You're offline
Skip to content
Question paper

AFRFAL P3 GR9 QP NOV2014_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans FalGrade 920148 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 30 TYD: 1½ uur *9AFAL3* Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (NOVEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: OPSTEL (20 punte) AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS (10 punte) 2. Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling. 3. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy. 4. Skryfstukke moet beplan, geredigeer en geproeflees word. Maak gebruik van ʼn vloeidiagram/kopkaart/sleutelwoorde. Die beplanning moet voor die finale produk gedoen word. 5. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ʼn streep deur die beplanning nadat die finale produk geskryf is. 6. Nommer elke geskrewe teks volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 7. Voorsien elke skryfstuk van ʼn gepaste titel of opskrif. Lees die instruksies by elke vraag oor die titel noukeurig deur. 8. Tel die woorde aan die einde van die skryfstuk en skryf dit tussen hakies onderaan by die skryfstuk neer. LET WEL: Die titel word nie in aanmerking geneem wanneer die woorde aan die einde van die skryfstuk getel word nie. 9. Riglyne vir tydsbeplanning: AFDELING A: 55 minute AFDELING B: 35 minute 10. Dit sal tot jou voordeel strek indien jou werk leesbaar en netjies is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 INSTRUKSIES:  Kies EEN vraag en skryf 210–250 woorde oor die onderwerp. (4 tot 8 paragrawe).  Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies boaan die skryfstuk neer. 1.1 Wat sou die wêreld wees sonder onderwysers wat ons leer om die lewe met albei hande aan te gryp? Skryf ʼn opstel hieroor. [20] OF 1.2 AFRIKAANSE SEPIES OP TELEVISIE [Uit:http://www.google.com] Afrikaanse sepies kan Addisionele Taal-leerders help om beter in Afrikaans te vaar. Stem jy saam met die stelling? Skryf ʼn opstel hieroor. [20] OF 1.3 Ek wil iemand se hand gryp en spring van vreugde ... Wat maak jou gelukkig? Skryf ʼn opstel hieroor. [20] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (NOVEMBER 2014) 1.4 Kies EEN van die visuele tekste en skryf ʼn opstel daaroor. Gee jou skryfstuk ʼn titel. Jou opstel moet by die kern van die prent pas. 1.4.1 [Uit: http://www.google.com] [20] OF 1.4.2 [Uit: http://www.google.com] [20] TOTAAL AFDELING A: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5 AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 INSTRUKSIES  Kies EEN vraag en skryf 140–160 woorde oor die onderwerp.  Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk neer. 2.1 TOESPRAAK Jy is genomineer om op die leerlingraad te dien. Skryf jou TOESPRAAK waar jy jou medeleerders oortuig om vir jou te kies. Vertel die leerders wat jou leierseienskappe is, en waarom dit vir jou belangrik is om op die leerlingraad te dien. [10] OF 2.2 ’N HULDEBLYK Jy is ʼn goeie spreker en jy word gevra om ʼn huldeblyk te lewer oor iemand wat ʼn baie belangrike rol in jou lewe gespeel het, of iemand wat jy bewonder het. Skryf die HULDEBLYK wat jy by sy/haar begrafnis gaan voorlees. [10] OF 2.3 DIALOOG Dit is die laaste Saterdag van die maand en jou ma wil inkopies gaan doen. Hoe probeer jy jou ma oorreed dat jy by die huis wil bly. Skryf julle gesprek in DIALOOGVORM neer. [10] TOTAAL AFDELING B: 10 GROOTTOTAAL: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 9 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all