Downloaded from hlayiso.com
INTERMEDIÊRE FASE
GRAAD 6
NOVEMBER 2017
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
PUNTE: 40
TYD: 2 uur
NAAM EN VAN:
*6AFAL2*
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2017 Question Paper
Grade 6 Afrikaans Fal Paper 2 question paper from the November Exam 2017, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 6 · November Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 6
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 487.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
November Exam 2017
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 3Taalstrukture en -konvensies / Language Structures & Conventions (Term 1)18 marks
- Question 17Lees en Kyk / Reading & Viewing (Term 1)5 marks
- Question 30Taalstrukture en -konvensies / Language Structures & Conventions (Term 1)2 marks
- Question 31Taalstrukture en -konvensies / Language Structures & Conventions (Term 1)5 marks
- Question 34Taalstrukture en -konvensies / Language Structures & Conventions (Term 1)2 marks
- Question 35Taalstrukture en -konvensies / Language Structures & Conventions (Term 1)2 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.
AFDELING A Lees en Kyk (25 punte)
ʼn Fabel (10 punte)
ʼn Advertensie (5 punte)
ʼn Gedig (10 punte)
AFDELING B Taalstrukture en Konvensies (30 ÷ 2 = 15 punte)
2. Lees die tekste en vrae goed deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Moenie verkeerd van die vraestel afskryf nie.
5. Nommer jou antwoorde korrek sodat dit ooreenstem met die vraestel.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3
AFDELING A: LEES EN KYK: FABEL
Lees die onderstaande fabel en beantwoord vrae 1–8.
1 Op ʼn dag vervies
Leeu hom vir Vlieg
en sê: “Gaan weg
jou vieslike gogga!
Hoekom pla jy my
so?”
2 Hiervan hou Vlieg net
mooi niks. “Moenie
dink omdat jy die
koning van die diere is,
is ek bang vir jou nie!
Os is baie sterker as jy
en hy is versigtig vir
my!” sê Vlieg.
3 Vlieg is so kwaad vir Leeu dat hy op Leeu afvlieg. Hy kry ʼn sagte plekkie aan
Leeu se nek en begin om hom te steek en te steek. Leeu word byna mal van
woede. Skuim borrel by sy bek uit. Hy rol sy oë en brul die vreeslikste brul.
4 Vlieg hou aan om Leeu te byt. Hy byt hom eers aan sy rug, daarna aan sy
mond en toe op sy gevoelige neus. Leeu se skerp tande, groot kloue en lang
naels is magteloos teen Vlieg. Leeu krap homself naderhand stukkend en
slaan homself met sy stert soos hy probeer om Vlieg weg te jaag. Uiteindelik
val hy doodmoeg op die grond neer. Die klein ou vliegie het die geveg
gewen!
5 Vlieg is só in sy skik met sy oorwinning dat hy oral
rondvlieg om by almal te spog hoe hy die grote
Leeu in ʼn geveg gewen het. Terwyl hy nog so
rondvlieg en spog, vlieg hy karplaks! in ʼn
spinnekop se web vas. Die spinnekop is baie in sy
skik met dié onverwagte sagte happie en slaan die
arme Vlieg vinnig weg.
[Verwerk uit: Die Mooiste Dierefabels, Fantasi 2013] ˆ
WOORDVERKLARING
vervies (paragraaf 1) - raak kwaad
woede (paragraaf 3) - baie kwaad wees
in sy skik (paragraaf 5) - tevrede of bly wees
karplaks (paragraaf 5) - klanknabootsing
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017)
BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE.
1. Gee ʼn gepaste titel vir die fabel.
(1)
2. Waarom was Leeu vir Vlieg aan die begin van die storie kwaad?
(1)
3. Dui aan of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is:
3.1 Vlieg sê dat Leeu sterker is as Os.
(1)
3.2 Skryf ʼn sin uit die teks om jou antwoord in VRAAG 3.1 te bewys.
(1)
4. Skryf EEN sin uit die teks neer wat vir jou sê dat Leeu baie kwaad was.
(1)
5. Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs die woord neer.
Vlieg was baie (bly / kwaad / hartseer) dat hy die geveg gewen het.
(1)
6. Wat het Spinnekop met Vlieg gedoen?
(1)
7. Die storie leer ons om versigtig te wees vir dié wat swak lyk.
Watter ander les kan ons ook uit die storie leer?
Omkring die letter van die mees korrekte antwoord. (1)
A Onthou dat gevare opduik waar ons dit die minste verwag.
B Pasop vir dié wat swak lyk.
C Vlieg is sterker as Leeu.
D Wees altyd net jouself.
8. Dink jy dit is moontlik dat Vlieg vir Leeu kon wen? Gee ‘n rede vir jou
antwoord.
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5
LEES EN KYK: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie en beantwoord vrae 9–12.
Aanbod
slegs geldig
van
Maandae
tot
Donderdae
[Aangepas uit: http://www.google.com]
9. Wat is die prys van die aanbod?
(1)
10. Watter TWEE woorde word gekombineer om die woord SPURFEK te
maak?
(1)
11. Kan jy die aanbod op ‘n Saterdag gebruik? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017)
12. Sal jy daarvan hou om die aanbod van Spur te gebruik? Verduidelik
hoekom.
(2)
LEES EN KYK: GEDIG
Lees die onderstaande gedig en beantwoord vrae 13–19.
DIE GOUE SLEUTELTJIE
1 As ek ʼn goue sleuteltjie
in die hande kry,
dan sluit ek al die koutjies oop
en laat die voëltjies vry.
5 Ek sluit ook ons ou koskas oop,
waar Ma die koek in hou,
en allerhande lekker goed,
waaraan ek graag wil kou.
9 Maar ons skooldeur sluit ek toe!
So styf as jy kan dink –
die sleutel gooi ek in die see
om diep daar weg te sink!
[Helena J. F. Lochner: Uit Nuwe Kleuterverseboek]
WOORDVERKLARING
sleuteltjie (reël 1) - ʼn klein sleutel, voorwerp waarmee jy ʼn slot oopsluit
koutjies (reël 3) - klein hokkies waarin voëls bly
koskas (reël 5) - ʼn kas waarin kos gebêre word
allerhande (reël 7) - verskillende
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7
13. Wat is die kleur van die sleutel?
(1)
14. Hoekom dink jy wil die spreker die voëltjies vrylaat?
(1)
15. (Omkring die letter van die korrekte antwoord).
Die herhaling van die ‘v’ – klank in ‘voëltjies vry’ is ʼn voorbeeld van ...
A ʼn vergelyking.
B ʼn metafoor.
C assonansie.
D alliterasie. (1)
16. Noem TWEE dinge wat die spreker in die koskas kan kry.
(2)
17. Die spreker wil twee goed oopsluit en een ding toesluit.
17.1 Noem die ding wat hy / sy wil toesluit.
(1)
17.2 Waarom dink jy wil die spreker hierdie ding toesluit?
(1)
17.3 Hoe voel jy daaroor dat die spreker hierdie ding wil toesluit?
(1)
18. Wie is die digter (skrywer van die gedig)?
(1)
19. Skryf TWEE woorde uit strofe 3 neer wat met mekaar rym.
(1)
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES
20. Gee die meervoud van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord
neer.
Byvoorbeeld: een leeu – twee leeus
Hy vlieg in ʼn spinnekop se web vas.
(1)
21. Gee die korrekte intensiewe vorm van die volgende woord.
Byvoorbeeld: Baie moeg is doodmoeg.
(Leeu val doodmoeg op die grond neer.)
Leeu is ʼn groot dier, terwyl Vlieg baie klein is. (1)
22. Verbind die twee sinne met die woord tussen hakies.
Leeu is kwaad vir Vlieg. Hy kan hom nie vang nie. (maar)
(2)
23. Gee die vroulike vorm van die volgende woord.
Byvoorbeeld: seun – meisie
Die leeumannetjie is groter as die _______________.
(1)
24. Skryf die volgende sin oor en vul die korrekte leestekens in.
Leeu skree gaan weg jou vieslike gogga
(4)
25. Gee die verkleinwoord vir die woord wat onderstreep is. Skryf slegs die
woord neer.
Byvoorbeeld: leeu – leeutjie
Hy byt hom op sy gevoelige neus.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 9
26. Onderstreep die korrekte voorsetsel.
Vlieg hou (aan / met) om Leeu te byt. (1)
27. Skryf die sin in die verlede tyd. Begin met “gister”.
Vlieg wen die geveg.
Gister
(2)
28. Kies die antoniem (woord met teenoorgestelde betekenis) vir die
onderstreepte woord. Omkring jou keuse.
Leeu het groot kloue.
A enorme
B yslike
C groen
D klein (1)
29. Skryf ʼn sinoniem (woord met dieselfde betekenis) vir die onderstreepte
woord neer.
Leeu is vies vir Vlieg.
(1)
30. Skryf die sinne in die toekomende tyd.
Byvoorbeeld: Vlieg wen die geveg.
Vlieg sal die geveg wen.
30.1 Leeu krap homself stukkend.
(1)
30.2 Leeu is baie kwaad.
(1)
31. Onderstreep die korrekte woord tussen hakies om die sinne te voltooi.
31.1 Leeu brul (hard / harder / hardste) as gewoonlik. (1)
31.2 Leeu dink hy is die (sterk / sterker / sterkste) van al die diere. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017)
32. Skryf EEN sin neer om die ander betekenis van die woord “van” te
verduidelik.
Voorbeeldsin: Leeu word byna mal van woede.
(2)
33. Omkring die mees korrekte betekenis van die volgende idioom.
Leeu wou die aapstuipe kry.
A Leeu was baie kwaad.
B Leeu wou ʼn aap vang.
C Leeu wou stuipe kry.
D Leeu was baie bly. (1)
34. Onderstreep die korrekte vorm van die woord in hakies.
34.1 Leeu is die koning van die diere. Hy is hulle (lyer / leier). (1)
34.2 Die ander diere hoor Leeu se (hard / harde) gebrul. (1)
35. Skryf die sinne in die ontkennende vorm.
Byvoorbeeld: Vlieg wen die geveg.
Vlieg wen nie die geveg nie.
35.1 Vlieg pla vir Leeu.
(1)
35.2 Leeu moet vir Vlieg vang.
(1)
36. Skryf die onderwerp, voorwerp en gesegde uit die volgende sin neer.
Die spinnekop eet arme Vlieg.
36.1 onderwerp: (1)
36.2 voorwerp: (1)
36.3 gesegde: (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 11
37. Onderstreep die bywoord in die volgende sin.
Byvoorbeeld: Vlieg pla Leeu aanhoudend.
Vlieg pla Leeu aanhoudend.
Leeu het vreeslik gebrul. (1)
TOTAAL AFDELING B (30 ÷ 2): 15
GROOTTOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2017 Memo

Question paper
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2014 Question Paper

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 3 November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2014 Memo
More from Grade 6 Afrikaans Fal

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 3 November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 3 November 2016 Memo

Question paper
Afrikaans Fal Grade 6 Paper 3 November 2016 Question Paper

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 6 ANA 2014 Memo (Afrikaans)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 6 ANA 2014 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum