Skip to content

Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November EC 2016 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 9201611 pages

Grade 9 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the November EC 2016, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

November EC 2016

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS HUISTAAL V2 PUNTE: 60 TYD: 2 uur *9AFHL2* Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: BEGRIPSTOETS (25 punte) AFDELING B: OPSOMMING (10 punte verwerk na 5) AFDELING C: TAAL IN KONTEKS (30 punte) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur. 4. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is. 6. Laat ʼn reël tussen die antwoorde oop. 7. Skryf netjies met blou of swart ink. 8. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 AFDELING A: BEGRIPSTOETS VRAAG 1: ARTIKEL Lees en kyk na die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord dan die vrae wat daarna volg. VANDAT DIE SELFONE KOM OORVAT HET, IS ONS LEWENS SO GEBROKE Keith Meyer 1 Liewe selfoon. Almal is deesdae mos verslaaf aan jou ... Jy het die nuwe Antichris kom word ... my geliefde van my kom verwyder, my gesinslede elkeen in hul eie kuberhoekie geplaas. 2 Soggens het my maat darem nog met my gepraat wanneer ons wakker word. Nou word jy eers aangeskakel. En dan begin jy te biep ... biep ... biep. En jou rooi liggie flikker onophoudelik soos die FB-, WhatsApp en WeChat boodskappe inkom. Jy is nou die een wat mense óf laat goed voel óf laat sleg voel ... 3 Selfoon, ons het altyd soggens eers Bybel gelees voordat ons opgestaan het. Nou lees ons jou ... Al wat ‘n sosiale media netwerk is, moet eers deurgewerk word. En saans is dit net so ... Ons lees vir oulaas al ons boodskappe, voordat ons gaan slaap. Verslaaf aan jou, dit is wat ons geword het. 4 Ons is gewillige slawe van die stukkie tegnologie in ons hand. Ons bestuur nie eers meer ordentlik nie. Daar word onverskillig geteks – een oog op jou en die ander een op die pad. Op hierdie manier stel ons ander mense se lewens in gevaar en jy sê nie ‘n woord nie,omdat jy nie kan nie. 5 Selfoon, jy het mos ‘n geheime kode op vir die toestel asook vir daardie reghoekie in jou maag – die SIM-kaart. Het jy dan ʼn gereedskap geword waarmee mense skelmpies kan aanhou? Is dit die rede waarom jy geheime kodes het? 6 Wannneer jou batterye pap word, dan raak jou eienaar van sy kop af. Jy moet onverwyld herlaai word. Ons koop eers lugtyd, voordat ons kos koop, want jy moet eerste gevoed word. 7 Kinders praat nie meer met hul ouers nie ... Jy is die tolk deur wie daar gepraat word. Soos toe Kind vir Pa uit haar kamer ʼn WhatsApppie stuur: “Pa, bring asseblief vir my ‘n koppie koffie?” 8 Selfoon, vandat jy ons lewens kom oorvat het, is ons lewens gebroke. Ons skuld word deur jou deur die winkels aan ons bekend gemaak. Ons kan selfs ons bloeddruk of hartklop deur middel van ‘n toepassingsisteem op jou lees. Ons hoef nooit weer te verdwaal nie, want jy kan navigeer ... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016) 9. Selfoon, enersyds is jy ʼn handige instrument, maar andersyds ʼn molesmaker. Vra maar vir diegene wie se verhoudings al deur ʼn skelmfoto of afspraak boodskap verongeluk is. Selfone word nou slimfone ... of is dit skelmfone? Ek vra maar net. [Aangepas uit Die Son, 14 Maart 2014] VRAE 1.1 Kies die korrekte antwoord en skryf net die vraagnommer en die korrekte letter neer. Wat is die standpunt van die joernalis (die persoon wat die artikel geskryf het) rondom selfone? A Die joernalis is van mening dat selfone huwelike laat verbrokkel. B Volgens die joernalis is selfone verantwoordelik vir baie motorongelukke. C Die joernalis is teen die gebruik van selfone gekant. D Die joernalis is van mening dat die gebruik van selfone positiewe, sowel as negatiewe gevolge mag hê. (1) 1.2 Verwys na paragraaf 1. Wat beteken dit wanneer ons sê dat ʼn persoon ʼn Antichris is? (1) 1.3 Watter leesteken word op twee plekke in paragraaf 1 gebruik om aan te dui dat die stellings onvoltooid, of daar ʼn pouse is? (1) 1.4 Watter betekenis kan daar, binne die konteks van die leesstuk, geheg word aan die volgende stelling? “Jy het die nuwe Antichris kom word ...” (2 x 1) (2) 1.5 Verwys na paragraaf 2. Volgens die paragraaf kan jy goed of sleg voel wanneer jy soggens boodskappe op jou selfoon ontvang. Wat word daarmee bedoel? (2 x 1) (2) 1.6 Verwys na paragraaf 3. Stem jy saam met die joernalis se stelling dat alle selfoongebruikers op grond van die sosiale media, daaraan verslaaf is? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1 x 2) (2) 1.7 In paragraaf 4 impliseer die joernalis dat motoriste wat selfone gebruik wanneer hulle bestuur, ongelukke veroorsaak. Is dit ʼn FEIT of ʼn MENING? Motiveer. (1 x 2) (2) 1.8 Verklaar die idioom in paragraaf 6 binne die konteks van die leesstuk: “... dan raak jou eienaar van sy kop af.” (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 1.9 “Ons koop eers lugtyd voordat ons kos koop, want jy moet eerste gevoed word.” Word die stelling LETTERLIK of FIGUURLIK bedoel? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1 x 1) (2) 1.10 Mondelinge kommunikasie tussen gesinslede word deur selfone benadeel. Haal ʼn voorbeeld uit die leesstuk aan om hierdie stelling te staaf. (2 x 1) (2) 1.11 Waarna verwys die woord “navigeer” in paragraaf 8? A Dit verwys na die bepaling van jou koers of rigting. B Dit verwys na die regulering van jou hartklop of bloeddruk. C Dit verwys na die SIM-kaart in ʼn selfoon. D Dit verwys na wanneer ʼn selfoon herlaai moet word. (1) 1.12 Watter raad of advies sal jy aan jou ouers gee sodat selfone nie inmeng in hul huwelik nie? Noem ten minste TWEE dinge. (2 x 1) (2) 1.13 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae. Bostaande grafiek dui aan hoeveel leerders by ʼn sekere skool daagliks teksboodskappe stuur. 1.13.1 Hoeveel leerders stuur teksboodskappe na elke halfuur? (1) 1.13.2 In watter tydgleuf word die meeste teksboodskappe gestuur? (1) 1.13.3 Hoeveel leerders stuur nooit teksboodskappe nie? (1) 1.13.4 Dink jy dat die statistiek wat op die grafiek verskyn betroubaar of geldig is? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2 x 1) (2) TOTAAL AFDELING A: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die onderstaande teks deur en maak ʼn OPSOMMING van die SEWE wenke hoe ʼn mens brandstof kan bespaar.  Skryf die SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer.  Die opsomming moet sover moontlik in jou eie woorde wees.  Die opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie.  Skryf aan die einde van jou opsomming die aantal woorde tussen hakies neer.  Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 70 woorde skryf, of as jy nie die getal woorde aandui nie. WENKE OM MINDER BRANDSTOF TE GEBRUIK 1 Die duur voggies dwing ʼn mens om weer te kyk na maniere hoe om brandstof te bespaar. BP doen die volgende aan die hand. 2 Dit is belangrik vir veiligheid en brandstofverbruik dat die banddruk korrek moet wees. Algemene onderhoud aan die voertuig is ʼn noodsaaklikheid. ʼn Voertuig wat gereeld versien word, lewer nie net sy beste verrigting nie, maar spaar ook baie brandstof. 3 Probeer om nie met bagasie op die dak te ry nie, want dit veroorsaak erge windweerstand. Gewig en windweerstand is twee van die grootste vyande van brandstofverbruik. Die enjin moet swaarder werk om meer gewig aan die beweeg te kry en in beweging te hou. 4 Gebruik die lugversorging so min as moontlik, aangesien dit krag vanaf die enjin gebruik. Moenie die vensters oopdraai nie. Dit veroorsaak windweerstand. 5 Bestuurstyl, soos om betyds die voet van die versnellerpedaal te lig om spoed te verminder, spaar nie net die remme nie, maar ook brandstof. Versnel eweredig en konsentreer op die omstandighede om jou sodat jy nie skielik hoef te rem of versnel nie. 6 Moenie die voertuig onnodig laat luier nie. Beplan roetes en probeer om kort roetes te vermy waar die enjin nie eens behoorlik werktemperatuur bereik nie. [Bron: Verwerk en aangepas uit afrikaans.news24.com] TOTAAL AFDELING B (10÷ 2): 5 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 AFDELING C: TAAL IN KONTEKS VRAAG 3: ADVERTENSIE Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Verwerk uit: Matieland, Februarie 2007] NOTA: Matieland is ʼn tydskrif van die Universiteit van Stellenbosch. 3.1 Wat noem ons afkortings soos SANLAM wat as woorde uitgespreek word? (1) 3.2 Bestudeer onderstaande sin. Hartlik geluk met die groot verjaardag Matieland. Watter leesteken sou ʼn mens tussen die woorde verjaardag en Matieland plaas om aan te dui dat Matieland aangespreek word? (1) 3.3 Skryf ʼn sinoniem uit bostaande sin neer vir die woord hartlik. (1) 3.4 Skryf die volgende sin in die ontkennende vorm. Die boodskap is nog steeds dieselfde. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016) 3.5 “Vyftig jaar later, ondanks moderne tegnologie, is die boodskap steeds dieselfde.” Kies die korrekte woordsoort vir die onderstreepte woord. A Voorsetsel B Hulpwerkwoord C Voegwoord D Tussenwerpsel (1) 3.6 Skryf die hoofsin uit bogenoemde sin in VRAAG 3.5 neer. (1) 3.7 “In 1957 het Sanlam Matieland ondersteun deur die plasing van ʼn advertensie.” Verander die sin na die lydende vorm. Begin die sin soos volg: Matieland ... (2 x 1) (2) 3.8 Gee die intensiewe (versterkte) vorm van die woord eenvoudig. (1) 3.9 Herskryf die onderstaande sin in die toekomende tyd. “Ons dink vooruit.” (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9 VRAAG 4: SPOTPRENT Lees die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: Volksblad, 9 September 2001] 4.1 Watter groot sportgebeurtenis word hier uitgebeeld? (1) 4.2 Kyk na die vrou se gesig. Dui aan watter emosie of gevoel oorgedra word. A Teleurstelling B Bekommernis C Hartseer D Woede (1) 4.3 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 4.2 deur te verwys na die liggaamstaal van die vrou. (1) 4.4 Noem die TWEE dinge wat die vrou gelyk doen. (2 x 1) (2) 4.5 Watter taak was die man veronderstel om buite die huis te doen? (1) 4.6 Die man sal, volgens die spotprent, vir die volgende paar weke slegs TWEE dinge doen. Noem hierdie dinge. (2 x 1) (2) 4.7 Watter stereotipering (vooroordeel) ten opsigte van die sportsoort word in hierdie spotprent uitgebeeld? (2 x 1) (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 5: RUBRIEK Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Wengedagtes MAAK WISKUNDE MAKLIK 1 Groepwerk is ’n wenner. Baie kinders verstaan nie dikwels die eerste keer ’n wiskundeprobleem nie. Stig ’n groep van drie tot vyf kinders wat gereeld saam wiskunde doen en probleme aan mekaar verduidelik. 2 Ekstra klasse lewer die beste resultate as ouers betrokke bly. Jy kan dit nie net aan die onderwyser oorlaat nie. As jy te ongeduldig is met jou kinders en besef jy kan skade veroorsaak, vra jou man om te help met tuiswerk in wiskunde. 3 Doen elke dag tuiswerk. Werk ’n paar keer deur verskillende somme om die werk te verstaan. 4 Gebruik gemorspos-advertensies van supermarkte vir wiskunde. Vergelyk pryse of werk die goedkoopste prys per item uit. 5 Werk aan die kind se selfbeeld en vertroue in sy vermoëns. Hulle klassifiseer hulself as dom en wil nie eers probeer nie, omdat hulle bang is die klas lag vir hulle. 6 Kies ’n metode wat vir jou werk en hou daarby. Oefen dit tot jy vertroud is daarmee. 7 Skryf definisies en reels neer en plak dit langs die spieël waar jy tandeborsel. Hoe meer gereeld jy dit sien en herhaal, hoe makliker sal dit word. [Verwerk en aangepas uit Vrouekeur, Maart 2011] 5.1 Skryf onderstaande sin in die indirekte rede. Die onderwyser sê: “ Doen elke dag jou huiswerk.” (1) 5.2 Skryf EEN woord vir die onderstreepte frase in paragraaf 3 neer. (1) 5.3 Identifiseer ʼn neologisme (nuutskepping) in paragraaf 4. (1) 5.4 Gebruik die homoniem van die woord prys in paragraaf 4 in ʼn verhelderende sin. (1) 5.5 Skryf die vergrotende trap van die woord goedkoopste neer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11 5.6 Benoem die onderstreepte sinsnede/bepaling/frase in paragraaf 5. Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande keuses. (byvoeglike bysin / bywoordelike bysin / byvoeglike sinsnede) (1) 5.7 Dui die kern en bepaler in die woord tuiswerk aan. (2 x 1) (2) 5.8 In paragraaf 7 kom daar TWEE spelfoute voor. Identifiseer die woorde en skryf dit korrek neer. (2 x 1) (2) [10] TOTAAL AFDELING B: 30 GROOTTOTAAL: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 9 Afrikaans HL

View all