Skip to content

Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202516 pages

Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2025 REKENINGKUNDE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye insluitend ʼn formuleblad en ʼn 11-bladsy antwoordeboek. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 3 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE 1 Interne Beheer en Rekonsiliasies 40 30 2 Kosterekeningkunde 35 30 3 Voorraad 35 30 4 Begroting en BTW 40 30 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 1: INTERNE BEHEER EN REKONSILIASIES (40 punte; 30 minute) 1.1 INTERNE BEHEER Die eienaar van Dlamini Handelaars is baie tevrede dat alle betalings nou uitsluitlik (slegs) via EFO gemaak word. Hy oorweeg dit om sy besigheid heeltemal kontantloos te bedryf. GEVRA: 1.1.1 Pearly, die boekhouer is verantwoordelik vir die prosessering en beheer van alle EFO-transaksies. Die interne ouditeur is bekommerd omdat daar geen verdeling van pligte is nie. Verduidelik EEN rede waarom die interne ouditeur bekommerd mag wees oor die gebrek aan verdeling van pligte. (2) 1.1.2 Baie klante verkies om kontant te betaal, maar Dlamini wil sy besigheid heeltemal kontantloos bedryf. • Identifiseer EEN potensiële probleem wat die besigheid in die gesig mag staar as gevolg van hierdie besluit. • Behalwe dat dit vinnig en tydbesparend is, identifiseer EEN voordeel van die gebruik van EFO’s. (4) 1.2 BANKREKONSILIASIE Die inligting handel oor Koen Handelaars vir Augustus 2025. 1.2.1 Toon die inskrywings wat in die Kontantjoernale aangeteken moet word. (10) 1.2.2 Bereken die saldo van die Bankrekening in die grootboek op 31 Augustus 2025. (4) 1.2.3 Stel die Bankrekonsiliasiestaat vir 31 Augustus 2025 op. (6) INLIGTING: A. Inligting van die Bankrekonsiliasiestaat voltooi op R 31 Julie 2025: Ongunstige saldo volgens Bankstaat 39 000 EFO’s in KBJ aangeteken 315 45 000 390 23 700 Deposito in die KOJ, maar nie op die Julie 2025 Bankstaat 107 000 Ongunstige saldo van die Bankrekening in die Grootboek 700 NOTA: • EFO 315 en 390 verskyn op die Bankstaat op 1 Augustus 2025. EFO 390 verskyn as R25 700. Die Bankstaat is korrek. • Die deposito verskyn op die bankstaat op 2 Augustus 2025. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 5 B. Voorlopige totale van Kontantjoernale op 31 Augustus 2025 voordat die Bankstaat vir Augustus 2025 via epos van die bank ontvang is: • Kontantontvangstejoernaal (KOJ): R90 850 • Kontantbetalingsjoernaal (KBJ): R85 750 C. Inligting op Augustus 2025-bankstaat wat nie in die Augustus Kontantjoernale aangeteken is nie: DEBIET KREDIET Rente R450 EFO (Nazo – skoonmaak van kantoor R3 500 se matte) EFO (Jacobs – huurder) R28 500 Debietorder (PGS Versekeraars) R10 780 Internet bankfooie R980 Internet bankfooie R980 NOTA: Die bank het die internet bankfooie foutiewelik gedupliseer. Dit sal in September 2025 reggestel word. D. Inskrywings in die KBJ vir Augustus wat nie op die Bankstaat vir Augustus verskyn nie: • EFO 401 (J Koen – eienaar, vir private gebruik) op 28 Augustus 2025, R16 500 • EFO 419 (MVI Verskaffers) 30 Augustus 2025, R8 600 E. Deposito-inskrywings in die KOJ vir Augustus wat nie met die Bankstaat vir Augustus ooreenstem nie: • R31 450 op 30 Augustus 2025 • R44 500 op 31 Augustus 2025. Die Bankstaat toon dit as R34 500. ʼn Ondersoek het getoon dat die kontantstrokies na R44 500 optel, maar slegs R34 500 is gedeponeer. Die tekort kan nie opgespoor word nie en moet afgeskryf word. F. Saldo soos per Bankstaat op 31 Augustus 2025 is die balanserende bedrag. 1.3 KREDITEUREREKONSILIASIE Die volgende inligting handel oor Kapp Handelaars. Die saldo van Dordrecht Verskaffers in die Krediteuregrootboek stem nie ooreen met die eindsaldo op die staat wat op 27 Julie 2025 van hulle ontvang is nie. GEVRA: Bereken die korrekte saldo’s deur die nodige aanpassings te maak vir die gegewe foute en weglatings in die Krediteuregrootboek en die staat van Dordrecht Verskaffers. Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK en toon ʼn bedrag met “+”, “-” of “geen inskrywing” vir elke fout of weglating wat ontdek is. (14) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) SALDO’S OP 31 JULIE 2025 Dordrecht Verskaffers se rekening in die Krediteure- grootboek van Kapp Handelaars R25 670 (krediet) Maandelikse staat ontvang van Dordrecht Verskaffers R28 155 (debiet) Foute en weglatings geïdentifiseer nadat vergelykings gemaak is. A. ʼn Faktuur vir R8 820 is korrek in die Krediteuregrootboek ingeskryf, maar die rekeningstaat van Dordrecht Verskaffers het dit as R9 300 opgeteken. Die krediteureklerk het Dordrecht Verskaffers gekontak en hulle het bevestig dat hulle die fout sal regstel. B. EFO 3092 vir R9 500, uitgereik aan Dordrecht Verskaffers, is verkeerdelik as R5 900 in die Kontanbetalingsjoernaal (KBJ) aangeteken en ook so oorgeboek. C. Op 3 Julie 2025 het Kapp Handelaars ʼn debietnota van R620 verkeerdelik gekrediteer op die rekening van Dordrecht Verskaffers in die Krediteuregrootboek. D. ʼn EFO-betaling van R5 500 is in die Krediteuregrootboek aangeteken, maar dit verskyn nie op die rekeningstaat nie. Na ondersoek ingestel is, is gevind dat hierdie betaling deur Kapp Handelaars eintlik aan Indwe Verspreiders gemaak is. E. Die boekhouer het nie faktuur 958 (R6 870), ontvang van Dordrecht Verskaffers op 22 Julie 2025 aangeteken nie. F. Die rekeningstaat ontvang van Dordrecht Verskaffers wys rente van R255, wat gehef is op ʼn agterstallige saldo. Hierdie rente moet aangeteken en na die Krediteuregrootboek oorgeboek word. G. Transaksies na die sluiting van die staat op 27 Julie 2025: • Faktuur nr. 1654 vir goedere aangekoop, R8 700 • Goedere teruggestuur aan Dordrecht Verskaffers, R2 920 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 7 HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE (35 punte; 30 minute) 2.1 FRESH SIP KOELDRANK VERVAARDIGERS Fresh Sip is ʼn Suid-Afrikaanse vervaardigingsmaatskappy wat koeldranke vervaardig. Jy word voorsien van inligting rakende Fresh Sip vir die jaar geëindig 31 Augustus 2025. Die fabriek beslaan 800 m2, die administratiewe kantore 300 m2 en twee nasionale verkoopskantore 100 m2 elk. GEVRA: 2.1.1 Bereken die: • Direkte arbeidskoste (4) • Verkoops- en verspreidingskoste (12) 2.1.2 Stel die Produksiekostestaat op. (5) 2.1.3 Bereken die koste van verkope vir die jaar geëindig 31 Augustus 2025. (4) INLIGTING: A. VOORRAAD Die volgende saldo’s is geneem uit die finansiële state: 2025 2024 Indirekte materiaal R85 400 R73 800 Goedere-in-bewerking R3 650 000 R3 740 500 Klaar produkte R5 430 000 R4 600 400 B. ARBEIDSKOSTE Die fabriekswerkers het ʼn totale betaling van R604 800 ontvang, na ʼn 28% aftrekking vir LBS, pensioenfonds en WVF. Die maatskappy dra ʼn addisionele 8% van hul bruto verdienste by. VERKOOPSKANTORE 2 werkers per kantoor R84 000 per werker per jaar (bonusse, oortyd en bydraes ingesluit) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 9 C. ANDER UITGAWES (a) Indirekte materiaal aangekoop gedurende die jaar was ʼn totaal van R240 000. 20% van alle indirekte materiaal word in die verkoopskantore gebruik. (b) Die totale huur beloop R117 000 per jaar. Huur word volgens vloerspasie toegedeel. (c) Vraggeld vir die jaar: Op grondstowwe aangekoop: R40 000 Op klaar produkte verkoop: R75 000 (d) Fresh Sip verkoop op krediet aan goedgekeurde klante. Een debiteur wie oorsee verhuis het se skuld van R8 000 moet as oninbaar afgeskryf word. (e) Bedrag uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 31 Augustus 2025: Versekering R115 375 Daar is ontdek dat die versekeringspremie vir September 2025 reeds betaal is. Die premies het onveranderd gebly. Die versekeringspremies word in die verhouding 3 : 1 : 1 tussen die fabriek, verkope en administrasie verdeel. 2.2 KAMP VERVAARDIGERS Inligting vir die finansiële jaar wat eindig op 30 Junie 2025 word verskaf. Die besigheid vervaardig leerbanke op grond van bestellings ontvang. GEVRA: 2.2.1 Bereken die verkoopprys van elke produk op 30 Junie 2025. (4) 2.2.2 Die besigheid het na sonkrag oorgeskakel en sodoende elektrisiteits- uitgawe en totale vaste koste verminder. Die vaste koste per eenheid het egter vermeerder. Verduidelik hoe hierdie situasie die dis-ekonomie van skaal (skaalnadele) illustreer. Haal syfers aan. (4) 2.2.3 Die eienaar is bekommerd oor die verhoging in direkte arbeidskoste per eenheid. Stel EEN moontlike rede voor vir hierdie verhoging, behalwe normale inflasie. (2) INLIGTING: 2025 2024 Aantal banke vervaardig en verkoop 3 900 4 700 Gelykbreekpunt 3 200 3 525 Vaste koste per eenheid R3 200 R3 000 Totale vaste koste R12 480 000 R14 100 000 Veranderlike koste per eenheid R1 600 R1 400 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 3: VOORRAAD (35 punte; 30 minute) 3.1 BEGRIPPE Kies die korrekte term uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (3.1.1–3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 3.1.1 Voorraadwaardasiemetodes beïnvloed die (koste van verkope / oninbare skuld) in die Staat van Omvattende Inkomste. 3.1.2 ʼn Hoër koste van verkope lei tot ʼn (hoër / laer) bruto wins. 3.1.3 ʼn Hoër eindvoorraad sal verkry word in die (EIEU- / geweegde- gemiddelde-) metode gedurende tydperke van stygende pryse. (3) 3.2 VOORRAADWAARDASIE Die inligting het betrekking op Amuse Photo Booths vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2025. Mnr Amuse besit die besigheid en verkoop twee modelle foto-/video- hokkies, (ʼn selfie-fotohokkie en ʼn 360-videohokkie) en klein selfie-drukkers. Amuse het op 1 April 2025, drie maande voor die einde van die finansiële jaar, 360 videohokkies begin verkoop. • Die foto-/videohokkies word waardeer deur die spesifieke identifikasie-metode te gebruik. • Drukkers word waardeer deur die Eerste-in-Eerste-uit (EIEU)-metode te gebruik. GEVRA: 3.2.1 Bereken die totale waarde van eindvoorraad van die foto-/videohokkies op 30 Junie 2025. (8) 3.2.2 Bereken die waarde van die eindvoorraad van drukkers op 30 Junie 2025. (4) 3.2.3 Bereken die koste van verkope van die drukkers vir die jaar geëindig 30 Junie 2025. (4) 3.2.4 Drukkers word teen ʼn verkoopprys van R3 000 verkoop. Bereken die bruto wins wat op die drukkers gemaak word. (4) 3.2.5 Die boekhouer het die aantal dae van 360-videohokkies wat teen jaareinde oor is, bereken. Die eienaar stem nie saam met die formule wat gebruik is nie. Verduidelik aan die eienaar waarom die boekhouer korrek optree wanneer eindvoorraad 90 hy die volgende berekening gebruik: koste van verkope x 1 in plaas van eindvoorraad 365 x . Haal syfers aan deur die aantal dae/maande te gebruik. (3) koste van verkope 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 11 INLIGTING: Die volgende inligting is ʼn uittreksel uit die jaar geëindig 30 Junie 2025. A. FOTO- EN VIDEOHOKKIES: GEKOOP VERKOOP EENHEDE EENHEIDS- TOTAAL EENHEDE KOSTE Selfie-fotohokkie Januarie 2025 15 R17 600 R264 000 10 Terugsendings: Januarie 2025 (2) R17 600 (R35 200) Mei 2025 20 R18 000 R360 000 15 360-Videohokkies April 2025 9 R19 500 R175 500 6 Vraggeld van R200 per eenheid is nie by eenheidsprys van 360-videohokkies ingesluit nie. Vraggeld is by die eenheidsprys van selfie-fotohokkies ingesluit. B. DRUKKERS: EENHEDE BEDRAE Openingsvoorraad 450 R675 000 Aankope: Aug 2024 120 @ R1 500 Des 2024 160 @ R1 875 R720 000 Mei 2025 120 @ R2 000 Terugsendings: Des 2024 (10 @ R1 875) (R18 750) Sluitingsvoorraad 160 ? Verkope 680 3.3 BEHEER OOR VOORRAAD Inligting verskaf hou verband met Willowmore Electronics vir die finansiële jaar geëindig 31 Julie 2025. Die besigheid verkoop selfone, slimhorlosies en tablette, met geen voorraadverliese wat gedurende die jaar aangemeld is nie. GEVRA: Identifiseer EEN verskillende probleem (insluitend syfers) vir elke produk en verskaf ʼn oplossing vir elke probleem. (9) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) INLIGTING: SELFONE SLIM- TABLETTE HORLOSIES Openingsvoorraad (eenhede) 280 2 000 200 Aankope (eenhede) 6 100 7 000 3 000 Eindvoorraad (eenhede) 400 3 500 800 Verkoopprys per eenheid R3 500 R5 000 R8 500 Kredietverkope (eenhede) 4 800 2 500 1 600 Kontantverkope (eenhede) 1 200 3 000 1 800 Terugsendings deur debiteure (eenhede) (20) 0 (1 000) Kontant ontvang van kontantverkope R4 130 000 R15 000 000 R15 300 000 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 13 VRAAG 4: BEGROTING EN BTW (40 punte; 30 minute) 4.1 FADA SE PAK EN DAS-WINKEL Jy word voorsien van inligting wat verband hou met die kontantbegroting van Fada se Pak en Das-Winkel. GEVRA: 4.1.1 VERWYS NA INLIGTING A. Fada is bekommerd oor die invordering van debiteure. Sy gee nie korting vir vroeë betalings nie. Bereken die % van debiteure: (i) Wat hul rekeninge in die tweede maand na die maand van die kredietverkooptransaksie sal vereffen. (3) (ii) Wat afgeskryf sal word as slegte skuld aan die einde van die derde maand na die maand van die kredietverkooptransaksie. (3) 4.1.2 VERWYS NA INLIGTING B. Identifiseer TWEE items wat verkeerdelik in die Kontantbegroting opgeteken is. Gee EEN rede waarom hierdie items nie in ʼn Kontant- begroting opgeteken word nie. (3) 4.1.3 VERWYS NA INLIGTING B TOT G. Bereken die ontbrekende bedrae soos aangedui deur (i) tot (iv) in die Kontantbegroting. (14) INLIGTING: A. DEBITEURE-INVORDERINGSKEDULE: Maand van KREDIET SEPTEMBER OKTOBER NOVEMBER Verkope VERKOPE 2025 2025 2025 Julie 135 000 101 250 29 700 0 B. Uittreksel uit die Kontantbegroting: SEPTEMBER OKTOBER 2025 2025 ONTVANGSTES R R Ontvangstes van debiteure Kontantverkope (i) Korting ontvang 4 500 5 600 Vaste deposito 40 000 Rente op Vaste deposito 900 (ii) BETALINGS Betalings aan krediteure (iii) Direkteursfooie 216 000 (iv) Waardevermindering 30 000 30 000 Ouditfooie 0 42 000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) C. Verkope: • Kredietverkope beslaan 40% van totale verkope. • Die winsopslagpersentasie is 50% op kosprys. D. Uittreksel uit die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste: AUGUSTUS SEPTEMBER OKTOBER 2025 2025 2025 R R R Verkope 330 000 450 000 ? Koste van Verkope ? (300 000) ? E. Aankope: • Alle aankope van voorraad is op krediet • Voorraad word vervang in die maand van verkope. ʼn Basisvoorraad word gehandhaaf. • Krediteure word twee maande na aankope betaal, onderhewig aan ʼn 5%-korting. F. Direkteursfooie: • Die besigheid het drie direkteure wat dieselfde maandelikse fooi verdien. • Op 30 September 2025 het een van die direkteure bedank en ʼn nuwe een is vanaf 1 Oktober 2025 aangestel. • Die twee oorblywende direkteure sal vanaf 1 Oktober 2025 ʼn verhoging van 15% op hul maandelikse fooi ontvang. Die nuwe direkteur sal nie vir ʼn verhoging oorweeg word nie. G. Vaste deposito: • R40 000 van die vaste deposito het op 30 September 2025 verval. • Rente van 9% p.j. is aan die einde van elke maand ontvangbaar en word nie gekapitaliseer nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 15 4.2 MARIKE SE GESONDHEIDSWINKEL Marike se Gesondheidswinkel verkoop gesondheidsprodukte aan jong en fikse mense. 4.2.1 Marike het die begrote syfers met die werklike syfers vir September 2025 vergelyk. BEGROTE WERKLIK AFWYKING (R) (R) (R) Totale Verkope 510 000 816 000 +306 000 Salarisse: Verkoopspersone 80 000 22 000 -58 000 Kommissie: Verkoopspersone 0 95 200 +95 200 Instandhouding van toerusting 4 000 2 500 -1 500 Reklame 36 000 54 000 +18 000 Afleweringskoste 0 23 000 +23 000 Verpakkingsmateriaal 29 532 36 915 +7 383 GEVRA: (i) Marike het ʼn nuwe betaalmetode vir die verkoopspersone geïmplementeer. Verduidelik hoe hierdie verandering beide die besigheid en die verkoopspersone bevoordeel het. Haal syfers aan. (4) (ii) Identifiseer TWEE strategieë wat Marike gebruik het om verkoops- teikens vir September 2025 te verbeter, behalwe die betaling van verkoopspersone. Haal syfers aan. (4) (iii) Ondanks die oorbesteding aan verpakkingsmateriaal is Marike nie bekommerd nie. Verduidelik die rede hiervoor. Haal relevante persentasies aan. (4) (iv) Lewer kommentaar oor die beheer van instandhouding van toerusting vir September 2025. Geen syfers word benodig nie. (2) (v) Die werklike bedrag wat aan verpakkingsmateriaal bestee word, sluit BTW teen 15% in. Bereken die BTW-bedrag. (3) 40 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
16 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD Bruto wins 100 Bruto wins 100 x x Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting 100 Netto wins na belasting 100 x x Verkope 1 Verkope 1 Bedrysuitgawes 100 Bedryswins 100 x x Verkope 1 Koste van verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedrysbates : Bedryslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad 365 x Koste van verkope Koste van verkope 1 (*Sien nota 1 hieronder) Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure 365 Gemiddelde krediteure 365 x x Kredietverkope 1 Koste van verkope/Kredietaankope 1 (*Sien nota 2 hieronder) Netto inkomste na belasting 100 Netto inkomste na belasting 100 x x Getal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (*Sien 3 nota hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings 100 x Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang 100 Dividende 100 x x Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende 100 Finale dividende 100 x x Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel 100 Dividende vir die jaar 100 x x Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid LET WEL: 1. Handelsvoorraad aan die einde van ʼn finansiëIe jaar kan gebruik word as dit in die vraag vereis word. 365 dae is slegs van toepassing indien dit relevant tot die hele jaar is. 2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees mits voorraad konstant bly.) 3. Indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all