Downloaded from hlayiso.com
INTERMEDIÊRE FASE
GRAAD 6
NOVEMBER 2016
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
PUNTE: 40
TYD: 1½ uur
*6AFAL2*
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2016 Question Paper
Grade 6 Afrikaans Fal Paper 2 question paper from the November Exam 2016, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 6 · November Exam · 2016. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 6
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 282.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
November Exam 2016
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 20Taalstrukture en -konvensies / Language Structures & Conventions (Term 1)3 marks
- Question 22Taalstrukture en -konvensies / Language Structures & Conventions (Term 1)2 marks
- Question 23Taalstrukture en -konvensies / Language Structures & Conventions (Term 1)2 marks
- Question 24Taalstrukture en -konvensies / Language Structures & Conventions (Term 1)4 marks
- Question 26Taalstrukture en -konvensies / Language Structures & Conventions (Term 1)6 marks
- Question 28Taalstrukture en -konvensies / Language Structures & Conventions (Term 1)3 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.
AFDELING A: Lees en Kyk (25)
AFDELING B: Taalstrukture en Konvensies (15)
2. Lees die tekste goed deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Moenie verkeerd van die vraestel afskryf nie.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3
AFDELING A: LEES EN KYK
Lees die onderstaande storie en beantwoord vrae 1–9.
1. Op ʼn dag is ʼn winkelier met sy twee donkies op pad na ʼn
groot stad. Hy loop met ʼn stok in sy hand agter sy twee
donkies aan. Die eerste donkie dra ʼn vrag spons. Hy dra
lig en stap vrolik en vinnig al agter die ander donkie aan.
Die tweede donkie dra ʼn vrag sout. Hy dra swaar en stap
stadig al met die pad langs.
2. Hulle stap ver. Uiteindelik kom hulle by ʼn rivier aan. Die winkelier ken die
rivier goed.
3. “Swem jy eerste deur,” sê hy vir die eerste donkie wat die sout dra. Stadig stap
die donkie met sy sware vrag sout in die water in. In die middel van die rivier
trap hy in ʼn gat op die bodem. Hy sak in die water weg dat net sy kop bo die
water uitsteek. Al die sakke sout is onder die water. Hy sukkel-sukkel totdat
hy uiteindelik aan die anderkant uitkom. Al die sout het in die water opgelos en
die donkie is van sy sware vrag ontslae.
4. Die winkelier klim op die rug van die tweede donkie wat die sponse dra.
Sonder om te dink loop die donkie met sy vrag sponse en die winkelier op sy
rug al agter die eerste donkie aan. Hy trap in dieselfde gat op die bodem van
die rivier.
5. Die arme donkie val pens en pootjies in die water sodat die winkelier en die
sakkie spons sopnat word. Die sponse word toe so swaar van al die water dat
die donkie nie by die anderkant kan uitkom nie. Die winkelier klou vir lewe en
dood om die donkie se nek vas.
6. Gelukkig kom daar ʼn boer verby wat die arme donkie en die winkelier help om
uit die rivier te kom.
[Verwerk uit: Die Mooiste Dierefabels Fantasie Boeke]
WOORDVERKLARING
Beantwoord die volgende vrae.
1. Vul die korrekte woord in die volgende sin in.
ʼn Winkelier was op pad na die toe. (1)
2. Omkring die letter van die korrekte antwoord.
Waarom moes die donkie met die swaar vrag sout eerste deur die rivier swem?
Sy vrag was die …
A ligste.
B nuutste.
C swaarste.
D oudste. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016)
3. Wat het met die eerste donkie gebeur toe hy in die water gestap het?
(1)
4. Noem TWEE van die hoofkarakters in die storie.
(2)
5. Wie het die winkelier en die donkie gehelp?
(1)
6. Die volgende sinne is in die verkeerde volgorde geskryf. NOMMER elke
sin (1–4) in die korrekte volgorde soos wat dit in die storie gebeur.
Antwoord
Die winkelier en donkie met die vrag met sponse verdrink amper.
Die boer help die winkelier.
Die vrag sout smelt in die rivier
ʼn Winkelier stap met sy twee donkies stad toe. (2)
7. Watter woorde sê vir ons dat die tweede donkie nie versigtig in die rivier
geloop het nie?
(2)
8. Omkring die letter van die korrekte antwoord.
Watter les kan uit die storie geleer word?
Moenie …
A ander volg nie, neem jou eie besluite.
B met sponse in ʼn rivier loop nie.
C op donkies ry nie.
D eerste swem nie. (1)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5
LEES EN KYK: GEDIG
Lees deur die onderstaande gedig en beantwoord vrae 9–15.
DIEREVRIENDE
ʼn Hond is regtig ʼn liewe dier,
hy waai sy stert van pure plesier.
hy lek jou vinnig op die wang,
pasop tog gou voor Ma jou vang!
Ons kietsiekat is gans te koel,
sy kom net nader as sy so voel.
sy vly haar lekker eenkant neer,
vir jou voel sy ʼn veer.
Die voëltjie in sy hok
sit ure op sy stok.
hy hou van koppie krap
as jy na hom toe stap.
[Francois Jacobs: Uit Nuwe Kinderverseboek]
9. Skryf TWEE woorde uit strofe een neer wat met mekaar rym.
rym met ______________________ (2)
10. Omkring die letter van die korrekte antwoord.
Kietsiekat is ʼn kat. (1)
A gemaklike
B kwaai
C stout
D slim (1)
11. Omkring die letter van die korrekte antwoord.
Die herhaling van die ‘k’ - klank in ‘koppie krap’ is ʼn voorbeeld van _____.
A ʼn metafoor
B ʼn vergelyking
C assonansie
D alliterasie (1)
12. Tik (√) een van die volgende blokkies.
Dink jy die spreker is lief vir diere? JA NEE
Hoekom se jy so?
(1)
13. Noem enige ander dier uit die gedig behalwe die kat.
(1)
14. Voltooi die volgende sin.
Om “vere te voel” vir iemand beteken om geen _______________________ (2)
vir ʼn saak te hê nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016)
15. “Sy vlei haar lekker eenkant neer,” beteken om te …
A staan
B lê
C rol
D spring (1)
[9]
LEES EN KYK
Lees deur die onderstaande teks en beantwoord die vrae wat volg.
FEITE OOR MEERKATTE
1. Sommige diere is sosiale diere. Hulle hou daarvan om in
groepe te leef, te beweeg, saam te eet en mekaar te help.
Meerkatte leef saam in sosiale groepe. ʼn Groep bestaan
gewoonlik uit twee of drie families.
2. Hoe lyk ʼn meerkat? ʼn Volwasse meerkat weeg ongeveer 1 kg, met ʼn stert wat
20 cm lank is. Die lang stert help die meerkat om regop te staan. ʼn Meerkat
het lang, skerp kloue wat gebruik word om mee te grawe of om bome te klim.
3. Meerkatte leef en slaap in tonnels. Hulle gebruik ook die tonnels om in weg te
kruip en rond te hardloop.
4. Waar en hoe leef meerkatte? Hulle word in plekke wat dit baie droog is gevind.
Dit word hulle habitat genoem. Die habitat is die plek waar hulle kos, water en
skuiling gebied word.
5. Meerkatte slaap snags. Soggens kom hulle uit om hulleself in die hitte van die
son warm te maak. Wanneer hulle regop staan, verhit die son hul mae wat in
die koue woestynnagte afgekoel het.
6. Dit word verskriklik warm gedurende die dag in die woestyn. Hulle kruip dan
terug in hulle tonnels om af te koel.
16. Die volgende sinne som paragrawe 2–5 uit die bostaande teks in vier sinne
op. Vul die ontbrekende woorde in om die opsomming te voltooi. Maak seker
dat die spelling korrek is.
Meerkatte weeg is lank, het ʼn lang
en skerp
Hulle woon in
Hulle word gevind in gebiede.
Meerkatte slaap en kom uit. (5)
RUBRIEK
KRITERIA PUNTE LEERDER PUNT
Al vier sinne korrek voltooi. 4
Spelling 1
4 of meer spelfoute 0 punte
1–3 spelfoute 1 punt
TOTAAL 5
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7
AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
17. Voltooi die volgende sin met een woord uit paragraaf 1.
Meerkatte hou daarvan om in groepe te leef, dus is hulle
diere. (1)
18. Skryf slegs die byvoeglike naamwoord uit die volgende sin neer.
Byvoorbeeld: Die meisie se rok is mooi.
Die meerkat se stert is baie lank.
(1)
19. Skryf slegs die meervoud van die onderstreepte woorde neer.
Byvoorbeeld: boek – boeke
Diere woon in verskillende habitat.
(1)
20. Gee die verkleinwoord van die onderstreepte woorde.
Byvoorbeeld: hond - hondjie
20.1 Die klein meerkat bly altyd naby hul ouers.
(1)
20.2 Dit is maklik vir hulle om in ʼn laer boom te klim.
(1)
21. Skryf die volgende sin oor en vul die korrekte leestekens in.
waarom slaap meerkatte snags
(1)
22. Vul die korrekte voorsetsels in.
22.1 Die meerkat sit sy hok. (1)
22.2 Hulle slaap in tonnels die grond. (1)
23. Skryf die teenoorgestelde vir die onderstreepte woorde neer.
Voorbeeld: naby – ver
23.1 Meerkatte is baie stadige diere.
(1)
23.2 Die diere se kloue is baie stomp. (1)
24. Watter tipe sin is die volgende sin?
Bv. Waar woon jy? = Vraagsin
24.1 Pasop vir die kwaai meerkat ! = (1)
24.2 Meerkatte is sosiale diere. = (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2016)
25. Gee die korrekte intensiewe vorm van die volgende woorde.
Voorbeeld: Baie bang is doodbang.
Meerkatte is baie vinnig, dus is hulle (2)
26. Onderstreep die korrekte woord tussen hakies om die sinne te voltooi.
26.1 Die volwasse meerkatte weeg (swaar/swaerder) as die jong
meerkatte. (1)
26.2 Die mannetjies klim (beter/goed) as die wyfies. (1)
27. Skryf een sin neer om die ander betekenis van die woord “opgelos” te verduidelik.
Hulle het gou hul probleme opgelos.
(2)
28. Verander die volgende sinne na die ontkennende vorm.
Byvoorbeeld: Die kind is stout = Die kind is nie stout nie.
28.1 Meerkatte slaap snags.
(1)
29. Gee die vroulike vorm van die volgende:
Voorbeeld: meisie – seun
Daar is meer mannetjies as in elke groep. (1)
30. Onderstreep die bywoord in die volgende sin.
Byvoorbeeld: Hy loop stadig.
Hulle staan regop in die son. (1)
31. Skryf die onderwerp, voorwerp en gesegde uit die volgende sin neer.
Die diere kruip weg.
31.1 onderwerp: (1)
31.2 voorwerp: (1)
31.3 gesegde: (1)
32. Verbind die volgende twee sinne met die woord tussen hakies.
Meerkatte het lang kloue. Meerkatte moet diep in die grond in grawe. (want)
(2)
33. Skryf die sin in die verlede tyd oor. Die eerste woord (gister) is vir jou gegee.
Hulle kruip weg.
Gister
(2)
TOTAAL AFDELING B (30 ÷ 2): 15
GROOTTOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2016 Memo

Question paper
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 3 November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2014 Question Paper

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 3 November 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2017 Memo
More from Grade 6 Afrikaans Fal

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 3 November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 3 November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 ANA 2014 Memo (Afrikaans)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 6 ANA 2014 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2014 Memo

Memorandum