Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2019
REKENINGKUNDE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*IACCNA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en ’n antwoordeboek van 11 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 

%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053/v1-eaa6fa54a9158a1b1ee6/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b6618943-9dc1-49c2-a1e9-55b45e559a00/v1-8d20f5093aca78d493ec/card.webp)


View all





Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)
Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 760.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies deeglik en voer dit noukeurig uit.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ’n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin ALLE vrae gedoen moet
word.
3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag ’n donker potlood of swart/blou ink gebruik om die vrae te
beantwoord.
6. Waar van toepassing, maak alle berekeninge korrek tot EEN desimale plek.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as gids vir die beantwoording van
die vraestel. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 35 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bank en Krediteure- rekonsiliasies x Bankrekonsiliasie
x Krediteurerekonsiliasie
VRAAG 2: 45 punte; 40 minute
Koste-berekeninge x
Vervaardigingsbegrippe
x
Grootboekrekeninge van Koste-berekeninge
x
Berekeninge van Eenheidskoste en
Gelykbreek
x Interne Beheer
VRAAG 3: 50 punte; 40 minute
Kontantbegroting en x Begrippe
Bateverkope x Berekeninge
x Bateverkope
VRAAG 4: 20 punte; 15 minute
Finansiële aanwysers en x Ontleding
Bedryfskapitaal x Interpretasie van Finansiële state
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) REKENINGKUNDE V2 3
VRAAG 1: BANKREKONSILIASIE EN KREDITEUREREKONSILIASIE
(35 punte; 25 minute)
1.1 BANKREKONSILIASIE
Jy word voorsien van inligting uit die rekeningkundige rekords van Lin
Handelaars.
GEVRA:
1.1.1 Gee TWEE redes waarom ’n Bankrekonsiliasie as ’n interne beheer-
maatreël opgestel moet word. (2)
1.1.2 Verduidelik watter aanpassings aan die syfers in die finansiële state op
30 Junie 2019, einde van die finansiële jaar, gemaak moet word in
verband met die vooruitgedateerde tjeks uitgereik. Verwys na die
Bankrekonsiliasie-staat vir Junie 2019. Voorsien werklike syfers in jou
antwoord. (4)
1.1.3 Bestudeer die gegewe items in inligting A en B. Toon aan of die items
aangeteken sal word in die:
x Kontantontvangstejoernaal
x Kontantbetalingsjoernaal
x Of geen inskrywing word in die joernale gemaak nie. Plaas ’n X in
die voorsiende kolom om dit aan te dui.
Toon die bedrag wat in die toepaslike joernaal aangeteken sal word.
(Die eerste item is vir jou gedoen.) (9)
1.1.4 Voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Julie 2019. (7)
1.1.5 Gedurende Augustus 2019 het die interne ouditeur ontdek dat die
uitstaande deposito van R20 500 in die Bankrekonsiliasiestaat op
31 Julie 2019, as R5 500 op die Bankstaat (Item 3) verskyn. Die
bedrag in die Bankstaat is korrek. Noem EEN bekommernis wat jy as
interne ouditeur het. Gee EEN gepaste beheermaatreël om te
voorkom dat dit in die toekoms weer kan gebeur. Verduidelik volledig. (3)
A. INLIGTING:
Bankrekonsiliasiestaat van Lin Handelaars op 30 Junie 2019.
Dt. Saldo volgens Bankstaat 3 700
Dt. Saldo volgens Bankrekening 2 000
Uitstaande deposito (30 Junie 2019) 18 200
Uitstaande tjeks
Nr. 1329 (gedateer 12 Januarie 2019) 2 100
Nr. 1596 (gedateer 16 Augustus 2019) 7 000
Nr. 1632 (gedateer 31 Julie 2019) 3 400
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2019)
B. Nadat die Bankstaat vir Julie vergelyk is met die
Kontantontvangstejoernaal en die Kontantbetalingsjoernaal vir Julie, is die
volgende verskille opgemerk:
Item 1 Die bankstaat toon ’n batige saldo van R21 370 op 31 Julie 2019.
Item 2 ’n Deposito van R18 200 verskyn op die bankstaat op
1 Julie 2019, maar nie in die joernale vir Julie 2019 nie.
Item 3 ’n Deposito van R20 500, gedateer 10 Julie 2019 verskyn in die
Kontantontvangstejoernaal vir Julie 2019, maar nie op die bank-
staat vir Julie 2019 nie.
Item 4 ’n EFO van R5 300 vir huur ontvang van T Mbutu verskyn slegs
op die bankstaat.
Item 5 R1 450 vir bankkoste verskyn op die bankstaat, maar nie in die
joernale vir Julie 2019 nie.
Item 6 Die bankstaat toon ’n geweierde tjek vir R720. Hierdie tjek is van
’n debiteur, ter vereffening van ’n skuld van R770 ontvang.
Item 7 Tjek nr. 1329, uitgereik as ’n donasie aan Little Hands
Speelskool, is met tjek nr. 1640 vervang, op 25 Julie 2019. Die
donasie is vermeerder met R400. Die tjek is op 1 Augustus 2019
by die speelskool afgelewer. Geen inskrywings is gemaak nie.
Item 8 Tjek nr. 1632, gedateer 31 Julie 2019, verskyn op die bankstaat,
maar nie in die joernale vir Julie 2019 nie.
Item 9 Tjek nr. 1690 vir R6 100, gedateer 28 Julie 2019, verskyn in die
Kontantbetalingsjoernaal, maar nie op die bankstaat nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) REKENINGKUNDE V2 5
1.2 KREDITEUREREKONSILIASIE
Die volgende inligting is uit die boeke van Naidoo Handelaars geneem. Die
Krediteurekontrolerekening en die Lys van Krediteure is deur ’n onervare
boekhouer voltooi.
GEVRA:
1.2.1 Waarom moet die saldo van die Krediteurekontrolerekening met die totaal
van die Lys van Krediteure ooreenstem? (2)
1.2.2 Bereken die korrekte saldo’s van die Krediteurekontrolerekening en die
Lys van Krediteure. (8)
INLIGTING:
Nadat inligting aan die einde van Julie 2019 bestudeer is, het die volgende na
vore gekom:
(a) Saldo van Krediteurekontrole, R49 560
Totaal van Lys van Krediteure, R36 410
(b) Die totaal van die Lys van Krediteure is R520 te veel, a.g.v. ’n optelfout.
(c) ’n Faktuur vir die aankoop van verbruiksgoedere van DJ Handelaars,
R3 160, is nie in die joernale aangeteken nie.
(d) Handelsvoorraad ter waarde van R690 wat teruggestuur is aan Devine
Bpk., is korrek aangeteken in die Krediteureafslagjoernaal. Die bedrag is
verkeerdelik as R960 na die rekening van Devine Bpk oorgeboek.
(e) Die totaal van die Krediteurekontrolekolom in die Kontantbetalings-
joernaal (KBJ) is R6 700. Die boekhouer het dit per ongeluk na die
kredietkant van die Krediteurekontrolerekening oorgeboek.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 2: VERVAARDIGING (45 punte; 40 minute)
4’ Oseane Handelaars vervaardig sakke van organiese, herwinde materiaal.
4’ Oseane Handelaars gebruik die deurlopende voorraadstelsel en ’n winsopslag van
100% op kosprys.
GEVRA:
2.1 Kies die omskrywing in KOLOM B wat die beste by die begrip in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Fabrieksbokoste A grondstowwe uitgereik aan die fabriek
2.1.2 Direkte arbeidskoste B pensioenbydraes vir die sekretaresse
2.1.3 Verkoops- en C lone vir werkers betrokke in die
verspreidingskoste produksieproses
2.1.4 Administrasiekoste D oninbare skuld
E fabrieksvoorman se salaris (4)
2.2 Bereken:
x Direkte materiaalkoste (4)
x Die korrekte Fabrieksbokoste (8)
2.3 Voltooi die Goedere-in-Bewerkingrekening in die Algemene Grootboek. (10)
2.4 Bereken die volgende:
2.4.1 Verkoopsprys per eenheid (3)
2.4.2 Koste van Verkope (3)
2.4.3 Veranderlike koste per eenheid (3)
2.4.4 Gelykbreekpunt (4)
2.5 4’Oseane Handelaars verwag dat die vraag in die volgende finansiële jaar tot
600 000 eenhede sal toeneem. Hulle beplan om die hoeveelheid eenhede
geproduseer, te verhoog om in hierdie vraag te voorsien. Hulle verwag dat vaste
koste onveranderd sal bly.
2.5.1 Verduidelik wat jy verstaan onder die term gelykbreekpunt. (2)
2.5.2 Verduidelik watter effek die bostaande besluit sal hê op die vaste koste
per eenheid en die gelykbreekpunt. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) REKENINGKUNDE V2 7
INLIGTING:
A. Saldo’s/totale op 30 Junie 2019 2018
Grondstofvoorraad 92 400 78 900
Goedere-in-bewerkingvoorraad ? 175 000
Klaar produktevoorraad 759 000 542 000
Fabrieksbokoste 362 790
Produksie-lone 990 000
B. Aankope vir Grondstofvoorraad R553 500, sluit R40 000 in vir vraggeld
op aankope.
C. R90 000 se produksie-lone is nie aangeteken nie.
D. Fabrieksbokoste is verkeerd bereken. Die volgende aansuiwerings moet
nog in berekening gebring word:
Waardevermindering op Fabrieksaanleg en Toerusting ter waarde van
R84 030 is uitgelaat.
Indirekte materiaal sluit grondstowwe ter waarde van R3 500 in wat vir
die volgende finansiële jaar aangekoop is.
Die Water en Elektrisiteitsrekening van R10 290 in die Fabrieks-
bokosterekening is verdeel in die verhouding 2 : 1 : 1 tussen die
fabriek en die ander departemente. Die verhouding moes 4 : 2 : 1
gewees.
E. EENHEDE GEPRODUSEER EN VERKOOP Waarde Eenhede
Koste van Klaar produkte vervaardig R1 872 000 374 400
Verkope (winsgrens = 100% op kosprys) R3 564 000 396 000
F. KOSTE EN GELYKBREEK
Vaste koste R682 500
Veranderlike koste R2 059 200
Administrasiekoste R250 500
Verkoops- en verspreidingskoste ?
Gelykbreekpunt ?
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 3: KONTANTBEGROTING EN VASTE BATES (50 punte; 40 minute)
3.1 KONTANTBEGROTING
Jy word voorsien van die Kontantbegroting van Zizi Handelaars vir die drie
maande geëindig 31 Desember 2019. Die eienaar is EmmaLee Zizi.
GEVRA:
3.1.1 Verduidelik waarom ’n besigheid elke jaar ’n Kontantbegroting moet
opstel. (2)
3.1.2 Bereken die verwagte ontvangstes van debiteure vir November 2019. (5)
3.1.3 Bereken die syfers soos aangedui deur A–E in die Kontantbegroting. (5)
3.1.4 Vanaf 1 November 2019 het die huurinkomste met 8% verhoog. Bereken
die bedrag vir huurinkomste vir November 2019. (3)
3.1.5 Dink jy EmmaLee se kapitaalbydrae in November is genoeg om hierdie
besigheid aan die gang te hou? Verskaf EEN rede, met syfers om jou
antwoord te ondersteun. (3)
3.1.6 Verwys na die salarisse en lone in die Kontantbegroting.
x Bereken die persentasie verhoging toegestaan aan die werkers vanaf
1 November 2019. (3)
x Dink jy die werkers sal met hierdie verhoging tevrede wees?
Verduidelik kortliks. (2)
3.1.7 As interne ouditeur ontdek jy dat die werklike voertuiguitgawes vir
Desember 2019 R5 420 was. Verskaf TWEE punte wat jy in jou interne
ouditeursverslag aan EmmaLee sal insluit. (4)
3.1.8 Op 30 November 2019 sal ’n nuwe voertuig ter waarde van R139 500
aangekoop word. Die besigheid sal ’n deposito van 20% betaal en die
balans sal deur Oosbank gefinansier word. EmmaLee sal die
kapitaalgedeelte in gelyke maandelikse paaiemente oor drie jaar, vanaf
30 Desember 2019 aan Oosbank terugbetaal. Rente sal maandeliks aan
Oosbank betaal word teen ’n rentekoers van 11% per jaar op die
uitstaande saldo.
x Bereken die rente betaalbaar aan Oosbank in Desember 2019. (4)
x Bereken die maandelikse terugbetalings van die kapitaalgedeelte van
die lening, aan Oosbank. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) REKENINGKUNDE V2 9
INLIGTING:
LET WEL: Nie alle bedrae word hieronder aangetoon nie.
UITTREKSEL UIT DIE KONTANTBEGROTING
2019 2019 2019
Oktober November Desember
VERWAGTE ONTVANGSTES
Kontantverkope (75% van totale verkope) 225 000 112 500 112 500
Debiteure (30 dae minus 5%) 47 500 ? 35 625
Huurinkomste 9 000 ? ?
Rente op vaste deposito ? ?
Kapitaal 150 000
291 000 355 000 158 245
VERWAGTE BETALINGS
Onttrekkings 17 500 12 500 12 500
Voertuiguitgawes 4 000 4 000 4 000
Vaste deposito 60 000
Deposito op voertuig aangekoop ?
Maandelikse terugbetalings aan Oosbank ?
Rente betaal aan Oosbank ?
Salarisse en lone 105 000 109 200 109 200
240 000 310 000 390 000
Kontantsurplus/ -tekort 51 000 45 000 C
Kontant aan die begin van die maand 72 000 A D
Kontant aan die einde van die maand 123 000 B E
3.2 VASTE BATES
Die inligting hieronder is uit die rekeningkundige rekords van Max Beperk op
28 Februarie 2019 geneem.
GEVRA:
Verwys na inligting A:
3.2.1 Voltooi die Bateverkoperekening om die kontantverkope van die voertuig
op 31 Desember 2018 aan te teken. (6)
3.2.2 Bereken die ontbrekende syfers (aangedui deur *) in die Nota vir Vaste
Bates. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2019)
INLIGTING A:
A Nota tot Balansstaat op 28 Februarie 2019.
Grond en
VASTE/TASBARE BATES Voertuie Toerusting
geboue
Drawaarde aan begin van die jaar * 330 000 435 000
Kosprys * 900 000 615 000
Opgehoopte waardevermindering 0 (570 000) *
Bewegings
Toevoegings teen kosprys 230 000 * 300 000
Bateverkope teen drawaarde 0 (72 000) 0
Waardevermindering 0 (64 000) *
Drawaarde aan einde van die jaar 1 580 000 500 000 *
Kosprys 1 580 000 1 076 000 *
Opgehoopte waardevermindering 0 * (270 000)
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) REKENINGKUNDE V2 11
VRAAG 4: FINANSIЁLE AANWYSERS EN BEDRYFSKAPITAAL
(20 punte; 15 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Tanda Handelaars vir die jaar geëindig
28 Februarie 2019. Die vennote is A Tanya en P Daniel.
GEVRA:
4.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2019:
4.1.1 Bruto winspersentasie op koste van verkope (winsopslag %) (4)
4.1.2 Gemiddelde omsetsnelheid van voorraad (4)
4.1.3 Debiteure-invorderingstermyn in dae (6)
4.2 Lewer kommentaar op die winsgewendheid van die besigheid vir hierdie
finansiële jaar. Gee TWEE redes waarom hulle dalk nie hul beplande winsopslag
van 50% bereik het nie. (2)
4.3 Die boekhouer is tevrede dat die besigheid se likiditeit verbeter het en daar is
geld om hul korttermynverpligtinge na te kom. Noem TWEE aanwysers, met
syfers, om dit te bewys. (4)
INLIGTING:
Saldo’s van Grootboekrekeninge en ander inligting:
2019 2018
Debiteurekontrole 153 800 156 200
Handelsvoorraad 368 000 392 000
Verkope (50% van verkope is op krediet) 4 242 000
Bruto wins 1 212 000
Debiteure-invorderingstermyn ? 36 dae
Omsetsnelheid van voorraad ? 6 keer
20
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Eng)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053/v1-eaa6fa54a9158a1b1ee6/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b6618943-9dc1-49c2-a1e9-55b45e559a00/v1-8d20f5093aca78d493ec/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 11 P2 KwaZulu Natal June 2019 QP

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Eng)
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum