Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE
NOVEMBER 2014
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 19 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 NSC November 2014 Question Paper (Afr)
Grade 12 Accounting question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 483.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2014
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 2 DBE/November 2014
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy ALLE vrae moet
beantwoord.
3. Toon bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 3 DBE/November 2014
NSS
6. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n gids wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
BTW-konsepte en berekeninge
BTW, Voorraad en Etiek Bestuur van hulpbronne
Voorraadwaardasie: EIEU en geweegde gemiddelde
Etiese gedrag in 'n finansiële omgewing
VRAAG 2: 30 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Versoening van 'n Krediteuregrootboekrekening met
Krediteureversoening en Interne 'n rekeningstaat
Beheer Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en interne oudit
Etiese gedrag in 'n finansiële omgewing
VRAAG 3: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Balansstaat en notas
Finansiële State: Ontleding en vertolking van finansiële inligting
Balansstaat, Vertolking en Etiek Bestuur van hulpbronne
Professionele liggame en gedragskode
Etiese gedrag in 'n finansiële omgewing
VRAAG 4: 75 punte; 45 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Kontantvloeistaat
Vaste bates, Kontantvloeistaat,
Ontleding en vertolking van finansiële inligting
Vertolking en Korporatiewe
Bestuur van hulpbronne
Bestuur
Vertolk en doen verslag oor die bewegings van vaste
bates
VRAAG 5: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Kontantbegroting en Interne Kontantbegroting – ontleding en vertolking
Beheer Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en probleemoplossing
VRAAG 6: 55 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Produksiekostestaat en notas
Ontleding en vertolking van eenheidskoste en
Vervaardiging
gelykbreekpunt
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en interne oudit
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 4 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 1: BTW, VOORRAAD EN ETIEK (35 punte; 20 minute)
1.1 KONSEPTE
GEVRA:
1.1.1 Waarvoor staan die letters BTW? (1)
1.1.2 Watter BTW-koers word op noodsaaklikhede soos bruinbrood,
melk en vars groente gehef? (1)
1.1.3 Waarvoor staan die letters EIEU? (1)
1.1.4 Skryf die ontbrekende woord neer:
Die voorraadstelsel wat die opteken van die koste van verkope van
elke verkooptransaksie behels, is die … voorraadstelsel. (1)
1.2 BTW: SEBENZA HANDELAARS
Die onderneming doen op 'n tweemaandelikse basis verslag van BTW.
GEVRA:
Bereken die finale bedrag betaalbaar aan SAID op 31 Julie 2014 (jy mag 'n
BTW-kontrolerekening opstel om jou met jou berekeninge te help). (9)
INLIGTING:
BTW BTW BTW-
INGESLUIT UITGESLUIT BEDRAG
Saldo verskuldig deur
R11 200
SAID op 1 Julie 2014
Kontant- en
R1 026 000 R900 000 R126 000
kredietverkoopfakture
Aankoop van
R627 000 R550 000 R77 000
handelsvoorraad
Foutiewe voorraad
teruggestuur aan R2 223 R1 950 R273
verskaffers
Korting toegestaan aan
debiteure vir spoedige R47 800 ?
betaling
Nuwe kantoorrekenaar op
R10 830 ?
krediet aangekoop
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 5 DBE/November 2014
NSS
1.3 VOORRAADWAARDASIE: SMART UNIFORMS
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Smart Uniforms vir
Junie 2014. Harry Mavuso is die eienaar van die onderneming. Hulle koop en
verkoop skoolbaadjies. Die onderneming gebruik die geweegdegemiddelde-
metode vir voorraadwaardasie en die periodieke voorraadstelsel.
GEVRA:
1.3.1 Bereken die totale bedrag betaal vir vraggeld op die aankope op
11 Junie 2014. (4)
1.3.2 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 30 Junie 2014 deur die
geweegdegemiddelde-metode te gebruik. (8)
1.3.3 Harry oorweeg 'n verandering in die voorraadwaardasie-metode. Die
waarde van eindvoorraad met die gebruik van die EIEU-metode sal
R20 850 hoër wees as die waarde met die gebruik van die
geweegdegemiddelde-metode.
• Verduidelik die uitwerking wat dit op die bruto wins sal hê. (2)
• Gee EEN geldige rede vir en EEN geldige rede teen die
verandering van die voorraadwaardasie-metode. (4)
1.3.4 Harry is bekommerd oor die beheer oor sy voorraad baadjies. Hy het
2 900 baadjies gedurende die jaar verkoop. Gee 'n berekening om
sy kommer te staaf. (4)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo's:
Datum Getal Prys per Totale koste
eenhede eenheid
1 Junie 2014 410 R190 R77 900
30 Junie 2014 580 ? ?
B. Aankope gedurende die maand:
Datum Getal Prys Vraggeld Totale
eenhede per op koste
eenheid aankope
11 Junie 2014 1 600 R215 ? R352 600
18 Junie 2014 1 210 R240 Nul R290 400
26 Junie 2014 470 R265 R3 300 R127 850
Totale aankope 3 280 R770 850
Terugsendings van
5 R1 200
18 Junie-aankope
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 6 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 2: KREDITEUREVERSOENING EN INTERNE BEHEER
(30 punte; 20 minute)
KZ Winkels koop goedere op krediet by Vallei Bpk.
GEVRA:
2.1 Die boekhouer, Litzie, sê dit is nie vir haar nodig om 'n Krediteure-versoeningstaat
voor te berei nie, aangesien die krediteure in elk geval maandeliks 'n
rekeningstaat aan die onderneming stuur. Wat sal jy vir haar sê? Noem TWEE
punte. (4)
2.2 Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK om aan te toon hoe die relevante
saldo's sal verander wanneer die krediteureversoening gedoen word. Dui die
syfer asook 'n + vir toename en 'n – vir afname aan. Die eerste transaksie
(Inligting A) is reeds vir jou gedoen. (16)
INLIGTING:
Die volgende saldo's word verskaf:
In die rekening van Vallei Bpk. in die Krediteure-
R112 820 Krediet
grootboek van KZ Winkels op 30 September 2014:
Op die rekeningstaat ontvang van Vallei Bpk. op
R182 150 Debiet
25 September 2014:
Die volgende foute en weglatings is gedurende 'n ondersoek ontdek:
A. 'n Betaling deur KZ Winkels van R9 000 is in die Krediteuregrootboek en op
die rekeningstaat weggelaat.
B. 'n Faktuur vir R87 500 vir goedere by Vallei Bpk. gekoop, is op die
rekeningstaat aangedui, maar is nie deur KZ Winkels geboekstaaf nie.
C. 'n Faktuur vir R28 000 ontvang van Vallei Bpk. is korrek deur KZ Winkels
geboekstaaf. Die rekeningstaat toon die bedrag as R20 800.
D. KZ Winkels het 'n korting van R1 400 vir die vroeë betaling van hul rekening
korrek geboekstaaf. Dit is nie op die rekeningstaat van Vallei Bpk. getoon
nie.
E. Die rekeningstaat toon rente van R630 op die agterstallige rekening.
Vallei Bpk. het erken dat 'n fout gemaak is en het belowe om die inskrywing
in die Oktober 2014-rekeningstaat reg te stel.
F. 'n Debietnota vir R2 100 wat aan Value BK uitgereik is, is foutiewelik in die
rekening van Vallei Bpk. deur KZ Winkels geboekstaaf.
G. 'n Kredietnota vir R5 250 ontvang van Vallei Bpk. vir goedere teruggestuur,
is foutiewelik as 'n faktuur deur KZ Winkels geboekstaaf.
H. Goedere wat by Vallei Bpk. op 30 September 2014 vir R4 600 aangekoop is,
is deur KZ Winkels geboekstaaf. Die rekeningstaat van Vallei Bpk. is
gedateer 25 September 2014.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 7 DBE/November 2014
NSS
2.3 Verwys na Inligting B:
As die interne ouditeur van KZ Winkels het jy ontdek dat slegs R50 000 van
hierdie goedere deur die stoorman in die voorraadrekords geboekstaaf is. Die
oorblywende goedere is privaat deur J van Wyk, 'n werknemer in beheer van
krediteure, bestel.
2.3.1 Verduidelik hoe daar teen J van Wyk opgetree behoort te word.
Noem TWEE punte. (4)
2.3.2 Wat moet die onderneming doen om 'n soortgelyke insident in die
toekoms te voorkom? Verduidelik DRIE punte. (6)
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 8 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 3: BALANSSTAAT, VERTOLKING EN ETIEK (65 punte; 40 minute)
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Vijay Beperk. Die finansiële jaareinde
is 28 Februarie 2014.
GEVRA:
3.1 Stel die volgende notas tot die Balansstaat op:
3.1.1 Aandelekapitaal (9)
3.1.2 Behoue inkomste (11)
3.2 Stel die Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) op 28 Februarie 2014 op.
Waar notas nie gevra word nie, toon ALLE berekeninge tussen hakies. (26)
3.3 Bereken die opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang vir 2014. (5)
3.4 Van 2013 tot 2014 het die direkteure 'n doelbewuste besluit geneem om die
beleid oor die verdeling van winste in die vorm van dividende te verander.
Lewer kommentaar op hierdie verandering. Haal finansiële aanwysers of
syfers aan om jou antwoord te staaf. (4)
3.5 Lewer kommentaar daarop of die aandeelhouers tevrede behoort te wees met
die persentasie opbrengs en die markprys van hulle aandele. Haal TWEE
relevante finansiële aanwysers aan (werklike syfers/verhoudings/
persentasies) en hul neigings. Gee in elke geval addisionele kommentaar. (6)
3.6 Die eksterne ouditeure, Hassan en Jacob, het Janet in diens geneem om aan
die oudit van Vijay Bpk. te werk. Janet besit 10 000 aandele in Vijay Beperk.
Verduidelik waarom dit 'n probleem is en gee 'n geldige oplossing. (4)
INLIGTING:
A. Die gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 750 000 gewone aandele.
Op 1 Maart 2013 is slegs 60% van die aandele uitgereik.
B. Die volgende bedrae is uit die rekords geneem:
28 Feb. 2014 28 Feb. 2013
Gewone aandelekapitaal ? 3 215 000
Behoue inkomste ? 322 500
Totale gewone aandeelhouersbelang ? 3 537 500
Vaste bates (drawaarde) ?
Vaste deposito: Sam Bank 650 000
Lening: William Bank 482 600
Voorrade 275 400
Debiteurekontrole 243 500
Krediteurekontrole 62 460
Kontant in die bank en kleinkas 336 600
Vooruitontvange inkomste (Huur) 12 120
Vooruitbetaalde uitgawes (Versekering) 7 600
Voorlopige inkomstebelasting-betalings 299 980
Tussentydse dividende op 31 Aug. 2014 betaal 270 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 9 DBE/November 2014
NSS
C. Op 1 November 2013 het die maatskappy 'n verdere 80 000 aandele teen
R9,50 per aandeel uitgereik.
D. Op 28 Februarie 2014 het die direkteure besluit om 75 000 gewone aandele
terug te koop uit die boedel van 'n aandeelhouer wat oorlede is. Hierdie
aandeelhouer het oorspronklik sy aandele op die JEB op verskillende tye en
teen verskillende pryse gekoop. 'n Terugkoopprys van R10,40 is as 'n billike
prys aanvaar.
E. Op 27 Februarie 2014 is 'n finale dividend van 40 sent per aandeel verklaar.
Alle aandele, wat die nuwe uitgereikte aandele asook die teruggekoopte
aandele insluit, kwalifiseer vir finale dividende.
F. Die leningstaat van William Bank wat op 28 Februarie 2014 ontvang is, toon
rente gekapitaliseer teen R81 400. Dit is nie in die boeke opgeteken nie. Die
onderneming verwag om 20% van die uitstaande saldo in die volgende
finansiële jaar te vereffen.
G. Nadat al die aansuiwerings hierbo in ag geneem is, is die netto wins voor
belasting bereken as R1 161 000. Die inkomstebelasting word teen 30% van
netto inkomste voor belasting bereken.
H. Finansiële aanwysers op 28 Februarie: 2014 2013
Verdienste per aandeel (VPA) 170 sent 82 sent
Dividende per aandeel (DPA) 100 sent 82 sent
Netto batewaarde (NBW) 846 sent 786 sent
Opbrengs op aandeelhouersbelang
? 18,3%
(OOAB)
I. Addisionele inligting: 2014 2013
Markprys van Vijay Bpk.-aandele op JEB 1 032 sent 1 060 sent
Rentekoers op alternatiewe beleggings 9% 9%
65
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 10 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 4: VASTE BATES, KONTANTVLOEISTAAT: VERTOLKING EN
KORPORATIEWE BESTUUR (75 punte; 45 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Meteoor Supermarkte Beperk,
'n publieke maatskappy. Die einde van die finansiële jaar is 28 Februarie 2014.
GEVRA:
4.1 Verwys na Inligting E:
Bereken die ontbrekende bedrae (aangedui deur a, b en c) in die
Vaste/Tasbarebate-nota vir die jaar geëindig 28 Februarie 2014. (12)
4.2 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2014.
Sommige van die besonderhede en syfers is reeds in die
ANTWOORDEBOEK aangebring. Toon bewerkings tussen hakies. (31)
4.3 By die AJV het 'n aandeelhouer gesê dat die Kontantvloeistaat swak besluite
deur die direkteure toon.
Verduidelik TWEE punte, met relevante syfers, om sy mening te staaf. (4)
4.4 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2014:
4.4.1 Netto batewaarde per aandeel (3)
4.4.2 Skuld-ekwiteit-verhouding (3)
4.5 Lewer kommentaar op die likiditeitsposisie van die maatskappy. Haal DRIE
relevante finansiële aanwysers (werklike syfers/verhoudings/persentasies) en
hulle neigings aan. (9)
4.6 Die direkteure het besluit om die lening gedurende die huidige finansiële jaar
te verhoog. Haal TWEE finansiële aanwysers (werklike syfers/verhoudings/
persentasies) aan wat relevant is tot hul besluitneming. Verduidelik waarom
dit 'n goeie besluit was, of nie. (8)
4.7 Die Bakker-familie besit 740 000 aandele in hierdie maatskappy. Verduidelik
die uitwerking wat die terugkoop van aandele op 31 Desember 2013 op hul
beheer oor die maatskappy gehad het. Gee 'n berekening(e) om jou antwoord
te staaf. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 11 DBE/November 2014
NSS
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2014:
Rente op lening (alles gekapitaliseer) 88 500
Netto wins voor belasting 1 575 000
Inkomstebelasting 441 000
B. Uittreksel uit die Balansstaat soos op:
28 Feb. 2014 28 Feb. 2013
Bedryfsbates 3 337 300 4 641 000
Voorrade 818 200 641 000
Handelsdebiteure 2 377 600 1 512 000
SAID: Inkomstebelasting 128 000 -
Kontant en kontantekwivalente 13 500 2 488 000
Aandeelhouersbelang 8 839 000 7 400 000
Gewone aandelekapitaal 8 700 000 6 600 000
Behoue inkomste 139 000 800 000
Verbandlening: Excel Bank
908 000 508 000
(rentekoers: 12,5% p.j.)
Bedryfslaste 2 063 700 1 302 000
Handelskrediteure 678 700 700 000
Aandeelhouers vir dividende 870 000 480 000
Oortrokke bankrekening 515 000 -
SAID: Inkomstebelasting - 122 000
C. Aandeelhouersregister:
DATUM BESONDERHEDE
1 Maart 2013 1 200 000 uitgereikte aandele
31 Maart 2013 300 000 aandele uitgereik teen R8 elk
31 Desember 2013 Die maatskappy het 50 000 aandele, teen
R9,50 elk, by 'n ontevrede aandeelhouer,
S Smit, teruggekoop. Die gemiddelde prys
van alle aandele tot op datum uitgereik, was
R6 per aandeel.
28 Februarie 2014 1 450 000 uitgereikte aandele
D. Dividende vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2014:
Tussentydse dividende op 31 Augustus 2013 betaal R750 000
Finale dividende op 28 Februarie 2014 verklaar R870 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 12 DBE/November 2014
NSS
E. Vaste/Tasbare bates:
GROND EN VOERTUIE
GEBOUE
Drawaarde aan die begin van die 2 689 000 1 880 000
finansiële jaar
Kosprys 2 689 000 3 250 000
Opgehoopte waardevermindering - (1 370 000)
Bewegings
Toevoegings teen kosprys a 330 000
Bateverkope teen drawaarde - b
Waardevermindering - c
Drawaarde aan die einde van die 6 740 000
finansiële jaar
Kosprys 6 740 000 3 440 000
Opgehoopte waardevermindering -
Addisionele inligting in terme van vaste/tasbare bates:
(i) 'n Voertuig is op 31 Mei 2013 teen drawaarde vir kontant verkoop. Die
volgende uittreksel van die voertuig wat verkoop is, is uit die
Vastebateregister geneem:
Kosprys: R140 000 Datum aangekoop: 1 Maart 2012
Waardeverminderingskoers: 20% p.j. op die verminderdesaldo-metode
FINANSIËLE WAARDE- OPGEHOOPTE
JAAREINDE VERMINDERING WAARDEVERMINDERING
28 Februarie 2013 28 000 28 000
31 Mei 2013 5 600 33 600
(ii) 'n Nuwe voertuig, wat R330 000 gekos het, is op 1 Januarie 2014
aangekoop en per tjek betaal.
(iii) Waardevermindering op voertuie word afgeskryf teen 20% p.j. volgens
die verminderdesaldo-metode.
(iv) Nuwe perseel (grond en geboue) is gedurende die finansiële jaar
bekom.
F. Finansiële aanwysers:
28 Feb. 2014 28 Feb. 2013
Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,1 : 1
Netto batewaarde per aandeel (NBA) ? 617 sent
Bedryfsverhouding 1,6 : 1 3,6 : 1
Vuurproefverhouding 1,2 : 1 3,1 : 1
Voorraadomsetsnelheid 6,8 keer p.j. 5,1 keer p.j.
Debiteure-invorderingstermyn 40 dae 35 dae
% opbrengs op gemiddelde kapitaal
18,8% 16,4%
aangewend
75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 13 DBE/November 2014
NSS
HOU HIERDIE BLADSY BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 14 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 5: KONTANTBEGROTING EN INTERNE BEHEER (40 punte; 25 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Martin se Gesondheidswinkel.
Die onderneming verkoop 'n gesondheidsdrankie wat 'n raklewe van twee maande het.
Die finansiële jaar van die besigheid eindig op 30 September 2014. Die
nuutaangestelde boekhouer het 'n begroting vir die drie maande geëindig
31 Desember 2014 opgestel. Die Kontantbegroting wat hy voorgelê het, is nie
heeltemal korrek nie.
GEVRA:
5.1 Verwys na Inligting C:
Noem VIER items wat nie in hierdie Kontantbegroting geplaas moes gewees
het nie. (4)
5.2 Voltooi die Krediteurebetalingskedule vir die tydperk Oktober tot
Desember 2014 deur die bedrae wat deur 'n asterisk (*) aangedui word, te
bereken. (9)
5.3 Met verwysing na die opgestelde begroting, bereken die volgende:
5.3.1 Die totale verkope vir September 2014 (3)
5.3.2 Die persentasie verhoging in huurinkomste in Desember 2014 (3)
5.3.3 Die salarisse-en-lone-bedrag vir Desember 2014 (3)
5.3.4 Die rentekoers op die lening (4)
5.4 Beantwoord die volgende vrae.
5.4.1 Bereken die tydperk waarvoor daar genoeg voorraad voorhande is
(in dae) op 30 September 2014. Verduidelik of dit vir hierdie
onderneming geskik is. (6)
5.4.2 Bereken die winsopslagpersentasie behaal vir die jaar geëindig
30 September 2014. (4)
5.4.3 Lewer kommentaar daarop of die verandering in die winsopslag-
persentasie die onderneming bevoordeel het of nie. Gee 'n
berekening(e) om jou mening te staaf. (4)
INLIGTING:
A. Syfers onttrek uit die finansiële state op 30 September 2013 en 2014:
2014 2013
Verkope 1 780 600 1 680 000
Koste van verkope 1 228 000 ?
Winsopslag % ? 60%
B. Dit is die onderneming se beleid om 'n voorraadvlak van R250 000 elke
maand te handhaaf. Voorraad wat elke maand verkoop word, word dieselfde
maand vervang.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 15 DBE/November 2014
NSS
C. KONTANTBEGROTING DEUR DIE BOEKHOUER OPGESTEL VIR DIE
TYDPERK GEËINDIG 31 DESEMBER 2014:
KONTANTONTVANGSTE OKTOBER NOVEMBER DESEMBER
Kontantverkope 238 000 212 500 221 000
Ontvangste van debiteure 40 500 42 000 37 500
Lening: Mali Bank - - 150 000
Korting ontvang 1 350 1 400 1 400
Huurinkomste 8 000 8 000 9 000
287 850 263 900 418 900
KONTANTBETALINGS
Totale koste van verkope 185 000 170 000 175 000
Kontantaankope van voorraad 111 000 102 000 105 000
Oninbare skulde 400 400 400
Salarisse en lone 46 000 46 000 5.3.3
Rente op lening - - 1 125
Waardevermindering op
8 200 8 200 8 200
toerusting
Diverse kontantuitgawes 18 000 18 900 ?
368 600 345 500 358 500
Kontantsurplus/-tekort (80 750) (81 600) 60 400
Bank (beginsaldo) 45 000 (35 750) (117 350)
Bank (eindsaldo) (35 750) (117 350) (56 950)
D. Kredietverkope beloop 15% van totale verkope. Daar word van debiteure
verwag dat hulle hul skuld ten volle in die maand wat op die verkope volg, sal
betaal.
E. 40% van alle handelsvoorraad is op krediet aangekoop.
F. Krediteure laat 60 dae krediet toe, maar betalings binne die maand van
aankope ontvang 5% korting. Op grond van vorige ondervinding, betaal die
onderneming soos volg:
• 10% binne die maand van aankope
• 75% in die maand wat op die maand van aankope volg
• 15% in die tweede maand wat op die maand van aankope volg
G. Die lening sal op 1 Desember 2014 ontvang word.
H. Die vakbond het 'n verhoging van 8,5% in salarisse en lone onderhandel.
Dit sal eers van 1 Desember 2014 in werking wees.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 16 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 6: VERVAARDIGING (55 punte; 30 minute)
6.1 BRIAN SE BRELLIES
Brian Jonas is die eienaar van Brian se Brellies, 'n onderneming wat sambrele
vervaardig. Die finansiële jaar eindig op 31 Julie 2014.
GEVRA:
6.1.1 Verwys na Inligting C: Bereken die direkte-arbeidskoste. (5)
6.1.2 Verwys na Inligting D: Stel die korrekte nota vir fabrieksbokoste op. (19)
6.1.3 Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 31 Julie 2014 op. (10)
INLIGTING:
A. VOORRAADSALDO'S 31 JULIE 2014 1 AUGUSTUS 2013
Grondstofvoorraad R124 400 R98 780
Goedere-in-bewerking-voorraad R42 600 R37 600
Indirekte materiaal R3 600 R4 400
B. Grondstof aan fabriek uitgereik vir produksie: R623 700
C. Drie werkers is in die produksie-afdeling in diens. Hulle werk elk 1 920 uur
gewone tyd per jaar teen R95 per uur. In Desember 2013 het elke
fabriekswerker 'n bonus van 12% van sy jaarlikse verdienste ontvang.
D. Die boekhouer het die volgende fabrieksbokosteberekening aangebied:
Diverse fabrieksuitgawes 30 975
Indirekte materiaal 52 200
Huuruitgawe 117 000
Advertensies 10 500
Versekering 16 640
Salaris van fabrieksvoorman 97 150
Water en elektrisiteit 20 010
TOTAAL 344 475
Die volgende foute is opgemerk:
• Voorrade van fabrieks- indirekte materiaal is nie in berekening gebring om
die indirekte materiaal wat gebruik is, te bereken nie.
• Die bedrag vir huuruitgawe is die totale bedrag betaal. Huur behoort
tussen die fabriek-, verkoops- en administrasieafdelings in die verhouding
5 : 2 : 1 verdeel te word.
• Die bedrag vir versekering is die totale bedrag betaal. Dit sluit die
Augustus 2014-premie in. Slegs 75% van hierdie uitgawe is op die fabriek
van toepassing. Daar was geen verhoging in die maandelikse premies nie.
• Die fabrieksvoorman was op betaalde verlof in Julie 2014. Sy salaris vir
Julie 2014 is nie verwerk nie. Die fabrieksvoorman het 'n maandelikse
salarisverhoging van R900 ontvang met ingang van 1 Junie 2014.
• 60% van die water-en-elektrisiteitskoste is aan die fabriek toegedeel,
terwyl dit 80% moes gewees het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 17 DBE/November 2014
NSS
6.2 BEN SE SPYSENIERING
Ben Khulamo besit 'n klein onderneming wat pasteie en oliebolle ('doughnuts')
produseer wat hy aan plaaslike skoolsnoepwinkels verskaf.
Waar kommentaar/verduidelikings hieronder vereis word, haal syfers,
eenheidskoste of finansiële aanwysers aan om jou menings te staaf.
GEVRA:
6.2.1 Identifiseer EEN eenheidskoste vir oliebolle en TWEE eenheidskoste vir
pasteie wat groot probleme in 2014 was, en neem in ag dat die
inflasiekoers 5% was. Vir elke eenheidskoste geïdentifiseer, gee 'n
moontlike oorsaak van die probleem en gee raad oor hoe om dit reg te
stel. (12)
6.2.2 Ben meen dat hy meer oliebolle kan produseer en verkoop. Bereken die
getal ekstra oliebolle wat hy moet produseer en verkoop om 'n
addisionele wins van R15 000 te maak. Aanvaar dat die eenheidskoste
en verkoopsprys vir 2014 onveranderd sal bly. (4)
6.2.3 Ben is bekommerd oor die finansiële prestasie van sy besigheid en oor
die feit dat 'n nuwe mededinger in die gebied oopgemaak het.
• Noem die produk wat negatief deur die nuwe mededinger beïnvloed
is.
• Lewer kommentaar op hoe dit 'n uitwerking op die netto wins op
hierdie produk sou gehad het. (5)
OLIEBOLLE PASTEIE
INLIGTING
2014 2013 2014 2013
Totale getal eenhede geproduseer & verkoop 55 000 51 000 35 000 44 000
eenhede eenhede eenhede eenhede
Gelykbreekpunt (eenhede) 21 667 24 074 38 095 18 519
eenhede eenhede eenhede eenhede
Ben se verkoopsprys per eenheid R8,00 R7,00 R12,50 R12,00
Verkoopsprys van die mededinger R8,60 - R12,50 -
VERANDERLIKE KOSTE PER EENHEID R5,00 R4,30 R8,30 R5,85
Direkte materiaalkoste per eenheid R1,95 R2,05 R5,05 R2,20
Direkte arbeidskoste per eenheid R1,90 R1,55 R2,20 R2,60
Verkoops- en verspreidingskoste per eenheid R1,15 R0,70 R1,05 R1,05
VASTE KOSTE PER EENHEID R1,18 R1,27 R4,57 R3,64
Fabrieksbokoste per eenheid R0,67 R0,78 R3,38 R2,50
Administrasiekoste per eenheid R0,51 R0,49 R1,19 R1,14
55
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
Accounting Grade 12 NSC November 2014 Addendum (Afrikaans)

Question paper
Accounting Grade 12 Supplementary 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 NSC November 2017 Question Paper (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 NSC November 2016 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum