Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE
NOVEMBER 2017
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye en 'n 17 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 NSC November 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 Accounting question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 448.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
NSC November Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 3 DBE/November 2017
NSS
8. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 30 punte; 20 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Bankversoening en Interne Versoening van Bankrekening met Staat
Beheer Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 2: 55 punte; 30 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Produksiekostestaat
Vervaardiging Wins/Verlies-berekeninge
Bestuur van hulpbronne
Analiseer gelykbreekpunt en eenheidskoste
VRAAG 3: 65 punte; 40 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Balansstaat
Vaste Bates, Balansstaat en
Ouditverslag
Ouditverslag
Bestuur van hulpbronne
Berekeninge: Vaste bates
VRAAG 4: 85 punte; 50 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Kontantvloeistaat en Begrippe
Vertolking Kontantvloeistaat
Vertolking van finansiële inligting
VRAAG 5: 35 punte; 20 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Begrippe
Voorraadwaardasie Voorraadwaardasieberekeninge
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 6: 30 punte; 20 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Kontantbegroting
Begrotings
Berekeninge
Probleemoplossing
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 4 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 1: BANKVERSOENING EN INTERNE BEHEER (30 punte; 20 minute)
1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.1.1 'n Gunstige saldo op die Bankstaat word as 'n debiet aangedui.
1.1.2 'n Vooruitgedateerde tjek wat ontvang word, moet op die datum van
ontvangs geboekstaaf word.
1.1.3 'n Uitgereikte tjek wat verlore geraak het, moet in die KOJ
gekanselleer word. (3 x 1) (3)
1.2 MENZIES HANDELAARS
Die inligting gegee het betrekking op Menzies Handelaars vir Junie 2017.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die volgende op 30 Junie 2017:
• Korrekte totale vir die KOJ en KBJ
• Bankrekeningsaldo (14)
1.2.2 Stel die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2017 op. (9)
1.2.3 Verduidelik die probleem met betrekking tot deposito's. Haal bewyse
aan. Verduidelik TWEE strategieë om dit in die toekoms te voorkom. (4)
INLIGTING:
A. Die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2017 het die volgende getoon:
Ongunstige saldo op die Bankstaat R1 450
Uitstaande deposito's:
• 17 Mei 2017 30 000
• 31 Mei 2017 16 200
Uitstaande tjeks:
• 605 (gedateer 16 Desember 2016) 9 750
• 812 (gedateer 10 April 2017) 8 550
• 816 (gedateer 25 Mei 2017) 13 590
• 819 (gedateer 15 Augustus 2017) 7 650
• 823 (gedateer 31 Mei 2017) 2 900
Ongunstige saldo op die Bankrekening in die Grootboek R5 210
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 5 DBE/November 2017
NSS
B. Voorlopige Kontantjoernaal-totale op 30 Junie 2017:
• Kontantontvangstejoernaal: R90 500
• Kontantbetalingsjoernaal: R85 920
C. Inskrywings in die Kontantjoernale vir Junie 2017 wat nie met die
Junie-Bankstaat ooreenstem nie:
JOERNAAL DOKUMENT DATUM BESONDER- BEDRAG
HEDE
EFO 19 11 Paintco R5 500
KOJ
Depositostrokie 451 25 Kontantverkope R40 500
LET WEL: EFO 19 is foutiewelik in die KOJ in plaas van die KBJ
geboekstaaf.
JOERNAAL DOKUMENT DATUM BESONDER- BEDRAG
HEDE
Tjek 870 25 VN Bpk. R16 800
KBJ
EFO 21 30 SJ Winkels R2 250
D. Items op die Bankstaat gedateer 30 Junie 2017 wat nie met die
Junie-Kontantjoernale ooreenstem nie:
DATUM BESONDERHEDE DEBIET KREDIET
02 Deposito (17/5) 30 000
05 Tjek 812 8 550
09 Debietorder (versekering) 2 290
11 Direkte oordrag aan Paintco (EFO 19) 5 500
12 Tjek 816 13 590
16 Deposito (31/5) 16 200
18 Direkte oordrag van S Smit (huur) 16 500
22 Tjek 823 (sien hieronder) 9 200
Onbetaalde tjek
23 750
(B Blast het sy skuld, R795, vereffen)
24 Diensgeld 1 220
LET WEL:
• Tjek 823: Bankstaatsyfer is korrek.
• Diensgeld is met R900 te hoog aangegee. Die bank sal die probleem
in die volgende maand regstel.
E. Die Bankstaat op 30 Junie 2017 het 'n saldo getoon van R?.
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 6 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 2: VERVAARDIGING (55 punte; 30 minute)
2.1 GEVEN VERVAARDIGERS
Die besigheid vervaardig houttafels.
GEVRA:
Stel die volgende vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017 op:
2.1.1 Produksiekostestaat (14)
2.1.2 Verkorte Inkomstestaat (14)
INLIGTING:
A. Voorraad voorhande:
28 FEBRUARIE 2017 1 MAART 2016
Goedere-in-
? R160 000
bewerking
400 tafels,
1 200 tafels teen R280
Klaarprodukte gewaardeer deur die
= R336 000
EIEU-metode te gebruik
B. Produksie en verkope vir die jaar:
• 7 200 tafels is teen 'n eenheidskoste van R330 elk vervaardig.
• 8 000 tafels is vir R4 080 000 verkoop.
C. Koste (voor aansuiwerings):
Administrasie R148 400
Fabrieksbokoste R487 200
Direkte materiaal R1 050 000
Direkte arbeid ?
Verkoop en verspreiding R422 000
Aansuiwerings:
• Betaling aan EZ Transport, R102 000, is foutiewelik aan Verkoop
en Verspreiding toegewys. Hierdie koste was eintlik vir die
aflewering van hout aan die fabriek bedoel.
• Die skoonmaakkontrak vir die jaar, R126 000, is tussen Fabriek
en Administrasie in die verhouding 2 : 1 gedeel. 80% moes egter
aan Fabriek toegewys gewees het.
D. Primêre koste: R1 800 000 (na aansuiwerings)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 7 DBE/November 2017
NSS
LAAT HIERDIE BLADSY
BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 8 DBE/November 2017
NSS
2.2 GYMWEAR VERVAARDIGERS
Gymwear Vervaardigers word deur Jan Fiks besit. Hulle vervaardig skoene en
hemde vir gimnasiumoefening. Jan het hulp nodig met die vertolking van sy
2017-resultate. Let daarop dat een paar skoene een eenheid uitmaak.
GEVRA:
2.2.1 Hemde:
• Bereken die gelykbreekpunt vir hemde. (4)
• Jan is nie tevrede met die veranderlike koste per eenheid nie, al
het die totale veranderlike koste per eenheid met R6 afgeneem.
- Identifiseer EEN veranderlike koste (met syfers) wat nie goed
beheer is nie. Gee TWEE moontlike redes vir hierdie
probleem. (4)
- Verduidelik waarom Jan bekommerd kan wees oor die groot
afnames in die ander TWEE veranderlike koste. (4)
• Jan kan nie verstaan hoekom die eenheidskoste van produksie
toegeneem het, terwyl sy vaste koste en die veranderlike koste
nie toegeneem het nie. Verduidelik waarom dit so is. Noem EEN
punt (met syfers). (4)
2.2.2 Skoene:
• Bereken die % toename in die verkoopprys van skoene. (3)
• Jan het besluit om die kwaliteit van die skoene te verbeter en dit
uit te voer. Verduidelik hoe die direkte materiaalkoste en die
verkoops- en verspreidingskoste deur hierdie besluit geraak is.
Verskaf syfers. (4)
• Jan was bekommerd dat die toename in prys die onderneming
negatief sou beïnvloed. Verduidelik of sy bekommernis
geregverdig is. Noem TWEE punte. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 9 DBE/November 2017
NSS
INLIGTING:
HEMDE SKOENE
2017 2016 2017 2016
Gelykbreekpunt ? 11 522 3 842 4 317
Eenhede vervaardig en verkoop 16 100 25 000 7 750 6 500
Netto wins R500 400 R620 000 R2 379 750 R1 183 000
Verkoopprys per eenheid R302 R290 R1 640 R1 260
Verkoopprys van mededingers R310 R290 R1 100 R1 250
Totale vaste koste (fabrieks-
R530 000 R530 000 R2 340 000 R2 340 000
bokoste en administrasie)
Totale vaste koste per eenheid ? ? R302 R360
Totale veranderlike koste per
R238 R244 R1 031 R718
eenheid
Direkte materiaalkoste per
R92 R116 R456 R330
eenheid
Direkte arbeidskoste per
R131 R100 R381 R360
eenheid
Verkoops- en verspreidings-
R15 R28 R194 R28
koste per eenheid
Eenheidskoste van produksie R242 R228 R1 100 R1 004
55
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 10 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3: VASTE BATES, BALANSSTAAT EN OUDITVERSLAG
(65 punte; 40 minute)
Die volgende inligting het betrekking op Odette Bpk. Die finansiële jaar het op
28 Februarie 2017 geëindig.
GEVRA:
3.1 Verwys na Inligting B.
Bereken die ontbrekende bedrae voorgestel deur (a) tot (e). (22)
3.2 Voltooi die Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) op 28 Februarie 2017.
Toon bewerkings. (37)
INLIGTING:
A. Bedrae geneem uit die rekords op 28 Februarie 2017:
Balansstaatrekeninge-afdeling R
Gewone aandelekapitaal ?
Behoue inkomste (28 Februarie 2017) 520 000
Vaste bates (drawaarde) ?
Lening van Beque Bank 284 000
Handelsvoorraad 408 880
Netto handelsdebiteure 67 200
Vaste deposito: Elze Bank ?
Bank (gunstig) ?
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige betalings) 209 000
Krediteurekontrole 184 000
Nominalerekeninge-afdeling (vooraansuiweringsbedrae)
Versekering 30 200
Huurinkomste 108 450
Elektrisiteit 42 000
B. Vaste bates:
GROND EN
VOERTUIE TOERUSTING TOTAAL
GEBOUE
Kosprys 350 000 460 000
Opgehoopte
(315 000)
waardevermindering
Drawaarde (01/03/2016) (a) 35 000
Bewegings:
Toevoegings 325 000 422 550 0
Verkope 0 0 (d)
Waardevermindering (b) (13 766)
Drawaarde (28/02/2017) 2 550 000 (c) 50 994 (e)
Kosprys 772 550 340 000
Opgehoopte
waardevermindering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 11 DBE/November 2017
NSS
• Waardevermindering op voertuie word teen 20% p.j. op kosprys bereken.
• Die maatskappy besit twee voertuie op 28 Februarie 2017. Een van hierdie
voertuie is op 1 September 2016 aangekoop.
• Uittreksel uit die Vastebateregister met betrekking tot toerusting verkoop:
Yskas (Model X3)
Datum aangekoop: 1 Maart 2014
Datum verkoop: 31 Desember 2016 Verkoop vir: R81 250
Waardeverminderingskoers: 10% p.j. (verminderdesaldo-metode)
WAARDE-
KOSPRYS BOEKWAARDE
VERMINDERING
28 Februarie 2015 R120 000 R12 000 R108 000
29 Februarie 2016 ? ?
31 Desember 2016 ? ?
C. Die elektrisiteitsrekening vir Februarie 2017, R5 600, was steeds uitstaande.
D. Die voorsiening vir oninbare skulde moet met R270 vermeerder word.
E. 'n Addisionele versekeringspolis is op 1 November 2016 uitgeneem. Die jaarlikse
premie van R10 200 is betaal en geboekstaaf.
F. Die huur vir Februarie 2017 is nog nie ontvang nie. Die huur is op 1 Julie 2016
met 15% verhoog.
G. Netto wins na belasting, R518 000, is bereken nadat al die aansuiwerings hierbo
in berekening gebring is. Inkomstebelasting is 30% van die netto wins.
H. 75% van die gemagtigde aandelekapitaal van 900 000 aandele is reeds uitgereik.
Die direkteure het op 28 Februarie 2017 'n finale dividend van 24 sent per
aandeel verklaar.
I. Uittreksel uit Beque Bank-leningstaat:
Saldo op 1 Maart 2016 R376 000
Betalings (rente ingesluit) R92 000
Rente gekapitaliseer R48 000
Saldo op 28 Februarie 2017 ?
LET WEL:
• Rente is nog nie in die boeke geskryf nie.
• R50 000 van die leningsaldo sal gedurende die volgende finansiële jaar
betaal word.
J. Die netto batewaarde per aandeel op 28 Februarie 2017 is 620 sent.
K. Die bedryfskapitaalverhouding op 28 Februarie 2017 is 2,1 : 1.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 12 DBE/November 2017
NSS
3.3 OUDITVERSLAG
'n Uittreksel uit die onafhanklike ouditverslag van Karin Bpk. vir die finansiële
jaar geëindig op 28 Februarie 2017, word verskaf.
GEVRA:
As 'n aandeelhouer, watter bekommernisse sou jy oor hierdie ouditverslag
hê? Verduidelik DRIE punte. (6)
INLIGTING:
UITTREKSEL UIT DIE OUDITVERSLAG VAN KARIN BPK.
Ons het die jaarlikse finansiële state van Karin Bpk. vir die jaar geëindig
28 Februarie 2017 geoudit. Hierdie finansiële state is die verantwoordelikheid
van die direkteure van die maatskappy.
Basis vir Weerhouding van Mening
Tydens ons oudit het ons vasgestel dat bonusse ten bedrae van R9,8 miljoen,
wat aan direkteure betaal is, nie deur die Vergoedingskomitee goedgekeur is
nie.
Ouditmening
As gevolg van die belangrikheid van die sake hierbo beskryf, kon ons nie
daarin slaag om genoeg ouditbewyse te bekom om 'n basis vir 'n ouditmening
te verskaf nie. Dienooreenkomstig spreek ons geen mening uit oor die
finansiële state van Karin Bpk. vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017 nie.
Bongani en Botha, Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA)
65
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 13 DBE/November 2017
NSS
LAAT HIERDIE BLADSY
BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 14 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 4: KONTANTVLOEISTAAT EN VERTOLKING (85 punte; 50 minute)
4.1 Kies 'n term om elk van die volgende stellings te voltooi. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
aandeelhouer(s); eksterne ouditeur(e); direkteur(e); interne ouditeur(e)
4.1.1 … word deur die aandeelhouers aangestel om die maatskappy te
bestuur.
4.1.2 Die ... word deur die maatskappy in diens geneem om funksionele
interne beheerprosesse daar te stel.
4.1.3 'n … is 'n persoon wat in 'n maatskappy belê deur aandele te koop.
4.1.4 ... word deur aandeelhouers aangestel om 'n onbevooroordeelde
mening oor die finansiële state te gee. (4 x 1) (4)
4.2 SO-FINE BPK.
Die inligting gegee het betrekking op So-Fine Bpk. vir die finansiële jaar
geëindig 31 Augustus 2017.
GEVRA:
4.2.1 Stel die volgende notas tot die Balansstaat op 31 Augustus 2017 op:
• Gewone aandelekapitaal (7)
• Behoue inkomste (9)
4.2.2 Voltooi die Kontantvloeistaat deur slegs die besonderhede en syfers
wat deur 'n vraagteken (?) aangedui word, in te voeg. (19)
4.2.3 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 31 Augustus 2017:
• Persentasie bedryfswins op verkope (3)
• Skuld-eienaarsbelang-verhouding (4)
4.2.4 Bereken die dividende per aandeel (DPA) van 'n aandeelhouer wat
dieselfde getal aandele vir die hele finansiële tydperk besit het. (4)
INLIGTING:
A. Inligting uit die Inkomstestaat vir die finansiële jaar geëindig
31 Augustus 2017:
Verkope R8 652 000
Bedryfsuitgawes 1 760 000
Waardevermindering 320 000
Rente-uitgawe 86 100
Bedryfswins 697 000
Inkomstebelasting 187 770
Netto wins na inkomstebelasting 438 130
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 15 DBE/November 2017
NSS
B. Inligting uit die Balansstaat op 31 Augustus:
2017 2016
(R) (R)
Vaste bates (drawaarde) 6 177 000 4 975 000
Vaste deposito's 220 000 300 000
Lening: Dolphin Bank 985 000 450 000
Bedryfsbates 619 600 663 300
Bedryfslaste 490 000 614 300
Aandeelhouersbelang ? ?
Gewone aandelekapitaal 5 292 000 ?
Behoue inkomste ? 147 370
Kontant en kontantekwivalente 23 400 2 500
Oortrokke bankrekening - 65 100
Aandeelhouers vir dividende 168 000 120 000
SAID: Inkomstebelasting 11 800 (Kt.) 2 400 (Dt.)
C. Aandelekapitaal en dividende
• Die gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 1 200 000 gewone
aandele.
• 900 000 gewone aandele is reeds op 1 September 2016 uitgereik.
• Die maatskappy het op 1 Mei 2017, 150 000 gewone aandele teen
R6,30 per aandeel uitgereik.
• 70 000 gewone aandele is op 30 Augustus 2017 by aandeelhouers
teruggekoop. 'n Tjek vir R437 500 is vir hierdie aandele uitgereik.
Hierdie aandeelhouers kwalifiseer vir finale dividende.
• 'n Tussentydse dividend van 12 sent per aandeel is op
1 Februarie 2017 betaal.
• 'n Finale dividend is op 30 Augustus 2017 verklaar.
D. Vaste bates: Transaksies gedurende die huidige finansiële jaar.
• Ou toerusting is vir kontant verkoop teen die drawaarde van
R324 000.
• Addisionele toerusting en afleweringsvoertuie is aangekoop.
(Sien VRAAG 4.3 op die volgende bladsy.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 16 DBE/November 2017
NSS
4.3 CASTRO BPK. EN RONKI BPK.
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot twee maatskappye.
AGTERGRONDINLIGTING:
• Henry Harries besit 300 000 aandele in elke maatskappy.
• Castro Bpk. het 200 000 nuwe aandele slegs aan bestaande
aandeelhouers uitgereik teen die gemiddelde uitreikprys (R9,10). Hierdie
fondse is gebruik om 'n nuwe tak te vestig. Geen nuwe lenings is
aangegaan nie.
• Ronki Bpk. het R4 800 000 betaal om 320 000 aandele terug te koop.
GEVRA:
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings verwag word, haal
finansiële aanwysers en syfers aan om jou antwoord te staaf.
CASTRO BPK.
4.3.1 Lewer kommentaar op die prys van R9,10 wat Castro Bpk. vir die
nuwe aandele wat uitgereik is, gevra het. (3)
4.3.2 Verduidelik hoe die uitreik van nuwe aandele die finansiële
hefboomverhouding en risiko van Castro Bpk. beïnvloed het.
Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (6)
4.3.3 Henry het die opsie gehad om sommige van die nuwe aandele wat
deur Castro Bpk. uitgereik is, te koop. Hy het genoeg fondse
(rentekoers 5% p.j.) vir hierdie doel gespaar.
• As Henry sy 60%-aandeelhouding in die maatskappy wou behou,
hoeveel aandele sou hy moes gekoop het en hoeveel sou hy
moes betaal het? (5)
• Henry het besluit om NIE hierdie aandele te koop NIE. Buiten die
% aandeelhouding, verduidelik TWEE redes waarom hy 'n fout
gemaak het deur nie hierdie opsie uit te oefen nie. (6)
RONKI BPK.
4.3.4 Lewer kommentaar op die likiditeit van Ronki Bpk. Haal TWEE
finansiële aanwysers aan. (6)
4.3.5 Lewer kommentaar op die prys wat Ronki Bpk. vir die terugkoop van
aandele betaal het. (3)
4.3.6 Verduidelik DRIE maniere waarop Henry deur die terugkoop van die
aandele deur Ronki Bpk. bevoordeel is. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 17 DBE/November 2017
NSS
ADDISIONELE INLIGTING:
Finansiële aanwysers en addisionele inligting uit jaarverslae:
CASTRO BPK. RONKI BPK.
2017 2016 2017 2016
Skuld-ekwiteit-verhouding 0,5 : 1 0,8 : 1
Bedryfsverhouding 1,9 : 1 3,5 : 1
Vuurproefverhouding 1,1 : 1 1,7 : 1
Voorraadhoudingstydperk 54 dae 54 dae
Getal aandele reeds uitgereik 700 000 500 000 580 000 900 000
Gemiddelde aandele-uitreikprys R9,10 R10,20
Prys vir terugkoop van aandele
R15,00
betaal
Prys van aandele op die JSE R12,00 R15,00
Netto batewaarde per aandeel R10,73 R11,38 R13,30 R13,22
% opbrengs op
23% 17% 16% 13%
aandeelhouersbelang
% opbrengs op totale kapitaal
20% 15%
aangewend
Verdienste per aandeel 140 sent 196 sent 266 sent 171 sent
Totale dividende R357 000 R325 000 R928 000 R928 000
Dividende per aandeel 51 sent 65 sent 160 sent 103 sent
85
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 18 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 5: VOORRAADWAARDASIE (35 punte; 20 minute)
5.1 BEGRIPPE
Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
5.1.1 Die (spesifiekeidentifikasie-/geweegdegemiddelde-) voorraadwaardasie-
metode is die geskikste vir produkte van soortgelyke waarde wat in
groot hoeveelhede aangekoop word.
5.1.2 Koste van verkope word by die verkooppunt in die (deurlopende/
periodieke) voorraadstelsel bepaal.
5.1.3 Voorraad gewaardeer volgens die (eerste-in-eerste-uit-/
geweegdegemiddelde-)metode bepaal voorraad voorhande deur die
kospryse van die mees onlangse voorraadaankope te gebruik.
5.1.4 In die periodieke voorraadstelsel word vraggeld op goedere wat
aangekoop is, as 'n (uitgawe/bate) vir die onderneming geboekstaaf.
(4 x 1) (4)
5.2 HOT-WHEELS (EDMS.) BPK.
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Hot-Wheels (Edms.) Bpk. vir die
drie maande geëindig 30 September 2017. Die onderneming dryf handel met
motorfietse en valhelms ('helmets').
Mike, die eienaar, wil sy voorraadrekords assesseer voor enige prysverhogings
gedurende die jaar.
GEVRA:
Motorfietse:
5.2.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 30 September 2017 deur
die spesifieke identifikasiemetode te gebruik. (7)
5.2.2 Mike vra jou advies oor die drie verskillende motorfietsmodelle waarmee
hy handel dryf. Verduidelik TWEE punte van advies (stukkies raad). (4)
Valhelms ('Helmets'):
5.2.3 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 30 September 2017 deur
die geweegdegemiddelde-metode te gebruik. (9)
5.2.4 Is die geweegdegemiddelde-metode geskik om die valhelms te
waardeer? Verduidelik EEN punt. (3)
5.2.5 Mike vermoed dat valhelms uit die winkel gesteel word ten spyte
daarvan dat veiligheidskameras geïnstalleer is.
• Verskaf 'n berekening om sy vermoede te staaf. (5)
• Wat kan Mike doen om die interne beheer van voorraad te verbeter?
Noem DRIE punte. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 19 DBE/November 2017
NSS
INLIGTING:
A. Motorfietse:
Inligting vir drie maande geëindig 30 September 2017:
Voorraad op 1 Julie 2017:
KOSPRYS PER
MODEL EENHEDE TOTAAL (R)
EENHEID (R)
AO2 12 24 300 291 600
Totale aankope:
KOSPRYS PER
MODEL EENHEDE TOTAAL (R)
EENHEID (R)
AO2 6 24 300 145 800
AO3 15 27 400 411 000
AO4 18 31 600 568 800
39 1 125 600
Verkope:
TOTALE VERKOPE-
MODEL EENHEDE VERKOOP
BEDRAG (R)
AO2 8 311 040
AO3 11 482 240
AO4 10 505 600
29 1 298 880
B. Valhelms:
Inligting vir drie maande geëindig 30 September 2017:
Voorraadsaldo's volgens fisiese telling:
KOSPRYS PER
EENHEDE TOTAAL (R)
EENHEID (R)
1 Julie 2017 30 R500 R15 000
30 September 2017 12 ?
Aankope:
EENHEDE KOSPRYS PER
DATUM TOTAAL (R)
AANGEKOOP EENHEID (R)
20 Julie 2017 25 R510 R12 750
20 Augustus 2017 30 R525 R15 750
20 September 2017 20 R540 R10 800
TOTAAL 75 R39 300
Terugsendings: Vyf foutiewe valhelms uit die aankope in
Augustus 2017 is aan die verskaffers teruggestuur vir 'n volle
terugbetaling.
Verkope: 85 valhelms is teen R600 elk verkoop.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 20 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 6: BEGROTINGS (30 punte; 20 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Lamba Handelaars, 'n onderneming
wat deur Larry Lamba besit word. Die onderneming verkoop skoonmaakmateriaal vir
kontant en op krediet. Hulle lewer goedere gratis af by plaaslike klante.
GEVRA:
6.1 Verduidelik die hoofdoel van 'n Kontantbegroting en 'n Geprojekteerde
Inkomstestaat. (2)
6.2 Debiteure:
Verwys na Inligting A en Inligting B.
Die kredietterme laat debiteure toe om hulle rekeninge te vereffen aan die
einde van die maand wat op die verkoopstransaksiemaand volg. Geen korting
word toegestaan nie. Op grond van vorige ondervinding verwag Larry egter
dat debiteure volgens die Debiteure-invorderingskedule sal betaal.
6.2.1 Gebruik die Novembersyfers om die volgende te bereken:
• % debiteure wat na verwagting aan die kredietterme sal voldoen
• % verwagte oninbare skuld (9)
6.2.2 Larry glo nie dat sy debiteurekontroleklerk, Shirley, 'n bonus op
31 Oktober 2017 verdien nie. Verskaf bewyse om sy mening te
staaf. Gee Larry raad om debiteure-invorderings te verbeter (TWEE
punte). (4)
6.3 Geprojekteerde Inkomstestaat:
Verwys na Inligting C en Inligting D.
6.3.1 Bereken:
• Die vaste % van verkope wat deur Larry gebruik is om vir
afleweringskoste te begroot (2)
• Die bedrag van die lening wat op 31 Desember 2017 terugbetaal
gaan word (4)
6.3.2 Verwys na verskille in Inligting D.
Verduidelik hoekom Larry sal voel dat al hierdie verskille probleme
vir sy onderneming is. (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 21 DBE/November 2017
NSS
INLIGTING:
A. Debiteure-invorderingskedule vir die tydperk geëindig 28 Februarie 2018:
KREDIET- INVORDERINGS
VERKOPE NOV. 2017 DES. 2017 JAN. 2018 FEB. 2018
R R R R R
September 112 000 16 800
Oktober 134 400 75 264 20 160
November 224 000 56 000 125 440 33 600
Desember 358 400 89 600 200 704 53 760
Januarie 179 200 44 800 100 352
Februarie 112 000 28 000
148 064 235 200 279 104 182 112
B. Die debiteureklerk lê die volgende ouderdomsontleding aan die
einde van Oktober 2017 voor:
HUIDIGE
TOTAAL 1 MAAND 2 MAANDE 3 MAANDE +
MAAND
100% 18% 40% 23% 19%
C. Uittreksel uit die Geprojekteerde Inkomstestaat:
NOV. 2017 DES. 2017 JAN. 2018 FEB. 2018
Rente op lening
R2 975 R2 975 R2 465 R2 465
(koers 8,5% p.j.)
D. Syfers op 31 Oktober 2017 deur die rekenmeester verskaf:
GEPROJEKTEER WERKLIK VERSKIL
Totale verkope 320 000 290 000 –30 000
Kontantverkope 96 000 50 000 –46 000
Kredietverkope 224 000 240 000 +16 000
Advertensies 5 000 1 000 –4 000
Verpakkings- 4 800 4 800 0
materiaal
Afleweringskoste 12 800 12 500 –300
30
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 NSC November 2017 Question Paper (Eng)

Addendum
Accounting Grade 12 NSC November 2017 Addendum (Afrikaans)

Question paper
Accounting Grade 12 EC June 2017 Question Paper (English)

Question paper
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum