurinkomste
het op 1 September 2014 met R1 425 toegeneem.
J. Die leningstaat ontvang van Y-Lend Bank op 28 Februarie 2015 dui die
volgende aan:
R
Saldo aan begin van finansiële jaar 2 509 000
Terugbetalings gedurende finansiële jaar 900 000
Rente gekapitaliseer ?
Saldo aan einde van finansiële jaar 1 984 000
K. Inkomstebelasting vir die finansiële jaar is bereken as R540 000. Dit is
30% van die netto wins voor belasting.
L. Die syfer vir diverse uitgawes is die balanseersyfer in die Inkomstestaat.
M. Aandele en dividende:
• Die gemagtigde gewone aandelekapitaal bestaan uit 1 000 000
gewone aandele waarvan 70% voor 1 Maart 2014 uitgereik is.
• Tussentydse dividende van 80 sent per aandeel is op
1 September 2014 verklaar en betaal.
• Gedurende Oktober 2014 is 'n verdere 100 000 aandele teen R12 elk
uitgereik. Dit is behoorlik geboekstaaf.
• Op 28 Februarie 2015 is 'n finale dividend van 65 sent per aandeel
verklaar.
• Op 28 Februarie 2015 is daar besluit om 160 000 aandele van 'n
ontevrede aandeelhouer terug te koop teen R9,10 per aandeel.
Hierdie transaksie is nog nie geboekstaaf nie.
65
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 18 DBE/2015
SSE
VRAAG 5: KONTANTVLOEISTAAT, VERTOLKING EN OUDITEURSVERSLAG
(65 punte; 40 minute)
Jy word voorsien van inligting geneem uit die rekords van Maxie Bpk. vir die finansiële
jaar geëindig 28 Februarie 2015. Wanneer finansiële aanwysers vereis word om
antwoorde te staaf, moet jy die naam van die finansiële aanwyser en die werklike
syfer, verhouding of presentasie verskaf.
GEVRA:
5.1 Voltooi die nota vir Kontant Gegenereer uit Bedrywighede vir die jaar geëindig
28 Februarie 2015. (10)
5.2 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015.
Enkele syfers verskyn in die ANTWOORDEBOEK.
Toon ALLE bewerkings waar notas nie gevra word nie. (21)
5.3 Bereken die volgende vir 2015 (rond berekeninge af tot EEN desimale punt):
5.3.1 Bedryfsverhouding (3)
5.3.2 Skuld-ekwiteit-verhouding (3)
5.3.3 Netto batewaarde per aandeel (3)
5.4 Op 1 Maart 2014 is addisionele aandele teen R5,00 elk uitgereik. Sal die
bestaande aandeelhouers met hierdie prys tevrede wees? Verduidelik. Haal
relevante finansiële aanwysers met syfers in jou verduideliking aan. (5)
5.5 Die direkteure het besluit om 'n groot deel van die lening terug te betaal. Dink
jy dit was 'n wyse besluit? Haal TWEE relevante finansiële aanwysers en
syfers aan om jou antwoord te staaf. (7)
5.6 Behalwe vir die terugbetaling van die lening het die direkteure ander groot
besluite geneem wat die kontantsaldo's beïnvloed het. Noem TWEE ander
groot besluite (van meer as R200 000) en haal die syfers uit die
Kontantvloeistaat aan. Dui in ELKE geval aan hoe die besluit die toekoms van
die maatskappy sal beïnvloed. (6)
5.7 Verwys na die uittreksel van die ouditeursverslag (Inligting G).
5.7.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
die woord neer en verduidelik jou keuse kortliks.
Maxie Bpk. het 'n (ongekwalifiseerde/gekwalifiseerde/weerhouding
van mening-) ouditeursverslag ontvang. (3)
5.7.2 Verduidelik die gevolge van hierdie ouditeursverslag vir die hoof
uitvoerende beampte (HUB) en/of die maatskappy. Noem TWEE
punte. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 19 DBE/2015
SSE
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015
R
Waardevermindering 178 000
Renteuitgawe 52 000
Inkomstebelasting 93 520
Netto wins na inkomstebelasting 240 480
B. Syfers verkry uit die Balansstaat en notas op 28 Februarie
2015 2014
R R
Vaste bates (drawaarde) 2 568 730 2 174 390
Finansiële bates (vaste deposito) 150 000 230 000
Bedryfsbates 413 600 496 810
Voorrade 194 600 262 000
Handelsdebiteure 214 000 198 000
SAID: Inkomstebelasting - 2 110
Kontant en kontantekwivalente 5 000 34 700
Aandeelhouersbelang 2 392 480 1 848 000
Gewone aandelekapitaal 2 016 000 1 520 000
Behoue inkomste 376 480 328 000
Niebedryfslaste 500 000 800 000
Bedryfslaste 239 850 253 200
Handelskrediteure 124 800 165 200
Aandeelhouers vir dividende 96 000 88 000
SAID: Inkomstebelasting 6 300 -
Oortrokke bank 12 750 -
C. Aandelekapitaal
• Die onderneming het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 800 000 gewone
aandele.
• 400 000 aandele is voor 28 Februarie 2014 uitgereik.
• Op 1 Maart 2014 is 'n addisionele 200 000 aandele teen R5,00 elk uitgereik.
• Op 1 September 2014 het die maatskappy 120 000 aandele by 'n ontevrede
aandeelhouer teen R4,50 elk teruggekoop.
• Na die transaksies hierbo was daar 480 000 uitgereikte aandele.
D. Vaste bates
Aanbouings by die bestaande geboue het gedurende Julie 2014 plaasgevind.
Daar was geen ander bewegings van vaste bates gedurende die finansiële jaar
nie.
E. Dividende
'n Tussentydse dividend van R60 000 is op 30 September 2014 betaal.
Die finale dividend is op 28 Februarie 2015 verklaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 20 DBE/2015
SSE
F. Die volgende finansiële aanwysers is vir die afgelope twee finansiële jare
bereken:
2015 2014
Solvabiliteitsverhouding 4,5 : 1 2,8 : 1
Bedryfskapitaalverhouding ? 1,9 : 1
Vuurproefverhouding 1:1 0,9 : 1
Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,4 : 1
Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend 10,2% 13,2%
Opbrengs op aandeelhouersbelang 11,3% 11,8%
Netto batewaarde per aandeel ? 462 sent
Markprys van aandele (op die effektebeurs) 512 sent 490 sent
Huidige rentekoers op lenings 12% 13%
G. Uittreksel uit die verslag van die onafhanklike ouditeurs
Basis vir Mening
Volgens die maatskappybeleid oor reis vir besigheidsdoeleindes moet alle
besigheidsreisreëlings buite die landsgrense (internasionale reise) deur die
direksie goedgekeur word. Die aansoek moet ondersteun word met kwotasies en
besonderhede van die organisasies wat tydens die reis besoek sal word.
Die HUB het gedurende die jaar drie oorsese besigheidsreise goedgekeur sonder
dat dit na die direksie verwys is. Dokumentasie vir hierdie reise kon nie verskaf
word nie.
Ouditmening
Na ons mening, behalwe vir die item hierbo beskryf, verteenwoordig die jaarlikse
finansiële state redelik, in alle wesenlike aspekte, die finansiële posisie van
Maxie Bpk. soos op 28 Februarie 2015, en hul finansiële prestasie en kontantvloei
vir die jaar dan geëindig in ooreenstemming met IFVS ('IFRS') en die
Maatskappyewet (Wet 61 van 1973) van Suid-Afrika.
Snow en White
Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA)
Pretoria
28 Mei 2015
65
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 21 DBE/2015
SSE
VRAAG 6: KONTANTBEGROTINGS (40 punte; 25 minute)
Jy word voorsien van 'n onvolledige Kontantbegroting van Kyalami Handelaars vir die
tydperk 1 Julie 2015 tot 31 Augustus 2015. Charles Pieterse is die eienaar van die
onderneming.
GEVRA:
6.1 Bereken die kredietverkope vir Julie 2015 en voltooi daarna die Debiteure-
invorderingskedule vir Augustus 2015. (6)
6.2 Bereken die ontbrekende syfers wat deur (i)–(v) op die Kontantbegroting
aangedui word. (12)
6.3 Verwys na Inligting D en G. Die werkers is ongelukkig oor die verhogings wat
hulle in Augustus 2015 sal ontvang. Hulle het ook aangedui dat hulle in
Oktober 2015 aan 'n staking sal deelneem indien die eienaar, Charles, nie
aan hulle bekommernisse aandag gee nie.
6.3.1 Gee EEN rede (met syfers) hoekom die werkers ongelukkig is. (2)
6.3.2 Gee EEN rede (met syfers) wat Charles kan gebruik om die
verhogings wat hy die werkers gaan gee, te regverdig. (2)
6.4 Op 31 Julie 2015 het jy die begrote bedrae met die werklike bedrae vergelyk
en die volgende gevind:
JULIE 2015
BEGROTE WERKLIKE
Verkope R108 000 R84 000
Koste van verkope 72 000 60 000
Bruto wins 36 000 24 000
Afleweringskoste 10 800 12 600
Advertensiekoste 18 000 23 000
6.4.1 Charles het besluit om in Julie 2015 handelskortings aan spesiale
klante aan te bied.
Na jou mening, het dit die besigheid bevoordeel? Verskaf syfers om
jou antwoord te staaf. (2)
6.4.2 Verduidelik wat jy aan Charles sal sê oor die beheer oor:
• Afleweringskoste
• Advertensiekoste
Haal syfers aan om jou antwoord te staaf en verskaf EEN punt van
advies in ELKE geval. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 22 DBE/2015
SSE
6.5 Verwys na inligting F en G.
Charles wil graag advies oor die nuwe voertuig by jou hê.
6.5.1 Bereken die aankoopprys van die nuwe voertuig. (4)
6.5.2 Behalwe vir die deposito en die maandelikse paaiement van R6 250,
verduidelik hoe die volgende Kontantbegroting geraak gaan word.
Verskaf DRIE punte. (6)
INLIGTING:
A. Verkope, koste van verkope en debiteure-invordering
(i) Werklike en begrote verkope en koste van verkope:
VERKOPE KOSTE VAN VERKOPE
R R
BEGROTE WERKLIKE BEGROTE WERKLIKE
Mei 105 000 78 000 70 000 52 000
Junie 123 000 89 100 82 000 60 000
Julie 108 000 72 000
Augustus 84 000 ?
(ii) 60% van die totale verkope is vir kontant.
(iii) Kredietverkope word soos volg ingevorder:
• 20% ingevorder in die maand van verkope
• 70% ingevorder in die eerste maand wat op die verkope volg
• 8% ingevorder in die tweede maand wat op die verkope volg
• Die saldo word in die derde maand wat op die maand van verkope volg,
afgeskryf.
B. Afleweringskoste
• Alle goedere wat verkoop word, word gratis aan klante afgelewer.
• Die afleweringskoste word teen 10% van verkope begroot.
C. Voorraadvlakke en betalings aan krediteure
• Die onderneming gebruik 'n winsopslag van 50% op kosprys.
• Die onderneming handhaaf 'n vaste voorraadbasis deur voorraad maandeliks
te vervang.
• 75% van die totale aankope is op krediet.
• Krediteure word in die maand na die maand van aankope betaal om uit 'n
korting van 5% voordeel te trek.
D. Salarisse
• Die werkers sal 'n verhoging van 3% in Augustus 2015 ontvang.
• Die boekhouer sal ook in Augustus 2015 'n verhoging ontvang.
E. Versekering
• Die versekeringspremie word aan die einde van elke maand betaal.
• Die maandelikse premie sal op 1 Augustus 2015 met 10% toeneem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 23 DBE/2015
SSE
F. Besonderhede rakende die afleweringskoste en nuwe voertuig
Charles dink dat hy eerder 'n nuwe afleweringsvoertuig in September 2015 moet
aankoop om sy kontantvloei te verbeter en nie verder die dienste van
PQ Afleweraars moet gebruik nie.
Charles sal 'n deposito van 10% deur die onderneming moet betaal. Sy pa het
ingestem om rentevrye finansiering vir die oorblywende koste te verskaf. Charles
sal sy pa R6 250 per maand oor 36 maande moet terugbetaal.
G. Uittreksel uit die Kontantbegroting vir die twee maande geëindig
31 Augustus 2015
Ontvangste JULIE AUGUSTUS
Kontantverkope van handelsware 64 800 50 400
Invordering van debiteure 46 440
Huurinkomste 7 500 8 250
Addisionele kapitaal om bygedra te word 100 000
Kommissie-inkomste
Totale ontvangste
Betalings
Kontantaankope van handelsvoorraad 18 000 (i)
Betalings aan krediteure (ii) 51 300
Salaris: Boekhouer 18 000 19 800
Salaris: Vyf werkers 32 000 (iii)
Telefoon 3 500 3 750
Advertensies 18 000 12 000
Versekering (iv) 2 904
Afleweringskoste (betaalbaar aan PQ Afleweraars) 10 800 8 400
Ander bedryfsuitgawes
Onttrekkings 25 000 25 000
Totale betalings
Kontantsurplus/-tekort (22 600)
Banksaldo aan begin van maand (10 200) (v)
Banksaldo aan einde van maand (120 000)
40
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)
%20Answer%20Book%202015%20Prepartory%20Examination%20Answer%20Book_hlayiso.com_--1504bb7f-526b-44e4-991e-b308973bbfca/v1-83e418f7e37de78d5a9e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2015 Addendum (English)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--80ecb65b-378a-47eb-9e06-e8b8d08e423a/v1-017fa247df3579dd9243/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2015 Memo (English)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum