Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
REKENINGKUNDE
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en ʼn 17-bladsy antwoordeboek.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)
Grade 12 Accounting question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 416.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES verpligte vrae.
2. Beantwoord AL die vrae in die spesiale ANTWOORDEBOEK wat voorsien is.
3. Waar van toepassing, moet bewerkings getoon word, om deelpunte te kan
verdien.
4. ʼn Nieprogrameerbare sakrekenaar mag gebruik word.
5. Jy mag ʼn donker potlood of swart/blou ink gebruik om die vrae te voltooi.
6. ʼn Uiteensetting van die vrae word hieronder voorsien. Probeer om by die
voorgestelde tyd vir elke vraag te hou
Vraag Onderwerp Kategorie Punte Minute
Koste berekeninge – Bestuursrekeningkunde
1 koste begrippe en en bestuur van 45 27
gelykbreek hulpbronne
Begroting –
Bestuursrekeningkunde
Geprojekteerde
2 en bestuur van 40 24
inkomstestaat en interne
hulpbronne
beheer
Maatskappye – Finansiële rekeningkunde
3 Begrippe en finansiële en bestuur van 70 42
state hulpbronne
Maatskappye –
Kontantvloei-staat Finansiële rekeningkunde
4 Ontleding en en bestuur van 60 36
interpretasie van hulpbronne
verhoudings
Finansiële rekeningkunde
5 BTW en Rekonsiliasies en bestuur van 50 30
hulpbronne
Voorraadwaardasie en
6 Bestuur van hulpbronne 35 21
Interne Beheer
300 180
TOTAAL
punte minute
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) REKENINGKUNDE 3
VRAAG 1: KOSTE-BEREKENINGE (45 punte; 27 minute)
1.1 Kies die koste-rekening uit die gegewe lys, vir elkeen van die uitgawes wat
hieronder aangedui word.
Fabrieksbokoste; Administrasiekoste; Verkoops- en
verspreidingskoste; Direkte arbeidskoste; Direkte materiaalkoste
1.1.1 Lone betaal aan werknemers, in die produksieproses
1.1.2 Die salaris van die fabrieksvoorman
1.1.3 Skryfbehoeftes in die kantoor gebruik
1.1.4 Vervoerkoste van grondstowwe wat by die fabriek afgelewer is
1.1.5 Tjekbetaling aan die Daily Dispatch vir advertensies (5)
1.2 MASHLE ACCESSORIES
Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Mashle Accessories vir
die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2015. Andie Dludlu is die besigheid
se eienaar. Hulle vervaardig een tipe sak vir skootrekenaars.
OPDRAG:
Bereken die volgende vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2015:
1.2.1 Totale Fabrieksbokoste (11)
1.2.2 Die Produksiekostestaat
Toon alle bewerkings om deelpunte te kan verdien. (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2015)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo’s: 28 FEBRUARIE 2015 28 FEBRUARIE 2014
Grondstowwe in voorraad 123 450 114 600
Goedere in bewerking 101 400 142 400
Fabrieks-verbruiksgoedere 3 180 0
B. Opsomming van transaksies vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015:
(voor enige aansuiwerings)
Direkte materiaal na die fabriek oorgedra 748 000
Verbruiksgoedere vir die fabriek aangekoop 31 080
Produksie-lone 532 000
Werkgewersbydraes vir fabriekswerkers 58 520
Salarisse: Fabrieksbestuurders (voordele ingesluit) 113 040
Verkoopspersoneel (voordele ingesluit) 57 060
Water en elektrisiteit 37 220
Versekering 14 820
Diverse uitgawes: Fabriek 21 840
` Verkoopsdepartement 9 710
C. Addisionele inligting en aansuiwerings:
Die volgende inskrywing is uitgelaat uit die Produksie-loonjoernaal vir die
laaste week van Februarie 2015:
Netto loon verskuldig aan werknemer 9 240
Totale aftrekkings vir hierdie werknemer beloop 23% van sy
bruto loon
Die werkgewer betaal 10% aan die Pensioenfonds en 1% aan die
WVF.
ʼn Bedrag van R3 280 was steeds uitstaande vir water en elektrisiteit.
75% van water en elektrisiteit word in die fabriek gebruik.
Ingesluit by versekering is ʼn addisionele premie van R2 220 wat betaal is
vir die tydperk 1 Januarie 2015 tot 30 Junie 2015. Hierdie uitgawe word
verdeel tussen die fabriek en die verkoopsafdeling in die verhouding van
3 : 1.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) REKENINGKUNDE 5
1.3 Naidoo se Speelgoedwinkel
Naidoo se Speelgoedwinkel vervaardig en verkoop teddiebere. Die
rekenmeester het die inligting hieronder gegee, voorberei vir die finansiële
jaar geëindig 28 Februarie 2015.
OPDRAG:
1.3.1 Bewys dat die gelykbreekpunt vir 2015 korrek is, deur ʼn berekening
te doen. (4)
1.3.2 Verduidelik of Naidoo bekommerd moet wees oor die
gelykbreekpunt vir 2015. Haal relevante syfers in jou verduideliking
aan. (3)
1.3.3 Gee EEN rede vir die verandering in die direkte materiaalkoste per
eenheid en die direkte arbeidskoste per eenheid. (4)
1.3.4 Gee ʼn gepaste rede vir die afname in die gelykbreekpunt van 2014
tot 2015. (2)
INLIGTING:
Goedere word op bestelling vervaardig. Daarom het die besigheid nie
saldo’s vir goedere-in-bewerking aan die einde van die jaar nie.
2015 2014
Vaste koste R54 R53
Fabrieksbokoste (per eenheid) R36 R36
Administrasiekoste (per eenheid) R18 R17
Veranderlike koste R120 R116
Direkte grondstofkoste (per eenheid) R52 R42
Direkte arbeidskoste (per eenheid) R48 R55
Verkoops- en verspreidingskoste (per eenheid) R20 R19
Verkoopprys (per eenheid) R172 R172
Gelykbreekpunt (eenhede) 2 742 3 029
Aantal eenhede geproduseer 2 640 3 200
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 2: BEGROTING (40 punte; 24 minute)
Hieronder is ʼn gedeeltelik voltooide geprojekteerde inkomstestaat wat deur die
boekhouer van Dawn Distributors vir die tydperk 1 Oktober 2015 tot
31 Desember 2015 voorberei is.
OPDRAG:
2.1 Noem TWEE items wat in die gegewe Geprojekteerde Inkomstestaat
verskyn, wat nie in ʼn kontantbegroting sal verskyn nie. (2)
2.2 Vul die ontbrekende bedrae, aangedui deur A tot E, in die Geprojekteerde
Inkomstestaat, in. (16)
2.3 Neem die addisionele inligting in ag en bereken die volgende:
2.3.1 Die persentasie verhoging in lone wat die skoonmakers in Desember
2015 sal ontvang. (4)
2.3.2 Die maandelikse salaris verskuldig aan die verkoopsbestuurder vir
Desember 2015. (4)
2.3.3 Die totale kredietverkope wat vir Desember 2015 verwag word. (3)
2.3.4 Die saldo van die lening op 1 November 2015. (3)
2.4 Verwys na die werklike syfers vir Waardevermindering- en
Handelsvoorraadtekort vir Oktober 2015. Voorsien ʼn rede vir die verskil
van die begrote syfers, vir elkeen. (2)
2.5 Verwys na die werklike syfers vir Oktober 2015.
Lewer kommentaar oor enige TWEE uitgawes (behalwe die items in
VRAAG 2.4 genoem) wat nie goed deur die besigheid beheer word nie. In
elkeen van die gevalle, moet jy die relevante syfers aanhaal en EEN voorstel
maak oor hoe hierdie uitgawe meer effektief bestuur kan word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) REKENINGKUNDE 7
INLIGTING:
A. Die besigheid gebruik ʼn winsopslagpersentasie van 60% op koste van verkope.
B. Kredietverkope is 75% van totale verkope.
Hulle verwag dat verkope met 10% per maand en met 20% in Desember sal styg.
C. Die besigheid het ʼn verkoopsbestuurder en ʼn administratiewe bestuurder in diens.
Die verkoopsbestuurder verdien R300 meer as die administratiewe bestuurder (per
maand). Die bestuurders is geregtig op ʼn verhoging van 8% p.j. vanaf 1 Desember
2015.
D. R20 000 van die lening is terugbetaalbaar op 30 November 2015. Rente op lening
teen 9% p.j. is elke kwartaal betaalbaar. Die volgende paaiement moet op 1
Januarie 2016 betaal word.
E. Advertensieuitgawe per maand word teen ʼn vaste persentasie van totale verkope
begroot.
F. Inkomstebelasting word teen 30% van die netto wins voor belasting bereken.
G. INLIGTING (ONDER ANDERE) VANAF DIE GEPROJEKTEERDE INKOMSTE-
STAAT VIR OKTOBER TOT DESEMBER 2015.
OKTOBER OKTOBER NOVEMBER DESEMBER
BEGROOT WERKLIK BEGROOT BEGROOT
Verkope 120 000 98 400 132 000 ?
Koste van verkope 75 000 58 800 B 99 000
Bruto wins A ? ?
Ander inkomstes 20 700 18 200 20 700 21 200
Huurinkomste 10 000 10 000 10 000 10 000
Korting ontvang 1 200 1 000 1 200 1 200
Kommissie-inkomste 9 500 7 200 9 500 10 000
Bruto bedryfsinkomste
Bedryfsuitgawes 48 300 ? ?
Salarisse (bestuurders) 17 100 17 100 17 100 D
Lone (skoonmakers) 3 200 3 200 3 200 3 376
Onderhoud 4 000 1 650 4 000 4 000
Telefoon 2 000 4 280 2 000 2 500
Versekering 1 800 1 800 1 800 1 800
Advertensies 2 400 1 900 C 3 168
Waardevermindering 6 200 8 000 6 200 8 000
Handelsvoorraadtekort 0 680 0 500
Skryfbehoeftes 3 150 3 100 3 200 3 250
Diverse bedryfsuitgawes 8 450 8 420 8 500 8 550
Bedryfswins 17 400 ? ?
Rente inkomste 225 200 200 200
Wins voor rente uitgawe 17 625
Rente uitgawe 585 585 585 435
Netto wins voor inkomstebelasting ? ? ?
Inkomstebelasting ? ? ?
Netto wins E ? ?
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 3: MAATSKAPPYE – FINANSIЁLE STATE (70 punte; 42 minute)
3.1 Laat pas die begrippe in KOLOM A by die omskrywings in KOLOM B. Skryf
slegs die letter teenoor die vraagnommer in jou ANTWOORDEBOEK.
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Bedryfsbate A Verbandlening om die aankoop van nuwe vaste
eiendom te finansier
3.1.2 Bedryfslas B Verdeelbare reserwes soos Behoue inkomste
3.1.3 Finansiële bate C Verbruiksgoedere nie gebruik aan die einde van
ʼn finansiële tydperk nie
3.1.4 Nie-bedryfslas D Beleggings soos ʼn vaste deposito teen 9% p.j.
rente oor ʼn 5 jaar periode
3.1.5 Ekwiteite E Die bedrag verskuldig aan SAID vir
inkomstebelasting (5)
3.2 AMALINDA BPK
Die volgende inligting verskyn in die rekeningkundige rekords van Amalinda
BPK vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2015.
Die gemagtigde aandelekapitaal van die besigheid is 700 000 gewone aandele.
OPDRAG:
3.2.1 Voltooi die volgende notas tot die balansstaat op 28 Februarie 2015.
(a) Vaste (Tasbare) bates (15)
(b) Gewone aandelekapitaal (10)
(c) Behoue inkomste (12)
(d) Handels- en ander betaalbare bedrae
Let wel: Alle items wat deel vorm van Bedryfslaste in die Balansstaat, moet onder
Handels- en ander betaalbare bedrae, getoon word (behalwe Oortrokke bank.) (8)
3.2.2 Bereken die netto batewaarde per aandeel (NBW) na die terugkoop van
aandele op 27 Februarie 2015. (5)
3.2.3 Die maatskappy beplan om die oorblywende gemagtigde
aandelekapitaal in die volgende finansiële jaar uit te reik. Die direkteure
stel voor dat R7,20 per aandeel ʼn billike uitreikingsprys sal wees.
(a) Watter faktore/finansiële aanwysers sal jy as bestaande
aandeelhouer in ag neem, om te bepaal of R7,20 per aandeel ʼn
aanvaarbare uitreikingsprys is? Verskaf redes vir jou antwoord. (4)
(b) V. Slink besit 52% van die uitgereikte aandele op 28 Februarie
2015. Bereken die minimum aantal aandele wat sy moet koop om
haar posisie as hoofaandeelhouer te behou. (4)
(c) V. Slink stel voor dat sy, as hoof-aandeelhouer, eerste opsie
behoort te kry om die addisionele aandele te kan koop, voordat dit
aan die publiek geadverteer word. Watter advies het jy vir die
direkteure hieroor? (3)
3.2.4 Het die terugkoop van aandele enige voordele vir die maatskappy?
Verduidelik. Verskaf TWEE redes. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) REKENINGKUNDE 9
INLIGTING
A. Saldo’s en totale (onder andere):
28 Februarie 2015 1 Maart 2014
Grond en geboue 2 500 000 0
Voertuie (kosprys) 562 500 ?
Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 450 000
Toerusting (kosprys) 400 300 375 500
Opgehoopte waardevermindering op
toerusting
189 540 141 500
Gewone aandelekapitaal ? 2 924 000
Behoue inkomste ? 89 000
Krediteurekontrole 203 900 149 600
Verbandlening: Buck Bank 2 340 500 0
Aandeelhouers vir dividende ? 186 600
SAID: Inkomstebelasting 25 500 (Kt) 18 140 (Kt)
Opgelope inkomste 13 460
Opgelope uitgawes 19 220
Inkomstebelasting 281 400
Gewone aandele dividende (interim
dividende)
252 000
B. Vaste bates:
Op 1 April 2014, het die besigheid ʼn verbandlening van R2 500 000
aangegaan om die nuwe geboue te kon koop.
Op 1 Maart 2014, het die voertuie-rekening bestaan uit vier
afleweringsvoertuie wat op 1 Maart 2010 aangekoop is, almal teen
dieselfde kosprys.
Op 1 November 2014, is ʼn voertuig op krediet verkoop teen ʼn verlies
van R4 200.
Op 1 Desember 2014 is addisionele toerusting aangekoop.
Voertuie word verminder teen 15% p.j. op kosprys en toerusting word
verminder teen 20% p.j. op drawaarde.
C. Verbandlening:
Die lening is op 1 April 2014 aangegaan om die nuwe gebou te koop.
ʼn Vaste maandelikse paaiement (rente uitgesluit) is teen die
leningsrekening betaal. Hierdie betalings was ʼn totaal van R159 500 vir
die afgelope finansiële jaar.
Die paaiement sal na verwagting onveranderd gedurende die volgende
finansiële jaar bly.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2015)
D. Aandelekapitaal:
Op 1 Maart 2014 was 80% van die gemagtigde aandelekapitaal
uitgereik.
Op 1 November 2014 is 120 000 addisionele aandele teen R6,80 per
aandeel uitgereik.
Op 26 Februarie 2015 het die maatskappy 50 000 gewone aandele uit
die boedel van oorlede K. Ramza, teen R7,00 per aandeel
teruggekoop. Daar is vasgestel dat Mnr. Ramza hierdie aandele op
verskillende tye deur die afgelope jare het op die effektebeurs (JSE)
aangekoop.
E. Inkomstebelasting is teen 28% van die netto wins bereken.
F. Dividende:
ʼn Finale dividend van 32 sent per aandeel is verklaar op
27 Februarie 2015. Alle aandeelhouers (insluitend die aandeelhouers
van wie die aandele teruggekoop is) kwalifiseer vir finale dividende.
70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) REKENINGKUNDE 11
VRAAG 4: KONTANTVLOEI EN INTERPRETASIE (60 punte; 36 minute)
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Pixie Bpk vir die finansiële jaar
geëindig 30 Junie 2015.
OPDRAG:
4.1 Bereken die volgende bedrae soos hulle in die Kontantvloeistaat sal verskyn.
Toon alle bewerkings om deelpunte te kan verdien.
4.1.1 Dividende betaal (5)
4.1.2 Inkomstebelasting betaal (4)
4.1.3 Vaste bates aangekoop (5)
4.1.4 Totale kontant spandeer op beleggingsaktiwiteite (4)
4.1.5 Netto verandering in kontant en kontantekwivalente (4)
4.2 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig
30 Junie 2015: Rond berekeninge af tot EEN desimale punt (waar nodig).
4.2.1 Tydperk van voorraad voorhande (4)
4.2.2 Gemiddelde debteure-invorderingstermyn (6)
4.2.3 Skuld/ekwiteitsverhouding (3)
4.3 Lewer kommentaar oor die bestuur van voorraad (handelsvoorraad). Haal
TWEE relevante finansiële aanwysers (met syfers) in jou antwoord aan. (6)
4.4 Word debiteure en krediteure effektief bestuur? Verduidelik. Haal relevante
finansiële aanwysers en/of syfers in jou antwoord aan. (6)
4.5 John Cann (jou vriend) wil aandele in die besigheid koop. Hy gee vir jou die
finansiële aanwysers van Vivi Traders Bpk., (ʼn ander maatskappy wat in
dieselfde industrie as Pixie Bpk. handel dryf) en vra jou advies.
Verduidelik jou antwoorde op die volgende vrae. Vergelyk en haal relevante
finansiële aanwysers (syfers, verhoudings of persentasies) van beide
maatskappye aan, in elkeen van die gevalle, om jou verduidelikings te staaf.
4.5.1 Lewer kommentaar oor die verdienste per aandeel (VPA), die
dividend per aandeel (DPA) en die opbrengs op
aandeelhouersekwiteit vir beide maatskappye. (6)
4.5.2 Lewer kommentaar oor die finansiële hefboom van beide
maatskappye. Verduidelik watter maatskappy maak meer gebruik van
lenings en sê ook of dit ʼn goeie idee is of nie, vir daardie maatskappy. (4)
4.5.3 Kyk na die markwaarde van die aandele asook die netto batewaarde
per aandeel. Watter advies het jy vir John Cann in verband met ʼn
belegging in een van hierdie maatskappye? (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2015)
INLIGTING:
A. Inligting geneem uit die Inkomstestaat op 30 Junie 2015.
Verkope 1 984 000
Koste van verkope 1 452 000
Waardevermindering 64 000
Rente uitgawe 72 000
Netto wins voor inkomstebelasting 257 400
Inkomstebelasting 75 600
B. Inligting geneem uit die Balansstaat
30 Junie 2015 30 Junie 2014
Nie-bedryfsbates 1 665 400 1 321 500
Vaste bates 1 505 400 1 201 500
Finansiële bates 160 000 120 000
Bedryfsbates 270 100 196 500
Voorraad (Handelsvoorraad) 176 000 120 200
Handels- en ander ontvangbare bedrae
(Handelsdebiteure) 70 200 65 500
SAID: inkomstebelasting - 8 800
Kontant en kontantekwivalente 23 900 2 000
Totale bates 1 935 500 1 518 000
Aandeelhouersekwiteit 1 006 800 843 000
Gewone aandelekapitaal 950 000 800 000
Behoue inkomste 56 800 43 000
Nie-bedryfslaste 740 000 520 000
Bedryfslaste 188 700 155 000
Handels- en ander betaalbare bedrae 110 200 95 500
Aandeelhouers vir dividende 66 000 42 000
SAID: inkomstebelasting 12 500 -
Oortrokke bank 17 500
1 935 500 1 518 000
C. Aandelekapitaal en dividende.
Die maatskappy het ʼn gemagtigde aandelekapitaal van 500 000 gewone
aandele. Op 30 Junie 2015 was daar 300 000 uitgereikte aandele.
Addisionele aandele is teen R3,00 elk op 31 Augustus 2014 uitgereik. Alle
uitgereikte aandele is op interim en finale dividende geregtig.
ʼn Interim dividend is op 2 Januarie 2015 betaal.
ʼn Finale dividend is op 27 Februarie 2015 verklaar.
D. Addisionele vaste bates is gedurende die finansiële jaar aangekoop. ʼn Ou
voertuig is gedurende die jaar teen boekwaarde (drawaarde) van R23 500
verkoop.
E. Kredietverkope bedra 40% van totale verkope.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) REKENINGKUNDE 13
F. Die volgende aanwysers is op 30 Junie bereken:
30 JUNIE 2015 30 JUNIE 2014
Bedryfsverhouding 1,43 : 1 1,27 : 1
Vuurproefverhouding 0,5 : 1 0,49 : 1
Voorraadomsetsnelheid 9,8 keer 11 keer
Tydperk van voorraad voorhande ? 33 dae
Debiteure invorderingstermyn ? 38 dae
Krediteure betalingstermyn 65 dae 62 dae
Graad van solvensie 2,08 : 1 2,25 : 1
Skuld/ekwiteitsverhouding ? 0,62 : 1
Opbrengs op gemiddelde kapitaal
21,2% 22%
aangewend
Opbrengs op aandeelhouersekwiteit 19,7% 24%
Verdienste per aandeel (VPA) 63 sent 72 sent
Dividende per aandeel (DPA) 56 sent 52 sent
Huidige rentekoers op lenings 11% 10,5%
G. Finansiële aanwysers van Vivi Traders Bpk vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie
2015 in vergelyking met Pixie Bpk soos hierbo.
Pixie Bpk Vivi Traders Bpk
Markprys per aandeel (JSE) 345 sent 315 sent
Netto batewaarde per aandeel
335 sent 342 sent
(NBWPA)
Verdienste per aandeel (VPA) 67 sent 92 sent
Dividende per aandeel (DPA) 56 sent 46 sent
Opbrengs op gemiddelde kapitaal
22% 10,8%
aangewend
Opbrengs op aandeelhouersekwiteit 21% 9,6%
Skuld/ekwiteitsverhouding ? 0,52 : 1
Bedryfsverhouding 1,43 : 1 4:1
Vuurproefverhouding 0,5 : 1 1,6 : 1
60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 5: BTW EN REKONSILIASIES (50 punte; 30 minute)
BTW
5.1 Beantwoord die volgende vrae in die ruimte in jou ANTWOORDEBOEK voorsien.
Skryf slegs die antwoord teenoor die vraagnommer neer.
5.1.1 Waarvoor staan BTW? (1)
5.1.2 Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is.
(a) Alle goedere en dienste is onderworpe aan BTW teen die
standaardkoers.
(b) Dit is verpligtend vir alle besighede om vir BTW te registreer. (2)
5.1.3 Kies die korrekte antwoord uit die alternatiewe wat voorsien word:
BTW wat betaal word deur ʼn besigheid wanneer goedere aangekoop word,
is (inset BTW / uitset BTW). (1)
5.2 Die volgende inligting verskyn in die boeke van Lucky Stores vir die BTW-
periode wat eindig op 30 Junie 2015 (twee maande). BTW van 14% is van
toepassing.
OPDRAG:
5.2.1 Bereken die totale kredietverkope vir die tydperk (BTW uitgesluit). (2)
5.2.2 Neem die foute en weglatings in ag en bereken die bedrag wat betaalbaar
is aan, of ontvangbaar is van, SAID vir BTW. (11)
5.2.3 Die interne ouditeur het deur ʼn ewekansige toets, ontdek dat die eienaar,
Joe, nie die volle bedrag verskuldig aan SAID op die sperdatums betaal
nie. By navrae het Joe gesê dat hy die geld het op die besigheid spandeer.
Watter advies het jy vir Joe in verband met hierdie gebruik? (3)
INLIGTING:
A. Bedrag verskuldig aan SAID op 1 Junie 2015, R9 889.
B. BTW bedrae vanuit die joernale:
BTW ontvang van kontantverkope KOJ 19 800
BTW op kredietverkope DJ 12 320
BTW op handelsvoorraad gekoop KJ 13 356
BTW op terugsendings vanaf debiteure DAJ 672
BTW op goedere deur eienaar geneem vir eie gebruik AJ 91
BTW op debiteure se rekeninge wat afgeskryf is AJ 63
C. Die volgende foute en weglatings is opgemerk:
Kontantverkope (BTW ingesluit) vir hierdie tydperk was R141 930. Die
BTW-bedrag hierbo (KOJ) is verkeerd bereken.
Die BTW op korting toegestaan aan debiteure, beloop R1 260 en is nie
in die besigheid se boeke aangeteken nie.
ʼn Faktuur vir R850 (BTW uitgesluit) vir skryfbehoeftes op krediet
aangekoop, is nie in die betrokke joernaal aangeteken nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) REKENINGKUNDE 15
5.3 KREDITEUREREKONSILIASIE:
MJ Winkels koop goedere op krediet van Braeside Handelaars. Jy word
voorsien van inligting uit die rekords van MJ Winkels vir Oktober 2014.
OPDRAG:
Gebruik die tabel wat voorsien is en dui aan watter veranderinge aangebring
moet word op die staat ontvang vanaf die krediteur, Braeside Handelaars en
ook in Braeside Handelaars se rekening in die krediteuregrootboek van MJ
Winkels. (9)
INLIGTING:
A. Die staat ontvang van Braeside Handelaars op 30 Oktober 2014 toon ʼn
uitstaande saldo van R12 540.
B. Die krediteuregrootboekrekening van Braeside Handelaars in die boeke
van MJ Winkels toon dat slegs R5 350 verskuldig is aan Braeside
Handelaars op 31 Oktober 2014.
C. ʼn Ondersoek het die volgende getoon:
i Terugsendings, aangeteken as R820 in die krediteuregrootboekrekening
van Braeside Handelaars is aangedui as R280 op die staat ontvang. Die
bedrag op die staat is korrek.
ii ʼn Faktuur vir R4 200, ontvang van Braeside Handelaars, is deur die
klerk van MJ Winkels verkeerdelik as ʼn kredietnota, in die
krediteuregrootboek aangeteken.
iii ʼn Faktuur ontvang van Braeside Handelaars is korrek aangeteken as
R4 400 in die krediteuregrootboekrekening van Braeside Handelaars in
die boeke van MJ Winkels, maar die staat toon hierdie bedrag aan as
R400.
iv ʼn Betaling van R5 000 deur MJ Winkels gemaak verskyn op die staat
ontvang. Die staat toon ook ʼn korting van R250 vir vroeë betaling. MJ
Winkels het nie die korting in die krediteuregrootboek aangeteken nie.
v ʼn Betaling van R2 500 aan Braeside Handelaars op 27 Oktober 2014
verskyn nie op die staat nie, omdat die staat vroeg afgesluit is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2015)
5.4 DEBITEUREREKONSILIASIE
Jy word voorsien van inligting aangaande Marlin Handelaars vir Julie 2015.
OPDRAG:
5.4.1 Noem TWEE stappe wat die boekhouer moet volg wanneer hy/sy ʼn
verskil tussen die Debiteurekontrolerekening en die Debiteurelys
ontdek. (2)
5.4.2 Verwys na Inligting A.
Toon die effek van die foute en weglatings op die Debiteurekontrole-
rekening in die Algemene grootboek en op elke debiteur se rekening
in die Debiteuregrootboek. (Voltooi die tabelle wat voorsien is.) (11)
5.4.3 Verwys na Inligting B. (Debiteure se ouderdomsanalisie)
(a) Verduidelik waarom jy oor die bestuur van debiteure in die
besigheid bekommerd is. Haal relevante syfers in jou
antwoord aan. (4)
(b) Verduidelik TWEE interne kontrole-maatreëls wat die
besigheid kan gebruik om die invordering van gelde van
debiteure te verbeter. (4)
INLIGTING:
A. Foute en weglatings:
i Die totaal van die Debiteureafslagjoernaal is met R120 te min opgetel.
ii Handelsvoorraad op krediet verkoop aan M. Mouse is verkeerdelik in die
betrokke joernaal ingeskryf as R890 in plaas van R980 en so na die
debiteuregrootboek oorgeboek.
iii Rente van R75 moet op D. Duck se agterstallige rekening gehef word.
iv ʼn Tjek van R530, ontvang van K. Chicken, is deur die bank teruggestuur,
gemerk V/T. Geen inskrywings is vir hierdie transaksie gemaak nie
v Goedere verkoop aan F. Fox vir R1 320 is verkeerdelik ingeskryf in die
rekening van M. Mouse. Die inskrywing in die joernaal is korrek.
vi ʼn Kwitansie uitgereik aan M. Mouse vir R650 is korrek ingeskryf in die
joernaal, maar na die debiteuregrootboekrekening oorgeboek as R600.
B. Op 31 Julie 2015 was die debiteure se ouderdomsanalise as volg:
Kredietterme: 30 dae min 5% korting.
MEER AS
TOTAAL LOPEND 30 – 60 DAE 61 – 90 DAE
90 DAE
23 180 4 636 6 954 9 272 2 318
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) REKENINGKUNDE 17
VRAAG 6: VOORRAADWAARDASIE EN PROBLEEMOPLOSSING
(35 punte; 21 minute)
Die gegewe inligting kom uit die boeke van Phelix Handelaars. Die eienaar van die
besigheid is Max Phelix. Hulle verkoop een tipe skootrekenaar. Die finansiële jaar
eindig op 28 Februarie 2014.
OPDRAG:
6.1 Verwys na Inligting A en B:
Bereken die waarde van die sluitingsvoorraad deur gebruik te maak van die
eerste-in-eerste-uit (EIEU) metode van voorraadwaardasie. (10)
6.2 Bereken die koste van verkope van die skootrekenaars wat verkoop is. (6)
6.3 Max wil die metode waarvolgens hy voorraad waardeer na die geweegde
gemiddelde metode of die spesifieke identifikasie-metode verander.
Hoe sal ʼn verandering in beleid die finansiële verslagdoening van die
besigheid beïnvloed? Gee EEN verduideliking. (2)
6.4 Watter advies het jy vir Max in verband met sy bemarkingstrategie en sy
prysbeleid, as jy die tegnologie-mark in aanmerking neem? Voorsien TWEE
feite. (4)
INLIGTING:
A. EENHEID Vervoer-
AANTAL TOTAAL
SPRYS koste per
EENHEDE (R)
(R) eenheid
Voorraadsaldo op 1 Maart 2013 15 3 400 51 000
Totale aankope vir die jaar: 62 329 360
Mei 2013 12 4 250 230 53 760
Augustus 2013 20 4 740 250 99 800
November 2013 14 5 520 260 80 920
Januarie 2014 16 5 650 280 94 880
Eenhede teruggestuur aan 7 ? ?
verskaffers *
Voorraadsaldo op 28 Februarie 2014 17 ? ?
B. * Eenhede teruggestuur aan verskaffers:
3 eenhede van die Augustus-aankope is teruggestuur omdat hulle nie
volgens die bestelling was nie.
4 eenhede van die Januarie-aankope is teruggestuur as gevolg van
geringe skade tydens die vervoerproses opgedoen.
In albei gevalle is die vervoerkoste deur die besigheid gedra.
C. Skootrekenaars word verkoop teen ʼn vaste verkoopprys van R7 500 elk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2015)
6.5 PROBLEEMOPLOSSING
Siddie Handelaars Bpk. het DRIE takke by gewilde winkelsentrums en
verkoop een soort kookware.
Alhoewel die besigheid ʼn wins maak, is Siddie oor die winsgewendheid van
elke tak bekommerd. Sy het besluit om ondersoek in te stel en verskaf die
inligting hieronder, vir Junie 2015 (een maand).
OPDRAG:
6.5.1 Identifiseer ʼn verskillende probleem (met relevante syfers) in elkeen
van die takke. (6)
6.5.2 Identifiseer EEN tak wat Siddie moet oorweeg om te sluit. Voorsien ʼn
geldige rede vir jou keuse. (3)
6.5.3 Gee vir Siddie EEN voorstel hoe om die probleem wat in VRAAG
6.5.1, vir die ander takke geïdentifiseer is, op te los. (4)
INLIGTING:
Die winkels is 7 dae per week oop.
Gewone tye is van 8:30 vm. tot 4:30 nm, Maandae tot Vrydae.
(160 ure per maand)
Oortyd is van 4:30 nm tot 6:30 nm Maandae tot Vrydae en van 9:30 vm. tot
12:30 nm gedurende naweke (56 ure per maand).
Oortyd-salaristarief is 1,5 keer die gewone tarief.
MENLYN MOORTON VINCENT
TAK TAK TAK
Verkoopspersoon (ouderdom) Sally (42 jaar) Tim (27 jaar) John (62 jaar)
Voorraad voorhande
(1 Junie 2015) 50 eenhede 50 eenhede 50 eenhede
Verkoopprys per stel R4 200 R4 200 R4 200
Stelle verkoop 42 36 22
Stelle teruggebring 5 12 1
Kredietverkope R54 600 R88 200 R21 000
Deposito’s van kontant-
verkope R79 800 R12 600 R67 200
Ure gewerk (gewone tyd) 154 ure 117 ure 102 ure
Oortyd ure 20 ure 52 ure 2 ure
Huuruitgawe (per maand) R6 000 R8 000 R5 500
35
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
Accounting Grade 12 NSC June 2015 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum